29.08.2013 Views

DAAGLIKSE GEBEDSGIDS – OKTOBER 2010

DAAGLIKSE GEBEDSGIDS – OKTOBER 2010

DAAGLIKSE GEBEDSGIDS – OKTOBER 2010

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DAAGLIKSE GEBEDSGIDS – OKTOBER 2010

Vrydag 1 Oktober 2010

Gebedsfokus op kinders: Petra College

Petra College (gestig in 1989) is 'n interkerklike Christelike opleidingskollege buite Witrivier in Mpumalanga,

ook met 'n nuwe tak in De Doorns, Wes-Kaap. Die kollege se hoofdoel is om leiers toe te rus en te mobiliseer

vir kinderbediening. Tel.: 013751 1166, faks: 013 750 0906. Privaatsak X9906, Witrivier, 1240. Webwerf:

http://www.petra.co.za of e-pos: info@petra.co.za Dank die Here vir die lig en hoop wat hierdie bediening in

soveel kinders se lewens bring. Bid asseblief vir die personeel, vir hulle gesondheid en veiligheid. Dra ook die

gesinne wat die bediening in die kollege behartig, deur gebed aan die Here op. Vra ook vir die Here se

voorsiening en wysheid sodat die werk kan voortgaan ten spyte van daaglikse uitdagings. Bid dat mense wat

met die kinders werk, doeltreffend opgelei kan word. Bid vir Geesvervulde werkers.

Gebedsfokus op gebed: Watchman’s School of Prayer

Bid vir die afgevaardigdes wat vandag strategieë bespreek om huise van gebed in elke dorp en stad in Suid-

Afrika te plant. Bid dat die Here Sy Gees in elke hart sal uitstort en hulle met groot krag en deursettingsvermoë

sal vul om die wedloop te voltooi en getrou te bly aan die roeping wat hulle die week ontvang. Bid ook vir 'n

geseënde terugreis vir elkeen. Webwerf: www.jwipn.com of e-pos: cape@jwipn.com of kontak: Lizette v

Rooyen by 076 181 7289.)

Saterdag 2 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Suid-Afrika se Godsdiensdemografie (1)

Volgens die godsdiensdemografie sensussyfers van 2001, behoort ongeveer 4% van die bevolking aan ander

godsdienste, waaronder Hindoeïsme (1.2%), Islam (1.5%), Judaïsme (0.2%) en tradisionele Afrika gelowe

(0.3%). Vyftien persent van die bevolking het aangedui het dat hulle aan geen spesifieke geloof behoort nie, of

het verkies om geen aanduiding van affiliasie te gee nie. Webwerf:

http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm Bid vir die mense wat vasgevang is in hierdie verskillende

godsdienste. Bid dat die Vader die lewende Here Jesus Christus aan elke individu op 'n baie persoonlike wyse

sal openbaar sodat hulle, in hulle persoonlike omstandighede, aangeraak sal word deur die hoop wat daar in

die Lewende Here is.

Gebedsfokus op kommunikasie: Internet gebruikers

Die wêreld het 1.7 miljard Internet gebruikers, waarvan bykans 43% in Asië is. In China alleen is daar sowat

360 miljoen Internet gebruikers. In Asië reik Trans World Radio na jong mense uit deur middel van vier

webwerwe. Gebruikers kan op hierdie webwerwe aanlyn na programme luister, MP3's aflaai, Engels leer,

inskryf vir teologiese kursusse en inligting oor geestesgesondheid bekom. Bykans 10 miljoen oudio lêers is

gedurende 2008 en 2009 afgelaai. Webwerf: https://www.twr.org/news/internet_outreach_

asia_crucial_reaching_youth Bid asseblief dat die inligting wat afgelaai word, suksesvol oor uitgebreide

gebiede versprei sal word, sodat duisende die evangelie na ander sal kan uitdra.

Sondag 3 Oktober 2010

Gebedsfokus op gesondheid: International Life Chain Sunday

Vandag gedenk Christene International Life Chain Sunday deur openlik standpunt in te neem vir die regte van

ongebore babas. Webwerf: http://www.lifechain.net Bid dat moeders wat aborsie oorweeg, hulle besluit sal

heroorweeg. Laat ons aanhou bid dat die Suid-Afrikaanse wette wat aborsie op versoek toelaat, gewysig sal

word.

Gebedsfokus op Israel: Dag van gebed vir vrede in Israel

Die dag van Gebed vir vrede in Israel word deur meer as 72 nasies op die eerste Sondag van elke Oktober

gehou met 'n oproep tot volgehoue, ywerige, ingeligte en globale voorbidding dat die Godsplan en doel vir

Jerusalem en al sy mense verwesenlik sal word. Die Bybel roep ons daartoe op om vir die Vrede van

1

Jerusalem te bid. Webwerf: http://www.daytopray.com Alhoewel ons gereeld vir Jerusalem bid, verenig

gelowiges wêreldwyd op hierdie dag in gebed om die Here te vra vir 'n deurbraak met geskille, konflik en

oorloë. En ook dat die Joodse volk Jesus Christus as hulle Verlosser/Messias sal erken en hulle lewens aan

Hom sal oorgee.

Maandag 4 Oktober 2010

Gebedsfokus op verlossing: Die bejaardes

Bid vir die mense in aftree-oorde en in versorgingseenhede. Bid dat daar vir hulle geleenthede sal wees om

selfs op aftree-ouderdom nog vir Jesus as Verlosser te leer ken. Bid dat mense daadwerklik, met die regte

benadering en met inagneming van die spesifieke omstandighede, met die evangelie na hulle sal uitreik en dat

hulle Jesus as Verlosser en Here van hul lewens sal aanneem. Bid ook dat Christen-inwoners self na hulle

mede-bejaardes sal uitreik om seker te maak dat hulle nie sonder Jesus sterf nie.

Gebedsfokus op sendingstasies: Operasie Mobilisasie(OM) – Tanganjika-meer

OM Lake Tanganjika het 'n kliniekboot geloods om die mees verafgeleë nedersettings langs die Tanganjikameer

te besoek. Mediese personeel van oor die hele wêreld sal vir kort periodes daarheen gaan om die

mense medies te help en ook om die Woord aan hulle te bedien. Bid vir goeie samewerking tussen hulle en

die plaaslike owerhede en gesondheidsdienste. Vra dat die mobiele kliniek sowel in die fisiese as die

geestelike behoeftes van die mense sal kan voorsien. OM Lake Tanganyika. Tel.: +26 097 719 9322.

Webwerf: www.goodnews2minitry.org of e-pos: gnews2@gmail.com).

Dinsdag 5 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (2) (Vervolg 2 Okt.)

Die African Independent Churches is die grootste groepering van Christelike kerke. Sowat 4,000 kerke behoort

aan dié organisasie, met 'n ledetal van meer as 10 miljoen. Aanvanklik is hierdie kerke gestig deur groepe wat

van die verskillende sendingkerke - die sogenaamde Ethiopiese kerke – weggebreek het. Die African

Independent Churches bestaan tans meestal uit Zionistiese of Apostoliese kerke maar sluit ook 'n paar

Pinkstergemeentes in. Die Zionist Christian Church is die grootste African Independent Church met 11.1% van

die bevolking wat daaraan behoort. Die African Independent Churches trek mense uit plattelandse sowel as

die stedelike gebiede. Webwerf: http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm Dra in gebed elkeen wat 'n

lid van een van hierdie kerke is, aan die Here op. Vra vir suiwer, Bybelse onderrig sonder dwaallering. Vra ook

dat elkeen opnuut weer deur die Heilige Gees aangeraak sal word, dat gedagtes vernuwe sal word met kennis

van die Here Jesus Christus en dat hulle as dissipels sal groei na Jesus se beeld, Sy roeping en Sy wil. Vra

dat hulle Sý stem sal leer ken en nie die prooi word van misleiding nie.

Gebedsfokus: Opleiding van opkomende leiers uit lande wêreldwyd

Die African Leadership Institute for Community Transformation (ALICT) bied vir die sewende keer sy driemaande

opleiding op Bergkroon, Wellington aan. Dertig leiers uit meer as 23 lande woon dit by. Bid asseblief

dat die leiers eensgesind sal wees, met onderlinge liefde en 'n bereidheid om te leer. Vra ook vir voorsiening

vir en die bewaring van hulle gesinne tydens hulle afwesigheid. Bid dat die lektore in staat sal wees om God

se hart met hulle eie lewens te demonstreer en só aan die studente oor te dra. ALICT. Posbus 25,

Stellenbosch,7599. Tel.: +27 21 887 0212. Webwerf: http://www.alict.org/ of e-pos: info@alict.org

Woensdag 6 Oktober 2010

Gebedsfokus op evangelisasie: Every home for Christ Suid-Afrika (EHCSA)

EHCSA loof die Here vir die veilige aankoms van bykans 2 miljoen boekies, Die Evangelie van

Johannes/Sewe stappe om God te leer ken, in ses tale: Xhosa, Zulu, Tswana, Sesotho, Noord-Sotho,

Afrikaans en Engels. Die boekies is van die Revival Movement Association (RMA) in Noord-Ierland ontvang.

Bid asseblief vir die verskeie koördineerders van die huis-tot-huis; skool, gevangenis, en hospitaal-projekte

wat verantwoordelik is vir die verspreiding van hierdie boekies dwarsdeur Suid-Afrika. Vra dat elkeen die

genade sal ontvang om dit te kan doen en dat die materiaal nie verlê of vermors word nie. EHCSA. Posbus

7256, Centurion 0046. Tel.: 012 663 4587. Webwerf: www.ehcsa.co.za of e-pos: info@ehcsa.co.za).

