Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com Lekaanvulling en kafeteriastelsel - Landbou.com

06.05.2013 Views

Fosforaanvulling sal slegs ‘n respons gee wanneer die vlakke van ander voedingstowwe, veral proteïen en energie, voldoende is en fosfor die voedingstof is wat prestasie beperk. Dit is gewoonlik die geval in die vroeë reënseisoen wanneer die weiding aktief groei (McCosker & Winks, 1994). Fosfor kan nie doeltreffend benut word wanneer die proteïen- en energie-inname van die diere laag is nie. In die kus- en hoër reënvalgebiede sal beeste reageer op proteïenaanvulling terwyl die weiding steeds groen is (McCosker & Winks, 1994). Die tydstip waarop beeste sal reageer op proteïenaanvulling kan akkuraat voorspel word deur die bepaling van die misstikstof. Misstikstof kan dus gebruik word om die tydstip te bepaal wanneer proteïenaanvulling ‘n aanvang moet neem. Misstikstof hou verband met die groeitempo van osse in die maand wat volg op die mismonsterneming soos beskryf word deur die volgende vergelyking (McCosker, 1987): y = 0.925x – 1.16 (R 2 = 0.75) waar y = massatoename van osse (kg/dier/dag) in die maand na die mismonsterneming en x = misstikstof (% DM). Groei stop wanneer die misstikstof ongeveer 1.3 % is. Fosfor moet slegs aan beeste gevoer word wanneer die misstikstof meer is as 1.3 %. Hoe hoër die misstikstof, hoe beter is die respons met fosfor (McCosker & Winks, 1994). Proteïenaanvulling moet dus ‘n aanvang neem sodra die misstikstof laer is as 1.3 %. Dit geskied vier tot agt weke vroeër by teelkoeie as by osse. As die fosforinhoud van die dieet (bv. gras) laag is, sal ‘n toename in dieetstikstof of te wel proteïen ‘n fosfortekort in die dier meer beklemtoon (McCosker & Winks, 1994). Dit is dus noodsaaklik om eers die proteïen- en energie-tekort op droë weiding reg te stel voordat fosfor doeltreffend deur die dier benut kan word (McCosker & Winks, 1994). Na ‘n baie omvattende literatuurstudie oor die aanvulling van fosfor en ander voeding-stowwe beveel McCosker en Winks (1994) die volgende aan: ♦ Proteïenaanvulling vir reproduserende koeie (teelkoeie) op natuurlike grasveld moet in die vroeë herfs, in die Somerreënvalgebied, geskied of as die misstikstof-konsentrasie 1.3 % nader. ♦ Proteïenaanvulling aan osse en verse moet in die laat herfs in die Somerreënvalgebied ‘n aanvang neem of as as die misstikstofkonsentrasie 1.3 % nader. ♦ Voer proteïen saam met fosfor gedurende die droë seisoen aan koeie gedurende die laaste drie maande van dragtigheid asook gedurende laktasie. 6. HOE REAGEER DIERE OP FOSFORAANVULLING?

