06.05.2013 Views

WET OP OUER PERSONE NR 13 VAN 2006 (Engelse teks ... - Tuis

WET OP OUER PERSONE NR 13 VAN 2006 (Engelse teks ... - Tuis

WET OP OUER PERSONE NR 13 VAN 2006 (Engelse teks ... - Tuis

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geborg deur en vertaal in opdrag van: Die Vereniging van Regslui Vir Afrikaans

WET OP OUER PERSONE

NR 13 VAN 2006

(Engelse teks deur die President geteken)

(Goedgekeur op 29 Oktober 2006)

[Datum van inwerkingtreding ]

WET

Om doeltreffend te handel met die toestand van ouer persone deur die

daarstelling van 'n raamwerk wat gerig is op die bemagtiging en beskerming

van ouer persone, en op die bevordering en instandhouding van hul status,

regte, welsyn, veiligheid en sekuriteit; en om voorsiening te maak vir sake wat

daarmee in verband staan.

INLEIDING

AANGESIEN die Grondwet ‘n gemeenskap daarstel wat gegrondves is op

demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en fundamentele menseregte en

daarna strewe om die lewensgehalte van alle inwoners te verbeter en om die

potensiaal van alle persone te bevorder;

EN AANGESIEN, ingevolge die Handves van Menseregte, soos uiteengesit

in die Grondwet, elke persoon ‘n inherente waardigheid het en die reg het dat hul

waardigheid eerbiedig en beskerm sal word;

EN AANGESIEN die Staat ‘n bemagtigende omgewing moet daarstel

waardeur die regte in die Handves van Menseregte gerespekteer, beskerm en

verwesenlik moet word;

EN AANGESIEN dit nodig is om wysigings aan te bring aan bestaande

wette wat betrekking het op ouer persone en om daardeur toeganklike, billike en

bekostigbare dienste aan ouer persone te vergemaklik en om ouer persone in staat

te stel om betekenisvol en konstruktief te lewe in ‘n gemeenskap wat erkenning aan

hulle gee as ‘n belangrike bron van kennis, wysheid en kundigheid;

1. Definisies

(http://www.vra.co.za)

UITEENSETTING VAN ARTIKELS

HOOFSTUK 1

OOGMERKE, IMPLEMENTERING, TOEPASSING EN ALGEMENE BEGINSELS

2. Oogmerke van die Wet

3. Implementering van die Wet

4. Toepassing van die Wet

5. Algemene beginsels

HOOFSTUK 2

DAARSTELLING VAN ‘N MAGTIGENDE EN ONDERSTEUNENDE OMGEWING

VIR OUER PERSONE

6. Ontwikkeling van en voldoening aan nasionale norme en standaarde

7. Regte van ouer persone

8. Steun vir dienste gelewer deur derde partye

9. Rigsnoere vir die verskaffing van dienste

HOOFSTUK 3

GEMEENSKAPSGEBASEERDE VERSORGINGS- EN

ONDERSTEUNINGSDIENSTE VIR OUER PERSONE

10. Regte van ouer persone wat gemeenskapsgebaseerde versorgings- en

ondersteundienste ontvang

11. Gemeenskapsgebaseerde programme vir ouer persone

12. Gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdienste

moet geregistreer word

13. Registrasie van gemeenskapsgebaseerde versorgings- en

ondersteuningsdienste

14. Persone wat tuissorg verskaf

15. Monitering en evaluering van gemeenskapsgebaseerde versorgings-

en ondersteuningsdienste

HOOFSTUK 4

RESIDENSIËLE FASILITEITE

16. Regte van ouer persone in residensiële fasiliteite

17. Dienste in residensiële fasiliteite

18. Verbod op die bedryf van ongeregistreerde residensiële fasiliteite, en

registrasie van sulke fasiliteite

19. Nakoming van voorwaardes vir registrasie van residensiële fasiliteite

20. Stigting van inwonerskomitees vir residensiële fasiliteite

21. Toelating tot residensiële fasiliteite

22. Monitering van geregistreerde residensiële fasiliteite

23. Verslag aan die Minister deur operateurs van residensiële fasiliteite

HOOFSTUK 5

BESKERMING VIR OUER PERSONE

24. Uitwerking van die Wet op die Wet op Gesinsgeweld, 1998

25. Ouer persoon wat sorg en beskerming benodig

26. Aanmelding van misbruik van ouer persone

27. Skriftelike kennisgewing aan beweerde oortreder

28. Prosedure om ‘n beweerde misbruiker van ‘n ouer persoon voor ‘n

landdros te laat verskyn

29. Ondersoek na beweerde misbruik van ‘n ouer of verswakte persoon

30. Verbod op die misbruik van ouer persone en spesiale maatreëls om die

misbruik van ouer persone te bekamp

31. Byhou van register van misbruik van ouer persone

HOOFSTUK 6

ALGEMENE EN BYKOMENDE BEPALINGS

32. Delegasie

33. Strawwe

34. Regulasies

35. Herroeping van wette, oorgangsbepalings en uitsonderings

36. Korttitel en inwerkingtreding

WORD DIT HIERMEE VERORDEN deur die Parlement van die Republiek

van Suid-Afrika, soos volg:-

1. Definisies. - In hierdie Wet, tensy die samehang anders aandui,

beteken –

“Departement” die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in die

nasionale regeringsvlak;

“diens” enige aktiwiteit of program wat ontwerp is vir die voldoening aan die

behoeftes van ‘n ouer persoon;

“Direkteur-generaal” die Direkteur-generaal van die Departement;

“gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdienste”

enige program soos beoog in artikel 11;

“gesondheidsorgverskaffer” ‘n gesondheidsorgverskaffer soos omskryf

deur artikel 1 van die National Health Act 2003 (Wet Nr 61 van 2003);

“hierdie Wet” sluit enige regulasie in;

“landdros” sluit ‘n addisionele landdros en ‘n assistent-landdros in;

“maatskaplike werker” ‘n persoon wat geregistreer is as ‘n maatskaplike

werker ingevolge artikel 17 van die Wet op Maatskaplike Diensberoep, 1978 (Wet Nr

110 van 1978), en wat in diens is van die staat of van ‘n geregistreerde

Welsynsorganisasie;

“Minister” die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling;

“misbruik”, misbruik soos beoog in artikel 30(2);

“operateur” ‘n persoon wat ‘n residensiële fasiliteit bedryf;

“ouer persoon” ‘n persoon wat, in die geval van ‘n man, 65 jaar oud of ouer

is, en, in die geval van ‘n vrou, 60 jaar oud of ouer is;

“ouer persoon wat versorging en beskerming benodig” ‘n ouer persoon

soos beoog in artikel 25(5);

“persoon” sluit ‘n trust in;

“polisiebeampte” ‘n lid, soos omskryf in artikel 1 van die Wet op die Suid-

Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet Nr 68 van 1995) of ‘n lid van ‘n munisipale

Polisiediens, daargestel ingevolge artikel 64A van daardie Wet;

“regulasie” enige regulasie gemaak kragtens artikel 34;

“rehabilitasie” ‘n proses waardeur ‘n ouer persoon in staat gestel word om

sy of haar optimale fisieke, sensoriese, intellektuele, psigiatriese of sosiale

funksionele vlakke te bereik en te behou, en sluit prosedures in vir die herstel van

funksies of vir vergoeding vir die verlies of afwesigheid van ‘n funksie, maar met

uitsluiting van mediese sorg;

“residensiële fasiliteit” ‘n gebou of ander struktuur wat primêr gebruik word

met die doel om verblyf en ‘n 24-uur diens aan ouer persone te verskaf;

“respytsorg” ‘n diens wat spesifiek aangebied word aan ‘n verswakte ouer

persoon en aan ‘n versorger met die doel om tydelike versorging en steun te verskaf;

“skuiling” enige gebou of perseel wat daargestel of gebruik word vir die

ontvangs, beskerming en tydelike versorging van ‘n ouer persoon wat versorging en

beskerming benodig;

“tuissorg” versorging wat verskaf word of dienste wat gelewer word deur ‘n

versorger by die plek waar ‘n verswakte ouer persoon woon, uitsluitend ‘n

residensiële fasiliteit, met die doel om so’n verswakte ouer persoon se maksimale

vlak van gerief in stand te hou, met insluiting van versorging tot en met ‘n waardige

afsterwe;

“versorger” enige persoon wat versorging verskaf;

“versorging” liggaamlike, sielkundige, maatskaplike of materiële bystand

aan ‘n ouer persoon, met insluiting van dienste wat ten doel het om die

lewensgehalte en algemene welsyn van ‘n ouer persoon te bevorder;

“verswakte ouer persoon” ‘n ouer persoon wat 24-uur versorging benodig

weens ‘n liggaamlike of verstandelike toestand wat hom of haar onbevoeg maak om

vir hom- of haarself te sorg;

“voorgeskryf”, voorgeskryf deur regulasie.

