06.05.2013 Views

Slingervel Januarie 2012.indd - CJBF

Slingervel Januarie 2012.indd - CJBF

Slingervel Januarie 2012.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Slingervel, Jaargang 53

Nommer 929, Januarie 2012

in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...

3 Oom Nico se Possak

4 Waar kom die Bybel

vandaan? (1)

5 Blokkiesraaisel 432

6 Simson

7 Jesus wys my dat Hy my

liefhet

8 Tina se straf (slot)

10 Bybelleesrooster vir

Februarie

11 Katkisante samel geld in vir

Bybelverspreiding

12 Oordenkings vir

laerskoolkinders

14 Verjaardaghoekie

15 Spreuke vir die tiener

verklaar

16 Die monster van

Kalabasfontein (7)

17 Afrikaanse woordverklaring -

APIESDORINGBOOM

18 Kan bakterieë praat?

19 BERG in Afrikaanse idiome

20 Oordenkings vir tieners

22 Boekeblad

24 Ons Pretblad

Die redakteur skryf ...

God is nie 'n selfoon nie

Julle jongklomp kan julle seker nie indink hoe die lewe was voordat

selfone bestaan het nie. Daar was ’n tyd, nie baie lank gelede nie,

toe selfone nog nie uitgedink is nie. Vandag kan jy oral en altyd

deur die selfoon gekry word, waar jy ook al is. As jy dringend met pa of

ma moet praat, kan jy dit dadelik met jou selfoon doen. As jy skielik in

die nood raak, is ’n selfoon jou uitkoms om hulp te vra. As jy skielik van

jou skoolwerk vergeet het, kan jy in sekondes met jou maat in aanraking

kom om uit te vind. Kom ons erken dit, ons lewe is in ’n groot mate

afhanklik van ’n selfoon. Jy kan enigiemand, dag of nag, in die hande kry.

Jou selfoon is altyd in jou broeksak of baadjiesak of boeksak. Hy is altyd

byderhand, net maar ’n armlengte van jou af.

Omdat jy so gewoond is aan jou selfoon, kan dit baie maklik gebeur

dat jy dink dat jy met God ook so kan maak. Dit kan gebeur dat jy jou

godsdiens ook sal wil beoefen soos jy met jou selfoon maak. Jou selfoon

gebruik jy wanneer jý dit nodig het. As jy die selfoon nie nodig het nie, lê

dit in jou sak of op jou tafel. Onthou, met God is dit anders. God is altyd

by jou (Matt. 28:20). Deur die Heilige Gees woon die Here in jou hart (1

Kor. 6:19). Die Here verwag ook van jou dat jy gedurig daarvan bewus

moet wees dat die Here by jou is en ook ’n invloed op jou lewe het (Spr.

4:23).

Jou godsdiens bestaan uit ’n paar dinge: gebed, Bybellees, bywoon

van die eredienste, die katkisasie, goeie werke doen. Hierdie dinge

moet jy nie doen sodat God jou kan verlos nie. God het jou reeds verlos.

Daarom is jy gedoop. As jy met die Here omgaan soos met jou selfoon,

spreek dit van ondankbaarheid. Jou selfoon kan jy neem en ’n nommer

bel volgens jou behoefte. Maar so kan jy nie met God maak nie. God is

nie daar om te antwoord op jou behoeftes nie. Jy kan ook nie net tot

God roep as jy in nood verkeer of as jy ’n antwoord soek op ’n probleem

nie. Jou hele lewe is in God se hand en Hy verwag dat daar orde en

dissipline sal wees in jou verhouding met God. Om jou Bybel te lees is

om na God te luister. Dit is Hý wat deur die Bybel met jou praat. Daarom

sal jy gereelde tye moet hê waarin jy Bybellees en daaroor nadink. Jy sal

ook gereelde tye moet hê wanneer jy tot God bid en jou hart voor Hom

oopmaak. God is nie soos ’n selfoon wat gereed lê om deur jou gebruik

te word as jy dit nodig het nie.

In jou verhouding met God gaan dit nie net om dinge wat jy nodig het

nie, maar dit gaan ook om jou dankbaarheid vir die verlossing in Jesus

Christus. Jou gebede mag nie net ’n klomp dinge wees wat jy van God vra

nie, maar jy moet deur jou gebede die Here dank en Hom loof en prys

vir al sy liefde. Dan sal jy bid en in die geloof lewe soos God dit van jou

verwag en nie soos jy oor die saak dink en voel nie. SV

lle jongklomp kan j lle seker nie indink hoe die le e as oordat

2 slingervel januarie 2012

oom nico se

Liewe Slingervelmaats

possak

Die allerbeste wense vir 2012

Die nuwe jaar, 2012, is meteens by ons. Julle het nog gedink

die lekker somervakansie is elke dag baie lekker, toe hoor

julle hoe die nuwe jaar neerstryk. Vir al die Slingervelmaats

wens ons ’n geseënde, suksesvolle en vrugbare jaar toe. Ons bede

is dat die Here julle sal seën in julle persoonlike lewe en ook in

julle huisgesinne, in die kerk, in die katkisasie, by die skool, op die

sportveld, op kuns-kulturele vlak, ja, oral waar julle aktiwiteite het.

Mag dit vir julle ’n goeie jaar wees met baie prestasies.

Die Slingervel gaan die hele jaar by julle wees

Die redaksie van die Slingervel beplan om elke maand ’n splinternuwe

tydskrif vir julle saam te stel. Ons wil graag hê dat julle die

Slingervel sal gebruik soos wat julle die tydskrif maandeliks kry. Dit

het al gebruik geword dat ons aan die begin van die jaar ’n bietjie

met julle gesels oor die inhoud van die tydskrif. Wat wag vir julle in

elke uitgawe?

Seker die belangrikste afdeling in die Slingervel is die oordenkings

uit die Bybel vir laerskoolmaats en vir die tieners. Gebruik

die oordenkings in jou eie tyd vir Bybellees en gebed. Dit sal

jou help om die Skrifgedeeltes wat jy lees, te verstaan. ’n Ander

rubriek wat ook van hulp is in jou Bybellees, is Spreuke vir die

tiener verklaar. In die Spreukeboek is daar geweldig baie wat vir

die gelowige tiener belangrik is. Lees maandeliks dié rubriek tot

jou eie voordeel.

’n Volgende rubriek in die Slingervel wat vir jou orde en sisteem

in jou Bybellees sal gee, is die Bybelleesrooster. As jy die

Bybelrooster gebruik, hoef jy nie elke keer as jy Bybellees,

rond en bont te blaai op soek na ’n gedeelte om te lees nie.

Die Bybelleesrooster het elke maand ’n sekere tema wat jou

Bybellees van betekenis maak.

Daar is ook baie ander artikels in die Slingervel wat oor besondere

onderwerpe handel en jou kennis en insig kan verdiep en

verbreed.

Die blokkiesraaisels en die ander speletjies gaan aan jou

geleent heid gee om met die tydskrif te ontspan terwyl jy daaraan

deelneem.

Lekker deelname aan die Slingervel

Vir elke maat is daar maandeliks iets waaraan jy in die Slingervel

kan deelneem. Jy kan die volgende doen:

As jy die gawe het om gedigte of artikels te skrywe, stuur

dit aan ons vir plasing. Ons het ’n groot behoefte aan sulke

bydraes deur Slingervelmaats.

Ons Pretblad is bedoel vir lekker lag en saamspeel. Stuur vir

ons kinder- en tienergrappies dat almal daarin kan deel. En

ken jy ’n speletjie wat ons almal saam kan doen, stuur dit ook

in.

Stuur vir ons julle antwoorde van die blokraaisels en die speletjies.

Maak seker dat tannie Riana jou verjaardagdatum het vir

plasing.

Vra vir Penmaats en/of E-Maats met wie jy kan korrespondeer.

Tannie Marina reël dit.

As daar iets belangrik by julle skool of by julle jeugaksie van

die kerk of in julle katkisasieklas gebeur wat interessant vir die

Velliemaats sal wees, skryf daarvan vir ons en stuur sommer ’n

foto saam. As julle gaan uitkamp of met ’n toer gaan, skryf vir

ons daarvan en stuur ook foto’s.

As jy weet van ’n Vellie wat baie mooi presteer het, laat weet

ons daarvan sodat ons in die Slingervel daaraan aandag kan

gee.

Maats, die Redaksie wens só dat die Possak van die Slingervel

elke maand propvol sal wees van bydraes en briefi es van

Slingervelmaats. Kom nou, gryp die pen of die potlood of die

rekenaar en skryf vir ons oor enigiets onder die son sodat ons

julle briefi es kan plaas en al die Slingervelmaats daarin kan

deel.

slingervel januarie 2012 3

Hartlike groete en die mooiste wense ook vir julle ouers.

- Oom Nico

Waar kom die Bybel vandaan? (1)

Daar is seker nie een Slingervelmaat wat nie

’n eie Bybel het nie. Ons is baie bevoorreg in

Suid-Afrika om die hele Bybel in ons eie taal,

Afrikaans, te kan hê. Daar is baie volke in baie lande

wat nog nie die voorreg het om die hele Bybel in hulle

eie moedertaal te kan lees nie. As elkeen sy eie Bybel

vashou, dan is dit ’n baie dik boek wat jy in jou hande

het. Die meeste van ons Bybels is maar onlangs gedruk

en is dalk nog splinternuut.

Die Bybel wat God vir ons gegee het

Ons moet onthou dat die Bybel oor duisende jare

ontstaan het. Dit is ’n groot wonder wat God laat

gebeur het. Hy het sy Heilige Gees gestuur om mense

te inspireer om die boeke van die Bybel te skryf (2 Tim.

3:16; 2 Pet. 1:21). Onder leiding van God se Gees het

gewone mense soos ons die verskillende boeke van die

Bybel geskryf: Moses, Dawid, Jesaja, Matteus, Paulus,

Petrus en andere.

Al is die Bybel wat jy in jou hand hou, net “een” boek,

bestaan dit in werklikheid uit 66 boeke. Van Genesis

tot Openbaring is daar 66 verskillende boeke in die

Bybel. Hulle is verdeel in die Ou Testament en die Nuwe

Testament. Die woord “Bybel” beteken “boeke”. Ons

ouer maats sal verstaan as ons sê dat die woord “Bybel”

afgelei is van ’n Griekse woord. Dit is die woord “biblos”

wat “boek” beteken. Die meervoud van biblos is “biblia”

en beteken dus “boeke”. Dink aan die woord biblioteek.

Dit is die gebou waar ’n versameling boeke gehou word

wat mense kan uitneem en lees (biblio van biblioteek,

kom ook van biblia af).

Die Bybel kom van God af

Die Bybel is nie ’n gewone boek nie. Al was dit mense

wat geskryf het, het hulle die inhoud van wat geskryf

is, van God ontvang. Daarom sê ons dat die Bybel die

Woord van God is. Elke sin en vers is gebore in God

se gedagte. Elke hoofstuk is deur God bekend gemaak.

Elke boek praat van God. Of liewer, God praat met jou

in elke boek.

Daar is drie redes hoekom God aan ons die Bybel

Basjan

Die Bybel se geboorte lank, lank terug

gegee het. 1. God maak Homself aan die mens bekend in

die Bybel. Die Bybel is God se openbaring (openbaring

beteken bekendstelling). 2. God het ook die Bybel aan

ons gegee om ons van sy wonderdade te vertel. Hy

vertel ons wat Hy doen. 3. God het verder die Bybel vir

ons gegee sodat ons kan weet wat God wil hê ons moet

doen. Hierdie drie redes is baie belangrik om die Bybel

te kan verstaan.

God sê vir ons wie is Hy.

God sê vir ons wat doen Hy.

God sê vir ons wat wil Hy hê ons moet doen.

Die Bybel ontstaan onder leiding van God

Die Here leer aan ons in die Bybel dat Hy mense

geïnspireer het om die Bybelboeke te skrywe (lees 2

Tim. 3:16 en 2 Pet. 1:21). Die Heilige Gees het oor mense

gekom en hulle gedagtes gevul met die inhoud wat God

wou hê dat hulle sal neerskryf. Die wonder is dat elkeen

van die skrywers hulle eie skryfstyl en taalgebruik behou

het. Daarom is die taal en skryfwyse van Jeremia anders

as dié van Sagaria en die woordgebruik van Paulus

verskil van die woordgebruik van Petrus of Johannes of

Lukas.