Australiese navorsing toon dat die aanvulling van fosfor die weidingsinname met ongeveer 25 % verhoog met ‘n gevolglike 15 % verhoging in liggaamsmassa terwyl kalf-persentasie met ongeveer 15 persentasie-eenhede verhoog (McCosker & Winks, 1994). Fosforaanvulling het voerinname met 12 tot 61 % verhoog (Winks, 1990) wanneer die proteïeninhoud van die voer meer as 8.1 % (d.i. 1.3 % stikstof) en die fosforinhoud laer as 0.15 % was (McCosker & Winks, 1994). Dit beteken dat fosforaanvulling slegs weidingsinname sal stimuleer as die proteïeninhoud van die weiding voldoende (8.1 – 9.4 % proteïen) is. Uitsonderings is waar lakterende diere reageer op fosforaanvulling hoewel die proteïeninhoud laer as 9.4 % was (Winks, 1990). Die proteïeninhoud van die weiding is gewoonlik meer as 8.1 % wanneer dit groen is, aktief groei en die diere in massa toeneem. Navorsers is dit eens dat fosforaanvulling die groei van die diere slegs verhoog as dit eerstens weidingsinname verhoog. Verhoogde groei as gevolg van fosforaanvulling vind slegs plaas as diere op weiding reeds in massa toeneem. In ondersoeke wat gedoen is, is gevind dat fosforaanvulling op groenweiding die gemiddelde daaglikse massatoename (GDT) van beeste met 130 tot 320 g per dag verhoog het (sien ook Afdeling 4.2). In hierdie verband het dr. Deon Jacobs aangetoon dat fosforaanvulling saam met goeie kwaliteit groen somerveld koei plus kalfmassa by die Dundee Navorsingstasie in Noord-Natal met tot 623 g per dag kan verhoog in vergelyking met die kontrolegroep wat geen fosfor ontvang het nie. Hoewel fosforaanvulling reproduksietempo van koeie verhoog, kan dit nie net aan die aanvulling van die fosfor toegeskryf word nie. In die meeste gevalle kan die verhoogde speenpersentasie aan 'n toename in liggaamsmassa en ‘n verbeterde kondisie van die koeie toegeskryf word weens ‘n verhoogde weidingsinname as gevolg van die aanvulling van fosfor. Dieselfde redes kan aangevoer word hoekom fosforaanvulling die melk-produksie van weidende vleisbeeskoeie en gevolglik die speenmassa van hulle kalwers verhoog (Winks, 1990; McCosker & Winks, 1994). Die aanvulling van fosfor gedurende die droë seisoen het nie melkproduksie op daardie stadium beïnvloed nie. Nadat die groenseisoen ‘n aanvang geneem het, het die koeie wat fosfor gedurende die droë seisoen ontvang het meer melk geproduseer as dié wat nie ontvang het nie (McCosker & Winks, 1994). Dit wil voorkom asof die koeie die ekstra fosfor in hulle bene stoor en dan later wanneer die kwaliteit van die weiding verbeter, dit weer onttrek weens die baie hoë aanvraag vir fosfor as gevolg van verhoogde melkproduksie en massatoename op groenweiding. Dit ondersteun die aanbeveling om ‘n gedeelte van die fosfor aan laatdragtige en lakterende koeie in die droë seisoen te voer (McCosker & Winks, 1994). Navorsingsresultate toon dat hoe beter die kwaliteit van die weiding is, hoe groter is die respons wat met fosforaanvulling verkry word, mits daar voldoende weiding beskikbaar is (Jacobs, 1997). 7. WAAR MOET FOSFOR AANGEVUL WORD? Dit is baie duur om fosfor te voer, maar dit kan selfs baie duurder wees om nie fosfor te voer as die diere ‘n akute of marginale tekort het nie (McCosker & Winks, 1994). Simptome en kliniese tekens soos “Peg-leg” (diere loop met stywe bene en ongekoördineerd ook bekend as osteomalasia of stywesiekte), gebreekte bene, kou van bene (pika of afwykende aptyt), voorkoms van lamsiekte weens Botulisme, lang uitgegroeide hoewe, vermaering, swak groei, lae kalfpersentasie, growwe stekelrige en dowwe haarkleed is ook aanduidings dat die dier aan ‘n fosfortekort lei (McCosker & Winks, 1994). Diere wat van 'n gebied geskuif word waar daar voldoende fosfor in die weiding is na

Fosforaanvulling sal slegs ‘n respons gee wanneer die vlakke van ander voedingstowwe, veral

proteïen en energie, voldoende is en fosfor die voedingstof is wat prestasie beperk. Dit is gewoonlik

die geval in die vroeë reënseisoen wanneer die weiding aktief groei (McCosker & Winks, 1994).

Fosfor kan nie doeltreffend benut word wanneer die proteïen- en energie-inname van die diere laag is

nie. In die kus- en hoër reënvalgebiede sal beeste reageer op proteïenaanvulling terwyl die weiding

steeds groen is (McCosker & Winks, 1994). Die tydstip waarop beeste sal reageer op

proteïenaanvulling kan akkuraat voorspel word deur die bepaling van die misstikstof. Misstikstof kan

dus gebruik word om die tydstip te bepaal wanneer proteïenaanvulling ‘n aanvang moet neem.

Misstikstof hou verband met die groeitempo van osse in die maand wat volg op die mismonsterneming

soos beskryf word deur die volgende vergelyking (McCosker, 1987):

y = 0.925x – 1.16 (R 2 = 0.75)

waar y = massatoename van osse (kg/dier/dag) in die maand na die mismonsterneming en

x = misstikstof (% DM).

Groei stop wanneer die misstikstof ongeveer 1.3 % is. Fosfor moet slegs aan beeste gevoer

word wanneer die misstikstof meer is as 1.3 %. Hoe hoër die misstikstof, hoe beter is die

respons met fosfor (McCosker & Winks, 1994). Proteïenaanvulling moet dus ‘n aanvang neem

sodra die misstikstof laer is as 1.3 %. Dit geskied vier tot agt weke vroeër by teelkoeie as by osse.

As die fosforinhoud van die dieet (bv. gras) laag is, sal ‘n toename in dieetstikstof of te wel proteïen

‘n fosfortekort in die dier meer beklemtoon (McCosker & Winks, 1994). Dit is dus noodsaaklik om

eers die proteïen- en energie-tekort op droë weiding reg te stel voordat fosfor doeltreffend deur die

dier benut kan word (McCosker & Winks, 1994).

Na ‘n baie omvattende literatuurstudie oor die aanvulling van fosfor en ander voeding-stowwe beveel

McCosker en Winks (1994) die volgende aan:

♦ Proteïenaanvulling vir reproduserende koeie (teelkoeie) op natuurlike grasveld moet in die vroeë

herfs, in die Somerreënvalgebied, geskied of as die misstikstof-konsentrasie 1.3 % nader.

♦ Proteïenaanvulling aan osse en verse moet in die laat herfs in die Somerreënvalgebied ‘n aanvang

neem of as as die misstikstofkonsentrasie 1.3 % nader.

♦ Voer proteïen saam met fosfor gedurende die droë seisoen aan koeie gedurende die laaste drie

maande van dragtigheid asook gedurende laktasie.

6. HOE REAGEER DIERE OP FOSFORAANVULLING?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!