HOOFSTUK 1

OOGMERKE, IMPLEMENTERING, TOEPASSING EN ALGEMENE BEGINSELS

2. Oogmerke van die Wet. - Die oogmerke van die Wet is om –

(a) die status, welsyn, veiligheid en sekuriteit van ouer persone te

handhaaf en te bevorder;

(b) die regte van ouer persone te handhaaf en te beskerm;

(c) die klem te verskuif vanaf institusionele versorging na

gemeenskapsgebaseerde versorging, om te verseker dat ‘n ouer

persoon so lank as moontlik in sy of haar woning binne die

gemeenskap aanbly;

(d) die registrasie, totstandkoming en bestuur van dienste te reguleer,

asook die totstandkoming en bestuur van residensiële fasiliteite vir ouer

persone; en

(e) die misbruik van ouer persone te bekamp.

3. Implementering van die Wet. - (1) Hierdie Wet moet geimplementeer

word deur alle staatsinstellings wat dienste aan ouer persone in die nasionale,

provinsiale en, waar van toepassing, plaaslike regeringsvlakke op ‘n geintegreerde,

gekoördineerde en eenvormige wyse verskaf, onderhewig daaraan dat hierdie Wet

funksies en verantwoordelikhede toewys.

(2) Sodanige staatsinstellings moet, met erkenning dat daar

mededingende sosiale en ekonomiese behoeftes bestaan, redelike stappe binne die

maksimum bestek van hul beskikbare hulpmiddele neem om die verwesenliking van

die oogmerke van hierdie Wet te bereik.

(3) Staatsinstellings moet saamwerk aan die ontwikkeling van ‘n

eenvormige benadering wat gerig is op die koördinering en integrering van die

dienste wat aan ouer persone verskaf word, om die implementering van hierdie Wet

te bereik op die wyse soos beoog in sub-artikels (1) en (2).

4. Toepassing van die Wet. - (1) Die regte wat ‘n ouer persoon

ingevolge hierdie Wet het, is aanvullend tot die regte wat ‘n ouer persoon ingevolge

die Handves van Menseregte het.

(2) Alle staatsinstellings en alle amptenare, werknemers en

verteenwoordigers van staatsinstellings, moet die regte van ouer persone soos

vervat in hierdie Wet, respekteer, beskerm en bevorder.

(3) Hierdie Wet is bindend op beide natuurlike of regspersone in sover dit

van toepassing is, met inagneming van die aard van die reg en die aard van elke

verpligting wat deur die reg neergelê is.

5. Algemene Beginsels. – (1) Die algemene beginsels wat in hierdie

artikel uiteengesit is, dien as riglyne vir –

(a) die implementering van alle wetgewing wat op ouer persone van

toepassing is, met insluiting van hierdie Wet, en

(b) alle gedinge, aksies en beslissings deur enige staatsinstelling in enige

aangeleentheid rakende ‘n ouer persoon of ouer persone in die

algemeen.

(2) Alle gedinge, aksies of beslissings in ‘n aangeleentheid rakende ‘n

ouer persoon moet –

(a) die ouer persoon se regte en beste belange en die regte en beginsels

soos in hierdie Wet uiteengesit, respekteer, beskerm, bevorder en

nakom, onderhewig aan enige wettige beperking;

(b) die ouer persoon se inherente waardigheid respekteer;

(c) die ouer persoon regverdig en billik behandel; en

(d) die ouer persoon beskerm teen onbillike diskriminasie op enige gronde,

met insluiting van gronde van die ouer persoon se gesondheidtoestand

of gestremdheid.

(3) In enige aangeleentheid rakende ‘n ouer persoon –

(a) behoort ‘n benadering wat bevorderlik is vir versoening en

probleemoplossing gevolg te word, en ‘n konfronterende benadering

behoort vermy te word; en

(b) ‘n vertraging van enige aksie of beslissing wat gegee moet word, moet

sover moontlik vermy word.

HOOFSTUK 2

DAARSTELLING VAN ‘N MAGTIGENDE EN ONDERSTEUNENDE

OMGEWING VIR OUER PERSONE

6. Ontwikkeling van en voldoening aan nasionale norme en

standaarde. - (1) Die Minister mag, van tyd tot tyd, deur kennisgewing in die

Staatskoerant, nasionale norme en standaarde voorskryf ten einde die aanvaarbare

vlakke van dienste te omskryf wat aan ouer persone voorsien mag word en

ingevolge waarvan dienste gemoniteer en geëvalueer moet word.

(2) Enige persoon wat ‘n diens aan ‘n ouer persoon verskaf moet aan die

norme en standaarde soos beoog in sub-artikel (1), voldoen.

7. Regte van ouer persone. - Ouer persone geniet die regte soos beoog

in artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, en hulle mag in

besonder nie op onbillike wyse die reg ontneem word nie om –

(a) deel te neem aan ‘n gemeenskapslewe in enige hoedanigheid

ooreenkomstig sy of haar belangstellings en vermoëns;

(b) deel te neem aan programme wat verskillende generasies betrek;

(c) te vestig en deel te neem aan strukture en verenigings vir ouer

persone;

(d) deel te neem aan aktiwiteite wat sy of haar vermoë om ‘n inkomste te

genereer verbeter;

(e) in ‘n omgewing te woon wat voosiening maak vir sy of haar

veranderende vermoëns; en

(f) toegang te hê tot geleenthede wat bevorderlik is vir sy of haar optimale

vlak van sosiale, liggaamlike, verstandelike en emosionele welstand.

8. Steun vir dienste gelewer deur derde partye. - (1) Die Minister –

(a) mag, in oorleg met die Minister van Finansies, geldelike toekennings

maak aan diensverskaffers wat maatskaplike dienste aan ouer persone

verskaf, uit fondse wat vir daardie doel deur die Parlement bewillig is;

(b) mag, vir die oogmerke van paragraaf (a), die voorkeure bepaal ten

opsigte van behoeftes van en dienste aan ouer persone;

(c) mag kontrakte op die voorgeskrewe wyse aangaan met

diensverskaffers om te verseker dat die dienste soos beoog in

paragraaf (b) verskaf word;

(d) moet die voorwaardes voorskryf vir die ontvangs van geldelike

toekennings, met insluiting van rekeningkundige maatstawwe,

nakomingsmaatstawwe en norme en standaarde; en

(e) moet regsremedies voorskryf vir die versuim om te voldoen aan die

voorgeskrewe voorwaardes beoog in paragraaf (d).

(2) Die Minister moet ‘n register open en byhou van alle bates wat met

staatsfondse aangekoop is en moet die voorwaardes vir die bestuur van sodanige

bates voorskryf.

9. Rigsnoere vir die verskaffing van dienste. - Enige diens moet

verskaf word in ‘n omgewing wat –

(a) erkenning gee aan die sosiale, kulturele en ekonomiese bydrae van

ouer persone;

(b) deelname van ouer persone in besluitnemingsprosesse op alle vlakke

bevorder.

(c) erkenning gee aan die multidimensionele behoeftes van ouer persone

en derhalwe intersektorale samewerking bevorder;

(d) toegang verseker tot inligting vir, en onderwys en opleiding aan ouer

persone;

(e) die ontwikkeling en basiese versorging van ouer persone in landelike

en stedelike gebiede bevorder;

(f) die voorkoming van uitbuiting van ouer persone bevorder;

(g) die respek en waardigheid van ouer persone bevorder;

(h) verseker dat ouer persone voorkeur ontvang in die voorsiening van

basiese dienste;

(i) voorsiening maak vir die rehabilitasie van en voorsiening van

hulptoestelle aan ouer persone, en

(j) verseker, sover dit prakties is, dat dienste en fasiliteite vir ouer persone

toeganklik is.

HOOFSTUK 3

GEMEENSKAPSGEBASEERDE VERSORGINGS- EN

ONDERSTEUNINGSDIENSTE VIR OUER PERSONE

10. Regte van ouer persone wat gemeenskapsgebaseerde

versorgings- en ondersteuningsdienste ontvang. - ‘n Ouer persoon wat

gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdienste ontvang, het,

bykomend tot die regte beoog in artikel 7, die reg om –

(a) solank dit moontlik is tuis te woon;

(b) geleenthede te benut vir die volle ontwikkeling van sy of haar

potensiaal; en

(c) voordeel te trek uit familie- en gemeenskapversorging en beskerming

ooreenkomstig die gemeenskap se kulturele waardestelsel.

