06.05.2013 Views

Afrond van speenkalwers - Landbou.com

Afrond van speenkalwers - Landbou.com

Afrond van speenkalwers - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BASIESE VEREISTES VIR WINSGEWENDE AFRONDING VAN

SPEENKALWERS OP GROEN VELD OF AANGEPLANTE WEIDINGS

Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere

(Telno.: 021 - 8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com)

Weens hoë insetkoste asook produkpryse wat nie tred hou met kostestygings nie, vind die

vleisbeesprodusent dit al moeiliker om diere winsgewend af te rond. Dit is dikwels

onmoontlik om speenkalwers betyds vir die mark op weiding alleen af te rond sonder 'n

geskikte aanvulling of die afronding in 'n voerkraal vir 'n kort periode aan die einde van

die groeiseisoen. Die beskikbaarheid van volop groenweiding beteken nie noodwendig

dat diere wat hierdie weiding bewei geen byvoeding nodig het nie. Weens die hoë

voginhoud van groen sappige weiding ondervind vinnig-groeiende diere 'n tekort aan

energie en minerale. Waar 'n hoë spiergroeitempo verlang word, is daar dikwels ook 'n

deurvloeiproteïentekort omdat ongeveer 85 % van die proteïen in die groenweidings deur

die mikro-organismes in die grootpens van die diere afgebreek word. Weens 'n tekort aan

hierdie voedingstowwe groei speenkalwers en jong beeste nie teen hulle maksimum

potensiaal op groenweiding nie. Voermol Supermol is spesiaal geformuleer om tekorte

in groenweiding aan te vul en die benutting daarvan deur herkouers te verhoog. Dit is 'n

klaargemengde produk wat as 'n koste-doeltreffende aanvulling op groenweiding gebruik

kan word vir die afronding van speenkalwers en jongbeeste asook vir die uitgroei van

vervangingsverse. Voermol Supermol bied nou die boer 'n uitstekende geleentheid om

beeste wel winsgewend op groenweiding af te rond.

Weiding- vs. voerkraalafronding

Voordele van afronding van vleisbeeste op weiding:

♦ Massatoename op weiding is goedkoper as in die voerkraal omdat weiding 'n

goedkoper ruvoer as hooi of kuilvoer is.

♦ Minder kragvoeraanvulling (1.5 vs. 8 – 12 kg) word benodig.

♦ Minder arbeid word vereis omdat geen ruvoer gevoer hoef te word nie terwyl

Supermol net elke tweede dag gevoer hoef te word.

♦ Hantering van mis word uitgeskakel en daar is ook geen besoedelingsprobleem nie.

Die mis word outomaties op die weiding versprei wat grondvrugbaarheid en dus

weidingsgroei verhoog. Wanneer weiding deur diere benut word, word ongeveer 80 %

van die plantvoedingstowwe in die grond teruggesit (Ensminger & Perry, 1997).

♦ Voerkraalfasiliteite is onnodig.

Voordele van Voermol Supermol

Voordele van die aanvulling van Voermol Supermol aan groeiende beeste op

groenweiding:

♦ Dit verseker dat die diere 'n hoë groeitempo handhaaf wat tot gevolg het dat die diere 4

tot 6 weke vroeër bemark kan word. Dit verleng dus die periode wat die weiding bewei

kan word. Volgens Ensminger en Perry (1997) behoort die byvoeding van 'n geskikte

aanvulling die weidingseisoen met gemiddeld 57 dae te verleng.

♦ Verplaas nie weidingsinname soos skoon grane nie, maar stimuleer weidingsinname.

♦ Voorsien fosfor en spoorelemente wat die eerste beperkende voedingstowwe op

groenweiding vir groeiende diere is.

2

♦ Voorsien maklik beskikbare energie, in die vorm van “high brix” molasse, asook

deurvloeiproteïen wat nodig is om ‘n hoë spiergroeitempo te handhaaf, maar dikwels

onvoldoende in groenweiding voorkom.

♦ Bevat ‘n ionofoor wat voeromsetting en groei met 13 tot 16 % verhoog omdat dit ‘n

meer doeltreffende benutting van die energie in groenweiding verseker. Hoe beter die

kwaliteit en hoe meer weiding beskikbaar, hoe beter is die respons wat met 'n ionofoor

verkry word.

