GASGANGREEN BY DIERE - Landbou.com
GASGANGREEN BY DIERE - Landbou.com
GASGANGREEN BY DIERE - Landbou.com
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Kwaadaardige edeemof gasgangreen (sponssiekte, dikkopsponssiekte en

kwaadaardige edeem)

Vraag: Ek wil graag meer inligting hê oor die gasgangreensiektes (sponssiekte,

dikkopsponssiekte en kwaadaardige edeem) BKasser@angloamerican.co.za

KWAADAARDIGE EDEEM OF GASGANGREEN (SPONSSIEKTE,

DIKKOP-SPONSSIEKTE EN KWAADAARDIGE EDEEM)

Inleiding

Kwaadaardige edeem (gasgangreen) veroorsaak elke jaar duisende vrektes onder

vee in die hele Suid-Afrika want die bakterieë is wydverspreid in die grond aanwesig.

Die siektetoestand word ook kwaadaardige edeem genoem. Dit is ‘n komplekse

siektetoestand aangesien ten minste 3 verskillende bakterieë vir die siekte

verantwoordelik mag wees. Die belangrikste oorsake van gasgangreen is

sponssiekte, dikkop en kwaadaardige edeem en word onderskeidelik deur die

bakterieë Clostridium chauvoei, C. novyi, C. sordellii en C. septicum veroorsaak. Al

die bakterieë is gasvormend en vandaar die maklike verwarring van die

siektetoestande. Beeste, skape, bokke, perde en varke kan gasgangreen kry. Meer

as een van bogenoemde bakterieë kan gelyktydig verantwoordelik wees vir

gasgangreen. Alhoewel die siektetoestande as aparte entiteite beskryf word, is dit

nie noodwendig hoe die siekte in die natuur voorkom nie. Die siekte begin skielik en

die meeste diere vrek gewoonlik. Hierdie siektes kan doeltreffend met enkele of

kombinasie entstowwe beheer word. Daar is nog verskeie ander klostridiale

bakterieë wat ‘n rol kan speel of geassosieer is met kwaadaardige

edeem/gasgangreen by plaasdiere.

SPONSSIEKTE

Die bakterieë C. chauvoei wat sponssiekte by beeste veroorsaak, kan ook

gasgangreen ná wondbesmetting by beeste, skape, bokke en soms perde en varke

veroorsaak.

Beskrywing van sponssiekte

Sponssiekte is ‘n baie algemene siekte by beeste, maar skape word in ‘n mindere

mate aangetas. Die siekte ontstaan skielik en is gewoonlik dodelik. Die C. chauvoei

spore wat rustend in die bees se groter spiere lê (boud, dye en skouer) begin

vermeerder en produseer gifstowwe en gas ná besering van die spiere en dit

veroorsaak die vrektes. Sponssiekte kom meer algemeen voor by vinnig groeiende

jong diere (9 maande tot 2 jaar) wat in ‘n goeie kondisie en op ‘n goeie voedingspeil

is, maar ouer diere word ook soms aangetas.

Hoe besmetting plaasvind

Die C. chauvoei spore wat vir jare buite die liggaam kan oorleef, kom oral in die

grond en besmette water voor. Spore word met kos of water deur die bek

ingeneem. Besmetting vind veral plaas wanneer jong diere tande wissel. Diere

word waarskynlik deur klein wonde in die bek besmet. Uitbreke van sponssiekte by

beeste blyk seisoenaal te wees, veral na swaar reën gedurende die somer en herfs.
In sekere gebiede kom meer sponssiekte voor as elders en die grondsamestelling

speel waarskynlik hierin ‘n rol. Sponssiekte is nie aansteeklik nie. Direkte

besmetting van een dier na ‘n ander kom dus nie voor nie. Diere wat vrek van

sponssiekte is die hoofbron van besmetting van die omgewing en die spore kan vir

jare oorleef. Beeste, skape, bokke, perde en varke van alle ouderdomme kan lokale

kwaadaardige edeem na C. chauvoei besmetting van wonde agv skeer, lam/kalwing,

dip, kastrasie, operasies of van die pasgeborene se naelstring, opdoen.

Siekte- en nadoodse tekens

Die verloop van sponssiekte is gewoonlik baie vinnig (minder as 24 uur) en daarom

word siektetekens selde gesien. Die liggaamstemperatuur styg, eetlus daal,

grootpens bewegings neem af, styfheid en lamheid tree in. Swellings met ‘n

sponsagtige gevoel, wat later koud en gevoelloos word, ontstaan onderhuids.

Diere wat vrek, se karkas blaas gou op en ontbind vinnig. Bloederige skuimvloeistof

sypel by die neus en anus uit. Aangetaste spiere bevat gas en is donkerrooi.

