Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

06.05.2013 Views

‘n fosfortekortgebied sal vir ‘n tydperk geen tekortsimptome toon nie omdat hulle op hulle reserwes teer (McCosker & Winks, 1994). Die voorkoms van miershope, sanderige grond, wattel- en dennebome is meestal aanduidings van fosforarme grond (McCosker & Winks, 1994). In gebiede waar die fosfor van die grond minder as 6 dele per miljoen is of as die weiding (blare) minder as 0.12 tot 0.15 % fosfor en meer as 1.3 % stikstof (d.i. 8.1 % proteïen) bevat, moet fosfor aan alle klasse diere gevoer word (McCosker & Winks, 1994). Die fosfor- en stikstofkonsentrasies in plante is positief met mekaar gekorreleer en is hoog in die vroeë groeiseisoen en neem af soos die groeiseisoen vorder (McCosker & Winks, 1994). Dit is algemeen bekend dat die grootste gedeelte van die natuurlike grasveld in Suid-Afrika baie arm is aan fosfor. Aangesien peulplante hoër in proteïen is as grasse sal ‘n toename in proteïeninname weens die beweiding van peulplante ‘n fosfortekort meer beklemtoon. Diere wat dus proteïenryke weidings bewei, wat arm aan fosfor is, sal dus baie goed reageer op fosforaanvulling. Navorsing toon dat diere op peulplantweidings op fosforaanvulling sal reageer op gronde met ‘n fosforinhoud van minder as 8 dele per miljoen. McCosker en Winks (1994) beveel die volgende fosforaanvullingstrategie aan: ♦ Vir alle diere waar akute fosfortekorte (< 4 dpm fosfor in die grond) voorkom omdat dit ekonomies geregverdig is. ♦ Waar die grond ‘n matige fosfortekort (4 – 6 dpm fosfor in die grond) het, sal daar ‘n ekonomiese voordeel wees om fosfor aan die volgende diere te voorsien: Eerste en tweede kalfverse gedurende die laaste drie maande van dragtigheid asook gedurende laktasie. Alle volwasse koeie gedurende laktasie. Alle groeiende osse en verse op groenweiding wat in massa toeneem. ♦ Op marginale fosfortekort (7 – 8 dpm fosfor in die grond) gronde moet fosfor aan eerste en tweede kalfverse gedurende laktasie aangevul word. 8. HOEVEEL FOSFOR MOET GEVOER WORD? Die mees geskikte vlak van fosforaanvulling moet gebaseer word om 'n beraming van die dier se benodigdhede vir fosfor en die hoeveelheid wat die dier vanuit die weiding kry. Die doel met fosforaanvulling is om die tekort tussen dit wat die dier benodig en dit wat die weiding voorsien aan te vul. Australiese navorsers aanvaar dat die daaglikse droë materiaalinname (DMI) op goeie kwaliteit weiding (± 63 % verteerbaarheid) sonder aanvulling 2.5 tot 2.8 % van liggaamsmassa (LM) en op weidings met ‘n gemiddelde kwaliteit weiding (± 50 % verteerbaarheid) 2.0 tot 2.3 % van LM is (McCosker & Winks, 1994). Verder aanvaar hulle dat in gebiede waar daar 'n akute (2 – 4 dpm P), matige (5 – 6 dpm P) en marginale (7 – 8 dpm P) fosfortekort in die grond is, die inname van fosfor

vanaf die weiding onderskeidelik 0.08, 0.11 en 0.13 % van die weidingsinname is (McCosker & Winks, 1994). ‘n Dier het ‘n sekere basiese hoeveelheid fosfor nodig vir onderhoud wat verhoog soos die dier groter (swaarder) word. Groei verhoog die behoefte vir fosfor en daar is ‘n direkte verband tussen die groeitempo en die hoeveelheid fosfor benodig (McCosker & Winks, 1994). As ‘n duimreël word in Australië aanvaar dat jong groeiende vleisbeeste daagliks 3.3 g addisionele fosfor benodig vir elke 250 g toename in liggaamsmassa en geen addisionele fosfaat van beenmineralisasie afkomstig is nie (McCosker & Winks, 1994). Dragtigheid verhoog die fosforbehoefte van die koei veral die laaste drie maande voor kalf weens die groei en ontwikkeling van die ongebore kalf en die plasenta (nageboorte) (McCosker & Winks, 1994). Volgens Australiese navorsing moet dragtige koeie daagliks 4 g fosfor addisioneel per koei (dit is bo en behalwe dit wat hulle vir onderhoud nodig het) gedurende die laaste drie maande van dragtigheid gevoer word. Laktasie lei tot ‘n drastiese verhoging in die aanvraag van fosfor weens die hoë fosforinhoud van melk (± 0.95 g/liter). Vleisbeeskoeie kan maklik ses tot sewe liter melk per dag in pieklaktasie produseer wat na twee tot drie liter afneem in laatlaktasie. Australiese voedingstabelle beveel aan dat lakterende koeie addisioneel 1.2 g fosfor per dag per liter melk geproduseer, gevoer word. Hierdie aanbevelings neem in ag dat diere ook ekstra fosfor uit hulle bene bekom deur middel van beenmineralisasie (McCosker & Winks, 1994). Australiese navorsing toon verder dat diere vir tot drie maande 80 % van hulle fosforbehoeftes gevoer kan word sonder enige effek op hulle bloedfosfor of liggaammassatoename, maar dat betekenisvolle beendemineralisasie dan kan plaasvind (McCosker & Winks, 1994). Die aanvulling van fosfor op groenweiding wanneer diere in massa toeneem is 'n gegewe. ‘n Daaglikse fosforaanvulling van 6 g vir droë beeste, 9 g vir jong groeiende diere en laatdragtige koeie en 12 g vir koeie met kalwers word algemeen in Suid-Afrika op groenweiding aanbeveel. In akute fosfortekortgebiede soos by Armoedsvlakte beveel De Waal et al. (1996) 16 g fosfor per koei van laatdragtigheid tot laatlaktasie (September tot Februarie) en 9 g fosfor per koei per dag vir die res van die jaar aan. Heelwat meningsverskille bestaan of fosfor gedurende die droë seisoen aangevul moet word. Daar is egter al meer 'n neiging om fosforaanvulling gedurende die droë seisoen aan die fisiologiese stadium van die dier te koppel. Die meeste navorsingsresultate toon dat die aanvulling van fosfor die laaste drie maande van dragtigheid noodsaaklik en ekonomies geregverdig is, mits dit saam met proteïen gevoer word, terwyl verskeie navorsers fosforaanvulling vir die volle duur van die droë seisoen aanbeveel. Fosforaanvulling gedurende die droë seisoen kan as volg gemotiveer word: ♦ Die laatdragtige koei benodig ekstra fosfor gedurende die laaste drie maande voor kalf weens die snelle groei en ontwikkeling van die ongebore kalf. ♦ Aangesien melk 0.95 g fosfor per liter melk bevat, moet die lakterende koei addisionele fosfor op droë weiding gevoer word. Weens die hoë fosforbehoefte tydens laktasie wil dit voorkom asof die koei nie genoeg fosfor kan inneem om in haar behoeftes vir melkproduksie te voorsien sowel as om haar fosforreserwes ten volle aan te vul nie. Hoewel diere fosfor uit hulle bene kan onttrek in tye van tekorte wil dit voorkom dat indien die periode te lank is te veel of al die fosforreserwes