Die geskiedenis agter elke Bybelboek

Ons gaan elke maand hierdie jaar agter die gordyne

koekeloer oor hoe die Bybelboeke ontstaan het. Ons

gaan kyk na die ontstaan van die geskiedenisboeke van

die Ou Testament (Genesis tot Ester). Daarna gaan ons

’n bietjie snuffel om die ontstaan van die digterlike boeke

van die Ou Testament na te gaan (Job tot Klaagliedere).

Dit gaan ons bring by die profetiese boeke van die Ou

Testament (Jesaja tot Sagaria). Daarna gaan ons dieselfde

doen met die boeke van die Nuwe Testament.

Dit is baie interessant om te hoor dat Moses die skrywer

van die eerste vyf boeke van die Bybel is. Dat manne

soos Dawid, Asaf, Salomo, Etan die Psalms geskryf het

en dat profete soos Esegiël, Daniël, Amos en andere die

profetiese boeke geskryf het. Ons gaan probeer vasstel

wanneer is die boeke geskryf en wat het daarmee gebeur

totdat dit uiteindelik in Afrikaans vertaal is en as

die Bybel voor jou bed op die kassie lê. SV

4 slingervel januarie 2012

TERSIA

blokkiesraaisel 432

Pos julle antwoorde aan:

Posbus 6433,

Flamwood 2572

DWARS

1. Sallum se pa (2 Kon. 15:13).

3. Hier begin 'n fontein (Jak. 3:11).

5. Miga se tweede seun (1 Kron. 8:35).

7. Die afkorting van “antwoord”.

8. Moab se mense het tot hier gevlug (Jes. 15:5).

10. Jefta het na die ........iete toe getrek (Rigt. 11:32).

12. Moses het gesê hy is 'n jong leeu (Deut. 33:22).

13. Ira se vader (2 Sam. 23:26).

AF

1. Die Bybelboek voor Psalms.

2. Daar het tagtig mans uit Sigem, ........ en Samaria gekom (Jer. 41:5).

4. Jafet se oudste seun (Gen. 10:2).

5. Hier het die Israeliete kamp opgeslaan (Num. 33:28).

6. “dit sal vir jou 'n sierlike ........ wees (Spr. 4:9).

7. Filippus is later hier aangetref (Hand. 8:40).

9. Hierdie koning het gedoen wat verkeerd was in die oë van God (1

Kon. 16:25).

11. Die dissipels het vir Christus 'n stuk hiervan gegee om te eet (Luk.

24:42).

Redakteur

Dr Nico vd Merwe

e-pos: slingervel@telkomsa.net

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Basjan

Oom Carel

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 328 7180

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R168,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 53

Nommer 929, Januarie 2012

ISSN 0037 685 X

slingervel januarie 2012 5

MARINA

Simson

Lees Rigters 13:1-25

Die Here het aan Manoag en sy vrou 'n kindjie belowe. Hy moes 'n Nasireër wees, wat sy lewe aan die

diens van die Here wy. Hy mag geen wyn of sterk drank drink nie en hy mag ook nie sy hare sny nie.

Simson was 'n rigter.

Vul die regte woorde in:

1. Die Here het aan __________ en sy vrou 'n kindjie belowe.

2. Die seuntjie se naam was __________.

3. Hy moes 'n Nasireër wees en daarom nie __________ drink nie.

4. Hy mag ook nie sy __________ sny nie.

5. Simson was 'n __________.

Kleur die

prentjie in

6 slingervel januarie 2012

MARINA

Jesus wys my dat Hy my liefhet deur my te help; ek

wys dat ek vir Jesus lief is deur vir Hom dankie te sê.

Kleur die

prentjie in

slingervel januarie 2012 7

Lees die slot van ons

vervolgverhaal vir tieners -

deur Rika du Plessis

Die eerste vyf dae van Tina se werk is verby en sy vind dit toe glad nie

so erg soos sy haar verbeel het dat dit gaan wees nie. Inteendeel,

sy sien vanoggend uit daarna om na die konyne toe te gaan. Oom

Gys het vir haar gesê daardie mooi konyn wat sy eerste opgetel het, moet

babatjies kry en dit sal nou enige dag wees. Sy is haastig om by die hokke

te kom om te sien of hulle al daar is. Sy staan van die ontbyttafel af op ná

sy vinnig net ’n bietjie geëet het.

“En nou, Tina? Is jy nie honger vanoggend nie?” vra Gys.

“Ek is haastig om te gaan kyk of Wolbol (soos sy die konyn gedoop het)

nog nie haar kleintjies gekry het nie,” antwoord sy.

“Nou toe, laat jy weg wees.”

Gys kyk haar agterna en glimlag. Tina is nog nie ’n week hier nie en die

wollerige diertjies het klaar ’n houvas op haar. Hy wil tog netnou vir Rita bel

om dit te vertel. Hy weet Rita het Tina hierheen gestuur om haar te straf,

maar intussen bekommer sy haar tog oor Tina, omdat sy baie ongelukkig

was toe sy by haar ma weg is.

By Wolbol se hok staan Tina in vervoering en kyk na die klein, kaal,

pienk babatjies wat stoei om by hulle ma uit te kom om te drink. Ses, tel sy

en steek haar hand versigtig in die hok in. Sy streel eers oor Wolbol se kop

totdat sy kan voel dat die konyn rustig is en dan skulp sy haar hand sag

om een van die pienk goedjies met die nog-toe ogies. Die kaal dingetjie

wriemel in haar hand rond, die bekkie soek en soek en Tina streel liggies

oor hom voordat sy hom by Wolbol terugsit.

“Jy is klaar lief vir die konyne, nè?” vra Markus meteens hier agter haar.

“Hulle is so liefdevol en mooi skoon. Hoe kan mens nie vir hulle lief

word nie?”

“Dit was nie jou opinie toe jy hier aangekom het nie.” Hy lag tergend

in haar oë en Tina voel hoe haar hart ’n wilde skop in haar borskas gee.

Flankeer hierdie aantreklike ou met haar?

“Ag, ek was sommer omgekrap omdat ek nie regtig hierheen wou kom

nie. Hierdie dierbare goedjies het my gou van opinie laat verander. Kyk dan

nou net hierdie kriewelende, kaal goedjies. Om te dink hulle gaan ook sulke

groot, wollerige konyne word.”

Markus kom staan langs haar en neem haar hande in syne en draai hulle

palms na bo en ruik aan hulle. Dan glimlag hy.

Tina se straf

“Ek weet jy kon die versoeking

nie weerstaan om enetjie op te

tel nie. Dikwels wanneer die ma ’n

mensreuk aan een van haar kleintjies

kry, vreet sy hom op of byt

hom dood. Jy het gelukkig geen

seepreuk of parfuumreuk aan jou

hande nie en ek het gesien jy het

eers oor die ma se kop en pels

ge streel voordat jy hom opgetel

het. Ook dink ek sy het jou nou al

gewoond geraak en sy weet dat jy

haar nie leed wil aandoen nie, so

ons hoop maar sy maak hom nie

dood nie.” Dan gee hy haar hande

’n ligte drukkie en los hulle.

“Hoekom het niemand vir my

gesê dat ek hulle nie mag optel

nie?” Tina is nou baie ontsteld en

haar oë is groot en angstig op

Mar kus gerig.

“Ons moes en ek is jammer, maar

kyk, Wolbol lyk heel rustig. Ek het

8 slingervel januarie 2012

nog altyd geglo dat dit net wilde

konyne is wat so wreed optree.

Wolbol is ’n baie mak konyn en daar

word goed na haar gekyk. Toe, hou

nou op om so bekommerd te lyk.

Ek sal jou gou help om haar hok

skoon te maak sodat sy vinnig met

haar kleintjies terug in haar hok op

die droë, skoon strooi kan kom.

Laat ons handskoene aantrek.”

Tina sug verlig. Vir ’n oomblik

was sy baie benoud, maar sy glo

Mar kus weet waarvan hy praat. Hy

help haar gou en binne vyf minute

is ma en kleintjies terug in hulle

hok en word daar weer gretig deur

die kleintjies na ’n drinkplekkie

gesoek.

“Dankie vir die hulp. Ek sal in

die toekoms versigtiger wees. Ek is

soggens so gou met my take hier

klaar. Is daar nie iets anders wat ek

ook kan doen nie? Ek raak verveeld

om so rond te luier en niks te doen

nie.”

“Bedoel jy dit, Tina?” Markus

kyk verwonderd na haar. Sy is toe

tog nie die bedorwe meisie wat

hy aanvanklik gedink het sy is nie.

Boonop is sy baie, baie mooi.

“Ja. Ek weet wat jy van my gedink

het. Jy is verkeerd. Ek was

som mer net onnodig omgekrap.

Ek sal Mams netnou gaan bel en

om verskoning vra. Sy het die regte

ding gedoen om my hierheen te

stuur sodat ek kon sien dat ek nie

die enigste in my eie lewe is wat tel

nie.”

“Jy kan my in die kliniek kom

help as jy wil,” bied Markus gretig

aan.

“Wat moet ek daar doen?”

“Dikwels wanneer ek ’n diertjie

moet inspuit of hom ondersoek,

wriemel hulle so dat ek hulle nie

kan vashou en my werk doen nie.

Jy kan hulle vashou en streel sodat

hulle rustig sit solank ek my werk

doen. Daar is ook hokkies vir die

pasiëntjies wat skoon gehou moet

word en jy kan my daarmee ook

help. My helper is vir ’n maand

lank na sy huis toe en nou doen ek

maar alles alleen. Hoe lyk dit, sien

jy kans?”

“Natuurlik. Hoeveel siek diere is

daar en wat is dit?”

“Daar is op die oomblik sewe

wat bietjie olik is. Niks ernstigs nie,

maar nogtans olik. Twee konyne,

een groot hond en twee kleiner

honde, ’n kapokhaantjie, ’n varkie

en ’n kat. Dit is almal troeteldiere

en goed gemanierd.”

“Is dit een van daai kostelike

klein varkies waarvan ek al in tydskrifte

gelees het?”

“Ja. Hy het die mooiste ou gevreetjie,

sodat mens sommer vir

hom lief raak. Die outjie het ’n seer

oor. Gaan bel gou jou ma en dan

kom jy kyk.”

“Ek is sommer nou-nou daar,”

antwoord Tina opgewonde. Sy

gaan elke dag saam met hierdie

aan gename ou werk en Ben is

skie lik net ’n vae gedagte. Dinge

tussen hulle was in elk geval in die

laaste tyd maar krapperig. Sy weet

hy neem ander meisies ook uit.

“Ag, Tina, Ma is so bly dat jy so

hieroor voel. Dit wat jy my alles nou

vertel het, laat my sommer beter

voel dat ek jou daarheen gestuur

het.”

“Ek is bly, Mams,” en dan vertel

sy haar ma van die oulike Markus.

“Moenie jou hartjie daar in die

boendoes verloor en dan hartseer

wees wanneer jy moet terugkom

uni versiteit toe nie, hoor.” Nou

klink haar ma weer versigtig en bekommerd.

“Ek is nog jonk, Mams. As hier

iets van kom en dit is eg, sal afstand

niks daaraan verander nie. Sien ...

Mams nog vir oom Dirk?”

“Ja, maar jy hoef nie bekommerd

te wees dat ek sal instem om met

hom te trou nie. Ek weet jy is nie

ten gunste daarvan nie.”

“Ai, Mams, nou voel ek darem

baie skaam. Oom Dirk is eintlik ’n

baie goeie man en ek was sommer

net jaloers. As Mams voel dat hy

Mams gelukkig kan maak, weet

dan dat ek nie regtig iets teen hom

het nie. Tatta, ek moet gaan werk.”

Tina lag sorgvry en Rita weet dat

haar meisiekind grootgeword het

om die beter dinge in die lewe te

waardeer.

Die derde dag dat Tina vir

Markus in die kliniek klaar gehelp

het, sit en speel sy met die koddige

varkie wat nou mooi aan die herstel

is. Markus kom staan by haar in die

son.

“Ek verstaan jy gaan universiteit

toe ná hierdie vakansie. Mag ek vra

na watter een toe jy gaan?”

“Stellenbosch. Ma glo dit is

die beste een omdat sy daar was,”

ant woord Tina met ’n onnutsige

laggie.

