Gee met jou hele hart
Gee met jou hele hart
Gee met jou hele hart
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Skriflesing: 1 Kronieke 29:1-19

Teksvers: 1 Kronieke 29:9

Inleiding

Gee jy, broer en suster, jou gawes met jou hele hart? Met ons manier van dink steek ons dalk

vas by die “gewillig” en “vrywillig” van ons teksvers: ek besluit of ek gee of nie – dit is mos my

keuse. Maar die kern van ons teksvers lê in die woorde “met hulle hele hart”. Ons teksgedeelte

vertel van koning Dawid wat vir die volk vra om gewilliglik offers vir die bou van die tempel te

gee. Om ’n tempel vir die God van Israel te bou was Dawid se hartsbegeerte al het hy geweet

dat sy seun Salomo die tempel sou bou. Dawid het self baie van sy rykdom vir die bou van die

tempel gegee en sy gewilligheid was aansteeklik – die volk het ook begin gee. En uiteindelik is

die volk bly oor hulle wat vrywillig en met hulle hele hart gee. En Dawid sing ’n loflied want God

gee sodat hy en die volk kan gee. As jy God soos Dawid met jou hele hart liefhet en dien, sal jy

ook gewillig en vrywillig gee en die vreugde van gee ervaar!

Gawes vir die tempel

GEE MET JOU HELE HART

Dawid, broers en susters, het aan die einde van sy regering en sy lewe gekom. Sy dood was

voor die deur (29:28) en daarom kry hy vir oulaas sy sake in orde. Hy bevestig voor die leiers en

die volk dat sy seun Salomo sy opvolger sal wees en Salomo word as koning gesalf. Maar ’n

tempel vir die Here sy God is steeds voorop in Dawid se gedagtes. In 28:2 sê hy: “...Ek was van

gedagte om ’n gebou op te rig as staanplek vir die verbondsark van die Here en as rusplek vir

die voete van ons God. Ek het reeds voorbereidings vir die bouwerk getref...” Dit was Dawid se

hartewens om ’n tempel vir die Here te bou, ’n permanente woonplek vir die Here en sy

verbondsark, ’n paleis wat getuig van God se majesteit en heerlikheid. Tog het die Here bepaal

dat dit nie in Dawid se tyd sou gebeur nie – die bloedvergieting van Dawid se regering was nog

vars in die geheue en daarom sou die bou van die tempel in Salomo se tyd, ’n tyd van vrede vir

Israel, plaasvind (28:3, 6). En tog kan Dawid nie anders as om met voorbereidings vir die bou

van die tempel voort te gaan nie. Hy getuig self in vers 3 dat die huis van God hom na aan die

hart lê en daarom vra Hy die volk om Salomo te help met die bou daarvan deur gewillige gawes:

“Wie is nog gewillig om vandag sy hand oop te maak met ’n gawe aan die Here?” (v.5). Salomo
is immers deur God gekies om koning te wees en sy tempel te bou, en om nie vrywilliglik gawes

te gee nie, sou dus ongehoorsaam teen God en die toekomstige koning wees.

Vrywillige offers is altyd gevra vir die bou en instandhouding van die huis van die Here. Moses

het die volk vir vrywillige offers gevra vir die bou van die tabernakel (Eks 35:4-9). En later sou

Esra vrywillige offers van die volk vra vir die herstel van Salomo se tempel na die terugkeer uit

ballingskap (Esra 1:4-6). Vandag sou ons sê die volk het gewillig offers gegee vir die

instandhouding van die erediens. Om gewillig te wees wys op jou hartsgesindheid om iets met

ywer en vrygewigheid te doen – soveel so dat jy iets van jouself gee. En vrywillig beteken

dieselfde – dit is dieselfde woord in die Hebreeus. Ons beskou gewilligheid en vrywilligheid as ’n

saak van die verstand – ek kies volgens my eie wil om iets te doen of nie te doen nie. Maar vir

