01.09.2013 Views

KOERS Februarie 2011 - Die Hervormer

KOERS Februarie 2011 - Die Hervormer

KOERS Februarie 2011 - Die Hervormer

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KOERS

IN

LEER- EN LEWENSKWESSIES

Orgaan geassosieer met die HCM Fourie-Vriendekring

Brief 86 - FEBRUARIE 2011 (8)

INHOUD

Redaksioneel ……………….….…………….….................... 2

Bybelse wonderwerke ……………………………………….. 3

Prais and worship …………………………………………….. 5

Die Christusuitsig van die Ou Testament ………………….. 5

Jonger predikante ……………………………………............. 7

Billy Graham se gebed ………………………………............. 8

Toeligting op die Psalms ……………………………............. 8

Kanselbybel en Huisbybel ….………………..………….…… 10

Ou Dominee Prinsloo ………………………………………… 10

Ds CJS van Niekerk ………………………….……………..… 11

Sout- & Peperpot ………………………………….…………... 13

Kerknuus ….........................…….……………..……………... 13

Preek ……...…….................................................................. 13

VERBUM DEI MANET IN AETERNUM

– Die Woord van God bly vir Ewig –

– 1 Pet 1:25 –

(Jes 40:8)

Kolofon

Webblad:

www.leerenlewenskwessies.co.za

Redakteur: Prof HG v/d Westhuizen

Subredakteur: ds PJ v/d Merwe

Dr JJ Steenkamp (Voorsitter)

Prof dr AD Pont

Ds PH Viljoen

Dr C Pretorius

Ds LJ Strauss

Ds FH van der Merwe

Ds JJ Steÿn

Dr JJ Otto

Uitgewer:

HCM Fourie-Vriendekring

Donasies & Korrespondensie:

Mev E van der Westhuizen

Posbus 4

Piet Plessis, 8621

053 984 0020/072 1539 106

e-pos:

profhg.vdwesthuizen@gmail.com

Tjeks uitgemaak aan:

E v/d Westhuizen,

ABSA 9062706439

Takkode: 503601

Donateurs:

ELKEEN WAT ’N DONASIE

SKENK ONTVANG DIE BRIEWE.

MAAK SEKER DAT U DONASIE

ONTVANG IS.

Skrywers neem eie verantwoordelikheid.

REDAKSIONEEL

LOS WOORDE

Die neiging is vandag om verbande te verban. Die band met die verlede

moet verbreek word; die geskiedenis moet in die doofpot kom; net haatlike

apartheid moet rooilig-lewend bly en die holocaust van 6 miljoen Jode

(sic!). Die verband tussen familiebetrekkinge, soos familiename, moet uit.

Die verband tussen rasgenote en volksgenote en selfs kerkgenote is in

onguns. Mense moet net as individue of polities as kamerade staan.

Dit lyk of die sinvolheid van verbande tussen woord en begrippe ook die

trekpas kry. Byvoorbeeld wat sonde, genade, vergewing, verlossing,

versoening, bekering en heiliging beteken, word al minder begryp. Dié

woorde word al meer op eie meriete beskou en gekwalifiseer.

Sonde, 'n woord en begrip wat byna nie meer selfs in preke voorkom nie,

word as misverstand, foutjie of mistrappie met 'n sorry'tjie in die reine

gebring – ás jy betrap word.

Dat sonde verband het en verklaar moet word met al die ander genoemde

woorde, kom selfs selde by teoloë op. Die Bybel is nie meer die

verwysingsraamwerk van sonde nie, maar die eie oordeel en mening is.

Genade – waarvan ons sing dat dit oneindig groot is – word individueel

opgeëis. Dit is 'n soort mensereg.

Dit kom nie meer van God nie, nie meer in Jesus Christus nie. Dit móét van

mense kom. Die verband daarvan met sonde is opgebrokkel.

Vergewing, dit kry jy sommer deur presidensiële kwytskelding. Of jy nou 'n

leraar is wat geldskenkings van armes gesteel het of 'n sjeik van bedrog – die

president vergewe. Of jou geliefde wreedaardig in 'n slagting in sy eie huis

vermoor is, die eerste vraag van die joernalistiek is: Het jy hom vergewe?

Dat vergewing verband hou met sonde en genade en God het platvloers

geword.

Verlossing van skuld, werkloosheid, 'n ergerlike huweliksmaat of saamwoonmaat, of 'n siekte het die

kortgebakerde inhoud van 'n ryke Bybelse begrip geword. Verlossing se inhoud het verpulp tot die

oppervlakkigheid van die materiële. Dat verlossing nie sonder sonde, genade en vergewing verstaan kan

word nie, kom nie meer in die vroomste drome na vore nie.

Versoening van die Waarheid- en Versoeningskommissie seëvier oor die hele politieke spektrum. Ja,

dit het 'n geestelike inslag want ís die Aartsbiskop dan nie daarby betrokke nie! Die Anglikaanse

oppervlakkige versoeningsbegrip, deels geërf van die Roomse Kerk, beteken in die huidige konteks van

Suid-Afrika die huitjie en muitjie (nie meidjie nie!) aanvaarding van swart deur wit mense. Daarín moet

16 Desember as Versoeningsdag net soos die wêreldsokker in 2010 sy verdienstelike plek inneem. Dat

versoening nie sonder sonde, genade, vergewing, verlossing en Christus aan die kruis verstaan kan word

nie, is 'n oorlastige afkapbare knoets.

Bekering van elke dag word in daaglikse woorde van die hoogste owerheid af uitgespreek. Dit neem

die vorm van onuitvoerbedoelde beloftes aan. Met die roep en slagspreuk bekering, bekering, bekering,

verbetering, verbetering, verbetering word die publiek op alle gebiede gepaai deur die misdadige

verwisseling van eienaarskap van geld en besittings. Bekering met die gedagte van 'n volhoubare

wortelbekering weens die versoening in Christus, sy verlossing en vergewing deur God se genade oor

ons as sondaars, is besyde die ewenaar.

Heiliging is blykbaar net nog iets wat 'n pous aan jou kan doen – om jou heilig te verklaar. O ja, die

wêreld kan jou ook heilig verklaar. Dan word jy 'n ikon genoem, 'n madiba of 'n held van sport en glans.

Dat heiliging te doene het met 'n bekeerde mens wat probeer leef uit die versoening van Christus

waardeur ons verlos is en vergewing van sonde uit genade ontvang het, is te 'n bekvol vir 'n arme skaap.

Heiligheid, vroomheid en godsvrug word vreemde gewasse in die liggaam van 'n gesekulariseerde

wêreld.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Laat ons vashou aan die geloof wat ons bely – Heb 4:14

Baie dankie vir u voortgesette ondersteuning en

verskeie donasies wat ons ontvang het.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

AKV BESLUIT-54 – VERGADERING

5 FEBRUARIE 2011 – 9.00vm

NED HERV GEM - MEYERSPARK

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Intekening/Hernuwing KOERS 2011: 12 Uitgawes R120 per jaar.

Bankbesonderhede/banknommer/taknr in kolofon van Koers bl 2.

MAAK SEKER U DONASIE IS ONTVANG.

Iemand wat tussen R120 en R150 per jaar skenk kan sy/haar gewete al

skoon kry. R120 en meer per jaar dek papier, koeverte, seëls, ink ensovoorts.

Meer as R150 per jaar help dra namens die muisstillesers.

Indien u verhuis, stel ons asb in kennis van u nuwe adres.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE BYBELSE WONDERWERKE, VRYSINNIGE KRITIEK

DAAROP EN DIE GROOTSTE WONDER VIR LUTHER

– Prof dr BJ Engelbrecht

'n Integrale deel van die Bybel se geskiedenis, is die wonderwerke wat daarin geweef is. Dit geld vir beide die Ou

en die Nuwe Testament.

Dit is nauturlik onmoontlik om al die wonderwerke van die Bybel op te noem, wat staan nog te bespreek. Kom

ons begin met die wonder van die skepping (uit niks) met sy wonderbaarlike wetmatigheid. Dan kan ons noem die

wonderlike geboorte van Isak toe Abraham en Sara al te oud was om kinders te hê. Die Here sê self vir Sara: "Sal

iets vir die Here te wonderbaar wees?" (Gen 18:14 – 1953 OAV). Dan volg die verwoesting van Sodom en Gomorra.

Dan noem ons die roeping van Moses by die brandende bos (Eks 3:3vv) en die aankondiging van die "tien plae"

(Eks 3:20) en die uitvoering daarvan waarop die wonderdade van die eksodus, die uittog, plaasgevind het. Stefanus

getuig daarvan as hy sê: "Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en in die

woestyn gedoen, veertig jaar lank" (Hand 7:36; ook Ps 77:21).

As ons na die res van die Ou Testament kyk, dan kan ons nie anders as om saam met Asaf te sê: "Ek dink aan

die dade van die HERE; ja ek wil dink aan u wonders uit die voortyd … U is die God wat wonders doen; U het u

sterkte onder die volke bekend gemaak. U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef.

Sela" (Ps 77:12vv). In Jesaja 29: 14 sê die Here: "Ek sal daarom voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk,

wonderlik en wonderbaar …." En koning Darius skrywe "aan al die volke, nasies en tale wat op die aarde woon en

aan die mense van sy ryksgebied dat hulle moet bewe en sidder voor die God van Daniël want Hy is die lewende

God wie se koninkryk en heerskappy geen einde het nie. Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel

en op die aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het" (Dan 6:26-28).

Hier kan ons, "wat die Ou Testament betref" soos Asaf hierbo, sê "Sela", maar dan sal ons die wonderbaarlike

gawe van profesie verwaarloos, die profesie wat toekomstige gebeure, hetsy goed of kwaad, voorspel en hulle

gebeur. Dit is alles wonders. Ons verwys veral ook na die Messiaanse profesieë wat destyds vervul is, maar wat

eintlik werklikheid geword het in en deur Jesus Christus eeue daarna! Ons vroeëre kategesehandboek, Die Kort

Begrip, bl 100-102, noem 19 van hierdie profesieë waarvan Psalm 110; Jesaja 11 en veral Jesaja 53 die vernaamste

is.

Wat die Nuwe Testament betref, spring dadelik die wonderlike geboorte van Jesus Christus en sy opstanding in

die oog. Daarna volg dan die tientalle wonders wat Jesus gedoen het. Die meeste (ek het 23 getel) was

genesingswonders. Die volgende groep wonders het almal te doen met die deurbreking van die gewone natuurlike

orde. Hulle is: Die wonderlike visvangs (twee maal – Luk 5:1-11; Joh 21:1-14); die spysiging van 5000 én 4000 mans

(plus vrouens en kinders) in elke geval (Matt 14:15-21 en Matt 15:32-39), verandering van water in wyn (Joh 2:1-11); die

storm se stilmaak (Matt 8:23-27); Jesus loop op die meer (Matt 14:22-23); die belastingmunt in die bek van die vis

(Matt 17:24-27); die verdorde vyeboom (Matt 21:18-22).