‘n fosfortekortgebied sal vir ‘n tydperk geen tekortsimptome toon nie omdat hulle op hulle reserwes

teer (McCosker & Winks, 1994).

Die voorkoms van miershope, sanderige grond, wattel- en dennebome is meestal aanduidings van

fosforarme grond (McCosker & Winks, 1994). In gebiede waar die fosfor van die grond minder as 6

dele per miljoen is of as die weiding (blare) minder as 0.12 tot 0.15 % fosfor en meer as 1.3 %

stikstof (d.i. 8.1 % proteïen) bevat, moet fosfor aan alle klasse diere gevoer word (McCosker &

Winks, 1994). Die fosfor- en stikstofkonsentrasies in plante is positief met mekaar gekorreleer en is

hoog in die vroeë groeiseisoen en neem af soos die groeiseisoen vorder (McCosker & Winks, 1994).

Dit is algemeen bekend dat die grootste gedeelte van die natuurlike grasveld in Suid-Afrika baie arm

is aan fosfor. Aangesien peulplante hoër in proteïen is as grasse sal ‘n toename in proteïeninname

weens die beweiding van peulplante ‘n fosfortekort meer beklemtoon. Diere wat dus proteïenryke

weidings bewei, wat arm aan fosfor is, sal dus baie goed reageer op fosforaanvulling. Navorsing toon

dat diere op peulplantweidings op fosforaanvulling sal reageer op gronde met ‘n fosforinhoud van

minder as 8 dele per miljoen.

McCosker en Winks (1994) beveel die volgende fosforaanvullingstrategie aan:

♦ Vir alle diere waar akute fosfortekorte (< 4 dpm fosfor in die grond) voorkom omdat dit

ekonomies geregverdig is.

♦ Waar die grond ‘n matige fosfortekort (4 – 6 dpm fosfor in die grond) het, sal daar ‘n ekonomiese

voordeel wees om fosfor aan die volgende diere te voorsien:

Eerste en tweede kalfverse gedurende die laaste drie maande van dragtigheid asook

gedurende laktasie.

Alle volwasse koeie gedurende laktasie.

Alle groeiende osse en verse op groenweiding wat in massa toeneem.

♦ Op marginale fosfortekort (7 – 8 dpm fosfor in die grond) gronde moet fosfor aan eerste en

tweede kalfverse gedurende laktasie aangevul word.

8. HOEVEEL FOSFOR MOET GEVOER WORD?

Die mees geskikte vlak van fosforaanvulling moet gebaseer word om 'n beraming van die dier se

benodigdhede vir fosfor en die hoeveelheid wat die dier vanuit die weiding kry. Die doel met

fosforaanvulling is om die tekort tussen dit wat die dier benodig en dit wat die weiding voorsien aan

te vul. Australiese navorsers aanvaar dat die daaglikse droë materiaalinname (DMI) op goeie

kwaliteit weiding (± 63 % verteerbaarheid) sonder aanvulling 2.5 tot 2.8 % van liggaamsmassa (LM)

en op weidings met ‘n gemiddelde kwaliteit weiding (± 50 % verteerbaarheid) 2.0 tot 2.3 % van LM

is (McCosker & Winks, 1994). Verder aanvaar hulle dat in gebiede waar daar 'n akute (2 – 4 dpm P),

matige (5 – 6 dpm P) en marginale (7 – 8 dpm P) fosfortekort in die grond is, die inname van fosfor

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!