06.05.2013 Views

Bestmed Mediese Skema

Bestmed Mediese Skema

Bestmed Mediese Skema

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bestmed Mediese Skema

Voordelegids vir 2011

www.bestmed.co.za

Waarom behoort u Bestmed te kies?

Een van die belangrikste kriteria wat ter sprake

kom by die keuse van ‘n mediese skema, is die

reserweverhoudingsvlak van die skema. ‘n Skema se

reserwevlak verskaf ‘n aanduiding van sy vermoë om

eise te betaal. Bestmed se reserweverhoudingsvlak

is 32.4%, terwyl die wetlike vereiste 25% is, en dit

dien as bewys daarvan dat die skema se risiko’s op

‘n kundige en verantwoordelike wyse bestuur word.

Ander redes waarom u Bestmed moet oorweeg, is:

• Ons is ‘n gevestigde skema wat al langer as 46 jaar

bestaan.

• Ons tel onder die top 8 landwye oop mediese

skemas.

• Ons lidmaatskapbasis het met 11.5% toegeneem

in vergelyking met die skrale 0.3% van die bedryf

oor die algemeen.

• Ons kan met trots aanspraak maak op ‘n

onvergelykbare vlak van bedryfskundigheid en

bestuurde gesondheidsorgvaardighede.

• Ons word, op grond van ons uitmuntende

dienslewering, hoog aangeslaan deur ASK Africa.

Die geheim van ons sukses lê daarin dat dit wat u

sien, presies is wat u kry – daar is geen verskuilde

koste of fyndruk om te lees nie.

Bestmed se voordeelopsies word

deur lede vir lede ontwerp

Dit is ’n feit dat privaat gesondheidsorg duur is.

By Bestmed is ons maar alte bewus daarvan.

Daarom word ons voordeelopsies deur ons lede

vir ons lede ontwerp – dus deur mense wat

verstaan dat dit noodsaaklik is om in gehalte

gesondheidsorg te belê vir sowel hul eie as hul

gesinne se onthalwe.

Ons wil u in staat stel om die geskikte dekking vir

u en u geliefdes te kies. Gevolglik bied Bestmed

‘n omvattende reeks voordeelopsies wat maklik

is om te verstaan en aan almal se behoeftes kan

voldoen – van jong, gesonde aktiewe mense tot

diegene wat reeds hul goue aftreejare geniet.

Gesels asseblief met u makelaar sodat hy of sy u

kan bystaan met die keuse van ‘n opsie wat aan

u en u gesin se behoeftes sal voldoen.

U sal ook meer besonderhede oor Bestmed

se ander opsies op die Bestmed-webtuiste by

www.bestmed.co.za vind.

bladsy 1

ladsy 2

Die -opsie is nommerpas vir u,

indien:

• U ‘n bekostigbare opsie benodig.

• U daaraan glo dat voorkoming beter as

genesing is. U het toegang tot ‘n wye reeks

voorkomendesorgvoordele wat onder meer

griepinentings, pediatriese immunisering, orale

voorbehoedmiddels, rugrehabilitasie, ens. insluit.

• U besef dat u te enige tyd voor duur en

onvoorsiene hospitaaluitgawes te staan mag kom.

Bydraes

Hoofl id R738

Volwasse afh anklike R574

Kinderafh anklike* R311

’n Oorsig van die -voordele

• Omvattende hospitaalvoordele

• Chroniese medisyne vir Chroniese Siektelys (CSL)toestande

• Voorkomendesorg-voordele

• Gesondheidsprogramme

• Internasionale reisdekking

U betaal die betrokke diensverskaff er/s direk vir alle

buite-hospitaal mediese uitgawes.

Totale maandelikse bydrae

* U betaal slegs tot ‘n maksimum van vier kinders. Alle ander kinders kan gratis as afh anklikes by die skema aansluit.

INHOUD

OPSOMMING VAN VOORDELE 4

Binne-hospitaalvoordele 4

Buite-hositaalvoordele 6

Medisyne 6

Voorkomendesorg-voordele 8

Gesondheidsprogramme 9

24-uur-noodafvoer 10

Internasionale reisdekking 10

Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV’s) 10

VOORAFMAGTIGING 12

BELANGRIKE ADMINISTRATIEWE INLIGTING 12

AANLYN- EN SMS-DIENSTE 14

KONTAKBESONDERHEDE 15

WOORDELYS 16

bladsy 3

“Uitgawes wat binne ‘n

hospitaal aangegaan word, sal

teen 100% van die Bestmedtarief

betaal word. U moet

‘n magtigingsnommer vanaf

Bestmed verkry deur

0800 22 0106 te skakel.

