06.05.2013 Views

49 WAT IS DIE ISLAM GELOOF - Stanger Christian Centre

49 WAT IS DIE ISLAM GELOOF - Stanger Christian Centre

49 WAT IS DIE ISLAM GELOOF - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

49 ­ WAT IS DIE ISLAM GELOOF

Die afgelope jare is daar al baie pamflette en boeke geskryf om die gevare van Islam uit te wys, hulle dwaal

leringe te ontbloot, en gelowiges aan te moedig om teen hierdie anti­christelike mag te bid, want as ‘n mens

met jou natuurlike oog kyk na die wyse waarop hulle hulle godsdiensmag uitbrei, lyk dit waarlik of NIKS of

NIEMAND hulle kan stuit nie. Onder leiding van die Heilige Gees wil ek egter ook ‘n paar gedagtes neer pen

oor die godsdiens van Mohammed met die gebed in my hart dat my leser (1) opnuut sal besef hoe ‘n

verdraaide en misleide godsdiens dit werklik is, (2) dat ons beslis nie hier te doen het met vlees en bloed nie,

maar teen ‘n geweldige sterk demoniese mag (Ef. 6) waarteen ons geestelik moet stryd voer, met vas en gebed

daarby en (3) met dieselfde geestelike wapens moet intree vir die siele van die miljoene aanhangers van Islam

dwarsoor die wêreld, want Yeshua Hamashiach (Jesus Christus) het ook vir Elkeen van hulle ‘n duur prys

betaal op Golgota en Sy begeerte is ook dat nie een van hulle sal verlore gaan nie, maar dat almal gered sal

word (2 Pet. 3:19) As gelowiges moet ons dus nie die Mohammedaan haat en weerstaan nie, maar wel die

demoon van Islam.

Eseg. 33:8­9: As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die

goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy

bloed sal Ek van jou hand eis

Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer

van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het hou siel gered.

Dis beslis dan nie so dat ons net ons rug kan keer op hierdie verloregaande Moslems nie en sê ons wil niks met

hulle te doen hê nie. Ons behoort te weet wat hulle glo en dan ook die Bybel te ken om hulle by die Lig te

bring, en ook te weet hoe om stryd te voer teen die demoniese mag.

Hand. 26:18: … om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die

mag van die satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van son des en ‘n erfdeel onder

die geheiligdes kan ontvang.

Die Islamitiese geloofsbelydenis word die kalima genoem. Dit spel die reëls vir voortreflikheid uit en alle

goeie Moslems moet hierdie godsdienstige pligte nakom, wat die vyf pilare van Islam genoem word.

1. Die Kalima moet korrek en hardop opgesê word.

2. Daar moet vyf keer perd ag gebid word terwyl die persoon in die rigting van Mekka buig.

3. Liefdadigheid te bewys en geldelike bydraes lewer.

4. Vas gedurende die dag in die maand Ramadan.

5. Ten minste een keer in ‘n persoon se leeftyd ‘n pelgrimsreis na Mekka onderneem.

Dis duidelik dat WERKE jou na ‘n ewige geluksalige hemel sal neem in die Islam geloof. Hulle herlei hulle

erfenis terug na Ismael, Abraham se eersgebore seun gebore uit Hagar, Sarai se byvrou. Die Moslems beweer

dat al die beloftes wat aan Abraham gemaak is deur Yahweh (God die Vader) om vervul te word in “Isak”,

deur die Jode verander is om Isak te lees, waant Yahweh het “Ismael” as die erfgenaam van Abraham daar

gestel (lees Gal. 4:20­31). Isak en die Jode word dus deur Moslems gesien as verdringers en berieërs, want

Ismael is immers die eersgebore seun, en daarom ook die erfgenaam.

Soos reeds gesê is Mohammed die stigter van hierdie valse godsdiens, Islam, wat in 622 n.c ontstaan het. Let

wel: NA Christus, m.a.w. die Koran waarin die sogenaamde “goddelike openbaringe” van Mohammed

opgeteken is, het NA die geskrifte van die Ou en Nuwe Testament ontstaan en daarom is dit redelik maklik om

te kan onderskei dat Mohammed sy Koran gebaseer het op die ou Joodse en Christen­geskrifte. Sir Lionel

Luckhoo, ‘n man wat al baie van die Islamgeloof se misleidings ontbloot het, noem hierdie :afskrywe vanuit

die Bybel”, openlik plagiarisse: letterkundige diefstal. Hy meld as voorbeelde Psl. 84:10; 27:11; 37:29.

