06.05.2013 Views

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NGK Lichtenburg-Oos

Bybelskool 2e & 3e kwartaal 2011

Tema: Die Tien Gebooie as grondslag van ons etiese lewe

Lesing 3: Die eerste gebod (vervolg)

Eks 20:3 Jy mag naas My geen ander gode hê nie.

Aansluiting

Die eerste gebod omvat al die ander gebooie en vorm die fondament van ons aanbidding

van God en die verhouding tot ons naaste. Die positiewe gebod (waartoe dit ons gebied) is:

Ek moet die enige ware God reg leer ken, Hom alleen vertrou, my

slegs aan Hom met alle nederigheid en geduld onderwerp en van

Hom alleen alle goeie dinge verwag. Ek moet Hom met my hele hart

liefhê, vrees en eer. Sodoende sien ek eerder van alle skepsels af as

om in die minste teen Sy wil te handel.

Die negatiewe gebod (verbod):

Die negatiewe gebod is voor die handliggend: God verbied Sy kinders om ander gode te

aanbid. “Ander gode” word in die Hebreeus letterlik as “achêr eloheem” uitgedruk, d.w.s.

“ander gode in die plek van God”.

Die verskynsel om ander gode in die plek van God te aanbid, was ongelukkig vroeg in die

heilsgeskiedenis reeds ʼn realiteit (Eks 32: 1-6, 1 Kon 11:5, Jes. 44:17). In die Bybel kom dit

tot uitdrukking dat afgodery verskillende gestaltes aanneem.

Growwe afgodery – Hierdie gebruik word veral in die bekende heidendomme van ouds

aangetref waar mense hulle eie beelde gemaak en aanbid het, soos bv. Baäl, Astarte,

Dagon, Bel, Nebo ens. In sommige van die latere kulture, soos by die Grieke, was daar ʼn

hele mitologiese kultuur met sy eie stel gode wat vir verskillende behoeftes aanbid was (bv.

die Olimpiese gode Zeus, Afrodite, Poseidon ens).

Moderne voorbeelde van growwe afgodery is Boeddhisme, Hindoeïsme, Satanisme ens.

Mensaanbidding – Mense word as gode aanbid, bv. Herodes (Hand 12:22). Die hele

Romeinse keiserverering van die Nuwe Testamentiese tyd is voorbeeld hiervan.

Moderne voorbeelde van mensaanbidding kan sekerlik gesoek word in die rigting van die

vergoddeliking van sport –en filmsterre, waar hierdie mense byna gode-status onder hulle

aanhangers verwerf.

Stofaanbidding (aanbidding van die materiële) – Jesus verwys in Matt. 6:24 na Mammon.

Oorspronklik van Galdese afkoms was Mammon (Grieks – “mammonas”) ʼn personifikasie

van geld of die materiële. Jesus stel dit duidelik dat mense dus van die materiële hulle God

kan maak.

Dit is onnodig om voorbeelde van stofaanbidding te probeer aandui. Dit is veilig om te

beweer dat die oorgrote meerderheid van afgodery vandag in hierdie rigting gesoek moet

word.

1

Wat is die probleem met afgodery? (etiese implikasies)

Eks 32:1-6 kan ons baie help om te verstaan waarom God afgodery verbied.

Hoekom het die Israeliete na ʼn “god” begin hunker? (32:1)

Wat het die Israeliete “betaal” om die god te kan kry? (32:2)

Hoe verander die posisie van die kalf van toe dit net ʼn gedagte was (v 1) tot waar die

beeld fisies voor hulle staan? (v 4 – kyk na die spelling van god)

Hoe raak die koms van die kalf God se posisie onder die volk? (v 5)

Waarmee gaan die aanbidding van die kalf gepaard? (v 6)

Hoe afgodery ingang in die lewens van mense vind...

Wanneer ons fokus van God afgehaal word, ontstaan daar ʼn leemte aan ʼn

ander god...

Mense “werk” om hierdie leemtes te vul...

Hierdie nuwe gode word bewustelik/onbewustelik in die plek van God

gestel deurdat mense afhanklik daarvan raak...

God word eenkant toe geskuif...In Sy eer aangetas en “onttroon” as God...

Hierdie “nuwe gode” laat mense oneties optree/lewe...

Twee kritiese vrae

Kan afgode ons regtig help, d.w.s. God se plek inneem? (Ps. 97:7, Eseg. 5:15)

Hoe voel God oor afgodery in ons lewens? (vgl. Eks 32:10)

Wat van ons eie dag?

Afgodery het in ons dag ʼn verfynde karakter begin aanneem. Enkele uitwasse hiervan is die

volgende:

Die sogenaamde “post-Christendom” samelewing

Die post-modernistiese kultuur en gepaardgaande verval in waardes

Materialisme

Hedonisme

Mistiek

Okkulte

Homosentrisme

Nie ʼn ligtelike saak nie

Dit is duidelik dat ons nie ligtelik na die eerste gebod moet luister nie. Hierdie is ʼn ernstige

saak vir God. Veral in ons eie dag waar afgodery op ʼn baie verfynde wyse plaasvind.

Die eerste gebod roep ons tot ʼn ware selfondersoek waardeur ons moet vasstel of ons die

Here nog waarlik as die enigste Here dien en of ons nog waarlik alles van Hom verwag. En

of ons nog daagliks vir God kies en teen alle vorme van afgodery standpunt inneem (Ps.

16:3).

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!