Verwys asseblief na bladsy

12 vir verdere besonderhede

aangaande voorafmagtiging.”

bladsy 4

OPSOMMING VAN VOORDELE

Binne-hospitaalvoordele

Uitgawes wat binne ‘n hospitaal aangegaan word, sal teen 100% van die Bestmed-tarief betaal word. U moet

‘n magtigingsnommer vanaf Bestmed verkry deur 0800 22 0106 te skakel. Verwys asseblief na bladsy 12 vir

verdere besonderhede aangaande voorafmagtiging

Mediese gebeurlikheid Skemavoordeel

Akkommodasie (hospitaalverblyf) 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Teaterfooie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Ontslagmedikasie

Behandeling in geestesgesondheidsklinieke

100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot ’n

7 dae voorraad.

100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot

21 dae per afh anklike.

Behandeling van chemiese en middelafh anklikheid/-misbruik

100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot

21 dae of R14 500 per afh anklike.

Konsultasies en prosedures 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Chirurgiese prosedures en narkose vir chirurgiese prosedures en

operasies

100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Orgaanoorplantings

Kaak-, gesig- en mondchirurgie streng verwant aan sekere

toestande

100% van die Bestmed-tarief word vir VMVsiektetoestande

alleenlik betaal. Onderhewig aan

voorafmagtiging en protokolle.

100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot

R6 600 per gesin per jaar.

Prostese – Intern 100% van koste word betaal, beperk tot R40 000 per

gesin per jaar. Die volgende sublimiete per afh anklike is

van toepassing:

• Vaskulêr R15 500

• Spinaal R15 500

• Kunsmatige kussing - geen voordeel

• Middelbedekte stent - geen voordeel

• Maas R5 500

• Ginekologies/Urologies R4 500

• Lensinplanting R3 500 per lens

Binne-hospitaalvoordele (vervolg)

Mediese gebeurlikheid Skemavoordeel

Sublimiet van R10 000 per prostese per toestand per gesin

Prostese – Ekstern

per jaar.

Patologie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Radiologie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

MRB- en RT-skanderings 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Onkologiebehandeling 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Onderhewig aan voorafmagtiging en registrasie op die

onkologieprogram.

Peritoneale dialise en hemodialise 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Onderhewig aan voorafmagtiging en protokolle.

Bevallings 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Uitsluitings Gewrigvervangingschirurgie (byvoorbeeld heup- en

knievervangings) word uitgesluit, met die uitsondering van

VMV’s. Indien voorafmagtiging verkry word, is die volgende

limiete van toepassing:

• Heupprostese R17 500

• Knieprostese R22 000

Bybetalings Endoskopiese ondersoeke – R1 000 indien binne die

hospitaal uitgevoer word; geen bybetaling indien uitgevoer

in dokter se spreekkamer.

bladsy 5

“Die chroniese medisyne wat gelys

word op die formularium vir CSLtoestande,

word teen 100% van

die Bestmed-tarief betaal, maar

u moet voorafmagtiging vir alle

voorgeskrewe medisyne kry deur

086 000 2378 te skakel, ‘n faks

aan 012 472 6760 of ‘n e-pos aan

medicine@bestmed.co.za

te stuur.”

bladsy 6

Buite-hospitaalvoordele

U betaal die volle bedrag vir alle buite-hospitaal mediese uitgawes, soos algemene praktisyns- en

spesialiskonsultasies, direk aan die betrokke diensverskaff er/s.

Medisyne

Voordeelbeskrywing Skemavoordeel

* Chroniese medisyne vir CSL-toestande Word teen 100% van die Bestmed-tarief betaal.

Onderhewig aan die Bestmed-formularium en die

medisyne-verwysingsprys.

‘n Bybetaling van 35% is ten opsigte van nie-formulariummedisyne

betaalbaar.

Die chroniese medisyne wat gelys word op die

formularium vir CSL-toestande, word teen 100%

van die Bestmed-tarief betaal, maar u moet

voorafmagtiging vir alle voorgeskrewe medisyne

kry deur 086 000 2378 te skakel, ‘n faks aan

012 472 6760 of ‘n e-pos aan

medicine@bestmed.co.za te stuur.

‘n Terugbetaling vir voorgeskrewe medisyne sal onder

die volgende omstandighede plaasvind:

• Waar medisyne ‘n generiese alternatief het wat

by die Medisynebeheerraad van Suid-Afrika

geregisteer is, sal Bestmed vir die generiese

medisyne betaal tot en met die Mediscor

Verwysingsprys (MVP) vir die aktiewe bestanddeel.

• Die voordeelbedrag vir voorgeskrewe medisyne

sal bereken word teen die enkelafsetprys plus die

resepteringsfooi (soos deur Bestmed bepaal), plus

belasting op toegevoegde waarde (BTW), indien

toepaslik.