DIKKOPSPONSSIEKTE

Dikkop by beeste is minder bekend aan boere, maar van wesenlike ekonomiese

belang. Die siekte dikkop is in Suid-Afrika meer bekend by skape as by beeste.

Perde en skape vrek ook van dikkop. Dikkop kan doeltreffend deur inenting

voorkom en beheer word.

Inleiding

Dikkop is meer bekend by jong ramme onder die ouderdom van 2 jaar. Die siekte

kom minder voor by ouer ramme en ooie. Dikkop is minder bekend vir vrektes by

beeste. Gedurende die afgelope paar jare het baie vrektes (melkbeeste en

vleisbeeste) wat veroorsaak is deur dikkop by beeste in Suid-Afrika voorgekom.

Dikkop word veroorsaak deur die bakterie Clostridium novyi tipe A.

Waar C. novyi bakterieë voorkom

Hierdie bakterieë kom wydverspreid in die natuur voor. Die bakterieë kom in die

grond asook in die dermkanaal van diere voor. Grond wat baie organiese materiaal

bevat of waarvan die pH alkalies is, is bevorderlik vir die oorlewing van die bakterieë.

Draer diere (bv skape en beeste) versprei die bakterieë van plaas tot plaas deur

hulle mis. Diere wat vrek aan dikkop en verrot, besmet só die omgewing met die

bakterieë.

Hoe diere besmet word

Beeste en ander diere (bv skape, perde) doen die besmetting op deur die inname

van spore van die bakterieë as hulle besmette gras of voer vreet. Spore van

bakterieë word in die dier se bloedsirkulasie opgeneem en gaan lê in ‘n rustende

(latente) vorm in organe. Indien weefselbeskadiging van dié organe plaasvind, groei

die spore en produseer die spore hulle gifstowwe wat dan die siekte laat ontstaan.

Besmetting van diere (bv skape) deur C. novyi kan ook deur wonde, die naelstring

van lammers of die baarmoeder van ooie plaasvind. Heel waarskynlik speel

wondbesmetting deur C. novyi ‘n rol in die ontstaan van dikkop by beeste.

Siektetekens
Beeste word baie keer net dood aangetref omdat die siekte redelik akuut is. Die

dooie beeste blaas baie gou op en nadoodse verrotting van die karkas vind baie

vinnig plaas. Beeste vrek baie keer voordat spesifieke betekenisvolle tekens

waargeneem kan word. Ouer en jonger beeste word aangetas. Sponssiekte tas

gewoonlik jonger diere (bv 6 maande tot 3 jaar) aan en vrektes is akuut. In gevalle

waar siektetekens agv dikkop by beeste waargeneem word, is die dier

terneergedruk, vreet nie, die kop en nek is uitgestrek, die dier lê baie, haal vinnig en

oppervlakkig asem, hartklop is swak, dier beweeg moeilik en raak agter in die trop

as hulle aangejaag word. Die temperatuur is soms normaal of onder normaal.

Perde mag baie gou vrek (24-72 uur) voor noemenswaardige tekens waargeneem

kan word.

Nadoodse letsels

Nadoodse veranderinge tree baie gou in na vrekte en die karkas verrot baie gou.

Die tipiese sponsagtige gevoel onder die vel by sekere dele van die liggaam, soos

gevind word met sponssiekte, is meestal afwesig omdat vloeistof onder die vel

aansamel. By beeste word weefselaantasting met bloedings en inflammasie veral

gevind in die nekspiere en borskasorgane (veral die hart). By skape en perde kom

hierdie tipe letsels ook voor. Baie ander letsels wat vir ‘n veearts se diagnose nuttig

is, mag aanwesig wees.

KWAADAARDIGE EDEEM

Kwaadaardige edeem wat deur C. septicum en C. sordellii veroorsaak word, tas

beeste, skape, bokke, varke en perde aan. Die bakterieë kom in grond, water en die

ingewande van diere voor. Die kwaadaardige edeem ontstaan na wondbesmetting

bv na operasies, skeerwonde, enting en na geboorte (baarmoedersponssiekte). Die

siekte begin skielik met koors en bloedvergiftiging en baie kan vrek. Ander

Clostridium kieme kan ook ‘n rol speel by kwaadaardige edeem. Die aangetaste deel

van die liggaam swel, gasborrels vorm en ‘n lamheid kan ontstaan.

Diagnose vir sponssiekte, dikkopsponssiekte en kwaadaardige edeem

Die geskiedenis, siektetekens en die bevindings van ‘n nadoodse ondersoek moet in

ag geneem word. Detail laboratoriumondersoeke op monsters van die dier wat

gevrek het, moet gedoen word vir die bevestiging van die siekte. Die veearts sal

druksmere van letsels neem om die bakterieë te identifiseer met

immunofluoriserende kleurtegnieke.