11. Gemeenskapsgebaseerde programme vir ouer persone. - (1) Die

Minister mag, in samewerking met enige tersaaklike Minister of Lid van ‘n

Uitvoerende Komitee van ‘n provinsie –

(a) gemeenskapsgebaseerde programme ontwikkel wat in twee breë

kategorieë val, naamlik –

(i) voorkomings- en bevorderingsprogramme, wat die

selfstandige leefwyse van ‘n ouer persoon verseker in die

gemeenskap waar die ouer persoon woon, en

(ii) tuissorg, wat verseker dat ‘n verswakte ouer persoon

maksimum versorging binne die gemeenskap ontvang deur

middel van ‘n omvattende reeks geintegreerde dienste.

(b) vasstel hoe enige persoon wat ‘n program bedryf soos beoog in

paragraaf (a) finansiëel of andersins ondersteun mag word.

(2) Die programme beoog in subartikel (1) is programme wat gerig is op –

(a) die ekonomiese bemagtiging van ouer persone;

(b) die daarstelling van ontspanningsgeleenthede vir ouer persone;

(c) inligting, opvoedkundige en raadgewende dienste, insluitend MIV en

VIGS, versorging van weeskinders, Alzheimersiekte, swaksinnigheid,

en basiese noodbehandeling;

(d) godsdienstige, kulturele, mediese, burgerlike en maatskaplike dienste;

(e) verskaffing van voedingsgebalanseerde maaltye aan behoeftige ouer

persone;

(f) bevordering van vaardighede en die vermoë van ouer persone om hul

lewensbestaan te kan voortsit;

(g) professionele dienste, insluitend versorging en rehabilitasie om ‘n

selfstandige leefwyse van ouer persone te verseker;

(h) gepaste dienste soos vervat in die armoedebeleid vir kwesbare en

kwalifiserende ouer persone;

(i) die gebruik en bestuur van bestaande fasiliteite vir ouer persone as

meerdoelige gemeenskapsentrums;

(j) geintegreerde gemeenskapsversorging en ontwikkelingstelsels vir ouer

persone; en

(k) programme wat verskillende generasies betrek.

(3) Tuissorgprogramme wat gerig is op verswakte ouer persone binne die

gemeenkap, mag insluit –

(a) voorsiening van higiëniese en liggaamlike versorging vir ouer persone;

(b) voorsiening van professionele- en leke-ondersteuning vir die versorging

van ouer persone in die woning;

(c) rehabilitasieprogramme wat die verskaffing van hulptoestelle insluit;

(d) voorsiening van respytsorg;

(e) inligting, onderrig en berading vir familielede, versorgers en die

gemeenskap oor sake betreffende oudwording en gepaardgaande

toestande; en

(f) voorsiening van gratis gesondheidsorg aan verswakte ouer persone en

aan ander ouer persone soos deur die Minister vasgestel.

12. Gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdienste

moet geregistreer word. - (1) Geen persoon mag gemeenskapsgebaseerde

versorgings- en ondersteuningsdienste verskaf nie, tensy die diens ingevolge

artikel 13 geregistreer is.

(2) ‘n Persoon wat ‘n gemeenskapsgebaseerde versorgings- en

ondersteuningsdiens verskaf wat nie ingevolge artikel 13 geregistreer is nie, is

skuldig aan ‘n oortreding.

13. Registrasie van gemeenskapsgebaseerde versorgings- en

ondersteuningsdienste. - (1) Enige persoon wat ‘n gemeenskapsgebaseerde

versorgings- en ondersteuningsdiens wil verskaf moet by die Direkteur-generaal

aansoek doen vir die registrasie van sodanige diens.

(2) Die Minister moet voorwaardes voorskryf vir die registrasie van

gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdienste, insluitend die

aansoek om registrasie, goedkeuring van registrasie, tydelike registrasie,

terugtrekking en beëindiging van registrasie, en enige aangeleentheid beoog in

subartikel (4).

(3) Registrasie wat ingevolge hierdie artikel verleen is, is nie aan ‘n ander

persoon oordraagbaar nie.

(4) As ‘n diensverskaffer om enige rede voornemens is om die verskaffing

van die diens te beëindig, moet die diensverskaffer, voordat hy of sy die betrokke

diens beëindig -

(a) die Direkteur-generaal van sy of haar voorneme in kennis stel, en van

die implikasies wat sodanige beëindiging vir die betrokke ouer persone

inhou;

(b) die betrokke ouer persone inlig oor die voorgenome beëindiging van

die diens; en

(c) redelike stappe neem om te verseker dat die ouer persone wat deur die

diens bevoordeel word, nie nadelig geraak of aan risiko blootgestel

word nie, en waar toepaslik, verwys word na ‘n persoon wat

soortgelyke dienste lewer.

14. Persone wat tuissorg verskaf. - (1) Enige persoon wat tuissorg

verskaf, moet verseker dat versorgers die voorgeskrewe opleiding ontvang.

(2) Alle maatskaplike werkers en gesondheidsorgverskaffers wat ouer

persone versorg, soos beoog in subartikel (1), moet geregistreer word by die

toepaslike statutêre raad wat vir die betrokke professie verantwoordelik is;

(3) (a) Die Minister moet ‘n register aanlê van alle versorgers wat

tuissorg verskaf en moet ‘n gedragskode vir sodanige versorgers voorskryf.

(b) Paragraaf (a) is nie van toepassing op maatskaplike werkers en

gesondheidsorgverskaffers waarna verwys word in subartikel (2) nie.

(4) Enige persoon wat enige bepaling van hierdie artikel oortree of nie

nakom nie, is skuldig aan ‘n oortreding.

15. Monitering en evaluering van gemeenskapsgebaseerde

versorgings- en ondersteuningsdienste. - Artikel 22 is met die nodige

aanpassings van toepassing ten opsigte van die monitering en evaluering van

gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdienste.

HOOFSTUK 4

RESIDENSIËLE FASILITEITE

16. Regte van ouer persone in residensiële fasiliteite. - ‘n Ouer persoon

wat in ‘n residensiële fasiliteit inwoon, het, benewens die regte wat hy of sy

ingevolge die Handves van Menseregte het, of enige ander regte wat hy of sy mag

besit, die reg –

(a) om ‘n verteenwoordiger aan te stel om namens hom of haar te ageer;

(b) tot redelike toegang tot bystand en besoeke;

(c) tot behoud en gebruik van persoonlike besittings;

(d) tot toegang tot basiese sorg;

(e) tot inligting oor die finansiële status van die residensiële fasiliteit en

veranderinge aan die bestuur;

(f) tot deelname aan sosiale, godsdienstige en gemeenskapsaktiwiteite

van sy of haar keuse;

(g) tot privaatheid;

(h) tot die dienste van sy of haar eie dokter indien hy of sy dit kan bekostig;

en

(i) tot minstens 30 dae kennisgewing van ‘n voorgenome oordrag of

ontslag.

17. Dienste by residensiële fasiliteite. - Die volgende dienste mag by ‘n

residensiële fasiliteit verskaf word, naamlik –

(a) 24-uur versorgings- en ondersteuningsdienste aan verswakte ouer

persone en ouer persone wat spesiale aandag benodig.

(b) versorging en toesighoudende dienste aan ouer persone wat ly aan

swaksinnigheid en verwante siektetoestande;

(c) rehabilitasiedienste;

(d) openbare onderrig oor aangeleenthede rakende veroudering, insluitend

swaksinnigheid;

(e) beradingsdienste aan inwoners en familielede wat sulke dienste

benodig;

(f) implementering en monitering van uitreikprogramme;

(g) verskaffing van beddens vir die tydelike akkomodasie van ouer persone

wat aan risiko blootgestel is;

(h) respytsorgdienste;

(i) opleiding van vrywillige versorgers om verswakte ouer persone te

hanteer; en

(j) sport- en ontspanningsaktiwiteite.

18. Verbod teen die bedryf van ongeregistreerde residensiële

fasiliteite, en registrasie van sulke fasiliteite. - (1)(a) Onderhewig aan artikel 35,

mag geen persoon ‘n residensiële fasiliteit bedryf tensy so ‘n fasiliteit ingevolge

hierdie artikel geregistreer is nie.

(b) Paragraaf (a) is nie van toepassing op ‘n privaat woning waar ‘n ouer

persoon deur ‘n familielid versorg word nie.

