06.05.2013 Views

Gr11_LewensW_Vr1_Nov2007

Gr11_LewensW_Vr1_Nov2007

Gr11_LewensW_Vr1_Nov2007

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lewenswetenskappe – Vraestel 1 November 2007 Graad 11

Tyd: 2½ ure Totaal: 150

AFDELING A:

Vraag 1:

1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die vrae verskaf. Kies die korrekte

antwoord en skryf slegs letter (A – D) langs die vraagnommer neer.

1.1.1 ’n Persoon ondervind effense visuele en spraak versteurings na ’n ernstige kopbesering.

Watter deel van die brein is moontlik beskadig?

A. Hipotalamus

B. Medulla oblongata

C. Serebrum

D. Serebellum

1.1.2 Die onderstaande diagram illustreer die oppervlak aansig van die tong.

Vir watter van die volgende smake is die streek wat A gemerk is, sensitief?

A. Soet

B. Suur

C. Bitter

D. Sout

1.1.3 In vergelyking met die nier arterie, vervoer die nieraar........

A. ’n Hoër suurstof konsentrasie en meer stikstofhoudende afval.

B. dieselfde suurstof konsentrasie en dieselfde hoeveelheid stikstofhoudende afval.

C. ’n laer suurstof konsentrasie en minder stikstofhoudende afval.

D. ’n laer suurstof konsentrasie en meer stikstofhoudende afval.

1.1.4 Alle virusse is :

A. eensellig en siekteveroorsakend

B. sellulêr (nie-eensellig) en nie-lewend

C. eukariote

D. sellulêr in struktuur

Afrikaanse Skoolprojekte

1.1.5 ’n Bioloog ontdek ’n nuwe lewende sel met ’n duidelike selwand, maar met geen

definitiewe nukleus nie. Die sel is moontlik dié van ’n .........

A. dier

B. plant

C. virus

D. bakterium 5 x 2 = (10)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term

langs die vraagnommer neer.

1.2.1 Die sterk buitenste membraan wat die nier beskerm

1.2.2 ’n Membraan wat die uitwendige oor en middeloor skei

1.2.3 Chemiese boodskappers wat deur bloed na teiken organe vervoer word

1.2.4 Organismes wat siektes veroorsaak

1.2.5 Selle wat nie ’n duidelik gedefinieerde nukleus het nie

1.2.6 Die proteïene deur limfosiete vervaardig, wat vreemde liggaampies en vreemde chemiese

stowwe aanval en vernietig (6)

1.3 Kies ’n item uit Kolom B om by ’n beskrywing in Kolom A te pas. Skryf slegs die letter (A – J)

langs die vraagnommer neer.

Kolom A Kolom B

1.3.1 Isolerende laag van ’n neuron

1.3.2 Die hormoon wat die liggaam op

noodgevalle voorberei

1.3.3 Kan van vorm en grootte verander

om die oog in staat te stel om

voorwerpe wat naby of vêr is, te sien

1.3.4 Staafvormige bakterieë

1.3.5 Weefsel wat vir die vervoer van water

en minerale soute verantwoordelik is

1.3.6 Die liggaam se reaksie op die teenwoor-

digheid van siekte veroorsakende

organismes voordat dit ’n kans het om ’n

siekte te veroorsaak

A lens

B retina

C floëem

D immuniteit

E basille

F miëlienskede

G ADH

H adrenalien

I kokkusse

J xileem

Afrikaanse Skoolprojekte

(6)

1.4 Lees die volgende stuk oor die storie van penisillien en beantwoord die vrae:

Die storie van penisillien

Alexander Fleming, ’n Skotse bakterioloog, het in 1928 bakterieë op agar in

bakkies gegroei. Gewoonlik het Fleming sy bakteriese kolonies met ’n deksel

toegemaak om te voorkom dat hulle gekontamineer word, maar hierdie keer

het hy per ongeluk een bakkie onbedek gelaat. Toe hy later die bakkie

ondersoek, vind hy dat ’n muf fungus (muf swam) op die agar gegroei het.