Ten slotte is daar die wonders van die drie opwekkings uit die dood, naamlik die seun van Nain (Luk 7:11-17); die

dogtertjie van Jaïrus (Mark 5:21-43) en van Lasarus (Joh 11:11-45).

Dit is waar dat ook ander, byvoorbeeld engele en apostels wonderwerke gedoen het, maar dit was nooit uit eie

krag nie, maar omdat God aan hulle die opdrag en vermoë daartoe gegee het.

Die vraag is nou: Waarom die wonderwerke? (i) Die eerste rede is dat 'n wonderwerk altyd 'n "gehoor" aantrek as

getuies om die teenstanders se monde te snoer en sommige van die skare te wen. 'n Mooi voorbeeld is die

Pinkstergebeure waar daar onder andere die geluid van 'n geweldige rukwind was (maar geen wind) en die skare

aangetrek het (Hand 2 veral vs 2 en 6). (ii) Maar die eintlike betekenis van die wonderwerke (veral van Jesus) is om 'n

vingerwysing te wees dat dit God is wat hier werk en nié die mens en sy vermoëns nie en om te beklemtoon dat die

woorde wat gespreek word, Godswoord is. 'n Voorbeeld is: Toe die towenaars van Egipte nie kon nadoen wat God

met die derde plaag doen nie, waarsku hulle Farao met die woorde: "Dit is die vinger van God!" dit wil sê hier is 'n

vingerwysing dat dit God is wat hier werk en geen skepsel kan dit nadoen nie. In Lukas 11:20 bevestig Jesus dit

deur vir die Fariseërs, wat sê dat Hy deur die owerste van die duiwels, duiwels uitdryf (byvoorbeeld uit die stom man),

te sê: "maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle

gekom." Jesus se wonderwerke toon aan dat Hy waarlik die Seun van God is wat mens geword het.

Kritiek teen die wonderwerke in die Bybel en spesifiek dié van Jesus, kom al 'n ver pad. In sy dae was dit die

Sadduseërs wat beweer het dat daar geen opstanding (Matt 22:23vv) en geen engele is nie. Die Fariseërs weer

wou, soos hierbo geblyk het, nie die wonders erken nie, want dan moes hulle ook Hom as Seun van God bely.

Maar die stroom van kritiek teen die Bybelse wonderwerke het eers met en na die Kerkhervorming met die

Aufklärung, die Verligting, gekom. Nadat ek van hulle werke geraadpleeg het wil ek hulle (teoloë en filosowe)

vrysinniges noem ten opsigte van die kerk (en rasionaliste ten opsigte van uitgangspunt), dit wil sê hulle aanvaar niks

as waar tensy dit gegrond is op konkrete, algemeen-toeganklike ervaringsfeite wat deur die rede tot 'n sinvolle

samehangende sisteem verwerk kan word nie!

By 'n wonderwerk is daar die sieke of dooie, die wonderhonger toeskouers (soos ook by omwonende volke in Jesus

se tyd), die wonderdoener en die latere beriggewers in verband met die wonderwerk. Die kritici gee toe dat Jesus 'n

uiters begaafde en skerpsinnige mens was. Hy het ook die vaste orde van die natuur geken en hoe om dit

skynbaar te omseil, want hulle wou die vaste wetmatigheid van die natuur nie prysgee nie. Daar het dus sekere

voorvalle plaasgevind. Die ongeletterde ooggetuies (wat ook die vroeë kerk ingesluit het) het dit verder gedra en met

hulle primitiewe denke bo-natuurlike trekke bygevoeg.

Eintlik nog radikaler is die kritici se bewering dat die skrywers van die Nuwe Testament, veral van die Evangelies,

sekere godsdienstige en etiese riglyne van Jesus in hulle primitiewe denk- en spreekwyse in die vorm van

"wonders" weergegee het. Die kritici noem hierdie taal met verskillende name soos: Allegories, simbolies en mities

(laasgenoemde deur DF Strauss). Maar nou bied hulle (die Evangeliste) die kritiese aan as historiese werklikhede, as

werklik-gebeurde wonderwerke. Hierdie werklikhede moet (om 'n hedendaagse term te gebruik) geontmitologiseer

word om die religieus-etiese waarheid daarvan vas te stel. Ons noem 'n paar voorbeelde: (a) Die opstanding van

Jesus wil die oorwinning van die Christedom oor die Jodedom uitdruk. (b) Die opwekking van Lasarus wil die

sedelik-vervalle mens tot nuwe sedelike lewe oproep. (c) Die maagdelike geboorte van Jesus wil aandui dat Hy 'n

besondere mens was. In die godsdienste van die wêreld is daar talle voorbeelde van wondergeboortes van

uitstaande mense. (d) Die muntstuk in die bek van die vis is eintlik beeldspraak vir die verkoopprys van die vis. (e)

Die twee wonderlike spysigings wil ons oproep om wêreldwyd armoede en hongersnood te verlig, al het ons ook

min middele.

Vir ons as gelowiges bly die wonders werklike gebeurtenisse wat waarlik gebeur het tot ons heil en saligheid. Die

kritici se stelling dat God tog nie 'n wêreld met vaste orde en wettelikheid kan skep en dit dan willekeurig kan

deurbreek nie, spreek van 'n verkeerde, statiese, byna – deïstiese Godsbegrip en nie van die lewende God van die

Bybel nie.

Wat die profesie betref, verwerp ons eweneens hulle bewering dat meeste post-eventu (na die gebeurtenis) geskryf

is volgens hulle dateringsmetodes. God bly ook altyd God in beheer van die tyd; die toekoms is vir Hom nie

onbekend nie, want hoe anders sal ons in ons gebede Hom elke môre vir die komende dag, ja vir ons hele

toekoms, om sy leiding en beskerming kan vra? Geloof beteken juis dat ons ons hele lewe, ook ons toekoms, in sy

hand sal stel.

Merkwaardig is dat Luther die grootste wonder van almal in God se liefde vir sondaars en hulle redding stel. Die

verleiding is groot om die volgende aanhaling in sy robuuste Duits weer te gee, maar ek vertaal soos volg: "Die

uiterlike wonders het plaasgevind vir die onverstandige, ongelowige heidene, nie vir ons nie; die geestelike

wonders is die regte, hoë wonders vir ons, die Christene: hulle is nie te sien as die uiterlike, verlaagde wonders wat

nie betrekking het op die morele werking van die Christendom nie, maar hulle is die ware wonders, die enigste

waardeur die Christen met volle sekerheid 'n bonatuurlike inwerking bewustelik ervaar. Aangesien die mens deur

die sonde van nature dood is vir die geloof, so word hy deur die Heilige Gees wat 'n nuwe lewe in hom gebore laat

word, deur hierdie verwekking, wonderbaarliker as die van Lasarus …" 'n waarlik nuwe skepping. Tog werk ook

hierdie nuwe krag, hoewel dit van 'n bonatuurlike oorsaaklikheid (causalität) uitgaan, op natuurlike wyse die weergeskenkte

vryheid en verhoogde geesteskrag … "

Eers van hieruit kan ons die diepere betekenis van die sogenaamde uiterlike wonders verstaan en reg waardeer.

Luther het ook gesê: Die gelowige is simul justus et peccator dit wil sê tegelyk geregverdige (deur en in Christus) en

sondaar (in ons alledaagse handel en wandel). Vir ons as sondaars is Jesus en die apostels se wonderwerke ook van

belang om ons geloof gedurig te wek en te versterk. Luther wou met bogenoemde alles sê dat God se reddende

liefde die grootste wonder van almal is.

Opmerking: In ons ondersoek van die Pinkstergebeure het ons gesê dat "die geluid" soos van 'n stormwind 'n

aandagtrekker was aangesien daar geen storm was nie. Hoewel die Griekse teks nie pneuma wat beide wind of

gees kan beteken gebruik nie, gebruik dié Latynse vertaling wel spiritus vehementis wat tog ook heenwys na die

uitstorting van die Heilige Gees (Spiritus Sanctus). Eweneens wys die aandagtrekker van die vurige tonge na die

taalwonder. Die Engelse praat vandag nog van 'n vreemde taal as "a foreign tongue."

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

PRAIS AND WORSHIP

– HG

Prof FJ van Zyl het nie beswaar gehad dat onbekende psalms en gesange voor 'n kerkdiens geoefen word nie.

Maar hy het van die ″sing lekker saam″ voor die kerkdiens gesê: singsongs!

Die Liedboek leen hom ook om lekkerliedjies te sing – vóór en in die kerkdiens. Die vraag is of dit met dié sang

om die mens, sy lekkerte en bevrediging gaan, of om God te verheerlik? Is ons nie met die beweging van liturgiese

vernuwing besig met die verhumanisering van die kerk nie?

Dr Johan van den Heever is 'n NG leraar en nasionale koördineerder van die Wêreldgemeenskap vir Christelike

Meditasie. Hy het in By van 16.01.2010 onder die opskrif: Seks in die kerk, 'n paar prikkelende punte in dié verband

gemaak.

Hy wys daarop dat baie kerkliedere vandag die woordjies ″ek″, ″my″, ″myne″ bevat. ″Ons het verlief geraak – nie

op die God van die liefde nie, maar op die lekker gevoel wat dit bring om oor die liefde van God te sing. Ons

lofprysing en aanbidding isindírek op onsself gerig. Hierdie emosionele belewenis, wat ons graag as die

teenwoordigheid van die Heilige Gees wil inter-preteer, ìs niks anders as geestelike erotiek nie.″

Van den Heever wys dan daarop dat dit nie veel verskil van die tyd van die Ou Testament toe daar so gewaarsku

is teen die tempelprostitusie nie. ″Lidmate van gemeentes waar praise and worship hoog op die agenda is, verklaar

graag dat hulle die eredienste geniet. Dit is na my mening juis die erotiese sing oor die liefde wat geniet word.″

Hy lê dan verder klem daarop dat 'n kerkdiens se fokus in alle opsigte op God moet wees. ″Die fokus ìs op God

wat met ons besig is, en nie op my wat met Hom besig is nie … Dit ìs nie 'n 'goedvoel' – emosie nie, maar een van

respek en nederige naderkom″.

