Die Bybel is Waar pdf - Ecclesia

Die Bybel is Waar pdf - Ecclesia Die Bybel is Waar pdf - Ecclesia

ecclesia.co.za
from ecclesia.co.za More from this publisher
13.05.2013 Views

Wie het hierdie merkwaardige numeriese ontwerpe beplan en uitgevoer? Wie net hulle in die basiese struktuur van die grondteks van die Bybel geplaas. Die duisende van volmaakte patrone en ontwerpe moes in die Skrif ingekom net deur middel van een of ander “intelligensie”. Dit kon alleenlik maar ‘n menslike of ‘n bo-menslike of goddelike intelligensie gewees het. Was hierdie merkwaardige numeriese ontwerpe deur die manne wat die verskillende Boeke van die Bybel geskryf het , beplan? Dit is onmoontlik. Indien enigiemand ‘n verstaanbare opstel van 300 woorde kon skryf waarin dieselfde ontwerpe en skemas van 7 voorkom as in die eerste sewentien verse van Matthéüs, sou hy homself as ‘n wonder bewys as hy dit in ses maande doen. Indien ‘n persoon dieselfde kon doen in 161 woorde met dieselfde patroon as in Matthéüs 1:18-25, dan sou hy homself as ‘n nog groter wonder bewys as hy dit binne drie jaar kon regkry. Geen sterfling sal in ‘n leeftyd van ‘n honderd jaar die ontwerp kon namaak wat in maar net een enkele Boek van die Bybel aangetref word. Dit moet onthou word dat elke bykomstige sin die probleem om hierdie numeriese eienskappe te konstrueer, volgens die wet van ‘n meetkundige reeks vergroot, want elke bykomstige paragraaf moet so ontwerp word dat die vasgestelde numeriese verhoudings sal nakom wat pas by nie net wat voorafgegaan het nie, maar ook by dit wat nog moet volg. Elke bykomstige letter, woord en sin maak die hele saak gedurig oneindig meer ingewikkeld en omvattend. U moet ook onthou, geagte leser, dat baie van die skrywers van die Bybel manne was wat uit maar baie gewone lewenswandelinge kom - manne wat baie min, indien enige, skoolopleiding gehad het. Hoe kon Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes byvoorbeeld ooit eers probeer het om die harmonieuse numeriese eienskappe en ontwerpe wat in hulle boeke as geheel aangetref word in elke afdeling en onderafdeling, sinne, woorde, letters in te bou? Onmoontlik! ‘n Sekere Dr. D. B. Turney het probeer om ‘n stukkie te skryf wat sommige van hierdie eienskappe bevat. Hy sê: “Ek het numeriese waardes aan die alfabet gegee, en probeer om iets te skryf wat aan die numeriese vereistes sou voldoen, wat elke afdeling ‘n veelvoud van sewe sou maak, en ook al die ander eienskappe van die Bybelse aritmografie sou bevat, sonder om die betekenis van die stuk in absolute onsin te laat verval. Ek kon nie daarin slaag nie, en tog word dit gedoen in elkeen van die duisende paragrawe van die Bybel sonder die minste sigbare inspanning”. Om net nog een van baie ander bewyse te noem, wat bewys dat die numeriese 22