Wat egter werklik interessant was, was dat bakteriese kolonies naby die muf

afwesig was of gedegenereer het. Hy het verder ontdek dat die stof wat deur

die muf fungus geproduseer is, die vermoë gehad het om alle soorte bakterieë,

wat menslike siektes veroorsaak, te vernietig. Hy het die muf as

Penicillium notatum geïdentifiseer.

Dit het wetenskaplikes ongeveer 10 tot 12 jaar geneem om dié stof in ’n

bruikbare vorm te kry. Dit is deur twee biochemikusse, Howard Florey en

Ernst Chain, reggekry. Die stof is penisillien genoem. Die meeste van hulle

toetse is teen 1940 voltooi en aangesien die Tweede Wêreldoorlog op daardie

tydstip gewoed het, was daar ’n dringende behoefte aan penisillien. Vandag

word daar ontsaglike groot hoeveelhede penisillien in die handel vervaardig.

1.4.1 Waarom, dink jy is die naam ‘penisillien’ toepaslik? (1)

1.4.2 Watter naam word aan alle stowwe/geneesmiddels gegee wat deur mikrobes vervaardig

word en wat die vermoë het om bakterieë te vernietig? (1)

1.4.3 Daar word dikwels gesê dat Fleming toevallig penisillien ontdek het. Dit was egter nie net

geluk nie. Noem TWEE wetenskaplike vervaardighede wat betrokke was. (2)

1.4.4 Waarom, dink jy het dit so lank gevat vir penisillien om beskikbaar te word in ’n vorm

wat gebruik kon word? (2)

1.4.5 Waarom was daar in oorlogstyd ’n dringende behoefte aan ’n geneesmiddel met die

vermoë om bakterieë te vernietig? (2)

1.4.6 Noem TWEE siektes wat 70 jaar gelede moontlik die dood sou veroorsaak het, maar

wat deesdae maklik met hierdie geneesmiddels genees kan word. (2)

1.5 Bestudeer die volgende diagramme wat die hoofbene van die skouergordel en die menslike

arm (boonste ledemaat) toon en beantwoord die vrae:

Afrikaanse Skoolprojekte

1.5.1 Identifiseer been X. (1)

1.5.2 Dele van hierdie bene raak aanmekaar by sekere gewrigte. Gebruik slegs die LETTERS

(A – H) en noem watter dele van die bene aanmekaar raak by die skouer. (2)

1.5.3 Noem die tipe sinoviale gewrig wat by die volgende liggaamsdele aangetref word:

a) By die elmboog (1)

b) Waar die onderste ledemaat aan die pelvis heg (1)

c) In die pols (1)

1.6 Lees die volgende stuk oor dwerggroei en beantwoord die vrae:

Dwerggroei

Dwerggroei is ’n toestand waar ’n volwassene korter as 1,4 m is. Daar is verskeie oorsake

en vorms van dwerggroei. Een daarvan is ’n tekort aan groeihormoon as gevolg van ’n

hipo aktiewe pituïtêre (hipofise) klier.

’n Pituïtêre dwerg is gewoonlik slegs ongeveer 1,10 m lank, welgevorm, soms met ’n kop

wat groter as gewoonlik is, maar normaal met betrekking tot alle ander aspekte.

In sekere dele van die wêreld is dwerge in die verlede van hulle gemeenskappe geïsoleer en

soos gestremdes behandel. Deesdae, al word hulle as deel van die gemeenskap beskou,

moet hulle steeds soms die negatiewe ingesteld-hede van langer mense hanteer wat hulle

óf aanstaar óf hulle uitskel.

