TOTALE KNIEVERVANGING - orthoclinic.co.za

TOTALE KNIEVERVANGING - orthoclinic.co.za TOTALE KNIEVERVANGING - orthoclinic.co.za

kneeclinic.co.za
from kneeclinic.co.za More from this publisher
06.05.2013 Views

WAT IS 'N TOTALE KNIEVERVANGING? In u knie het die normale gewrigsoppervlakte heeltemal weggeslyt; u loop dus been op been. Met 'n knievervanging word hierdie oppervlaktes met 'n kunsmateriaal vervang; by die bobeen met 'n metaal, gewoonlik chroomkobalt, en by die onderbeen en die knieskyf met 'n tipe plastiek, poliëtileen. Hierdie oppervlakke is ongeveer 8 mm dik en met die vervanging word dieselfde hoeveelheid been vanaf die bobeen, die onderbeen en die knieskyf verwyder. Die prosteses word dan aan die been vasgegom met 'n spesiale tipe gom. Dit is belangrik om te besef dat slegs 8 mm van die verslete gewrigsoppervlaktes vervang word; u basiese knie word behou. Eintlik kan ons sê die knie word "versool". Die lewensduur van so 'n vervangde gewrig is ongeveer 15-20 jaar en dit is wel moontlik om, as daar probleme sou ontstaan, die prosedure te herhaal. Die prostese kan selfs langer as 20 jaar hou. INDIKASIES VIR 'N KNIEVERVANGING Die enigste rede om die knie te vervang, is pyn en verlies aan funksie. U as die pasiënt is in die beste posisie om die mate van pyn en funksieverlies te bepaal. In 'n knie waarvan die oppervlakke weggeslyt het, sou 'n mens verwag dat die ongemak stadig met tyd sal vererger. Indien die ongemak in u knie u lewenskwaliteit beïnvloed, moet 'n vervanging oorweeg word. So 'n prosedure is egter nooit dringend nie. DIE PROSTESE Ons sal een van 3 verskillende tipes knie-prosteses gebruik om u knie te vervang. Al drie hierdie prosteses word internasionaal gebruik en is van die beste prosteses beskikbaar ter wêreld. MOONTLIKE KOMPLIKASIES Soos met alle chirurgie is daar ongelukkig ook met 'n knievervanging die moontlikheid van probleme. Algemene komplikasies, veral kardiovaskulêr, is 'n klein moontlikheid. Wat die knie self betref kan swelling en beperkte bewegingsomvang voorkom, maar dit is gewoonlik tydelik en klaar vanself op. Infeksie is die komplikasie wat ons die meeste bekommer; die voorkoms van hierdie komplikasie in ons praktyk is minder as 0,3%. Diepveentrombose is 'n ander moontlike komplikasie. TOTALE KNIEVERVANGING PRE-OPERATIEF Om die moontlikheid van komplikasies tot 'n minimum te beperk, reël ons met 'n patoloog om 'n aantal spesiale ondersoeke te doen, spesifiek om die klein moontlikheid uit te sluit dat daar 'n laegraadse onderliggende infeksie êrens in die liggaam is. Gewoonlik sou ons reël dat die narkotiseur u twee weke pre-operatief ondersoek en indien hy dit nodig ag, moontlik ‘n internis or kardioloog. MEDIKASIE Anti-inflammatoriese middels soos Voltaren, Brufen, ens. verhoog die risiko van postoperatiewe bloeding. Dit is dus belangrik dat u die gebruik van hierdie middels vir ten minste 3 dae voor die operasie staak. Plaatjie-inhibeerders soos Disprin, Plavix, ens. moet 10 dae voor die operasie gestaak word. Indien u Warfarin gebruik, moet u dit 4 dae voor die operasie staak en met heparien vervang. Vroue op hormoonterapie moet dit verkieslik vir 'n week voor en 2 weke na die operasie nie gebruik nie. Indien u gereeld 'n drankie gebruik, wil ons graag hê dat u in die hospitaal daarmee voortgaan; dit sal u herstel bespoedig. Die hospitaal verskaf egter nie drank nie; bring asseblief u eie. Beplan u tuiskoms. Dink daaraan dat u nie sal kan hurk nie en met 'n kruk sal moet stap. U sal kan stort, maar sal vir ses weke nie kan bad nie. Alhoewel u met ontslag uit die hospitaal onafhanklik sal wees, is dit verkieslik dat u nie in die eerste paar weke alleen bly nie. DIE OPERASIE U word om 14:00 die dag voor die operasie tot die hospitaal toegelaat. U sal 'n RT-skandering van die knie ondergaan wat ons benodig vir die beplanning van die prosedure. Die aand voor die operasie begin ons u behandel teen die moontlikheid van 'n trombose. Ons maak gebruik van heparien wat onder die vel ingespuit word en hou gewoonlik met hierdie terapie aan vir ongeveer een week na ontslag. PAGE 1 / 2