Van den Heever verwys na iemand anders wat meen ″dat wanneer hierdie eienskappe, onder meer die totale

fokus op God, nie in die lofprysing en aanbidding teenwoordig is nie, dit niks anders as aanbiddingspornografie is

nie″.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE CHRISTUSUITSIG VAN DIE OU TESTAMENT (Vervolg)

– Prof dr HG van der Westhuizen

36 Die Here na wie julle soek – Maleagi 3:1; Psalm 22 –

In die Ou Testament is daar baie wat oënskynlik op Christus van toepassing gemaak kan word. Ons het

aanvanklik reeds na hierdie metode soos beoefen onder andere deur prof dr AH van Zyl verwys. Verder is daar

heelwat gedeeltes in die Ou Testament wat blykbaar sonder twyfel as eindtyds of eskatologies geïdentifiseer moet

word. Ons soeklig is egter op dit wat in die Ou Testament klaarblyklik Messiaans is as ‟n uitsig op die Christus van

die Nuwe Testament.

Teen hierdie agtergrond is daar nog enkele gedeeltes in Maleagi, Joël, Obadja, jonger Psalms en Daniël wat ter

oorweging staan. Ook Job wat van hierdie latere tydperk is, word deur sommige by Job 19:25-27 geag Messiaans

te wees. Die ou vertaling van vers 25 lui: "Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en hy sal as laaste oor die stof

opstaan." Baie preke, veral begrafnispreke, is met groot troos daarin, oor hierdie teks volgens die ou vertaling

gehou. Selfs van die aandoenlikste musiek, soos die Messias van Händel in die aria Ich weiss dass mein Erlöser

lebet is hierdeur geïnspireer. Die waarheid vervat in hierdie ou vertaling bly staan al sou die teks dit nie direk só

bedoel nie. Die verandering in die nuwe vertaling (NAV) is gegrond op die feit dat dit hier gaan oor God as Losser

wat tot sover in die hemel daarbo getuie was (Job 16:19) en nou in vertroue geag word op te tree op die aarde hier

by Job (vgl "op die aarde", al afar, ook in Job 41:24). Vers 25 lui nou: "Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op

die aarde triomfeer". In die waarheid van hierdie woorde is Christus inklusief.

Uit die tyd van Esra en Nehemia (450-400 vC) dateer Maleagi (vgl 2:10-12). Maleagi wat bete-ken: bode van die

Here, is nie ‟n naam wat ‟n Jood aan sy seun sou gee nie. Iemand het later dié naam aan hierdie profesie van ‟n

onbekende profeet na aanleiding van hoofstuk 3 vers 1 gegee. In Maleagi 3:1 staan: Ek gaan nou my boodskapper

stuur, Hy sal die pad voor My uit regmaak, en dan sal die Here na wie julle soek, skielik na sy tempel toe kom. Ja, die

Verbonds-engel na wie hulle met soveel vreugde uitsien, gaan nou kom, sê die Here die Almagtige.

Vir die algemene agtergrond van hierdie verse haal ons aan wat prof dr JP Oberholzer in die Verklarende Bybel

daarvan sê: ”Die ballingskap was reeds lank verby, die heilstoekoms het uitgebly, en bowendien het dit reeds gelyk

of dit goed gaan met ‟mense wat verkeerd doen‟ – vandaar hierdie gedagtes wat geuiter is dat dit ‟die Here moeg

gemaak het‟. In antwoord daarop kom die aankondiging dat die koms van die Here naby is. Soos nog tydens die

ballingskap aangekondig, sal die Here sy ‟boodskapper stuur om die pad voor Hom uit reg te maak‟ (Jes 40:3), en

‟dan sal die Here kom. Maar die koms sal ‟skielik‟, onverwags, wees en dit sal ‟n koms ‟na die tempel toe‟ wees,

want dit is daar dat die regterlike optrede van die Here die dringendste nodig is. Dieselfde Leviete (v3), soos in 2:5

ook hier ‟n aanduiding van die priesters, wat so uitsien na die koms van die Here om die goddeloses te straf, sal

eerste gestraf word deur die vergelding … Die woord Verbondsgod kom net hier voor as ‟n benaming vir die Here.

Dit sluit aan by die voorstelling van die ‟Engel van die Here‟ wat soms met die Here self vereenselwig word. Die

verbond waaraan gedink word, is die Sinaiverbond met sy eis om die regte lewe en sy gebooie …”

Die koms wat aangekondig word, is die koms van die Here self. Uit die vertaling "ja, die Verbondsengel" blyk dat

die Here en die Verbondsengel dieselfde is. Tog is dit heel uniek dat die Here wat sê "Ek gaan nou my

boodskapper stuur" Homself Verbondsengel noem! Die Here onderskei dus tog tussen Homself en die

Verbondsengel as ‟n ander – as die Messias. Hy is egter die Here "na wie julle soek". Die boodskapper is die

profeet Elia na wie Maleagi 4:4-6 verwys. ‟n Wegbereider of herout kondig die nabyheid van die koms van ‟n koning

aan en neem hindernisse in sy pad weg (vgl Jes 40:3; 52:7; Obadja v1). Die Nuwe Testament sien Elia in Johannes

die Doper (Matt 3:10-12) wat die oordeel van die Here aankondig, die pad van Jesus Christus berei, en oproep tot

bekering (Mark 1:23; 9:11-13).

Die gedeelte Joël 2:22,23 is ook eskatologies. Dit bevat vrederykelemente soos vreugde, geregtigheid en natuurseëninge

(‟n groot troos in ‟n tyd van die sprinkaanplaag), maar dit is nie direk Messiaans nie. Die ou vertaling vermeld

"die leraar van geregtigheid", wat miskien die profeet self sou kon wees, maar wat ook aanleiding in die eskatologiese

sfeer kan wees om in hierdie leraar die Messias te sien. Die Latynse vertaling, die Vulgaat, vertaal hier met

pastor iustitiae (leraar van geregtigheid). Die woord hammorê in die grondtaal (Septuagint het hier: broomata, voedsel,

blykbaar ‟n ander tekslesing) beteken "die leraar", maar later in die vers word gepraat van jorê (vroeë reën) sodat

geleerdes dink hier moet vanweë ‟n skryffout, ‟n dittografie, ook in plaas van morê, jorê staan: "Leraar tot geregtigheid"

moet dan vertaal word: "vroeë reën in voldoende hoeveelheid". Die nuwe vertaling het inderdaad (v23):

"Inwoners van Sion, julle moet bly wees en juig tot eer van die Here julle God, want Hy het die reëns betyds laat

kom, Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee." Tog vibreer iets deur van die moontlike korrektheid

van ”die leraar van geregtigheid” as die Messias. By die Qoemrangemeenskap het hierdie titel sterk gefigureer.

In Obadja staan in die laaste vers dat daar mesjiïem of nosjaïem, letterlik Jesusse, redders (Septuagint: andres

sesoosmenoi = manne wat redders is) die Sionsberg sal opgaan om die Esaugebergte te oordeel, en die koninkryk

(hammeloeka; Septuagint: hê basileia) sal aan die Here behoort. Die redders of Jesusse verwys nie na Jesus Christus

of die Messias nie – want Hy is een, nie méér nie. Maar die koninkryk van Jahwe (of soos die Griekse vertaling het

kurios, die Here), is tog ‟n uitsig daarop dat die laaste heerskappy nie van nasionaal-historiese aard is nie. In die

Bybel met Verklarende Aantekeninge (OAV) staan: ”Maar die profesie sluit tog nie met die politieke heerskappy van

Israel nie, maar stuur oor die grense van die Ou Testament heen na die komende heerskappy van God aan wie die

koningskap oor álles toebehoort, vgl Dan 2:44; Jes 45:23 en Openb 11:15.”

In die naballingskapstyd het daar ook psalms ontstaan. Maar geeneen het direkte verwysing na die Messias nie,

ook nie Psalm 22 nie (vgl Ps 80:15-18; 85:10-14; 132:10). Omdat Psalm 22 deur die sterwende Jesus aangehaal is

(Matt 27:46) en die beskrywing van die lydende per-soon óf deur vernederende siekte (bv v7-9, 15-17; v7,8,4:15-17) of

as ‟n koning omring deur vyande, so treffend vergelyk met die lydende Jesus, haal ons die hele psalm aan: ”My

God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? My God, ek roep bedags en U antwoord

nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie (vgl Hand 2:34,31). U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van

Israel weerklink! Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered. Hulle het na U om hulp

geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie. Maar ek is ‟n wurm, nie ‟n mens nie. Ek

word deur die mense bespot en deur die volk verag. Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik

met voldoening die kop en sê: ‟Laat dit aan die Here oor! Laat Hý hom red, laat Hý hom bevry as Hy dan so baie

van hom hou.‟ (vgl Mark 15:29-33). U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my

moeder. Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God. Moet tog nie so ver

van my af weg bly nie, want die nood is naby en daar is niemand wat help nie. ‟n Wreedaardige klomp mense het

my omsingel, soos beeste uit Basan staan hulle my toe. Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop

bekke op my af. Ek is soos uitgestorte water, al my bene het uitmekaar geval, my hart het soos was geword, dit

smelt weg in my (vgl Luk 22:44). Ek is so min werd soos ‟n potskerf, my tong kleef aan my verhemelte (vgl Joh

19:28), U laat lê my asof ek dood is. Soos honde omsingel hulle my, die bende misdadigers sak op my toe, hulle

bind my hande en voete vas. Al wat been in my is, kan ek tel; hulle kyk na my met leedvermaak. Hulle ver-deel my

klere onder mekaar en trek looitjies oor my mantel (vgl Mark 15:24; Eks 22:26,27; Matt 27:35). En U, Here – moet tog

nie so ver bly nie, Bron van my krag, help my tog gou! Red my van die swaard, my kosbare lewe uit die mag van

die honde. Red my uit die bek van die leeu en tussen die horings van die wilde beeste uit. U het my gebed verhoor!

Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. Julle wat die Here dien, prys

Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob! Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel! Die nood van die hulpelose het

Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy

gehoor. My loflied in die volle vergadering kom van Hom af, my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom

dien. By die offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys.

Mag hulle lank en gelukkig lewe. Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer. Alle volke

sal Hom as koning erken, want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke. Al die rykes van die

wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem en Hom as koning erken, ja alle mense, sterflik en verganklik, sal voor

Hom kniel. Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag. Dié sal dan aan

die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: Die Here het dit gedoen.” Jesus se laaste

woorde aan die kruis was: Dit is gedoen (Joh 19:30).

