Hoofstuk 1 - Doelgerigte Oefentye.pdf - taniab.co.za

Hoofstuk 1 - Doelgerigte Oefentye.pdf - taniab.co.za Hoofstuk 1 - Doelgerigte Oefentye.pdf - taniab.co.za

06.05.2013 Views

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye HOOFSTUK 1 DOELGERIGTE OEFENTYE Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com) Updated: 30 August 2010 Bladsy 1 Bring rigting, fokus en groei in die musiekspan se bediening 1 Kor 14:26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. 1. WEES BETYDS Besprekingsvrae vir die Groep Wat weerspieël dit van ‘n mens se gesindheid wanneer jy konstant laat kom? Is daar waarlik respek teenoor mekaar, God en die bediening wanneer mense konstant laatkom? Word die vrug van die Gees in ‘n persoon se lewe ten toon gestel wanneer hy hom vervies, omdat hy aangespreek is oor konstante laatkommery? Brei jou antwoord uit. (1Kor 10:31 AOT) Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God. (1Kor 10:33 AOT) net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word. Ons kom saam tot die voordeel van die bevordering van die evangelie van JESUS, sodat baie gered kan word. Nie tot die voordeel van ons talente of status nie. Ons fokus moet wees op die bydrae wat ons lewer tot die geestelike atmosfeer, die opbouing, stigting en redding van kosbare siel. Dit is met ywer, passie en entoesiasme oor JESUS en Sy versoeningswerk aan die kruis, wat ons saamkom, om die vrug van ons bekering met ander te deel. Praktiese Advies Daag betyds op vir oefeninge en optredes. Al begin die oefening laat, moet dan nie vinger wys of kla nie. Soms laat die leier toe dat mense kuier juis om gesonde “fellowship” te bevorder. Musiekoefening is nie net nog ‘n kerk-aktwitieit nie, dit is ‘n onderlinge byeenkoms (Heb 10:25). Maak verskoning wanneer jy weet jy laat gaan wees. Dit is maklik om net ‘n sms te stuur. Herinner jouself, sowel as jou spanlede altyd tot wie se voordeel julle bedien. 2. OEFENTYE IS DAAR OM ‘N VEILIGE OMGEWING TE SKEP Besprekingsvrae vir die Groep Watter effek het perfeksionisme en onrealistiese verwagtinge van die leier, op die omgewing? Watter effek sal dit op die omgewing hê, wanneer een van die lede konstant kritiseer, fout vind, nooit tevrede is nie of oor alles en almal skinder en kwaadpraat? Noem voorbeelde wat daartoe bydra dat ‘n omgewing soos die onveilig laat begin voel? Bladsy 1

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

HOOFSTUK 1

DOELGERIGTE OEFENTYE

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 1

Bring rigting, fokus en groei in die musiekspan se bediening

1 Kor 14:26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van

julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting

geskied.

1. WEES BETYDS

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat weerspieël dit van ‘n mens se gesindheid wanneer jy konstant laat kom?

Is daar waarlik respek teenoor mekaar, God en die bediening wanneer mense konstant

laatkom?

Word die vrug van die Gees in ‘n persoon se lewe ten toon gestel wanneer hy hom vervies,

omdat hy aangespreek is oor konstante laatkommery? Brei jou antwoord uit.

(1Kor 10:31 AOT) Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van

God. (1Kor 10:33 AOT) net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie,

maar dié van baie, sodat hulle gered kan word. Ons kom saam tot die voordeel van die

bevordering van die evangelie van JESUS, sodat baie gered kan word. Nie tot die voordeel van

ons talente of status nie. Ons fokus moet wees op die bydrae wat ons lewer tot die geestelike

atmosfeer, die opbouing, stigting en redding van kosbare siel. Dit is met ywer, passie en

entoesiasme oor JESUS en Sy versoeningswerk aan die kruis, wat ons saamkom, om die vrug

van ons bekering met ander te deel.

Praktiese Advies

Daag betyds op vir oefeninge en optredes. Al begin die oefening laat, moet dan nie vinger

wys of kla nie. Soms laat die leier toe dat mense kuier juis om gesonde “fellowship” te

bevorder. Musiekoefening is nie net nog ‘n kerk-aktwitieit nie, dit is ‘n onderlinge

byeenkoms (Heb 10:25).

Maak verskoning wanneer jy weet jy laat gaan wees. Dit is maklik om net ‘n sms te stuur.

Herinner jouself, sowel as jou spanlede altyd tot wie se voordeel julle bedien.

2. OEFENTYE IS DAAR OM ‘N VEILIGE OMGEWING TE SKEP

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter effek het perfeksionisme en onrealistiese verwagtinge van die leier, op die

omgewing?

Watter effek sal dit op die omgewing hê, wanneer een van die lede konstant kritiseer, fout

vind, nooit tevrede is nie of oor alles en almal skinder en kwaadpraat?

Noem voorbeelde wat daartoe bydra dat ‘n omgewing soos die onveilig laat begin voel?

Bladsy 1

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 2

(Heb 10:24 AOT) en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

Oefentye is ‘n plek waar boeties en sussies in die HERE mekaar aanspoor tot goeie werke. Dit

moet nooit ‘n plek van vrees, frustrasie, eensaamheid en ‘n gevoel van onbekwaamheid wees nie.

Oefentye moet ‘n geesvervulde tyd van pret, bemoediging en opbouing van mekaar se geloof en

gawes wees. Sangers en musikante sing en speel vanuit wie hulle is en daarom is samekomste en

oefentye juis ‘n wonderlike geleentheid om mekaar te skaaf, te vorm, te leer, op te bou, te

bemoedig en te stig om vanuit ‘n nederige hart en regte ingesteldheid te sing en te speel.

Praktiese Advies

Moenie mekaar se tekortkominge kritiseer nie. Sien elke “effort” raak. Bemoedig en help

mekaar om te groei.

Stel aan mekaar uitdagings om in die onderskeie talente te groei.

Deel met jou spanlede wat die boodskap van die liede vir jou beteken en bou mekaar so op.

3. GEESVERVULDE MUSIEK EN SANGE GEBEUR NIE VANSELF NIE

Besprekingsvrae vir die Groep

Waarom dink jy is musiekoefeninge belangrik?

Wat is die resultaat wat enige span deur hul musiekoefeninge behoort te bereik?

Wat wil jy in jou as mens oor die algemeen ervaar en beleef tydens en na ‘n musiekoefening?

Wat dink jy moet alles tydens ‘n musiekoefening gebeur en hoekom?

Geesvervulde sange is die resultaat van ‘n span, waarvan elke lid opgewonde is omtrent God en

Sy verlossingswerk wat Hy wil bewerkstellig tydens dienste. Dit gebeur wanneer daar ‘n

opgewondenheid, entoesiasme en toewyding tot God is. Opgewondenheid moet eerstens in die

groep heers omtrent JESUS en Sy verlossingswerk en laastens oor talente wat uitgeleef word.

Praktiese Advies

Gebruik oefentye om JESUS se Verlossingswerk en die vrug van die bekering in ons lewens,

naamlik ‘n karakter van geregtigheid wat deur JESUS in ons geproduseer word te

“reinforce” deur “teachings” en verhoudinge te bou.

Wy ‘n gedeelte van oefentye daaraan toe om te groei in ‘n geestelike eenheid deur leringe.