1.6.1 Beskou jy dwerggroei as ’n tipe ‘gestremdheid’? (1)

1.6.2 Gee ’n verduideliking vir jou antwoord op Vraag 1.6.1 (2)

1.6.3 Waarom, dink jy is mense met dwerggroei in die verlede geïsoleer? (1)

1.6.4 Lewer kommentaar op die ingesteldhede van mense teenoor mense met dwerggroei in

die verlede en tans. (2)

1.7 Onderskei tussen die volgende terme:

1.7.1 Eensellig en asellulêre (2)

1.7.2 Protista en fungi (2)

1.7.3 Aansteeklike en nie-aansteeklike siektes (2)

Totaal Afdeling A: 50

AFDELING B:

Vraag 2:

2.1 Die volgende tabel toon die persentasie MIV-besmette vroue wat van 1999 tot 2004

voorgeboortelike klinieke in Suid-Afrika bygewoon het. Die bywoning van hierdie klinieke kan

as ’n aanwyser van die aantal MIV-besmette mense in elke provinsie gebruik word.

Bestudeer die data en beantwoord die vrae:

Afrikaanse Skoolprojekte

Persentasie MIV-besmette vroue wat voorgeboortelike klinieke in Suid-Afrika bygewoon het

KwaZulu Gauteng Mpumalanga Vrystaat Oos- Noord- Limpopo Noord- Wes-

Natal

Kaap wes

Kaap Kaap

1999 32,5 23,8 27,3 27,9 18,0 23,0 11,4 10,1 7,1

2000 36,2 29,4 39,7 27,9 20,2 22,9 13,2 11,2 8,7

2201 33,5 29,8 29,2 30,1 21,7 25,2 14,5 15,9 8,6

2002 36,5 31,6 28,6 28,8 23,6 26,2 15,6 15,1 12,4

2003 37,5 29,6 32,6 30,1 27,1 29,9 17,5 16,7 13,1

2004 40,7 33,1 30,8 29,5 28,0 26,7 19,3 17,6 15,4

(Bron: Whiteside A & Sunter C, The Challenge for South Africa, 2000)

2.1.1 a) Op die basis van bywoning van die voorgeboortelike klinieke, noem die provinsie

wat die hoogste verhouding MIV-besmette mense het. (2)

b) Gee TWEE moontlike redes hiervoor. (2)

2.1.2 Watter provinsie het die laagste verhouding MIV-besmette vroue wat voorgeboortelike

klinieke in die 6 jaar-tydperk bygewoon het? (2)

2.1.3 Noem die algemene neiging vanaf 1999 tot 2004 in terme van die verhouding MIV-besmette

vroue wat voorgeboortelike klinieke in Suid-Afrika bygewoon het. (2)

2.1.4 Gee DRIE redes waarom hierdie syfers nie ’n betroubare skatting is van die totale aantal

mense wat in Suid-Afrika met MIV besmet is nie. (3)

2.1.5 MIV/Vigs is ’n nie-aanmeldbare siekte (die besmette persoon hoef nie die feit dat hy/sy

MIV-positief is, openbaar te maak nie).

a) Behoort mense openbaar te maak of hulle MIV-positief is, of nie? (1)

b) Gee ’n rede vir jou antwoord op Vraag 2.1.5 (a). (1)

2.1.6 Noem VIER wyses waarop mense kan verseker dat hulle nie MIV-positief raak nie. (4)

2.2 In ’n ondersoek is 1 cm³ van ’n bakteriële kultuur in ’n steriele Petri-bakkie, wat sterile voedings-

agar bevat, geplaas. ’n Petri-bakkie is ’n deursigtige plastiek-/glashouer wat gebruik word om

bakterieë in te groei. Agar bevat voedingstowwe wat vir die groei van bakterieë nodig is.