Die eerste deel van Psalm 22 beskryf ‟n lydende persoon – as‟t ware ‟n spieëlbeeld, ‟n eggo van Jesaja 53 se

êbed Jahweh, die lydende kneg van die Here. Prof dr A van Selms sê van Psalm 22: "Men zou het haast een korte

samevatting van het boek Job kunnen noemen. Evenals daar een blij verlede (vs 10,11), een ontsettend heden (vs

7-9,12-19), een spreken tot God (vs 20-22), dat tot verwijten wordt (vs 2,3), en een uitzicht op het goddelijk ingrijpen

(vv 22-32), dat hier echter een veel groter plaats in het geheel beslaat dan in het boek Job" (A van Selms, Tekst en

Toelichting – De vijf boeken Psalmen, ongepubliseerd). Maar die verskil tussen Psalm 22 en Jesaja 53 is dat

laasgenoemde na ‟n plekbekleding van die lydende verwys – Psalm 22 nie. Dit al maak dat die persoon van Psalm

22 nie na die Messias verwys nie. Tog kom daar ‟n skielike wending: "U het my gebed verhoor!" Ook in Psalm 20:7

kom so ‟n skielike verhoring-sekerheid. Edelkoort meen dat die eerste deel van die Psalm 22 tydens die liturgie by

‟n offer gesing is. Wanneer die offergeur omhoog styg kom die sekerheid van verhoring en roep die psalmis

daarvandaan sy vreugde uit. Merkwaardig dat juis daarvandaan daar verskeie eskatologiese elemente na vore

kom: soos by Jesaja 53 verander die lot van die vernederde Kneg tot dié van heerlikheid; die Here het alle

inisiatief; daar kom redding; bekering; geluk; vreugde; heidene, alle volke erken die koningskap van God; rykes en

armes hou saam maaltyd (vgl Jes 25:6). Die gevolge van die verlossing waarvan Psalm 22 spreek is net ‟n bietjies

te groots om aan ‟n gewone mens verbonde te wees! (Word vervolg)

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

JONGER PREDIKANTE

– HG

Onder heelwat dinge wat veral sommige, jonger predikante in gemeentes doen, noem ons 'n paar.

Eerstens neem predikante sommer, wel met medewete van gemeentes, sporadies verlof. Alhoewel verlof op die

gemeenteprogram aangedui word, ís daar van tyd tot tyd Sondae wat die predikant verlof neem, selfs met

Nagmaaltye. Tweedens is twee dienste op 'n Sondag nie meer vir alle predikante aanvaarbaar nie, en wil hulle

selfs ekstra honorarium hê vir 'n tweede diens in dieselfde gemeente. Derdens kom predikante deesdae maklik en

kondig na 'n erediens af dat hy 'n beroep na gemeente X gekry het, daaroor gebid het dit aangeneem het, en nou

was sommer die afskeidsdiens! Dat die kerkraad hieroor 'n sê het bestaan dan nie! Vroeër moes 'n kerkraad in 'n

gereformeerde kerk toestemming verleen aan sy predikant om 'n beroep aan te neem. 'n Kerkraad moet sekerlik

tyd hê om op beskaafde wyse die herder en leraar los te maak van die gemeente en afskeid te neem in die

teenwoordigheid van die konsulent wat die Akte van Losmaking moet oorhandig, en die gemeentelike argief weer

in sy sorg moet neem. Die roepende gemeente moet tog ook na voorgeskrewe afkondiging van wie na hulle

gemeente beroep ís, tyd hê om besware, indíen enige, in te dien. Vierdens word nou dikwels ervaar dat 'n

gemeente byvoorbeeld 'n kwarteeufees of 'n halfeeufees vier en die plaaslike dominee lei die één diens op die

Sondag. Vorige leraars word wel uitgenooi – om die Saterdag saam braaivleis te eet! Het dominees nie meer 'n

aanvoeling hoe 'n groot eer dit vir vorige dominees is om met so 'n feesviering 'n diens te lei of ten minste 'n

spreekbeurt te kry nie?

Vyfdens gebeur dit soms dat by die bevestiging van 'n leraar die bevestiger nie kollegas oproep om die

bevestigde ook 'n handdruk te gee nie. En dit is nie omdat die bevestiger dit vergeet nie!

Verder gebeur dit deesdae ook baie maklik dat sommer ses gesinne, veral jong mense, selfs uit die diakenskring

die gemeente bedank en oorgaan na die NG Kerk of die AGS – sonder dat daar ooit 'n opsiggesprek of tug sprake

is. In 'n klein gemeente waar dit binne bestek van enkele maande gebeur, kan dit tog nie sommer in die doofpot

kom nie.

Laastens is daar te veel voorbeelde van leraars wie se spraak nie meer verstaan word of voldoende verstaan

word nie. Hulle maak nie hulle mond oop nie, vreet self hulle woorde op, sluk die laaste woorde van sinne in. Dit

was tog veel beter toe Stephanie Faure, spraakkundige by die Universiteit Pretoria elokusie aan voornemende

predikante gegee het. Is dit nie 'n onvergeefbare worsteling wat lidmate, veral oueres, onder 'n preek moet

deurgaan waarvan die oorsprong ook buitendien nie in navorsing, gebed en oordenking lê nie. Sulke plat

pannekoekpreke is onmiskenbaar 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal uit 'n blikbrein. Dis geen brood

van die lewe uit 'n warm hart nie.

Kom hierdie agteruitgang van ons kerklike kultuur uit die opleiding deur die fakulteit, of ís dit te wyte aan 'n

onkerklike agtergrond van die jong leraars, of getuig dit van 'n gebrek aan nadenke, of 'n behoeftegebrek aan

meerdere eredienste, of wil 'n pastor loci doelbewus nie dat die gemeente weer 'n diens ervaar wat sy gewese

herder en leraar lei nie? Moet daar nie weer êrens begin word om ons leraars kerklike en beskaafde styl te leer

nie? Baie se handel en wandel kom onafgerond voor!

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

BILLY GRAHAM SE GEBED

Die hoogsbejaarde en wêreldbekende evangelis Billy Graham se gebed vir die Amerikaanse volk is in

Confessioneel van 22 Januarie 2009 afgedruk:

Hemelse Vader, ons kom vandag voor U aangesig om van U vergewing te vra en om u raad en u leiding te soek.

Ons weet u Woord sê: ′Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg ... ′ (Jes 5:20), maar dit ís presies wat

ons gedoen het. Ons het ons geestelike ewewig kwytgeraak en ons waardes omgekeer. Ons het die armes

uitgebuit en noem dit lotery. Ons het luiheid beloon en noem welvaart. Ons het ons ongeborenes vermoor en noem

dit keuse. Ons het aborsie gepleeg en noem dit regmatig. Ons het die dissiplinering van ons kinders verwaarloos

en noem dit ambisie. Ons het die atmosfeer besoedel met godslastering en pornografie en noem dit vryheid van

uitdrukking. Ons het die eeue-oue gevestigde waardes van ons voorvaders belaglik gemaak en noem dit verligting.

Deurgrond ons, o God, en ken ons harte; reinig ons van alle sonde en stel ons in vryheid. Amen!

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

TOELIGTING OP DIE PSALMS (Vervolg)

– Prof A van Selms

Tekst: Psalm 38

Een psalm van David, om in gedachtenis te brengen.

Ga niet in toorn tegen mij in het geding, HERE,

en bestraf mij niet terwijl U woedend is!

Uw pijlen zijn immers al bij mij ingedrongen,

en uw hand kwam reeds op mij neer.

Door uw gramschap bleef er geen ongeschonden plekje aan mijn lichaam,

om mijn zonde is niets meer gesond in mijn binnenste,

want mijn schuld is mij boven het hoofd gestegen,

als een zware last mij te zwaar geworden.

Stank en etter komen uit mijn wonden,

een gevolg van mijn verdwazing.

Ib ben gekromd, geheel en al neergebogen,

ben de hele dag in rouwgewaad rondgegaan,

want mijn ledenen zitten vol ontsteking,

en er bleef geen ongeschonden plekje aan mijn lichaam.

Ik ben verslapt en gekneusd, geheel en al,

en steun van wege het kreunen van mijn hart

Mijn Soeverein, al mijn verlangen ligt voor U open,

mijn gezucht is voor U niet verborgen.

Mijn hart loopt om, mijn kracht begaf mij;

het licht van mijn eigen ogen zelfs ontviel mij.

Mijn vrienden en makkers staan afzijdig van mijn ongeluk;

mijn verwanten zijn op verre afstand gaan staan.

Strikken worden gezet door wie mijn leven belagen

en door hen, die het op mijn ongeluk voorzien hebben.

Men spreekt woorden van onheil en bedrog;

heel de dag konkelt men.

Maar ik van mijn kant houd mij als een dove, luister niet,

of als een stomme, die zijn mond niet open doet,

en werd als een man, die niet luistert

en in wiens mond geen verweer is.

Mijn verwachting is immers op U, HERE, gericht,

U bent het, mijn Soeverein, mijn God, die reageren zal.

Ik zeide immers: ‟Laat hen geen voldoening over mij beleven!

Als mijn voet maar wankelt, hebben ze zich al groot gevoeld tegenover mij.

Het is immers altijd mogelijk dat ik struikel,

en altijd kan mij leed te wachten staan,

want mijn schuld moet ik wel belijden,

mij over mijn zonde bekommeren.

Levenskrachtig en machtig zijn mijn vijanden,

talrijk degenen die mij zonder grond haten,

kwaad voor goed vergelden,

mij tegenstaan, omdat ik wat goed is nastreef.‟

Verlaat mij niet, HERE, mijn God!

blijf niet ver van mij!

Haast U mij te helpen,

mijn Soeverein, mijn bevrijding!

Toelichting bij Psalm 38

Het opschrift van deze psalm neemt als zijn doel ‟om in gedachtenis te brengen‟. Velen denken dat deze

uitdrukking verwant is aan wat wij herhaaldelijk in de voorschriften van Leviticus vinden over de juiste manier om

offers te brengen: het ‟gedenkoffer‟, een deel van het gehele offer; dat deel wordt op het grote altaar gebracht om

daar verbrand te worden, terwijl de rest aan de priesters toekomt. Lev 2:2,9,16; 5:12; 6:15; 24:7; vergelijk ook

Numeri 5:26. Ik zou eerder denken aan de hoge ambtenaar, die we gewoonlijk ‟de kanselier‟ noemen, die de

koning berichtte wat gaande was onder het volk, en onder andere zaken ook het onrecht, dat door iemand begaan

was, onder aandacht van de vorst bracht, vergelijk 1 Konings 17:18. Hij trad dan op als verdediger van de

veronrechte partij, als de vertegenwoordiger daarvan. Zo zou men hier kunnen aannemen, dat niet de lijder zelf het

woord voert, maar een priester, die hem vertegenwoordigt. We kunnen immers moeilijk aannemen, dat een zieke

leek zelf naar de tempel kwam om dit uitvoerige gedicht te reciteren. Het gedicht kan, met uitsondering van de

laatste paar verzen, goed in strofen van acht regels verdeeld worden.