Dawid en Israel was die vrywillige gawes vir die bou van die tempel ’n saak van die hart eerder

as die verstand. Trouens, dit was opdrag van die Here (Eks 35:4) en dus nie heeltemal so

vrywillig soos ons graag wil glo nie! Om vrywilliglik gawes vir die Here se tempel te gee, was

uitdrukking van jou liefdevolle reaksie op God se liefdevolle en genadige redding, soos Dawid se

loflied duidelik maak. Jy kon nie anders nie! Jy is deur jou hart daartoe gedring. En daarom dat

vrygewigheid onder gelowiges so hoog aangeslaan word: teenoor armes (Deut 15:8, 11); as

lewenswyse vir die regverdige, wyse man en vrou (Ps 37:26; 112:9; Spr 31:20); selfs te midde

van beproewing (2 Kor 8:2); as deel van die goeie werke van gelowige wees (2 Kor 9:9-11; 1

Tim 6:18).

Met jou hele hart

Die woorde van ons teksvers stel die beginsel duidelik: “Die volk was bly oor hulle gewilligheid,

want hulle het die vrywillige gawes aan die Here met hulle hele hart gegee.” Ja, die volk is bly

oor hulle gewilligheid, maar die eintlike bron van hulle gewilligheid en daarom ook hulle blydskap

is hulle hartsgesindheid. Die hart was die sentrale orgaan van die menslike liggaam vir

gelowiges in die Ou en Nuwe Testamente. Eers baie eeue later met die ontwikkeling van die

mediese wetenskap is die brein as meer sentraal beskou. Die hart van die mens was die

vastepunt, die kernpunt, van sy bestaan. En meestal word die woord “hart” gebruik om die mens

se verhouding met God aan te dui, soos ook in ons teksvers. Vir gelowiges was die hart die plek

in die mens waar kennis gestoor is en waar die mens se wil en emosies ontstaan het. Maar ook

die gelowige se kennis, wil en emosies is gerig en bepaal deur sy hartsgesindheid teenoor God

– as die mens vir God ken en Hom dien, is sy hele wese gerig op ’n lewe wat vir God goed en

2
eg is. Maar as die mens nie vir God wil ken nie, is sy hele wese op homself en sy begeertes

gerig. Die hart verteenwoordig die mens in sy verhouding met God soos dit in sy woorde en

dade tot uiting kom. Met jou hart glo jy (Rom 10:10), gehoorsaam jy (Rom 6:17), doen jy die wil

van God (Ef 6:6), begeer jy die goeie of die slegte (Rom 1:24). Ons teksvers bevestig dit: ja,

natuurlik is gewilligheid en vrywilligheid iets wat uit jou verstand kom maar dit word gedryf en

gemotiveer deur jou hart omdat jou hart iets sê van jou verhouding met God. As jy God liefhet

en Hom dien en aan Hom gehoorsaam wil wees, gee jy vrywillige offers as uiting daarvan.

Dawid was die man na God se hart (Hand 13:22) wat maar al te goed geweet het dat sy eie hart

nie altyd so rein was nie. Hy het die sondige begeertes van sy hart geken en kon dit nie altyd

weerstaan nie. Hy het geweet dat God die hart van die mens ondersoek en sy lig laat skyn waar

geen mens kan sien nie (v.17; Ps 139). Maar bowenal het Dawid se hart getuig van sy

liefdevolle verhouding met die ewige, almagtige God. In sy hart het hy die troue liefde van God

ervaar (Ps 13:6), sy blydskap en vreugde (Ps 33:21), God wat Homself in Dawid se hart laat

sien (Ps 37:31). Dawid het geweet wat dit beteken om God met sy hele hart te dien! En daarom

stel hy die voorbeeld: hy gee in oorvloed uit sy rykdom vir die bou van die huis van die Here –

nie om te spog of die volk emosioneel af te pers – kyk hoeveel het ek gegee nie! Nee, Dawid

gee baie omdat hy baie van God ontvang het en omdat hy die volk wil laat verstaan hoe

belangrik hierdie saak van God se huis vir hom is. Uit sy eie vrywillige gawes kom sy

hartsgesindheid na vore: gewillig, vrywillig, gedryf deur God in sy hart.

