06.05.2013 Views

die keuse van die regte entstof - Landbou.com

die keuse van die regte entstof - Landbou.com

die keuse van die regte entstof - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die beheer van pasteurellose: die keuse van die regte entstof

Die beheer van herkouer asemhalingsiektes, deur pasteurellose veroorsaak, het sedert

die 1990’s meer effektief geword vanweë die verbeterde entstowwe wat vir beeste en

skape ontwikkel is.

Daar heers egter verwarring, omdat die kennis wat die verbeterde entstowwe

opgelewer het, meegebring het dat ‘n aantal taksonomiese (benamings) veranderings

in die hele Pasteurella groep aangebring moes word. Die taksonomiese veranderings

het hand aan hand met die ontdekking van toksienes (gifstowwe) en ander skadelike

faktore gegaan. Alle nuwe ontdekkings is op die toeligting van molekulêre verskille

en ooreenkomste van die Pasteurella bakterieë gebaseer.

Die eerste Pasteurella entstowwe was op serotipes gebaseer. Die mees algemene

serotipe wat siektes by beeste in Suid-Afrika veroorsaak, was Pasteurella haemolytica

serotipe 1, en veel minder siektegevalle deur serotipes 6 en 14. Dit was dus

aanvaarbaar om ‘n entstof te vervaardig wat serotipe 1 bevat het en te vertrou dat die

meeste ingeënte beeste daardeur beskerm sou wees.

Om skape te beskerm, was baie meer ingewikkeld. Amper al 17 erkende serotipes van

Pasteurella haemolytica veroorsaak siektes in skape, en die voorkoms wissel van jaar

tot jaar en van distrik tot distrik. Die maksimum voorkoms van enige enkel serotipe,

was 9%, wat ‘n baie klein beskermingskoers beteken indien ‘n enkel stam entstof

gebruik is. Serotipes wat algemeen onder skape in Suid-Afrika voorkom is 2, 5, 6, 9

en 15. Serotipes wat selde voorkom, is 3, 11 en 13. Die ander serotipes kom tussenin

voor.

Pasteurella multocida kom minder in beeste en skape voor as P. haemolytica en

siekte is gewoonlik as gevolg van tipe A in herkouers. Tipe D is ook teenwoordig,

maar kom baie minder algemeen voor. Van die twee tipes wat bloederige septisemie

(bloedvergiftiging) veroorsaak, is tipe E baie seldsaam en tipe B is nog nooit in Suid-

Afrika aangemeld nie, alhoewel dit in Namibië en Zimbabwe voorgekom het.

Eenvoudige toksoïed (geïnaktiveerde gifstof) entstowwe vir P. multocida beskerm

goed, aangesien daardie entstowwe op die kapsule van P. multocida gebaseer is.

Pasteurella multocida het gewoonlik ‘n prominente kapsule, maar die kapsule van

Mannheimia (Pasteurella) haemolytica is nie so goed ontwikkel nie.

Die enigste beskikbare entstof in Suid-Afrika wat P. multocida bevat, is die

Onderstepoort Biologiese Produkte Pasteurella entstof vir beeste (G 0478). Dit bevat

tipes A, D en E, sowel as Pasteurella haemolytica, nou bekend as Mannheimia

haemolytica, tipe A1.

Die aanvanklike P. haemolytica entstowwe, wat eenvoudige toksoïede was, het twee

beperkings gehad.

Die eerste beperking was dat hoe meer serotipes ingesluit is, hoe swakker die

beskerming teen al die stamme was. Die maksimum aantal stamme wat

ingesluit kon word, was vyf.

Die tweede beperking was a.g.v. die endotoksiese vlak van toksoïede

entstowwe, wat tot skokreaksies kon lei. Onder sulke omstandighede het

endotoksien teenstrydig aanleiding gegee tot die verergering van

longontsteking, in plaas daarvan om beskerming daarteen te verleen, sodra

diere in kontak met aansteeklike dosisse van Pasteurella gekom het.

Om hierdie probleme te bowe te kom, is die skadelike faktore van die Pasteurella

groep deur navorsers ondersoek. Een sodanige skadelike faktor is leukotoksien (‘n

gifstof wat deur Pasteurellakieme afgeskei word om witbloedselle te vernietig), wat

tot baie suksesvolle entstowwe vir beeste gelei het. Leukotoksien vernietig herkouers

se neutrofiele en in mindere mate ook ander witbloedselle. Neutrofiele word makliker

deur leukotoksien vernietig as die dier hoë kortisoonvlakke het, m.a.w. wanneer die

dier onder stres verkeer. Die leukotoksien gene is baie polimorfies (verskillende

vorms) en varieer in ‘n mosaïekagtige struktuur tussen die verskillende stamme van

die Pasteurella groep.