“Nou toe nou. Ek gaan ook

daarheen en ook omdat my pa glo

dit is die beste een omdat hy daar

was.”

Hulle lag albei en in Tina se hart

groei die opgewondenheid. Dit was

so bestier dat sy hierheen moes

kom. Sy glo dit nou vas, anders

sou sy nooit hierdie aangename

en boonop aantreklike jongman

ontmoet het nie. Sy hou elke dag

’n bietjie meer van hom. Sy kan ook

in sy oë sien dat hy van haar hou.

“Ek hou van jou, Tina en ek

sal jou graag beter wil leer ken.

Nou gaan die geleentheid vir ons

daar wees wanneer ons saam by

dieselfde universiteit gaan wees. Is

jy oukei daarmee?” vra Markus sag

en neem haar hand in syne nadat

sy varkie weer in sy hokkie gesit

het.

“Ek sien uit daarna,” is al wat sy

antwoord en toe haar vingers om

syne krul, gee hy haar ’n drukkie en

’n sagte soen op haar lippe voordat

hulle hand aan hand saam huis toe

stap. SV

slingervel januarie 2012 9

Bybelleesrooster vir Februarie

Christentieners moet van praktiese

hulp vir hulle naaste wees

Woensdag 1 Februarie – Lees: 1 Tessalonisense 5:12-28

Verloste mense lewe in vrede met mekaar.

Donderdag 2 Februarie – Lees: Johannes 13:1-7

Verloste mense deur Christus bewys liefde aan mekaar.

Vrydag 3 Februarie – Lees: Romeine 1:8-15

Gelowiges moet mekaar oor en weer ondersteun.

Saterdag 4 Februarie – Lees: Romeine 13:6-14

Christene in die kerk moet mekaar baie liefh ê.

Sondag 5 Februarie – Lees: 1 Korinti ërs 6:1-11

Gelowiges maak nie hofsake teen mekaar nie.

Maandag 6 Februarie – Lees: Galasiërs 5:13 – 6:2

Gelowiges moet mekaar dien en nie mekaar benadeel nie.

Dinsdag 7 Februarie – Lees: Efesiërs 4:1-16

Gelowiges staan in ’n gemeenskap met mekaar.

Woensdag 8 Februarie – Lees: Kolossense 3:5-17

Bekering bring mense in die regte verhouding met mekaar.

Donderdag 9 Februarie – Lees: 1 Tessalonisense 5:11-29

Gelowiges moet mekaar moed inpraat en mekaar versterk.

Vrydag 10 Februarie – Lees: Jakobus 5:9-20

Gelowiges mag mekaar nie verwyt nie maar moet vir mekaar

bid.

Saterdag 11 Februarie – Lees: 1 Petrus 4:7-11

Lidmate in ’n gemeente moet mekaar liefh ê en mekaar

bystaan.

Sondag 12 Februarie – Lees: 1 Johannes 4:7-21

Uit die krag van God se liefde moet gelowiges mekaar

liefh ê.

Maandag 13 Februarie – Lees: Markus 9:33-37

Gelowiges mag nie met mekaar stry oor wie die belangrikste

is nie.

Dinsdag 14 Februarie – Lees: Johannes 13:1-17

Gelowiges moet mekaar se voete was, vir mekaar iets

beteken.

Dr. Nico van der Merwe

Woensdag 15 Februarie – Lees: Johannes 15:1-17

Kinders van God moet mekaar baie liefh ê.

Donderdag 16 Februarie – Lees: Romeine 1:8-17

Gelowiges moet deur mekaar se geloof bemoedig word.

Vrydag 17 Februarie – Lees: Romeine 12:9-21

Christene moet vir mekaar tot ’n voorbeeld wees.

Saterdag 18 Februarie – Lees: Romeine 15:1-6

Gelowiges moet eensgesind onder mekaar wees.

Sondag 19 Februarie – Lees: Romeine 15:14-21

Gelowiges moet mekaar op die regte weg help.

Maandag 20 Februarie – Lees: 1 Korinti ërs 12:12-31

Lidmate moet gelyke sorg vir mekaar dra.

Dinsdag 21 Februarie – Lees: Galasiërs 5:13-18

God se kinders moet mekaar in liefde dien.

Woensdag 22 Februarie – Lees: Galasiërs 6:1-10

Mense wat verlos is, moet mekaar se laste dra.

Donderdag 23 Februarie – Lees: Efesiërs 4:1-7

Christene verdra mekaar in liefde.

Vrydag 24 Februarie – Lees: Efesiërs 4:25-31

Gelowiges moet onder mekaar die waarheid praat.

Saterdag 25 Februarie – Lees: Efesiërs 4:30 – 5:5

Gelowiges moet goedgesind en hartlik teenoor mekaar wees

en vergewe.

Sondag 26 Februarie – Lees: Efesiërs 5:15-21

Gelowiges moet uit eerbied vir Christus aan mekaar

onderdanig wees.

Maandag 27 Februarie – Lees: Kolossense 3:12-17

Gelowiges leer en onderrig mekaar.

Dinsdag 28 Februarie – Lees: 1 Tessalonisense 4:13-18

God se kinders moet mekaar troos.

Woensdag 29 Februarie – Lees: Matt eus 24:3-14

Gelowiges moet mekaar liefh ê en nie haat nie.

10 slingervel januarie 2012

Krugersdorp se

Graad 5-katkisante

samel geld in vir

Bybelverspreiding

Les 19 van die katkisasieleerplan het die Gr 5’s aan

die dink gehad. Hoe om geld in te samel vir 'n

goeie doel?

Die idees was volop! Maar die beste een was 'n

muntlegging vir Bybelverspreiding. Die wiel is aan die

rol gesit en al die katkisante is ingelig. Na baie hulp van

Tannie Janette, in die kerkkantoor, is die hele gemeente

– via sms’e – ook betrek.

Groot was ons verbasing dat hierdie uitreik so 'n

reuse sukses sou wees!! Jonk en oud het kom munte

plaas op die pad tot Bybelverspreiding (die jongeres

het dit wel meer prettig gevind om die munte te gooi as

te pak) en selfs ds. Wim Vergeer het 'n bydrae gelewer.

Ons het ‘n bedrag van R1 804.88 ingesamel. Baie

dankie aan Tannie Elzabe Kruger wat help tel het aan

die munte. Die ure se tel was die moeite werd toe die

totale bedrag uiteindelik opgeweeg was. Baie dankie vir

elkeen se bydrae – groot en klein.

Gr 5 Katkisasie-klas 2011:

Chrisli Verhoef, Michelle Joubert,

Charone Moss, Beulah Grobler, Anmari

vd Walt, Sagitta Mulder, Erik Koekemoer,

Pieter Erasmus, Jonathan Clements,

Sarel Joubert, Gideon Germishuys,

Brittaney Lee, Waldo Christen, Christiaan

Geldenhuys, Marilee Deysel.

(Ingestuur deur tannie Zelda Weideman)

Van links na regs agter: Erik Koekemoer,

Sarel Joubert, Pieter Erasmus, Gideon

Germishuys

Van links na regs middel: Michelle Joubert,

Charone Moss, Anmari vd Walt

Van links na regs voor: Sagitta Mulder,

Chrisli Verhoef, Beulah Grobler

(Afwesig met neem van foto:

Brittaney Lee, Waldo Christen, Christiaan

Geldenhuys, Jonathan Clements en Marilee

Deysel)

slingervel januarie 2012 11

dr. nico van der merwe

1. Jesus weet wat goed is vir jou

Lees in jou Bybel Lukas 18:18-30

As kind weet jy nie altyd wat is reg en goed vir jou nie.

Ek is seker dat jy nie saamstem nie. Jy sê seker dat jy

die enigste een is wat weet wat goed is vir jou. Christus

leer ons iets anders in die Bybel. Die ryk jongman wat

by Jesus gekom het, het ook so gedink. Hy dink hy doen

alles wat God in die wet van hom vra. Jesus sien in sy hart

dat sy rykdom vir hom meer beteken as Jesus. Daarom sê

Jesus dat hy alles moet verkoop wat hy het, die geld vir die

armes gee en dan na Jesus toe terugkom en Hom volg.

Omdat sy geld vir hom meer beteken het as Jesus, kon die

jongman dit nie doen nie.

Jesus ken jou hart. Hy weet wat daar in jou lewe is wat

vir jou belangriker is as Hy. Maats. Sport. Jou fi ets. Jou CDspeler.

Jy kán al hierdie dinge hê, maar die allerbelangrikste

moet jou geloof in Jesus Christus wees.

3. God maak jou in jou geloof sterk

Lees in jou Bybel 1 Samuel 17:31-50

Dawid was nog ’n jong seun toe hy teen die reus Goliat

moes veg. Vir Dawid was daar nie ’n ander keuse nie.

Goliat het God en God se volk beledig en gevloek. Hy het

gemaak asof hy sterker is as God en sommer een-tweedrie

met God se volk sal klaarspeel. Al die soldate van

koning Saul was te bang om teen Goliat te veg. Dawid

besluit hý sal dit doen. Hy is nie bang vir Goliat nie, omdat

hy opreg in God glo.

Deur sy geloof het Dawid vir Goliat verslaan. Wat vir al

die soldate as die onmoontlike gelyk het, word vir Dawid

waar omdat hy in God glo.

Soms lyk dit asof Satan ook te sterk is vir die mens

en God. Soms lyk dit asof die sonde nie gekeer kan word

nie. As jy in Jesus glo en doen wat God in die Bybel vir jou

leer, sal jy ook die onmoontlike regkry. Sonder God kan ’n

mens nie teen die kwaad veg nie.

5. Jesus raak aan die kindertjies

Lees in jou Bybel Mark. 10:13-16 (vs 13)

Op ’n dag het baie ouers hulle kindertjies na Jesus toe

gebring sodat Hy aan hulle kan raak. Jesus het aan

baie mense geraak: melaatses, blindes, stommes, dooies.

Waar om sou Jesus dit gedoen het? Sê dit vir ons iets as

Je sus aan mense raak?

Jesus het aan mense wat ernstig siek was, geraak om

vir hulle te sê dat Hy hulle verstaan. Jesus se aanraking

vertel iets van die liefde. Hy raak aan hulle siek en gebroke

liggame om vir hulle te sê dat Hy hulle graag wil help. Dit

was ook die betekenis vir die kindertjies. “Hy het sy arms

om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle

geseën” (vs 16). Deur dit wat Jesus gedoen het, het Hy vir

die kindertjies en hulle ouers gewys dat Hy hulle liefhet.

Jesus het vir jou ook gewys dat Hy vir jou lief is. Dit was

die dag toe jy gedoop is. Toe het Christus vir jou gesê dat

Hy jou liefhet en jou seën.

2. Doen in alles wat God vra

Lees in jou Bybel 2 Kon. 22:1-7 (vs 1-2)

Josia was net 8 jaar oud toe hy koning van Juda geword

het. ’n Mens sou verwag dat Josia net verkeerde dinge

sou doen, want sy oupa Manasse en sy pa Amon was goddelose

konings wat in alles ongehoorsaam was aan die

Here. Wat ’n verskriklike voorbeeld het Josia gekry van sy

oupa en pa.

Van Josia lees ons net die teenoorgestelde. Hy het gedoen

wat reg was in die oë van die Here. Toe Josia oud

ge noeg was om self as koning te regeer, was die volk

heeltemal afvallig van God. Josia het besluit om die volk só

te regeer dat hulle in alles die Here sal dien.

Dit maak nie saak watter voorbeeld jy van jou ouers,

maats en vriende kry nie. Die Here verwag dit van jou om

self te besluit om te lewe soos God in sy Woord beveel.

As kind wat gedoop is, moet jy lewe soos ’n kind van

God.

4. Belangrike besluite om te neem

Lees in jou Bybel Mark. 1:14-20 (vs 19-20)

Soms moet ’n mens baie skielik ’n geloofsbesluit neem

en kan jy nie dae en weke wag nie. Die Here verwag van

jou om dadelik ’n besluit te neem. Dit gebeur met Jakobus

en Johannes. Die twee broers het hulle pa gehelp in sy

visbesigheid. Hulle het vis gevang op die Galilea See en dit

dan verkoop. Dit was hulle werk. Op ’n dag kom Jesus by

hulle verby. Hy is besig om 12 manne te roep om saam met

Hom te gaan. Dit is sy dissipels.