♦ Bevat 'n ionofoor wat die groei van suiwelverse met 10 tot 15 % verhoog en gevolglik

dekking op 'n vroeër ouderdom moontlik maak.

♦ Voermol Supermol voorsien voldoende sout omdat navorsing getoon het dat sout veral

noodsaaklik is om doeltreffende benutting van groenweiding te verseker (Ensminger &

Perry, 1997).

♦ Omdat dit melasse-gebaseer is, is dit nie stowwerig nie en waai dit ook nie weg nie.

♦ Is kostedoeltreffend omdat die aanbevole inname slegs 1.5 kg Supermol per dier per

dag is.

Tipe weiding en weidingsbestuur

Om maksimum groei op groenweidings te verseker, is dit ook belangrik dat die weiding en

weidingsbestuur aan die volgende vereistes voldoen:

♦ Die diere moet nie te gou op jong groenweiding geplaas word nie. Hoewel die eerste

groei baie hoog in proteïen is, is dit baie waterig en voorsien dit baie min energie. Die

beste resultate word verkry gedurende die periode van maksimum weidingsgroei.

♦ Die skielike oorskakeling van droë na baie sappige weiding moet met omsigtigheid

geskied omdat laasgenoemde weiding lakserend is wat veroorsaak dat die diere

heelwat massa verloor. Die voorsiening van addisionele droë ruvoer (bv. grashooi of

strooi) gedurende die eerste week of twee sal in 'n groot mate help om diarree en

massaverlies te beperk.

♦ Die weiding moet jonk, aktief-groeiend en blaarryk wees. Welig en vinniggroeiende

onvolwasse weiding bevat meer proteïen, energie, minerale en vitamines en het 'n hoër

verteerbaarheid as volwasse gras. Soos die weiding volwasse raak, neem die vesel- en

lignieninhoud daarvan toe en die energie-inhoud af. Aanvanklik kan die diere in 'n

mate kompenseer vir die afname in die kwaliteit deur die beste kwaliteit weiding te

selekteer, mits die weiding baie dig en volop is. Indien 'n geskikte aanvulling nie

verskaf word nie, kan die groeitempo drasties afneem.

♦ Die weidingstand moet dig en volop wees om 'n hoë inname en gevolglik 'n hoë groeitempo

te verseker. Speenkalwers vreet daagliks 30 tot 40 kg en selfs meer nat weiding.

Sulke hoë innames is slegs moontlik indien volop weiding van 'n hoë kwaliteit

beskikbaar is.

♦ Die hoogte van die weiding is ook 'n belangrike vereiste. Weiding wat tot 'n hoogte van

15 tot 20 cm gegroei word, maksimeer die hoeveelheid voedingstowwe wat per hap

ingeneem word (Polan & Mowrey, 2000). Om 'n hoë groeitempo op weidings te

handhaaf, moet die weiding nie korter as 10 cm gevreet word nie om te verseker dat

daar voldoende weiding is vir maksimum weiding- en dus energie-inname. 'n Praktyk

wat op aangeplante weiding goeie resultate lewer, is om die weiding tot 'n hoogte van

10 cm te vreet en die diere dan te skuif na 'n volgende kamp met langer weiding (15 –

20 cm). 'n Elektriese draad kan in sekere gebiede gebruik word om strookbeweiding

toe te pas en diere dan te skuif sodra die weiding tot 10 cm hoogte gevreet is.

♦ Die aanbevole drakrag hang van die kwaliteit en hoeveelheid weiding af asook die

ouderdom en kondisie van die diere. Hoër groeitoenames word by laer drakragte

verkry omdat die diere by 'n laer drakrag meer geleentheid gebied word om die

09-12-01

3

materiaal met die hoogste voedingswaarde en verteerbaarheid te selekteer.

Daarenteen is die massatoename per hektaar weer hoër met hoër drakragte (Eng,

2000).

♦ Die smaaklikheid en verteerbaarheid van die weiding is ook 'n baie belangrike aspek,

want dit sal bepaal hoeveel van die weiding die diere sal eet en hoe goed hulle die

voedingstowwe na vleis sal omsit.

♦ Hoe beter die gehalte van die weiding, hoe hoër is die groeitempo van die diere.