Drie ewe groot gaatjies is in die agar met ’n steriele kurk boor ingesny en dit is toe met gelyke

volumes van verskeie soorte tandepastas gevul. Die Petri-bakkie is met ’n deksel toegemaak,

met kleefband verseël en toe teen 20 °C vir 72 uur geïnkubeer. Die resultate word in die

diagram hieronder getoon:

Afrikaanse Skoolprojekte

2.2.1 Gee ’n hipotese vir die bogenoemde ondersoek. (2)

2.2.2 Waarom is steriele voedings agar gebruik? (2)

2.2.3 Beskryf die resultate wat in die diagram getoon word. (3)

2.2.4 a) Watter tandepasta sou jy koop, gebaseer op slegs die resultate van die ondersoek? (1)

b) Verduidelik jou antwoord op Vraag 2.2.4 (a) (2)

2.2.5 Noem DRIE wyses waarop veranderlikes in hierdie ondersoek beheer is. (3)

[30]

Vraag 3:

3.1 Bestudeer die diagram hieronder van die nefron van die menslike nier. Die blokkie wat A

gemerk is, verteenwoordig ’n deel van die nefron wat uit die diagram weggelaat is.

3.1.1 Benoem die dele wat onderskeidelik B, C en D gemerk is. (3)

3.1.2 Skryf sleg die letters neer van die dele wat gewoonlik in die medulla van die nier

teenwoordig is. (2)

3.1.3 Maak ’n benoemde diagram van die struktuur wat by die deel wat A gemerk is, weggelaat

is. (7)

3.2 ’n Groep leerders het die voorkoms van oog gebreke in ’n klein dorpie in Mpumalanga

ondersoek. Hulle het hul plaaslike kliniek besoek en inligting ingesamel oor die aantal mense

met oog gebreke wat die kliniek besoek het, asook die tipes gebreke wat hulle gehad het.

Hulle het hulle inligting na persentasies omgeskakel en dit in ’n tabel, soos hieronder getoon,

aangeteken:

Afrikaanse Skoolprojekte

Tipe oog gebrek % mense wat aan die gebrek ly

Bysiendheid 10

Versiendheid 25

Katarak 10

Nagblindheid 5

Konjunktivitis (seer, rooi oë) 50

3.2.1 Wat was die algemeenste tipe oog gebrek in die gemeenskap wat ondersoek is? (1)

3.2.2 Watter persentasie mense het probleme met die aanpassing van fokus van hulle lense? (1)

3.2.3 Gebruik die inligting in die tabel en trek ’n sirkel diagram. (9)

3.3 ’n Groep leerders het uitgevind dat daar sandstorms in die gebied was en dat die vlak van stof

in die lug in die dorp baie hoog was. Hulle het gemeen dat dit ’n invloed op die voorkoms van

konjunktivitis in die dorp kon gehad het. Hulle het besluit om ’n ander ondersoek te doen om

uit te vind of dit waar was.

Die staafgrafiek hieronder toon die resultate wat hulle verkry het:

3.3.1 Watter vraag probeer die groep leerders in hierdie ondersoek beantwoord? (2)

3.3.2 Tydens watter maand was die voorkoms van konjunktivitis die hoogste? (1)

3.3.3 Wat was die vlak van die stof in die lug in Oktober? (2)

3.3.4 Watter gevolgtrekking kan vanaf die grafiek gemaak word oor die verhouding tussen die

voorkoms van konjunktivitis en die vlak van stof in die lug? (2)

[30]

Afdeling B: 60

Afrikaanse Skoolprojekte

AFDELING C:

Vraag 4:

4.1 In die volgende diagram verteenwoordig die letter A, B en C streke van die menslike senustelsel

wat vir mediese redes deur chemikalieë geblokkeer kan word.

Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae:

Gebruik die sleutel hierbo en skryf slegs die letter (A, B, C of D) neer wat by elk van die

volgende effekte pas:

4.1.1 Wanneer die vel van die toon gestimuleer word, beweeg die toon en die pasiënt weet dat dit

beweeg. (2)

4.1.2 Die pasiënt kan voel dat die toon aangeraak of geknyp word, maar kan nie die toon beweeg

nie. (2)

4.1.3 Wanneer die vel van die toon gestimuleer word, beweeg die toon en voet onwillekeurig,

maar die pasiënt kan nie die toon willekeurig beweeg of dit voel beweeg nie. (2)