(Hand 2:42 AOV) En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap

en in die breking van die brood en in die gebede. Elke lid van die span moet hul identiteit

en sekuriteit in JESUS vind en nie in hul talent of status nie. Gesamentlike groei in

verhouding met JESUS en in verhoudinge met mekaar, voorkom dat talente en posisies in die

kerk misbruik word om die self goed te laat voel en om jou waarde te bepaal.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 2

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 3

4. DIE SPAN SE FOKUS IS JESUS

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter resultaat sal jy graag wil hê jou sang en musiek tot God, in die lewe van die mense

wat dit aanhoor en aanskou, moet lewer?

Wat glo jy moet die sentrale tema van jou gedagtes en motief van jou gedrag wees, tydens

oefeninge en die sing of speel van ‘n lied?

Wat trek ons aandag van JESUS af weg, tydens oefentye en optredes?

(Heb 12:2 AOV) die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof... Ons

vergader saam tydens oefentye om die werk wat JESUS vir ons aan die kruis gedoen het te vier,

en om wyses te vind om die vrug daarvan in ons lewens oor te dra aan die mense wie ons bedien

in die span en in die gemeente, met die doel tot opbouing, stigtig en redding van kosbare siele.

Ons is geroep deur die Vader, verlos deur die Seun, geheilig deur die Heilige Gees, en verenig in

een liggaam in JESUS. Ons roeping is om die evangelie van JESUS te verkondig deur ons

stemme en instrumente.

Praktiese Advies

Besef die impak wat die regte fokus van jou kant af kan maak op die redding, opbouing en

stiging van siele en vat volle verantwoordelikheid vir jou bydrae wat jy geestelik en musikaal

moet lewer, hetsy in jou stiltetyd of gesamentlik by die plek van bediening.

Onthou altyd dat die kwaliteit van bediening ‘n direkte impak op baie lewens gaan maak.

Die kwaliteit van jou bediening word eerstens bepaal deur die kwaliteit van jou verhouding

met JESUS en dan tweedens deur die vaardigheid waarmee jy jou talente uitleef.

Niemand wil hulself verbind by aktiwiteite wat hul tyd mors nie en daarom moet

samekomste van musikante en sangers gevul wees met tye van voorbereiding, leringe, oefen,

gebed, ontwikkeling, “fellowship” en elke lid moet aktief deelneem in die nakom van hul

verantwoordelikhede en nie verwag dat die leier alles alleen sal dra nie.

As jy nie weet waar om ‘n bydrae te lewer nie, maak ‘n afspraak en gaan praat met jou leier.

Moenie net jou musikale bydraes lewer nie, maar bring jou gawes van bemoediging,

gasvryheid, profesie, leringe, herderlike bediening ensomeer na die groep tot opbouing en

stigting van almal.

4.1 Voorkom dat musiek jou god word

Besprekingsvrae vir die Groep

Wees eerlik met jouself en met die groep en beantwoord die vraag: “watter emosies wek ons

musiek by ons gehoor op?”

Wanneer gebruik ons emosies tydens sang en musiek om die gehoor en God te probeer

manipuleer?

Wat is die gevaar daarin om God volgens jou emosies te begin aanbid?

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 3

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Wat is die realiteite waarop ons aanbidding gefokus en gebou moet wees?

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 4

Jy is eerstens ‘n kind van God en tweedens ‘n musikant en nie andersom nie. Die kruis het alles

vir ons verander. Die evangelie van JESUS definieer wie ons is, dit vorm ons en beheer ons, nie

ons talente nie. As musikante en sangers is ons grootste nood nie om musiek te bestudeer nie,

maar om die evangelie te bestudeer, want dit is die kruis wat ons motiveer en rigting gee in ons

sang en musiek.

Praktiese Advies

Besef dat ons musiek skep nie realiteit nie, maar poog om realiteit te reflekteer.

Gevoelens wat deur musiek geproduseer word is tydelik en kan misleidend wees, tensy dit op

Bybelse realiteite en waarhede gebou word wat volgens Psalms die volgende is:

Brokenness, sorrow for sin, contrite heart (Psa 34:18)

Longing desire after God (Psa 42:1-4)

Fear and awe before the Holiness and Majesty of God (Psa 33:8-22)

Gratitude/Thankfulness (Psa 100)

Joy and hope (Psa 32)

Moet nie die ervaringe wat deur musiek geskep word stel bo die objektiewe waarheid nie.

Ons roeping is nie om musiek te maak wat musiek verheerlik nie. Ons roeping is om musiek

tot die eer en verheerliking van God te maak wat ‘n verdieping in ons verhouding met Hom

teweeg sal bring.

4.2 Die span se doel is om mense na JESUS te trek

(Joh 12:32 AOV) En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. (Joh

3:14 AOV) En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die

mens verhoog word, (Joh 3:15 AOV) sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,

maar die ewige lewe kan hê. (Joh 3:16 AOV) Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy

sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar

die ewige lewe kan hê. (Joh 3:17 AOV) Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om

die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Ons is hier om

die werk van JESUS voort te sit en die passie van JESUS uit te leef. JESUS se passie is verlore

siele. Daarom kan ons as kinders van die HERE nie bekostig om die wêreld of selfs die mense

vir wie ons bedien te veroordeel nie, maar ons moet JESUS se liefde uitleef dat baie tot bekering

kan kom.

Praktiese Advies

“Repent” dadelik van voorbeoordeling en kritiek wat jy teenoor mense koester wie jy bedien.

Kry jou gesindheid reg, begin uitreik na hierdie mense, al is dit hoe gering, en begin JESUS

se liefde en aanvaarding aan hulle demonstreer deur jou optrede.

Bladsy 4

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 5

Begin voorbidding doen vir die mense wie jy bedien, nie met ‘n kritieke en veroordelende

gesindheid nie, maar vanuit liefde, dat God se werk in hul lewe meer oorvloedig sal word.

4.3 Die belangrikheid van hierdie bediening

(Luk 4:18 AOV) Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie

aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

(Luk 4:19 AOV) om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig;

om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te

kondig. JESUS het geweet die impak wat Hy in lewens gaan maak deur Sy lewe neer te lê. God

verlang dat ons ook ons lewe sal neerlê, met die doel om die boodskap van Luk 4:18-19 te

verkondig, sodat JESUS kan voortgaan om die impak te maak deur ons liggame.

a) Ons geloof in God word tot Hom en teenoor mekaar gevokaliseer en bemoedig en bou ons

mekaar op in die HERE tydens ons lofsange. Sulke tye saam versterk die wat swak is en

bemoedig die wat “struggle”, sodat hulle oorwinning kan ervaar.

b) Ware aanbidders vereenselwig met mekaar en dit bring eenheid. Waar daar eenheid is,

gebied die HERE sy seën en vind die vrylating van geestelike gevangenesse plaas, blindes

se sig word herstel, gebroke harte genees en die aangename jaar van die HERE word

aangekondig. (Psa 133)

c) Dit bring ‘n opgewondenheid en entoesiasme in die atmosfeer en spoor mense aan tot

toewyding aan God in elke area van hulle lewe.

d) Lofsange kalmeer die harte om meer ontvanklik vir die Woord te wees. (2 Kon 3:15-16)

Elisa het die siterspeler gevra om te speel en die hand van die HERE het op hom gekom, sy

gees het kalmeer en hy kon verder profeteer.

e) Lofsange ploeg die harte, sodat die Woord op vrugbare grond val. Soos in Hosea 10:9-15

gebeur dit vandag nog dat hoe voorspoediger dit met Israel gegaan het, hoe meer het hulle