De psalm begint met te bidden, dat God niet in blinde woede tegen de dichter te keer zal gaan. Dat hij door God

getuchtigd wordt, aanvaardt hij, heeft hij reeds aanvaard. Hij is ziek geworden; de pijnen, die door zijn lichaam

schieten, worden Gods pijlen genoemd en zijn machteloos neerliggen is een gevolg van zijn neergedrukt worden

door Gods hand. Het valt niet te bepalen, aan welke speciale ziekte gedacht wordt; dat is maar goed ook, want

anders zou deze psalm slechts in zeer weinige gevallen gebruikt kunnen worden. Als er dus gezegd wordt, dan

geen plekje aan het lichaam van de lijder ongeschonden bleef, hoeven we niet aan een uitwendige huidsiekte te

denken, want in één adem daarmee wordt geklaagd, dat er in zijn binnenste niets meer gesond is. In ditzelfde vers

is het ook opmerkenswaard, dat de eigen zonde en Gods gramschap feitelijk met elkaar geïdentificeerd worden:

waar zonde is, daar werkt ook Gods oordeel, en beider resultaat is ziekte. Men zou er over kunnen strijden, of in

vers 5 van zonde-schulden of van straffen wordt gesproken; ook in Genesis 4:13 vinden we beide mogelijkheden.

De zondeschuld, zo zie ik het het liefst, wordt vergeleken met een vloed, die tot boven het hoofd van de reisiger

stijgt; de straf, die onverbrekelijk met de schuld samenhangt, met een last, waartegen zijn rug niet opgewassen is.

Het is niet erg dichterlijk, om van stank en etter te spreken, maar ze zijn het gevolg van ‟verdwazing‟, onredelijke

misdragingen, en die zijn evenmin esthetisch te waarderen. Het is opmerkelijk, hoe volmondig de dichter zijn

schuld tegenover God erkent. Te oordelen naar vers 21 bestaat deze schuld niet in maatschappelijk wangedrag; hij

is zich blijkbaar ernstige zonden tegen God bewust. Ze worden niet gespecificeerd; daarom kan ieder, die zich zijn

schuld jegens God bewust wordt, de psalm op zichzelf toepassen. Door zijn ziekte werd onze zanger zich bewust

van Gods toorn; al worden hier zijn ‟lendenen‟ genoemd, hoeft men toch niet speciaal aan gordelroos te denken, te

meer waar nu een deel van vers 4 herhaald wordt. Om God tot erbarmen te stemmen nam hij niet meer de fiere

houding van weleer aan, maar ging gebogen en liet na, zijn klederen te verzorgen, zodat deze er haveloos

uitzagen. Zo doet men immers in rouw en als men berouw heeft. Ook de beschrijving van zijn machteloze verslapping

en verbrijzeling dient om Gods medelijden op te wekken; het steunen en kreunen leidt reeds het gebed van de

volgende strofe in.

Dat gebed zegt echter niet, wat de lijder van God verlangt. Het gaat terstond weer over tot een tekening van zijn

ellende. Ik heb het vaak gezien, hoe een man uit het volk, als hij voor de rechtbank verschijnt, zich zo ongelukkig

mogelijk voordoet, zijn oude wonden laat zien, en als hij de gelegenheid krijgt, al de narigheden van zijn leven

opsomt. Zulks om de harten van de rechters te roeren. Zo zegt onze dichter ook, dat zijn geestkracht gebroken is

en hij vestigt Gods aandacht op de doffe blik van zijn ogen. Familie en vrienden willen of kunnen hem niet helpen;

ook dat is een argument om God in beweging te brengen: van niemand anders dan van God is hulp te verwachten.

Eigenaardig doet het mij echter aan, dat aan het einde van deze strofe wordt plotseling over boosaardige vijanden

gesproken. Het ging toch over ziekte? Worden we nu op eens in juridische sfeer geschoven? Heeft de ziekte de

vijanden de mogelijkheid geschonken om hem te belasteren volgens de welbekende redenering, die we ook bij

Jobs vrienden aantreffen, dat ongeluk een bewijs van begane zonde is? In ieder geval maakt deze verwijzing naar

tegenstanders, waarop de volgende strofen voortborduren, dat ieder die wil zich in dagen van ongeluk met onze

dichter, zijn lot en zijn bede, kan vereenzelvigen. Mijn jonge vrienden van de generstie die zoveel over engelen en

boze geesten wil weten, kunnen zelfs beweren dat alle ziekte het werk is van boze geesten, en deze dus met de

vijanden vereenzelvigen – knap bedacht, maar ik geloof niet dat zo iets de bedoeling van onze psalm is.

Terwijl ‟s mans vijanden veel over hem te zeggen hebben, over zijn ongeluk – en dat kan waar zijn – en over zijn

vermeende zonde, die de oorzaak van zijn ongevallen zou zijn – en dat is ‟bedrog‟! – en er over denken, hoe hem

nog verder rampsalig te maken, houdt onze ongelukkige zich alsof hij niets daarvan hoort. Zulks niet omdat hij zich

boven lasterpraat verheven acht, maar omdat hij zijn heil niet van eigen verweer, doch van Gods ingrijpen

verwacht. God zal zijn benarde vazal uiteindelijk te hulp komen. Deze is begonnen met zijn zonde te belijden (vs

5,6) en het is ook voor mij bemoedigend, te verstaan dat ook een zondaar bidden mag.

Hij heeft immers God reeds gebeden, zijn vijanden geen vreugde over zijn ondergang te gunnen. Daartoe is vóór

alles nodig, dat God hem zijn zonden vergeeft. Een mens struikelt immers zo gemakkelijk, en daarop moet wel leed

volgen, maar als men zijn tekortkomingen belijdt, zal men bij God bescherming vinden, hoe machtig en talrijk

degenen ook zijn, die een gevallen mens nog een trap na willen geven – en dat zonder dat deze reden tot wraak

hebben. Integendeel! Tegenover mensen is onze bidder zich generlei kwaad bewust. Hij heeft altijd getracht, vrede

met zijn omgeving te bewaren.

Een laastste korte strofe roept nu, als met hijgend korte regels, nogmaals Gods hulp in. De nood is groot en de

tijd kort. (Word vervolg)

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

KANSELBYBEL EN HUISBYBEL

– HG

Verskeie kere en op verskeie plekke het ons al kerkdienste moes lei in een van ons susterkerke waar toe geen

Kanselbybel is nie. Miskien is die dominees so gewoond aan hulle eie Bybel onder hulle arm dat selfs die

Kanselbybel ook daarvoor plek moes maak. Een van hierdie Kerk se gemeentes se Kanselbybel is skoon weg en

kon nie deur historiese navorsing opgespoor word nie! Ook in ons Kerk word die laaste tyd dikwels waargeneem

dat die Kanselbybel êrens op die kansel weggesit is of weggesit word ná Skriflesing. Dalk is die kansel se leestafel

te klein vir die leraar se preekboek bý die Kanselbybel. Jammer want die oop Kanselbybel simboliseer dat die

preek en die hele kerkdiens uit die Bybel verantwoord word.

As gelowiges weet ons dat die Bybel nie net vir die kerkdiens bedoel is nie. Ons lewe elke dag uit die Woord van

God. Die Bybel moet 'n plek in ons huis ook hê. Ons Kerkordereël 7 sê: ′′Die gesin is ′n eenheid wat saamgebind is

deur ′n gemeenskaplike geloof, liefde en trou en ís 'n gemeente in die kleine … ′′

Josua sê: ′′Wat my en my familie (gesin) betref, ons sal die Here dien′′ (Jos 24:15). Ook Job het telkens vir sy tien

kinders ná partytjies vroeg in die môre met brandoffers ingetree (Job 1:5). Die psalmdigter sien sekerlik die

opvoeding van sy ouers as die sorg van God – van sy geboorte af, van die begin van sy lewe af (Ps 22:11).

Ook in die Nuwe Testament kry ons die merkwaardige verskynsel van huisgemeentes en Timoteus se opvoeding

uit die Skrif het sy ouma en ma ingesluit (2 Tim 1:5; 3:14,15).

Hierdie gesinslewe van gelowiges wat die infrastruktuur van huisgodsdiens of Boekevat is, regverdig sekerlik 'n

Huisbybel. Soos daar vir die kerkdiens 'n Kanselbybel is, kan daar vir die huiskerk 'n Huisbybel wees.

Daar word deur die Bybelgenootskap en ander instansies soveel Bybelgedeeltetjies uitgegee – die Psalms en die

Nuwe Testament, Bybeldele vir mans, vir kinders, vir vroue en so meer. Maar hoekom nie 'n Huisbybel nie?

Die vissermanne van die Nederlandse eiland Urk – bakermat van die beroemde Urkse mannekoor – het op hulle

groot, moderne en luukse visserbote 'n Bootsbybel. Op die punt van die boot se eetkamer, teen die muur, is ′n

kassie waarin die Bootsbybel regop staan. By die middagete word daaruit voorgelees.

Terwyl daar in elke gelowige se huis 'n Bybel in elke kamer en vertrek behoort te wees, kan daar 'n spesiale

uitgawe op 'n aangewese plek in die huis wees – die Huisbybel.

Die Huisbybel moenie so groot as 'n Kanselbybel wees nie – dit is onprakties en moeilik hanteerbaar vir gewone

huisgodsdiensdoeleindes. Dit moet ook nie 'n standaardgrootte wees nie – want die lig en die oë van die leser,

gewoonlik die vader, is dikwels nie meer te goed nie. Die Huisbybel kan 'n middelslag grootdruk wees.

Dit kan 'n pragtige geskenk wees van ouers, of kerkraad of iemand aan 'n egpaar, miskien by die

huweliksbevestiging al. Daar kan selfs 'n plek ingeruim wees in die Huisbybel vir die egpaar se huweliksertifikaat.

Veral in ons tyd dat huweliksregistrasies baie twyfelagtig is, is so 'n sertifikaat uiters kosbaar. Die pa en ma van die

huis se geboortedatums en plek vír sterfdatums kan daarin opgeneem wees. Ook die kinders se geboortedatums,

doopbesonderhede en geloofsbelydenis kan daarin vervat word. Ook plek vír hulle sterfdatums wat volledigheidshalwe

later ingevul kan word.

Iets van ons voorouers se geslagsregister wat hulle in hulle Statebybel opgevang het, word dan weer in ons

Huisbybels ingevoer.

Vandag word argiewe en geskiedenis in gevaar gestel. Op hierdie wyse van die Huisbybel kan daar 'n groot

reddingsdaad van die geskiedenis van God se sorg oor geslagte ingevoer word.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

OU DOMINEE PRINSLOO

– HG

Ds JJ Prinsloo se kieries (Mev Didi van Niekerk eggenote van ds CJS van Niekerk onthou nog)

As laerskoolkind het ek saam met my ouers ds en mev Theuns Dreyer Rustenburg toe gegaan waar my pa ou

ds. Prinsloo gehelp het met die bediening van Nagmaal. By die pastorie aangekom, is ons hartlik ingenooi. Tot my

verbasing is daar ‟n klomp kieries in die portaal-staander. Ek het dit dadelik getel – 14! My pa het dan net één!