Jesus sê vir Jakobus en Johannes om die visbedryf net

so te los en Hom te volg as sy dissipels. Christus kon nie

wag vir ’n antwoord nie. Die broers het net daar en dan

besluit om Jesus te volg.

As jou maats jou wil verlei om God se wet te oortree,

kan jy nie wag om te besluit nie. Jy sal dadelik moet besluit

om te doen wat God van jou verwag en nie te doen wat jou

maats beplan nie.

6. Die belangrikste dinge in die lewe

Lees in jou Bybel Matteus 6:25-34 (vs 31)

As ons na diere kyk, dan lyk dit asof hulle heeldag net

besig is om kos te soek en kos te eet. Partykeer lyk

dit asof die mense dieselfde doen. Heeldag word gewerk

sodat hulle kos kan koop om te kan eet. Elke dag is dit die

patroon. Werk en eet.

Die lewe is egter meer as net werk en eet of skoolgaan

en eet. Die mens is ook op die aarde om die Naam van die

Here groot te maak. Deur jou lewe moet jy die Here eer.

Elke dag se werk en eet is nie die allerbelangrikste nie, want

vir die mens wag daar ’n nuwe lewe aan die einde. Daarom

sê Jesus dat gelowiges hulle nie moet bekommer nie. By al

die werk wat jy moet doen, moet jy daaraan dink dat die

Here jou versorg en beskerm.

Die gelowiges moet dus eers aandag skenk aan die

din ge wat vir God belangrik is; Hy sal jou lewe dan seën

so dat jy genoeg het om van te lewe.

12 slingervel januarie 2012

7. Maak die beste gebruik van jou tyd

Lees in jou Bybel Efesiërs 5:15-20 (vs 16)

Jy is maar net op laerskool en tog het jy al verskriklik baie

dinge om te doen. As jy na jou ouers en die onderwysers

kyk, dan sien jy hoe hulle moet jaag om alles klaar te

kry wat hulle moet doen.

Die tyd waarin ons lewe, is ’n haastige en ongeduldige

tyd. Dus gebruik mense kitskos, kitsbanke, kitskontbyt. Mikro

golfoonde maak kos in ’n kits gaar en ander masjiene

was jou klere en maak dit droog in ’n kits.

In hulle godsdiens wil mense dieselfde doen. Vinnig

By bellees en ’n kitsgebedjie. Gou-gou na die erediens toe

en haastig terug. Gaan dit met jou ook so? God sê in vers

16 dat jy die beste gebruik moet maak van jou lewenstyd,

veral as dit kom by jou diens aan die Here. Daar mag jy nie

afskeep nie en ook nie kits maak nie. Onthou, Jesus het

nie afgeskeep toe Hy vir jou sondes aan die kruis betaal

het nie.

9. Wie is ek tog eintlik?

Lees in jou Bybel Eksodus 3:1-12 (vs 11)

Ek wonder of die gemeente waar jy ’n dooplidmaat is

al vir jou gevra het om iets te doen? Dalk was dit net

om papiere op die kerkerf op te tel of om ’n paar stoele

aan te dra of enige ander werkie. Of Mamma vra jou om n

bietjie groente vir die arm mense naby julle te vat. Doen jy

dit met vreugde? God het vir Moses ’n opdrag gegee om

die Israeliete in die Naam van God uit Egipte te lei. Maar

Moses was onwillig. Hy vra: “Wie is ék ...?” Moses wil dit

nie vir die Here doen nie en nou maak hy asof hy nie die

regte persoon is nie.

’n Mens kan dit nie vir God sê nie. Wie jy ook al is, as

God vir jou ’n opdrag het, moet jy gehoorsaam wees, want

die Here help jou uiteindelik om dit suksesvol af te handel.

Jy moet weet dat God vir jou as kind ook ’n opdrag het

en dit is om tussen jou maats aan Hom gehoorsaam te

wees!

11. Ware godsdiens dra geloofsvrugte

Lees in jou Bybel Galasiërs 5:16-24 (vs 22)

As dit by die lewe van ’n gelowige kom, gebruik die

Here ’n voorbeeld in die Bybel om dit vir die mens

ver staan baar te maak. Die Here sê dat ’n gelowige soos

’n vrugteboom is. As jy waarlik glo, is dit wat jy doen die

vrugte van jou geloof.

In Galasiërs 5:22 noem die Here watter vrugte in die

lewe van die gelowige moet wees: liefde, vreugde, vrede,

geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederig

heid en selfbeheersing.

Dit mag nou vir jou na baie groot woorde klink waarvan

jy nie presies weet wat elkeen beteken nie. Dit is egter vir

jou nodig om te weet dat hierdie dinge deur die Here beskou

word as geloofsvrugte.

As die Here hierdie vrugte in jou lewe sien, dan weet Hy

dat daar ’n opregte geloof in jou hart is en dat jy gehoorsaam

is aan God se Woord.

8. Antwoord op die hoekom-vraag

Lees in jou Bybel Joh. 9:1-12 (vs 1-2)

Jy vra seker ook baie: Hoekom is my maat se pa of ma

so ernstig siek? Hoekom is daar kinders wat so baie

swaarkry? Hoekom word kinders soms met ’n gebrek

gebore? Hoekom is ’n kind vermink in ’n ongeluk? Hoekom

is daar kinders wat nie hulle volle verstand het nie? Die

dissipels vra dit ook vir Christus: Hoekom is die man wat

blind gebore is, so? Is dit oor sonde van homself of van sy

ouers?

Hulle het gedink die man word gestraf vir sy sonde of sy

ouers word gestraf vanweë hulle sonde. Jesus sê nee! Dit is

nie die rede nie. Hy is blind “sodat die werke wat God doen,

in hom gesien kan word” (vs 3).

God bewys genade aan mense wat swaarkry. In hulle

kan ander mense God se dade sien. God is in volle beheer

en net soos God jou lewe gebruik in sy diens, doen die Hy

dit met mense wat swaarkry.

10. Godsdiens met voorwaardes

Lees in jou Bybel Matt. 19:16-22 (vs 22)

As jy iets moet doen vir iemand, stel jy ook soms voorwaardes.

Jy sal vir Ma winkel toe gaan as sy vir jou ’n

roomys koop. Jy sal vir Pa die motor was as hy vir jou ’n

CD koop. Jy sal vir jou boetie of sussie iets doen as hulle

jou beloon met lekkergoed of ’n koeldrank. Dit kom daarop

neer dat jy nie iets vir iemand anders sal doen as jy nie

“betaal” word nie.

Jy moet oppas dat jy nie met die Here ook so maak nie.

Die ryk jongman was bereid om die Here te dien solank hy

net al sy rykdom kon hou – dit was sy voorwaarde. Jy kan so

maklik sê dat jy gereeld sal Bybellees as die Here sorg dat jy

die eksamen goed deurkom. Jy is bereid om gereeld te bid

as die Here toesien dat jy ’n fi ets kry.

Onthou, God het jou die verlossing in Christus gegee

son der enige voorwaardes. Daarom moet jy God opreg

dien met blydskap sonder voorwaardes.

12. Die liefde van Christus motiveer

jou

Lees in jou Bybel 2 Kor. 5:11-15 (vs 14)

P aulus skryf in vers 14 wat die motief is waarom hy doen

wat hy doen. Hy sê vir ons wat is die dryfveer agter

sy dade. Eenvoudig gesê, Paulus vertel hoekom hy die

din ge doen wat hy doen. Hy wys na die krag wat sy lewe

beheer. Hy sê dat die liefde van Christus hom dryf om te

doen wat hy doen. Omdat Christus hom liefhet, wil hy uit

dankbaarheid só optree in sy lewe dat dit volgens God se

wil is. As hy ’n keuse in sy lewe moet doen, vra hy altyd eers

hoe God wil dat hy die keuse maak. Dit is ’n manier van

optree wat tuishoort by elkeen wat sê dat hy in God glo.

God vertel in die Bybel presies hoe ’n kind van Hom

moet lewe. God gee in die Bybel die nodige riglyne vir die

lewe van elke dag. Die liefde van Christus moet nou die

dryfkrag wees agter jou optrede in elke faset van jou lewe.

slingervel januarie 2012 13

Anelda Pretorius (Heilbron), Bianca Joubert (Krugersdorp),

1 Jacobus Erasmus (Bloemfontein-Noord), Kelvin Gravett

(Krugersdorp), Marli Claasen (Reitz).

Albert-Hendrik van der Linde (Kathu), Charl van Jaarsveld

2 (Kuruman), Eben Coetzee (Wapadrant), Emma-Gene Nel

(Waterkloofrand), Enrico Emmerson (Benoni), Katelynn Duncan

(Wapadrant), Liam Viljoen (Wilropark).

Dylan Buchanan (Alberton-Wes), Elizma Erasmus (Kathu),

3 Moné Duvenhage (Benoni).

Anri de Villiers (Benoni), Christi de Villiers (Benoni),

4 Chérie van Wyk (Kathu), Jan-Louis Pretorius (Kuruman),

Vera-Marie Pretorius (Kuruman).

Annamarie Kruger (Kuruman), Anzél de Beer (Wapadrant),

5 JB Coetzee (Kathu), Mathys van Wyk (Benoni).

Aminaty Viljoen (Vaalpark), Zander Boshoff (Buffel-

6 doorns).

Milan Kruger (Wapadrant), Roshelle Tromp (Alberton-

7 Wes), Wynand Robinson (Bethal).

Frans de Villiers (Wolmaransstad), Heinrich Fourie (Kuru-

8 man), Tayla du Plessis (Lydenburg), Vian van Niekerk

(Wol maransstad), Wolter Bennink (Heilbron).

Clari Buys (Reitz), Cuan Hattingh (Wilropark), Jandré

9 Meyer (Lydenburg), Roelf Coetzee (Postmasburg).

Christiaan van Zyl (Wapadrant), Erik Koekemoer (Kru-

10 gersdorp), Janko van Vuuren (Kathu), JB (Jnr) Willers

(Ly denburg).

Chelandre Hebler (Vaalpark), Coret Hoogendoorn (Ver-

11 eeniging-Oos), Marco Roos (Benoni), Nicola van der

Walt (Wapadrant), Stean Strauss (Wilropark), Wikus Bylsma

(Ku ruman).

Alexander Prinsloo (Alberton-Wes), Tiali de Beer (Vaal-

12 park).

Cobus du Plessis (Alberton-Wes), Danielle Smith (Al-

13 ber ton-Wes), Elbie Venter (Vanderbijlpark Trinitas),

Jua nita van Baalen (Lydenburg), Melanie Badenhorst (Kathu).

Duan van Aswegen (Wilropark), Franco van Tonder

14 (Wa padrant), Francois Crafford (Vereeniging-Oos),

Ke vin Mulder (Lydenburg), Reinhardt Crafford (Vereeniging-

Oos).

Louise-Marie Muller (Buffeldoorns), Marinus Faling

(Vaal park), Roelof Hoogendyk (Wilropark).

15

verjaar verjaardaghoekie daghoekie

Dis alweer ’n nuwe jaar! Baie welkom aan al ons nuwe Velliemaats. Alles wat mooi is vir die

maats wat in JANUARIE verjaar. Gebruik elke oomblik van die nuwe jaar om ’n voorbeeldige

kind van die Here te wees. Hernu asseblief self julle verjaardae of vra een van julle kategete

om dit aan my te stuur. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal 1752; of e-pos

jonkerp@mweb.co.za Groete, Tannie Riana

16

Ansoné Vermeer (Alberton-Wes), Berdine Krause (Beno

ni), Kian-Clyde Kruger (Vereeniging-Oos), Nico Peyper

(Vereeniging-Oos), Peet Venter (Benoni), Sebastian Kruger

(Vereeniging-Oos), Willem van Wyk (Krugersdorp).

Lerize Liebenberg (Alberton-Wes), Venize Range

17 (Mid rand).

Bernadene Mitchell (Vaalpark), Ella van Jaarsveld

18 (Bloem fontein-Noord), Izak Engelbrecht (Zeerust),

Jan neke Kruger (Kuruman), Rinette Potgieter Vereeniging-

Oos).

Jolene Pretorius (Lindley), Marilie Schutte (Buffel-

19 doorns).

De Jager Jooste (Heilbron), Henning Venter (Wapad-

20 rant), Stephan du Toit (Bloemfontein-Noord).