Baäl aanbid. God se mense het Hom nie gevrees nie en die resultaat is dat hulle in sy oordele

val. Israel se sonde word vergelyk met die van die Benjamiete en Gibea en hulle straf is

versekerd. God vergelyk Israel met die oorspronklike werk van ‘n jong koei, (hulle was

gebruik om die dorsvloer te trap) wat aanvanklik nie moeilik of harde werk is nie. Maar as

gevolg van hulle rebellie moes hulle harder werk om God se oordeel te vermy. Die mense

maai wat hulle gesaai het. Hulle het in die militêre mag en krag van vreemde nasies vertrou

en so sal hulle vernietig word deur die militêre mag en krag van die vreemde nasies. In vers

11 sê Hy: “Judas sal die ploeg trek”. Ons weet ook dat Juda beteken “praise” en het

hierdie gedeelte in die Skrif die geestelike betekens dat ons deur ons lofsange die ploeg

van geregtigheid en liefde trek deur die harte van die luisteraars om dit gereed te maak

dat die saad van die Woord van God in hulle harte ingeplant kan word.

f) Lofsange trek siele na God toe. (Hos 6:11) Juda beteken “praise” en hierdie vers het ‘n

geestelike betekenis dat ons wat die Here prys die oes sal maai. ‘n Evangelistiese gemeente

sal ‘n lofprysende, jubelende, juigende gemeente wees.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 5

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 6

5. MAAK DIE WAARDE WAT ELKE LID TOT DIE SPAN TOEVOEG VAS

Besprekingsvrae vir die Groep

Bespreek die waarde wat elke onderskeidelike verantwoordelikheid van spanlede tot die

vlotverloping en impak van hierdie bediening toevoeg, vanaf die sangers, musiekante tot

klankpersone en multi-media operateurs.

Laat enige persoon of persone in die groep vertel die verskil wat dit maak in die oefentye,

dienste en groep wanneer ‘n sekere funksie nie vervul word nie.

Laat enige persoon of persone in die groep aan almal getuig, die impak van ‘n sekere persoon

in die span se getuienis, karaktereienskappe, lewe, woorde en/of aksies, of selfs net hul

getroue uitvoering van hul verantwoordelikhede, in hulle lewe.

(Spr 27:17 AOT) Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. God

gebruik verhoudinge om ons te skaaf en meer soos JESUS te maak. Daarom dat hierdie

bediening juis nie ‘n “one-man-show” nie, maar spanwerk, waar ons mekaar verantwoordbaar

hou vir ons woorde en dade. Sodra jy die waarde besef wat jy tot die groep toevoeg, sal dit

veroorsaak dat jy meer toegewyd en gemotiveerd sal wees om voort te gaan om dit uit te leef.

Die waarheid is dat die meeste van ons dink dat ons geen verskil maak nie en het nodig om te

hoor hoe ons ander se lewens impakteer as bemoediging om nie moeg te word nie.

Praktiese Advies

Verheerlik God deur inisiatief te neem om jou spanlede te begin prys vir hul bydraes en die

vrug daarvan in jou lewe en die van die span en gemeente. Veral in tye wanneer jý dit die

nodigste het.

Wees konstant met lofprysing geklee teenoor God en teenoor mekaar (Jes 61:3). Lof is nie

‘n gebeurtenis vir wanneer ons krisisse het nie, maar dit spruit voort vanuit ons liefde en

verhouding met JESUS, vanuit ‘n dankbare hart, ongeag ons omstandighede en ongeag hoe

ons voel, want ons weet God word nie deur ons gevoelens beperk nie en is getrou om te doen

wat Hy belowe het ongeag omstandighede of hoe ons voel. Lofsange sal in elk geval enige

gevoel van verslaendheid verander na die van oorwinning! Prys die HERE!

6. KOM MET DIE INGESTELDHEID OM ANDER MET JOU GAWE TE DIEN

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter waarde lewer die uitoefening van jou gawes en talente tot die effektiewe

funksionering van die groep en tot opbouing van die lede?

Wanneer gebruik ons gawes tot selfverheerliking en wat sal die resultate wees?

Gee praktiese voorbeelde van gawes en talente saam met voorbeelde hoe dit in die span

uitgeleef kan word?

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 6

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 7

(Efs 4:15 AOT) maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in

Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, (Efs 4:16 AOT) uit wie die hele liggaam—goed

saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking

van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie

opbouing in liefde. Baie keer kom spanlede net om hulle musikale talente uit te leef, maar

laat na om hulle gawes van hetsy bemoediging, evangelisasie, herderlike bediening,

genesing, profesie en geloof uit te leef in die groep. Ons primêre behoefte is om te dien, en

nie om musiek te maak nie. Die rede hoekom ons oefen en verbeter is juis om mekaar meer

effektief te kan dien.

Al dink jy jy het nie die oefeninge nodig nie, jy het die “fellowship” nodig en die

“fellowship” het jou nodig. As ‘n spanspeler bring elke lid nie net hul talente nie, maar ook

gawes na die span toe (1 Kor 14:26; Heb 10:24). As jy die bediening van bemoediging het,

kan jy na die oefening kom en op die uitkyk wees wie om te bemoedig. As jy ‘n bediening

het om ander te help, kan jy op die uitkyk wees, wie jy kan help. Kom met ‘n gesindheid van

“wat kan ek gee”, eerder as “wat kan ek hier uitkry”. Ons moet ons mede-kunstenaars

aanspoor tot hoër hoogtes in die geestelike en kreatiewe realms.

Praktiese Advies

Dien jou spanlede, deur in hul lewens en talente belang te stel.

Gebruik oefentye om jou spanlede te bemoedig en te dien met jou gawes en talente.

Vermy om konstant net jou talente te wil vertoon en raakgesien en geprys te wil word.

Ontwikkel die persoonlike oortuiging dat daar geen groter doel is om God se mense te

dien nie, waar dit jou ookal mag neem.

Werk daaraan om die effektiewe hantering van die Woord van God prioriteit bo die

effektiewe hantering van jou instrument en stem te maak. Moet dit egter nie as ‘n

verskoning gebruik om die ontwikkeling van jou talente agterweë te laat nie.

6.1 Ons het mekaar nodig

(Rom 12:4 AOT) Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal

dieselfde werking het nie, (Rom 12:5 AOT) so is ons almal saam een liggaam in Christus

en elkeen afsonderlik lede van mekaar. Ons het mekaar nodig en is afhanklik van mekaar

om te kan funksioneer soos God dit verlang. Soveel as wat ons wil hê dat ander lede in ons

span of selfs ons gemeente soos ons moet wees, redeneer en dinge doen, sal dit nooit gebeur

nie. God het ons juis verskillend gemaak met ‘n rede en verwag dat ons sal leer om saam te

funksioneer as ‘n liggaam. Dit is juis ons verskille in karakters, dinge doen en in talente en

gawes, wat God wil hê ons moet gebruik om mekaar mee te dien en te bemoedig en saam te

groei in die HERE.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 7

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 8

Praktiese Advies

Vier julle verskille en gebruik dit om mekaar mee te bemoedig, aan te vul en te versterk

eerder as om mekaar daarvoor te kritiseer en af te takel.

Bedien mekaar met nagmaal as ‘n herinnering van JESUS se werk vir elkeen aan die

kruis (2 Kor 5:17-21), ongeag die verskille. (1 Kor 10:16-17). Verklaar tydens die

nagmaal dat jy die liggaam van JESUS onderskei, dat elke persoon pas en plek het in Sy

liggaam, ongeag die verskille. Paulus leer ons dat baie mense onderskei nie die liggaam

van CHRISTUS nie en dit is waarom daar so baie siekes onder die Christene is en ‘n

aantal wat ontslaap het.