Járe later, as jong getroude predikantsvrou, het ek ds Prinsloo by Du Toitstraat se kerk gaan groet voor die

opening van die Algemene Kerkvergadering. ”Dag, Didi…en –hoe-veel- kie-ries- het- ek -nou weer-ge-had? Ditwas-veer-tien?....Dit-

was- veer-tien!

GROOT was my verbasing!

Preke

Ou ds Prinsloo het as predikant van Rustenburg ook buitedienste op Thabazimbi gaan hou. As ek reg onthou,

was dit ook onder sy leiding dat Vliegepoort in 1931 van Rustenburg afgestig het. Hy het ook die naam Vliegepoort

voorgestel.

Met die dienste op Thabazimbi, onder die ou afdak, het gemeentelede glo baie gesit en kyk hoe die koedoes teen

die berghang wei terwyl die diens aan is. Een dag in 1965 staan ek en oorlede ouderling Izak Joubert en gesels by

die ou afdak. Ek sien 'n stuk hout tussen die gras lê, Ons stap daarheen en tel die ou kateder op waarby ou ds

Prinsloo nog gepreek het. Die miere het dit half opgevreet. Oom Izak het my belowe om die kateder te probeer

herstel. Wat daarvan geword het, weet ek nou nie.

Een keer het ds Prinsloo gepreek oor Matt 10:16: "Wees dan … opreg soos die duiwe." Hy het sy preek begin:

"'n-Duif-is-so-op-reg-soos … 'n-Duif-is-so-op-reg-soos … 'n-Duif-is-so-op-reg-soos … 'n duif". Hy kon treffend en

diepsinnig preek.

'n Ander keer het hy in die gemeente Goede Hoop op Piet Plessis gepreek. Dit was in ons ou sinkkerkie, die

eerste "gebou" op die dorpie Piet Plessis. Ek was self teenwoordig. Dit was om en by 1945. Hy gepreek oor Joh

18:10 waar Petrus met 'n swaard Malgus se regteroor afgekap het. Diegene wat in daardie diens was, soos my

swaer in die Gereformeerde Kerk, vertel jare later nog hoe hulle onthou dat ds Prinsloo sê: "En-hy-trek-sy-swaarden-hy-k-a-a-a-p

hom"!

Ek was ook teenwoordig toe ds Prinsloo 58 jaar gelede, op 7 Augustus 1953 in Rustenburg die eeufeesviering

van die Algemene Kerkvergadering geopen het. Onthou nou, hy het gepreek vir predikante, ouderlinge en diakens,

wat byeengekom het vir die vergadering! Sy teks was Matt 23:27: "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs,

geveindes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en

allerhande onreinheid is." Ds Prinsloo het met sy lang wit gestalte kersregop van die kansel af tussen al die

kerkraadslede na buite gestap, sonder om links of regs of te kyk of te praat …. Hy het die kerkraadslede, soos die

ou mense sê, geslaat!

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DS CJS VAN NIEKERK ONTHOU

Ek is op 13 Junie 1924 gebore in die klein dorpie (nedersetting) Witpoort, tussen Wolmaransstad en

Leeudoringstad in Wes-Transvaal. Die dorpie is genoem Witpoort omdat die eerste wit kind noord van die

Vaalrivier daar gebore is, die kind van die sendeling Broadbend.

In die Witpoort Laerskool 71 het ek my onderrig ontvang totdat ek in 1939 na die Hoërskool Wolmaransstad toe

is. 'n Paar interessanthede rondom die dorpie Witpoort is eerstens dat die gemeente van die NH Kerk wat daar in

1888 gestig is, Maquassi gemeente genoem is. Die poskantoor is genoem Bosmansrust na die oorspronklike

eienaar van die plaas Leeuwfontein waarop die nedersetting aangelê is. 'n Verdere interessantheid is dat die

Laerskool Witpoort 71 'n groot persentasie leerders opgelewer het wat tersiêre onderrig ontvang het en in verskeie

professies en beroepe presteer het onderandere professore, regters en advokate, predikante, politici, dokters,

geoloë, onderwysers ens.

'n Besondere gebeurtenis wat die kerklike lewe in die gemeente betref, was vir my die Christenword en geloofsbelyfdenis

van die alom bekende en gerespekteerde Jood, oom Carl Lindenberg. Hy het op 53-jarige ouderdom

geloofsbelydenis gedoen by welke geleentheid hy ook op sy knieë voor die preekstoel gedoop is. Op mý het dit 'n

geweldige indruk gemaak.

Met my katkisasie en geloofsbelydenis in die gemeente Maquassie by wyle ds JP Labuschagne, het die roeping

by my ontwaak om predikant te word van die Nederduitsch Hervormde Kerk.

Nadat ek in 1942 matrikuleer het, het ek in 1943 aan die Universiteit van Pretoria in die teologie begin studeer.

Gedurende die ontgroening in Voortrekker Tehuis, moes ek male sonder tal die skoollied van die Wolmaransstadse

Hoërskool op aandrang van ds PM Smith (toe 6‟e jaar student) sing. Die begin van die skoollied was: "Uit die blou

Maquassie berge…" (geskryf deur Eitemal). Vandaar het ek toe die bynaam Makwas gekry.

Hoewel Grieks, Hebreeus en Latyn drie totale vreemde vakke was wat 'n mens onder die knie moes kry, het ons

gelukkig „n uitstekende mentor gehad in die persoon van wyle prof PS Dreyer, wat toe in sy 6‟e studiejaar was en

soos ons, in Voortrekker Tehuis tuisgegaan het. Hy het dit van die begin af by ons ingeskerp, dat as jy nie hierdie

vakke binne die eerste ses maande onder die knie kry nie, jy maar jou goedjies kon pak en huis toe gaan. Gelukkig

het ek sy vermaning ter harte geneem en al my vakke geslaag. Met die studies tot aan die einde van die BD

eksamens het dit gelukkig goed gegaan, behalwe dat ek en 'n paar van my studentemaats skerp aangespreek is

deur prof SP Engelbrecht omdat ons aan die Ossewa Brandwag behoort het.

Gedurende ons studentetyd was daar ook heelwat woelinge en strominge in die Kerk. Ek verwys hier na die twee

groepe – deur ons studente genoem die Engelbrechtgroep en die Ver-mootengroep. Die skerpte van die verskille

was maar rondom persoonlikheidsbotsings tussen ds Simon Vermooten, ons predikant in Pretoria veral oor

Hollanders en prof SP Engelbrecht, ons dosent. Ek verwys ook na die aanstelling van ds AS Geyser as professor

in die Nuwe Testament en Christelike Etiek. Sommige van ons het nie genoeë geneem dat prof Geyser die

aanbieding van Christelike Etiek by prof CH Rautenbach oorgeneem het nie.

Die feit dat al die BD studente die laaste drie jaar van ons studies in Voortrekker Tehuis ingewoon het, het 'n

besondere band tussen ons meegebring. Ons het vriende en kennisse geword, mekaar se standpunte geken en

waardeer. Ook die Teologiese Vereniging Van der Hoff (waarvan ek in 1948 die voorsitter was), het in die besonder tot

hierdie gemeenskaplikheid en kameraadskap bygedra. Dit het ook meegebring dat ons die teologie van die

Hervormde Kerk enersdenkend uitgedra het.

Na die voltooiing van my studies het ek twee beroepe ontvang: Gemeente Laeveld en Gemeente Primrose. Ek

het die beroep na die Gemeente Primrose om verskeie redes aanvaar, waarvan een was dat ek graag my

vuurdoop in „n stadsgemeente wou deurmaak.

Ek is op 19 Februarie 1949 in dié gemeente georden en bevestig deur wyle prof ES Mulder. In die volgende jaar

is ek met Didi Dreyer getroud (dogter van wyle ds TFJ Dreyer)

In die gemeente het ek ds Gert Roos opgevolg wat 'n uitstekende en beminde predikant was. Die gemeente het

egter nog 'n aansienlike bedrag kerkskuld gehad. (so +/- £10 000) Op versoek van die kerkraad het ek onderneem

om met kollektelyste deur die hele gemeente hierdie bedrag te in. Gelukkig kon ons met die goeie gesindheid van

gemeentelede die volle bedrag in 'n kort tyd afbetaal. Hier het ek egter ook die ontnugtering beleef dat 'n kerklike

ampsdraer kerklike fondse gebruik het vir eie gewin.

In Desember 1952 het ek die beroep na die Gemeente Nigel aanvaar wat toe kort van tevore afgestig het van die

gemeente Heidelberg en deur ds Hendrik Geyser bearbei is; 'n uit-stekende en beminde predikant. Hy het vol

geesdrif onmiddellik begin met die bou van 'n kerk én 'n pastorie en na voltooiing daarvan 'n beroep aangeneem na

die Gemeente Losberg. Hy het egter 'n aansienlike groot kerkskuld van £30 000 agtergelaat. Geen wonder dat ek

kort na my bevestiging besoek ontvang het van 'n afvaardiging van die Raad van Finansies, bestaande uit ds A

Ras (voorsitter) en mnr Albert Herbst (administrateur) wat my vriendelik kom versoek het om baie ernstig en dringend

aan die betaling van hierdie kerkskuld aandag te skenk. Ek is pertinent gewys op die bankrot gemeente Kensington

wat 'n geweldige las vir die Kerk geword het en dat hulle nie nóg so 'n tamaletjie wou hê nie. Weereens, soos in die

geval van Primrose, het ons met die goeie gesindheid van al die lidmate hierdie skuld binne 3 jaar gedelg. Skaars

'n maand na die dankseggingsdiens waarby ds Ras en mnr Herbst teenwoordig was, is ek weer deur bogenoemde

twee here besoek met die vriendelike versoek om 'n beroep na die Gemeente Kensington aan te neem. Hierdie

amperse beroep het ek vriendelik van die hand gewys.

Na 11 jaar en 26 beroepe, het ons na Ottosdal verhuis, 'n gemeente waarvan ek heelwat lidmate geken het as

skoliere in die Hoërskool Wolmaransstad. Ook in hierdie gemeente, soos in die geval van Primrose en Nigel, het ek

'n uitstekende en beminde predikant – wyle ds MS Grobler opgevolg, asook 'n aansienlike kerkskuld geërf. Ook

hierdie kerkskuld het ons in 'n kort tyd gedelg, waarna ons die kerksaal gerestoreer en 'n nuwe pastorie kontant

gebou het.

Ook in dié gemeente het ons, ek en my vrou, met groot welwillendheid en ondersteuning die kerklike werk

uitgevoer en na 21 jaar in dié gemeente het ek emiritaat aanvaar en na die plaas Rhenosterspruit verhuis. Na 21

jaar van boerdery het ons afgetree en verhuis na Kleinfontein, die boere dorpie aan die oostekant van Pretoria.