2

Gebedsfokus op evangelisasie: Hierdie geslag se passie vir Jesus

Daar was onlangs 'n lewendige beweging onder jongmense wat, nadat hulle die kragtige werking van die

evangelie ervaar het, daadwerklik reageer het op die oproep om die evangelie aan elke mens oor te dra. Hulle

oorweeg dit nie eers om as vrywilligers op te tree nie maar verkies om aktief betrokke te wees, met 'n

diepgaande sensitiwiteit vir geregtigheid. Hulle wil die suiwer evangelie oordra en mense tot geloof in Christus

lei en dissipels van alle nasies maak, sodat almal onder die heerskappy van Christus sal staan. Mission

Network News. Webwerf: http://www.mnnonline.org/article/14128 Dank die Here vir hierdie bewyse dat Hy

gebede vir jongmense beantwoord. Bid vir genade dat hulle hulle ywer sal behou en dat God volgens Sy

Woord sal klaarmaak wat Hy in en deur hulle doen.

Donderdag 7 Oktober 2010

Gebedsfokus op Godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (3) (Vervolg 5 Okt.)

Christelike kerke sluit ook die Gereformeerde Kerk-familie (sowat 6.7%) en die Rooms Katolieke Kerk (sowat

7.1%) in. By die protestantse denominasies word ingesluit die Metodiste (6.8%), die Anglikane (3.8%), die

Lutherane (2.5%), die Presbiteriane (1.9%), die Baptiste (1.5%) en die Kongregasionaliste (1.1%). Die grootste

pinkster kerke is die Apostoliese Geloof Sending, die Assemblies of God en die Volle Evangeliese Kerk. 'n

Groot aantal charismatiese kerke en nie-denominasionele kerke het in die afgelope jare ook tot stand gekom.

Die Grieks Ortodokse Kerk en die Sewende Dag Adventiste is ook bedrywig. Webwerf:

http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm Bid steeds vir die lidmate van die verskillende affiliasies. Vra

dat die Here opnuut Sy Heilige Gees op elkeen sal uitstort sodat elkeen Christus as die enigste Weg,

Waarheid en Lewe vir sy/haar lewe sal aanvaar, dat elkeen 'n diepe begeerte sal ervaar om die geskrewe

Woord van die Here te lees, te bestudeer en met groot vrymoedigheid sal verkondig, soos die oorspronklike

bedoeling was.

Gebedsfokus op mobilisasie: Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk

Bid asseblief vandag vir al die verskillende projekte van Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk oor die

hele land. Bid dat meer mense en groepe by die netwerk sal aansluit, saam sal begin bid en sal inteken op die

gedrukte boekie en die weeklikse Global Prayer Alert om op hoogte te bly van nuus en gebeure wat gebed

vereis. Vra dat die Here meer gebedskoördineerders landwyd sal wakker maak om mense aan te moedig om

by gebed in hulle dorpe en stede betrokke te raak. Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk, Privaatsak

X22, Lynnwoodrif, 0040. Tel.: 012 365 3213, faks: 012 365 3214. Webwerf: www.jwipn.com of e-pos:

info@jwipn.com).

Vrydag 8 Oktober 2010

Gebedsfokus op Landbou: Bediening aan plaaswerkers

Die Waterval Bedieningstrust bedien plaaswerkers in die Boland, Overberg, Breëriviervallei, Klein Karoo en die

Noord-Kaap reeds die afgelope 12 jaar. Elke jaar bied hulle 22 plaaswerkerkampe aan en doen dan gereeld

opvolgwerk ná die kampe. Daar is baie getuienisse van radikale herstel van verhoudings tussen plaaswerkers,

boere en gesinslede. Die volkome verlossing van dwelmmiddels en onsedelike gedrag het die geestelike

atmosfeer op verskeie plase totaal verander. Dank die Here vir hierdie getuienisse en bid steeds vir die

toevoeging van nuwe gelowiges en vir die uitbreiding van die Waterval bedieningspan. Waterval

Bedieningstrust. Tel. 021 887 3060, sel: 082 569 1103. Webwerf: www.watervalbediening.co.za en e-pos:

waterval@mweb.co.za).

HET JY GEWEET – Kerk in Indië

Die Evangelical Church of India het meer as 3 400 kerke en 13 Bybelskole in verskeie dele van Indië en hulle

doel is om 10 000 gemeentes en 100 000 huiskerke te plant. Elke dag draai honderde na Jesus! Bishop Dr.

M Ezra Sargunam, Evangelical Church of India, Nr 1, Second Street, Ormes Road, Kilpauk, Chennai, India

600010. E-pos: ecindia@vsnl.com).

Saterdag 9 Oktober 2010

3

Gebedsfokus op Godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (4) (Vervolg 7 Okt.)

Ongeveer 15% van die bevolking beweer dat hulle geen affiliasie met enige godsdienstige organisasie het nie.

Die aanname is dat baie van hierdie mense die tradisionele inheemse godsdienste aanhang. 'n Algemene

kenmerk van hierdie inheemse godsdienste is die belangrikheid van die voorvaders. Voorvaders word beskou

as deel van die gemeenskap en is as sodanig 'onontbeerlike' skakels met die geestelike wêreld en het volgens

hulle 'n invloed op ons daaglikse lewens. Navolgers van hierdie godsdienste glo dat daar mense is wat die

mag van die geeste kan manipuleer met behulp van kruie, terapeutiese tegnieke of bonatuurlike kragte.

Sommige van die praktisyns word gevrees omdat hulle as meesters van 'toorkuns' beskou word. Daar is 'n

verskil tussen sangomas en toordokters. Sangomas konsentreer, oor die algemeen, op genesing en word

daarom in 'n positiewe lig beskou. Die toordokters, daarenteen, gebruik demoniese magte om mense te na te

kom. Hoe dit ookal sy, beide sangomas en toordokters maak van demoniese magte gebruik en baie van hulle

kombineer Christelike- en tradisioneel-inheemse godsdienspraktyke.

Webwerf: http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm Dra enigeen wat by hierdie soort

godsdienspraktyke betrokke is, in gebed aan die Here op. Bid dat God (Vader, Seun (Jesus Christus) en

Heilige Gees) Homself persoonlik aan elkeen sal openbaar, dat hulle hulle lewens sal toewy aan die Lewende

God om Hom alleen te volg en te dien as die enigste ware Here.

Gebedsfokus op die omgewing: Wêreldwye waterkrisis

Na die aardbewing het Living Water Haiti sy 2010 oogmerk met 230% opgeskuif en beoog nou om 500 putte

te herstel om sodoende skoon water aan duisende te voorsien. Webwerf: http://www.water.cc/initiatives/haiti

Siektes wat deur besoedelde drinkwater opgedoen word, veroorsaak meer sterftes as oorlogswapens. Sluit

aan by duisende mense wêreldwyd en bid vandag vir deurbrake ten opsigte van die suiwering en

beskikbaarheid van skoon water wêreldwyd. Webwerf: http://www.mnnonline.org/groups/LWI Dank die Here

vir inisiatiewe wat in baie lande toegang tot skoon water reeds moontlik maak.

Sondag 10 Oktober 2010

Om die genade van God te ontvang

Gebed het baie fasette. Een hiervan is om direk met God te praat, om Sy aangesig te soek, om van Hom te

vra sodat jy kan ontvang. Deur gebed ontvang ons antwoorde op ons vrae. Hoeveel keer bid jy sonder die

verwagting om iets te ontvang? Hoe dikwels is ons gebede sonder geloof, vol klagtes en murmurering! Nader

tot God, stort jou hart voor Hom uit - ook jou klagtes, bitterheid, twyfel en woede. Praat met Hom totdat jou hart

leeg is. Staan dan voor Hom en vertel Hom wat jou behoeftes, begeertes en bekommernisse is. Herinner God

aan Sy beloftes. Bid totdat jy 'deurgebid' het. Om 'deur te bid' beteken om te bid totdat jy 'n antwoord van Hom

kry. Dit kan 'n helder 'ja' of 'nee' of 'wag' wees. Dit is gebed wat nie ophou voordat die berg beweeg het nie.

Om die seën van die Here te ontvang, moet jy Hom vertrou en wag totdat Hy beweeg. Moenie met ongeloof

en wantroue op Hom wag nie. Rus en wag op die krag van die Here se Almag en Sy heilige soewereiniteit om

op Sy tyd, op Sy manier en Sy wyse te werk. Die seën van die Here is opgesluit in Sy vele beloftes, in Sy

gewilligheid om ons te help en ons gebede te beantwoord, in Sy belofte dat niks vir ons onmoontlik sal wees

nie (Mat.17:20). Ons moet vir God vra, ons moet Hom vasgryp en aanhou klop en vra. Laat ons soos die arm

weduwee en die blinde bedelaar met diepe verootmoediging aanhou soek na Hom en Hom aanhou herinner

aan Sy beloftes. Laat ons egter terselfdertyd nooit vergeet dat Hy God en ons die mens is nie.

Gebedsfokus op nasies: Kirghistan verkiesings

In Januarie 2009, het Kirghistan - nou 49ste op die lys van lande met die ergste vervolging - die World Wide

Persecution List (WWL) 'n nuwe godsdienswet aanvaar, wat verdere beperkings op die aktiwiteite van

godsdiensgroepe en spesifiek die kerk, gelê het. Die Kirghistan algemene verkiesing, sou volgens inligting tot

ons beskikking, vandag plaasvind. Dit volg op die 2010 Kirghistan opstande, waartydens die vorige president,

Kurmanbek Bakiyev, deur die rebelle verwyder is en die interim regering, onder leiding van Roza Otunbayeva,

gevorm is. 'n Verkiesings- en 'n hervormingsplan, om die presidensiële magte in te perk en die demokrasie uit

te bou, is in April 2010 bekendgestel.

