06.05.2013 Views

Visual Arts P2 Nov 2012 Afr

Visual Arts P2 Nov 2012 Afr

Visual Arts P2 Nov 2012 Afr

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PUNTE: 100

AAD 12

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

VISUELE KUNSTE V2

PRAKTIES

16 JULIE–25 OKTOBER 2012

TYD: AFDELING A moet gedurende die derde kwartaal gedoen word. AFDELING B

moet gedurende die vierde kwartaal gedoen word, onder gekontroleerde toesig,

SLEGS by die skool, 18 uur.

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n bylae.

Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2012

NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

2.

3.

4.

Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL

AFDELING B: DIE KUNSWERK

Beantwoord AL die vrae in AFDELING A en AFDELING B.

Jou onderwyser moet hierdie eksamen bekendstel en fasiliteer.

In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede

te demonstreer:

• Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe om idees in

reaksie op 'n projekopdrag te genereer

• Demonstreer 'n gevorderde mate van tegniese vaardigheid met die

gebruik van 'n reeks materiale en tegnieke

• Los visuele en konseptuele probleme op in die skep van verbeeldingryke

en innoverende kunswerke, met die gebruik van 'n persoonlike,

ekspressiewe visuele taal

• Bestuur tyd en die werksproses effektief en bied eie werk op 'n

professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak

van die werk versterk

5. Jou finale kuns- praktiese eksamen vir graad 12 verteenwoordig die

hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid

en vaardighede sal getoets word. Ons hoop dat jy dit sal geniet om hierdie

kunswerk te skep en dat dit vars en oorspronklik sal wees en persoonlike

ervaring sal uitdruk.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2012

NSS

AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL

Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag in die klas en

by die huis daaraan werk. Dit bied insig in die manier waarop jy idees vorm, hoeveel

alternatiewe jy ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk lei. Jou

bronboek moet jou denkprosesse duidelik kommunikeer.

Jy MOET hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk merk en saam met jou

finale kunswerk aanbied.

Direkte kopiëring uit tydskrifte, die Internet, ensovoorts, word NIE toegelaat NIE.

Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER

WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

Groot klem word geplaas op die proses van TRANSFORMASIE (verandering) van

die bronmateriaal.

As jy geskikte, ontleende beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,

oorspronklike beelde kombineer OM JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL.

Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale werk te ontwikkel en moet jou

kreatiwiteit as 'n kunsleerder weerspieël deur esteties opwindend en kreatief in die

aanbieding te wees.

Gebruik die volgende as 'n kontrolelys vir jou bronboek:

Plak hierdie eksamenopdrag voor in jou eksamenbronboek.

Sluit ten minste EEN bladsy met jou geskrewe voorstel/idee in.

Sluit ten minste VIER bladsye in met ondersoeke en navorsing oor

benaderings en/of idees, wat bronmateriaal insluit soos sketse, tekeninge,

foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en navorsing oor

kunstenaars wat jou geïnspireer het. Alle materiaal moet verband hou met die

ontwikkeling van jou werk en moet jou besluite staaf.

Dit is belangrik om oorspronklike voorbereidings-/komposisiesketse en

-tekeninge wat op jou bronne gebaseer is, te verpersoonlik en te skep.

Sluit ten minste TWEE komposisietekeninge/-collages/-assemblages in.

Sluit 'n nabetragting/refleksie (ten minste EEN bladsy) in oor hoe jy jou projek

ervaar, bestuur en voltooi het.

As jou werk meer prosesgeöriënteer is, moet jy bewyse van die kreatiewe

proses insluit deur middel van dokumentasie deur oorspronklike foto's,

eksperimente en/of tekeninge.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2012

NSS

AFDELING B: DIE KUNSWERK

Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser in

die kunskamer voltooi word, deur 'n minimum van 6 uur en 'n maksimum van 18 uur te

gebruik.

ALGEMENE RIGLYNE

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep IN DIE PRAKTIESE

DISSIPLINE WAT JY HIERDIE JAAR GEKIES HET.

