06.05.2013 Views

NUWE Drama prelim AFR 2012.pdf - sacai

NUWE Drama prelim AFR 2012.pdf - sacai

NUWE Drama prelim AFR 2012.pdf - sacai

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

DRAMATIESE KUNSTE

TOTAAL: 150

TYD: 3 UUR

REKORDEKSAMEN

2012

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 10 BLADSYE.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 1

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. BEANTWOORD SLEGS DIE VRAE GEBASEER OP DIE TONEELTEKSTE WAT JY

BEHANDEL HET

4.

2. Daar word VYFTIEN minute leestyd toegestaan voor die begin van die eksamen.

3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A (30)

AFDELING B (60)

AFDELING C (60)

AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER

Hierdie afdeling bestaan uit een vraag wat fokus op LO3:

HIERDIE AFDELING IS VERPLIGTEND

Vraag 1: Absurde Teater (Afspraak met Godot)

5.

AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER

Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae wat fokus op LO3 en spesifieke toneelstukke van

Suid-Afrikaanse Teater.

Beantwoord slegs TWEE vrae uit AFDELING B

VRAAG 2: Boesman en Lena

VRAAG 3: Woza Albert

VRAAG 4: Siener in die Suburbs

VRAAG 5: Nothing but the truth

6.

AFDELING C: REFLEKTEER EN EVALUEER

AFDELING C bestaan uit DRIE vrae: VRAAG 6, VRAAG 7.1 en VRAAG 7.2. Beantwoord

enige TWEE van die DRIE vrae.

7. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik

is.

8. Neem die puntetoekenning in ag by elke vraag en trek ‘n lyn na elke afdeling.

9. Gebruik jou klaskamerkennis asook onafhanklike en kreatiewe denke om die vrae te

beantwoord.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 2

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER

VERPLIGTE VRAAG

VRAAG 1: ABSURDE TEATER (Afspraak met Godot)

Beantwoord die vrae:

1.1 Bespreek DRIE temas waarop die Absurde Teater reflekteer. Ondersteun jou

antwoord deur na die teks in geheel te verwys. (10)

1.2 Die karakters van Afspraak met Godot se dialoog weerspieël ‘n hopelose situasie.

Verduidelik hoekom hierdie stelling waar is, deur te verwys na die unieke gebruik en

styl van die dialoog in die teks. Verskaf ten minste TWEE voorbeelde waar dit gebeur

in die teks of TWEE duidelike direkte aanhalings om jou antwoord te ondersteun.

(15)

1.3 Lys kortliks DRIE ooreenkomste tussen eksistensialisme en die karakters van

Afspraak met Godot. (5)

[30]

TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg Voorbehou Bladsy 3

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER

Daar is VIER vrae in hierdie afdeling. Beantwoord slegs TWEE vrae wat handel oor die

twee dramas wat jy bestudeer het.

VRAAG 2: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD

Lees die volgende uittreksel uit Boesman en Lena en beantwoord die vrae wat volg:

Lena: Wil jy weet wat vra ek hulle? ‘Does your mother want a girl? Go ask your

mother if she wants a girl.’ Dit sê ek. En dis ‘n promis, ek sou gegaat het,

Boesman.

Boesman: En dan, jy?

Lena: Gewerk het vir die mêrrim. (Boesman neerhalend)

Lag! Twee wit kinders het ook gelag. Ja, lag vir Lena! Ou hotnotmeid Lena.

Boesman is haar man. Vir haar geneuk oor sy die empties laat val het. Drie

stukkend. Sixpence. Sixpence se pyn.

Boesman: (ongeraak) Maar jy moes gegaan het ... na jou wit mêrrim toe.

Lena: (dink hieroor voor sy antwoord) Sy wil my nie gehêt nie.

Boesman: (Lag weer, hou dan skielik op)

Dink jy ek wil vir jou hê?

2.1 Haal een reël uit die teks aan wat ‘n bewys is van die tipe verhouding tussen

Boesman en Lena. Bespreek wat jy dink van hulle verhouding. (4)

2.2 Bespreek nou die karakters volledig na aanleiding van die bogenoemde

uittreksel. Gebruik minstens DRIE voorbeelde vanuit die teks. (10)

2.3 Jy is die nuwe kostuumontwerper by ‘n teater in Gauteng. Jy moet ‘n kostuum

vir Lena maak teen die minimum onkostes. Beskryf, met redes, jou kostuum-

ontwerp vir Lena. Jy moet ‘n skets met byskrifte of ‘n duidelike beskrywing gebruik om

jou antwoord te ondersteun. (10)

2.4 Hoekom volg Lena vir Boesman, selfs wanneer hy haar aan soveel fisiese,

emosionele en verbale mishandeling blootstel? (6)

[30]

Kopiereg Voorbehou Bladsy 4

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

VRAAG 3: WOZA ALBERT DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY

SIMON

3.1. Wat dink jy was Percy Mtwa en Mbongeni Ngema se doel met die skep van hierdie

toneelstuk? (5)

3.2. Wat beteken WOZA ALBERT? (2)

3.3. Kyk na die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae.

Mbongeni: No pork?