Webwerf: http://en.wikipedia.org/wiki/Kyrgyzstani_general_election,_2010 Bid asseblief vandag vir Kirghistan,

vir vreedsame verkiesings en veral vir geleenthede om die evangelie meer vrylik die land in te neem.

4

Maandag 11 Oktober 2010

Gebedsfokus op verlossing: Verstandelik gestremdes

Dra in gebed alle verstandelik gestremde mense en hulle gesinne op. Bid dat hulle geleenthede sal kry om die

evangelie van Jesus Christus te hoor, te verstaan en te aanvaar. Bid dat hulle krag sal ontvang om staande te

bly ten spyte van hulle omstandighede. Bid dat mense prakties na gesinne met gestremde kinders sal uitreik

(bv. deur aan te bied om soms na so 'n kind om te sien sodat die ouers 'n ruskans kan kry).

Wêreldwye Christenskole

Ongeveer 1.1 miljard van die kinders in die wêreld vandag weet nie dat Jesus hulle liefhet nie. Navorsing deur

Barna toon dat kinders wat die Here nie voor sewe-jarige ouderdom leer ken nie, slegs 'n 7% kans staan om

Hom wel te leer ken. Webwerf: www.barna.org of e-pos: admin@barna.org Worldwide Christian Schools is 'n

internasionale, interkerklike bediening wat hulle daarop toespits dat alle mense toegang moet hê tot 'n

Christelike opvoeding. Hulle werk saam met plaaslike bestuurstrukture om hulle doel, naamlik om Christelike

skole te vestig, te verwesenlik. Bid vir genade en befondsing terwyl hulle kragte saamsnoer met skole,

vrywillige bouspanne, onderwyseropleiding, borgskappe en skool verbeteringsprogramme. Worldwide

Christian Schools. Webwerf: http://www.wwcs.org

Dinsdag 12 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (5) (vervolg 9 Okt.)

Volgens die 2001 sensus, is ongeveer 80% van swart Afrikane, die meerderheid van die bevolking, Christene.

Van die wit bevolking is 87% Christene en bykans 1.4% Joods. Amper die helfte (47.3%) van Indiërs is

Hindoe, 49% is óf Moslem (24.6%) óf Christene (24.4%), en 3.7% val in ander kategorieë. Die meerderheid

Moslems is Indiërs of is deel van 'n multi-etniese gemeenskap in die Wes-Kaap. Webwerf:

http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm Dra vandag elke bevolkingsgroep in Suid-Afrika in gebed aan

die Here op. Bid dat Christene-in-naam werklik wedergebore Christene sal word. Bid ook dat Christene in elke

bevolkingsgroep in Suid-Afrika werklike herlewing sal beleef, dat hulle begrip van die liefde van die Here sal

toeneem en dat hulle dit met vrymoedigheid en groot empatie aan die ander lede van hulle kulturele groep sal

oordra en vertel. Bid dat hulle genade sal ontvang en dat vele hulle toevlug tot die Here Jesus sal neem.

Gebedsfokus op die gesin: Enough Is Enough (EIE) help ouers om hulle kinders te beskerm

EIE, is 'n nie-winsgewende organisasie waarvan die hoofdoel is om kinders aanlyn te beskerm. Ouers het 'n

geweldige (voel soms oorweldigend) verantwoordelikheid om hulle kinders teen pornografie, internetjagters,

kuberafknouery, perverse SMS'e en menigvuldige internet gevare te beskerm. Die Internet Safety 101

program onderrig en bemagtig ouers en ander volwassenes om kinders onder hulle sorg te beskerm. Die

materiaal kan ook gebruik word om sinvolle gesprekke met kinders te voer en hulle te leer om hulle gesonde

verstand te gebruik sodat hulle hulself teen die kwaad kan beskerm. Webwerf: www.internetsafety101.org of

e-pos: info@enough.org Dank die Here vir inisiatiewe van hierdie aard wat weer eens 'n antwoord op baie

gebede is. Bid steeds dat kinders en hulle ouers van hierdie gevare bewus sal wees en hulle oë daarvoor sal

oophou. Bid nou reeds vir die volgende geslagte wat nog meer aan hierdie booshede blootgestel sal word.

Woensdag 13 Oktober 2010

Gebedsfokus op veiligheid & sekuriteit: SA is 'n voorloper met die ontwikkeling van meer akkurate

lugverkeer opsporingsisteme

Suid-Afrika is een van die eerste lande ter wêreld wat die multi-laterasie radio opsporingsisteem vir lugverkeer

en beheer bekend gestel het. Dit kos meer as 'n derde minder as 'n sekondêre radarsisteem en kan vliegtuie

selfs meer akkuraat opspoor.

Webwerf:

http://www.sagoodnews.co.za/science_technology/sa_one_of_the_pioneers_with_more_accurate_air_traffic_tr

acking_system.html Dank die Here vir gebede wat beantwoord is oor die veiligheid van lughawens. Bid

voortdurend dat die gebruik van hierdie sisteem baie ongelukke op lughawens wêreldwyd sal verhoed.

Gebedsfokus op sending: World Mission Centre (WMC) & Live School in Indië

5

Live School is 'n DVD kursus vir die opleiding van sendelinge ('n hulpmiddel wat in Suid-Afrika ontwikkel is)

wat gewone mense help om buitengewone dinge te doen. Bid vir meer kontak met plaaslike kerke in Indië wat

bereid sal wees om die Live School kursus te gebruik om mans en vrouens op te lei om die onbereiktes en die

mins-bereikte mensegroepe te bereik. Dank God vir elke vrywilliger wat reeds hierdie opleiding ondergaan. Bid

dat nuwe gelowiges geestelik sal groei en self Jesus Christus sal begin verkondig. The Live School. Tel.: +91

988 670 3800 of +91 80 2543 1900. Webwerf: www.liveschool.org of www.worldmissioncentre.com of e-pos:

samr@liveschoolindia.org).

Donderdag 14 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (6) (Vervolg 12 Okt.)

Die Hindoegeloof, soos wat dit in die tweede helfte van die negentiende eeu na Suid-Afrika gebring is, is

meestal op rituele gebruike gebaseer. Hindoeïsme is die godsdiens met die meeste moontlike vorms in die

wêreld. In SA is die duidelikste kenmerk van hierdie diversiteit, taal. Die Suid-Afrikaanse Hindoe gemeenskap

woon hoofsaaklik in Kwazulu-Natal, maar ook in Johannesburg en is in vier taalgroepe verdeel: Tamil, Telegu,

Hindi en Gujarati. Die Tamil groep is die grootste van die vier. Net soos in Indië, gee elke groep voorkeur aan

sy spesifieke godsdienstige rituele, geloof en geskrifte. Webwerf:

http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm Neem tyd om, onder die leiding van die Heilige Gees, vir

elkeen van hierdie Hindoe taalgroepe in ons land te bid. Bid dat die Vader, Jesus Christus aan hulle sal

openbaar as die enigste weg tot die ewige lewe en dat Jesus vir hulle nie net nog een van miljoene ander

gode sal wees, soos wat baie Hindoes glo nie. Bid vir herlewing onder die Christen Indiërs wat duisende ander

na Jesus sal lei.

Gebedsfokus op kommunikasie: Internet Watch Foundation (IWF)

Die IWF is in 1996 deur die Internet industrie gestig. Hulle help Internet diensverskaffers en gasheer

maatskappye om die misbruik van hulle netwerke te verhoed met die 'neem kennis en verwyder' diens wat

hulle aanbied. Hierdie diens maak die maatskappye bewus van inhoud wat van hulle netwerke verwyder moet

word, spesifiek met betrekking tot kinderpornografie.

Webwerf: www.iwf.org.uk of e-pos: sarah@iwf.org.uk Dank die Here vir die doeltreffendheid van hierdie en

ander soortgelyke inisiatiewe. Bid ook ernstig vir kinders wat misbruik word, dat hulle genesing en herstel in

Jesus Christus, hulle Vriend en Beskermer, sal ervaar.

Vroue wat bid: Leer jou kind om te bid en God die Vader te leer ken

Kinders is gemotiveerd om oor die dinge te bid wat hulle na aan die hart lê – vriende, familie, onderwysers,

selfs troeteldiere. Ons glimlag dikwels oor die onskuld van hulle gebede, party soms taamlik ongodsdienstig,

maar dit is soos ons wil hê hulle moet bid: eenvoudig en eerlik. Soos hulle leer om na hulle hemelse Vader te

gaan met hulle daaglikse probleme en behoeftes (en sien hoe dit beantwoord word), leer kinders om op Hom

te vertrou dat Hy die Een is wat hulle en hulle geliefdes se probleme kan oplos. Hulle leer om na Hom op te

sien om vir hulle te sorg en hulle te beskerm.

Kinders bid ook nie net oor persoonlike probleme nie. Kinders so oud soos drie en vier jaar kan sensitief wees

vir armoede, honger, misdaad en egskeiding. Gememoriseerde gebede het ook hulle plek om ons kinders se

gebedslewens te bou. Die Onse Vader is 'n Bybelse raamwerk wat kinders aan gebedsonderwerpe blootstel

waaraan hulle nooit andersins sou dink nie. Kinders moet weet dat die Naam van die Here 'n sterk vesting is,

dat hulle daarin skuiling kan vind (Spr.18:10). Deur hierdie teksverse te bid, kan hulle die gevoel van

magteloosheid (baie algemeen by kinders) omkeer in die vertroue dat al is hulle klein, hulle kragtige gebede

kan bid in Jesus se Naam en dat Hy sal hulle sal help.