WAT IS 'N TOTALE KNIEVERVANGING?

In u knie het die normale gewrigsoppervlakte

heeltemal weggeslyt; u loop dus been op been. Met

'n knievervanging word hierdie oppervlaktes met 'n

kunsmateriaal vervang; by die bobeen met 'n metaal,

gewoonlik chroomkobalt, en by die onderbeen en

die knieskyf met 'n tipe plastiek, poliëtileen. Hierdie

oppervlakke is ongeveer 8 mm dik en met die

vervanging word dieselfde hoeveelheid been vanaf

die bobeen, die onderbeen en die knieskyf verwyder.

Die prosteses word dan aan die been vasgegom met

'n spesiale tipe gom. Dit is belangrik om te besef dat

slegs 8 mm van die verslete gewrigsoppervlaktes

vervang word; u basiese knie word behou. Eintlik kan

ons sê die knie word "versool". Die lewensduur van so

'n vervangde gewrig is ongeveer 15-20 jaar en dit is

wel moontlik om, as daar probleme sou ontstaan,

die prosedure te herhaal. Die prostese kan selfs

langer as 20 jaar hou.

INDIKASIES VIR 'N KNIEVERVANGING

Die enigste rede om die knie te vervang, is pyn en

verlies aan funksie. U as die pasiënt is in die beste

posisie om die mate van pyn en funksieverlies te

bepaal. In 'n knie waarvan die oppervlakke weggeslyt

het, sou 'n mens verwag dat die ongemak stadig met

tyd sal vererger. Indien die ongemak in u knie u

lewenskwaliteit beïnvloed, moet 'n vervanging

oorweeg word. So 'n prosedure is egter

nooit dringend nie.

DIE PROSTESE

Ons sal een van 3 verskillende tipes knie-prosteses

gebruik om u knie te vervang. Al drie hierdie prosteses

word internasionaal gebruik en is van die beste

prosteses beskikbaar ter wêreld.

MOONTLIKE KOMPLIKASIES

Soos met alle chirurgie is daar ongelukkig ook met

'n knievervanging die moontlikheid van probleme.

Algemene komplikasies, veral kardiovaskulêr,

is 'n klein moontlikheid. Wat die knie self betref kan

swelling en beperkte bewegingsomvang voorkom,

maar dit is gewoonlik tydelik en klaar vanself op.

Infeksie is die komplikasie wat ons die meeste

bekommer; die voorkoms van hierdie komplikasie in

ons praktyk is minder as 0,3%. Diepveentrombose

is 'n ander moontlike komplikasie.

TOTALE KNIEVERVANGING

PRE-OPERATIEF

Om die moontlikheid van komplikasies tot 'n minimum

te beperk, reël ons met 'n patoloog om 'n aantal

spesiale ondersoeke te doen, spesifiek om die klein

moontlikheid uit te sluit dat daar 'n laegraadse

onderliggende infeksie êrens in die liggaam is.