Onderskei ook verder dat die liggaam van JESUS gebreek is vir ons volkome genesing in

gees, siel en liggaam (Jesaja 52:14; 53:3-4). Bely enige ongeloof ten opsigte van jou

genesing en aanvaar dit in die geloof.

Ontvang die vergifnis van jou sonde deur die bloed van JESUS wat vir jou gestort is. Nie

net vir jou lewe het Hy daardie vergifnis bewerkstellig nie, maar ook vir die persoon met

wie jy verskil.

Besef dat God het ons juis verskillend gemaak, sodat ons deur ons verhoudinge, mekaar

kan skaaf. Sodat ons ons eie swakhede sal raaksien, “repent” en sal reg lewe. Sodat ons

meer soos JESUS sal word. Dit neem ‘n leeftyd om ons voor te berei vir ‘n ewigheid.

6.2 Dien mekaar in nederigheid

(Rom 12:3 AOT) Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder

julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar

dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan

elkeen toebedeel het. Ons is ‘n verskeidenheid van mense met verskeie talente, gawes,

voorkeure en persoonlikhede. God het aan elkeen van ons ‘n gawe toebedeel en dit is al wat

dit is: ‘n gawe. Ons moenie meer van onsself dink en onsself hoër ag as ‘n ander nie. Ons is

hier om mekaar te dien. Mense het verskillende gawes en ons moet juig dat ons lede van ‘n

liggaam is waarin ons hierdie verskille kan uitleef en mekaar daardeur kan dien. Elkeen het

‘n bestaansreg en ‘n plek. Dit is wanneer ons dinge volgens die eie-ek gedoen wil hê dat die

probleme insluip. Ons is nie hier vir selfverheerliking, erkenning en afgodediens nie.

Die geheim van die dinamika van die vroeë kerk wat, in ‘n bestek van 280 jaar, die

Christendom letterlik die hele wêreld wat onder Romeinse bewind was deursuur het, skryf ek

toe aan die eensgesindheid en dat niemand goed net vir homself gehou het nie. Die apostels

het kragtig getuig en daar het ‘n eenheid in JESUS onder die gelowiges geheers. Hulle het

liefdesdiens teenoor mekaar en ander verrig en mekaar deur die gawes van die Heilige Gees

bedien wat ‘n impak in die kerk sowel as die wêreld vir ewig gemaak het. Ons krag lê in die

werking van die Heilige Gees, in en deur ons lewens, sodat ons met bonatuurlike krag (Hand

1:8) en gawes van die Gees toegerus is om getuies van God te wees en daarmee ander te

dien.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 8

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Bladsy 9

Praktiese Advies

Wanneer ons meer vir mekaar in gebed intree, sal ons mekaar meer geredelik kan dien in

nederigheid. Doen intersessie-gebed vir jou spanlede en die mense vir wie jy bedien, om

jou fokus te verskuif vanaf hoe jy op die platform optree na wat God in die mense saam

met wie jy bedien en vir wie jy bedien, se lewens wil doen.

Bid met ‘n verwagting van wat God in mense se lewens wil doen tydens oefeninge en

dienste. Dit is tydens ons gebedstye wat die Gees van God met ons praat en spesifieke

behoeftes gee om voor in te tree vir spesifieke mense of dienste. (Rom 8:25-27) Die

Heilige Gees wil dieper dinge van God aan ons openbaar. Hy begeer om deur ons, ander

lief te hê. Deur die Heilige Gees sal jy krag hê om elke beproewing te weerstaan,

wysheid om probleme reg te hanteer, vertroosting in elke hartseer en vreugde in Sy

oorvloedige liefde, wat jy in jou gebed vir die heiliges uitstraal. (Luk 3:21-22) Deur

Jesus se gehoorsaamheid aan die Vader het die hemel oor Hom oopgegaan en die Gees

het in ‘n liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal en terwyl Hy besig was

om te bid het die hemel oopgegaan. Dit is tog wat ons verlang in ons lewe, musiekgroep

en gemeentes moet gebeur, dat die hemel sal oopgaan en die Heilige Gees harte en

lewens sal aanraak. (Hand 1:13) In baie plekke het lofsange vrugteloos geword omdat

musiek en sang, prioriteit bo God geword het.

Die lied van die kerk is meer geestelik as musikaal en ‘n gesonde gebedslewe sal jou

groter vrymoedigheid gee in die uitleef van jou talente op die verhoog, juis omdat jy weet

God is in beheer en jy kan net dien, jy hoef nie te “perform” en iets te laat gebeur nie.

God laat dit gebeur.

6.3 Bemoedig en vermaan mekaar

(Heb 3:12 AOT) Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en

ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. (Heb 3:13 AOT)

Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van

julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Almal van ons het aanmoediging,

bemoediging en vermaning nodig van mekaar, en nie net leierskap nie, om ‘n heilige lewe te

leef en voort te gaan met die uitleef van ons gawes en talente. Min spanlede hou mekaar

verantwoordbaar vir verkeerde gesindhede, tot die aansporing om heilige lewens te leef en

hoogmoed af te breek. Dit moet vanuit liefde gedoen word om jou spanmaat te help tot groei

in sy verhouding met JESUS en mekaar en nie om hulle te kritiseer of te veroordeel nie. Baie

min musiekspanne hoor ook: “Ons het Sondag fantastiese terugvoer gekry oor die nuwe lied.

Julle het great gedoen, kom ons gee die HERE al die ere.” Aanmoediging spoor spanlede

aan om meer toegewyd te wees en saam te werk om die suksesse voort te sit.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 9

Bladsy 10

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Praktiese Advies

Moenie dadelik spanlede kritiseer vir ‘n verkeerde gesindheid nie. Soms gaan hul deur

krisisse en soms weet hul nie van beter. Bid en vra die HERE om jou leiding en

geleentheid te gee om te deel met die persoon.

Stel altyd eers belang en vra uit: “Ek tel op jy is bietjie af die afgelope tyd. Is daar iets

waarmee ek kan help?” Moenie dadelik op oordeel en aanval oorgaan nie. Deel met jou

spanmaat vanuit God se Woord en jou persoonlike getuienis en bid saam met die

persoon.

Jy is net die instrument. Die Heilige Gees doen ‘n volkome werk.

6.4 Ondersteun mekaar in die sing van geestelike en profetiese liedere

(1Kor 14:3 AOV) Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos

en bemoediging. Dit is die woorde van stiging en troos en bemoediging wat weerstand bring

teen die vyand se roeping vir ons lewens. Om vurig in die Gees te bid sal veroorsaak dat

Satan en sy magte “unsettled” raak en dit sal die Gees geleentheid gee om tot ons harte te

spreek, woorde van bemoediging vir ons en die om ons. Baie kinders van die HERE leef nie

JESUS uit nie as gevolg van die beperkinge wat pyn, hartseer en duisternis op hul lewens

plaas. Satan haat die funksionering van die Heilige Gees, want dit bring “illumination” ten

opsigte van God se wil vir ‘n persoon se lewe. Die vyand hou daarvan om God se mense aan

te val wanneer hulle moeg en “weary” is en nie wanneer ons vol van die Gees is nie.