• Daar mag van u verwag word om u medisyne by ‘n

Aangewese Diensverskaff er (ADV) te bekom.

*Chroniese medisyne vir Chroniese Siektelys (CSL)-toestande

Die verwysingsprys vir medisyne wat op die Bestmed-formularium gelys word vir die volgende 26 chroniese

siektetoestande, sal betaal word mits u voorafmagtiging bekom. ‘n Bybetaling van 35% is ten opsigte van nieformularium-medisyne

betaalbaar.

• Addison se siekte

• Asma

• Bipolêre gemoedsversteuring

• Brongiëktase (lugpypverwyding)

• Chroniese obstruktiewe lugwegsiekte

• Chroniese niersiekte

• Crohn se siekte

• Diabetes Insipidus

• Diabetes Mellitus Tipe 1

• Diabetes Mellitus Tipe 2

• Disritmie

• Epilepsie

• Gloukoom

• Hartversaking

• Hemofi lie

• Hiperlipidemie

• Hipertensie

• Hipotireose

• Kardiomiopatie (hartspiersiekte)

• Kroonslagaarsiekte

• Parkinson se siekte

• Rumatoïede artritis

• Sistemiese lupus eritematose

• Skisofrenie

• Ulseratiewe kolitis

• Veelvuldige sklerose

bladsy 7

“Voorkoming is beter as

genesing. Proaktiewe

gesondheidsrisikobestuur is

beter as om vir gesondheidsorg

te betaal. Die voordele moet die

lid bevoordeel en nie die siekte nie.

Spandeer gesondsheidsrande

op gesondheidsrisiko’s. Verander

lede se eisegeskiedenis deur

hul gesondheidsverhale te

verander.”

Dr C du Preez (MD)

bladsy 8

Voorkomendesorg-voordele

Voordeel beskrywing Geslag en ouderdomsgroep Hoeveelheid en frekwensie Voordeelkriteria

Griepinentings Alle ouderdomme Een per afh anklike per jaar Van toepassing op alle

aktiewe lede en afh anklikes.

Longontstekingprogram Kinders < 2 jaar

Hoërisiko-volwassenes

Een keer elke vyf jaar Befondsing vir kinders

< 2 jaar:

Ouers moet Bestmed vooraf

kontak vir befondsing, d.w.s.

voordat die entstof bekom

word.

Befondsing vir volwassenes:

Bestmed sal sekere hoërisikoindividue

identifi seer wat vir

immunisering genooi sal word.

Pediatriese immuniserings Befondsing van alle pediatriese entstowwe in ooreenstemming met die staat se aanbevole

program vir babas en kinders.

Orale voorbehoedmiddels Alle vroue wat kan swanger

raak

Rug rehabilitasie

program (verskaf deur

Documentation Based Care)

Maandelikse aanvulling tot

die maksimum toegelate

bedrag

Beperk tot R1 200 per gesin

per jaar. Sluit alle items in wat

in die orale voorbehoedmiddelkategorie

val.

Alle ouderdomme Soos benodig Van toepassing op

afh anklikes wat ly aan

ernstige spinale of

rugprobleme en wat chirurgie

mag benodig. Bestmed

identifi seer geskikte

deelnemers vir evaluering

by die DBC-sentrum.

Gebaseer op die resultate

van die evaluering word ‘n

rehabilitasieprogram, wat

ongeveer 6 weke duur,

opgestel en aangebied.

MIV toets Alle ouderdomme Een toets per afh anklike

per jaar

Een ELISA-diagnostiese toets

per afh anklike.

Western Blot-diagnostiese

toets uitgesluit van hierdie

voordeel.

Gesondheidsprogramme

Hierdie programme is daarop gemik om u welstand en

behandeling te bestuur indien u, byvoorbeeld:

• Met kanker gediagnoseer is

• MIV-positief is of aan Vigs ly

U moet vir die betrokke program of programme

registreer ten einde die voordele te ontvang.

MIV/Vigs-voordeelbestuursprogram

Bestmed dek berading en toetsing in die geval van

lede wat hulle MIV-status wil vasstel.

U moet vir die MIV/Vigs-voordeelbestuursprogram

geregistreer wees ten einde voordele te ontvang.

Die voordele vir lede wat MIV-positief is, dek ‘n wye

spektrum van dienste, insluitende:

• Advies en berading deur die MIV-hulplyn.

• Gereelde bloedtoetse om die verloop van die siekte

te monitor en die reaksie op die behandeling te

bepaal.

• Medikasie en antiretrovirale middels (medisyne wat

die virus beveg).