Die vreugde van gee

Ons teksvers getuig ook van die blydskap wat kom met vrywilliglik gee. Die volk se reaksie was

oorweldigend – elkeen wat kon, het ’n bydrae gegee sodat die waarde daarvan amper nie

bereken kon word nie. Die volk was bly en die koning was bly want hulle offers was

weerspieëling van hulle verhouding met God, van Hom wat in hulle harte was. Hulle het nie

hierdie blydskap met hulle gawes gekoop nie maar het dit as geskenk van God ontvang – ’n

geskenk wat niemand van hulle kan wegneem nie, selfs al sou hulle niks hê om vir die Here te

gee nie. In sy blydskap sing Dawid ’n loflied vir die Here. Hy besing die heerlikheid van God

teenoor die nietigheid van die mens. Dit is net God wat vir die mens genoeg voorsien, soos vir

Jakob, die voorvader van die Israeliete (Gen 33:11). En uit wat God gegee het, het die volk nou

teruggegee. Alles behoort immers aan Hom as die Gewer van alle goeie dinge. Die mens het

geen aanspraak op enigiets nie. As jy te midde van jou verganklikheid en die onsekerheid van

3
jou bestaan genoeg of selfs oorgenoeg het, is dit net genade van God. Dat Dawid en die volk

nou so baie gawes vir die bou van die tempel kon gee, is dus nie rede om trots of selfvoldaan te

wees of te roem op hulle eie voortreflikheid of vrygewigheid nie. Dit moet hulle eerder tot

nederige dankbaarheid voor God dwing! God beoordeel immers die hartsgesindheid en sien of

Hy werklik in die hart van sy kinders leef.

Ons Here Jesus het self gesê: “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang” (Hand

20:35). En Paulus skryf: “God het die blymoedige gewer lief.” (2 Kor 9:7). Om jou hand en

beursie oop te maak omdat God in jou hart is, omdat jy Hom ken en liefhet en dien en jou

verstand en wil en emosies op Hom gerig is, bring vreugde en blydskap. Dit herinner jou dat

God vir jou alles gegee het om gered te word, om te lewe en Hom te dien (2 Pet 1:3). Hy het sy

Seun en sy Gees vir jou gegee, die kosbaarste en allergrootste gawes wat Hy belowe het (2 Pet

1:4). En as Christus en sy Gees op die troon van jou hart sit en jou lewe regeer, kan jy nie

anders as om vrywilliglik te gee vir die bediening van Christus se liefde aan gelowiges en

ongelowiges nie. Dan is dit nie meer jy wat gewillig is of vrywillig gee nie, maar jou wil wat deur

jou hart op God gerig word. Dan gee jy soos Dawid en Israel met jou hele hart omdat jou hart

gevul is met die liefde en genade van God in Christus en deur sy Gees.

Opsomming

Gee jy, broer en suster, jou gawes met jou hele hart? Kyk verby die “gewillig” en “vrywillig” van

ons teksvers en sien die “met hulle hele hart” raak. Om te gee vir God en die bediening van

Christus se liefde in die wêreld is nie ’n keuse nie – dit kom uit ’n gelowige hart wat oorloop van

die liefde en genade van God. Jou vrywillige offers moet getuig van jou hartsverhouding met die

Here, van jou toewyding en gehoorsaamheid aan Hom. En wanneer jy soos Israel met jou hele

hart gee, sal jy die blydskap van God ervaar en saam met Dawid ’n loflied sing oor alles wat God

uit genade vir jou gee. Hy gee vir ons en daarom moet ons vir Hom gee – nie omdat dit ons

besluit is nie maar omdat Hy in ons harte leef en regeer!

AMEN.

–––oOo–––

4