(2) ‘n Persoon wat ‘n residensiële fasiliteit wil bedryf, moet op die

voorgeskrewe wyse by die Minister aansoek doen vir die registrasie daarvan.

(3) Die Minister mag, na oorweging van ‘n aansoek beoog in

subartikel (2) –

(a) die aansoek afkeur of dit toestaan, onderhewig aan sodanige

voorwaardes wat hy of sy mag bepaal, en as hy of sy dit toestaan,

bepaal dat ‘n registrasiesertifikaat met vermelding van daardie

voorwaardes in die voorgeskrewe vorm aan die applikant uitgereik

word; of

(b) onderhewig aan sodanige voorwaardes wat hy of sy mag bepaal,

magtiging aan die applikant verleen om die residensiële fasiliteit te

bedryf vir sodanige tydperk, wat nie 12 maande oorskry nie, as wat die

Minister mag bepaal, en gelas dat ‘n tydelike registrasiesertifikaat

waarin daardie voorwaardes uiteengesit word, in die voorgeskrewe

vorm aan die applikant uitgereik word vir gemelde tydperk, en na die

verstryking van die gemelde tydperk, of na kennisgewing deur die

applikant in die voorgeskrewe vorm dat die gemelde voorwaardes

nagekom is, wat ookal eerste gebeur, die aansoek heroorweeg.

(4) Tydelike registrasie soos beoog in subartikel (3)(b), mag nie op

dieselfde voorwaardes vir langer as 12 maande verleng word nie.

(5) Die Minister mag te eniger tyd, na een maand kennisgewing van sy of

haar voorneme om dit te doen, en na oorweging van enige vertoë wat deur hom of

haar gedurende daardie maand ontvang is, die registrasiesertifikaat wat ingevolge

subartikel (3)(a) uitgereik is, wysig of kanselleer.

(6) (a) Die wysiging of kansellasie van sodanige registrasiesertifikaat

moet gedoen word deur kennisgewing aan die houer daarvan, en tree in werking op

‘n datum vermeld in die kennisgewing.

(b) Die datum wat in die kennisgewing vermeld is, mag nie gouer as drie

maande wees vir permanente registrasie nie, en nie gouer as een maand vir tydelike

registrasie nie, gereken vanaf die datum van die kennisgewing, tensy die Minister en

die registrasiesertifikaathouer anders ooreenkom.

(7) ‘n Persoon aan wie ‘n registrasiesertifikaat ingevolge subartikel (3)

uitgereik is, mag dit nie aan enige ander persoon oordra nie.

(8) Indien die registrasie van ‘n residensiële fasiliteit ingevolge subartikel

(5) gekanselleer is, of indien die operateur van ‘n residensiële fasiliteit sodanige

fasiliteit om enige rede wil sluit, moet hy of sy redelike stappe neem om te verseker

dat die betrokke ouer persone met die sluiting van die fasiliteit gehuisves sal word in

‘n ander geregistreerde residensiële fasiliteit of by persone wat, na die mening van ‘n

maatskaplike werker, geskikte en gepaste persone is vir die huisvesting van die ouer

persoon of ouer persone.

(9) Enige persoon wat die bepalings oortree van of versuim om te voldoen

aan enige bepalings van hierdie artikel of van ‘n voorwaarde wat hierkragtens opgelê

is, is skuldig aan ‘n oortreding.

19. Nakoming van voorwaardes vir registrasie van residensiële

fasiliteite. - (1) Indien daar ‘n rede is om te glo dat enige van die voorwaardes soos

beoog in artikel 18(3), nie nagekom word nie, mag die Minister gelas dat bepaalde

stappe geneem word om nakoming van daardie voorwaardes te vergemaklik.

(2) Die operateur van ‘n geregistreerde residensiële fasiliteit moet, te alle

redelike tye, aan die Minister verslag doen van enige omstandighede wat mag lei tot

sy of haar onvermoë om volledig te voldoen aan enige voorwaarde soos beoog in

artikel 18(3).

(3) Indien die registrasie van ‘n residensiële fasiliteit ingevolge arikel 18(5)

gekanselleer is, of indien die operateur van ‘n residensiële fasiliteit besluit om

daardie residensiële fasiliteit te sluit, moet die operateur –

(a) voor die neem van enige besluit om daardie residensiële fasiliteit te

sluit, met die Minister oor die aangeleentheid oorleg pleeg;

(b) die Minister voorsien van ‘n volledige verslag oor die akkomodasie van

die betrokke ouer persone soos ingevolge artikel 18(7) vereis; en

(c) alle bates wat met Staatsfondse gekoop is, aan die Departement

oorhandig.

(4) Enige persoon wat versuim om aan subartikel (3) te voldoen, is skuldig

aan ‘n oortreding.

20. Stigting van inwonerskomitees vir residensiële fasiliteite. -

(1) Indien meer as 10 ouer persone in ‘n residensiële fasiliteit, met uitsondering van

‘n skuiling, inwoon, moet ‘n inwonerskomitee wat die belange van die inwoners

verteenwoordig, deur die inwoners gestig word.

(2) Die Minister moet –

(a) die samestelling van ‘n inwonerskomitee soos beoog in subartikel (1)

voorskryf, wat ‘n weergawe moet wees van die profiel van die inwoners

en wat verteenwoordigers van die inwoners en personeellede van die

betrokke residensiële fasiliteit moet insluit en mag lede van die publiek

insluit;

(b) die verkiesing, aanstelling, kwalifikasies, dienstermyne en gronde vir

verwydering van lede van ‘n inwonerskomitee uit ampte en die vul van

vakatures op so ’n komitee voorskryf; en

(c) die aantal, en prosedure van vergaderings van ‘n inwonerskomitee

voorskryf.

(3) ‘n Inwonerskomitee wat ingevolge subartikel (1) gestig is, moet

verseker dat die bestuurder van die betrokke residensiële fasiliteit –

(a) interaksie tussen die inwoners van die residensiële fasiliteit en hulle

familielede, die algemene publiek en daardie komitee fasiliteer;

(b) gehaltediens aan die inwoners van die residensiële fasiliteit verskaf;

(c) geleenthede skep vir die opleiding van die personeel van die

residensiële fasiliteit;

(d) beginsels van gesonde finansiële bestuur toepas en kwartaalliks

finansiële verslae aan die inwoners en personeel van die residensiële

fasiliteit voorlê;

(e) aktiwiteite in die residensiële fasiliteit monitor ten einde vinnig te handel

met enige gevalle van misbruik van die inwoners van die residensiële

fasiliteit en om stappe te neem om sulke voorvalle aan die

verantwoordelike owerheid te rapporteer;

(f) met die inwonerskomitee oorleg pleeg oor die aanstelling van die

inwonende personeel van die residensiële fasiliteit;

(g) klagteprosedures vir die inwoners en personeel van die residensiële

fasiliteit en persone wat ‘n klagte namens enige sodanige inwoner wil

indien, neer te lê; en

(h) alles doen wat nodig of raadsaam is vir die doeltreffende funksionering

van die residensiële fasiliteit.

21. Toelating tot residensiële fasiliteite. - (1) Geen persoon mag direk of

indirek onbillik teen ‘n ouer persoon diskrimineer wat aansoek doen om toelating tot

‘n residensiële fasiliteit op een of meer van die gronde waarna verwys word in artikel

9(3) van die Grondwet nie.

(2) Indien ‘n persoon toelating tot ‘n residensiële fasiliteit geweier word,

moet die bestuurder van daardie residensiële fasiliteit op versoek van daardie

persoon, skriftelike redes vir die weiering aan daardie persoon gee.

(3) (a) ‘n Ouer persoon mag nie sonder sy of haar toestemming tot ‘n

residensiële fasiliteit toegelaat word nie, tensy sy of haar verstandelike toestand hom

of haar onbevoeg maak om sodanige toestemming te gee, in welke geval ‘n persoon

wat gemagtig is om sodanige toestemming kragtens enige wet of kragtens ‘n

hofbevel te gee, die nodige toestemming mag gee.

(b) By verstek van ‘n persoon bedoel in –

(i) paragraaf (a), mag die nodige toestemming gegee word deur

‘n eggenoot of lewensmaat van die betrokke ouer persoon, of

as daar nie sodanige eggenoot of lewensmaat is nie, ‘n

volwasse kind of broer of suster van die ouer persoon, in die

gelyste volgorde; of

(ii) paragraaf (a) of subparagraaf (i), mag die vereiste

toestemming deur die Minister gegee word.

