06.05.2013 Views

kliek hier - Laerskool Louis Leipoldt

kliek hier - Laerskool Louis Leipoldt

kliek hier - Laerskool Louis Leipoldt

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Julie 2012

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Hierdie jaar vind ons entrepreneursdag op 27 September plaas. Ons het plek vir 122

leerlingentrepreneurs van Gr 2-7. Dit is uitsluitlik ‘n geleentheid vir ons leerders om entrepreneurskap te

ontwikkel en ons versoek vriendelik dat ouers nie die geleentheid vir eie gewin sal gebruik nie. Ouers

mag wel die leerlinge bystaan. Entrepreneurs moet oorspronklikheid aan die dag lê, want alleen dan

kan sukses behaal word. Waak teen voorraad wat gekoop en net herverkoop word. Stalletjies is

beskikbaar @ R20-00 sonder elektrisiteit OF R30-00 met elektrisiteit. Betaalbaar vanaf Maandag 27

Augustus by Me Odendaal met registrasie. Leerders ontvang ‘n registrasievormpie met betaling.

Handig die voltooide vorm in by Me Odendaal.

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike aspekte:

* Met registrasie moet ‘n duidelike beskrywing van die besigheid verskaf word sodat ons nie te veel van een soort

stalletjie kry nie. (Indien iets verander, moet die leerder die registeronderwysers daarvan kom sê sodat dit op die vorm

verander kan word) Moet asb nie te veel voorraad koop nie. Daar sal nie verdere geleentheid gegee word vir verkope

nie. Tussen 50-70 items/artikels behoort te verkoop. Wees oorspronklik.

* Neem asseblief kennis dat geen potensieel gevaarlike speletjies of verkope toegelaat sal word nie. Dit is streng

regulasies vanaf die Onderwysdepartement. Dit sluit veerpyltjies, skiet en verkope van “BB guns”, skyfskiet,

jaagmotortjies ens. in. Geen klappertjies of geweertjies wat enige voorwerp – ook suiertjies - uitskiet. Geen klein

klappertjies of vuurklippe nie! Wees oorspronklik. Ook geen lewende hawe bv. kuikens nie, asseblief. Geen

glasbottels bv. buddie-coke word toegelaat nie. Dit breek en sny die leerders se hande.

* Die plek waar die entrepreneurs sy/haar stalletjie kan oprig op die veld word met ‘n baksteen met die nommer

aangedui. Dit is in die middel van die stalletjie. U het 2 m weerskante tot u beskikking (sien plan van veld). Bakstene

word asb. by afkondigingstent ingehandig. Ouers mag vanaf 11:30 by die hek by Parklaan inkom om stoele, tafels en

voorraad af te laai. Leerlingentrepreneurs sal toegelaat word om 11:30 hul klasse te verlaat om ouers op die veld

te ontvang. Verkope kan 12:00 begin.

* Sorg asseblief vir ‘n duidelike naam by die stalletjie. Dit is van belang tydens die beoordeling. Neem asb. kennis dat

die entrepreneurs hul evaluering van sakeplan moet inhandig ten einde vir die toekenning van beste entrepreneur in

aanmerking te kom. Die vorms word voor entrepreneursdag uitgegee. Hou strokies en rekord van alle uitgawes.

* U moet self voorsiening maak vir tafels, stoele, koelte. Geen meubels mag uit die klasse geleen word

nie. Sorg ook vir ‘n rommelsakkie aangesien rommelpolisie deur die middag rondbeweeg.

* Beoordeling van beste stalletjie vind ook gedurende die verkope plaas, en leerders kan ook vir hierdie toekenning in

aanmerking kom. Leerders wat onafhanklik van ouers werk verdien bonus punte.

* Leerlingentrepreneurs mag vanaf 25 September hul stalletjie en produkte adverteer deur plakkate op te sit, maar slegs

die muur aan die agterkant van die aantreeblad. Hulle kan ook na pouse op die aantreeblad ‘n afkondiging maak.

* Daar mag ‘n paar maats saam by ‘n stalletjie werk. Hulle moet saam registreer op een vorm, dieselfde naam vir hul

stalletjie hê, en hul wins deel. Hul mag ook apart hul artikels verkoop en hul geld apart hou.

* Stalletjies moet teen 15:00 opgeruim wees. Stalletjie eienaars moet papiere om hul stalletjie en op speelgrond

ook opruim.

* Die belangrikste aspek vir entrepreneurs is KOPERS, KOPERS, KOPERS!!!! Nooi jou familie en vriende om jou te

kom ondersteun. Dit is baie belangrik om ons entrepreneurs te help.

* Besorg asb. jou registrasievorm terug aan Me Odendaal voor/op 14 September 2012.

Voorspoed en woeker met kreatiewe en oorspronklike idees.

Entrepreneursgroete

PERSONEEL T N BENADE

HOOF

‘n Paar wenke..........

* Beplanning is uiters belangrik

* Maak seker daar is ‘n mark/behoefte vir jou produk.

* Moet nie te duur wees nie.

* Maak seker jy kan jou voorraad self hanteer.

* Sorg dat alle items duidelik gemerk is.

* Hou deeglik rekord en kontrole van die geldvloei wat plaasvind. Skryf alle INKOMSTE

en UITGAWES neer.

* Skryf jou WINS en VERLIESE neer en kyk wat jy kan doen om daarop te verbeter.

* Wees altyd vriendelik en behulpsaam teenoor jou kliënte.

* Wees trots op jou produk en jou onderneming.

BEGINSELS VIR GOEIE ENTREPRENEURSKAP

1. Inisiatief

Besluit op ‘n produk. Wees skeppend. Werk sonder die hulp van jou ouers.

2. Voorkoms.

Kies ‘n naam vir jou stalletjie. Kopers moet lus wees om nader te staan en by jou te kom

koop. Jou stalletjie en produk moet aantreklik wees.

3. Aanbieding en verpakking

* Wees vriendelik en behulpsaam.

* Bedien flink en vriendelik.

* Produkte moet aantreklik verpak wees bv. strikkies, linte ens.

* Verkoop soort by soort bv. kos en koeldrank.

* Bied koue kos koud en warm kos warm aan.

* Werk higiënies, nie met vuil hande nie.

4. Oorspronklikheid

Lok kopers nuuskierig nader met ‘n oorspronklike produk.

Moenie iets koop en net kom herverkoop nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!