Volgens hom is daar nog talle meer.

Sir Luckhoo gaan voort deur te sê dat die verhale in die Koran selfs op plekke weersprekend is: eintlik heel

deurmekaar. Die chaos wat ons in die Koran vind is beslis nie vanaf ‘n God van orde nie. Die Koran haal die

Bybel verkeerdelik aan en maak feitelike, historiese foute. In die geval van Abraham sê die Koran dat hy twee

seuns gehad het, terwyl hy agt gehad het. Twee vroue word aan hom verbind, maar hy het 3 gehad. Hy het nie

in Mekka gewoon nie, maar in Hebron. En dan is daar die “verdraaiing” wat ek reeds genoem het: die Koran

beweer dat Abraham Isamel moes offer op Moria. Selfs as dit kom by die Nuwe Testament is die godsdiens

van Islam heel aanmatigend: die woord "paracleton" is ‘n Griekse woord wat “trooster” beteken en word

gebruik vir die Heilige Gees wat ná die Apostels gekom het op Pinksterdag. Maar die Koran sê hierdie Griekse

woord verwys na Mohammed, ‘n blote mens, terwyl die Heilige Gees deel is van Yahweh en Yeshua: die

Heilige Drie­eenheid.

Die vraag ontstaan dus onwillekeurig of Mohammed ‘n openbaring ontvang het of het hy bloot sy kennis van

die Bybel gebruik en toe sy Koran saamgestel? Daar is natuurlik skrywers wat beweer dat wanneer

Mohammed hierdie openbaring ontvang het, hy op die grond geval en gebewe het terwyl hy geweldig gesweet

het. Sy oë was toe en skuim het by sy mond uitgekom. Volgens Islamitiese tradisies was Mohammed

aanvanklik nie seker of die openbaringe wat hy ontvang het, goddelik of demonies was nie. Ek het beslis geen

twyfel in my hart wie die bron van hierdie dwalinge is nie!

Mohammed het al die eienskappe van ‘n valse profeet gehad. In daardie tyd het die Arabiere baie verskillende

gode aanbid: 365 van hulle en allah (wat bloot god beteken) was maar een van hulle. Selfs voor Mohammed

se optrede is demone as afgode in die kaäba in Mekka vereer. Die kern van Islam is in toewyding aan allah

geleë, wat die hoogste een van hulle is. Só wy mense hulle aan hierdie demoniese gees toe en word slawe van

satan.

Wanneer die Moslem op ‘n pelgrimsreis gaan na Mekka in Saudie­Arabië, is sy hoofdoel om by die kaäba­

steen uit te kom, dit te soen en so vergifnis van sonde te kry (dis volgens die Islamitiese­geloof). Hulle beweer

dat hierdie rots vanuit die hemel geval het (heel waarskynlik ‘n meteoor!) en wanneer dit gesoen word het dit

die mag om alle sonde daarin te absorbeer. Hierdie swart steen (40vt X 30vt X 55vt) sou dan nou die

manifestasie wees van allah: dis die basis van die Moslemgeloof. Die kaäba is bedek met ‘n swart kleed wat

ryklik versier is met spreuke uit die Koran. Dis ‘n moeilike begrip vir ‘n regdenke mens, want dis niks meer as

‘n klipgod nie, en dis tog maar die soort afgode wat heidene al oor duisende der duisende jare het

Lev. 26:1: Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld, of ‘n klippilaar mag julle vir

julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie;

Want Ek is die Here julle God. (YAHWEH)

Om dan te beweer dat allah en die Lewende God, YAHWEH, wat die Jood en die Christen dien dieselfde god

is, is absurd en dwaas en ‘n leuen uit satan se boesem. Maar ek kan hier duidelik sien hoe die meester van

misleiding, satan, ‘n PLAAS VERVANGER geskep het vir die KOSBARE HOEKSTEEN, Yeshua

Hamashiach (Jesus Christus) wat geestelik onderskei word en nie letterlik soos Mohammed dit gelees het uit

die Skrif nie.