Die gebruik van molekulêre metodes het vasgestel dat die Pasteurella groep baie

meer uiteenlopend is as wat aanvanklik vermoed is en dat die lede van die groep nie

net een genus vorm nie. Pasteurella multocida is eerste beskryf en behou daarom die

naam Pasteurella. Meeste van die oorspronklike Pasteurella haemolytica stamme is

nou bekend as Mannheimia, wat verdeel is in M. haemolytica, M. granulomatis, M.

glucosida, M. ruminalis en M. varigena. Die ou metode van serotipering is steeds

geldig, maar moet op ‘n nuwe manier geïnterpreteer word. Mannheimia haemolytica

sluit 12 van die oorspronklike 17 serotipes in, M. glucosida stem met die ou tipe 11

ooreen, en die ander kon nie volgens die ou serotiperingskema in tipes verdeel word

nie. Hierdie Mannheimia stamme word almal met asemhalingsinfeksies geassosieer,

behalwe M. rumenalis, wat deel van die normale flora is. Van hierdie tipes is slegs M.

haemolytica ‘n algemene en ernstige patogeen (veroorsaak siekte) in beeste en skape

en stem ooreen met meeste van die ou Pasteurella haemolytica A serotipes. Die

stamme wat voorheen bekend was as P.haemolytica T stamme, staan nou bekend as

Bibersteinia trehalosi en hulle is patogenies in skape. Hulle sluit die ou serotipes 3, 4,

10 en 15 in. Die leukotoksiese mosaïek word in sommige van hierdie spesies

aangetref, veral in M. haemolytica, M. glucosida en B. trehalosi.

Studies het getoon dat die vroegste gashere van die Pasteurella haemolytica groep

skape was. Sommige het siektes veroorsaak en ander nie. Die mosaïek mengsel van al

die verskillende skadelike faktore en molekulêre merkers het in skape ontwikkel.

Slegs ‘n paar klone het uit die skaap deur die spesiegrens na beeste toe gedring. Dit is

die rede waarom daar so weinig serotipes by beeste in vergelyking met skape is en

ook waarom die leukotoksiene van die beesstamme baie meer homogeen (dieselfde)

as die leukotoksiene van die skaapstamme is. Entstowwe met ‘n leukotoksien basis,

wat meeste van die huidig beskikbare Pasteurella entstowwe vir beeste insluit,

beskerm beeste goed teen feitlik alle Mannheimia ( Pasteurella) haemolytica

infeksies. Leukotoksien entstowwe beskerm nie teen P. multocida infeksies nie.

Bovitect P (G3002), Bovitect PI (G3001), Bovitect III (G3211), Bovivax (G2744),

Leukopast (G2395), One Shot Ultra 7 (G2818) en Pastvac (G1511) is almal

leukotoksien entstowwe. Sommige van hierdie is enkel antigeen entstowwe en

sommige is gekombineer met ‘n verskeidenheid ander antigene.

Leukotoksien entstowwe word gewoonlik tweemaal toegedien, drie tot vier weke

uitmekaar. Maar aangesien die lede van die Pasteurella groep normaalweg in klein

getalle op die slymvliese van herkouers voorkom, het meeste diere al met hulle in

kontak gekom voordat die diere ingeënt word. ‘n Leukotoksien entstof dien dan as ‘n

skraagdosis en sal dan na slegs een toediening doeltreffend wees. Sommige

vervaardigers het voordeel uit hierdie feit getrek en hul entstof as doeltreffend na

slegs een toediening geregistreer.

Aangsien skape deur al 17 van die oorspronklike P. haemolytica serotipes aangetas

word en omdat hul stamme en serotipes baie meer verskeidenheid t.o.v. leukotoksien

vertoon, word hulle minder goed as beeste deur leukotoksien tipe entstowwe beskerm.

Serotipering dui nie aan of ‘n spesifieke stam, van skape geïsoleer, die skape sal

beskerm indien ‘n leukotoksien entstof gebruik word nie. Die leukotoksien entstowwe

is gebaseer op die M. haemolytica A1 stam leukotoksien in beeste, wat dieselfde mag

wees of mag verskil van die leukotoksienstam wat die skape besmet het.

Laasgenoemde verklaar die variasie in die doeltreffende beskerming van skape wat

met leukotoksien entstowwe ingeënt word. Slegs een entstof wat leukotoksien bevat

(One Shot Ultra) is, sover bekend, vir gebruik in skape geregistreer.