Derick van Heerden (Lydenburg), Esmé van Vuuren

21 (Lind ley), Megan Cussons (Buffeldoorns), Renier Barnard

(Wilropark), WC Diedericks (Benoni).

Janke Pretorius (Heilbron), Liezel Oberholzer (Wilro-

22 park), Michelle Joubert (Krugersdorp), Zander Human

(Wolmaransstad).

Armand Olivier (Reitz), Clarissa Jacobs (Wilropark),

23 De sire Jacobs (Wilropark), Dirkie van Reenen (Benoni),

Peet Duvenhage (Benoni).

Alicia Nieuwoudt (Wapadrant), Andries Bruyns (Wilro-

24 park).

Danie Schoeman (Wapadrant), Lize-Mari Coetzee (Ka-

25 thu), Tiaan Prinsloo (Benoni).

Cobus Viljoen (Wolmaransstad), Hanru Swanepoel

26 (Wil ropark), Sunet le Roux (Wapadrant).

Christan Jansen van Vuuren (Kuruman), Jo-ándri König

27 (Vereeniging-Oos), Lizahn Venter (Wilropark).

Anzel Claassens (Krugersdorp), Dewan Potgieter

28 (Benoni), Helenke Venter (Bloemfontein-Noord), Marco

van Staden (Alberton-Wes), Marianka Fourie (Kuruman).

Henri Venter (Kuruman), Venter van Wyk (Water kloof-

29 rand).

Benna Chambers (Vaalpark), Danielle Boshoff (Beno-

30 ni), Jan Hendrik Deetlefs (Kuruman), Leandra du Preez

(Lydenburg), Marco Coetzer (Wapadrant), Willem Fiedler (Kathu).

Mariché Viljoen (Krugersdorp).

31

14 slingervel januarie 2012

Dr. Nico van der Merwe

Waardevoller as goud,

selfs fyn goud

Dit gaan in Spreuke 8 om die

wysheid van God wat betroubaar

en eerlik is. Vier

dele kan in hierdie hoofstuk onderskei

word:

1. Wysheid word as persoon voorgestel

(vs. 1-11)

2. Dan hoor ons wat die wysheid

alles kan aanbied (vs. 12-21).

3. Dan volg amper ’n skeppinglied

(vs. 22-31).

4. Dan volg die afsluiting van die

hoofstuk (vs. 32-36).

Die teksvers vir ons bespreking

val nou in die tweede deel, vers

12-21, waarin dit gaan om wat

die wysheid alles vir die mens kan

beteken. Wat kan die wysheid vir jou

bied? Wat is die diep godsdienstige

inhoud van die wysheid? Hierin

is die fundamentele orde van die

skepping van God gegewe. Wysheid

beteken dat die mens hierdie orde

leer ken en in ooreenstemming

daarmee lewe. Dit is die inskakeling

by God se orde.

Vir die Israeliete was wysheid nie

bloot dieselfde as wat “intelligensie”

vandag vir ons beteken nie. Dit

gaan nie hier om ’n baie hoë IK nie.

Hier is sprake van menslike verstand

en insig. Maar daar is meer op die

spel: die erkenning dat God die

Skepper van die orde in die wêreld

is. Wysheid is soos ’n skatmeester

(Spr. 8:19)

wat skatte bymekaar maak en dit

dan deel met elkeen wat deur die

geloof een is met God.

Wat God in sy wysheid gee,

“is beter as goud, selfs fyn goud”,

dit is meer werd as die suiwerste

silwer. Is dit wat God gee beter as

geld? Immers, geld kan vir jou baie

probleme oplos (Pred. 7:12; 10:19).

Met baie geld en weelde kan jy

in die lewe baie bereik wat vir jou

gerief en waarborge gee. Geen

geld, hoe groot die bedrag ook

al mag wees, kan vir jou wysheid

koop nie (Job 28:15-19). Wat God

jou lewer, wat Hy vir jou gee, “is

beter as goud, selfs fyn goud; is

meer werd as die suiwerste silwer

(vs. 19).

In die arbeidsmark is daar gedurig

wisseling en kompetisie. Elkeen

strewe daarna om meer en meer

geld te kry. ’n Gemiddelde werker

werk 40 uur per week. As jy die tyd

wat hy neem om by die werk te

kom, inreken, duur die werkweek

vir hom dalk 50 uur. As ekstra tyd

bereken word en ook dalk die tyd

wat hy tuis aan sy beroep spandeer,

kan ’n mens se “arbeidstyd” dalk 60

of dalk 80 uur in beslag neem. Maar

wat het die mens daaruit geput?

Dalk ’n paar rand meer in die bank.

Maar beslis het die persoon nie

meer en ’n groter kennis van God,

Spreuke vir die tiener verklaar

lewenswysheid nie! Die vraag is:

Hoe kan die mens meer op soek

wees na wysheid en insig in plaas

daarvan om hom vir geld en weelde

en gemak te beywer? Nie alleen

sal die mens dan dieper insig en

begrip van die lewe hê soos God

dit beskik en vir die doel waarom

Hy dit gegee het. Op hierdie wyse,

toewyding aan God se Woord, leer

jy insig in die dinge van die lewe

en kan jy die waarde in jou lewe

afmeet teen die groot gewig van

geld en goed. Baie minder mense

soek na goddelike wysheid as

hulle wat soek na geld en goud en

silwer.

Spreuke se boodskap is kort

en kragtig: wysheid en insig in die

lewe is veel meer werd as enige

rykdom (Spr. 3:13-15; 8:10-11;

16:16; Job 28:15-19; Pred. 7:12).

Onthou: “Kennis begin met die

dien van die Here, dit is net dwase

wat wysheid en opvoeding gering

ag” (Spr. 1:7). “Om die Here te dien,

is om te haat wat verkeerd is” (Spr.

8:13; Pred. 12:13-14).

As Christentiener moet jy noukeu

rig let op hoeveel tyd jy spandeer

vir algemene aardse dinge,

die dinge waarmee jy jou daagliks

mee besig hou en hoeveel tyd jy

ge bruik om jouself in kennis en

insig te skool. SV

slingervel januarie 2012 15

Die MONSTER van

Kalabasfontein (7)

“Daar’s hy! Die monster! Daar is

hy, ek sien hom!” skree Johan

se ma en sy gryp tannie Corrie

se arm vas.

Tannie Corrie krul soos sy lag.

“Dis nie die monster nie, dis Oubaas,

ons patryshond. Dis hy wat daar

by die bos wattelbome uitgekom

het en weer terug gehardloop het.

Hy soek daar rond en is nou weer

terug na Koot-hulle toe.”

“Is jy seker?” vra hulle ma met

’n rooi gesig.

“Natuurlik, het jy dan nie sy

lang ore raakgesien nie?” Tannie

Cor rie probeer om haar gesig ernstig

te hou, maar dan proes sy weer

van die lag.

“Ek het net die rooi-bruin gedierte

daar uit die bos sien kom en

dadelik gedink dis die monster.”

Ver leë lag sy nou maar saam met

tannie Corrie oor haar groot fl ater,

omdat sy die patryshond aangesien

het vir die monster.

Later moes oom Koot maar

weer sy geweer in sy motor laat

sonder dat daar ’n skoot geskiet

is. Hulle het nie die monster gekry

nie. Toe almal weer rustig by die

huis sit en vars koffi e en beskuit

geniet, begin tannie Corrie weer

lag. “Weet julle dat julle ma vandag

die monster met haar eie oë gesien

het?” vra sy vir die kinders.

“Regtig? Hoe het hy gelyk?

Wat het gebeur?” wil al die kinders

sommer gelyk weet en laggend

vertel sy wat gebeur het.

“Ag, almal is so op hol oor die

monster. ’n Mens sal hom begin

sien om elke draai,” verdedig hulle

ma haarself. Dan plooi haar mond

in ’n glimlag en uiteindelik lag sy

net so lekker so die ander wat vir

haar lag.

Omdat oom Koot daardie

dag nie die luiperd gekry het, het

almal gerus geword en geglo hy is

nie daar nie. Heel gou het Johan,

Hanlie en Neelsie maar weer elke

middag ná skool op die plaas alleen

rondgedwaal. Net partymaal

het hulle vir Ricka saam met hulle

laat speel.

Een Saterdag vroeg het die

pro fessor, die eienaar van die plaas

en sy twee seuns van Johannesburg

af na die plaas toe gekom. Hulle

het eers na die huis toe gekom om

almal te ontmoet. Nadat die vriendelike

professor ’n rukkie gesels

het, sê hy: “Julle sal my nou moet

ver skoon, ek het nog heelwat om

te doen voordat ek weer teruggaan

Johannesburg toe.”

“Kom, stap saam met ons,”

nooi die oudste van die twee boeties

vir Johan.

“Mag ek maar saamgaan,

Ma?” Johan hou sy asem op en

wag vir ’n antwoord.

“Seker, my seun, gaan gerus

saam met hulle.”

“Dankie, Mammie!” Johan is so

bly. Hy waai vir almal en is ’n bietjie

hartseer omdat Neelsie nie ook

saam genooi is nie, want hy is so

ge woond dat hy altyd saamloop.

Die twee boeties, wat ouer is

as Johan, begin om te gesels. Johan

luister gretig en gou vergeet hy die

ander wat by die huis agtergebly

het. Die seuns ken die plaas goed

en beweeg oral rond. Later het hulle

eers na die beeste gaan kyk en toe

na die perde toe geloop. Hulle het

van die perde opgesaal en Johan

het saam met hulle gery. Dit was

die eerste keer dat hy perd gery

het en hy het dit vreeslik geniet.

Dit was al taamlik laat in die

ag ter middag toe hulle weer by die

huis kom. Johan het opgewonde in

die huis ingehardloop.

“Kom kyk die mooi perde!”

het hy hard geroep.

Dadelik het almal, behalwe sy

pa wat by die werk was, uitgekom

om na die perde te kyk. Dis twee

mooi perde.

Vriendelik gesels hulle ma met

die twee seuns wat op hulle perde

bly sit het en toe vra sy skielik:

'n Ware verhaal vir laerskoolkinders deur Sophia van der Walt

16 slingervel januarie 2012

“Mag ek ook asseblief op ’n perd ry?”

“Seker, Tannie,” sê die oudste van die twee boeties

en hy klim dadelik van sy perd af en gee die teuels vir

haar.

Sy vat die teuels, sit dit terug oor die perd se kop,

sit haar voet in die stiebeuel en swaai haarself in die

saal. Net toe sy sit, laat die merrie haar kop tot naby die

grond sak. Hulle ma buig ook vorentoe en die volgende

oomblik skrik almal hulle bleek, want dit lyk asof sy ’n

lappop is. Haar voete kom los uit die stiebeuels en sy

val agteroor dat sy hik, plat op haar rug. Haar lyf is weg

van die perd af en sy kyk op in die groot neusgate van

die perd wat baie naby aan haar gesig is.

Nuuskierig kyk die perd na die ruiter wat sommer

afval voordat daar nog gery is. Dit is doodstil. Almal

hou hulle asems op. Toe sy voel dat sy nie seergekry

het nie, kom sy vinnig op haar voete.

“Sjoe, nou het ek my darem skuins geskrik,” sê sy

en begin die grond van haar klere afskud. Die perd kyk

na haar met groot, bruin oë. Huiwerig steek sy haar

hand uit en begin om die perd se neus tussen die oë

saggies te streel. Die perd staan doodstil.

“Het Ma seergekry?” “Het Mammie nie iets

gebreek nie?” “Is alles reg, Tannie?” klink dit nou van

alle kante af.

“Nee, ek het nie seergekry nie. Dit is net

skreeusnaaks dat die perd my afgooi nog voordat ek

gery het,” sê sy en begin lag. Verlig begin almal nou

saam lag.

“Wil Tannie weer opklim?” vra die een seun.

“Nee, nooit as te nimmer klim ek weer op ’n perd

nie. Ek het te groot geskrik.” Sy skud haar kop heftig

heen en weer.

Die seun wat vir haar sy perd gegee het om te ry,

klim nou weer op die perd. “Nou ja, ons sal moet spore

maak. Johan, jy kan enige tyd maar op die perde gaan

ry. Vra net dat hulle die perd vir jou moet opsaal,” sê hy.

Hulle groet en begin om op ’n drafstappie weg te ry.

Johan spring sommer in die lug op van vreugde. Hy

sal beslis weer gaan perdry, want dit is baie, baie lekker.