Jy kan jou werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n

diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees kan word.

Jy mag NIE die kunswerk uit die klaskamer neem NIE. Dit word as 'n

eksamenongerymdheid beskou.

Jy mag die vraestel voor die begin van die eksamen met jou Visuele Kunsteonderwyser

bespreek.

Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet beheerbaar

en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien

die provinsie dit vereis.

Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns soos lyn,

vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en

komposisie.

Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.

Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, abstrak, ensovoorts wees.

Jy mag ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die

praktiese dissiplines te skep.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2012

NSS

ASSESSERINGSKRITERIA

NASIENERS/EKSAMINATORE KAN DIE VOLGENDE KRITERIA AS 'N RIGLYN

GEBRUIK WANNEER NAGESIEN WORD:

AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL

KRITERIA

Leerder se bedoeling/voorstel 5

Ondersoek van 'n verskeidenheid benadering(s) en idee(s) 10

Verkenning van en eksperimentering met materiale en tegnieke wat ten

minste EEN tonale tekening moet insluit

Reflektiewe verslag (nabetragting) by voltooiing van finale praktiese werk 5

Aanbieding en algehele voorkoms van die bronboek 10

TOTAAL 50

AFDELING B: DIE KUNSWERK

KRITERIA

Keuse en gebruik van materiale/tegnieke 10

Gebruik van formele kunselemente 10

Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering 10

Interpretasie en praktiese toepassing van navorsing 10

Voltooiing en aanbieding van kunswerk 10

TOTAAL 50

FINALE PUNT: AFDELING A (50) + AFDELING B (50) ÷ 2 50

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

20

Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2012

NSS

ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK (VOO)

Uitstaande 90–100 Uitsonderlike vermoë; ryk; insigryk; vloeiend; hoë vaardigheid;

waarneming en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n

oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele bronne.

Uitstaande en oorspronklike aanbieding.

Uitstekend 80–89 Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed

georganiseerd en samehangend; afgewerk; vaardighede sigbaar;

ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele bronne;

aanbieding oorspronklik en deurdink; 'n paar klein gebreke sigbaar.

Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar sonder 'lewendigheid en

sprankel'; goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;

ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele bronne;

duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n

paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.

Goed 60–69 Interessante visuele aanbieding; duidelike oogmerk/doel; oortuigend;

eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig

somtyds na die gewone en stereotiepe reaksie; genoegsame keuse

van relevante visuele bronne; redelike moeite gedoen met aanbieding;

steurende/duidelike ongelykhede.

Gemiddeld 50–59 Toereikend; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig;

verbeeldingloos; 'n paar visuele bronne, maar nie altyd duidelik

geïdentifiseer nie; aanvaarbare aanbieding; baie steurende

ongelykhede.

Ondergemiddeld 40–49 Genoeg materiaal/werke om te slaag; nie logies gekonstrueer nie; 'n

paar flitse van insig; beperkte keuse van inligting; swak tegniese

vaardighede kan 'n bydraende faktor wees; min gebruik van visuele

inligting; lomp of nalatige aanbieding; het ondersteuning/motivering

nodig om te slaag.

Swak 30–39 Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardigheid

gebruik; min poging om inligting op 'n aanvaarbare manier aan te

bied; min of geen visuele inligting/bronne; algemene gebrek aan

toewyding; het ondersteuning/motivering nodig om te slaag.

Baie swak

Druip

Onaanvaarbaar

Druip

20–29 Baie min inligting; deurmekaar; nie maklik om na te kyk nie; min of

irrelevante werk/visuele inligting; geen poging aangewend om werk

op aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan

toewyding/samewerking.

0–19 Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan

selfs beperkte vaardighede toegepas; geen toewyding/samewerking

nie.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2012

NSS

TEMA

Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye spektrum

interpretasies binne jou spesifieke dissipline. Jou interpretasie behoort die hoogtepunt

te vorm van die kreatiewe proses waarmee jy in graad 10 begin het.