Benewens my pastorale werk in drie gemeentes, het ek ook aktief meegeleef en meegewerk in verskillende rade

en komitees in breër kerkverband: voorsitter van die Raad vir die arbeid onder buitekerklikes; ondervoorsitter van

die Pensioenraad en lid van die Kuratorium. Gedurende my verblyf in die verskillende gemeentes, was ek vir jare

voorsitter van die Ring van Heidelberg asook baie jare voorsitter van die Ring van Maquassie. In die Ring van

Heidelberg, moes die Ringskommissie in opdrag van die Algemene Kommissie, spesifiek en ernstig aandag gee

aan die sendingtaak van die Kerk. Dit is algemeen bekend dat dit geen maklike taak was om hierdie opdrag in die

meeste gemeentes van die kerk uit te voer nie. Dit was geen vreemde verskynsel dat mense uit die kerk uitgestap

het as die predikant daaroor gepreek het nie.

In Standerton by geleentheid van kerkvisitasie waar ek oor die saak gehandel het, het 'n ouderling onomwonde

opgemerk dat ek Mattheus 28 maar uit die Bybel kan skeur. Op die ou end het ons tog daarin geslaag om al die

gemeentes van die Ring te oortuig om offers vir dié saak te bring.

Terwyl ek voorsitter was van die Ring van Maquassie, het ons ook weer opdrag gekry van die Algemene

Kommissie om gemeentegrense so te wysig dat kleiner gemeentes finansieel en andersins versterk kon word. Hier

het ek gevind hoe ou gevestigde gemeentes so gemeentesentries kan wees, dat hulle nie kleiner gemeentes wou

ondersteun of lewensvatbaar wil maak nie.

Nadat ek emeritaat aanvaar het, het ek nog vir 8 jaar pastorale hulp verleen aan die Gemeente Bosmansrust (in

my kleintyd Maquassie gemeente). Gedurende hierdie periode, het ons in 1988 die 100-jarige bestaan van dié

gemeente herdenk. Terloops, die kerkgebou van die gemeente se hoeksteen is gelê in 1911, dws byna 100 jaar

gelede.

Maar ook op ander lewensterreine het ek probeer om my pligte en verantwoordelikhede na te kom, soos op die

gebied van die onderwys, kultuur, plaaslike regering en gesondheidsdienste as voorsitter van Beheerrade en skoolkomitees,

Geloftefeeste en kultuurrade, Rapportryers en Volksorganisasies, Stads- en Dorpsrade as Burgemeester

van Nigel en Ottosdal (Terloops: oor 'n tydperk van twee jaar was 7 van ons leerlinge van Witpoort Laerskool 71 gelyktydig

burgemeesters van verskillende stede en dorpe in Transvaal).

Wat my gesinslewe betref: Ons het op 17 Junie 2010 ons Diamantbruilof (60 wonderlike jare) gevier. Uit ons

huwelik is 5 kinders gebore: 1 seun en 4 dogters. Uit hulle huwelike is 13 kleinkinders gebore (11 seuns en 2 dogters)

waarvan 6 klaar studeer het en Universiteitsgrade behaal het. Sewe is nog besig met hul studies. By alles het ons

onlangs Oupa- en Ouma-grooitjie geword.

Op 86 jarige ouderdom dank ek die Here vir wonderlike en gelukkige jare.

Die tydperk waarin ek my Evangeliediens in die Kerk verrig het (1949 – 1984) was 'n heel besonderse tyd in die

geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Die predikante getalle het redelik vinnig vermeerder, hoewel

daar steeds baie vakante gemeentes was en 'n predikant dikwels tot 3 gemeentes moes bearbei. Ook die getal

lidmate het vinnig vermeerder, omdat mense van die Susterkerke oorgekom het na die Hervormde Kerk.

Sedert my aftrede het ek egter gemerk dat die lidmaattal van die Hervormde Kerk al minder en minder word – in

so 'n mate dat ek bekommerd raak oor die toekoms van die Kerk as ek nie geglo het dat God self sy kerk instand

hou nie. As redes vir hierdie agteruitgang, kan ek na my beskeie mening noem: die oorgaan van baie predikante en

lidmate na die AP Kerk (waarskynlik om politieke redes); die oorloop na die charismatiese denominasies (moontlik agv

kategese tekortkominge en onvoldoende predikantsbearbeiding); ook vanweë 'n skynbare neiging om politieke

beleidsrigtings en 'n humanistiese Grondwet vriendelik en terwille te wees. (‟n Grondwet wat die humanisme vergestalt,

want nou gaan dit om die regte van die MENS, soos byvoorbeeld homoseksualiteit en die saamwoon van mense).

Ek hoop en bid dat die Hervormde Kerk deur Gods bemoeienis in Suid-Afrika sal bly bestaan!

(Hierdie kort en insiggewende lewenskets ís op versoek geskryf – Red)

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

SOUT- & PEPERPOT

– Ds PJ van der Merwe (Zoutpansberg)

Die Onse Vader en skuldbelydenis oor apartheid.

Jesus leer ons in die Onse Vader-gebed ten opsigte van ons sonde- en skuldvergifnis om te bid: "Gee ons

vandag ons daaglikse brood en vergeef ons ons skulde …".

Die vraag is nou, as God ons elke dag ons sonde vergeef, is daar dan sekere "taai sondes" wat meer as die

gebed vra, wat eers op 'n Algemene Kerkvergadering moet dien om dan daar met 'n meerderheid van stemme van

ons gemoed en van God se boekhouding te kan afkom? Sou apartheid, veronderstel, sonde wees, dan sorteer die

vergifnis daarvan tog net soos alle ander oortredings onder die vergifnisbede wat die Kerk in die Onse Vader elke

dag moet bid.

Daarom is dit duidelik dat die wyse waarop hierdie saak deur die aanvanklikes hanteer is, met God en met

sondevergifnis niks te make het nie, maar bloot 'n skynheiligheid is om aan die eise van die kommunisme te

voldoen.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

KERKNUUS

Ds CJ (Haas) Janse van Rensburg is op 4 Januarie 2010 oorlede. Onder ons predikante-geledere was daar die

afgelope tyd sommer baie sterfgevalle: drr Wilhelm Coetzer. Gerrie Bloem, di EHJEngelbrecht, HAT

Engelbrecht, JA Minnaar.

Ds WJ Roos wat op byna 92-jarige leeftyd (17 Jan) met die weduwee van ds HR Visser op 30 Oktober 2010

getroud is, het seker ‟n rekord opgestel. Baie geluk.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

PREEK

Aanskou die Rots

Lofsang: Psalm 91:1

Lees: Jesaja 51:1-6; Esegiël 16:1-14

Sing: Ps 118:6,7

Teks: Jesaja 51:1 – Aanskou die rots waaruit julle gekap is…

Broeders en Susters!

Ons het al baie preke gehoor wat jou hoendervleis gee van trots oor jou voorgeslagte van-weë hierdie teks. Veral

met Geloftefeeste was predikers lief – en noú nog met ook ander volksfeeste – om die hoorders op te roep met

hierdie teks: Aanskou die rots waaruit julle gekap is!

Die gedagte is dan om ons trots te maak op ons stoere voorgeslagte. Die bittereinders van die Driejarige Anglo-

Boereoorlog, 1899-1902, word as rotsvaste Boere gehuldig. Ons Bloedrivier-voorouers van 1838 was sulke rotse

wat rotsvas gestaan het. Ons Franse Hugenote-voorouers was sulke rotsvaste mense wat land, volk, huis en haard

vir hulle Hervormde geloof verlaat het en ook na Suid-Afrika in 1688 gevlug het. Jan van Riebeeck, ons

volksplanter in 1652, en ander Hollandervoorgeslagte as Watergeuse wat die opstand teen Spanje sedert 1572 op

‟n guerrillawyse met die oorwinning te Briel tot ‟n einde begin voer het met die Vrede van Westfalia in 1648, was

sulke klipharde maalstene vir geregtigheid.

Maar as ons na ons gemeentemense kyk, hoe ons gemeentes ontstaan en voortgegaan het, dan het ons maar

dikwels met onvaste mense, selfs ontroue mense, te doene. Selfs die kerk het in die Nuwe-Testamentiese tyd in

die eerste dissipelkring mense soos die verraaier Judas, die ongelowige Tomas, die verloënaar Petrus en ander

dergelike swakkelinge gehad. Petrus het wel die naam van rots gehad, maar verder was hy maar wankelend.

Sou ons dan in die kerk enigsins hierdie teks kon toepas: Aanskou die rots waaruit julle gekap is? Die teks

verwys tog en spreek Israel aan, die volk van God, die kerk van die Ou Testament. Só, die teks is van toepassing

op die kerk – op wie dan anders? Tog nie op volke of volkshelde buite die kerk nie!

Tog is daar ‟n probleem: Hoe kan ons in terme van ons teks roem op ons gemeentelike en kerklike verlede, op

mense? Al sou daar ook rotsvaste mense in ons gemeentelike verlede gewees het, pas menseroem en

mensverheerliking tog nie in die kerk nie! Paulus sê ook dat wie roem moet nie oor mense roem nie, maar oor die

Here (1 Kor 1:31; 2 Kor 10 en 11).

Inderwaarheid pas die beeld wat Esegiël oproep presies by die kerk – soos dit gepas het by Israel, die ou

verbondsvolk.

Israel word in Esegiël 6:9 beskuldig dat hulle ‟n ontroue gesindheid, hoerery, prostitusie, dit wil sê verbondsbreuk,

teenoor God gepleeg het. Hulle het ander gode begin dien. Hierdie gedeelte uit Esegiël wou die Skrifgeleerdes nie

eers in die sinagoge laat voorlees nie – want die veroordeling is in te krasse en uitdruklike taal! Israel se

geskiedenis word vergelyk met die skokkende en traumaverwekkende voortgaande owerspel van ‟n ontroue vrou.

Dit is juis Esegiël se bedoeling om skok en afkeur by Israel te wek oor hulle geestelike hoerery of prostitusie.

In Esegiël 16, wat ons voorgelees het, word die hoofstad, Jerusalem, die personifikasie van heel die volk Israel.

Jerusalem het soveel invloed van die Kanaäniete ondergaan, en was self ook voorheen ‟n Kanaänitiese stad. Toe

Israel Kanaän beset het na hulle uittog uit Egipte, kon hulle Jerusalem nie inneem nie. En van daaruit het die

invloed van die Kanaäniete grootliks en langdurig op Israel ingewerk.