Hy is so bly hy het die twee seuns leer ken, want hulle

is sommer gawe maats. Hulle het gesê hy sal hulle nou

baie Saterdae sien wanneer hulle van Johannesburg af

na die plaas toe kom.

“Weet Ma, vertel Johan opgewonde vir sy ma

later, toe hulle om die etenstafel sit, “ek het vandag

die bul gesien wat die professor gekoop het. Sjoe, dis

’n vreeslike groot bul. Die seuns sê hulle pa het baie

duisende rande vir die bul betaal, want hy wil nou met

dié soort beeste boer.”

“Dis goed. Sal ons ook die bul kan sien?” vra sy ma

belangstellend.

“Nee, Ma, hy loop daar ver in die veld saam met

die ander beeste,” antwoord Johan.

Die Maandagmiddag net voor die skoolklok lui,

praat die hoof met al die kinders in die skool. Eers

gesels hy net oor skoolwerk en toe sê hy: “Ek het ’n

verrassing vir julle. Môre sal ek vir julle vertel wat ons

Vrydag gaan doen.” Nadat die skoolklok gelui het,

kwetter die kinders soos vinke. Elkeen wonder ... wat

Word vervolg

sou die verrassing wees?

Apiesdoringboom

Oom Carel

Die Apiesdoringboom is 'n gewilde inheemse boom in Suid-Afrika. Dit is 'n doringboom van die geslag

Acacia. Nou waar sou die boom die naam Apiesdoringboom vandaan gekry het. Die naam het drie dele:

apies + doring + boom. Die apies + doring is so genoem omdat die soort wat onder andere in die Pretoriaomgewing

groei, skuiling aan baie blou-apies gebied het (dink ook aan die Apiesrivier wat deur Pretoria

vloei). Vroeër is die boom ook 'n Aapjesdoornboom genoem. Wie van julle het al die blou-apies in die

doringbome gesien?

(Bronne: Idiome-Woordeboek, 1988. Groot Tesourus van Afrikaans, 1994. Etimologiewoordeboek van Afrikaans, 2003. Verklarende

Handwoordeboek van die Afrikaanse taal, 2003)

slingervel l l januarie 2012

17

oom attie venter

kan bakterieë

praat?

Sondagaande hier teen halfnege skakel ek graag

oor na Radio Pretoria om na die slim professore

te luister. Nee, ek is nie sarkasties nie – dié ooms

weet waarvan hulle praat, veral waar dit om wetenskaplike

aangeleenthede gaan, soos die keer toe een

van hulle oor die sosiale lewe van bakterieë gesels het.

Bid jou dit aan: bakterieë se sosiale lewe!

’n Wetenskapsprogram op ’n Sondagaand en dit so

kort nadat ek uit die erediens gekom het?! Wel, op dié

manier hoor jy dinge wat in die natuur gebeur wat jy nie

sommer in handboeke sal teëkom nie. Party verskynsels

is só fantasties dat jy nie anders kan as om die hand van

die Skepper daaragter te sien nie. Lees gerus Romeine

1:20, Psalm 8, 19 en nog ander gedeeltes in die Bybel

wat oor die skepping en onderhouding van die natuur

handel. Ek gee maar so ’n ietsie weer van wat ek van die

vertelling onthou, met so hier en daar ’n weglaatsel, ’n

byvoegsel van wat ek reeds weet of ’n wysiginkie om

dit skryfwaardig te maak.

Hordes

Die eerste bewering wat my verstand laat steier, is

die ontsaglike hoeveelheid van die wesentjies. Daar

is byvoorbeeld tien maal meer bakterieë in en om

jou as die selle waaruit jy bestaan. Wat DNA betref, is

daar 100 maal meer in daardie bakterieë as in jou eie

liggaamselle.

Kommunikasie

Ons het altyd gedink dat bakterieë ’n soort kluisenaarsbestaan

voer – eensellige organismes wat verdeel

en groei, verdeel en groei tot in lengte van dae (onder

ideale omstandighede kan ’n bakterie binne 20 minute

verdeel), maar wat op die ou end alleen is en ’n eensame

lewe voer.

Wat navorsers nou agtergekom het, is dat dit glad nie

die geval is nie, maar dat die organisme in werklikheid

deel is van ’n sosiale sisteem. Die manier waarop ons

dit agtergekom het, was om te kyk na bakterieë wat

’n spesiale “sigbaarheidseffek” het. Die gevalle wat besonderlik

bestudeer is, het die merkwaardige vermoë

om, soos ’n vuurvliegie, lig te produseer deurdat ’n

chemiese proses plaasvind.

Binne die bakterie is daar ’n sekere proteïen wat,

as dit geöksideer word, ’n hoë energietoestand verkry.

Wanneer dit in ’n lae energietoestand verval, stuur

dit fotone uit as sigbare lig. Dié proses word deur die

ensiem luciferase gekataliseer.

Lig of nie lig nie

Nou gebeur iets wonderliks. Aanvanklik is die hoeveelheid

bakterieë min en “skakel” die lig nie aan nie. As

die bevolking toeneem en die digtheid (konsentrasie)

bereik ’n sekere kritiese punt, skakel almal gelyktydig

aan! Die vraag is nou: Hoe weet die bakterieë dat daar

’n “kworum”, soos in ’n vergadering, is?

Daar is vasgestel dat die bakterie ’n molekuul uitskei,

terwyl daar ook op die oppervlakte ’n proteïen

(’n reseptor as’t ware) voortgebring word wat hierdie

molekuul kan herken. Wat gebeur, is dat, as daar min

bakterieë teenwoordig is, daar natuurlik ook min van

die molekuul is. Soos die bakterieë vermeerder, vermeerder

hierdie molekuul ook. Die reseptor word nou

ge-“trigger” as die konsentrasie van die molekuul ’n

se kere waarde bereik. Al die bakterieë “sien” hierdie

konsentrasie gelyktydig en dan word hulle reseptore

ge lyktydig aangeskakel. Wanneer ander bakterieë ook

teenwoordig is, kan ’n sekere spesie net met sy eie

soort “praat” (sien egter verderaan in die artikel).

Voorbeeld

Hierdie verskynsel kom nie net voor ten opsigte van

lig nie, maar ook ten opsigte van toksisiteit (vergiftiging).

As jy byvoorbeeld patogene (siekte-)bakterieë inkry, is

die konsentrasie aan die begin heeltemal te laag om

’n effek te hê. Hulle kan dan hoegenaamd niks aan jou

18 slingervel januarie 2012

doen nie, totdat daar soveel van hulle is om saam ’n effek te hê. Dan skakel

hulle gelyktydig aan sodat die betrokke molekuul jou selle kan aanval.

’n Interessante ding wat wetenskaplikes uitgevind het, is dat daar ’n

ander molekuul met sy reseptor ook deur alle bakterieë geproduseer word.

Dit kan deur alle bakterieë waargeneem word. Dit is werklik iets nuuts wat

deur navorsers ontdek is, wat ons hele begrip van mikroörganismes verander

het.

Kat-en-muis

Die besondere liggewende bakterie hierbo genoem, lewe in simbiose

met ’n stompstert-pylinkvissie wat in die omgewing van Hawaii voorkom.

Hy swem in vlak water. Aan die onderkant van die vis kom twee lobbe voor

waarin hierdie bakterieë groei. Die vis verskaf aminosure en suikers aan die

bakterieë, terwyl laasgenoemde die lig uitstraal waarmee die vis homself

kamoefl eer. Daar is twee fl appe waardeur die lobbe kan beweeg, sodat die

vis die lig wat na die bodem uitgestraal word, kan beheer.

Die vis is ’n nokturne-organisme en jag dus saans. As hy in vlak water

swem, kom daar natuurlik lig van bo af (as dit ’n maanligaand is), sodat die

vis ’n skaduwee op die bodem gooi. Organismes waarop die visjag maak,

kan deur hierdie skaduwee afgeskrik word. Wat die inkvis dus nou doen, is

om te meet (daar is sensors aan die bokant van die vis) wat die sterkte van

die invallende lig van bo af is. Deur die fl appe in en uit te beweeg, reguleer

die vis die hoeveelheid lig wat na onder toe skyn. Sodoende werp die vis

nie ’n skaduwee op die bodem nie en is dit makliker vir hom om sy prooi

in die hande te kry. Aan die ander kant beskerm dit hom op dieselfde wyse

teen predatore.

Oggend- en aandpraatjies

Nou het die pylinkvis ’n probleem. Die bakterieë groei rustig in die beskermende

omgewing van die lobbe. In die oggend, wanneer dit lig raak,

begrawe hy homself in die sand en pomp die meeste van die bakterieë

BERG in Afrikaanse idiome

Afrikaans is ryk aan spreekwoorde waarin berg as vergelyking gebruik word. So

vinnig getel blyk dit dat daar 12 “berg-idiome” bestaan. Kom ons kyk net na 'n paar:

'n Berg van 'n molshoop maak = Baie oordryf. 'n Bohaai oor iets maak.

Die berg het 'n muis gebaar = Groot dinge is verwag, maar iets kleins het gebeur.

Die verste berge is altyd die blouste = Onbereikbare, verbode dinge lyk altyd

aantrekliker as die beskikbare.

Iemand goue berge beloof = Oordrewe beloftes maak.

'n Berg van iets maak = Oordrewe beswaar teen iets maak.

Berge versit = Baie uitrig.

in die water uit. Dan is daar min

bakterieë en maak hulle dus nie lig

nie (nie ’n “kworum” nie). Die vis

het dit ook nie nodig nie, omdat hy

besig is om in die sand te slaap.

Terwyl hy slaap, groei die bak terieë

totdat dit aand is, sodat ’n groot

hoeveelheid van die organismes

geproduseer word. Die lig word

weer aangeskakel en daar gaan

hy weer op sy nagtelike jagtog uit

en het hy genoeg lig om vir sy eie

skaduwee te kompenseer. Dit is dus

’n pragtige voorbeeld van ...

die verskynsel van kommunikasie

tussen bakterieë,

simbiose (eintlik mutualisme

– kan julle sê in watter opsig?)

en

hoe die Skepper sorg dat selfs

die kleinste organismetjies ’n

plek in die natuur het en wonderlik

toegerus is om te oorleef

en ook ander te laat oorleef. SV

Oom Carel

Bron: Idiome-woordeboek. 1988. Anton F. Prinsloo: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. 2004.

slingervel januarie 2012 19

dr. nico van der merwe

1. Wegspring vir die nuwe jaar

Lees: 2 Kronieke 15:1-19 Teks: 2 Kronieke 15:2

Ons staan weer aan die begin van die splinternuwe jaar, 2012.

Daar gebeur só baie dinge wat gelowiges in die lewe bedreig

dat ’n mens voel jy sien nie kans vir die nuwe jaar nie. Kom ons

soek bemoediging en troos in God se Woord. God stuur die profeet

Asarja na koning Asa om aan hom ’n boodskap te bring. Dit is

nie so dat God voorspoed, geluk en veiligheid aan elkeen uitdeel

nie. God se boodskap aan Asa is: “As julle by die Here is, sal Hy by

julle wees ...” (vs 2). God is by diegene wat hulle toevlug tot Hom

neem. God is by die mense wat ten volle in Hom glo en Hom

vertrou. Die Here deel sy beskerming nie uit aan mense wat Hom

in hulle lewe vergeet en verstoot nie. God het vir jou verlossing in

Jesus Christus gegee. Uit dankbaarheid moet jy die Here daagliks

dien en gehoorsaam wees aan Hom. Dan is jy veilig!

3. Jou opdrag in ’n stukkende wêreld

Lees: Genesis 3:1-24 Teks: Genesis 3:7, 8, 16, 17

God se skepping was volmaak (Gen. 1:31). Maar so het dit nie

gebly nie. God se groot vyand, Satan, het vir Adam en Eva verlei

om aan God ongehoorsaam te wees. Dit was die begin van die

sonde. Adam en Eva se sonde het hartseer gevolge gehad. Genesis

3 vertel hoe alles verander het ná die sonde van Adam en Eva. Nou

was die skepping nie meer mooi en volmaak nie. Dit was stukkend

en die mens sou ’n opdraende stryd voer. Dit is waar die swaarkry

van die lewe vandaan kom. Dit wortel in die sonde van die mens.