SPEEL

Speel, ww. (werkwoord) & Spel, s.nw. (selfstandige naamwoord). Rondbeweeg,

het vrye beweging binne perke, sport, pret, speel met speelgoed, jouself vermaak,

deelneem aan speletjies, of dobbel, of pret, of mimiek, of toneelspeel, of kammakamma,

maak musiek op 'n musiekinstrument.

[Aangepas uit Oxford Dictionary]

FIGUUR 1: Pieter Brueghel, Children's Games (Kinderspeletjies), olieverf op

eikehoutpaneel, 1560.

Brueghel beeld meer as 200 kinders uit wat aan meer as 80 speelaktiwiteite deelneem.

Baie van hierdie speletjies word vandag nog gespeel.

'… hulle totale oorgawe aan die vreugde van speel, soos deur Brueghel aan ons

oorgedra, sou 'n glimlag by selfs die kwaaiste skoolmeester ontlok,' Richard

Mühlberger, What Makes A Brueghel A Brueghel (Wat Maak 'n Brueghel 'n

Brueghel)?

Jy kan meer oor 'n persoon leer in 'n uur se speel as in 'n jaar se gesels.

[Plato, antieke Griekse filosoof]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2012

NSS

Speel is 'n belangrike deel van kinderontwikkeling. Dit leer kinders sosiale vaardighede

en ontwikkel hulle verbeelding.

Onthou jy die speletjies wat jy as kind gespeel het?

Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie, dit is hoe jy die speletjie gespeel het.

FIGUUR 2: Kind speel met 'n draadkar. FIGUUR 3: Gerard Sekoto, Children

Playing (Kinders Wat Speel), olieverf

op bord, 1942–1945.

FIGUUR 4: Ena Swansea, World Wide Web (Wêreldwye Web), olieverf

en grafiet op linne, 2004.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2012

NSS

Waardeer die lewe omdat dit jou die geleentheid gee om lief te hê, om te werk, om te

speel en om na die sterre op te kyk.

FIGUUR 5: Eric Fischl, Squirt (For Ian Goliath) (Spuit (Vir Ian Goliath)),

olieverf op doek, 1982.

Speletjies, soos byvoorbeeld skaak, kaartspeel en bordspeletjies word dikwels baie

ernstig deur die spelers opgeneem. Kaartspeel word dikwels met weddenskappe,

dobbelary en waarsêery geassosieer. Die kaarte self het simboliese beeldgebruik,

soos die 'joker'-kaart.

FIGUUR 6: Paul Cézanne, The Card

Players (Die Kaartspelers), olieverf op

doek, 1890–1892.

FIGUUR 7: Otto Dix,

Card-playing War Cripples

(Kaartspelende Oorlogkreupeles),

olieverf op doek met fotomontage en

collage, 1920.

Fotomontage: Die tegniek om 'n prentjie te maak deur stukkies van foto's saam te

voeg, dikwels in kombinasie met ander grafiese materiaal.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2012

NSS

Vir baie mense is die speel van sport baie belangrik. Die vordering van die spel wat

tydens wedstryde gespeel word, word noukeurig dopgehou en ontleed. George

Bellows skilder 'n onwettige boksgeveg ('stag'). Hierdie vroeë Amerikaanse skildery het

die simbool van die energie, jeugdigheid, krag en sterkte van die nasie geword.

FIGUUR 8: Jackson

Hlungwani, Christ Playing

Football (Christus Speel

Voetbal), hout, 1989.

FIGUUR 9: George Wesley Bellows, Stag at Sharkey's

(Onwettige Boksgeveg by Sharkey), olieverf op doek,

1909.

Baie kunstenaars het speel geïnterpreteer deur musiekinstrumente by hul werk in te

sluit. Kandinsky het gesê dat sy abstrakte kuns soos musiek is, en deur die

kunselemente op 'n onnatuurlike wyse te gebruik, word emosies deur die kyker ervaar.