Voorkoming en beheer (sponssiekte, dikkopsponssiekte en kwaadaardige

edeem)

• Hierdie siektes wat die algemeenste by beeste en skape voorkom, kan net deur

volgehoue jaarlikse inenting voorkom en beheer word, omdat die

siekteveroorsakende bakterieë (spore) wydverspreid in die natuur voorkom.

• Raadpleeg ‘n veearts aangaande die immuniseringsprogram en of daar net teen

een of twee of al drie siektes geënt moet word. Enkele of kombinasie entstowwe

is beskikbaar bv

• Multiclos-entstof, G3392 vir gebruik in beeste en skape is ‘n dooie entstof.

Immuniseer diere teen sponssiekte, gasgangreen, bloedpens, bloedderm,

baarmoedersponssiekte, kwaadaardige edeem, bakteriese rooi uriene en

bloednier
• Supavax, G2634 vir gebruik in beeste en skape is ‘n lewende plus dooie entstof

vir immunisering teen miltsiekte, lamsiekte en sponssiekte.

• Duovax, G2328 vir gebruik in beeste, skape en bokke is ‘n dooie entstof vir

immunisering teen lamsiekte en sponssiekte.

• Blanthrax-entstof, G1593 vir gebruik in beeste,skape en bokke is ‘n lewende plus

dooie entstof vir immunisering teen miltsiekte en sponssiekte

• Sponsvax-entstof, G2063 vir gebruik in beeste, skape en bokke is ‘n dooie entstof

vir immunisering teen sponssiekte

• Multivax-P-entstof, G1517 vir gebruik in skape is ‘n dooie entstof. Immuniseer

diere teen bloednier, baarmoedersponssiekte, sponssiekte, klem-in-die-kaak

(tetanus) en pasteurellose.

• Multivax-P Plus-entstof, G3694 vir gebruik in skape is ‘n dooie entstof.

Immuniseer diere teen bloednier, bloedpens, bloedderm,

baarmoedersponssiekte, sponssiekte, klem-in-die-kaak, pasteurellose en siektes

veroorsaak deur Clostridium novyi tipe B.

• Ent kalwers die eerste keer teen sponssiekte op 6-9 maande ouderdom met ‘n

skraagdosisenting 3 weke daarna en dan jaarliks totdat hulle 3 jaar oud is. Op

erg sponsiekbesmette plase kan kalwers vanaf 3 maande ouderdom en alle ander

beeste tot die ouderdom van 3 jaar elke 6 maande geënt word. Skape moet

jaarliks 6-8 weke voor skeertyd teen sponssiekte geënt word. Die entstof moet

onderhuids toegedien word.

Siek diere kan met penisillien of ‘n tetrasiklien bv Engemycin (G2470),

Reverin 100 (G2871), Reverin LA (G3442) behandel word. Die uitkoms

(prognose) na behandeling is swak. Raadpleeg die veearts.

KLOSTRIDIALE SIEKTES IN BEESTE

Bakterie Engelse naam Afrikaanse naam

C. chauvoei Blackquarter/ Blackleg

Quarter evil

Sponssiekte

C. haemolyticum Bacterial red urine Bakteriese rooi uriene

C. novyi tipe A Malignant oedema Dikkopsponssiekte

C. novyi tipe B Black disease (nie RSA)

C. perfringens tipe A Redgut Rooiderm

C. perfringens tipe B Redgut Rooiderm

C. perfringens tipe C Redgut Rooiderm

C. perfringens tipe D Redgut Rooiderm

C. septicum Gas gangrene Kwaadaardige edeem

C. sordellii Gas gangrene Kwaadaardige edeem

C. botulinum Botulism Lamsiekte

C. tetani Tetanus/Lockjaw Klem-in-die-kaak
KLOSTRIDIALE SIEKTES IN SKAPE

Bakterie Engelse naam Afrikaanse naam

C.chauvoei Blackquarter Sponssiekte

C.haemolyticum Bacterial red urine Bakteriese rooi uriene

C.novyi tipe A Swelled head Ram-dikkop

C. novyi tipe B Black disease (nie RSA)

C.perfringens tipe A Bloodgut Bloedderm

C.perfringens tipe B Lamb dysentery Bloedpens

C.perfringens tipe C Bloodgut Bloedderm

C.perfringens tipe D Pulpy kidney Bloednier

C.septicum Uterine gangrene Baarmoedersponssiekte

C.sordellii Gas gangrene Kwaadaardige edeem

Bron: Du Preez J en Malan F. 2006. Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere. Agri

Connect ISBN: 978-0-620-37335-7