• Wanneer ‘n swanger vrou MIV-positief is, word

medikasie verskaf wat haar in staat sal stel om

natuurlik geboorte te gee. Medikasie (bekend

as na-blootstellingprofi lakse), word ook aan die

nuwe baba gegee om die kans op infeksie te

verminder.

Die behandelingsprogram wat deur Bestmed gedek

word, is gebaseer op die MIV/Vigs-befondsingsriglyne

en die goedgekeurde behandeling word bepaal deur

die lid se kliniese uitslae. Die stadium van die siekte en

die uitslae van die bloedtoetse is bepalend t.o.v. welke

behandeling gedek word asook hoe die lid gemonitor

moet word.

Volledige besonderhede van hierdie program en die

voordele wat gebied word, sal aan lede wat daarvoor

registreer, verskaf word. U kan ook meer uitvind op die

Bestmed-webtuiste deur die opsie ‘Managed care’

te kies, of u kan ons in hierdie verband kontak by

011 251 9400.

CSL-chroniese voordeel

Bestmed se CSL-chroniese program word bedryf

deur gekwalifi seerde aptekers en kliniese personeel

wat verseker dat toepaslike, kostedoeltreff ende

behandeling van ‘n hoë gehalte aan lede verskaf word

ingevolge die Skema se Reëls en Voordele.

U moet aansoek doen vir die CSL-chroniese voordeel

indien u met ‘n chroniese siektetoestand gediagnoseer

is waarvoor deurlopende behandeling benodig word.

Vir meer inligting oor hoe om aansoek te doen, skakel

asseblief 086 000 2378 of besoek die Bestmedwebtuiste

by www.bestmed.co.za waar u eers die

‘Managed care’-opsie en daarna die ‘Pharmaceutical

Benefi t Management’-opsie kies.

Onkologie-voordeelbestuursprogram

U moet vir die onkologieprogram registreer ten einde

die voordele te ontvang. Oor die algemeen bied die

program die volgende:

• Toegang tot bykomende voordele en dienste wat

deel van die behandelingsprotokol vorm.

“Volle besonderhede van die

MIV/Vigs-program en die

voordele wat gebied word,

sal aan lede wat daarvoor

registreer, verskaf word.

U kan ook meer uitvind op

die Bestmed-webtuiste deur

die opsie ‘Managed care’ te

kies, of u kan ons in

hierdie verband kontak by

011 251 9400. “

bladsy 9

“Volledige besonderhede

oor die onkologieprogram

en die voordele wat dit bied,

sal aan lede wat daarvoor

registreer, verskaf word. U

kan ook meer uitvind op die

Bestmed-webtuiste deur

die opsie ‘Managed care’ te

kies, of u kan ons in hierdie

verband kontak by

012 472 6254.”

bladsy 10

• Onkologiebehandeling wat onder meer

chemoterapie, bestralingsterapie, gespesifi seerde

patologie, gespesifi seerde radiologie en

gespesifi seerde konsultasies insluit.

Nota:

• Alle dienste is onderhewig aan voorafmagtiging

deur Bestmed.

• Bestmed mag voorkeurverskaff ers aanstel.

• Die dienste moet binne Bestmed se

befondsingsprotokol val.

Volledige besonderhede oor die onkologieprogram en

die voordele wat dit bied, sal aan lede wat daarvoor

registreer, verskaf word. U kan ook meer uitvind op

die Bestmed-webtuiste deur die opsie ‘Managed care’

te kies, of u kan ons in hierdie verband kontak by

012 472 6254.

24-uur-noodafvoer

Dit sluit noodvervoer per ambulans, vliegtuig,

reaksievoertuig, helikopter of vastevlerkvliegtuig in,

indien u byvoorbeeld in ‘n motorongeluk betrokke

is. Die diens word betaal teen 100% van die koste,

onderhewig aan lewering en voorafmagtiging deur

ER24.

Internasionale reisdekking

Indien u ‘n buitelandse vakansiereis onderneem, sal

u die dekking geniet wat deur die internasionale

reisdekkingvoordeel verskaf word. Laai die polis

af wat op die webtuiste by www.bestmed.co.za

verkrygbaar is en hou dit byderhand tydens u reis.

Nota:

U moet ER24 by 011 319 6300 kontak om

bykomende versekering uit te neem indien:

• U vir langer as 90 dae in die buiteland gaan reis

• U aan riskante aktiwiteite gaan deelneem tydens

u reis

Nood-mediese bystand wanneer u reis

Om nood-mediese bystand te verkry wanneer u

internasionaal reis tydens u vakansie, skakel

+27 010 205 3100. Wanneer die operateur u

polisnaam of -nommer versoek, sê asseblief die

volgende, ‘ER24 INTERNATIONAL TRAVEL EXTENSION’

en verskaf u Bestmed-lidmaatskapnommer.