'Kleur is die klawerbord, oë die hamers en die siel is die klavier met baie snare.' Sy

titels word uit musiek afgelei. In 'Improvisations' (Improvisasies) het hy die doek met

geen vooropgestelde temas benader nie en toegelaat dat die kleure 'n aktiewe rol in

die opwekking van onbewuste gevoelens speel.

FIGUUR 10: Leonard Matsoso,

Dedication to Kippie Moeketsi

(Opgedra aan Kippie Moeketsi),

houtskool op papier, 1972.

FIGUUR 11: Wassily Kandinsky, Improvisation

Klamm (Improvisasie Klamm),

olieverf op doek, 1914.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2012

NSS

'All the world's a stage, and all the men and women are merely players.' (Die hele

wêreld is 'n verhoog en al die mans en vrouens is slegs spelers.)

[William Shakespeare in As you like it]

Die verhoog en die verhoogstuk word dikwels as 'n metafoor vir menslike aktiwiteit

beskou. William Kentridge is al vir baie jare by verhoogproduksies betrokke wat

animasie, marionette en akteurs of sangers kombineer.

FIGUUR 12: William Kentridge, produksie van

The Magic Flute (Die Towerfluit), Brussel,

2005.

FIGUUR 13: Handspring Puppet

Company, War Horse (Oorlogsperd),

gemengde media, 2011.

FIGUUR 14: Matthew Hindley, Come Quickly, I'm Tasting the Stars (Kom Gou, Ek

Proe die Sterre), verf op doek, 2006.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2012

NSS

Ons hou nie op speel omdat ons oud word nie; ons word oud omdat ons ophou met

speel. [George Bernard Shaw]

FIGUUR 15: Tsang Kin-Wah, The Fifth Seal (Die Vyfde Seël), video-installasie met

teks wat op die mure geprojekteer word en die kyker verswelg, 2011.

Games (Speletjies) deur Manfred Zylla, beeld die storie van apartheid Suid-Afrika in

1985 uit, waar geld en mag op die spel was, en tot die dood van onskuldige kinders

gelei het. In die middel van die komposisie word vier kinders uitgebeeld wat op 'n

sandduin ontspan. 'n Pylbord wat die figure oorvleuel, word vaagweg waargeneem.

Die vier figure word deur die pyle geteiken en deur 'n sirkel van militariste en gulsige

parlementariërs omring wat probeer om die kinders te skiet, te steek en uit te wis. Die

spel in hierdie werk is 'n kille herinnering aan hoe mense in die verlede vir ekonomiese

en sosiale mag 'gespeel' is.

FIGUUR 16: Manfred Zylla, Games (Speletjies), akriel op goiing, 1985.

Dink nou na oor jou eie interpretasie van speel.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2012

NSS

Hierdie tema is oop vir baie interpretasies. Dit kan beskrywend wees van 'n aktiwiteit

waar 'speletjies' betrokke is, maar dit kan ook op 'n meer figuurlike, konseptuele of

simboliese manier benader word.

Onderwysers moet die aanvanklike dinkskrum/navorsingsproses fasiliteer.

1. Begin met konseptualisering in die vorm van 'n breinkaart en skryf die woord

'SPEEL' in jou bronboek/werkboek/joernaal.

2. Neem die volgende in verband met die idee van 'SPEEL' in ag:

Kopiereg voorbehou

• Wanneer laas het jy 'n genotvolle speletjie gespeel?

• Die speletjies wat deur kinders gespeel word, byvoorbeeld

wegkruipertjie, patertjie-langs-die-kant ('ring-a-ring a' rosy'), polisie en

diewe ('cops and robbers') en videospeletjies, onder andere.

• Speel soos in bordspeletjies, kaartspeletjies, ensovoorts.

• Speel van sport.

• Spel van die lewe.

• Rolle wat in die lewe gespeel word.

• Die speletjies wat politici en mense speel.

• Kopspeletjies wat deur mense gespeel word.