(c) die toestemming soos beoog in paragraaf (b)(i) of (ii), mag slegs gegee

word nadat ’n mediese praktisyn wat ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe,

1974 (Wet Nr 56 van 1974) geregistreer is, gesertifiseer het dat enige vertraging met

die toelating van die ouer persoon mag lei tot sy of haar dood of tot onomkeerbare

skade aan sy of haar gesondheid.

(4) Die operateur van ‘n residensiële fasiliteit moet alle redelike stappe

neem om die ouer persoon se toestemming te verkry.

(5) Nieteenstaande subartikel (3), moet ‘n ouer persoon wat dit kan

verstaan, ingelig word oor die voorgenome toelating selfs indien sy of haar

verstandelike vermoë dit vir hom of haar onbevoeg maak om die nodige

toestemming ingevolge daardie subartikel te gee.

(6) Die operateur van ‘n residensiële fasiliteit waarin ‘n ouer persoon

toegelaat is nadat toestemming ingevolge subartikel (3)(b) verleen is, moet die

Direkteur-generaal binne 48 uur na die toelating van sodanige toelating in kennis

stel.

(7) By ontvangs van die kennisgewing waarna verwys word in

subartikel (6), mag die Direkteur-generaal sodanige multidissiplinêre span saamstel

soos wat voorgeskryf mag word, ten einde die meriete van die toelating te bepaal en

om die toelating, soos beoog in daardie subartikel, te bekragtig of af te keur.

(8) Enige persoon wat hierdie artikel oortree, is skuldig aan ‘n oortreding.

22. Monitering van geregistreerde residensiële fasiliteite. - (1) ‘n

Maatskaplike werker in diens van die Staat, mag te enige tyd, en enige maatskaplike

werker of persoon wat deur die Direkteur-generaal aangewys is, moet, indien so

versoek deur die Direkteur-generaal -

(a) ‘n geregistreerde residensiële fasiliteit besoek en monitor om nakoming

van hierdie Wet te verseker;

(b) ‘n onderhoud voer met enige ouer persoon wat in so ’n residensiële

fasiliteit versorg of geakkomodeer word;

(c) met of sonder die medewerking van ‘n gesondheidsorgverskaffer

navraag doen na die welsyn van enige sodanige ouer persoon;

(d) enige persoon wat in besit of in beheer is van enige boek of dokument

wat verband hou met so ’n residensiële fasiliteit, gelas om so ’n boek of

dokument aan hom of haar vir inspeksie beskikbaar te stel;

(e) ‘n verslag aan die Direkteur-generaal voorlê oor die uitslag van die

inspeksie; en

(f) die operateur van die residensiële fasiliteit voorsien van ‘n verslag oor

die bevindinge van die inspeksie.

(2) ‘n Maatskaplike werker of aangewese persoon wat enige mag uitoefen

ingevolge subartikel (1) moet, op versoek van die bestuurder van die betrokke

residensiële fasiliteit of die persoon in beheer oor die betrokke plek, wat ookal die

geval mag wees, ‘n sertifikaat voorlê wat deur die Direkteur-generaal uitgereik is wat

verklaar dat hy of sy so ’n maatskaplike werker of aangewese persoon is.

(3) ‘n Maatskaplike werker of aangewese persoon mag ‘n

nakomingskennisgewing aan die betrokke operateur uitreik indien ‘n bepaling van

hierdie Wet nie nagekom is nie.

(4) ‘n Nakomingskennisgewing bly van krag totdat die betrokke bepaling

van hierdie Wet nagekom is, en die maatskaplike werker of aangewese persoon ‘n

sertifikaat van nakoming ten opsigte van die betrokke kennisgewing uitgereik het.

(5) ‘n Persoon is skuldig aan ‘n oortreding indien hy of sy –

(a) ‘n maatskaplike werker of aangewese persoon dwarsboom of hinder in

die uitvoering van sy of haar pligte ingevolge subartikel (1);

(b) weier om ‘n maatskaplike werker of aangewese persoon toegang te

verleen tot ‘n ouer persoon wat versorg of geakkomodeer word in die

residensiële fasiliteit waarna verwys word in subartikel (1); of

(c) weier of versuim om te voldoen aan ‘n lasgewing ingevolge subartikel

(1)(d).

23. Verslag aan die Minister deur operateurs van residensiële

fasiliteite. - (1) Die operateur van ‘n geregistreerde residensiële fasiliteit moet binne

60 dae vanaf die einde van die finansiële jaar van daardie residensiële fasiliteit ‘n

verslag aan die Minister voorlê wat daardie finansiële jaar dek ten opsigte van –

(a) voldoening aan –

(i) die voorgeskrewe standaarde van diens; en

(ii) die voorgeskrewe maatreëls om die misbruik van ouer persone te

voorkom en te bekamp; en

(b) die bepalings van die voorgeskrewe diensvlakooreenkomste wat

gedurende daardie finansiële jaar aangegaan is.

(2) Indien die operateur van ‘n geregistreerde residensiële fasiliteit versuim

om die verslag ingevolge subartikel (1) in te dien, mag die Minister –

(a) aan daardie operateur kennis gee dat indien sodanige verslag nie

binne 90 dae vanaf datum van die kennisgewing ingedien word nie, die

registrasie teruggetrek mag word; en

(b) indien sodanige verslag nie binne 90 dae vanaf die datum van die

kennisgewing ingevolge paragraaf (a) ingedien word nie, sodanige

registrasie terugtrek nadat een maand kennis gegee is van die

voorneme om dit te doen.

HOOFSTUK 5

BESKERMING VIR OUER PERSONE

24. Uitwerking van die Wet op die Wet op Gesinsgeweld, 1998. - Die

bepalings van hierdie Wet moet nie so uitgelê word dat dit beperkend, wysigend,

herroepend of andersins veranderend sal wees van enige bepalings van die Wet op

Gesinsgeweld, 1998 (Wet Nr 116 van 1998) nie, of dat dit enige persoon vrystel van

enige plig of verpligting wat deur daardie Wet opgelê is nie of wat enige persoon

verbied om aan enige bepaling van daardie Wet te voldoen nie.

25. ‘n Ouer persoon wat versorging en beskerming benodig. -

(1) Enige persoon wat in ‘n professionele hoedanigheid betrokke is by ‘n ouer

persoon en wat deur persoonlike waarneming tot die gevolgtrekking kom dat die

ouer persoon versorging en beskerming benodig, moet sodanige gevolgtrekking aan

die Direkteur-generaal rapporteer.

(2) Enige ander persoon as ‘n persoon genoem in subartikel (1) wat van

mening is dat ’n ouer persoon versorging en beskerming benodig, mag sodanige

mening aan ‘n maatskaplike werker rapporteer.

(3) Die Direkteur-generaal of die maatskaplike werker aan wie die rapport

gemaak is, moet die saak ondersoek.

(4) Indien die rapport deur die ondersoek bevestig word, mag die

Direkteur-generaal of die betrokke maatskaplike werker een of meer van die

volgende stappe neem, naamlik –

(a) om die oorplasing van die betrokke ouer persoon na ‘n hospitaal, in

geval van ‘n besering, of na ‘n skuiling te fasiliteer;

(b) om verslag te doen aan ‘n polisiebeampte en laasgenoemde te versoek

om ingevolge artikel 27 op te tree;

(c) enige verdere stappe te neem soos wat voorgeskryf mag wees om te

verseker dat daar behoorlike voorsiening gemaak is vir die basiese

behoeftes en beskerming van die betrokke ouer persoon; of

(d) indien die betrokke ouer persoon die slagoffer is van ‘n oortreding of ‘n

misdaad, die ouer persoon bystaan om ‘n polisiebeampte te spreek om

‘n klagte te lê.

(5) ‘n Ouer persoon wat sorg en beskerming benodig, is iemand –

(a) wie se inkomste, bates of ouderdomstoelaag teen sy of haar wense

van hom of haar weggeneem is, of wat ly weens enige ander

ekonomiese misbruik;

(b) wat teenstrydig met sy of haar wense weggeneem is vanaf sy of haar

eiendom, of wat onregmatig uitgesit is uit enige eiendom wat deur hom

of haar bewoon word;

(c) wat verwaarloos of verlate is sonder enige sigbare wyse van

ondersteuning;

(d) wat in die strate woon of werk of bedel vir ‘n lewensbestaan;

(e) wat misbruik maak van of verslaaf is aan ‘n middel en sonder

ondersteuning of behandeling vir sodanige misbruik of verslawing;

(f) wat in omstandighede lewe wat vermoedelik kan lei of aanleiding kan

gee tot verleiding, ontvoering of seksuele uitbuiting;

(g) wat in omstandighede lewe of blootgestel is aan omstandighede wat so

’n ouer persoon liggaamlik of verstandelik mag benadeel; of

(h) wat in ‘n toestand van liggaamlike, verstandelike of maatskaplike

verwaarlosing is.