ontwerp van die Bybel onmoontlik nie deur die skrywers self beplan kon gewees het nie: Die dubbele ontwerp van sewes in die naam van Moses. Dit moet onthou word dat die skrywers nie in dieselfde tyd geleef het nie - hulle leeftye is baie jare van mekaar verwyder. Daar is ‘n periode van 1600 jaar tussen die eerste en die laaste boek van die Bybel. Dit moet ook onthou word dat die 66 boeke van die Bybel deur 33 verskillende persone geskryf is. Boonop was hierdie persone oor verskillende lande van die wêreld versprei, en was hul agtergrond heeltemal verskillend. Hoe kon hierdie manne die verspreiding van die naam “Moses” dwarsdeur die hele Bybel beplan het om aan hierdie merkwaardige numeriese patroon te voldoen? Hoe het elke skrywer geweet om oor 1600 jaar hulle woorde so te kies dat wanneer alles klaar geskryf is, dit net mooi deelbaar deur sewe sou wees? Die ganse Bybel is van Génesis tot Openbaring op duisende maniere deur hierdie aaneenlopende manier aanmekaar gekoppel. Dit voeg bymekaar in paragraaf met paragraaf, boek met boek, en die Ou Testament met die Nuwe Testament. Die numerieke van die Ou Testament en die Nuwe Testament vorm saam wonderbaarlike harmonieuse patrone, wat sou uitmekaarval as die een of die ander weggelaat word. Die Ou Testament was voltooi 400 jaar voor die Nuwe Testament begin het, en tog vorm die twee saam een volledige openbaring. Hulle stem volkome saam - beide is deel van een harmonieuse geheel. Die Bybel is die enigste Boek wat volgens ‘n wonderbaarlike numeriese patroon saamgestel is. Daar is geen ander boek bekend in die hele wêreld wat volgens hierdie of enige ander matematiese patroon geskryf is nie. Selfs die Apokriewe Boeke bevat nie hierdie patroon nie. Baie mense het baie jare deurgebring om die ou klassieke van die Ou Grieke deur te soek, maar kon geen patroon vind nie. Dit is dus duidelik dat die Bybel nie die werk is van baie breinkragte nie, maar die van net Een Groot Outeur, naamlik God. Alleen die Alomteenwoordige Alwetende en Almagtige God kon so ‘n Boek deur die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het. En as ons dan nog besef dat Jesus Christus self die Woord is wat vlees geword en onder ons kom woon het, dan word ons nog meer deur hierdie groot Wonder oorweldig en tot aanbidding laag aan sy voete gebring. Dradtye: Mens 280 dae; Skaap 147; Leeu 98; Hond 63; Kat 56; Haas en Rot 28; Muis 21; Eend 28; Hen 21. Almal deelbaar deur sewe. Einde. 23

Wie het hierdie merkwaardige numeriese ontwerpe beplan en uitgevoer?

Wie net hulle in die basiese struktuur van die grondteks van die Bybel geplaas.

Die duisende van volmaakte patrone en ontwerpe moes in die Skrif ingekom net

deur middel van een of ander “intelligensie”. Dit kon alleenlik maar ‘n menslike of

‘n bo-menslike of goddelike intelligensie gewees het.

Was hierdie merkwaardige numeriese ontwerpe deur die manne wat die

verskillende Boeke van die Bybel geskryf het , beplan?

Dit is onmoontlik. Indien enigiemand ‘n verstaanbare opstel van 300 woorde kon

skryf waarin dieselfde ontwerpe en skemas van 7 voorkom as in die eerste

sewentien verse van Matthéüs, sou hy homself as ‘n wonder bewys as hy dit in

ses maande doen.

Indien ‘n persoon dieselfde kon doen in 161 woorde met dieselfde patroon as in

Matthéüs 1:18-25, dan sou hy homself as ‘n nog groter wonder bewys as hy dit

binne drie jaar kon regkry.

Geen sterfling sal in ‘n leeftyd van ‘n honderd jaar die ontwerp kon namaak wat in

maar net een enkele Boek van die Bybel aangetref word. Dit moet onthou word

dat elke bykomstige sin die probleem om hierdie numeriese eienskappe te

konstrueer, volgens die wet van ‘n meetkundige reeks vergroot, want elke

bykomstige paragraaf moet so ontwerp word dat die vasgestelde numeriese

verhoudings sal nakom wat pas by nie net wat voorafgegaan het nie, maar ook by

dit wat nog moet volg. Elke bykomstige letter, woord en sin maak die hele saak

gedurig oneindig meer ingewikkeld en omvattend.

U moet ook onthou, geagte leser, dat baie van die skrywers van die Bybel manne

was wat uit maar baie gewone lewenswandelinge kom - manne wat baie min, indien

enige, skoolopleiding gehad het. Hoe kon Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes

byvoorbeeld ooit eers probeer het om die harmonieuse numeriese eienskappe en

ontwerpe wat in hulle boeke as geheel aangetref word in elke afdeling en

onderafdeling, sinne, woorde, letters in te bou?

Onmoontlik!

‘n Sekere Dr. D. B. Turney het probeer om ‘n stukkie te skryf wat sommige van

hierdie eienskappe bevat. Hy sê: “Ek het numeriese waardes aan die alfabet

gegee, en probeer om iets te skryf wat aan die numeriese vereistes sou voldoen,

wat elke afdeling ‘n veelvoud van sewe sou maak, en ook al die ander eienskappe

van die Bybelse aritmografie sou bevat, sonder om die betekenis van die stuk in

absolute onsin te laat verval. Ek kon nie daarin slaag nie, en tog word dit gedoen in

elkeen van die duisende paragrawe van die Bybel sonder die minste sigbare

inspanning”.

Om net nog een van baie ander bewyse te noem, wat bewys dat die numeriese

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!