Voorgeskrewe Minimum Voordele

(VMV’s)

Wat is voorgeskrewe minimum voordele?

Voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) is voordele

wat ingevolge wetlike vereistes aan alle lede van

mediese fondse verskaf moet word. Dit sluit die

koste verbonde aan die diagnose, behandeling en

versorging wat benodig word vir die volgende in:

• ‘n Beperkte stel van 270 siektetoestande soos

uiteengesit in Bylae A van die Regulasies tot die

Wet op Mediese Skemas 131 van 1998.

• ‘n Stel van 26 chroniese siektetoestande, ook

bekend as die Chroniese Siektelys (CSL).

• Enige noodsiektetoestand.

Wat is ‘n noodsiektetoestand?

‘n Mediese noodtoestand is die skielike, onverwagte

ontstaan van ‘n gesondheidstoestand wat

onmiddellike mediese of chirurgiese ingryping vereis.

Indien sodanige behandeling nie verskaf word nie,

sal die persoon se lewe bedreig word of sal dit die

ernstige aantasting of wanfunksionering van ‘n

liggaamsdeel of -orgaan tot gevolg hê.

Bestmed bied dekking vir binne-hospitaal

noodgevalle. Wanneer u sodanige noodgeval

ondervind, moet u onmiddellik na ‘n hospitaal gaan vir

mediese behandeling. Onthou egter om binne 48 uur

na die konsultasie of op die eerste werksdag na die

konsultasie ‘n magtigingsnommer te bekom.

Artikel 29 van die Wet op Mediese Skemas vereis

van mediese skemas om die omvang van minimum

voordele in hulle Skemareëls uiteen te sit. Verwys

asseblief na Bestmed se geregistreerde Reëls vir

verdere besonderhede.

Mediese skemas mag van sekere risikobestuursinstrumente

gebruik maak om te verseker dat die

dekking vir VMV’s geskik en kostedoeltreff end is. Die

instrumente wat deur Bestmed gebruik word, sluit die

volgende in:

• Formulariums (medisynelyste)

• Kliniese befondsingsriglyne en

behandelingsprotokolle

• Voorafmagtigingsprosedures

• Aangewese Diensverskaff ers (ADV’s)

Wanneer is u op VMV’s geregtig?

Bestmed vergoed ‘n eis as ‘n VMV wanneer ‘n

diensverskaff er die diagnostiese kode (ICD-10kode)

wat met die gepubliseerde lys van die Raad

vir Mediese Skemas ooreenstem, gebruik. Die lys

met hierdie voorwaardes en kodes is op die Raad se

webtuiste www.medicalschemes.com beskikbaar.

Hoe word VMV’s betaal?

Bestmed betaal, ooreenkomstig die Skemareëls,

-protokolle en -formulariums, die diagnose,

behandeling en koste verbonde aan VMV’s

ten volle en sonder enige bybetaling. ‘n Eis se

ICD-10-kode voorsien Bestmed van die inligting

wat benodig word om behandeling/s wat as

VMV’s betaal moet word, te identifi seer. Dit is dus

noodsaaklik dat alle rekeninge met geldige

ICD-10-kodes ingedien word, aangesien dit ons in

staat stel om die rekening vanuit die korrekte

VMV-voordeel te betaal.

bladsy 11

“Vir verdere inligting rakende

voorafmagtiging, besoek die

Bestmed-webtuiste by

www.bestmed.co.za waar u

eers die ‘Managed care’-opsie

en daarna die ‘Hospital Benefi t

Management’-opsie kies.”

bladsy 12

VOORAFMAGTIGING

Is voorafmagtiging nodig?

Ja. Voordat u in ‘n hospitaal opgeneem word of enige

chirurgie of diagnostiese ondersoeke ondergaan,

moet u magtiging daarvoor van Bestmed verkry deur

0800 22 0106 te skakel.

In die geval van ‘n lewensbedreigende noodopname

buite kantoorure of oor naweke en op openbare

vakansiedae, moet u ‘n magtigingsnommer op die

eerste werksdag ná die hospitaal-opname verkry.

Versuim om dit te doen, sal daartoe lei dat ‘n boete vir

laat magtiging opgelê word.

Voorafmagtiging is belangrik, aangesien dit help

verseker dat beide u en u diensverskaff ers bewus is

van watter onkostes deur Bestmed betaal sal word.

Die voorafmagtigingsproses sluit ook die bestuur van

u verblyf en behandeling tydens hospitalisasie in.

Vir verdere inligting rakende voorafmagtiging, besoek

die Bestmed-webtuiste by www.bestmed.co.za waar

u eers die ‘Managed care’-opsie en daarna die ‘Hospital

Benefi t Management’-opsie kies.