Dit is egter uiters belangrik om ten grondslag van al hierdie gebede, Jesus as sy/haar persoonlike Redder aan

jou kind voor te stel. Verduidelik dit by elke geleentheid van kleins af aan hulle, totdat daar 'n dag kom dat die

kind uit sy eie gereed is om Jesus in sy/haar lewe te nooi. (Sien nr. 5 en 6 hieronder).

6

Hier is nog 'n paar praktiese idees om jou te help om jou kind te leer bid, ongeag hoe oud (of hoe jonk) jou

kinders is:

1. Nooi jou kinders saam wanneer jy bid. As hulle sien hoe jy jou hart op 'n eerlike, pretensielose manier

teenoor die Here uitstort, sal dit hulle aanmoedig om dieselfde te doen. Hulle sal mettertyd agterkom dat jy

Hom persoonlik ken en dat Hy jou gered en skoongewas het met Sy bloed. Wat gaan 'n kind leer as hy jou

gebedslewe dophou?

2. Skep 'n tyd vir gesinsgebed. Dit kan 'n verlengde gebedstyd tydens maaltye wees, of met slaaptyd, of 'n

spesiale weeklikse gebedstyd. Op die manier leer kinders om te bid deur te luister, te kyk en deel te neem.

3. Laat kinders toe om deel te wees van gesamentlike gebedstye by julle gemeente. Kinders het nodig

om mense van alle ouderdomsgroepe met God te hoor praat – en ook om te hoor van die antwoorde op

hulle gebede.

4. Gee kinders visuele hulpmiddels om hulle gebede te motiveer vir dinge buite hulle eie lewenservaring

en verhoudings. Prente (soos tydskrifprente en prente van kinders in nood oral oor die wêreld) sal vir hulle

die ware nood in die wêreld wys en die soort emosionele reaksie ontlok wat nodig is om uit die hart te bid.

Vra terselfdertyd vir Sy leiding dat jou kind nie verskrik word deur lyding en 'n geestelike knou kry nie.

5. Help kinders om hulle hemelse Vader persoonlik te leer ken. Dit is die belangrikste van alles. Hulle het

nodig om te besef dat gebed 'n verhouding is, nie 'n godsdienstige aktiwiteit nie, en ook nie 'n

"towerformule" nie. Dit is belangrik vir kinders om te verstaan dat hulle tot hulle liefdevolle hemelse Vader

bid in die Naam van Jesus Christus. Leer hulle wat God se karakter is en dit sal geloof in hulle harte laat

toeneem.

6. Sodra jou kind gereed is, lei hom of haar in gebed om Jesus Christus as Here en Verlosser aan te

neem. Dit is per slot van sake die belangrikste gebed wat hy of sy ooit sal bid!

(Verkorte artikel: Cheryl Sacks, Purpose Driven Life, webwerf: www.purposedriven.com).

Vrydag 15 Oktober 2010

Gebed vir die media: Fokus op Christelike uitsending

Dit word al hoe moeiliker om Christelike Radio-stasies op die lug te hou. Selfs die Christelike televisie ervaar

meer teenstand as voorheen. Bid asseblief vir die bestuur van alle Christelike radio, televisie en Internet

uitsendings - dat die Here duidelik sal aandui hoe om hierdie uitdagings te bowe te kom en die guns van die

besluitnemers te wen. Vra ook vir die nodige finansies om voort te gaan met hierdie uitsendings waardeur

baie lewens geraak en verander kan word, deurdat mense die Here Jesus Christus leer ken. Dave Hotchkiss,

Association of Christian Broadcasters of Southern Africa (ACB) Southern Africa. Tel.: 031 767 0325, faks: 086

516 2407. Webwerf: www.acb.org.za en e-pos: info@acb.org.za

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Evangelisasie leiers wêreldwyd het die Lausanne beweging, in samewerking met die World Evangelical

Alliance (WEA), aangemoedig om die derde Lausannekongres oor wêreldevangelisasie in Kaapstad, Suid-

Afrika aan te bied vanaf 16-25 Oktober 2010. Hierdie kongres bied 'n globale forum – voor, gedurende en na

die kongres – waar leiers van oor die wêreld die vraagstukke wat die kerk moet hanteer, kan ondersoek.

Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html of

e-pos: registrar@capetown2010.com Bid asseblief vir 'n geseënde reis vir afgevaardigdes wat vandag en

môre aankom, veral vir dié vanaf die geslote lande, dat hulle die genade sal ontvang om betyds aan te kom en

dat almal eensgesind in Christus sal wees, reg van die begin van die konferensie af wat môre begin. Bid dat

hier nie net gepraat sal word nie, maar dat leiers hulle afhanklikheid van God sal erken deur biddend op God

se leiding i.v.m. vraagstukke te wag. Bid vir nederigheid en verootmoediging teenoor God en mekaar.

Saterdag 16 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (7) (Vervolg 14 Okt.)

Daar is 'n paar belangrike Hindoetempels in Suid-Afrika waar duisende Hindoes byeenkom om te aanbid en

verskillende rituele uit te voer. Webwerf: http://en.wikipedia.org/wiki/Hinduism_in_South_Africa Oorweeg

asseblief dag-en-naggebede om hierdie siele aan die Here op te dra. Bid dat die Heilige Gees met wysheid en

7

Goddelike openbaring (Jes.11:2) Jesus Christus aan Hindoes in Suid-Afrika sal openbaar, sodat elkeen 'n

persoonlike ontmoeting met die Here Jesus Christus sal hê. Daar is Hindoetempels o.a. in Durban,

Johannesburg en in Midrand.

Gebedsfokus op voedselsekuriteit: VN Wêreld Voedseldag 2010

Op 16 Oktober word Wêreld Voedseldag gevier om die tot standkoming van die Voedsel en Landbou

Organisasie van die Verenigde Nasies in 1945 te herdenk. Die organisasie wil groter bewustheid skep oor

aangeleenthede wat armoede en hongersnood betref. Daar is tans bykans 1.02 miljard ondervoede mense in

die wêreld - amper 'n sesde van die wêreldbevolking. Webwerf: http://www.altiusdirectory.com/Society/worldfood-day.php

Bid asseblief vir 'n wêreldwye vermeerdering van voedselproduksie. Ook dat

klimaatveranderings tendense in ag geneem sal word met die aanplant van nuwe kultivars in bepaalde

omgewings.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Dra asseblief die kongres, wat vandag begin, in gebed aan die Here op. Vierduisend afgevaardigdes vanaf

meer as 200 lande woon die kongres by. Bid dat die Here se tasbare teenwoordigheid op elkeen sal rus en dat

dit hulle nader aan Hom sal trek, sodat hulle Sy stem kan hoor en hulleself sal oorgee aan die leiding van die

Heilige Gees. Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html of e-pos:

registrar@capetown2010.com

Sondag 17 Oktober 2010

Vrae maar geen antwoorde nie

Meer boeke word oor pyn en die booshede van die wêreld, as oor enige ander onderwerp geskryf. Ons as

mense het nie antwoorde op die moeilikste lewensvrae nie maar soos ons ouer word, kom mens agter dat dit

moontlik is om onbeantwoorde vrae te hê en nog steeds volmaakte vrede te ervaar. Vir die Christen lê die

antwoord in die karakter van die Here. God se karakter maak nie die vrae nietig nie, maar die oomblik dat ek

my vertroue in die Here en Sy karakter stel, verdof die belangrikheid van die vrae. Die vrae word nie irrelevant

nie, maar dit word dan moontlik om in vrede en met waardigheid te lewe te midde van onbeantwoorde vrae.

Omdat ek God se karakter verstaan en persoonlik Sy liefde, genade, goedheid en heerskappy ervaar, verkry

ek vertroue, hoop en vrede. Dit is nie verkeerd om vrae te vra nie, maar wanneer daardie vrae in die lig van

God se karakter gestel word, sal jy vind dat jy vrede in jou hart kry. Oorweeg hierdie idees vir 'n rukkie in stilte.

Stort dan jou hart voor die Here uit en vra dat Hy jou hart sal verander sodat jy al hoe meer en meer van Hom

bewus sal word, Hom al hoe meer sal vertrou en jou seer en onbeantwoorde vrae in Sy sorg sal kan laat.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Afgesien van dié wat die kongres bywoon, sal duisende ander leiers ook aan besprekings oor aangeleenthede

op die agenda deelneem deur middel van Lausanne Global Conversation, asook by ander kongresbyeenkomste

deur middel van Cape Town GlobaLink. Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-

2010/cape-town-2010.html of e-pos: registrar@capetown2010.com Bid vir onbelemmerde verbindings by al

hierdie punte sodat dit vir almal moontlik sal wees om interaktief en doelgerig aan besprekings deel te neem.

Bid asseblief vir die Here se voorsiening in die alledaagse behoeftes van die afgevaardigdes en hulle gesinne

tuis, sodat hulle hulle op die kongres kan toespits. Bid dat daar nie menslike planne gemaak sal word nie,

maar dat daar na die Stem van die Heilige Gees geluister sal word.