Percy: No pork, Baba. I don’t like pork.

Mbongeni: Okay my boy, give me mutton chops. Two rand fifty, hey? Where’s your

mother, my boy?

Percy: She’s at work.

Mbongeni: She’s at work? Tell her I said ‘tooka-tooka on her nose. (Tickles the boy’s

nose) She must visit me at the men’s hostel, okay? Dube hostel, room number

126, block ‘B’, okay? Bye-bye, my boy. ‘B’, don’t forget. (About to leave, he

turns astonished at sight of – invisible – TV interviewer.)

Percy: (awed by TV-interviewer) Hello, Skulu. I’m fine, thanks. And you? (Listens.)

Morena? Here in South Africa? What shall I ask from Morena if he comes to

South Africa? Baba, I want him to bring me good luck. So that the people that

come will buy all this meat. And then? I want him to take me to school. Sub-A,

uh huh. (Watching the interviewer leave.) Thank you, Baba. Inkos’ibusise (God

bless). Yeah, Baba…

3.3.1 Gebruik jou kennis oor die toneel en die drama as geheel en verduidelik enige DRIE

kwessies wat die skeppers van Woza Albert in hierdie uittreksel wil beklemtoon? (5)

3.3.2 Bespreek DRIE eienskappe van protesteater. Motiveer jou antwoord deur jou

klaskamerkennis, asook goeie teksverwysings te gebruik. (6)

Kopiereg Voorbehou Bladsy 5

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

3.4 Grotowski het daarin geglo dat die akteur die instrument, stem en algehele

verteenwoordiger van die teater is.

Bespreek die karakters van Woza Albert as drama-element en verwys hoe Grotowski

se metodes gebruik word in die Karakters van die teks. (10)

3.5 Verduidelik die term armteater. (2)

[30]

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR P.G DU PLESSIS

4.1 Bespreek kortliks die klimaks van Siener in die Suburbs. (3)

4.2 Hoe is Tiemie en Tjokkie verwant aan mekaar? (1)

4.3 Bespreek waarom dit so belangrik vir Giel is dat Tjokkie moet ‘sien’. (4)

4.4 Hoekom word daar na Jakes verwys as ‘n TANG? Bespreek sy karakter volledig

deur na voorbeelde in die teks te verwys. (10)

4.5 Jy moet ‘n moderne weergawe van Siener in die Suburbs op die planke bring vir

‘n groot toneelfees in Bloemfontein 2013. Verduidelik hoe jy die toneelstuk gaan

moderniseer en vereenvoudig sodat alle tipes gehore daarmee kan identifiseer.

Gebruik en verwys na kriteria soos beligting, klank, kostuums, tegnologie (ens.)

om jou antwoord te staaf. (12)

[30]

Kopiereg Voorbehou Bladsy 6

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Lees die uittreksel hieronder uit Nothing But The Truth en beantwoord die vrae wat volg.

Mandisa: My father was cremated last week. I brought his ashes to be buried next to his

parents. If Uncle Sipho does not want to do that, I am not going to beg him. I

will ask somebody to show me where his parents are buried and I will scatter

the ashes between them and go home. My father was right. Uncle Sipho was

jealous because my father was a hero of the Struggle.

Sipho: If your father was a hero of the Struggle why did he not come back when the

exiles came back? Why was he not part of the Kempton Park delegation that

negotiated with the apartheid government? Did he ever tell why he could not

come back?

Madndisa: He was not well. He wanted to be well first, then he would come back.

He did not want to come back a sick man.

Sipho: He preferred to come back a dead man in that thing. How convenient.

Thando: (coming back into the living room) Stop it! Both of you! I've made up my mind. I

am going to Johannesburg with you Mandisa. With or without your permission,

Daddy. About London, that is another matter. I'll let you know later.

Sipho: Even if he is dead he is still taking from me.