BELANGRIKE ADMINISTRATIEWE

INLIGTING

Wie kwalifi seer as afh anklikes?

Bestmed erken die volgende persone as afh anklikes:

• Die lid se eggenoot of lewensmaat.

• ‘n Kind ouer as 21 jaar, indien so ‘n kind as gevolg

van verstandelike of fi siese gestremdheid van die

lid afh anklik is.

• ‘n Kind ouer as 21, maar nie ouer as 26 jaar nie,

wat studeer en van die lid afh anklik is. Bewys van

registrasie aan ‘n geregistreerde tersiêre instelling

word vereis.

• Onmiddellike familie* vir wie se versorging en

ondersteuning die lid regtens verantwoordelik is.

• Ander persone wat deur Bestmed as afh anklikes

erken word.

* Onmiddellike familie verwys na die lid se moeder,

vader, broer of suster. Bestmed vereis in hierdie gevalle

‘n bewys van afh anklikheid en ‘n laataansluitingsboete

mag gehef word.

Wagtydperke

Die Wet op Mediese Skemas laat mediese skemas

soos Bestmed toe om onder sekere omstandighede

‘n wagtydperk ten opsigte van sekere voordele in te

stel. Dit beteken dat u vir ‘n vasgestelde tydperk nie

toegang tot ‘n sekere voordeel sal hê nie.

Daar is twee soorte wagtydperke:

• Toestand-spesifi eke wagtydperk – hierdie

verwys na ‘n vasgestelde tydperk waartydens ‘n

afh anklike nie daarop geregtig is om voordele te

eis ten opsigte van ‘n toestand waarvoor mediese

advies, diagnose, sorg of behandeling aanbeveel

of ontvang is binne die 12-maande-tydperk

voordat die lid aansoek om lidmaatskap van

Bestmed gedoen het nie.

• Algemene wagtydperk – hierdie verwys na ‘n

vasgestelde tydperk waartydens ‘n afh anklike nie

daarop geregtig is om enige voordele te eis nie.

Indien u chroniese medikasie gebruik, sal u dalk

spesifi eke behandelings of chroniese medikasie wat

deur die voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s)

gedek word, mag eis.

Indien u egter nie langer as 90 dae ‘n lid of afh anklike

van ‘n geregistreerde mediese skema was voordat u

by Bestmed aangesluit het nie, sal u nie sodanige eise

mag indien nie.

Pro rata-voordele

Bestmed-voordele word bereken vir ‘n tydperk van

12 maande wat strek vanaf 1 Januarie tot 31 Desember.

Indien ‘n lid gedurende die jaar, bv. in Mei, aansluit,

word die voordele bereken aan die hand van die aantal

oorblywende maande in die jaar.

Laataansluitingsboete

Laataansluitingsboetes kan gehef word op nuwe lede

wat ouer as 35 jaar is. Afh angende van die aantal jare

waartydens die lid nie aan ‘n mediese skema behoort

het nie, sal ‘n laataansluitingsboete by die maandelikse

bydrae gevoeg word. Die boete word bereken op ‘n

glyskaal soos uiteengesit in die onderstaande tabel

en word gebaseer op die totale aantal jare ná die

ouderdom van 35, eff ektief 1 April 2001, waartydens

die lid nie aan ‘n mediese skema behoort het nie.

Aantal jare sedert ouderdom 35

waartydens die aansoeker nie ’n

lid van ’n mediese skema was nie

Boete

1 – 4 jaar 0.05 x bydrae

5 – 14 jaar 0.25 x bydrae

15 – 24 jaar 0.50 x bydrae

25+ jaar 0.75 x bydrae

Hoe om ’n eis in te dien

Dien asseblief die oorspronklike eis direk by Bestmed

in indien die diensverskaff er nie eise indien nie.

Maak seker dat u persoonlike besonderhede,

lidmaatskapnommer en eisbesonderhede korrek is

voordat u die rekening indien.

Alle eise moet die volgende besonderhede bevat:

• Naam en kontakbesonderhede van die lid

• Bestmed-lidmaatskapnommer

• Naam, kontakbesonderhede, asook praktyknommer

van die diensverskaff er

• Besonderhede van die behandeling, insluitende die

toepaslike tarief en ICD-10-kodes

• Besonderhede van die pasiënt

• ‘n Aanduiding daarvan of die diensverskaff er of die

lid betaling moet ontvang

Eise kan geskandeer en per e-pos aan

register@bestmed.co.za gestuur word of gepos

word aan Bestmed Mediese Skema, Posbus 2297,

Arcadia, Pretoria, 0001.