26. Aanmelding van misbruik van ouer persone. - (1) Enige persoon

wat ‘n vermoede het dat ‘n ouer persoon misbruik was of ly aan ‘n misbruikverwante

besering, moet onmiddellik sy vermoede aan die Direkteur-generaal of ‘n

polisiebeampte meedeel.

(2) ‘n Persoon wat te goeder trou ‘n mededeling ingevolge subartikel (1)

doen, is nie daarvoor aanspreeklik nie.

(3) ‘n Persoon wat versuim om aan subartikel (1) te voldoen is skuldig aan

‘n oortreding.

(4) By ontvangs van ‘n mededeling ingevolge subartikel (1) –

(a) moet die Direkteur-generaal die saak ondersoek en as die vermoede

deur die ondersoek bevestig word, is artikel 25(4) van toepassing; en

(b) die polisiebeampte moet die Direkteur-generaal in kennis stel van die

beweerde misbruik of, indien hy of sy tevrede is dat dit in die beste

belang van die ouer persoon sal wees as die beweerde oortreder uit

die huis of plek waar die ouer persoon woon, verwyder word, moet hy

of sy ingevolge artikel 27 optree.

(5) Subartikel 4(a) is met die nodige aanpassings van toepassing indien

die Direkteur-generaal inligting soos bedoel in subartikel (4)(b), ontvang.

27. Skriftelike kennisgewing aan beweerde oortreder. - (1) ‘n

Polisiebeampte aan wie ‘n rapport soos beoog in artikel 25(4)(b), gemaak is, of wat

oortuig is dat dit in die beste belang van die ouer persoon sal wees indien die

beweerde oortreder uit die huis of plek waar die ouer persoon woon, verwyder word,

moet ‘n skriftelike kennisgewing uitreik wat -

(a) die name, van, woonadres, beroep en status van die beweerde

oortreder bevat;

(b) die beweerde oortreder gelas om die huis of plek waar die ouer

persoon woon, te verlaat, en om hom of haar daarvan te weerhou om

sodanige huis of plek te betree, of om kontak met die ouer persoon te

maak tot en met die verhoor soos in paragraaf (c) uiteengesit;

(c) die beweerde oortreder gelas om voor ‘n landdroshof wat jurisdiksie

het, te verskyn op ‘n datum en tyd in die skriftelike kennisgewing

gespesifiseer, om redes aan te voer waarom hy of sy nie permanent

verbied moet word om die huis of plek waar die ouer persoon woon te

betree nie: Met dien verstande dat die datum aldus gespesifiseer die

eerste hofdag moet wees na die datum waarop die kennisgewing

uitgereik is;

(d) ‘n sertifikaat bevat wat deur die polisiebeampte onderteken is dat hy of

sy die oorspronklike skriftelike kennisgewing aan die beweerde

oortreder oorhandig het en dat hy of sy aan die beweerde oortreder die

belangrikheid daarvan verduidelik het.

(2) Die polisiebeampte moet onverwyld ‘n duplikaat-oorspronklike van die

skriftelike kennisgewing aan die klerk van die betrokke landdroshof stuur.

(3) Die blote voorlegging aan die landdroshof van die duplikaatoorspronklike

vermeld in subartikel (2) is prima facie bewys van die uitreiking van die

oorspronklike daarvan aan die beweerde oortreder en dat sodanige oorspronklike

aan die oortreder oorhandig is.

(4) Artikel 55 van die Strafproseswet, 1977 (Wet Nr 51 van 1977) is, met

die nodige aanpassings, van toepassing op ‘n skriftelike kennisgewing wat aan ‘n

beweerde oortreder ingevolge subartikel (1) oorhandig is.

(5) ‘n Landdroshof voor wie ‘n beweerde oortreder verskyn aan wie ‘n

skriftelike kennisgewing ingevolge subartikel (1) uitgereik is, mag summier

ondersoek instel na die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die uitreiking

van die kennisgewing.

(6) Die landdroshof, mag na oorweging van die omstandighede wat

aanleiding gegee het tot die skriftelike kennisgewing en na aanhoor van die

beweerde oortreder –

(a) ‘n bevel uitvaardig wat die beweerde oortreder verbied om die huis of

plek waar die ouer persoon woon, te betree of om enige kontak met die

ouer persoon te hê, of beide die betreding van die huis of plek en die

kontak met die ouer persoon te verbied, vir sodanige tydperk soos die

hof gerade mag ag;

(b) beveel dat die beweerde oortreder die huis of plek waar die ouer

persoon woon, mag betree of kontak met die ouer persoon mag hê op

sodanige voorwaardes wat verseker dat die ouer persoon se belange

ten beste gedien sal word;

(c) beveel dat die beweerde oortreder aanspreeklik sal wees vir die

onderhoud van sy of haar familie tydens die tydperk in paragraaf (a)

beoog, of

(d) sodanige ander bevel oor die aangeleentheid maak soos die hof

gerade mag ag.

(7) Misbruik deur ‘n polisiebeampte van ‘n mag waarna verwys word in

subartikel (1), is gronde vir dissiplinêre optrede soos beoog in artikel 40 van die Wet

op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet Nr 68 van 1995) teen so ’n

polisiebeampte.

(8) ‘n Persoon is skuldig aan ‘n oortreding indien daardie persoon –

(a) uitgereik is met ‘n skriftelike kennisgewing soos beoog in subartikel (1)

en -

(i) weier om die huis of plek waar die ouer persoon woon te verlaat;

of

(ii) teenstrydig met die skriftelike kennisgewing, kontak met die ouer

persoon maak;

(b) ‘n bevel van die landdroshof wat ingevolge die bepalings van subartikel

(6) uitgereik is, of enige voorwaardes wat in so ‘n bevel vervat is,

verontagsaam of versuim om daaraan te voldoen.

28. Prosedure om ‘n beweerde misbruiker van ‘n ouer persoon voor

‘n landdros te bring. - (1) Indien ‘n maatskaplike werker of ‘n

gesondheidsorgverskaffer ‘n skriftelike verklaring onder eed of bevestiging aan ‘n

staatsaanklaer maak of oorhandig, en daar word in so ’n verklaring beweer dat enige

persoon binne die jurisdiksiegebied van die landdroshof waaraan die staatsaanklaer

verbind is, ‘n ouer persoon misbruik, mag so ’n staatsaanklaer, onderhewig aan

subartikel (2), die klerk van die hof versoek om ‘n dagvaarding uit te reik waarin

sodanige eersgenoemde persoon ingelig word oor die bewerings teen hom of haar,

en hy of sy gelas word om op ‘n gegewe datum en tyd te verskyn voor ‘n landdros

binne daardie gebied.

(2) ‘n Staatsaanklaer mag nie ingevolge subartikel (1) die klerk van die hof

versoek om ‘n dagvaarding uit te reik, tensy hy of sy ‘n verslag van ‘n maatskaplike

werker of van ’n gesondheidsorgverskaffer oor die beweerde misbruik van die

betrokke ouer persoon bekom het nie.

(3) Indien die landdros op grond van die verklaring onder eed of

bevestiging waarna verwys word in subartikel (1), rede het om te vermoed dat ‘n

maatskaplike werker of gesondheidsorgverskaffer verhinder of verbied sal word om

die plek waar die betrokke ouer persoon woon, binne te gaan met die doel om die

nodige ondersoek te doen vir oogmerke van die verslag waarna verwys word in

subartikel (2), of indien sodanige maatskaplike werker of gesondheidsorgverskaffer

verhinder of verbied was om dit te doen, mag die betrokke landdros op aansoek van

die staatsaanklaer, ‘n lasbrief uitreik waardeur die maatskaplike werker of

gesondheidsorgverskaffer gemagtig word om daardie plek binne te gaan of te betree

vir die oogmerke van so ’n ondersoek.

(4) ‘n Landdros mag in ‘n lasbrief wat ingevolge subartikel (3) deur hom of

haar uitgereik is, die maatskaplike werker of die gesondheidsorgverskaffer magtig

om ‘n polisiebeampte met hom of haar saam te neem vir die doel van die ondersoek

waarna in die genoemde subartikel verwys word;

(5) Die Strafproseswet, 1977, (Wet Nr 51 van 1977), is met die nodige

aanpassings van toepassing ten opsigte van dagvaardings wat ingevolge hierdie

artikel uitgereik is betreffende die vorm en wyse van betekening van dagvaardings in

strafsake in laer howe, die tyd wat vir ‘n persoon wat gedagvaar is om te verskyn,

toegelaat word om te verskyn, en die wyse waarop gehandel word met persone wat

gedagvaar is om te verskyn indien hulle versuim om te verskyn of om teenwoordig te

bly, soos vereis.