Maandag 18 Oktober 2010

Gebedsfokus op saligmaking: Verkragters

Dit is skokkend dat kinders van so jonk as 10-12 getuig dat hulle 'n ander kind verkrag het. Baie word

verkragters omdat hulleself verkrag is toe hulle jonk was. Dra deur gebed elke persoon aan Jesus op wat 'n

ander persoon verkrag het of besig is om dit te doen, manlik of vroulik. Bid dat hulle die Here Jesus sal leer

ken as hulle Geneser, Hersteller en genadige Vergewer. Bid dat hulle gered en hulle lewens getransformeer

sal word.

8

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Bid asseblief dat die Here se Gees van wysheid en openbaring, van raadgewing en krag teenwoordig sal

wees, dat God se Gees op elkeen sal rus, sodat almal in Sy weë gelei kan word, omdat Sy weë hoër as ons

s'n is. Bid vir eenheid in besprekings, doelgerigtheid in besluite en praktiese implementering van strategieë.

Bid dat die hele konferensie die werking van die sewevoudige Gees van God sal ervaar soos Hy in Jes.11:2

geopenbaar word. Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html of e-pos:

registrar@capetown2010.com).

Dinsdag 19 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Godsdiensdemografie in SA (8) (Vervolg 16 Okt.)

Laat ons voortgaan om te bid vir hulle wat by die vooraanstaande Hindoetempels in Suid-Afrika aanbid. Bid

dat die Here Sy werkers in die oes sal stuur, geseënde werkers wat die boodskap van Liefde, Lewe en die

Opstanding van Jesus Christus kan oordra sodat die wat hoor die Ewige Lewe sal verkry. Bid spesiaal vir hulle

wat vandag in die Hindoetempels aanbid. Webwerf: http://en.wikipedia.org/wiki/Hinduism_in_South_Africa).

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Bid dat die Here Sy hart en gedagtes oor die kritiese aangeleenthede van ons tyd op wonderbaarlike wyse

aan die afgevaardigdes, leiers en die verteenwoordigers van diverse teologiese groepe, openbaar sal maak.

Bestee asseblief vandag tyd in gebed vir die daarstelling van 'n deurbraakstrategie om mense van ander

wêreldgelowe te bereik met die waarheid van die Here Jesus Christus bv. Islam, Boeddhisme, Hindoeïsme,

New Age, Satanisme en Christelike sektes. Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-

2010.html of e-pos: registrar@capetown2010.com

Woensdag 20 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (1)

Dit is moeilik om Hindoeïsme te omskryf omdat dit 'n verskeidenheid geloofsisteme bevat. Dit behels onder

andere uiteenlopende geloofsienings soos: Monoteïsme (geloof in die bestaan van slegs een godheid of die

enigheid (“oneness”) van 'n godheid), politeïsme (geloof in baie gode), triïsme (geloof in drie godhede wat ewe

magtig is en 'n drietal vorm), panteïsme (wat letterlik beteken 'god is alles' en 'alles is god'), henoteïsme (om

jouself aan een god toe te wy, terwyl die bestaan van ander gode ook aanvaar word), selfs nonteïsme (geen

geloof in die bestaan van of nie-bestaan van 'n godheid) en ook ateïsme (geen geloof in die bestaan van

gode).

Bid vir die Hindoes dat hulle sal honger en dors na 'n dieper waarheid as dié waarin hulle op die oomblik glo.

Bid dat die Here hulle, in hulle soeke, op bonatuurlike wyse sal antwoord en dat hulle na Jesus Christus sal

draai om Hom te volg as die enigste Waarheid en die enigste Weg na die Vader in die hemel.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Vas en bid steeds vandag, onder die leiding van die Here, vir die afgevaardigdes sodat hulle waarlik na Hom

sal uitroep vir Sy strategie om die Lig van Christus na nasies wat toenemend gekonfronteer word met

armoede, MIV/VIGS en vervolging, te bring. Vra asseblief ook vir groot nederigheid en Goddelike orde in alle

vergaderings, sodat vergaderings vrugte sal afwerp en daar geen misverstande van enige aard sal wees nie.

Bid vir die Here se beskerming oor elke hart en verstand sodat Christus oor hul denke sal regeer. Webwerf:

http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html of e-pos: registrar@capetown2010.com

Donderdag 21 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (2)

(Vervolg 20 Okt.)

Hindoeïsme het ses algemene sisteme of filosofiese denkrigtings. Hierdie sisteme word volgens bepaalde

ooreenkomste in drie groepe geklassifiseer, ten spyte daarvan dat hulle filosofies nie met mekaar ooreenstem

nie. Die drie groepe is: Nyaya/Vaiseshika, Samkhya/Yoga en Purva-Mimamsa/Vedanta. Vedanta se invloed is

die grootste. Vedanta beteken kulminasie of essensie van die Vedas (Hindoe geskrifte) en is een van die

hoofstrome van die Hindoefilosofie. Sommige beskou dit as 'n tipe Jnana Joga (een van ten minste vier

9

asiese joga tipes in Hindoeïsme); [die ander synde: Raja Joga, Bhakti Joga, Karma Joga]. Jnana Joga is 'n

tipe joga waar die indiwidu 'die pad van intellektuele analise' of 'die verskil tussen die waarheid en die

werklikheid' probeer naspeur. Vir ander omvat Vedanta weer al vier die ander jogas. As Christene ondersoek

ons nie die Here met ons verstand om Hom te verstaan en te analiseer nie. Ons harte is eerder op die Here

gerig sodat ons deur Sy Gees opgewek word om Sy heerlikheid en Sy Liefde te kan ervaar. Jesus sê: Ek is

die Weg en die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie (Joh. 14:6). Hy bid

ook dat die Vader hulle sal heilig deur die waarheid - hierdie waarheid is Sy Woord (Joh.17:17).

Bid dat Hindoes sal verstaan dat Jesus Christus die enigste WEG na die waarheid en lewe is. Vra dat hulle

die Bybel sal begin ondersoek en dat hulle harte en verstande ontvanklik sal wees vir die openbaring van

Jesus Christus.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Met die wêreld wat 'n 'globale dorp' geword het, verskil die bediening van die evangelie in die eerste

wêreldlande heeltemal van die bediening in die minder bevoorregte gebiede van die wêreld. Bid asseblief dat

daar begrip sal wees vir hierdie verskille en dat daar 'n bereidwilligheid sal wees om toe te gee aan dit wat

nódig is, eerder as om aan te dring op wat begéér word vir die toekoms van globale evangelisasie. Bid dat

God die strategieë sal orkestreer, en nie mense nie. Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-

2010/cape-town-2010.html of e-pos: registrar@capetown2010.com

Vrydag 22 Oktober 2010

Gemeenskapsopheffing: Valcare Trust

Valcare Trust is 'n Christelike, nie-winsgewende organisasie wat daarop ingestel is om armoede in die

Paarlvallei te verminder. Dit is 'n inligtings- en organisasienetwerk wat hulle dienste tot beskikking stel van

gemeentes, projekte of organisasies, besighede en ander diensverskaffers. Dank die Here vir elkeen wat

bereid is om uit te reik met projekte wat die lewensomstandighede van mense in die gebied verbeter. Vra dat

meer mense betrokke sal raak by hierdie projek en dat die projek baie vrug sal dra. Valcare Trust, Louie Str

2, Paarl, 7646. Tel.: 021 872 2365, faks: 021 872 2376. Webwerf: www.valcare.org.za of e-pos:

admin@valcare.org.za

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Bid asseblief vir al die besprekingsgroepe wat sake sal bespreek wat die verspreiding van die evangelie aan

verskillende nasies belemmer, bv. ongeletterdheid, armoede, seksisme, ens. Vra dat die Heilige Gees in die

harte en gedagtes van elke mens in elke vergadering sal werk, sodat die gedagtes van Christus en die hart

van die Vader in elkeen ingeprent sal word en elkeen homself/haarself aan die stem van die Heilige Gees, in

elke vergadering, sal onderwerp. Bid dat baie van die besprekingstyd aan gebed bestee sal word en ook dat

sekere mense nie besprekingsgroepe sal oorheers om sodoende hulle eie persepsies op die hele groep af te

dwing nie. Vra dat eenheid en samewerking sal getuig van die Here se teenwoordigheid.

Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html

of e-pos: registrar@capetown2010.com

Saterdag 23 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (3)

(Vervolg 21 Okt.)

In Hindoeïsme is die mees dominante van die drie skole in die Vedanta, die advaita of die nondual skool.

Hierdie monoistiese geloof leer dat daar slegs een, onpersoonlike god, Brahman, is. Vir hulle is net hy 'n

werklikheid – enigiets anders word as 'n droom of 'n illusie beskou. So is die totale fisiese heelal wat ons

rondom ons sien, dus 'n illusie - al die mense en ook die miljoene gode en godinne van Hindoeïsme, insluitend

Vishnu, Shiva and Krishna. As Christene glo ons in God drie-enig. Ons het 'n persoonlike verhouding met

God, want ons is Sy kinders en Hy is ons Vader (Jes.64:8, Matt.6:9, 1 Kor.1:3), wat ons toevou in Sy genade

(onverdiende guns) en vrede.

10

Bid vir Hindoes dat hulle sal honger en dors na 'n persoonlike verhouding met die lewende God in die hemel.