Teen die stukkende karakter van die skepping sal jy vanjaar ook

moet stry. Maar moet nie moed opgee nie. God gee in Christus en

deur sy Heilige Gees gawes aan jou om sukses te kan behaal. Sit

skouer aan die wiel en werk toegewyd aan jou opdragte. God se

seën sal dan nie uitbly nie.

5. Bly kalm en vertrou op God

Lees: Eksodus 14:1-14 Teks: Eksodus 14:14

Nadat God die Egiptenare met die 10 plae getref het, het die

farao ingestem dat die Israeliete uit Egipte kan wegtrek. God

wil hulle na Kanaän bring, die land wat Hy aan Israel belowe het.

Skaars het die Israeliete begin trek of die leër van Egipte sit hulle

agterna en druk hulle teen die Rooi See vas. Die mense was baie

bang en het Moses verwyt dat hy hulle laat trek het. Moses troos

hulle: “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” God het dit

gedoen met die wonder van die Rooi See wat oopgegaan het sodat

hulle kon deurtrek.

Elke gelowige, oud en jonk, het hierdie troos. As dit vir jou lyk

asof die lewe en jou lewensomstandighede te gevaarlik is vir jou

om te hanteer, weet dat God dit vir jou doen. As Hy jou in Christus

van jou sondes verlos het, bewaar Hy jou telkens as dit nodig is.

7. Die noodlottige skeidsmuur

Lees: Jesaja 59:1-8 Teks: Jesaja 59:2

God se volk kry baie swaar en daar is baie dinge teen hulle.

Hulle is ’n korrupte volk wat nie na reg en geregtigheid strewe

nie. Omdat dit met hulle sleg gaan, beskuldig hulle God dat

Hy nie almagtig is nie en hulle nie in hulle nood bystaan en help

nie. Vir hulle haglike omstandighede verkwalik die volk vir God.

Deur die mond van die profeet Jesaja sê God vir hulle dat dit hulle

sonde is wat soos ’n skeidsmuur tussen Hom en hulle staan. Die

verandering in hulle lewe moet by hulleself begin waar hulle hul

son de en onbekeerlikheid moet raaksien en dit voor God bely.

Deur die bloed van Christus word die skeidsmuur vir God se

kin ders afgebreek en deur die geloof ontvang hulle die verlossing.

Maar dan moet jy die middele wat God daarvoor gee, gebruik: die

Bybel, die eredienste, die katkisasie.

2. Jou opdrag vir 2012

Lees: Genesis 1:26-31 Teks: Genesis 1:28

Mense dink dat Adam en Eva ’n luilekker-lewe in die paradys

gehad het. Daar is nog nie sonde nie en die skepping is vars

en nuut en daar is niks wat dit vir die mens swaar maak nie. Dit is

allesbehalwe so. God het ná Adam en Eva se skepping aan hulle ’n

werksopdrag gegee. Vers 28 het vyf werkwoorde: 1. Wees vrugbaar.

2. 3. 4. 5. Word baie. Bewoon. Bewerk. Heers. Die mens is geskep

met ’n opdrag. Die mens moet in die skepping werk, elkeen op

sy eie, besondere plek. Vir jou as tiener is jou “werksterrein” jou

verpligtinge by die huis, die skool en die kerk. In 2012 gaan jy op

hierdie terreine verpligtinge hê. Jy moet dit as ’n opdrag van die

Here sien en alles doen na die beste van jou vermoë. So berei die

Here jou voor om eendag as volwasse mens jou plek vol te staan in

lewe van elke dag. Sterkte met jou werk vanjaar!

4. Niks is vir God onmoontlik nie

Lees: Genesis 18:1-15 Teks: Genesis 18:14

Uit die Bybel bely ons dat God almagtig is. Dit beteken dat God

magtiger is as enigiets anders of dat niemand so magtig is

soos God nie. Jeremia 32:17 lees: “Niks is vir U onmoontlik nie.” Dit

staan in Genesis 18:14: “Is iets te buitengewoon vir die Here?” God sê

dit vir Abraham omdat hy en Sara nie kan dink dat God aan hulle ’n

kind kan gee as Abraham 100 jaar en Sara 90 jaar oud is nie.

Ons as mense is beperk wat ons krag betref. Sommer gou-gou

is ’n ding vir die mens onmoontlik. Daarom moet jy deur die geloof

vashou aan die Here, die Almagtige. Hy is ook sterker as Satan wat

jou wil verlei. God het vir jou die onmoontlike bewerk toe Hy Jesus

Christus, sy Seun, gegee het om jou sondes weg te neem en aan

jou die ewige lewe te gee.

Jy moet op niks anders vertrou nie as net op God die Here.

6. Alles wat vir jou nodig is

Lees: Deuteronomium 8:1-20 Teks: Deut. 8:3

Die Here het Israel gedurende die 40 jaar wat hulle deur die

woes tyn getrek het op ‘n wonderbaarlike manier kos gegee.

Hulle het manna as brood gekry. Die kwartels was hulle vleis en vars

water het God uit rotse vir hulle laat vloei. ’n Mens sou dink – wat

het hulle meer as dit nodig. Vir ’n volk in die woestyn is dit elke dag

’n feesmaal.

Tog sê die Here dat dit nie genoeg is nie. Die mens moet ook

le we van die woorde van die Here. Christus het dit ook vir Satan

gesê toe hy Christus wou verlei (Matt. 4:4). Dit bring ons onder die

besef dat dit nie net nodig is om drie maal per dag aan die tafel te

gaan aansit om te eet nie, maar dat jy ook daagliks die Bybel moet

lees in opdrag van die Here. Sonder die Woord van God is dit vir die

mens nie moontlik om koers te hou in ’n deurmekaar wêreld nie.

8. Jy kan nie jouself verander nie

Lees: Jeremia 13:12-27 Teks: Jeremia 13:23

God spreek sy oordeel oor Juda uit (Jer. 13:12-27). In beeldtaal

verduidelik God aan hulle wat met hulle gaan gebeur. Jeremia

huil oor die volk se hoogmoed (vs 17). God het aan die volk lank

genade bewys om tot bekering te kom, maar hulle het nie. Daarom

is die vyand alreeds rondom Jerusalem om dit in te neem (vs 20-

21). Die Jode het só gewoond geword aan sonde dat hulle nie meer

kan verander nie. Net soos ’n Kussiet (’n swart mens) nie sy velkleur

en ’n luiperd sy kolle kan (of wil) verander nie, so kan Juda nie uit

eie krag hulle tot God bekeer nie.

Vandag kan ’n mens dit ook nie doen nie. God moet ’n wonder

bewerk om die mens te verander. God het die wonder ook in jou

lewe bewerk deur Christus. Hy het jou van jou sonde bevry, nou

moet jy lewe soos God dit van jou vra.

20 slingervel januarie 2012

9. Die geraamtes in die laagte lewe

Lees: Esegiël 37:1-14 Teks: Esegiël 37:4 & 10

In beeldtaal (vs 11) verduidelik God hoe dit geestelik met sy volk

gaan. Israel lyk soos ’n deurmekaar hoop geraamtes in ’n laagte.

’n Laagte vol doodsbeendere waar jy nie kan sien waar die een in

die ander pas nie. God beveel Esegiël om vir hierdie doodsbeendere

te preek. Toe begin die dor bene na mekaar beweeg, elkeen na sy

regte plek, totdat daar volledige geraamtes lê. Daarna word spiere,

senings, vleis oor die geraamtes getrek en ’n klomp volledige lyke

lê daar totdat God daarin lewe gee en dit ’n skare mense word wat

God dien. God skep lewe waar daar net dood is! Nie net in die Ou

Testament nie, maar ook in ons tyd.

Vanweë jou sonde is jy soos die geraamtes in die laagte. Maar

deur Christus se bloed en die Heilige Gees se werk maak God jou

lewendig uit die dood om vir Hom te lewe.

11. Bekering en nuwe lewensdade

Lees: Hosea 14:2-20 Teks: Hosea 14:5-6

In Hosea 14:2-20 kom twee hoofgedagtes na vore: 1. Israel moet

hom tot God bekeer deur sondebelydenis (vs 2-4). 2. Daar moet

dan omkering in hulle lewe kom dat God vir hulle alles sal wees en

hulle gehoorsaam aan God sal lewe. As die volk van hulle sondige

lewe tot God terugkeer, dan sal God hulle sondes uitwis (Hand.

3:19).

Wanneer jy dit doen, sal jy ervaar dat God jou sondes vergewe

(1 Joh. 1:9). Jy sal dan ook ervaar dat God jou nie verwerp nie, maar

jou vergewe (genees) sodat die ontrou (2:1) verander in toewyding.

Jy moet nie jou sondes geringskat nie. Sondes verdien die straf van

God. Jy kan weet dat Christus die sondestraf vir jou gedra het en

dat jy daarop moet antwoord met ’n lewe van dankbaarheid. Dit

be teken dat alles wat jy doen volgens God se wil moet wees.

13. God roep jou om reg te lewe

Lees: Amos 5:10-17 Teks: Amos 5:14

In die tyd van Amos het dit polities en ekonomies goed met Israel

ge gaan. Op godsdienstige terrein was die volk egter sedelik korrup.

Deur Amos spreek God sy oordeel oor Israel uit (3:1-15). In

Amos 5:10-13 wys God hulle op hulle korrupte lewe. In Amos 5:14-

15 word hulle opgeroep om reg te lewe. Die Here weet dat alle

mense in sonde lewe.

In ons tyd is dit nie anders nie. Dink maar aan baie rolprente en

video’s waarin die gruwelike sonde van die mens uitgebeeld word.

God vra van jou om nie opsetlik die verkeerde dinge te doen nie. Jy

moet probeer goed doen – dít is die ware lewensoptrede wat die

Here van jou verwag. Om te weet wat volgens God reg is, sal jy gereeld

daagliks die Bybel moet lees, getrou wees in die kategese en

ook gereeld die eredienste bywoon.

15. Die lig van die geloof

Lees: Jona 1:17-2:10 Teks: Jona 2:4

Jona voel dat hy in die vis uit God se gesig verdwyn het (vs 4). Dis

donker om hom. Hy voel God het hom verwerp en verlaat vanweë

sy eie skuld. In Jona hoor ons Christus, toe Hy met ons sonde

belaai aan die kruis die Godsverlatenheid deurleef het. Net soos

Jona, is Jesus nie eensaam gelaat nie en word God se kinders nie

oorgelewer om weg te kwyn nie. Op sy tyd dryf God die donkerheid

uit die hart weg en bring die lig van begrip en verstaan.

God laat nie toe dat een van sy kinders die verderf sien nie.

Daar om kom daar ommekeer. Die lig van die geloof breek deur. Die

wending lê in die woordjies “maar tog” (vs 4b). Dit kon vertaal word

met “nogtans” of “desondanks” of “nietemin”. Dit dui op ’n hele

nuwe inhoud in die gedagtes van die profeet en elke kind van God

wat in benoudheid tot Hom roep.

10. God se boodskap op die partytjie

Lees: Daniël 5:1-30 Teks: Daniël 5:5, 25-30

Belsasar se wilde drink- en fuifpartytjie is in ’n oomblik se tyd

ge smoor toe hulle in hulle dronkenskap ’n hand sien wat iets

teen die muur skrywe. Dit was nie ’n towenaar of ’n goëlaar se

won derlike kunsies nie. Dit was God se hand wat vir Belsasar ’n

verdoemende boodskap skrywe. God sê vir die goddelose Belsasar:

Jy is getel, geweeg en verdeel (vs 25). Belsasar het gedink hy is die

onaantasbare koning van die magtige Babel, maar God het nou

gesê hy is getel, geweeg en verdeel – God het oor sy lewenslot

besluit. God besluit oor die lewe en lewenseinde van elke mens. In

jouself beteken jy voor God niks nie. Gelukkig kan jy as kind van

God hoor dat Hy jou deur die bloed van Christus gekoop het en

dat jy nou in Christus ewige betekenis het.

Daarvoor moet jy in jou dade vir God dankie sê.