Ons moet die gawes van die Gees toelaat om te werk ook tydens ons oefentye om God se

Woord te bevestig in mekaar se lewens en in behoeftes te vervul. Esegiël het die vermoeë

gehad om in die atmosfeer in te profeteer en dit het veroorsaak dat dooie bene tot lewe

gekom het en ‘n hele leermag daargestel is (Esegiël 37:9-10). Die resultaat is dat daar ‘n

fantastiese aktivering en manifistasie van God se belofte was. Wanneer lewe in ‘n situasie

gespreek word, word God se mense geaktiveer. Gedurende dienste het musikante en sangers

‘n wonderlike voorreg om tydens hul lofsange die Woord van God te ontvang deur die

Heilige Gees en daardie woorde van bemoediging, stiging en troos selfs te sing. ‘n Nuwe

lied wat die Gees van God deur jou sing om die wat dit aanhoor te stig en te bemoedig.

Praktiese Advies

Oefen saam akkoord progressies en sing saam in tale tydens oefentye. Laat die Gees van

die HERE julle lei.

Een persoon kan frases sing wat die sangers moet herhaal (ons noem dit beurtsange), om

sodoende spontane lofsange te leer aan die wat nog onbekend met dit is. Tog wil ek ‘n

waarskuwing inbring dat ons nie geleer word om God te loof nie, maar dit kom vanuit die

Woord, Heilige Gees (Joh 7:37-39) en krag van God wat “overflow” in ons lewe wat net

eenvoudig ‘n plek soek om uit te kom en vir ons is daardie uitlating sange.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 10

Bladsy 11

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

6.5 Belê in mekaar se musikale vaardighede en talente

(Psa 33:3 AMPL) Sing to Him a new song; play skilfully (on the strings) with a loud and

joyful sound. Dit is so dat nie almal in kerk-musiekgroepe professionele musikante en

sangers is nie. Dit is egter steeds belangrik om as span hard saam te werk om ‘n goeie klank

te verkry in geheel, wat die lofsange betref. Dit gaan slegs gebeur deur gereelde oefentye en

te eksperimenteer met style. Almal in die span moet hard werk om die musikale vaardighede

te verbeter. Dit is juis ons fokus op God wat musikale uitnemendheid vereis. Daar is ‘n

dinamika van “performance” wat gebeur wanneer ons voor staan en bedien met outoriteit,

omdat ons ingeoefen is. Ons fokuspunt is egter altyd JESUS. Die daad van “performance”

moet nooit bo die daad van aanbidding gestel word nie.

Praktiese Advies

Hou werkswinkels waar dromme en baskitare nuwe ritmes aanleer, leer om saam te werk

met die gee van ritmes vir liede om tot ‘n klimaks van ‘n lied te bou.

Hou werkswinkels waar sangers geleer word om hul stemme optimaal te benut en te

ontwikkel.

Wanneer daar lede in die groep is wat meer as een instrument kan bespeel kan lede soms

musiekinstrumente ruil vir afwisseling en pret en om mekaar te leer op die verskillende

instrumente.

Die leer van nuwe liede sal ook die span se vaardigheid ontwikkel. Maak seker elke

instrument en sanger weet wat hul vertolking van die lied moet wees en neem

genoegsame tyd om die lied deur te werk en oor en oor te oefen, om seker te maak dat

almal vertroud is met die lied.

Moenie net ‘n lied leer vir die groep, omdat jy daarvan hou nie. Deel met die span wat

hierdie lied vir jou beteken en wat jy glo God in en deur hierdie lied in die gemeente wil

doen. Maak ‘n Bybelstudie van die lied en deel dit met die spanlede. Dit sal tot gevolg hê

dat mense meer bewus gaan word van wat hulle sing, die liede meer persoonlik gaan

wees vir mense en die span dit met die regte ingesteldheid gaan oordra. Dit kan selfs

kortliks met die gemeente gedeel word voor ‘n diens.

6.6 Leer mekaar ken en ondersteun in ‘n sosiale omgewing deur spanbou-aktwiteite

Eenheid in die musiekspan is baie belangrik om ‘n liefdevolle omgewing te vestig waarvan

daar bedien kan word. Dit is belangrik dat tussen al die harde werk, as span, almal saam kan

lag en mekaar geniet. Humorsin help dat oefentye nie onnodig swaarmoedig is nie.

Humorsin verbeter namate die groep ook meer saam “fellowship”, ontspanne tye saam geniet

en mekaar beter leer ken. Swaarmoedigheid kry intrapslag in ‘n groep wanneer daar

verkeerde gesindhede heers, veral die eie-ek en waar mense nie bereid is om mekaar te dien

nie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 11

Bladsy 12

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Praktiese Advies

Daar is niks wat mense so lekker saam laat kuier soos kos nie. Indien moontlik vervang

een oefening per maand met ‘n sosiale aand, waar die hele span by iemand se huis kuier

en elkeen iets saam bring om te eet.

Reël soms spanbou aktiwiteite waar die groep uit die kerkomgewing kom en dinge saam

doen om mekaar te leer ken en om te leer om saam te werk. Spanbou aktwiteite kan

insluit van om saam na ‘n teater, museum of musiekproduksie te gaan, of selfs om

hindernisbane aan te pak en so mekaar beter te leer ondersteun.

6.7 Eenheid sal die seën van God oor die bediening gebied

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat verbreek die eenheid in ‘n groep?

Wat is eenheid?

God eer ons getrouheid wanneer ons gereeld saam vergader en toegewyd is om eenheid te

bou, deur die krag van die HERE. (Psa 133:1 AOT) ‘n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk,

hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! (Psa 133:3 AOT) ... want daar

gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid! Waar daar nie eensgesindheid is nie,

kan God nie Sy seën uitstort nie.

(Efs 4:2 AOV) met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle

mekaar in liefde verdra (Efs 4:3 AOV) en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te

bewaar deur die band van die vrede. Toe Jesus aan sy dissipels verskyn het voor Hy

opgevaar het hemel toe, het hulle Hom aanbid toe hulle Hom sien. En dit was in daardie

atmosfeer van aanbidding wat JESUS gesê het “Alle mag in die hemel en op aarde is aan

julle gegee. Gaan... (Matt 28:18-19) Vandag nog wanneer God se mense in eenheid

saamkom om Hom te aanbid, ontvang ons JESUS se outoriteit en opdrag om uit te gaan en

dit te deel wat ons ontvang het. Wanneer Hy Sy seën gebied in ons “fellowship” en lofsange,

ontvang ons Sy mag om die wêreld te verander en die belofte dat Sy teenwoordigheid altyd

met ons is.

6.8 Maak seker elke spanlid weet wat hul verantwoordelikhede is

(1Pet 4:11 AOV) As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien,

laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word

deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.

Wanneer dinge in die fisiese realm in plek is, kom dinge in die geestelike realm ook in plek.

Die einddoel van alles is dat siele tot redding sal kom. Neem die inisiatief om by die leier

te gaan uitvind wat van jou verwag word as jy nie seker is nie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 12

Bladsy 13

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

a) Die Leier is daar vir optimale funksionering en nie oorheersing nie

(Heb 13:17 AOV) Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle

waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap

kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. Dit is ‘n voorreg vir

elke leier om saam met mense te dien wat oop is vir verandering en groei deur leringe,

vermaning en teregwysing. Saam met mense wat inisiatief neem en ook hulle gawes na

die oefeninge en optredes toe bring. Hierdie is mense wat uitstaan in hul verhouding en

groei in JESUS en in God se bediening wat Hy aan hulle toevertrou het.