(6) ‘n Persoon is skuldig aan ‘n oortreding indien daardie persoon –

(a) ‘n maatskaplike werker of ‘n gesondheidsorgverskaffer dwarsboom of

hinder in die uitvoering van sy of haar pligte ingevolge hierdie artikel; of

(b) weier om aan ‘n maatskaplike werker of ‘n gesondheidsorgverskaffer

enige inligting tot sy of haar beskikking in verband met die beweerde

misbruik van ‘n ouer persoon te verskaf, en wat so ’n beampte benodig

vir die doel van die ondersoek vermeld in subartikel (3).

29. Ondersoek na misbruik van ‘n ouer persoon. - (1) ‘n Landdros voor

wie ‘n persoon gebring word ingevolge artikel 28, moet, onderhewig aan hierdie

artikel, die korrektheid of andersins van die bewerings uiteengesit in die betrokke

dagvaarding, ondersoek.

(2) Die staatsaanklaer of enige ander persoon wat deur die landdros vir

die doel aangewys is, moet by die ondersoek verskyn en mag getuies roep en enige

ander getuies wat by die ondersoek getuig, kruisondervra.

(3) Die persoon teen wie die betrokke bewerings gemaak is, mag getuienis

aflê en hy of sy, of sy of haar regsverteenwoordiger, mag getuies wat ingevolge

subartikel (2) geroep is, kruisondervra, en mag getuies roep en moet die geleentheid

gegee word om redes aan te voer waarom ‘n bevel nie ingevolge subartikel (10)

uitgereik behoort te word nie.

(4) Onderhewig aan enigiets tot die teendeel wat in hierdie Wet vervat is,

is die reg wat geld op strafverhore in landdroshowe met die nodige aanpassings, van

toepassing op getuiedagvaardings, die roep en ondervraging van getuies vir die doel

van of tydens die ondersoek, die aflê van getuienis en die oorlegging van dokumente

en ander items wat daarmee saamgaan, en die betaling van toelaes aan getuies.

(5) Die landdros wat die ondersoek behartig, mag bepaal of die verrigtinge

in ‘n oop hof of agter geslote deure gehou sal word, al dan nie.

(6) Artikel 159(1) van die Strafproseswet, 1977 (Wet Nr 51 van 1977) is, in

soverre dit verband hou met die verhoor van ‘n strafsaak in die afwesigheid van ‘n

beskuldigde, ten opsigte van ‘n ondersoek wat geskied ingevolge hierdie artikel, met

die nodige aanpassings van toepassing.

(7) Artikel 108 van die Wet op Landdroshowe, 1944 (Wet Nr 32 van 1944),

geld met die nodige aanpassings ten opsigte van enige verrigtinge in verband met ‘n

ondersoek wat ingevolge hierdie artikel gehou word.

(8) Die verslag waarna verwys word in artikel 28(2), moet aan die landdros

wat die ondersoek behartig, voorgelê word, en hy of sy mag die distriksgeneesheer,

‘n psigiater of ‘n kliniese sielkundige gelas om die betrokke ouer persoon te

ondersoek en om die landdros te voorsien van ‘n verslag oor die bevindinge van so

’n ondersoek.

(9) Die inhoud van ‘n verslag wat ingevolge subarikel (8) voorgelê of

verkry is, moet aan die persoon teen wie die bewerings gemaak was, openbaar

word, en indien hy of sy dit verlang, moet aan hom of haar of aan sy of haar

regsverteenwoordiger ‘n geleentheid gegee word om die persoon wat die verslag

gelewer het, te kruisondervra, ten opsigte van enige aangeleentheid wat voortspruit

uit die verslag, en om enige bewering wat daarin gemaak word, te weerlê.

(10) Indien, na oorweging van die getuienis en van enige verslag wat

ingevolge subartikel (8) voorgelê of verkry is, dit aan die landdros blyk dat enige

bewering in die dagvaarding korrrek is, mag die landdros –

(a) die betrokke persoon magtig om die betrokke ouer persoon te

akkomodeer of te versorg, onderhewig aan sodanige voorwaardes

soos die landdros mag oplê; of

(b) die betrokke persoon verbied om die ouer persoon te akkomodeer of te

versorg vir sodanige tydperk, maar nie langer as 10 jaar nie, as wat die

landdros mag bepaal.

(11) Enige persoon wat enige voorwaarde wat ingevolge subartikel (10)(a)

opgelê is, oortree of versuim om daaraan te voldoen, of wat subartikel (10)(b)

oortree of versuim om daaraan te voldoen, is skuldig aan ‘n oortreding.

30. Verbod op misbruik van ouer persone en spesiale maatreëls om

misbruik van ouer persone te bekamp. - (1) Enige persoon wat ‘n ouer persoon

misbruik is skuldig aan ‘n oortreding.

(2) Enige gedrag of versuim om gepas op te tree, wat plaasvind binne ‘n

verhouding waar daar ‘n verwagting van vertroue is, wat nadeel of angs veroorsaak

of wat waarskynlik nadeel of angs vir ‘n ouer persoon kan veroorsaak, is misbruik

van ‘n ouer persoon.

(3) Vir die oogmerke van subartikel (2) sluit “misbruik” liggaamlike,

seksuele, sielkundige en ekonomiese misbruik in, en beteken –

(a) “liggaamlike misbruik” enige daad of dreigement van liggaamlike

geweld teen ‘n ouer persoon;

(b) “seksuele misbruik” enige gedrag wat die seksuele integriteit van ‘n

ouer persoon skend;

(c) “sielkundige misbruik” enige patroon van degraderende of

vernederende gedrag teenoor ‘n ouer persoon, insluitend –

(i) herhaalde beledigings, bespotting of beswaddering;

(ii) herhaalde dreigemente wat emosionele lyding veroorsaak; en

(iii) herhaalde skending van ‘n ouer persoon se privaatheid, vryheid,

integriteit of veiligheid;

(d) “ekonomiese misbruik” beteken –

(i) die ontneming van ekonomiese en finansiële bronne waarop ‘n

ouer persoon kragtens enige wet geregtig is;

(ii) die onredelike ontneming van ekonomiese en finansiële bronne

wat die ouer persoon uit nood nodig het;

(iii) die vervreemding van huishoudelike artikels of ander eiendom wat

aan ‘n ouer persoon behoort, sonder die ouer persoon se

toestemming.

(4) Wanneer ‘n hof, nadat ‘n persoon skuldig bevind is aan enige misdaad

of oortreding, bevind dat die beskuldigde ‘n ouer persoon misbruik het in die

uitvoering van die misdaad of oortreding, moet sodanige bevinding beskou word as

‘n verswarende omstandigheid vir doeleindes van vonnis.

31. Byhou van ‘n register van misbruik van ouer persone. – (1) Die

Minister moet op die voorgeskrewe wyse ‘n register byhou van persone wat skuldig

bevind is aan die misbruik van ‘n ouer persoon of aan enige misdaad of oortreding

soos beoog in artikel 30(4).

(2) ‘n Persoon wie se naam verskyn in die register soos beoog in

subartikel (1), mag nie op enige wyse –

(a) ‘n residensiële fasiliteit bedryf of daar in diens geneem word nie;

(b) enige gemeenskapsgebaseerde versorgings- en

ondersteuningsdienste aan ‘n ouer persoon verskaf nie.

HOOFSTUK 6

ALGEMENE EN BYKOMENDE BEPALINGS

32. Delegasie. - (1) Die Minister mag –

(a) aan enige amptenaar van die Departement enige mag delegeer wat

aan die Minister toevertrou is deur hierdie Wet, behalwe die mag om

regulasies te maak; en

(b) enige sodanige amptenaar magtig om enige plig te vervul wat deur

hierdie Wet aan die Minister toevertrou is.

(2) Die Minister mag, met die instemming van die Premier van ‘n

provinsie –

(a) aan die Lid van die Uitvoerende Komitee van daardie provinsie wat

verantwoordelik is vir maatskaplike ontwikkeling, enige mag delegeer

wat deur hierdie Wet aan die Minister toevertrou is, behalwe die mag

om regulasies te maak; en

(b) daardie Lid van die Uitvoerende Komitee magtig om enige plig te vervul

wat deur hierdie Wet aan die Minister toevertrou is.