4.1.4 Die pasiënt kan die toon beweeg, maar kan nie die stimulus voel nie. (2)

Afrikaanse Skoolprojekte

4.2 Die volgende diagramme toon die hart tydens die kardiale siklus. Die pyltjies verteenwoordig

die vloei van bloed. Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae:

4.2.1 Identifiseer die strukture wat A en B gemerk is. (2)

4.2.2 Noem en verduidelik wat in ELK van die volgende fases van die kardiale siklus soos

voorgestel in die volgende gebeur:

a) Diagram 1 (3)

b) Diagram 11 (4)

c) Diagram 111 (4)

4.2.3 ’n Verlies van baie bloed, vomering/braking en diarree veroorsaak dikwels ’n afname in die

bloed volume. Gevolglik kan die bloed nie normaal in die liggaam rondbeweeg nie aangesien

die bloedvate nie heeltemal gevul is nie. Die weefsels kry nie genoeg bloed nie wat tot die

moontlike dood van selle lei en daarom ook beskadiging van organe.

a) Verduidelik waarom ernstige vomering en diarree tot ’n

afname in die bloed volume sou lei. (2)

b) Wat is die verhouding tussen bloed volume en bloeddruk? (2)

4.3 Lees die volgende artikel oor hartsiektes en beantwoord die vrae:

Sake van die hart

Suid-Afrika staar ’n dreigende krisis in die gesig aangesien statistiek dui op

’n ‘epidemie’ van hartsiektes. In die jaar 2000 van 12% van die 500 000

aangetekende sterftes in die land die gevolg van hartsiektes. Nog 8% van

die sterftes in dieselfde jaar is deur beroertes veroorsaak wat verband hou

met hartsiektes.

Daar is verhoogde koerse van arteriosklerose (vet stowwe

van vernouing van slagare/arteries veroorsaak) en koronêre trombose

(bloedklonte in slagare wat die hartspiere bedien).

Gewoonlik begin hartsiektes reeds in die kinderjare en tekens daarvan word

eers as die persoon ouer is, vertoon. Die beste manier om hartsiektes te

verminder, is om hartaanvalle en beroertes te voorkom eerder as om dit te

behandel. Die meeste mense wat aan hartsiektes ly of wat ’n beroerte gehad

het, sterf nie, maar is gestremd of het duur mediese behandeling nodig wat

’n hartoorplanting kan insluit. Dit het ’n enorme impak op die

gesondheidstelsel en op die ekonomie. Daar word beraam dat dit die land

ongeveer R10 biljoen per jaar kos.

Afrikaanse Skoolprojekte

Skryf ’n opstel wat die strategieë wat jou skool asook die Departement van Gesondheid of

mediese fonds-verenigings kan gebruik om hartaanvalle te voorkom en dus behandelings koste sal

verminder. Gee ook jou standpunte oor orgaanoorplantings en redes vir jou antwoord.

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeikaarte of

diagramme nie.

Assessering-skaal om opstel na te sien

KRITERIA PUNTE

2 4 6

Strategieë deur skole Een toepaslike Twee toepaslike Drie of meer toegebruik

strategie is

strategieë is paslike strategieë

bespreek

bespreek

is bespreek

1 2 3

Strategieë deur die Een toepaslike Twee toepaslike Drie of meer

Departement van strategie is

strategieë is toepaslike

Gesondheid/ bespreek

bespreek

strategieë is

Mediesefondsverenigings

gebruik

bespreek

Standpunte oor Ondersteuning/geen Ondersteuning/ Ondersteuning /

orgaanoorplantings ondersteuning Geen onder- Geen ondersonder

toepaslike steuning met een steuning met twee

redes nie

toepaslike rede toepaslike redes

Sintese/Samevatting Betekenisvolle Klein gapings in Goed gestruktureerd

gapings in die die logika en vloei demonstreer insig en

logika en vloei van

die antwoord

van die antwoord begrip van vraag

Memo nie beskikbaar nie!

Afdeling C: 40

Groot Totaal: 150

Afrikaanse Skoolprojekte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!