Jes. 28:18: Daarom, so sê die Here Here (Yahweh): Kyk lê in Sion ‘n grond STEEN, ‘n beproefde

STEEN, ‘n kosbare hoek STEEN wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

…. Die hoek STEEN wat die bouers verwerp het, dit het ‘n HOEKSTEEN geword. Hy het van die Here

gekom en is wonderbaar in ons oë (Matt. 21:42)

…. En op hierdie ROTS sal Ek my gemeente bou (Matt. 16:18)

Kyk, Ek lê in Siom ‘n STEEN van aanstoot en ‘n ROTS van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal

nie beskaam word nie (Rom. 9:33)

Die arme, misleide Moslems plaas sy geloof in ‘n dooie, swart klip, i.p.v die Kosbare Hoeksteen, YESHUA!

Van die begin af was die godsdiens van Mohammed bekend vir sy geweld: hy het beveel dat almal wat nie die

boodskap van allah wou aanvaar nie, doodgemaak moes word. As skepper van die Islamitiese geloof was hy

self betrokke by 66 veldslae en het baie mense in sy lewe dood gemaak. As skepper van die geloof is dit nie

moeilik om te verstaan waarom die Moslem volke, Iran, Iraque, Kuwei, Afganistan, Yemen ens vandag

mekaar dood maak met die spreekwoordelike “Gihad” Heilige Oorlog. In die Koran word allah as ‘n

genadelose god voorgestel. Vir hom is die mens bloot ‘n slaaf en totale onderhorigheid word van hom geeis.

Satan se strewe om die mens, die wêreld en die heelal in te palm het nog nooit verander nie, en hy gebruik

Islam om hierdie strewe van hom te vervul. Daarom inspireer Mohamed se leerstellings tot vandag toe sy

volgelinge met die ambisie om elke moontlike volk en land in te palm. As ons kyk na statistieke van hoe

hierdie godsdiens die afgelope dekades uitgebrei het, lyk dit of satan beslis besig is om veld te wen. ‘n Goeie

voorbeeld is die toename in moskees in Engeland vanaf 1945 tot vandag: in 1945 was daar net een moskee, in

1959­25; in 1960­80; in 1976­200; in 1979­300; in 1979­1000 en vandag meer as 1150. Daar is vandag in

Engeland, waar die Westerse beskawing en kultuur en ook die Christendom pas ‘n eeu gelede een van sy

sterkste vestings gehad het, meer Moslems as Metodiste! Die syfers vir S A lyk ook maar bra onrusbarend!

Tog moet Christene nie hierdeur geintimideer word nie, maar wel tot ernstige geestelike strydvoering

opgeroep word EN tot Evangelisasie! Yahweh het in Sy Woord ook vir die afstammelinge van Isamel seën en

voorspoed belowe, wat Hy nagekom het ind ie rykdom van olie­bronne wat Hy ind ie Arabiese­lande voorsien.

Ek wil graag hier ‘n vergelyking plaas tussen die stigter van die Isalmgodsdiens, nl. Die Man, Mohammed en

die Oorsprong en Voleinder van die Christen geloof, nl Yeshua Hamashiach, die Seun van Yahweh.

YESHUA (JESUS)

1. Gebore uit die maagd Maria in 4. V.C.

2. Geen aardse vader.

3. Nooit getroud nie.

4. Het ‘n sondelose lewe gelei.

5. Het nooit gebid vir vergifnis van sonde nie.

6. Het nooit oorlog gevoer nie.

7. Het niemand tot die dood veroordeel nie.

8. Het genade en liefde betoon.

9. Het ‘n geestelike koninkryk gestig.]

10. Sterf aan ‘n kruis op 33 jarige leeftyd.

11. Het uit die graf opgestaan en lewe vandag nog. (Gestaaf ind ie Koran)

12. Die Ou Testament het Sy eerste en tweede koms voorspel. Ind ie Ou Testament was oor die 500 profesieë

van Sy geboorte en 33 profesië van Sy dood in detail bevestig.