Gewoonlik sou ons reël dat die narkotiseur u twee

weke pre-operatief ondersoek en indien hy dit nodig

ag, moontlik ‘n internis or kardioloog.

MEDIKASIE

Anti-inflammatoriese middels soos Voltaren, Brufen,

ens. verhoog die risiko van postoperatiewe bloeding.

Dit is dus belangrik dat u die gebruik van hierdie

middels vir ten minste 3 dae voor die operasie staak.

Plaatjie-inhibeerders soos Disprin, Plavix, ens. moet

10 dae voor die operasie gestaak word. Indien u

Warfarin gebruik, moet u dit 4 dae voor die

operasie staak en met heparien vervang. Vroue op

hormoonterapie moet dit verkieslik vir 'n week

voor en 2 weke na die operasie nie gebruik nie.

Indien u gereeld 'n drankie gebruik, wil ons graag hê

dat u in die hospitaal daarmee voortgaan; dit sal u

herstel bespoedig. Die hospitaal verskaf egter nie

drank nie; bring asseblief u eie.

Beplan u tuiskoms. Dink daaraan

dat u nie sal kan hurk nie en met

'n kruk sal moet stap. U sal kan

stort, maar sal vir ses weke nie

kan bad nie. Alhoewel u met

ontslag uit die hospitaal onafhanklik

sal wees, is dit verkieslik

dat u nie in die eerste paar weke

alleen bly nie.

DIE OPERASIE

U word om 14:00 die dag voor

die operasie tot die hospitaal toegelaat. U sal 'n

RT-skandering van die knie

ondergaan wat ons benodig vir die beplanning van

die prosedure. Die aand voor die operasie begin ons

u behandel teen die moontlikheid van 'n trombose.

Ons maak gebruik van heparien wat onder die vel

ingespuit word en hou gewoonlik met hierdie terapie

aan vir ongeveer een week na ontslag. PAGE 1 / 2

Die operasie word meestal onder 'n spinale narkose

gedoen. Dit beteken dat u in die rug ingespuit word

wat alle gevoel in die bene wegneem. Bykomend

gee ons gewoonlik 'n baie ligte narkose sodat u nie

bewus is van al die bedrywighede in die teater nie.

Na die operasie sal die narkotiseur ook 'n femorale

senuweeblok uitvoer. Dit sal help met goeie

pynbeheer postoperatief, maar sal veroorsaak dat

u kwadriseps-spier vir ongeveer 24 - 36 uur verlam

sal wees. Dit beteken dat u nie sal kan loop tot en

met die tweede dag na die operasie nie.

'n Enkel-knievervanging duur ongeveer 1 uur terwyl

'n bilaterale vervanging ongeveer 1½ uur duur.

Vir die eerste 24 uur na die operasie sal u in 'n

hoësorgeenheid verpleeg word. U behoort gemaklik

te voel en baie min pyn te verduur.

POSTOPERATIEF

Die eerste dag na die operasie sal u 'n binneaarse

drup aan die arm hê waardeur ons antibiotika en 'n

pynstiller toedien. Daar sal ook dreineringsbuise in

die knie wees. Ons maak gebruik van medikasie wat

bloeding baie verminder en wat 'n bloedoortapping

onwaarskynlik maak na 'n enkel-knievervanging.

Die kans vir 'n bloedoortapping na 'n bilaterale

knievervanging is ongeveer 5%. Die binneaarse

drip en dreineringsbuise word gewoonlik na die

eerste dag verwyder.

Die fisioterapeut sal u daagliks besoek vanaf die dag

na die operasie. Die rehabilitasie-oefeninge lyk dalk

eenvoudig en maklik, maar dit is van die uiterste

belang dat u dit gereeld en op die regte manier doen

ten einde vinnige en volledige funksie te herwin. Vanaf

die tweede dag na die operasie kan u begin stap en elke

dag hierna behoort u in staat te wees om beter te loop.