Tipe speenkalf

Om maksimum groei te verseker, moet die speenkalf aan die volgende vereistes voldoen:

♦ Pasgespeende kalwers groei swakker op weiding omdat hulle moeiliker en langer neem

om aan te pas as gevolg van die speenskok. Gee dus voorkeur aan kalwers wat alreeds

'n paar weke gelede gespeen is of "oorwinterde" kalwers (long weaners).

♦ Matige voeding gedurende die winterperiode op droë weiding (in die

somerreënvalgebied) verseker die mees doeltreffende weidingsbenutting gedurende die

afrondingsfase op groenweiding omdat dit massatoename maksimeer weens

kompensatoriese groei. Volgens Ensminger en Perry (1997) moet die daaglikse

massatoename gedurende die voorafgaande droë periode nie meer as 568 en 409 g

onderskeidelik vir kalwers en jaaroud beeste wees nie. Vir die beste resultate word

verkies dat die kalf voor speen teen 'n hoë (meer as 600 g/dag) en na speen teen 'n

matige tempo (300 – 700 g/dag) groei voordat hulle afgerond word. Hierdie praktyk

verseker 'n goed uitgegroeide dier wat vinniger op 'n hoë kwaliteit voer (bv. weiding)

groei, hoofsaaklik spiergroei, weens kompensatoriese groei. Hierdie praktyk sal ook

vetneerlegging tot aan die einde van die afrondingsperiode vertraag. Kalwers wat op 8

maande ouderdom op massas laer as 180 kg gespeen word, toon nie kompensatoriese

groei nie (Oddy, 1999).

♦ Verskeie plaaslike proewe toon dat speenkalwers die hoogste massatoename toon

indien hulle 215 tot 230 kg weeg wanneer hulle vir afronding op groenweiding geplaas

word. Te ligte (minder as 200 kg) kalwers groei stadig omdat hulle baie moeiliker

aanpas en omdat hulle nie in staat is om voldoende gras in te neem om 'n hoë

groeitempo te handhaaf nie. Inkomste gerealiseer per hektaar bemeste

Smutsvingergras teen 'n drakrag van 495 kg/ha (± 2 .3 diere/ha) was die hoogste by die

groepe waarvan die beginmassa 215 kg was. Die ideale aanvangsmassa vir afronding

op weiding hou egter verband met die tipe kalf. Vir die vroeg- tot mediumryptipe word

die hoogste daaglikse massatoename verkry met 'n aanvangsmassa van ongeveer 215

kg terwyl in die geval van die laatryptipe die swaarder kalf (± 275 kg) die hoogste

groeitempo toon.

♦ Kruisraskalwers presteer beter weens verhoogde groei as gevolg van basterkrag.

Maksimering van groeirespons

Algemene aanbevelings om maksimum groeirespons te verseker:

♦ Vir die beste resultate moet die kalwers in homogene groepe volgens massa en kondisie

verdeel word en die onderskeie groepe moet in aparte kampe geplaas word.

♦ Om doeltreffende voeromsetting en 'n hoë groeitempo te verseker, moet diere met 'n

doeltreffende middel ontwurm word indien hulle met interne parasiete besmet is.

Indien siektes voorkom wat die prestasie van die diere kan beïnvloed, soos pasteurella,

moet hulle daarteen geïmmuniseer word.

09-12-01

4

♦ Soms is diere baie traag om lek te vreet wanneer volop, smaaklike groenweiding

beskikbaar is. Dit word daarom hoogs aanbeveel om diere vir ongeveer 7 tot 10 dae

voordat hulle op die groenweiding geplaas word Supermol te voer om hulle aan die lek

gewoond te maak.

♦ Plaaslike waarnemings dui daarop dat tropgrootte ook 'n rol speel by die groeitempo

van die diere. Waar kampe van 100 ha na 25 ha verklein is en die drakrag dieselfde

gebly het, is die daaglikse massatoename met ongeveer 200 g/bees verhoog. Waar die

infrastruktuur dit toelaat, byvoorbeeld in die geval van aangeplante weiding, kan

elektriese drade gebruik word om die kampe en sodoende die troppe kleiner te maak.