13. Tema: liefde

14. Word 97 keer in die Koran gemeld.

MOHAMMED

1. Gebore uit Aminah in 570 N.C

2. Aardse vader was Abd Allah.

3. Getroud met 15 vrouens (bywywe).

4. Was ‘n sondige mens.

5. Het dikwels gebid om vergifnis van sonde.

6. Het 66 veldslae aangevoer.

7. Het baie tot die dood gevonnis

8. Het geen genade betoon nie, maar dikwels die swaard gebruik.

9. Het ‘n aardse koninkryk gestig.

10. Sterf aan longontsteking en vergiftiging op 62 jaar.

11. Is nog steeds in die graf – dood.

12. Niks van hom is in die Bybel voorspel nie.

13. Toegewy aan stryd en oorlog.

14. Word 25 keer in die Koran gemeld.

Kan jy eerlik hierdie vergelykings lees en oordink en steeds vashou aan die Moslemgeloof en die Koran? Op

watter grondslag? Tog is daar duisende misleide mense wat wel Moslems is! My oortuiging is dat hulle

demonies gebind en gebreinspoel is, en die verbreking en ontbinding van hierdie magte behoort deel te vorm

van ons geestelike strydvoering vir die redding van die siele van die Moslems, saam met vas en gebed. (Lees

gerus ons boekies VRY VAN VREES en SOLDAAT WEES VIR JESUS wat breedvoerig uitwei oor

geestelike strydvoering, en ons Mosterdsaadjie VAS EN GEBED).

Interessant is dat daar 99 name in die Koran is vir God, maar nie een is LIEFDE of hou verband met liefde nie.

Dis natuurlik heeltemal in teenstelling met Yahweh se karakter waar die klem, in die Ou en Nuwe Testamente

val op LIEFDE, tot die mate dat ons uitroep: YAHWEH IS LIEFDE: Let maar net op Joh. 3:16: Want SO

LIEF het Yahweh die wêreld gehad dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo,

nie verlore mag gaan, maar die Ewige Lewe kan hê. Weereens val dit ‘n mens op dat die god wat die

Moslems aanbid, beslis nie die God van die Bybel is nie! Yahweh leer Sy volgelinge om hulle vyande lief te

hê.

Die Moslems se onverdraagsaamheid teenoor ander gelowe is wel bekend. In Islamitiese lande word Christene

verbied om die Evangelie te verkondig aan Moslems of om enige Christelike aktiwiteite te hê. In Saudi Arabië

kan jy slegs burgerskap ontvang as jy ‘n Moslem is. Vandag maak die Moslems grootliks misbruik van

Christenlande soos die VSA en Engeland. Oral vervang moskees kerke, maar vra vir ‘n Moslem of ‘n Christen

toestemming sal verkry om ‘n kerk in sy gemeenskap te bou? Natuurlik nie!

Die anti­chris is nie slegs ‘n man wat sal verskyn kort voor Yeshua Sy Bruid kom haal nie, maar is ook ‘n

Beweging wat Yeshua van Nazareth ontken as die Seun van Yahweh. Kommunisme is wel anti­chris in sy

ideologie, maar die grootste ant­chris beweging huidiglik is ISLAM. As Christene tog maar net ernstig hieroor

wil besin en BID en EVANGELISEER! BID vir die Arabiere, die Moslems, en almal wat nie vir Yeshua ken

nie. Islam is anti­chris en is daarop uit om die Christendom (en Israel!) te vernietig. Mohammed het die

Jode in die naam van allah vervloek (Sura 4:42­55) haat en veroordeling teenoor almal verkondig wat Isalm

nie wil aanvaar nie, en sy volgelinge aangemoedig om niks met die Jode of Chirstene te doen te hê nie:

“O Gelowiges! Moenie met Jode of Christene vriende maak nie. Hulle is slegs mekaar se vriende. As enigeen

van julle met hulle bevriend raak, sal hy soos een van hulle word! Allah sal nie boosdoeners lei nie” (Sura

5:56, Koran)

Hierdie geweldige toename in die Islamgodsdiens spreek vir my van net een saak: DIE EINDE IS OP

HANDE, VOOR DIE DEUR. En die Moslemleiers is baie bewus van Evangelisasie – pogings van besorgde

Christene wat ook die verloregaande Moslems probeer bereik met Yeshua Hamashiach se reddende Liefde.