• Speel van musiekinstrumente.

• Die spel wat in teaterproduksies gesien word.

• Speel met woorde.

• Speel met kleur, lyn, tekstuur, ruimte, vorm en fatsoen in kuns.

• Speletjies wat jy as individu speel.

3. Gebruik die riglyne hieronder en skep 'n kunswerk waarin jy jou stories, idees,

emosies en gedagtes wat met die tema 'SPEEL' verband hou, deel. Jou

onderwyser kan hierdie proses fasiliteer.

• Intensies/Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra

• Beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk

• Verkenning van en eksperimentering met materiale en tegnieke wat ten

minste EEN tonale tekening moet insluit

• Media wat hierdie idees suksesvol kan oordra

• Tegnieke wat die geskikste sal wees om te gebruik om jou media en

idees oor te dra

• Grootte, formaat en aanbieding wat die beste by jou idees sal pas

TOTAAL: 100

Visuele Kunste/V2 DBE/November 2012

NSS

ADDENDUM A

• Aangesien hierdie 'n eksamen is, MAG GEEN WERK UIT DIE

EKSAMENLOKAAL VERWYDER WORD NIE. Alle materiaal wat vir die eksamen

benodig word, moet in die eksamenlokaal ingebring word, maar let daarop dat

GEEN werk hierdie lokaal mag verlaat nie. Versuim om onder eksamentoestande

te werk, sal as 'n onreëlmatigheid beskou word.

• Die bronboek moet die proses van die eksamenwerk dokumenteer en aantoon.

'n Duidelike verband tussen die finale kunswerk en die visuele en geskrewe

inligting in die bronboek moet sigbaar wees. Plaas meer klem op voorbereidende

sketse, tekeninge en eksperimentering met tegnieke en materiale wat in die finale

kunswerk gebruik is. Vermy oppervlakkige versierings wat nie van toepassing is

nie.

• Vir inspirasie, verwys na die sketsboeke van Leonardo da Vinci, Eugène Delacroix,

Vincent van Gogh, Marlene Dumas, ensovoorts.

• Die kandidaat word aangemoedig om 'n kunswerk te baseer op die medium wat

hy/sy in sy/haar graad 12-jaar ondersoek het.

• Konsepontwikkeling en realisering moet 'n belangrike rol speel in alle

digitale/multimedia-/nuwe media werk. Bewyse van die kandidaat se denkprosesse

wat tot die finale realisering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel

duidelik wees.

• Let op die volgende kriteria wanneer jy met fotografie werk:

DONKERKAMER-FOTOGRAFIE

• Maak 'n stel van ten minste VYF verwante foto's.

• Die kandidaat moet al die ontwikkeling van beide die film en die negatiewe by die

skool onder toesig van die onderwyser doen.

• Plaas al die kontakstate/-blaaie, toetsstrokies en rekords van die prosesse in die

bronboek.

• Oorweeg die aanbieding van hierdie werk sorgvuldig.

DIGITALE FOTOGRAFIE

• Maak 'n stel van ten minste VYF verwante, oorspronklike digitale afdrukke. Die

kandidaat mag slegs by die skool weer hieraan werk en/of aanpassings doen.

• Plaas die digitale beelde op 'n skyf en plaas die skyf voor in die bronboek.

• Dien die bronboek, met ondersteunende inligting, saam met die finale kunswerk(e)

in. Dit moet die volgende insluit:

- Die program wat gebruik is (byvoorbeeld Adobe Photoshop 7), die looptyd en

die beperkings van die program(me)

- Alle digitale programmatuurprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van

skermdrukke wat al die redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.

- Die hulpmiddels/nutsprogramme wat die kandidaat gebruik het om sy/haar

beelde te manipuleer, met ander woorde aanpassings wat gemaak is, filters

wat gebruik is ('distort', 'noise', 'render', 'sketch'), ensovoorts

• Oorweeg die aanbieding van hierdie werk sorgvuldig.

Kopiereg voorbehou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!