Bid vir bonatuurlike ingryping, sodat baie die waarheid van Jesus Christus en ons Vader sal ontdek, hetsy

deur die Internet, Christen getuies of op watter manier ookal.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Bid dat die dag daaraan bestee sal word om die Here met alle erns in gebed aan te roep, sodat Hy sal spreek

en Sy hart vir die nasies van die wêreld sal openbaar. Vra vir Goddelike orde in die geestelike atmosfeer van

Kaapstad en in elke afgeleë plek wat by die konferensie ingeskakel is. Bid dat alle vorme van verdrukking,

verwarring, depressie en wanhoop oor die realiteite en die feite van die huidige wêreldsituasie sal plek maak

vir die krag van die doping met die Heilige Gees, sodat werkers die gawe van geloof ontvang en tekens en

wonders sal doen. Webwerf: http://www.Lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html of e-pos:

registrar@capetown2010.com

Sondag 24 Oktober 2010

Ons houding teenoor sonde

Jerry Bridges skryf oor die strewe na heiligheid: Ons houding teenoor sonde is dikwels meer self-gesentreerd

as God-gesentreerd. Ons is meer besorg oor ons eie 'oorwinning' oor sonde as oor die feit dat ons die Here se

hart bedroef. Omdat ons so sukses georiënteerd is, kan ons dit nie verdra dat ons die stryd teen die sonde

verloor nie – dit is so 'n verleentheid vir onsself en ons trots as ons nie daarin slaag nie. Daar is dikwels 'n

subtiele, self-gesentreerde gesindheid aan die wortel van ons stryd teen sonde. Ons eerste

verantwoordelikheid is egter dat ons aan God gehoorsaam moet wees, want dit is gehoorsaamheid wat

uiteindelik tot 'n lewe van oorwinning sal lei. Oorwinning is die newe-produk van gehoorsaamheid en is Godgeoriënteerd.

Wil die Here hê dat ons suksesvol moet wees? Sekerlik. Die weg na sukses is gehoorsaamheid.

Sukses en roem is ons prioriteit, maar gehoorsaamheid is die Here se prioriteit. Ons is hoofsaaklik op onsself

en op ons eie sonde ingestel, maar ons sal nie vrykom deur op ons sonde te konsentreer nie. Die Here sê:

'Kyk na My, gehoorsaam My'. As ons dit doen, lei dit ons weg van die sonde. Die eenvoudigste manier om een

ding te oorkom, is om vir 'n ander ding 'ja' te sê. Deur die fokus te verskuif na gehoorsaamheid aan die Here,

sê jy 'ja' vir Hom en dan laat dit geen ruimte meer vir die sonde nie. (Deur Jerry Bridges met 'n paar

bykomende opmerkings). Neem 'n tydjie om hieroor te bid en na te dink. Stort jou hart voor die Here uit en vra

dat Hy jou hart sal verander sodat Hy meer sigbaar in jou sal wees.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Bestee asseblief vandag tyd aan gebed vir die Kongres sodat ooreengekom kan word oor strategieë wat

geïmplimenteer moet word vir evangelisasie in die jare vorentoe. Vra dat die Here elke hart met wysheid en

insig sal seën oor hoe om terug te gaan en strategieë in hulle eie lande, bedienings en invloedsfeer prakties te

implementeer. Bid dat nuwe verhoudings wat ontstaan het, uitgebou sal word en dat mense bereid sal wees

om mekaar te help soos nog nooit te vore nie. Bid dat mense nie eie eer sal soek nie, maar dat almal aan

God die eer sal gee.

Maandag 25 Oktober 2010

Gebedsfokus op verlossing: Skrynwerkers en stoffeerders

Skrynwerk en stoffering vereis besondere vaardighede. Bid vir die redding van skrynwerkers en stoffeerders.

Vra dat hulle Jesus Christus, wat self ook die seun van 'n skrynwerker was, met hulle hele hart sal liefkry. Bid

dat hulle met ywer sal werk en voortdurend die Here sal dank vir Sy voorsiening en liefde.

Gebedsfokus op wêreldevangelisasie: Lausanne III (2010) - kongres in Kaapstad

Dank die Here vir elke gebed wat gedurende hierdie week se Kongres beantwoord is. Bid asseblief vir elke

persoon wat op pad is huis toe, dat alles by hulle huise in orde sal wees en dat gesinsverhoudings gesond sal

wees, sodat kinders nie 'n weersin in die evangelie kry nie. Bid dat God dit wat Hy in die kongres begin het, sal

klaarmaak. Bid ook dat die Here sendelinge wêreldwyd sal doop met die Heilige Gees sodat hulle met nuwe

ywer sal werk en leef. Bid dat hulle gebede beantwoord sal word en dat wonderwerke sal gebeur, soos dat

siekes gesond sal word en mense uit die dood sal opstaan om Sy Naam te eer.

11

Dinsdag 26 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (4)

(Vervolg 23 Okt.)

'n Paar van die hoofstrome in die Hindoegeloof word algemeen aanvaar as: (1) politeïsme (geloof in baie

gode, selfs miljoene van hulle), (2) panteïsme (die geloof dat elke ding God is) en (3) monoteïsme (die geloof

dat alle realiteit 'Een' is – 'n enkele heilige essensie, enigiets wat nie hiervan deel is nie, soos bv. die fisiese

skepping, is 'n illusie). As Christene glo ons slegs in God die Vader, wat die Bron van alle dinge is en deur Wie

ons lewe en een Here, Jesus Christus, deur Wie en uit Wie alle dinge is en deur Wie ons ook bestaan (1

Kor.8:6, Amp).

Bid vir Hindoes dat hulle in hulle soeke om 'n 'god' te ken, bewus sal word van die drie-enige God van die

hemel (Vader, Seun en Heilige Gees). Vra dat hulle sal verstaan dat die Here aan hulle die ewige lewe wil

gee, dat hierdie lewe in Sy Seun is en dat die enigste manier om hierdie lewe te verkry, deur die Seun van

God, Jesus Christus is (1 Joh.4:11-12).

Gebedsfokus op die nasies: Burma/Myanmar hou verkiesings in Oktober

Met die druk van die gebedsgids is die algemene verkiesings in Burma waarskynlik aan die gang. Die

verkiesing is uitgeroep deur die militêre junta wat die land die afgelope twintig jaar al regeer. Daar is beplan

om die verkiesings in die laaste week van Oktober of in die begin van November te hou. Vandat hulle as

politieke partye geregistreer het, het kandidate sowat 6 maande gehad om stemme te verwerf.

Webwerf: http://en.wikipedia.org/wiki/Burmese_general_election,_2010 Bid asseblief vir vrede vir hierdie land,

dat God se wil sal seëvier en ook vir geleenthede om die evangelie die land vryelik in te bring.

Woensdag 27 Oktober 2010

Gebedsfokus op gesondheid: Borskanker

Tussen 3 500 en 4 000 Suid-Afrikaanse vrouens word elke jaar met borskanker gediagnoseer. Bykans 40%

van hierdie gevalle sterf aan die siekte. 'n Kwart van borskanker gevalle word voor die ouderdom van 50

gediagnoseer. In die laaste 20 tot 30 jaar is 'n toename in borskankergevalle waargeneem, selfs met

inagneming van vroeë diagnoses deur mammogramme en die ouerwordende bevolking.

Webwerf: http://health.iafrica.com/illness_condition/62436.htm Gaan asseblief voort om te bid vir deurbrake in

borskankernavorsing. Bid dat God in Sy krag mense (wat ly aan watter tipe kanker ookal) sal genees. Bid dat

vrouens nie in vrees vir borskanker sal leef nie, maar God aan Sy beloftes van genade en beskerming sal

herinner. Bid dat navorsingsuitslae nie vrouens verskrik sal laat nie, maar dat hulle soos kinders op God se

beloftes sal vertrou en Sy wonderwerke sal onthou.

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (5)

(Vervolg 26 Okt.)

Hindoeïsme sê dat Brahman 'aan die onderkant' van hierdie illusionêre heelal bestaan, in en onderaan die

materiële skepping. Die doelstellings van Hindoeïsme is dat jy jou, met behulp van verskillende praktyke, na

binne sal keer en sal ontdek dat jou ware natuur eintlik een is met die wese van god (Brahman). Hulle glo dat

die mens in sy ware innerlike wese god is. Ons as Christene weet dat ons die denke van Christus (die

Messias) kan en moet hê, maar ons is nooit, of word nooit God nie (1 Kor.2:16). Die Vader het dit wel

vooruitbepaal dat ons as Sy kinders sal deel in die beeld van Sy Seun (Rom.8:29, Amp), maar nie dat ons self

God word nie. Net soos ons in die vorm van 'n mens gebore is, so sal ons ook die beeld dra van die Mens

(Christus) van die hemel (1 Kor.15:49, Amp). Jesus is die enigste verpersoonliking van die heerlikheid van

God, Hy is die perfekte bloudruk en 'n presiese beeld van God se wese. (Heb.1:3).

Bid dat die Hindoes die insig sal verkry dat Jesus Christus die volmaakte verpersoonliking van die heerlikheid

van God is en dat ons geskep is om na Sy beeld gevorm te word en nooit om God self te wees nie. Vra dat die

Here aan hulle Sy grootheid sal openbaar en dat Hy alleen aanbid moet word, omdat niemand ooit met Hom

vergelyk kan word nie!