Vir God gaan leierskap oor verantwoordbaarheid en behoorlike funksionering van gawes

en nie oor dat die een beter as die ander is nie. Daar sal altyd iemand in jou span wees

wat beter is as jy, al het God jou gekies om die leier te wees. As leier, hoef jy nie als

alleen te doen en dra nie, maar kan jy juis daardie persone inspan om jou te help tot die

effektiewe funksionering van die span, hetsy dit op musikale, geestelike of sosiale vlak is.

Jy bly egter verantwoordbaar vir alles wat geskied. (1Kor 16:15 AOT) En ek versoek

julle, broeders—julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is

en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het— (1Kor 16:16 AOT) dat julle ook

onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.

Praktiese Advies

Laat spanlede hulself beskikbaar stel volgens hul gawes en talente. Sommige sal wil

musikale werkswinkels hou, ander sangoptredes vir individuele reël tydens dienste,

andere sosiale geleenthede of talent aande organiseer. Sit saam en beplan vir

effektiewe funksionering van die span.

b) Klank

Eerste prioriteit wanneer inkom is dat “all systems up and running” is.

Inisieer klanktoetse met stemme en instrumente soos nodig. Stel eers die leidende

instrument en sanger en alle klank kan daarvolgens dan ingestel word.

Weet wat die eindresultaat veronderstel is om te wees voor jy begin stel. Onderskei

tussen goeie en verkeerde klank en weet hoe om die wysigings op die klankbord aan

te bring wat die verskil sal maak.

o Instrumente moet nie die sangers oorheers nie. Mense moet hoor wat gesing

word om effektief deel aan die lofsange te kan hê.

o Die leidende stem moet nie oorheers word deur die ander sangers nie. Almal

moet duidelik weet en hoor wie leiding gee.

o Die drommer moet nie harder as die res van die orkes speel nie. Dit is die

drommer se verantwoordelikheid om sagter te speel, tensy die dromme

elektronies is en deur die klankpersoon beheer kan word.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 13

Bladsy 14

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

o Klank in die kerk moet nie kompeteer teen die klank van die monitors, kitaar

amps en harde akoestiese instrumente op die platform nie. Daar word gesê dat

die beste meng is wanneer al die “keybords” hulleself kan hoor, al die sangers

hulself en al die baskitare hulself. Dit is soms beste om die klank op die

platform eers reg te stel en daarna die klank “inhouse” te stel.

o Die klank moet hard genoeg wees vir die mense dat hul gemaklik sal wees om

saam te sing, maar nie so hard dat hulle nie hulself kan hoor nie.

Weet altyd wat op platform gebeur en wees oplettend vir wanneer iemand jou aandag

soek.

Verstel klank konstant deur optredes soos nodig.

Besef watter effek die klank op die lofsange en geestelike atmosfeer van die

gemeente sal hê. Steurende klank veroorsaak dat die boodskap in sang en Woord

verlore gaan.

Lei mense op om jou te help met klank vir wanneer jy nie daar kan wees nie.

Hou die klankkas se area skoon, netjies en verbruikersvriendelik.

Moenie oorsensitief wees en voorstelle of versoeke persoonlik neem nie.

Die klankpersoon moet self in die Gees wandel en God aanbid agter die klankbord,

terwyl hy ook sy fokus behou op dit wat op die platform gebeur. Die stel van die

klank is tot verheerliking van God, dat die boodskap effektief kan uitgaan.

c) Die multi-media operateur

Die multi-media operateur moet die liede ken wat gesing word en die belangrikheid

besef om die regte woorde op die regte tye te wys, sodat almal met vertroue saam kan

sing en verwarring vermy word.

d) Musikante & Sangers

Musikante moet verseker dat hulle instrumente opgeslaan en ingestem is voor die

span begin oefen. Moenie op die uur wat die span wil begin oefen aankom, sodat

almal vir jou moet wag terwyl jy instel nie.

Sangers en musikante is elkeen self verantwoordelik dat hulle woorde reg is. Neem

inisiatief en vra die leier, wanneer jy nie ‘n lied se woorde of bladmusiek het nie.

e) Algemeen

Wees toegewyd aan oefentye en maak vroegtydig verskoning wanneer jy nie daar kan

wees nie.

Wees ten volle voorbereid vir elke geleentheid. Maak seker dat jy jou woorde en

akkoorde het. Dat jy weet wat gesing gaan word en wat om te verwag en wees

gereed, selfs vir die onverwagte. Weet wat gebeur wanneer en hoe laat jy daar moet

wees.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 14

Bladsy 15

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Wees geestelik opgewonde.

Leiers kan weeklikse sms’e of eposse uitstuur aan lede om oefentye te bevestig en

liede te kommunikeer wat gesing of geoefen gaan word. Hierdie tegnologie kan ook

gebruik word om spanlede te motiveer soos die HERE op jou hart lê en te deel as daar

behoefte is in die span, dat spanlede vir mekaar kan bid en mekaar kan ondersteun.

Wanneer elke lid in die groep weet hoe om behoorlik te funksioneer as ‘n individu en

as lid van ‘n span, sal dit verhoed dat ‘n nuweling inkom en onredelike of onpraktiese

vereistes daarstel. Dit sal veroorsaak dat daar van elke nuweling verwag word om by

die span in te val, saam te werk en die visie van die span te ondersteun en nie die span

die visie van die individu nie.

Respekteer elkeen se funksie wat vervul word in die span en moenie mekaar minag

nie. Luister na mekaar en soek die beste vir die span.

7. BYVOEGING VAN NUWE LEDE TOT DIE MUSIEKSPAN

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat verhoed soms dat mense met talent deel word en inskakel by ‘n gemeente se

musiekgroep?

Hoe kan mens die inskakeling van nuwe lede verseker en vergemaklik?

Wat moet nuwe lede doen om by die groep in te skakel en deel van die span te voel?

Hoe kan mens nuwe lede laat welkom en deel van die span voel?

Is daar ‘n proses wat nuwe lede moet deurgaan en vereistes waaraan hulle moet voldoen,

alvorens hul saam met die groep kan begin optree?

(Hand 2:41 AOV) Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op

dié dag omtrent drie duisend siele toegebring. Dit is vanselfsprekend dat nie enige persoon

saam met die groep kan bedien nie. Baie mense wil graag deel wees van hierdie span en

sommige kan nie verstaan dat jy nootvas of musikale vaardigheid moet hê om deel van hierdie

span te wees nie, tensy jy daar is as intersessor of multi-media operateur.

Daar is altyd diegene met gewillige harte, maar geen musikale talente wat daarop aandring om

deel van die musiekspan te wees. Mense op die platform wat nie die talent of visie het nie sal

die impak van hierdie bediening affekteer. Om sukses van hierdie bediening te verseker is dit

belangrik dat mense wat deel van die musiekspan wil wees:

a) in ‘n aktiewe en lewende verhouding met God sal leef;

b) in goeie verhoudinge met hul medemens sal staan;

c) musikaal vaardig sal wees

d) ‘n leerbare gees sal hê; en

e) bereid sal wees om hul talente te ontwikkel.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 15

Bladsy 16

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Oudisies is ‘n maatreël wat help om mense met die regte kwaliteite en gesindhede aan te stel.