5.1 Beskryf Sipho se reaksie op die nuus dat sy broer veras is. (5)

5.2 Bespreek hoe Mandisa se aankoms Thando beïnvloed deur na die uittreksel en

die teks in geheel te verwys. (7)

5.3 Verduidelik Kani se gebruik van 'n realistiese styl in die taalgebruik sowel as die

komplekse karakters in Nothing but the Truth. (6)

Kopiereg Voorbehou Bladsy 7

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

5.4 “ 'n Roerende portret (prentjie) wat die buitengewone en die gewone in sy

karakters se lewens delikaat verweef”.

Bespreek die geldigheid (waarheid) van The New York Times se kommentaar in die

aanhaling op Nothing but the Truth deur die volgende idees in jou antwoord te

gebruik:

- Die gewone laermiddelklas-karakters wat hulself in 'n buitengewone tyd in Suid-

Afrika se geskiedenis bevind (Hoekom? Wat was buitegewoon? Hoe het

gebeure hulle beïnvloed?)

- Die verhouding/konflik tussen broers. Hoe word die temas blootgestel? (12)

[30]

TOTAAL AFDELING B: 60

AFDELING C: TOEPASSING VAN PERSOONLIKE HULPMIDDELS EN BESINNING EN

EVALUERING

AFDELING C bestaan uit DRIE vrae: VRAAG 6, VRAAG 7.1 en VRAAG 7.2. Beantwoord

slegs TWEE van die drie vrae.

VRAAG 6

Verwys na die bron onder en beantwoord al die vrae wat volg.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 8

Dramatiese Kunste Rekordeksamen September 2012

6.1.1 Bestudeer die plakkaat en motiveer waarom dit as suksesvol of onsuksesvol

beskou kan word. Verwys na die kriteria van goeie plakkaat ontwerp. (10)

6.1.2 Waarom is dit noodsaaklik om produksies te bemark? Maak DRIE (3) voorstelle

vir die bemarking van een van die drie tekste wat jy vanjaar bestudeer het. Hoe

sou jy die produksie bemark? (5)

6.2 Die keuse van praktiese eksamen stukke in Graad 12 is baie belangrik en bied jou

die geleentheid om verskillende style te bestudeer.

6.2.1 Bespreek EEN van die prakties werke wat jy hierdie jaar gedoen het en motiveer

waarom jy dink dit suksesvol was. (6)

6.2.2 Evalueer nou jou finale praktiese optredes deur die volgende aspekte in gedagte te

hou.

- Hoeveel tyd het jy daaraan spandeer en waarom dink jy dit was goed genoeg

voorberei?

- As jy dit kon verbeter, wat sou jy anders gedoen het? Waarom? (4)

6.3 Bespreek kortliks die sosio-politiese agtergrond van een van jou praktiese werke.

Waarom het jy besluit om die spesifieke stuk deel van jou praktiese werke te maak?

VRAAG 7

7.1

OF

7.1.1 Verduidelik kortliks wat jy onder die term fisiese teater verstaan. (5)

(5)

[30]

7.1.2 Bespreek die belangrikheid van opwarmingsoefeninge voor enige praktiese

eksamen. (5)

7.1.3 Behalwe vir ‘n akteur se liggaam, word sy stem beskou as sy belagrikste bate.

Gee die definisies van die onderstaande terme. Beskryf dan ‘n oefeninge vir elk van

die terme en hoe dit help.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 9

Dramatiese Kunste

- Artikulasie

- Resonansie

- Asemhaling

- Projeksie

Rekordeksamen September 2012

7.2. ‘Ek neem ‘n leë ruimte en noem dit ‘n kaal verhoog. ‘n Man loop oor die leë

ruimte terwyl iemand anders na hom kyk, en dit is al wat nodig is om teater te

skep.’ – Peter Brook.

7.2.1 Skryf ‘n paragraaf waarin jy die geldigheid van hierdie aanhaling evalueer.

Neem die volgende kriteria in ag wanneer jy die vraag beantwoord:

OF

(4X5 = 20)

[30]

- Kostuum

- Gehoor

- Beligting

- Klank

- Verhoog (5x4 = 20)

7.2.2 Vergelyk nou Peter Brook se gegewe aanhaling met EEN van die tekste wat jy hierdie

jaar bestudeer het en motiveer die geldigheid van sy stelling. Gebruik die kriteria in

Vraag 7.2.1 om jou antwoord te motiveer. (10)

[30]

TOTAAL VIR AFDELING C: 60

GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg Voorbehou Bladsy 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!