U moet die eis, tesame met die vereiste

betalingsbewys, binne vier maande nadat die

behandeling ontvang is, by Bestmed indien. U sal self

verantwoordelik wees vir die betaling van sodanige

eis indien dit nie binne vier maande ingedien word nie.

Eise word binne 48 uur na ontvangs verwerk.

Bestmed het elke Vrydag asook met maandeinde (drie

werksdae na die laaste dag van die vorige maand), ‘n

eisbetalingslopie.

“Eise kan geskandeer en

per e-pos aan

register@bestmed.co.za

gestuur word of gepos

word aan Bestmed Mediese

Skema, Posbus 2297, Arcadia,

Pretoria, 0001.”

bladsy 13

ladsy 14

Die geld sal direk in u bankrekening inbetaal word binne

sewe werksdae na ontvangs van u eis. Onthou asseblief

om die betalingsbewys aan te heg, terwyl dit ook u

verantwoordelikheid is om toe te sien dat Bestmed oor u

korrekte bankrekeningbesonderhede beskik.

U sal die dag nadat ’n eis verwerk is, ’n ministaat per

e-pos ontvang wat u in kennis sal stel van die status

van sodanige eis. U kan op hierdie e-pos reageer

indien u enige navrae rakende hierdie eis/eise het.

’n Volledige eisestaat word na elke eisbetalingslopie

per e-pos of posdiens aan lede gestuur. Maak asseblief

daarvan seker dat die besonderhede op die staat korrek is.

AANLYN- EN SMS-DIENSTE

Hoe om aanlyn te registreer

• Gaan na www.bestmed.co.za

• Klik op ‘Online services’

• Klik op die ‘Register’-skakel

• Vul die besonderhede in soos versoek word

• Klik op ‘Complete’

• U sal ‘n aktiveringsprosesvorm ontvang

• Druk asseblief die vorm uit, teken en faks dit aan

012 472 6500

By ontvangs van die faks sal ons u wagwoord

aktiveer en u per e-pos in kennis stel sodra dit gedoen

is. Die volgende keer wat u van ‘Online services’

gebruik maak, sal u kan aanteken deur u Bestmedlidmaatskapnommer

te gebruik.

Die aanlyndiens verskaf aan u toegang tot:

• U persoonlike besonderhede

• U eisegeskiedenis

• Die status van eise wat ingedien is

• Die beskikbare voordele

• Bydraes wat betaal is

Webpos-fasiliteit

Vir ‘n opsomming van u chroniese medisyne en

geregistreerde siektetoestand/e, persoonlike

besonderhede en die drie (3) mees onlangse eise wat

ontvang en verwerk is, stuur bloot ‘n blanko e-pos aan

webmail@bestmed.co.za en u sal die inligting per

e-pos ontvang. Maak asseblief seker dat Bestmed oor

u korrekte e-posadres beskik.

SMS-diens

Indien u graag u Bestmed-inligting direk op u selfoon

wil ontvang, SMS – afh angende van die inligting wat u

verlang – die letter A, B of C aan 31416.

A = Persoonlike besonderhede

B = Opsomming van beskikbare voordele

C = Bevestiging van die drie mees onlangse eise

KONTAKBESONDERHEDE RAAD VIR MEDIESE SKEMAS

Algemeen

Tel: 086 000 2378

e-pos: service@bestmed.co.za

Faks: 012 472 6500

Instapfasiliteit

Blok A, Glenfi eld Kantoorpark, Oberonlaan 361

Faerie Glen, Pretoria 0081

Posadres

Posbus 2297, Arcadia, Pretoria, 0001

Eise

Tel: 086 000 2378

e-pos: service@bestmed.co.za (navrae)

register@bestmed.co.za (eisindiening)

Magtiging vir Hospitaalopname

Tel: 0800 22 0106

e-pos: authorisations@bestmed.co.za

CSL-Chroniese Medikasie

Tel: 086 000 2378

e-pos: medicine@bestmed.co.za

Faks: 012 472 6760

ER24 en Internasionale Reisdekking

084 124

MIV/Vigs-Program

Tel: 011 251 9400

e-pos: bestmed.@optipharm.co.za

mhc@bestmed.co.za

Faks: 086 500 9822

Onkologieprogram

Tel: 012 472 6254

e-pos: diseasemanagement@bestmed.co.za

Aanlyndienste – Toegang en Navrae

e-pos: service@bestmed.co.za

Webpos (e-pos fasiliteit)

e-pos: webmail@bestmed.co.za

Webtuiste – Tegniese Navrae

e-pos: webmaster@bestmed.co.za

Bestmed word geadministreer deur Sanlam, een van Suid-

Afrika se toonaangewende fi nansiële dienstegroepe wat die

benydenswaardige rekord het dat hulle produkte en dienste

verskaf waardeur hul kernwaardes soos betroubaarheid, eerlikheid,

integriteit en sorg uitgedra word. Soos Sanlam, streef Bestmed

deurlopend daarna om slegs die beste te bied met behulp van

waarde-vir-geld produkte wat ondersteun word deur uitmuntende

kliëntediens en waardeur doeltreff ende interaksie met Bestmed

asook tevredenheid gewaarborg kan word.