Besluit watter vlak van musikale agtergrond en ervaring vir jou aanvaarbaar is en indien nodig,

kry iemand om jou te help om mense se stemme en talente te evalueer. Moenie net vaskyk in wat

kandidate kan of nie kan doen nie, maar sien ook hulle potensiaal raak. Ons almal het ‘n

geleentheid nodig om te groei en te ontwikkel en die kerk se musiekspan is nie vir die perfektes

nie, maar juis om mense ‘n geleentheid te gee om te groei.

7.1 Waarna om te kyk tydens oudisies

a) Is die persone musikaal vaardig?

b) Het hulle ‘n begeerte om God te aanbid of gaan dit vir hulle oor “performance”?

c) Is hulle argumentered en foutvinderig?

d) Projekteer hulle hul persoonlikheid om sodoende raakgesien te word?

e) Is hulle gewillig om deel van die groep te word en die belange van die groep bo hul eie te

stel?

f) Waarom is hulle by vorige groepe weg?

7.2 Evalueer Sangers

a) Vind uit wat die “range” en stem is wat die persoon kan sing.

b) Vra eers of daar ‘n spesifieke lied is wat die persoon wil sing. Laat nog ‘n sanger saam sing

en ‘n persoon saam speel terwyl die kandidaat sing. Dit laat die persoon net meer op sy

gemak voel.

c) Wanneer die persoon sing luister aandagdig om te hoor of hy kan harmoniseer en of hy weet

wat hy doen en sal inpas by die res van die span.

d) Luister of die persoon nootvas is. As hy nie is nie, sal hy outomaties nie kwalifiseer om in

die span te bedien nie. Luister egter of daar potensiaal is en stel stemklasse voor, sodat die

persoon sy talente kan ontwikkel.

e) Die kandidaat kan die volgende lied dan begin. Begin miskien saam, maar laat hy dit as ‘n

solo eindig. Luister na volume, asemhaling ,nootvastheid en tyd.

f) Laat die ander sangers weer inkom en fokus op die lofsange en vry aanbidding. Kyk of die

persoon sterk na vore kan kom met sy vokale talent en steeds sy fokus op aanbidding kan

hou.

7.3 Evalueer Musikante

a) Laat ‘n musikant die oefening insit en gee ook akkoorde om saam te oefen.

b) Laat hy dan ‘n lied of twee met sy instrument saam met die groep speel en ‘n lied alleen

speel om sy vaardigheid te bepaal.

Afhangend van hoe die Gees jou lei kan jy na die oudisie met die kandidaat gesels en deel wat jy

optel en wat die Here op jou hart lê. Indien jy nodig het om dit met gesag bo jou of ander

vaardige mense te bespreek laat weet die kandidaat dat jy hom deur die week sal kontak.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 16

Bladsy 17

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

7.4 Riglyne vir mense wat deel van die span wil wees

a) Stel byvoorbeeld ‘n ses weke proeftydperk vir nuwe spanlede om sodoende hulle toewyding

en dienskneg gesindheid te toets. Dit kan ook egter verskil van kandidaat tot kandidaat.

b) Daar word van spanlede verwag om volwassenheid te toon in hulle Christelike lewe en

daaglikse lewenswandel. Ons geestelike voorbereiding het ‘n direkte invloed op ons optrede

en bediening en daarom moet ons kom, nie net gereed om te sing of musiek te maak nie,

maar om die Koning te aanbid en Sy volk te bedien.

c) Geestelike groei is baie belangrik vir elke individu en vir die groep gesamentlik. Ons moet

groei en volwasse word in JESUS as individue en as spanspelers, die Bybel bestudeer en tyd

uiteensit met God alleen.

d) Groepslede moet toegewyd wees om saam met die groep te vloei en moet nie eie vaardighede

bo die van die span stel nie.

e) Ons eerste prioriteit is om die liggaam van JESUS en mekaar te dien.

f) Daar word van groepslede verwag om deel te neem aan oefeninge, spesiale dienste,

programme en gemeenskapsuitreike.

g) Groepslede moet hul oordeel gebruik om nie onvanpaste kleredrag aan te trek nie.

h) Lede moet betyds wees vir oefeninge en byeenkomste, tensy anders gereël.

i) Sou dit nie vir jou moontlik wees om ‘n oefening of ‘n diens by te woon nie, maak persoonlik

verskoning by die leier. Gee verlofdatums vroegtydig deur, sodat reëlings getref kan word

om alternatiewe musikante of sangers te reël.

j) Omdat daar in spanlede se lewens gebou word, “fellowship” gehou word en nuwe liede

geoefen word, is musiekoefening verpligtend vir almal wat betrokke wil wees in hierdie

bediening, ongeag hoe gering die hoedanigheid.

k) Dit is elke musikant se verantwoordelikheid dat sy instrument opgestel en ingestem is in tyd

vir oefentye om te begin.

l) Pak instrumente weg en sorg dat die platvorm waar jy staan en bedien, skoon en netjies is,

soos jy dit gekry het.

m) Probeer sover moontlik woorde en akkoorde uit jou kop leer ken.

8. GENIET DIE OEFENTYE SAAM DEUR OOP TE WEES VIR NUWE IDEES

Besprekingsvrae vir die Groep

Hoe kan godsdienstigheid, vormgodsdiens en tradisie veroorsaak dat ons nie oop is vir nuwe

idees nie?

Hoekom is mense nie oop vir nuwe idees nie?

Hoe benader mens nuwe idees en hoe word nuwe idees in die groep geïmplementeer?

Nuwe idees bring baie keer bevryding van ou stereotipe tradisies. Dit is belangrik dat nie net die

spanlede nie, maar ook die leier oop sal wees vir nuwe idees. Laat die span weet jy is oop vir

hulle idees. As leier het jy steeds die prerogatief om nee te sê, maar soms het spanlede sulke

goeie idees en bring dit samehorigheid as almal in die groep kan deel hê aan beplanning. Deur

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 17

Bladsy 18

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

na die spanlede se idees en voorstelle te luister, maak hulle as spanlede meer betrokke en

veroorsaak dit ‘n opgewondenheid en groei in hulle lewens omdat hulle opinie ook belangrik is,

omdat hulle raakgesien word, en omdat hulle nie gemanipuleer word om net alles te doen wat die

leier wil doen nie.

9. MAAK RUIMTE VIR FOUTE

Leer om te lag vir jouself en om ‘n ontspanne atmosfeer te behou, sodat mense nie in vrees na

die oefeninge sal kom nie. Ons almal maak foute van tyd tot tyd en dit is ‘n goeie teken dat ons

net mens is. Spanlede sal dadelik weet wanneer hulle ‘n fout gemaak het, hetsy hul ‘n verkeerde

noot gesing het, of te vinnig ingeval of ‘n verkeerde woord gesing het.

Praktiese Advies

Wat die fout ookal is, knik oog en verseker hulle als is reg en gaan net aan. Gee selfs ‘n

glimlag van aanvaarding, sodat hulle op hul gemak is en kan voortgaan met bedien sonder

om gespanne te wees of onnodig teleurgesteld in hulself te voel.

Die meeste mense in die groep is reeds senuweeagtig om voor mense te speel en sing. Moet

dit nie erger maak deur onrealistiese verwagtinge op hulle te plaas nie. Hoe ons reageer op

mislukkings maak saak.

Moet nooit ‘n spanlid laat voel dat as gevolg van hulle fout die hele diens nou ‘n mislukking

was en die boodskap daarmee heen is nie.

Mense wat egter doelbewus aanhoudend fouteer as gevolg van verkeerde gesindhede, moet

aangespreek word.