Bakterien (bakterieë wat geïnaktiveer is) gebaseerde entstowwe word by

Onderstepoort Biologiese Produkte vervaardig. Die entstof vir beeste is reeds hierbo

bespreek. Aangesien skape deur so baie stamme geaffekteer word en omdat die

maksimum getal stamme in ‘n bakterien entstof 5 is, produseer Onderstepoort 4

verskillende skaap entstowwe. Die eerste is Pasteurella vir skape en bokke (G0479)

en bevat die serotipes wat die meeste in Suid-Afrika voorkom, naamlik tipes 2, 5, 6, 9

en 15. Die eerste 4 serotipes behoort nou tot M. haemolytica en serotipe 15 word nou

as B. trehalosi geklassifiseer. Bykomend is daar twee ander entstowwe wat die

volgende mees algemene serotipes bevat, beskikbaar op spesiale versoek. Een bevat

serotipes 4, 8, 10, 12 en 14 en die ander entstof bevat serotipes 16 en 17. Die stam wat

die skape affekteer, moet daarom eers geïsoleer word en dan geserotipeer word ten

einde volle voordeel uit hierdie bakterien entstowwe te trek. Aangesien stamme in ‘n

bepaalde kudde of distrik van jaar tot jaar varieer, is dit ‘n voortdurende proses. Die

vierde Onderstepoort entstof is die een vir blou uier in skape (G0710). Dit bevat

serotipes 2, 7 en 9, asook twee stamme van Staphylococcus aureus. Die volle

spektrum van stamme wat skape affekteer, word dus gedek deur al die bakterien

entstowwe, maar die spesifieke serotipe moet bekend wees voordat ‘n aanbeveling

gemaak kan word en hierdie proses verg tyd.

Die ander entstowwe wat in Suid-Afrika beskikbaar is en herkouers teen pasteurellose

beskerm, is entstowwe gebaseer op yster regulerende proteïene (YRP), Multivax P

(G1517), Multivax P Plus (G3694) en buite membraan proteïene wat geassosieer is

met yster regulering, Triangle 4 (G2308). Bakterieë benodig yster om te

vermenigvuldig en patogeniese bakterieë beskik oor verskeie meganismes om te

verseker dat hulle voldoende yster vir hul behoeftes kry. Pasteurella en Mannheimia

bind oordraagbare ysterkomplekse deur yster gereguleerde buite membraan proteïene.

Indien Pasteurella, Mannheimia of Bibersteinia in ‘n medium wat baie min yster

bevat, gekweek word, produseer hulle yster regulerende buite membraan proteïene,

wat baie belangrik is vir die stimulering van beskermende teenliggame.

Hierdie yster-regulerende buite proteïene is ook verwant aan die serotipe Pasteurella.

Beter beskerming is aangetoon indien die yster-regulerende buite proteïene van ‘n

aantal verskillende stamme verkry word omdat ‘n mate van oorkruisbeskerming ook

tussen die onverwante stamme bestaan. Meer stamme as by ‘n bakterien entstof kan

ook by hierdie entstof ingesluit word, omdat die entstof gesuiwer kan word.

Suiwering verminder ook die endotoksienprobleem wat met bakterien entstowwe

geassosieer word.

Triangle 4 bevat M. haemolytica A1, die enigste tipe vir beeste in Suid-Afrika van

belang. Die entstof vir skape, Multivax-P bevat 9 serotipes, naamlik 1, 2, 4, 6, 7, 9,

10, 14 en 15. Hierdie entstof verleen ‘n breë beskerming aangesien dit die meeste van

die belangrike tipes in Suid-Afrika dek, asook ‘n mate van kruisbeskerming teen

ander serotipes verleen. Die hoeveelheid en tipe van kruisbeskerming kan nie presies

bepaal word nie, aangesien daar so ‘n mosaïek van skadelike faktore in skaapstamme

bestaan. Omdat so baie stamme skape in Suid-Afrika affekteer en hulle ook van jaar

tot jaar verskil, is hierdie breë basis ‘n besliste voordeel.

Die keuse van ‘n geskikte entstof word dus bepaal deur ‘n aantal faktore soos hierbo

uiteengesit. Die byvoeging van antigene, om teen ander siektes (soos bv. bloednier,

bloedpens, klem-in-die-kaak, sponssiekte) te beskerm, by sekere entstowwe is ‘n

besliste voordeel. Die verhoogde koste van hierdie meerwaardige entstowwe wat

minder arbeid en administrasie teweeg bring, moet opgeweeg word teen die prys van

goedkoper entstowwe wat minder breë beskerming bied en gevolglik meer arbeid en

produksieverliese tot gevolg mag hê.

Geskryf deur: Dr. Maryke Henton, Idexx Golden Vetpath, 011 803 3001/2/3.

Verwysings by die outeur verkrygbaar.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!