In die buite-Bybelse sogenaamde Amarnabriewe, skryf die Hetitiese vasalkoning, Poetitjêpa, al aan sy Egiptiese

heerser, oor sy stad, Jerusalem. Toe Dawid later vir die eerste keer Jerusalem inneem sowat 1000 jaar voor

Christus se geboorte, het hy dit as ‟n Jebusiete stad ingeneem. Die Jebusiete het steeds ‟n sterk Hetitiese inslag

gehad. Arauna, wie se dorsvloer dit was waar Salomo die tempel later gebou het, en wat deur Dawid gekoop is (2

Sam 24:16-25), was ‟n Jebusiet.

As Esegiël aan Israel in die persoon van Jerusalem sê: Jou pa was ‟n Amoriet, jou ma ‟n Hetiet, bedoel hy nie dat

die volk Israel stam van die Amoriete en die Hetiete af nie, maar dat die volk via Jerusalem soveel heidens,

skadeliks en skandeliks van die Amoriete en Hetiete ingekry het, soos ‟n kind normaalweg sy pa en ma se invloed

opvang.

Die Hetiete het al van 2900 vC die Nabye-Ooste bewoon. In die tyd van Abraham, toe hy die grafspelonk

Magpela by Hebron gekoop het, was dit van die Hetiete (Gen 23; vgl Jos 1:4; 2 Sam 11:3).

Die Amoriete is reeds van 2700 vC al bekend. Hulle het ook Babilonië onder die regering van Hammoerapie

beheers. Hulle was die hoofgroep in die oeroue volksgroep wat die Hiksos genoem is en wat oor Egipte geheers

het in die tyd van Josef. In die Trans-Jordaan, dit wil sê oos van die Jordaan, herinner die name van konings Sihon

en Og (Num 21) aan die Amoriete. En in Cis-Jordaan, dit wil sê wes van die Jordaan, was ook die Amoriete die

oorheersende Kanaänietegroep toe Josua Kanaän ingeneem het (Jos 7:7).

Wanneer God die slegtekant, oorsaak ook van die ballingskap waarin hulle nou is, van Israel deur die profeet

Esegiël belig, verwys Hy na hierdie heidense invloed van Amoriete en Hetiete – so goed as pa en ma van Israel!

Die hopelose sondetoestand van Israel, oorsaak van hulle Babiloniese ballingskap, word van die pa en ma af nog

verder beskryf. Sy, Israel, was ‟n dogtertjie wat gebore is. In die Arabiese en Oosterse wêreld is die geboorte van

dogters dikwels beskou as ‟n ongeluk. Hulle is nie by ”die kinders” getel nie. Dikwels is hulle lewend begrawe.

So is aan Israel se geboorte as ‟n dogtertjie, volgens die vergelykingsbeeld van Esegiël, nie die minste sorg

bestee nie. Haar naelstring is nie afgesny nie; sy is die selfstandige lewe nie werd nie. Sy is nie met water gewas

nie! Sy is die kosbare water nie eers werd nie! Sy is nie eers soos ‟n Boesmankind in die Kalaharisand gerol nie.

Haar vel verdien nie die kosbare kwaliteite nie! Sy is nie met sout ingevryf nie – geen higiëne is vir haar nodig nie,

of die bygeloofslewensversterkende krag van sout verdien sy nie. Die ou bygeloof dat sout ‟n baba in haar of sy

latere lewe van demoniese of bose geeste vrywaar, was nie nodig geag vir dié Israelmeisie nie. Sy is net vir die

dood en die nietigheid bestem – daarom nie eers toegedraai in doeke nie! Haar einde is as ‟n wegwerpsel in die

veld vir honde en ongedierte!

Dit is die afkoms van Israel – in sy eie waarde gesien. In die volk se eie afkoms lê slegs die verdienste van

veragting, dood en vernietiging. So hoor Israel dit in sy ballingskap in Babilonië!

Maar dan staan daar ‟n wonderlike woord in Esegiël: Toe het Ek verbygekom! "Toe het Ek verbygekom en jou in

jou bloed sien spartel. Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‟Leef!‟" (Esegiël 16:6).

Dat Israel leef, dat die ou verbondsvolk, die ou kerk, leef en groei (Es 16:6,7) is alleen te danke aan die

wonderdaad van God se verbykoms en sy skeppende Woord wat wonderkragtig is, wat lewe uit die dood gebied.

Hy spreek – dit staan daar lewenskragtig, Hy roep net en dit het geskied (Ps 33:5 ou beryming).

Ook die kerk, en elke gemeente, het niks in homself en sy mense om op te roem nie. Kyk maar na die

geskiedenis van ‟n gemeente – dit is gebore van Amoriete en Hetiete – vol van heidense invloede; ‟n nikswerd

ietsie wat in bloed lê en spartel om deur die wildheid van wêreldlike ongediertes verslind te word. Die gemeentegeskiedenisse

getuig dikwels, as die waarheid nie verberg of verswyg word nie, van korrupsie, selfgelding, konflik,

ontrou, haat teenoor mekaar, mismoedigheid, eersug en so meer.

Maar: "Toe het Ek verbygekom (sê God) en jou in jou bloed sien spartel … Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed

gelê het, gesê: ‟Leef, groei‟!"

Toe God by ons verbygekom het, langs die krip van Betlehem en die kruis van Golgota het Hy genadiglik ons

gered! Ons het dus niks om oor ons self te roem nie, maar alles om oor God te roem.

Wat dan nou van Jesaja 51, ons teksvers? Die ou vertaling sê: "Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die

holte van die put waaruit julle gegrawe is " Die nuwe vertaling sê: "Gedenk die rots …" Ja, aanskou beteken

gedenk, kyk daarna, bring dit in gedagte, in herinnering, gedenk die verlede! Dit is wat ons doen om ons gemeente

se verlede, ons kerk se verlede en daarmee ons as gelowiges se verlede, te gedenk.

Die ou Griekse vertaling van die Ou Testament sê die "soliede rots". Dus: Gedenk die so-liede rots waaruit julle

gekap is, en die klipgroef waaruit julle gegrawe is!

Moet ons nou trots wees op ons voorgeslagte – soos Jesaja skynbaar sê – of moet ons ons verootmoedig in

diepe skulderkenning oor ons en ons voorgeslagte se verlede – soos Esegiël sê? Wie moet ons kies: Jesaja of

Esegiël?

Nee, beide profete is deel van God se Woord; beide profete profeteer tot die volk in balling-skap; beide profeteer

in hierdie verband presies dieselfde!

Was daar hoop vir Israel? Was hulle toekoms maar die bloedspartelende nikswerd in die verslinding deur die

wêreld? Is daar hoop vir die kerk? Is daar hoop vir ons gemeente?

“Luister na My, julle wat wil reg doen, julle wat na die wil van die Here vra …” Ja, vir diégene is daar hoop. Al

spartel ons in ons bloed, al sien geen vaders of moeders na ons om nie, al is ons ‟n verworpe nikswerd

dogterbabatjie. ”Luister na My (sê die Here): Gedenk die rots waaruit julle gekap is, en die klipgroef waaruit julle

gegrawe is …”

Abraham julle voorvader was ‟n eenling, ‟n ou man, so oud soos die berge. Self was hy geen

vrugbare groeigrond nie, maar so solied en steriel soos ‟n rots. Sara, sy vrou was by haar jare van kindersoog

verby. Sy was soos ‟n steengroef waar ‟n holte uitgekap word om reënwater op te vang. Self was sy geen fontein

meer nie, eintlik nog nooit nie! Abraham en Sara kinderloos! Verby by geboortegee, verby by die lewe! Abraham en

Sara was die klipbank, waarvan die gelykenis van die saaier ook melding maak – sonder vrugbare grond vir saad

om te groei (Mark 4:5).

Toe het Ek verbygekom, sê die Here – en al het Sara daaroor gelag, só is Isak gebore, so het Jakob ontstaan, so

het die aartsvaders en die seuns van Jakob, stamvaders van ‟n volk geword, die volk van God.

Israel se trots lê nie in sy vermoëns van die verlede nie, nie in sy helde en heldedade nie – want dié is soliede

steriele rots en fonteinlose vuil water van siekte en dood in ‟n opvangbak. Maar God het rots en waterbak deur ‟n

wonderdaad omskep! Herskep! Israel en die kerk is ‟n skepping van God – van sy wonderkrag en wondergenade!

Dat Israel na haar bloedige geboorte tog ‟n meisie geword het, is alles aan God te danke. En hierdie meisie was

in haarself maar onaansienlik. Sy het wel grootgeword. God het haar bewaar, beskerm en begenadig. Haar hare

het lank geword, haar borste styf, maar sy was kaal (Es 16:7), sy was onaantreklik, skandelik. "Toe het Ek by jou

verbygekom …" (Es 16:8), sê die Here weer.

Haar skoonheid, haar waardigheid, haar posisie as bruid van God, het van God af gekom. Sy is gebad, gesalf,

beklee, met juwele getooi en so meer – snoere, hangertjies, goud en silwer (Es 16:8-14)!

In die bloed van Jesus aan die kruis, God wat by ons verbygekom het, is ons in ons sonde-bloedgespartel

opgevang – en ons lewens gered. Dis alleen maar genade dat ons leef en groei, dat ons, die kerk, bruid van Jesus

Christus is.

Die verwoeste Jerusalem, die puinhope van Sion, die barre wêreld, sal word soos Eden, die tuin van die Here.

Daar sal vreugde en blydskap in Sion wees, daar sal gedank en gesing word (Jes 51:3). Alles aan God alleen te

danke!

Die Rots wat ons moet gedenk, is ágter die soliede, steriele rots, Abraham, en die lewelose waterbak, Sara. In

Deuterononium 32:18 staan: "Jy het jou Rots, jou Skepper, nie in ag geneem nie, die God wat jou in die wêreld

gebring het, vergeet". God is die groot Beeldhouer wat vir Hom kinders uit klippe kap (Matt 3:9).

Ons moet dus twee rotse gedenk – ‟n Rots agter of binne-in ‟n rots. Die uiterlike rots is Abraham en Sara –

sigbare mislukkings. Maar agter die mislukte rots van óns lewe, óns verlede, óns afkoms en óns geskiedenis, is

daar die Rots van die ewigheid. Oor óns moet ons ween en ons verootmoedig. Oor Hóm mag ons juig en bly wees!

Uit hierdie Rots, die hoeksteen van die kerk (Ef 2:20) wat van die wankelende rots, Petrus, se belydenis dat Jesus

die Christus die Seun van die lewende God is, die fondament van die kerk gemaak het (Ef 2:20), drink ons op die

woestynpad van ons lewe -–soos Israel gedrink het uit die geestelike rots, Jesus Christus (1 Kor 10:4).

En só sal die Here ons die hele pad versorg tot in die ewige Kanaän. Amen.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Hulle het volhard in die leer van die apostels – Hand 2:42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!