(3) Die Lid van die Uitvoerende Komitee van ‘n provinsie verantwoordelik

vir maatskaplike ontwikkeling mag –

(a) aan enige amptenaar van die betrokke provinsiale administrasie enige

mag delegeer wat aan daardie Lid ingevolge subartikel (2) gedelegeer

is; en

(b) enige sodanige amptenaar magtig om enige plig te vervul wat daardie

Lid by magte is om ingevolge subartikel (2) te vervul.

(4) Die Direkteur-generaal mag –

(a) aan enige amptenaar van die Departement enige magte delegeer wat

ingevolge hierdie Wet aan die Direkteur-generaal toevertrou is;

(b) enige sodanige amptenaar magtig om enige plig te vervul wat deur die

Wet aan die Direkteur-generaal toevertrou is.

(5) Die Direkteur-generaal mag, met die instemming van die betrokke

Direkteur-generaal van ‘n provinsiale administrasie –

(a) aan die Departementshoof van daardie provinsie wat verantwoordelik is

vir maatskaplike ontwikkeling, enige mag delegeer wat aan die

Direkteur–generaal toevertrou is deur hierdie Wet; en

(b) daardie Hoof van die Departement magtig om enige plig te vervul wat

deur hierdie Wet aan die Direkteur-generaal toevertrou is;

(6) ‘n Departementshoof mag –

(a) aan enige ander amptenaar van die betrokke provinsiale administrasie

enige mag delegeer wat aan hom of haar ingevolge subartikel (5)

gedelegeer is; en

(b) sodanige amptenaar magtig om enige plig te vervul wat hy of sy

gemagtig is om ingevolge subartikel (5) te vervul.

(7) Enige persoon aan wie enige mag gedelegeer is of wat gemagtig is om

enige plig ingevolge hierdie artikel te vervul, moet sodanige mag uitoefen of

sodanige plig vervul, onderhewig aan sodanige voorwaardes wat die persoon wat

die delegasie verrig het of die pligte gemagtig het, nodig ag.

(8) Enige delegasie van mag of magtiging aan ‘n persoon onder hierdie

subartikel –

van –

(a) moet skriftelik wees;

(b) verhoed nie die persoon wat die delegasie verleen of die magtiging

gegee het om self daardie mag te gebruik of die plig te vervul nie;

(c) mag te eniger tyd skriftelik teruggetrek word deur daardie persoon.

33. Strawwe. - Enige persoon wat skuldig bevind word aan ‘n oortreding

(a) artikel 12(2), 14(4), 18(8), 19(4), 22(5)(a), (b) of (c) of 28(6)(a) of (b) is

strafbaar met ‘n boete of gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens

een jaar, of beide ‘n boete en sodanige gevangenisstraf; of

(b) artikel 21(8), 26(3), 27(8)(a) of (b), 29(11) of 30(1) is strafbaar met ‘n

boete of gevangenissttraf vir ‘n tydperk van hoogstens vyf jaar, of met

beide ‘n boete en sodanige gevangenisstraf.

34. Regulasies. – (1) Die Minister mag regulasies maak rakende –

(a) enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf mag of

moet word;

(b) die formaat van enige aansoek, magtiging, sertifikaat, toestemming,

kennisgewing, bevel, register, prosesstuk of getuiedagvaarding wat

ingevolge hierdie Wet gemaak, toegestaan, gegee, uitgereik of gehou

is of mag word, en enige ander formaat wat nodig is om hierdie Wet te

administreer;

(c) die prosedure wat gevolg moet word en die voorwaardes wat opgelê

mag word in verband met die registrasie van residensiële fasiliteite, en

die minimum standaarde waaraan sulke residensiële fasiliteite moet

voldoen;

(d) die boeke, rekeninge, en registers wat gehou moet word deur die

bestuurders van residensiële fasiliteite, die wyse waarop sulke boeke,

rekeninge en registers gehou en hanteer moet word, en die opgawes

en verslae wat in verband met sulke fasiliteite gelewer moet word;

(e) die rekords wat gehou moet word deur enige persoon wat teen

vergoeding, hetsy geld of goedere, ‘n ouer of verswakte persoon in

enige ander plek as ‘n residensiële fasiliteit versorg of huisves;

(f) maatreëls wat –

(i) die misbruik van ouer persone voorkom, bekamp en hanteer;

(ii) aangewend word om persone te bevoordeel wat benadeel was

deur onbillike diskriminasie;

(iii) die regte van inwoners in residensiële fasiliteite bevorder;

(iv) die regte van ouer persone wat nie in residensiële fasiliteite is nie

bevorder;

(g) die formaat en omvang van die diensvlakooreenkomste tussen die

inwoners en die inwonerskomitee van ‘n residensiële fasiliteit;

(h) die minimum norme en standaarde vir toelating van persone tot

residensiële fasiliteite;

(i) standaarde van dienste;

(j) die vlakke van gemeenskapsgebaseerde versorgings- en

ondersteuningsdienste;

(k) die byhou van registers ingevolge artikel 31; en

(l) oor die algemeen, enige ander aanvullende of meegaande

administratiewe of prosedurele aangeleentheid wat nodig is om die

behoorlike implementering van hierdie Wet voor te skryf.

(2) Die regulasies mag bepaal dat enige persoon wat enige regulasie

oortree of versuim om daaraan te voldoen, skuldig is aan ‘n oortreding en by

skuldigbevinding ‘n boete of gevangenisstraf van nie langer nie as een jaar of beide

‘n boete en sodanige gevangenisstraf opgelê mag word.

(3) Enige regulasie wat ingevolge subartikel (1) gemaak word wat die

Suid-Afrikaanse Polisiediens raak, moet gemaak word na oorlegpleging met die

Minister van Veiligheid en Sekuriteit.

(4) Enige regulasie wat ingevolge subartikel (1) gemaak is wat handel met

die grootte of waarde van dienste en subsidies en met die kriteria vir keuring van

dienste, moet met die instemming van die Minister van Finansies gemaak word.

(5) Voor die Minister enige regulasie ingevolge hierdie artikel maak, moet

hy of sy eers ‘n konsep van die voorgestelde regulasie in die Staatskoerant

publiseer, saam met ‘n kennisgewing waarin hy of sy belanghebbende persone

uitnooi om skriftelike kommentaar te lewer, binne die tydperk in die kennisgewing

genoem, nie minder as 30 dae vanaf die datum van publikasie van die kennisgewing

nie.

(6) Die Minister moet die konsepregulasies soos beoog in subartikel (5),

saam met die kommentare wat ontvang is, voor finale publikasie aan die Parlement

voorlê.

(7) Die Minister mag, indien omstandighede die onmiddellike publikasie

van ‘n regulasie genoodsaak, daardie regulasie publiseer sonder die konsultasie

soos beoog in subartikel (5).

35. Herroep van Wette, en oorgangsbepalings en uitsonderings. -

(1) Die Wet op Bejaarde Persone, 1967 (Wet Nr 81 van 1967) en die Wysigingswet

op Bejaarde Persone, 1998 (Wet Nr 100 van 1998), word hiermee herroep.

(2) Enige persoon wat ‘n huis vir bejaardes bestuur wat onmiddellik voor

die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet ingevolge die Wet op Bejaarde

Persone, 1967 (Wet Nr 81 van 1967) geregistreer was, moet binne 12 maande vanaf

die datum waarop hierdie Wet in werking tree, aansoek doen vir registrasie

ingevolge artikel 18 van hierdie Wet.

(3) ‘n Huis vir Bejaardes soos beoog in subartikel (2), bly ingevolge die

Wet op Bejaarde Persone, 1967 (Wet Nr 81 van 1967) geregistreer totdat die

Minister die aansoek soos beoog in artikel 18 van hierdie Wet, toestaan of afkeur.

(4) Enige bestuurder wat onmiddellik voordat hierdie Wet in werking tree,

‘n subsidie ontvang het ingevolge artikel 2 van die Wet op Bejaarde Persone, 1967

(Wet Nr 81 van 1967), gaan voort om sodanige subsidie te ontvang vir 12 maande

vanaf datum van inwerkingtreding van hierdie Wet.

(5) Enige handeling wat verrig was of geag word dat dit verrig was

ingevolge enige bepaling van ‘n Wet wat deur subartikel (1) herroep word, en wat

ingevolge hierdie Wet gedoen mag of moet word, moet geag word dat dit gedoen

was ingevolge die ooreenstemmende bepaling van hierdie Wet.

36. Kort titel en inwerkingtreding. - Hierdie Wet word die Wet op Ouer

Persone, 2006, genoem, en tree in werking op ‘n datum wat die President deur ‘n

proklamasie in die Staatskoerant bepaal.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!