♦ Waar die diere vir die slagmark afgerond word, moet die diere met 'n geskikte

oorinplantaat, wat minstens 100 dae aktief is, geïnplanteer word omdat dit groei met

10 tot 15 % verhoog. Jaaroudosse reageer die beste op 'n inplantaat, mits hulle goeie

kwaliteit weiding bewei wat hulle toelaat om meer as 500 g/dag te groei (Sawyer &

Casey, 1997). Die gesamentlike gebruik van 'n ionofoor en 'n inplantaat lei tot 'n veel

hoër groeitempo as wanneer dit afsonderlik gebruik word weens die sinergistiese

werking tussen die twee produkte.

♦ Kalwers wat oor lang afstande vervoer word asook ligte en pasgespeende kalwers is

meer onderhewig aan stres wat tot verlaagde voerinname aanleiding gee asook die

diere meer vatbaar maak vir siektes. Navorsing toon dat die aanvulling van

antioksidant spoorelemente (bv. mangaan, sink, selenium en koper) gedurende

strestoestande voordele soos 'n verhoogde groeirespons inhou (Stokka, 1999; Chew,

2000). Aanvulling van hierdie spoorelemente verhoog terselfdertyd die diere se

weerstand teen siektes (NRC, 1996).

♦ Onder hoë reënvaltoestande of waar lekbakke nie beskikbaar is nie kan Voermol

Energieblok ook met groot welslae gebruik word vir die afronding van speenkalwers

en beeste op groenweiding.

Koste-doeltreffende aanvullingstrategie

Vir die mees koste-doeltreffende afronding van speenkalwers op groenweiding moet die

volgende aanvullingstrategie gebruik word om die hoogste wins te realiseer:

♦ Met die aanvang van die groeiseisoen is die groei van speenkalwers dikwels stadig

omdat die weiding nog nie voldoende voedingstowwe voorsien om 'n hoë groeitempo te

onderhou nie. Gedurende hierdie stadium sal dit meer koste-doeltreffend wees om

slegs 'n fosfaatlek (Voermol Fosfaatblok of Voermol P6-lek) te voorsien. Maksimum

respons met Voermol Supermol en 'n oorinplantaat word verkry sodra die weiding van

so 'n gehalte is dat die diere meer as 600 g/dag sonder enige aanvulling groei. Indien

Supermol op hierdie stadium verskaf word, is 'n groei van 1.0 tot 1.2 kg/dag op goeie

kwaliteit groen natuurlike grasveld en 1.5 kg/dag en selfs meer op groen aangeplante

weiding soos lusern en raaigras moontlik. Sodra die weiding egter volwasse begin

word en die pyp- en saadstadium bereik, verlaag die groeitempo na 600 tot 800 g per

dag. Op hierdie stadium kan Voermol Supermol om die helfte met 'n graanmeel

gemeng en teen 3 tot 4 kg/dier/dag gevoer word om steeds 'n hoë groeitempo te

handhaaf. As alternatief kan Voermol Produksielek (1.5 kg/dier/dag) ook gevoer

word.

♦ Voermol Supermol word normaalweg vir 3 tot 5 maande gebruik. Indien die gehalte

en die hoeveelheid van die weiding van so 'n aard is dat die diere nie markgereedheid

op die weiding bereik nie, kan hulle vir 'n kort periode met 'n Voermol SB 100graanmengsel

(200 kg SB 100 + 800 kg gemaalde grane) op die weiding of in 'n

voerkraal met ad lib.- ruvoer afgerond word.

09-12-01

5

♦ Vir die beste resultate moet die inname van die aanvullings op groenweiding

voortdurend gemonitor word om te verseker dat hulle die aanbevole hoeveelheid

daagliks inneem om maksimum groeirespons te verseker.

Samevatting

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat die aanvulling van ‘n melassegebaseerde produk

wat voldoende energie, spoorelemente, deurvloeiproteïen en ‘n ionofoor (bv. Voermol

Supermol) aan speenkalwers op volop, aktief-groeiende, groen blaarryke natuurlike

grasveld of groen aangeplante weidings voorsien asook die gebruikmaking van ‘n

inplantaat ‘n strategie is wat vleisbeesprodusente kan gebruik om kalwers winsgewend af

te rond. Indien ‘n produsent oorvloedig groenweiding beskikbaar het, maar glad nie of te

min speenkalwers produseer, kan hy selfs speenkalwers aankoop om hulle teen ‘n wins af

te rond. Volgens Ensminger en Perry (1997) is daar geen goedkoper manier om weiding

te "oes" nie as om dit direk met diere te bewei nie.

1 Desember 2009

09-12-01

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!