12. God vra van jou ’n hartsverandering

Lees: Joël 2:12-17 Teks: Joël 2:13

Joël 2 het twee boodskappe van God: 1. Vers 2-11: God se volk

word opgeroep tot bekering van hulle sondige lewe. 2. Vers 12-

17: Die bekering moet nie oppervlakkig wees nie, maar hartgrondig,

opreg. Die Jode het ’n gebruik gehad dat wanneer hulle hartseer

was, hulle hul klere geskeur en hardop gehuil het. Op dié wyse

kon almal sien en hoor dat dit met hulle sleg gaan. God vra nie ’n

ui terlike demonstrasie van sondebelydenis nie, want dit kan oneg

wees. Jy kan vir die skyn van sondedroefheid jou klere skeur en

voor gee dat jy oor jou sonde treur. Daarom sê die Here: “Skeur julle

harte, nie julle klere nie.” Sonde moet ’n mens ontsteld en hartseer

maak, want jou sonde is sonde teen God (Gen. 39:9). Let goed

daar op dat jou sondebesef eg en opreg is en bekeer jou van die

sonde in jou lewe.

14. Die sonde van leedvermaak

Lees: Obadja vs 1-14 Teks: Obadja vs 12

Edom is die nageslag van Esau en Juda die nageslag van Jakob.

Edom en Juda is broervolke. Edom het in leedvermaak teen

Israel opgetree. Dit was in die jaar 586 voor Christus. Jerusalem

is deur Babel ingeval en geplunder. Die mense van Jerusalem het

in doodsangs gevlug. Toe het Edom hulle verlustig in die nood

van die Jode. Daarom oordeel God hulle. Hulle optrede is in skrille

kontras met wat Jesus geleer het: ’n lewensgesindheid van liefde

en verdraagsaamheid. Die Edomiete se onreg gaan voort. Herodes

(’n Edomiet) maak Joodse seuntjies dood op soek na Jesus (Matt.

2:16-18). Herodes Antipas (ook ’n Edomiet) laat onthoof Johannes

die Doper (Matt. 14). God kondig sy oordeel aan oor elkeen wat

hom in ’n medemens se ellende verlekker en wat in leedvermaak ’n

medemens dieper laat ly.

16. God se saak teen die volk

Lees: Miga 6:1-8 Teks: Miga 6:8

S elfs gelowiges bevraagteken soms God se optrede Dit is

asof die mens met God twis. Die mens bevraagteken God se

optrede. Miga 6 leer die teenoorgestelde. Dit is God wat die mens

tot verantwoording roep vir sy dade. Dit is God wat sy volk aankla

omdat hulle Hom wil teregwys. As kinders van die Here, verlos

uit genade sonder enige verdienste, is ons verantwoording

aan die Here verskuldig vir ons lewenswoorde en -dade. Vir ons

lewensoptrede moet ons nie teenoor mense verantwoording doen

nie. Ons is nie aan mense verduideliking verskuldig nie. Gelukkig

dat God ons nie oordeel volgens wat die mense van ons sê nie. Hy

ken jou van buite en van binne. Daar is niks wat jy vir die Here kan

wegsteek nie. As jy jou sonde in opregtheid voor God bely, is Hy

getrou en gee aan jou die verlossing in Christus.

slingervel januarie 2012 21

tannie susan

Wat kan ek lees?

Robertson, M.P. 2011. Tobie

Welgemoed en sy ongewone

troetelgoed. Vertaal deur

Shané Kleyn. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN:

978-1-86919-475-8.

Tobie Welgemoed het ongewone

troeteldiere soos ’n slymerige

see koeislak, ’n lawaaierige kweelvoël,

’n vreesaanjaende ystervadder,

’n kwaai hus-met-langore, ’n stink

moerasvark en ’n vreemde watsedinges.

Niks is egter so erg soos

sy kleinboet nie – tog is dit vir Tobie

die heel lekkerste om saam met sy

kleinboet te speel!

Die teks en kleurillustrasies

is humoristies en sal kinders van

vier tot agt jaar laat skaterlag. Die

byvoeglike naamwoorde wat telkens

gebruik word, stimuleer taalontwikkeling

terwyl die tone omkrul

van pret. Trappe van vergelyking

word speel-speel aangeleer asook

allerlei beskrywende woorde.

Die boek is ideaal vir voorlees

terwyl die illustrasies bekyk word,

maar dit bied ook ’n heerlike en

pret tige selfl eeservaring.

Kruczek, Tomasz. 2011. Die tuin

van Eden: aktiwiteitsboekie en

Noag se ark: aktiwiteitsboekie.

Illustrasies deur Magda Bloch.

Vereeniging: Christelike

Uitgewersmaatskappy. Prys:

R89,95 elk. ISBN: 978-1-4316-

0052-6 en 978-1-4326-0083-3

onderskeidelik.

Hierdie twee aktiwiteitsboekies

is geskik vir kleuters en jong

kinders van drie tot ses jaar. Alhoewel

elkeen ’n Bybeltema as titel

het, is dit glad nie Bybelboekies

nie. In elkeen is die spesifi eke Bybel

temas (die ark en die skepping)

die agtergrond van die

aktiwiteite. Voor in elke boekie is

wel ’n kriptiese verwysing na die

Bybeltema. Die boekies bestaan

uit dik sponsbladsye waarop mooi

volkleur prente is en wat kleuters

maklik kan omblaai. Die formaat

is ook maklik hanteerbaar vir klein

handjies.

In die bladsye is sponslegkaartstukke

wat ’n prentjie bedek

waar oor ’n vraag gevra word. Die

ontwikkeling van klein lesertjies se

oog-handkoördinasie word ontwik

kel wanneer die onderskeie legkaartstukke

uitgehaal en dan weer

passend in die vormpie teruggeplaas

moet word. Die rympies wat die

teks van die boekies uitmaak, vra

vra gies waarop die lesertjie kan

rea geer en wat die nuuskierigheid

kan prikkel.

In Die tuin van Eden is die syfers

van 1 tot 10 agter die onderskeie

leg kaartstukkies weggesteek en

bo-op die uitligstukkies is die

pas sende getal voëltjies, vissies,

sterretjies en nog ander voorwerpe.

Die lesertjie kan dus die voorwerpe

daarop tel en dan die syfer vir die

getal daaronder sien. In Noag se ark

word teenoor gesteldes onder die

passtukkies versteek. Die sebra met

strepe is byvoorbeeld bo-oor die

koei met kolle en die groot olifant

oor die klein muis, ensovoorts. Hierdie

twee sponsboekies sal vir baie

pret en heerlike aksie sorg terwyl

dit spelenderwys met woorde skatuitbreiding

help.

Korsten, Linda. 2011. Carike,

Ghoempie en Ghoeghoe kuier

in Kinderland. Geïllustreer

deur Annette van Zyl. CD

met stories en liedjies deur

Carike Keuzenkamp ingesluit.

Durbanville: Christelike Media

Publikasies. 31 p. Prys: R99,95.

ISBN: 9781920460259.

CMP is die drukkersnaam van

Christelike Media Publikasies in

Durbanville. In hierdie boekie met

sy ingeslote CD is vyf verskillende

stories van Ghoempie en Ghoeghoe

van Ghoempieland. Hulle kuier ook

by hulle mensmaatjies Liana en

Frikkie in Kinderland.

In Kinderland leer Ghoeghoe

om nie vir die donker bang te

wees nie en hulle help Frikkie om

sy partytjie te red toe Spikkels, die

hond, al die eetgoed opgeëet het.

Ghoeghoe ontwikkel ’n vreeslike

tandpyn en leer by die vriendelike

tandarts die regte manier om jou

tande te versorg. Toe Ghoempie

en Ghoeghoe by die huis stry kry

oor ’n storieboek en die blaaie

skeur, leer ouma Ghoemp hulle

dat boeke kosbaar is en mooi opgepas

moet word en dat hulle ook

mededeelsaam moet wees.

Daar is pretbladsye in die boekie

tussen elkeen van die verskillende

stories. Op hierdie bladsye word

die lesertjies gevra om sekere

din ge te soek of daarna op te let.

Die ingeslote CD bevat heerlike

saam singliedjies wat deur Carike

Keuzenkamp gesing word en sy

lees ook die stories van die boekie

voor.

Jong kinders (vier tot ses jaar

oud – maar selfs jonger en ouer)

sal gou baie lief word vir hierdie

karaktertjies en die boekie dikwels

wil deurblaai en na die illustrasies

kyk of dit lees en ook na die stories

en liedjies op die CD luister. Dit

sal gou ’n gunsteling by kinders

word. Dit is ook ’n baie handige

hulpmiddel om na die CD te kan

luister wanneer daar byvoorbeeld

in die motor gery word. SV

22 slingervel januarie 2012

slingervel januarie j

2012 23

Dirk rk se pa kom praat met die Wiskunde-ond

Wiskunde-onderwyser oor

Dirk se wiskunde. “Meneer,” sê die onderwyser, “dit is ’n

hopelose taak met Dirk. Kyk net na hierdie berekening

wat hy in die eksamen gedoen het: 7 x 5 = 33.”

“Aag, kom nou meneer,” sê Dirk se pa, “gee hom ’n kans

… hy is net met 1 uit.”

Die posmeester: “Jammer mnr. Buys, ek kan nie die

tjek vir jou wissel sonder identifi kasie nie. Het jy enige

vriende in die skool wat kan help?”

Mnr. Buys: “Moenie snaaks wees nie, ek is die

skoolhoof.”

Tydens die skoolkamp kla die kinders geweldig oor die

brood wat hulle kry. Die onderwyser vererg hom vir

die kinders en sê vir hulle: “As Jan van Riebeeck hierdie

brood gehad het, sou hy smaaklik daaraan gesmul

het.” “Ja, meneer,” sê die kinders, “maar toe was dit nog

vars!”

Ma Liezl stuur vir haar seun in die hoërskoolkoshuis ’n

Bybel deur die pos. Die poskantoorklerk vra vir haar: “Is

daar enigiets in die pakkie wat kan breek?” “Ja,” sê ma

Liezl, “die Tien Gebooie!”

Dit is verskriklik warm en Coenie se pa sien dat hy vier

waaiers in die huis aan het. “Aa-nee-aa, weet jy hoeveel

elektrisiteit gebruik hierdie vier waaiers? Skakel dadelik

drie af!” Coenie: “Toe maar Pa, drie van die waaiers het

ek by die bure geleen.”

Karel: “Dit gaan baie sleg met my ma se klerewinkel.

Eergister het sy net 1 rok verkoop en gister het dit nóg

slegter gegaan!”

Rina: “Maar hoe is dit moontlik?”

Karel: “Die vrou van eergister het gister die rok

teruggebring!”

Soek die hond

Trientjie: “Soek jy nog na jou hond wat weggeraak

het?”

Jan: “Ja!”

Trientjie: “Hoekom plaas jy nie ’n advertensie in die

koerant nie.”

Jan: “Want my hond kan nie lees nie!”

Geskiedenistaak

Onderwyser: “Gert, jy het ’n groot klomp van die

ons pretblad

geskiedenis verloor toe jy siek was. Hoe lank was jy

afwesig?”

Gert: “Sedert die Franse Rewolusie, meneer.”

Droomverlore

Onderwyseres: “Rikus, hoekom is jy so laat by die

skool?”

Rikus: “Meneer, ek het gedroom ek was by ’n wedstryd

van ons eerste span wat gelykop geëindig het. Toe het

die skeidsregter ekstra tyd toegelaat en ek het gebly om

te sien wie uiteindelik gewen het.”

Verwarring

Skoolhoof tydens inspeksie: “Michael, kan jy vir my sê

waar Harrismith is?”

Michael: “Nee, meneer, ek sal nie weet nie, hy is mos nie

in ons skool nie!”

Voëls

Onderwyser: “Kan julle vir my

sê watter soorte voëls word in

gevangenskap aangehou?”

Pieter: “Tronkvoëls, meneer!”

Onderwyser: Hoe is Rome

gebou?

Jan: Dit is gedurende die nag gebou, meneer.

Onderwyser: In die nag? Hoe kom jy by die antwoord

uit?

Jan: Wel, almal weet dat Rome nie in een dag gebou is

nie.

Ma: Rita, waarom huil jy so?

Rita: Mamma, my skoene druk my so seer dat ek nie kan

loop nie.

Ma: Maar, my kind, jy het dan die skoene aan die

verkeerde voete.

Rita: Maar Mamma, dis al voete wat ek het!

Padlangs

Ockie het nie aandagtig geluister toe die Aardrykskundeonderwyser

die klas van die verskillende bergpasse

geleer het nie.

“Ockie, hoe kom ’n mens van die Paarl tot by

Worcester?”

“Met ’n motor, meneer.”

“Ja, maar waarlangs ry jy?”

“Padlangs, meneer!”

24 slingervel januarie 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!