06.05.2013 Views

http://pubs.ext.vt.edu/400/400-795/400-795.html

http://pubs.ext.vt.edu/400/400-795/400-795.html

http://pubs.ext.vt.edu/400/400-795/400-795.html

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Opskrif: Dragtigheids- en bulondersoeke in beeste

Vraag: Ek boer in die Kosterdistrik met Brahman x Charolais beeste. Ek het 24 verse in 2009

teruggehou en in Julie 2010 ‘n Angusbul by hulle gesit. Ek het tot dusver geen tekens van dragtigheid

gesien nie. Moet ek dragtigheidsondersoeke doen of hulle nog ‘n kans gee? Wessel Verwey.

Antwoord:

Koeie en verse wat elke jaar kalf is die sleutel tot ekonomiese suksesvolle beesboerdery.

Om dit te bereik is die volgende belangrik:

Verse en koeie moet in ‘n kondisietelling tussen 3,25 en 3,5 op ‘n 5 punt skaal en tussen 5

en 6 op ‘n 9 punt skaal tydens paring wees om goeie konsepsie te verkry. Om dit te bereik,

moet die koei alreeds in ‘n goeie kondisie tydens haar vorige kalwing wees.

'n Baie volledige artikel met foto’s kan afgelaai word by :

http://pubs.ext.vt.edu/400/400-795/400-795.html

Artikel : Body condition scoring beef cows. Outeurs :Eversole,Browne, Hall & Dietz

Meaker, J 1991

Bulle moet voor paring deur u veearts vir vrugbaarheid en deksiektes (trigomoniase, vibriose

en brusellose) getoets word

Maak seker dat die bul goeie deklus het en dekbehendig is.

Ideale bul tot koei verhouding is: 1 tot 25

Die bulle moet ook gereeld dopgehou word om te kyk of hulle die koeie en verse dek.

Die ideale tydperk wat bulle by koeie loop, is nie langer as 3 maande nie. Dit vergemaklik die

bestuur van jou kalweroes.

Twee tot drie maande nadat die bulle by die koeie uitgehaal word, word die vroulike diere

deur die veearts ondersoek: Dragtige diere word geїdentifiseer

Diere wat nie in kalf is nie word uitgeskot om sodoende die

vrugbaarheidstatus van die kudde te verhoog en probleme vorentoe uit

te skakel.

Na die ondersoeke word nagegaan of daar ‘n probleem in die kudde is, die bestuursprogram

word nagegaam en indien nodig word regstellings gemaak.

In bogenoemde geval lê die fout heelwaarskynlik by die bul en word aanbeveel dat die bul

asook die vroulike diere so gou moontlik deur ‘n veearts ondersoek word.

Geskryf deur: dr. Faffa Malan met insette deur drs. Neil Fourie en Hannes Dreyer

22 Junie 2011

Lees ook:

Kry bultoets voor kooptransaksie

Gevaarligte vir bulle en bulkopers

Berei teelbulle en –ramme voor vir paarseisoen

Hoe lank bly ‘n bul by koeie?

Teelouderdom vir bulle

Onvermoё van bul om koeie te bevrug

Vasgestelde dek en kalfseisoene

Trigomoniase in beeste

Vibriose in beeste

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!