Klientedienssentrum

0861 123 267

Ontvangs

012 431 0500

E-pos navrae

support@medicalschemes.com

Faks klagtes

012 431 0608

E-pos klagtes

complaints@medicalschemes.com

Posadres

Privaatsak X34, Hatfi eld, 0028

bladsy 15

WOORDELYS

Aangewese Diensverskaff er (ADV) 'n Gereguleerde gesondheidsorgverskaff er ('n fasiliteit of Staatsbeheerde diensverskaff er), wat deur die Skema

gekontrakteer word om aan sy lede die diagnose, behandeling en nodige sorg ten opsigte van een of meer toestande te

verskaf.

Bestmed-resepteringsfooi Die fooi wat 'n apteker vra om medisyne te resepteer.

Bestmed-tarief Die prys wat Bestmed betaal vir 'n gelewerde mediese diens.

Bybetaling Dit is die gedeelte van die totale koste van ‘n prosedure of konsultasie wat u direk aan die diensverskaff er moet betaal of,

op versoek, wat betaal sal word vanuit die beskikbare fondse in u mediese spaarrekening.

Chroniese Siektelys (CSL) 'n CSL is 'n lys van chroniese toestande ten opsigte waarvan Bestmed die koste verbonde aan die medikasie en

behandeling van die chroniese toestand sal dra. Verwys na bladsy 7 vir dié lys.

Endoskopiese ondersoek ‘n Mediese prosedure waar ‘n endoskoop gebruik word om binne die liggaam te kyk, bv. ‘n hol orgaan of ‘n ander holte of gewrig, om

‘n probleem te diagnoseer.

Enkele afsetprys Dit verwys na wetgewing wat bepaal dat medisynevervaardigers hulle produkte teen dieselfde prys (enkele afsetprys)

aan al hulle kliënte moet verkoop, ongeag die aard en omvang van die kliënt se bestelling en verbruiksvlakke. Dié begrip

impliseer dat elke produk en die variante daarvan die fabriek teen 'n enkele prys vir daardie produk of 'n variant daarvan

verlaat.

Formularium 'n Formularium is 'n lys medisyne waarvoor Bestmed sal betaal en wat gebruik word vir die behandeling van chroniese

toestande ooreenkomstig die opsie wat u gekies het.

Kaak-, gesig en mondchirurgie Chirurgie aan die kaak of kakebeen.

Mediscor Verwysingsprys (MVP) Die MVP is ‘n verwysingslys van generiese medisyne wat minder kos as die oorspronklike handelsnaamprodukte. Die

MVP bepaal ‘n maksimum terugbetaalprys vir elke generiese produk. Hierdie lys word gereeld hersien om te verseker

dat daar ‘n omvattende reeks bekostigbare medisyne beskikbaar is. Enige wysiging aan die MVP sal ‘n invloed op die

bybetalingsbedrag uitoefen.

Prostese 'n Kunsliggaamsdeel of -ledemaat wat verskaf word om 'n gebrek of tekortkoming reg te stel, bv. 'n arm, been, ens.

Protokolle Protokolle is kliniese riglyne wat deur deskundiges op die gebied van 'n spesifi eke mediese toestand opgestel word en wat,

gebaseer op beste praktyksbeginsels, bepaal hoe sodanige toestand behandel moet word.

Voorafmagtiging Die verskaffi ng van goedkeuring vir 'n mediese gebeurlikheid voordat dit plaasvind.

Voorgeskrewe Minimum Voordeel (VMV) 'n VMV is 'n voordeel wat, regtens gesproke, deur Bestmed aan al sy lede verskaf moet word. Dit sluit die koste verbonde

aan diagnose, behandeling en voortgesette sorg in.

bladsy 16

27/06/11-04

BEAT1(A)

Vrywaring: Terwyl Bestmed alle redelike sorg aan die dag gelê

het tydens die saamstel van hierdie voordelegids, kan ons nie

aanspreeklikheid aanvaar vir enige foute of weglatings hierin nie.

Let asseblief daarop dat indien ‘n dispuut sou ontstaan oor enige

voordeel, die geregistreerde Reëls van Bestmed, soos goedgekeur

deur die Registrateur van Mediese Skemas, sal geld..

www.bestmed.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!