Die Bybel is Waar pdf - Ecclesia

Die Bybel is Waar pdf - Ecclesia Die Bybel is Waar pdf - Ecclesia

ecclesia.co.za
from ecclesia.co.za More from this publisher
13.05.2013 Views

Die frase “Woord van God” kom dikwels voor en is altyd besonder betekenisvol. Stellings soos “So spreek die Here”, “God het gesê” en dergelike uitdrukkings kom meer as 2,500 maal in die hele Bybel voor. Die Skrif moet dus ontvang word in der waarheid, nie as die woord van ‘n mens nie, maar as die Woord van God. Die Bybel is in der waarheid soos hy daarop aanspraak maak, nie ‘n natuurlike Boek nie, maar ‘n bo-natuurlike, en deur God ingegee, die Woord van God voorwaar. Dit is die onmiskenbare taal van die Bybel. Die Bybel verskil van alle ander godsdienstige boeke daarin dat dit ook gerugsteun word deur baie onomstootbare feite en bewyse. Baie van hierdie feite gaan ons in hierdie boekie behandel. Daar is byvoorbeeld: Profesieë wat honderde en selfs duisende jare vantevore gemaak is, en letterlik tot vervulling gekom het. (Sommige hiervan behandel ons meer in besonderheid in ons boekies en boeke soos: “Rusland in Profesie”, “Joël - Sy Profetiese Boodskap en Waarskuwing”, “Die Boek van Openbaring”, “Die Verlore Tien Stamme van Israel”, “Die Wederkoms van Christus”, “Die Groot Verdrukking”, en andere) Die wetenskaplike juistheid van die Bybel, sy geskiedkundige juistheid soos bewys deur die argeologie, die wonderbaarlike eenheid van die Bybel, sy onuitputlike dieptes, sy onvernietigbaarheid, sy onoortreflike lering, sy ongeëwenaarde invloed, die afwesigheid van een enkele weerspreking, die getuienis van die Here Jesus self, die karakter van Christus, die getuienis van sy invloed op ‘n mens se persoonlike lewe, en nog baie meer. Een van die wonderlikste en mees onomstootbare bewyse, naamlik die Numeriese en Matematiese struktuur wat die Bybel in die oorspronklike tale ten grondslag lê, is deur die Russiese wetenskaplike, Ivan Panin, aan die einde van die vorige eeu ontdek. Ons sal ‘n kort opsomming daarvan in hierdie boekie gee, maar later D.V. ‘n volledige artikel daaroor skryf. “Slegte mense of duiwels sou nie die Bybel geskryf het nie, want dit veroordeel hulle en hulle werke. Goeie mense, of engele, kon die Bybel nie geskryf het nie, want deur te sê dat dit van God was terwyl dit hulle eie verdigsel was, sou hulle aan valsheid skuldig gemaak het, en kon hulle dus nie goed wees nie. Die enigste wese wat nog oorbly wat dit kon geskryf het, is GOD” - Flavel. Alhoewel die Bybel deur ongeveer veertig mense oor ‘n periode van ongeveer sestienhonderd jaar geskryf is, is daar nie een enkele weerspreking of verandering van tema nie. Om hierdie inleiding mee af te sluit, haal ons die volgende aan uit: “Vrytraktaatjie Nr.149 van die Christelike Uitgewersmaatskappy”: 4

Die Bybel bevat: 1) Die doel van God, Die toestand van die mens, Die weg tot saligheid, Die oordeel van sondaars, En die geluk van gelowiges. 2) Sy leringe is heilig, Sy voorskrifte is bindend, Sy geskiedenisse is waar, En sy besluite is onveranderlik. 3) Lees dit om wys te wees, Glo dit om veilig te wees En be-oefen dit om heilig te wees. 4) Dit bevat lig om jou te lei, Voedsel om jou te onderhou, En troos om jou op te ruim. 5) Dit is die reisiger se kaart, Die pelgrim se staf, Die loods se kompas, Die soldaat se swaard, En die Christen se karakter. 6) Hier vind jy die Paradys teruggebring, Die hemel geopen, En die poorte van die hel geopenbaar. 7) CHRISTUS is die groot Onderwerp, Ons welsyn sy oogmerk, En die eer van God sy einddoel. 8) Dit moet die geheue vul, die hart regeer, en die voete rig. 9) Lees dit langsaam, dikwels en biddend. Dit is ‘n myn van rykdom, ‘n Paradys van heerlikheid, En ‘n rivier van genot. 10) Dit word aan jou gegee in die lewe, Sal geopen word in die Oordeel, En sal vir ewig onthou word. 11) Dit behels die hoogste verantwoordelikheid, Beloon die hardste werk, En veroordeel almal wat sy heilige inhoud lig opneem.” Lees self weer 2 Timótheüs 3:16. 5

“Die Bybel bevat:

1) Die doel van God,

Die toestand van die mens,

Die weg tot saligheid,

Die oordeel van sondaars,

En die geluk van gelowiges.

2) Sy leringe is heilig,

Sy voorskrifte is bindend,

Sy geskiedenisse is waar,

En sy besluite is onveranderlik.

3) Lees dit om wys te wees,

Glo dit om veilig te wees

En be-oefen dit om heilig te wees.

4) Dit bevat lig om jou te lei,

Voedsel om jou te onderhou,

En troos om jou op te ruim.

5) Dit is die reisiger se kaart,

Die pelgrim se staf,

Die loods se kompas,

Die soldaat se swaard,

En die Christen se karakter.

6) Hier vind jy die Paradys teruggebring,

Die hemel geopen,

En die poorte van die hel geopenbaar.

7) CHRISTUS is die groot Onderwerp,

Ons welsyn sy oogmerk,

En die eer van God sy einddoel.

8) Dit moet die geheue vul,

die hart regeer,

en die voete rig.

9) Lees dit langsaam, dikwels en biddend.

Dit is ‘n myn van rykdom,

‘n Paradys van heerlikheid,

En ‘n rivier van genot.

10) Dit word aan jou gegee in die lewe,

Sal geopen word in die Oordeel,

En sal vir ewig onthou word.

11) Dit behels die hoogste verantwoordelikheid,

Beloon die hardste werk,

En veroordeel almal wat sy heilige inhoud lig opneem.”

Lees self weer 2 Timótheüs 3:16.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!