Die Moslems se grootste segsman in S A is Ahmed Deedat, die president vna die Islamic Propagation Centre

in Durban. Hy het al baie boekies geskryf om die Christengeloof af te takel en belaglik te maak, en heel

onlangs (Mei 1994) het hy ‘n boek uitgegee spesiaal vir Moslems, getiteld “Combat Kit­ against the Bible” Sy

eie woorde is soos volg: “This manual will enable you to convert the Christian Scud (The Holy Bible) into a

Patriot Missile.” (Natal on Saturday – 11­6­94) So moet ons vir geen oomblik dink dat dit MAKLIK is om met

hierdie verloregaandes geestelike sake te gesels nie. Christengeloof, Yeshua Hamashiach heeltemal selibaat

was en egbreek, egskeidings sowel as veelwywery ten sterkste afgekeur het. Kyk ons egter na die stigter van

die Islamitiese geloof, Mohammed, vind ons dat hy eerstens self ‘n hele string vrouens en bywywe gehad het.

Tweedens propageer hy veelwywery en onbeperkte egskeiding. Volgens Isalm kan ‘n vrou ook slae gegee

word (Surat al Nisa 4:11­76), en een van die vreugdes wat vir die toegewyde Moslem wag as hy ontslaap, is

volop maagde en jongmeisies in sy hemel om sy vleeslike luste mee te bevredig. Watter godsdiens, sou jy nou

sê, is “pornografies”?! Deedat se vingerwysing na die Bybel op hierdie gebied is net ‘n rookskerm om die

Islam leerstellings te bedek.

Daarom is baie BID en KENNIS van hulle denkwyse uiters belangrik.

Let op die volgende: Die Koran maak die stellings dat: (1) Yeshua se Geboorte wat ‘n wonderwerk, ‘n

Maagdelike geboorte (Koran Surat Maryam 19:19­21; (2) Yeshua was sondeloos (20); Yeshua is die Woord

van Yahweh (Koran Sural­as­Nisa 4:117); (3) Yeshua het opgevaar en sal terugkeer (Koran Surat­al­Imran

3:55) (4) Yeshua is ook SKEPPER (Sura 3. 48,49)

Die Christen Bybel verklaar dat jy nie God die Vader kan hê as jy Sy Seun Yeshua verloën nie! (1 Joh. 2:22).

Vroeër jare was Islam gesien as ‘n “Valse Evangelie” en Christene het hard probeer om Moslems te bekeer na

die enigste Lewende God, Yahweh. Maar vandag wanneer die New Age sy vrye loop neem en kompromie,

burgbouere en sinkretisme die wagwoord is, word Islam deur baie “verligte” Christene gesien as MAAR NET

NOG ‘N WEG NA GOD!

Daar is vandag oor die een biljoen Moslems oor die wêreld: almal is ongered en gaan reguit hel toe, en die

hoofrede is omdat hulle probeer om allah wat geen god is nie, te versoen en te identifiseer met Yahweh, die

enigste ware God.

Dit maak nie saak hoe Islam aangebied word nie, dit is steeds ‘n godsdiens wat “’n ander evangelie wat nie

waarlik ‘n evangelie is nie, maar mens verwar, en mense wat dit preek is verewig verdoem.” (Gal. 1:6­7) Die

Christen moet slegs die een ware Evangelie van Redding verkondig. Alle mense is verlore! Die mens kan nie

sy eie redding bewerk nie. Toe Yeshua Hamashiach gekom het, het Hy ons sonde aan die kruis gedra. Hy het

Sy Bloed gestort as ‘n volkome plaasvervangende offerhande vir sonde. Hy het liggaamlik opgestaan uit die

dood. Al wat van die mens verwag word is om Yeshua aan te neem as ons Persoonlike Verlosser, en deur dit

wat ons glo ontvang ons redding.

Die “evangelie” van Islam is heeltemal anders. Mohammed se volgelinge ag hom as die totale kulminasie van

alle profete. Aan hom is toevertrou die mag om die Koran te verduidelik, te interpreteer en uit te leef. Die

eindresultaat is dat Mohammed aansluit by Joseph Smith (die Mormone), Charles Russell (Jehova’s Getuies),

Mary Baker Eddy (Chritian Scientist), wat almal beweer dat die pad na die Godheid deur middel van hulle is.