Tipies sal u vir 'n enkel-knievervanging ongeveer

4 - 5 dae in die hospitaal wees en vir 'n bilaterale

vervanging ongeveer 5 - 7 dae.

EERSTE PAAR WEKE TUIS

U sal 'n voorraad medisyne ontvang by ontslag uit

die hospitaal. Dit sluit in pynmedikasie, antibiotika

en middels om bloedklonte te voorkom. Vir die eerste

4 weke verkies ons dat u met een of twee krukke stap

alhoewel u volle gewig op die geopereerde bene mag

plaas. Teen die tyd dat u ontslaan word, behoort u in

staat te wees om u self goed te kan help. U mag stort

vanaf die derde dag na die operasie. Die steke is

oplosbaar en onder die vel en hoef nie verwyder te

word nie. Die buig van die knie vorder gewoonlik

stadig en dit is belangrik dat u tuis konsensieus

voortgaan met die oefeninge soos deur

die fisioterapeut voorgeskryf. Probeer minstens elke

dag 'n kort entjie stap, verkieslik buite. U kan motor

begin bestuur sodra u voel u kan dit veilig doen,

normaalweg ongeveer 4 weke na die operasie.

OOR DIE LANGTERMYN

Ons sou verwag dat u binne drie maande na die

operasie goed sal kan stap. Dit is egter ook belangrik

om te besef dat daar tot 'n jaar na die operasie nog

altyd 'n progressiewe verbetering in die funksie van

die knie sal wees. Ons wil nie hê dat u aan enige

hardloop- of springaktiwiteite deelneem nie.

U moet ook nie op u hurke probeer sit nie. Daar is

geen beperking op sporte soos rolbal, gholf en

ontspanningstennis (dubbelspel) nie. Stap, swem en

fietsry sou ook nie die knie benadeel nie. Dit is

normaal dat daar met tye 'n "klik"-geluid in die knie is.

Dit word veroorsaak deur die beweging van die

metaaloppervlak teen die plastiek. U sal ook vind dat

die vel langs die wond effens dood voel. Dit is as

gevolg van die fyn senuwees in die vel wat deurgesny

word wanneer ons die knie opereer. Die sensasie

behoort stadig te verbeter, maar u kan moontlik

permanent 'n effense dooie gevoel behou.

U word aangeraai om nie enige langafstand-

(internasionale) vlugte te onderneem binne die eerste

3 maande na die operasie nie weens die risiko van

trombose. Binnelandse vlugte is geen probleem nie.

Die knieprostese sal metaalklikkers aktiveer by die

kontrolepunte by die lughawe. Dit is 'n goeie idee om

lospassende klere te dra sodat u littekens maklik

ontbloot kan word indien nodig.

Sou u enige ander chirurgiese prosedure benodig,

selfs aan u tande, bring die feit dat u 'n

knievervanging gehad het onder die aandag van

u geneesheer/ tandarts wat vir u profilaktiese

(voorkomende) antibiotika moet voorskryf.

Ons stel een van die volgende voor:

Indien u nie allergies vir penisillien is nie:

kefaleksien (bv. Keflex), kefradien (bv. Cefril),

of amoksisilien (bv. Amoxil). Die dosis is 2 g

per mond een uur voor die prosedure.

Indien u allergies is vir penisillien: klindamisien

(bv. Dalacin-C) 600 mg een uur voor die prosedure.

LET WEL: Onder GEEN omstandighede moet

enigiemand, behalwe 'n ortopediese chirurg,

'n naald in u vervangde knie steek nie, hetsy as

'n inspuiting of aspirasie (vloeistofonttrekking).

U opvolgbesoek by ons spreekkamer is gewoonlik vier

tot ses weke na die operasie. Indien moontlik sou ons

u graag 18-maandeliks wil opvolg of

vroeër indien enigiets miskien sou pla.

PAGE 2 / 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!