12

Basiese Christenwees: Die sonde waaroor niemand praat nie - Jaloesie

Dit is die titel van 'n boek deur R T Kendall. Die inhoud van hierdie artikel kom grootliks uit die boek uit. Ek

beveel sterk aan dat jy hierdie uitstekende boek lees. Jaloesie is 'n versteekte sonde. Ons praat nie daaroor

nie. Gewoonlik herken ons dit in ons harte, maar dit is te erg om te erken. Jaloesie kom orals voor: in

sakeondernemings, in die politiek, in sport, tussen skrywers en leraars en filmsterre, tussen broers en susters

en in die akademiese wêreld. Jaloesie het baie gesigte, kritiseer ander en praat negatief oor ander. Dit is altyd

besig om ons met ander te vergelyk, dit worstel met gevoelens van verwerping, dit smag na erkenning. Dit

probeer om jouself te bewys en vind dit moeilik en dikwels onmoontlik om eerlike komplimente te gee. Dit is

baie moeilik om oor die sukses van ander bly te wees. Inteendeel, ons is kwaad daaroor. Dit soek altyd na

aanvaarding en lof. Dis altyd besig om te kompeteer. Ander kenmerke is hebsug, woede en frustrasie, wrokke,

bitterheid, onvergewensgesindheid, selfsug, trots en swier. Dit wil altyd meer hê. Dit kan die foute van ander

baie duidelik raaksien. Jaloesie is nooit vaag nie. Dit is baie persoonlik. Dit is altyd gemik op iemand.

Hoe kan ek jaloesie in my lewe oorwin? Jaloesie is altyd gewortel in 'n gevoel van onbelangrikheid, van nie

goed genoeg wees nie, gevoelens van verwerping en emosionele pyn. Al hierdie dinge veroorsaak woede en

hebsug in ons harte en manifesteer op verskillende wyses in ons lewens, soos onder andere jaloesie. Die weg

tot bevryding van jaloesie, is om te verstaan dat dit belangriker is om liefgehê te word as om lief te hê. Ons

moet verstaan dat God ons liefhet. Hy het my onvoorwaardelik lief. Hy het my lief ten spyte van wie ek is. Hy

het my so lief dat Hy gewillig was om Sy Seun te gee om vir my te sterf. God se liefde maak my belangrik.

Om meer te besit en beter te wees as iemand anders mag bevredig, maar daar sal áltyd iemand wees wat

meer het as ek, of wat dinge kan doen wat ek nie kan doen nie of dit beter kan doen. Dan veroorsaak dit weer

opnuut woede wat tot meer jaloesie kan lei en gevoelens van mislukking en pyn veroorsaak. So kring dit uit en

veroorsaak baie skade aan verhoudings.

Om te verstaan, te wéét en te belééf dat God ons onvoorwaardelik liefhet, vernietig alle vorme van verwerping,

genees emosionele pyn, maak my belangrik, stel my vry om myself te wees. Ek vind nie meer my eiebelang

daarin dat ek beter is of meer as ander besit nie, maar in dit wat vir my gedoen is. Jesus het vir my gesterf.

Om jaloesie te oorwin, sal my vry maak. Dit sal my help om die lewe en ander mense te geniet en

bevredigende, kosbare verhoudings te hê. Dit sal my vrymaak om my roeping uit te leef en my verhouding met

God te geniet. R.T. Kendall stel 'n hele paar maniere voor oor hoe om jaloesie in ons lewens te oorwin.

1. Erken dit teenoor jouself. As jy dit nie erken nie, kan die proses van bevryding nie begin nie.

2. Bely dit teenoor die Here as 'n sonde en vra Sy vergifnis.

3. Beoefen totale vergifnis. In die meeste gevalle van jaloesie is daar 'n paar mense wat ons seergemaak het

en wat ons moet vergewe. Vra die Heilige Gees om vir jou enige vorm van onvergewensgesindheid uit te

wys en die spesifieke mense wat jy moet vergewe. Bid en sê vir die Here jy vergewe hulle. Waar moontlik

gaan na die persone wat die pyn veroorsaak het of iets verkeerd gedoen het en sê dat jy hulle vergewe.

4. Maak 'n voortdurende keuse om die Here se goedkeuring te soek bo die aanvaarding en komplimente van

mense.

5. Dink aan jou beloning by die regterstoel van Christus. Jou ware beloning is nie wat jy van die mense

rondom jou ontvang of nie ontvang nie.

6. Aanvaar jou roeping.

7. Aanvaar jou erfenis.

8. Laat die Here jou verdedig.

9. Rig jou gedagtes in die hemel en nie op die dinge op die aarde nie.

10. Wees dankbaar.

11. Neem 'n besluit om die Here te prys – prys Hom net. Dink net hoe baie jy het waarvoor jy God kan prys.

13

Ten slotte: Onthou jy is kosbaar, jy is uniek, jy het 'n plek om vol te staan – jy besit as kind van God

die ewige lewe. Waarom sal jy rondkyk en ander se lewens en goed beny? Jy het alles wat jy nodig

het, want jy behoort aan God wat alles besit.

Donderdag 28 Oktober 2010

Gebedsfokus op dwelm en alkohol misbruik: Alkohol bly steeds die top dwelm van jongmense

Volgens die SA Nasionale Raad vir Dwelm en Alkohol misbruik (SANCA) is daar 'n toenemende aantal tieners

wat behandeling soek vir verslawing aan alkohol. Teenstrydig met die populêre mening is dit drankmisbruik –

eerder as harde dwelms – wat die organisasie voor sy grootste uitdaging stel. Die 31 SANCA sentrums het

landwyd 10 942 hospitaal- en buite-pasiënte gedurende die 2009/10 finansiële jaar behandel in vergelyking

met die 4 210 van 2007/8.

Webwerf: http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=125&art_id=vn20100324042150605C824292

Bid vir alkohol/dwelm rehabilitasie sentrums in die land en veral vir die personeel wat elke dag met moeilike

uitdagings gekonfronteer word. Vra ook dat God dié wat die behandeling voltooi het, sal help om skoon te bly.

Nét God kan dit doen.

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (6)

(Vervolg 27 Okt.)

Onderrig oor die godheid Indra, die god van oorlog: Die mens wat hierdie god ken, verloor niks nie, al doen hy

ook wat. Selfs as hy sy ma of pa doodmaak, steel, 'n aborsie kry - watter boosheid hy ook al doen – traak dit

hom nie wanneer hy onder die invloed van hierdie god is nie. Hulle leer oor die god Krishna, die inkarnasie

van Vishnu: Selfs wanneer 'n aanhanger die afskuwelikste goed doen, word hy as heilig beskou omdat hy

'geestelik korrek geplaas' is. Die Woord leer ons dat ons as Christene ware respek aan alle mense moet

betoon, die gemeenskap van gelowiges moet liefhê, God moet vrees en eer aan ons leiers moet betoon (1

Pet.2:15, 17). Ons weet dat die Here oor die weë van ons harte waak en ons weet ook dat ons vir al hierdie

dinge voor Sy regterstoel sal verskyn (Eseg.11:9).

Bid vir die Hindoes dat God in hulle harte 'n ware insig oor wat reg en verkeerd is, sal gee (Rom.2:15). Vra

dat hulle sal begin soek na die dieper betekenis van liefde en medelye en 'n honger daarvoor sal kry. Bid dat

hulle die liefde van die Vader en die Here Jesus Christus sal teëkom in hulle daaglikse lewens en dat dit hulle

daartoe sal lei om die Lewe te kies.

Vrydag 29 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (7)

(Vervolg 28 Okt.)

Hindoe onderrig oor die Hindoe godheid Kali, godin van die natuur en die dood en ook die motivering van

struikrower bendes (dacoit) en die Thagna kultus: Sy is 'n weersinwekkende karakter met die liggaam van 'n

geraamte en oortrek met slange en kopbene. Bloeddeurdrenk, is sy omgord met afgekapte hande, haar

oorbelle is lyke! In die een hand hou sy 'n afgekapte kop, in die ander 'n swaard. As onversadigbare

bloeddrinker, dra sy 'n krans van kopbene. Ten spyte hiervan het sy 'n legio aanbidders, omdat sy ook die

sogenaamde 'Heilige Moeder' is. Vir Christene word Christus se voorkoms in Openbaring 1 beskryf – 'n

totale kontras met hierdie beeld. Christus se hele lewe en getuienis spreek van onbaatsugtige opoffering,

lyding en gehoorsaamheid selfs tot die dood, sodat die mens kan vrykom en met God versoen kan raak. God

reik na die skepping uit om dit wat verkeerd is, reg te stel – dit is nie die skepping en die mens wat probeer om

God gelukkig te maak nie. Almal wat hierdie gratis geskenk van verlossing aanvaar, hoef nie meer te probeer

om God se guns met werk te verdien nie, God het hulle vrygespreek en 'n begeerte gegee om heilig te leef.

Daar is een Middelaar tussen God en die mens, die Mens Christus Jesus, wat Homself as losprys vir almal

gegee het (1 Tim.2:5-6).

Bid vir Hindoes dat hulle 'n openbaring van die liefde van die Here sal kry en die gratis geskenk van Ewige

Lewe deur Jesus Christus. Vra dat hulle oë die heerlikheid en lewe van God sal begin sien en dat hulle daarna

sal honger en dors om die Skepper van die heelal te ontmoet. Bid dat die Here Homself aan miljoene Hindoes

wat die waarheid soek, sal openbaar.

14

Watchmen se byeenkoms in Noord-Afrika

Bid asseblief vir 'n byeenkoms van mense uit verskillende lande, wat wil leer hoe om huise van gebed in hulle

geslote lande en geïsoleerde gemeenskappe te plant, sodat hulle tot God kan uitroep vir hulle mense om tot

kennis van die Here Jesus te kom. Bid veral vir hulle veilige aankoms en tuiskoms. Bid dat hulle oop en

ontvanklik sal wees vir die stem van die Heilige Gees.

Saterdag 30 Oktober 2010

Gebedsfokus op godsdiens: Sommige van die sentrale geloofsoortuigings van die Hindoegeloof (8)

(Vervolg 29 Okt.)