Maar Yeshua Hamashiach sê baie duidelik in Joh. 14:6: EK is DIE WEG (nie EEN van die weë nie!), die

Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader BEHALWE DEUR MY NIE!

Waar is al hierdie karakters vandag? Mohammed, Smith, Russell en Eddy? HULLE IS ALMAL MORSDOOD

– slegs Yeshua het die dood oorwin, opgestaan uit die dode en histories 40 dae toe op die aarde gelewe om nie

weer te sterwe nie, en was toe opgeneem in die hemel met die belofte dat Hy sal terugkeer na die gelowiges

toe. Daardie terugkeer is op hande: dit kan enige oomblik plaasvind.

Islam se leerstelling is dat alle mense sondevry gebore is en dis slegs na hy die puberteit bereik het dat sy

sonde teen hom aangeteken word. Die Bybel leer ons dat alle mense gesondig het in Adam en die ganse

menslike ras is gekontamineer deur Adam se sonde (Rom. 5:12­15). Moslems ontken dat redding slegs deur

genade en geloof moontlik is. Hulle lê ‘n grondslag waarvolgens geregtigheid en goeie werke redding bring.

Redding sou dan die loon wees vir vroomheid en geregtigheid. Die Bybel leer dat redding nie ‘n beloning is

nie, maar in Yeshua Hamashiach is die gelowige geregtig daarop.

Die belangrikste verskil tussen Isalm en die Christengeloof is egter dat Islam die konsep van die Goddelikheid

en Goddelike Seunskap van Yeshua verwerp. ISLAM ONTKEN DAT YESHUA GOD IS! Kom ons let net op

‘n paar tekste in die Bybel waar die Goddelikheid van Yeshua baie duidelik verklaar word:

1 Tim. 3:16: … God is geopenbaar in die vlees (Yeshua)

Joh. 8:58: …. Yeshua is die Ewige Ek Is (voordat Abraham was, is Ek).

Joh. 1:1­14” Die Skepper het tussen ons gewandel as ‘n mens.

Luk. 5:20 Yeshua Hamashich is die Vergewer van sondes.

Joh. 10:30: Die Vader en die Seun is een.

Joh. 8:24: … want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

Ek herhaal: die toename in die getalle van Islam spreek van een ding tot my: die einde is naby, voor die deur!

Die vreeslike rampe – die Bhopal en Bangladesh­tragedies, die Ruanda slagting, die aardbewings, die

immoraliteit – alles spreek van die einde, veral ook omdat Yahweh die Jode terugbring na die land wat Hy aan

hulle gegee het. Sedert 1967 het hulle weer die hele Jerusalem geokkupeer en dit spel die einde van die tyd

van die heidene (Gentiles). DIE WEGRAPING IS OP HANDE, en daar is nog sovele wat afgode dien, o.a

miljoene Moslems! Mag hierdie boekie nie net jou kennis van hierdie verloregaande siele se dwalinge

vermeerder nie, maar jou ‘n LAS gee vir hulle siele.

Ons het twee boekies beskikbaar by die Sentrum deur Sir Lionel Luckhoo. Hulle titels is: THE ACCURACY

OF THE QURAN? CHRISTIANITY OR ISLAM: YOU DECIDE! Hierdie boekies is ideaal om op ‘n

vriendelike wyse in die hand van jou Moslem­kennis te plaas, hom te vra om dit te lees, en dan sy mening met

jou te deel oor die inhoud. Vrugtevolle gedagte wisseling wat kan lei tot die redding van die Moslem se siel,

kan hier uit voortkom. Daarom wil ek jou aanmoedig om van hierdie boekies te bestel en uit te deel. Onthou,

jy betree hiermee ‘n geestelike stryd en jy moet paraat wees by wyse van BID, VAS en WAAK (Kennis hê).

Ons Mosterdsaadjie WHO IS PART OF THE ANTI­CHRIST (R2) sal ook vir JOU baie insiggewend wees.

Ons bid saam met jou vir die Moslem­siele.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!