10. EVALUEER OPTREDES/DIENSTE/OEFENTYE EN LEER UIT FOUTE

Die groep kan vlugtig bespreek wanneer daar iets uitgestaan het van die laaste optrede. Bespreek

die groep se effektiwiteit tydens dienste en areas wat sterkpunte is en areas waar verbetering kan

kom. Vrae wat gevra kan word sluit in:

a) Wat was die atmosfeer in die kerk?

b) Hoe het die gemeente gereageer op die lofsange?

c) Watter deel van die diens kan ons vier?

d) Watter deel moet ons aandag aan skenk?

e) Watter dele het mense se harte en lewens aangeraak en in watter wyses het mense die

dienste anders verlaat as wat hulle ingekom het?

11. REIK AS SPAN UIT MET JUL GAWES IN DIE SENDINGVELD

(Mar 16:15 AOV) En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die

evangelie aan die ganse mensdom. (Mar 16:16 AOV) Hy wat glo en hom laat doop, sal gered

word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. (Mar 16:17 AOV) En vir die wat geglo

het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 18

Bladsy 19

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

spreek, (Mar 16:18 AOV) slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit

hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Praktiese Advies

Skep geleentheid vir die musiekspan om uit te reik in die Sendingveld. Hulle kan op ‘n

oefeningaand uitgaan na die strate van die dorp en traktaatjies of Bybels uitdeel. Vir mense

in die strate vertel van JESUS en die werk wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het.

Stuur groepslede op kort sendingsuitreike, waar hul kan help met die lei van lof en

aanbidding en ook blootstelling kry om JESUS aan die verlorenes te verkondig. Dit sal die

boodskap van die evangelie net vaster maak en die dringendheid van hierdie bediening in

hulle lewe vasmaak. Groei, passie en opgewondheid sal die resultaat wees.

Indien moontlik gaan een aand na die strate van die dorp en bedien die gemeenskap met

lofsange. Kry die gemeente om saam te kom en traktaatjies uit te deel aan almal wat kom

luister, vir die siekes te bid en mense na JESUS toe te lei.

12. WAAK TEEN SELFSUGTIGHEID

(Psa 24:3 AOT) Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige

plek? (Psa 24:4 AOT) Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot

nietigheid en nie vals sweer nie. (Psa 24:5 AOT) Hy sal seën wegdra van die HERE en

geregtigheid van die God van sy heil. Sonde kan nie geïgnoreer word nie. Sonde het al in

menig musiekspanne skeuringe en verdeeldheid gebing. Die grootste oorsaak van skeuringe is

selfsugtigheid en die eie-ek gesindheid. (Jak 4:1 AOV) Waarvandaan kom oorloë en vegterye

onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?

(Jak 4:2 AOV) Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks

verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. (Jak 4:3 AOV)

Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.

Die woord vir welluste is “hedeny” en beteken hedonisme (genotsugtigheid). Hedonisme is

‘n filosofie in die lewe waar jou satisfaksie en sensuele plesiere enige iets anders oorheers.

Dit is die eie-ek wat vervul wil word elke sekond van die dag en dinge sy eie manier wil hê

en daar kom frustrasie in wanneer daar nie genoeg tyd, geld en energie vir almal is om dit

hul eie manier te kry nie.

Mense se passies beheer hulle, hulle doelwitte word geblokkeer, en hulle word gefrustreerd,

en daar ontstaan verwydering, vervreemding en gevegte. Dit kom eintlik alles neer op

selfsugtigheid. (Jak 4:4 AOV) Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap

van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees,

word ‘n vyand van God. Jakobus sê dat wanneer ons die leuen glo van hedonisme, verwerp

ons as gelowiges God en draai ons na die wêreld en omhels ons die wêreldsisteem en plaas

ons onsself letterlik in ‘n posisie waar God ons vyand word, deur ons gedrag en lewensstyl,

selfs al was ons betaal voor deur die bloed van Christus.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 19

Bladsy 20

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 1: Doelgerigte Oefentye

Wanneer ons kwaad is omdat ons nie die geleentheid gekry het om die lied te sing wat ons

wou nie, dan is dit “ek-eerste” gedagtes. Wanneer ons gesprekke so manipuleer om die

“spotlight” op ons te kry dan is dit “ek-eerste” gedagtes. Wanneer die span ‘n onlangse

sukses vier en ons het verwyte, omdat ons nie kon doen wat ons wou in die optrede nie, dan

is dit “ek-eerste” gedagtes. Wanneer ons kwaad word omdat die predikant vra ons ‘n liedjie

moet sing wat oud is, of waarvan ons nie hou nie, of wat ons as groep nie geoefen het nie, is

dit “ek-eerste” gedagtes.

Die hartseer is dat mense met hierdie gesindheid altyd ander intrek, sodat hulle nie alleen

staan nie. Dan begin hulle onderlangs en agteraf praat oor alles waaroor hulle ongelukkig is

en begin hulle kort voor lank soos die Israeliete klink wat oor Moses se leiding gekla en

murmureer het. (Num 16:41-45; Fil 2:14) Hierdie mense bring onrustigheid en ‘n gebrom in

die groep mee.

Baie mense in musiekspanne het die geneigdheid om te kla wanneer dinge nie gaan soos

hulle wil hê dit moet gaan nie. Satan het met baie sukses in talle gemeentes die werk van die

HERE skade laat lei deur musiekgroepe te kry om negatief te wees. Sulke onderlanges

gebrommery is soos kankers wat groei en versprei en uiteindelik die hele span selfs ‘n hele

gemeente kan doodmaak. (Jak 3:16 AOV) want waar afguns en selfsug is, daar is

wanorde en allerhande gemene dade.

Die rede hoekom baie gemeentes nie die HERE sien tydens dienstye nie, is omdat die vrede

en heiligmaking agterweë gelaat word as gevolg van ‘n hedonistiese gesindheid selfs in die

kerk van JESUS vandag. (Heb 12:14 AOV) Jaag die vrede na met almal, en die

heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;

Die kerk se misie moet bo jou eie agenda geplaas word. Die kerk se missie is dat verlore

siele sal inkom en die wat ingekom het geeestelik sal groei in JESUS en sal uitreik na ‘n

verlore gaande wêreld. Wanneer jy vies is omdat die groep nie jou styl speel, of ‘n lied sing

wat jy gegee het nie, dan stel jy jou eie agenda bo die groep s’n. Wanneer jy iets in die groep

wil implementer en die leier sê nee en jy vervies jou, dan is jou agenda hoër as die groep se

agenda. Wanneer elke lid op die span dieselfde ingestelheid het, sal die span groot dinge vir

God doen.

Soms word veranderinge gemaak voor ‘n diens en liede waarin mense baie werk gesit het,

word skielik uitgehaal. Dit sal ook groepslede se ware gesindheid na vore bring of dit oor

God gaan of oor wat vir ons lekker is. Mense wat in tradisie en godsdienstigheid vasgeval is,

is nie oop vir veranderinge nie, maar mense in ‘n lewende verhouding met JESUS en met

mekaar, is oop vir veranderinge, al is dit soms intimederend om uit hul gemaksones te

beweeg, omdat hulle reeds daagliks God toelaat om verandering in hulle ingestelheid en gees

in te bring deur die versoeningswerk wat JESUS vir ons aan die kruis gedoen het.

Moenie die versoeningswerk van JESUS aan die kruis vir jou nulifeer deur die verkeerde

gesindheid in jou lewe toe te laat nie. Werk saam met die span en aanskou die groot werk wat

God in en deur julle doen!

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!