Die Hindoe gode, die goeies en die slegtes, so word beweer, is hoogs ontwikkelde wesens wat jou óf 'seën' óf

vervloek. Hindoe literatuur is so uitgebreid en teenstrydig en kan op soveel verskillende maniere interpreteer

word, dat dit heeltemal onmoontlik is om dit volkome te omskryf. Die literatuur beskryf nêrens een spesifieke

waarheid nie, dit beskryf eerder die voorveronderstelde interpretasies en mistiese ervarings van die skrywers.

Omdat daar duisende leermeesters is, om nie te praat van die 30 miljoen gode nie, is daar geen einde aan die

keuses nie. As Christene glo ons dat ons niks hoef te doen om die guns van God te wen nie. Hy het ons so lief

gehad dat Hy Sy Seun gegee het om aan die kruis te sterf om elke enkele sonde en boosheid wat ons ooit kan

begaan, te bedek. Hy het dit gedoen vir elkeen wat ooit gebore is en gaan word, ten spyte daarvan dat baie

dalk nooit sal kies om Hom te volg of hierdie gawe van Hom te ontvang nie. Hierdie is een van die sentrale

geloofsoortuigings van die Christendom. Die hele Bybel, van Genesis tot Openbaring, is 'n simfonie wat

hierdie waarheid op verskillende maniere herhaal.

•Bid vir Hindoes dat hulle bewus sal word van die verwarring en teenstrydighede in sommige van hulle leringe

en onderwysings. Roep steeds tot God dat daar in hulle harte 'n honger en 'n dors na God sal wees. Bid dat

hulle die een en enigste God wat ons geskape het en liefhet, sal leer ken.

Sondag 31 Oktober 2010

Die ryk van die onmoontlike

God se ryk is die ryk waar die onmoontlike moontlik word - niks is vir Hom onmoontlik nie. Deur die krag van

die Heilige Gees kan die onmoontlike op aarde vermag word! Laat ons dan alle self-pogings opsy skuif en vra

vir die Krag van die Heilige Gees. Daar word vandag so min oor die Heilige Gees self gesê, so min van Hom

verwag en ons weet so min van Hom. Mense wil 'n 'salwing' ontvang, hulle wil Sy 'gawes' hê, hulle wil Sy krag

hê. Wanneer ons hiervoor vra, wil ons dit regtig hê om Hom te verkondig of vra ons dit vir ons eie roem? Is dit

moontlik dat ons Sy krag, gawes en salwing eerder wil hê om my kerk en bediening te bevorder, sodat mense

van my kan goed praat? Ons het dikwels nie die Heilige Gees nodig nie omdat ons net die dinge aanpak wat

menslik moontlik is. Maar die koninkryk van God se funksie is juis in die ryk van dit wat menslik onmoontlik is

en daarvoor het ons die Persoon, die Heilige Gees nodig. As Christene dien ons 'n bonatuurlike God. Ons

behoort buitengewone lewens te hê, dit word van ons verwag om buitengewone dinge te doen, ons word

geroep om onder onmoontlike omstandighede te lewe en om demoniese magte wat meer krag as ons het, te

beveg. Sonder die Heilige Gees as Persoon se inwoning, leiding en magtige werking binne ons, sal nie een

van hierdie dinge moontlik wees nie. Laat ons dan na die Here terugkeer en vra vir Sy volheid en vir die

doping met die Heilige Gees, sodat ons kan lewe soos God wil en die menslik onmoontlike kan vermag, omdat

Hý dit dan doen en nie ons nie! Oorweeg hierdie gedagtes vir 'n oomblik in gebed. Stort jou hart voor die Here

uit en vra Hom om jou hart te verander sodat Hy meer en meer deur jou sigbaar sal word.

Gebedsfokus op nasies: Die herstel van Zimbabwe

Kinders word hier dikwels in uiters moeilike omstandighede groot. Christen studente word gearresteer en

mishandel wanneer hulle probeer standpunt inneem vir dit wat reg is. Webwerf:

http://www.alertnet.org/thenews/fromthefield/218275/127149260231.htm Bid vir die kinders in Zimbabwe wat

so onregverdig swaarkry. Vra dat die Here hulle sal beskerm en Christene wat oor die middele beskik, sal

oproep om prakties hulle nood te verlig. Children at Risk Prayer News. Webwerf: http://www.viva.org/ of epos:

pray@viva.org Bid ook dat Christene in hierdie verwoeste land hulle met die Here hulle God sal omgord

(1 Sam.30:6) en hulle land sal heropbou.

15

Fokus op die Vervolgde Kerk

Gedurende November fokus ons deur gebed op die Vervolgde Kerk, veral op lande waar Christene vervolg

word. Elke jaar stel Geopende Deure nuwe inligting vry oor lande wat Christene vervolg. Die World Watch List

(WWL) is 'n ranglys van 50 lande waar vervolging van Christene vir hulle geloof die ergste is. Hierdie lys

publiseer inligting oor die vervolging van Christene in alle denominasies oor die hele wêreld. Die fokus is op

vervolging vir geloof, nie vervolging om politieke, ekonomiese, sosiale, etniese of toevallige redes nie. Ons

gaan hierdie maand deur sommige hiervan bid. Dink asseblief daaraan om die hele lys af te laai en in 'n

gebedskamer vir November op te sit. Kom ons roep eendragtig uit na die Here ter wille van hulle wat nie in

hulle eie lande 'n stem het nie. Hierdie jaar is die top 10 lande waar Christene vervolg word, die volgende: (1)

Noord-Korea, (2) Iran, (3) Saoedi-Arabië, (4) Somalië, (5) Maledive, (6) Afghanistan, (7) Jemen, (8)

Mauritanië, (9) Laos, (10) Oesbekistan.

Fokus op Bybelvertaling

Gedurende November fokus ons ook op gebed vir die bespoediging van Bybelvertalings reg-oor die wêreld,

veral vir tale in geslote lande. Marteling van Christene is so oud soos die kerk self. Jy weet dalk bv. nie dat

ongeveer 165 000 gelowiges jaarliks vir hulle geloof gemartel word nie. (Bron: World Christian Encyclopaedia).

Maandag 1 November 2010

Gebedsfokus op verlossing: Prostitute

Mans en vrouens wat hulle liggame vir geld verkoop, hou dikwels glad nie daarvan om dit te doen nie. Bid vir

hierdie mans en vrouens. Bid vir hulle redding: dat hulle in „n persoonlike verhouding met die Here Jesus sal

kom en Hom sal volg en dat Hy sal ingryp sodat hulle „n ordentlike werk kan kry en die vermoë sal hê om hulle

lewenstyl te verander.

Gebedsfokus op Bybelvertaling: Papoea-Nieu-Guinee

Toe die nuwe aanloopbaan in Megamanau, Papoea-Nieu-Guinee ingewy en geopen is, het die bewoners fees

gevier! Die aanloopbaan is noodsaaklik vir die in- en uitvlieg van vertalers, vir vrywilligers en vir voorrade.

Twee vertalers het die vertaling van die vier Evangelies en Handelinge afgehandel en die nuwe aanloopbaan

gaan „n geweldige groot hulp wees vir hulle werk aan die voltooiing van die Skrif. Webwerf:

http://www.MNNonline.org/article/13933 Dank die Here vir die vordering van die vertaling van die Bybel in

Papoea-Nieu-Guinee. Vra asseblief die Here vir werkers in die oesland, dat al die tale in die land wat nog nie

„n Bybel het nie, binnekort „n Bybelvertaling sal hê.

Dinsdag 2 November 2010

Gebedsfokus op die omgewing: Water vir die toekoms

Suid-Afrika is besig om sy watervoorraad vir die toekoms te verseker deur die voltooiing van sewe nuwe

watervoorsieningsprojekte teen 2014. Dit sluit in die Mokolo-uitbreidingsprojek wat water moet voorsien aan

die Medupi-kragstasie in Lephalale in die Limpopo-provinsie asook die Mooi-Mgeni Oordragskema wat die

konstruksie van die Spring Grove dam in die omgewing van Thekwini/Durban en Umgungundlovu in KwaZulu-

Natal insluit. Ook word „n konsepbeleid ontwikkel vir die ontsouting van seewater. Webwerf:

http://www.sagoodnews.co.za/environment/sa_will_focus_on_ensuring_water_for_the_future.html) Dank die

Here vir die voorgenome projekte. Doen asseblief voorbidding dat bronne effektief en doelgerig gebruik sal

word. En ook dat elkeen van hierdie projekte binne die begroting en betyds, sonder probleme voltooi sal word.

Gebedsfokus op Bybelvertaling: Noodsaaklike werkstuk vir evangelisasie en kerkplanting

Bybelvertaling verseker dat die evangelieboodskap nie vervals word of verdwyn nie. Dit verseker dat die lering

van Jesus en sy dissipels van een generasie na „n volgende oorgedra kan word en van een kultuur na „n

ander. Dit rus ook ou en nuwe gelowiges toe met die akkurate lering van Jesus vir die hele lewe en vir alle

lewenspraktyke. Dit is noodsaaklik om die waarheid te ken voordat ons dit kan gehoorsaam en daarvolgens

kan lewe. Die Skrif is „n noodsaaklike komponent vir evangelisasie, vir kerkplanting en geestelike groei op

kerk- en gemeenskapsvlak. Wycliffe Prayer Focus Bulletin. Webwerf: www.wycliffe.net of e-pos:

16

Personnel_Southafrica@wycliffe.org Bid asseblief vir die vertaling van die Bybel in elke taal wat nog „n

vertaling van die Bybel nodig het. Bid dat gelowiges die krag van die Woord sal ken, sal groei tot

volwassenheid en die Koninkryk sal uitdra.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!