Aanpasbare beleggingsplanne - Discovery

Aanpasbare beleggingsplanne - Discovery Aanpasbare beleggingsplanne - Discovery

discovery.co.za
from discovery.co.za More from this publisher

Aanpasbare beleggingsplanne

’n Pasgemaakte finansiële oplossing wat

maklike toegang bied tot u belegging

Met ’n aanpasbare beleggingsplan kan u bedrae in die belegging betaal en

onttrek wanneer u wil. Verder kan u kies uit verskeie fondse, afhangend van

hoe u voel oor risiko.

Discovery Invest bied twee soorte aanpasbare beleggingsplanne, sodat u kan kies watter produk die beste pas by u behoeftes.

Die Aanpasbare beleggingsplan: Kernplan, bied die volle omvang van beleggingsopsies en onmiddellike toegang tot u belegging.

Die Aanpasbare beleggingsplan: Klassieke plan (net vir enkelbeleggings), bied dieselfde moontlikhede, maar sluit ook ’n unieke stel

kenmerke in om u belegging te verbeter en te beskerm.

Hoekom is een van Discovery Invest se aanpasbare beleggingsplanne ’n goeie keuse?

1. Omvangryke toegang tot verskeie beleggingsopsies.

2. Beleggings kan verbeter word met besparings van tot 75% op Vitality HealthyFood-produkte en deur dit te belê in u

Aanpasbare beleggingsplan.

3. Met die Aanpasbare beleggingsplan: Klassieke plan, het u ook die volgende kenmerke wat groter sekerheid,

doeltreffendheid en prestasie bied:

• Befondser van belasting op kapitaalwins, wat ontwerp is om optimale opbrengs na belasting te verseker.

• Beskerming teen onderprestasie met Discovery Invest se Kwartielprestasiebeskermer.

• Die Beskermer van tarief vir billike prestasie wat tot 100% van prestasietariewe van eksterne batebestuurders

terugbetaal, om te verseker dat u net betaal vir enige beter prestasie waarby u baat.

• Die Escalator-sterftewaarborg van 100% wat vir u afhanklikes 100% van die hoogste waarde wat die Escalator-fondse

ooit behaal, verseker. Dit beteken dat alle groei beskerm is as u sterf terwyl u ’n belegging in ’n Escalator-fonds het.

• Verbetering van tot 20% van u beleggingsfonds om u te vergoed vir enige beleggingsgroei wat verloor word as u

medies ongeskik verklaar word ’n belegging het in die Aanpasbare beleggingsplan: Klassieke plan.

Verbeter en beskerm u belegging

As u Discovery Invest se Aanpasbare beleggingsplan: Klassieke plan kies, het u toegang tot die vyf unieke kenmerke.

Beskerming sodat belasting nie die wins op u beleggingsplan verweer gedurende die beleggingstermyn nie

Die Befondser van belasting op kapitaalwins optimaliseer belastingdoeltreffendheid deur u belegging na afloop van vyf jaar te

verbeter, om voorsiening te maak vir die koste van belasting op kapitaalwins wat kon ontstaan. Ons verbeter alle gerealiseerde en

ongerealiseerde kapitaalwins op die belegging, as dit meer is as die uitsluiting ten opsigte van belasting op kapitaalwins, vir die tydperk

van vyf jaar. Dit word verbeter met 10% (die huidige uitsluiting is R17 500 en Discovery pas dit van tyd tot tyd aan). Die voordeel is net van

toepassing op die eerste 100% van kapitaalwinsgroei op die enkelbydrae in elke tydperk van vyf jaar. Indien die belegging onttrek word

voordat die tydperk van vyf jaar verstryk, word die voordeel proporsioneel verlaag.

Beskerming teen onderprestasie van die fonds

Die Kwartielprestasiebeskermer bied na afloop van vyf jaar ’n verbetering van tot 30% van die bydrae wat u in Discovery-fondse belê.

Dit help verseker dat die fondse wat u kies toppresteerders is binne die sektor, ongeag werklike prestasie. Indien die Discovery-fonds wat u

kies nie binne die topkwartiel van sy sektor val in elke tydperk van vyf jaar na die aanvangsdatum nie, ontvang u ’n verbetering volgens die

fonds se relatiewe prestasie binne sy sektor.

Discovery-fonds (die lys kan van

tyd tot tyd verbeter word)

Discovery Absolute Return Fund

Discovery Diversified Income Fund

Discovery Cautious Balanced Fund

Discovery Balanced Fund

Discovery Global Fund of Funds

Discovery Flexible Property Fund

Discovery Equity Fund

Discovery Global Equity Feeder Fund

Verbetering as prestasie

van Discovery-fonds in

die laagste 25% van die

sektor (4de kwartiel)

val oor ’n tydperk van

vyf jaar

Verbetering as prestasie

van Discovery-fonds in

die 3de 25% van die

sektor (3de kwartiel)

val oor ’n tydperk van

vyf jaar

Verbetering as prestasie

van Discovery-fonds in

die 2de 25% van die

sektor (2de kwartiel)

val oor ’n tydperk van

vyf jaar

15% 10% 5%

20% 15% 10%

Addisionele verbetering as u

’n LEWENSPLAN van Discovery

Life met ’n premie van meer as

R825 het en u Discovery-fonds

nie in die top-25% van die

sektor val oor ’n tydperk van

vyf jaar nie

Die verbeteringe hierbo word uitgedruk as persentasies van die bedrag in die toepaslike Discovery-fonds wanneer die tydperk van vyf jaar begin.

Die belegging in die toepaslike Discovery-fonds moet behou word vir die volle vyf jaar om die verbetering te ontvang. Indien die belegging

omgeskakel word na ’n Discovery-fonds na die aanvangsdatum, word die verbetering verlaag. Die LEWENSPLAN van Discovery Life moet

van krag bly en die premie moet meer as R825 wees vir die volle vyf jaar om die addisionele verbetering van 10% te ontvang. Discovery

pas die minimum van tyd tot tyd aan vir nuwe Aanpasbare beleggingsplanne. Hoogstens R5 miljoen kom in aanmerking vir die addisionele

verbetering. Discovery kan van tyd tot tyd die hoogste bedrag aanpas.

+10%

Ontvang tot 100% van prestasietariewe wat gehef is, terug van eksterne batebestuurders

Baie van die fondse word gestruktureer met tariewe wat gebaseer is op prestasie en batebestuurders hef ’n hoër bedrag as die fondse

beter presteer, maar ’n laer tarief as die fondse nie so goed presteer oor ’n bepaalde tydperk nie. Dit beteken dat die batebestuurder se

belange en die kliënt se belange ooreenstem. Daar is egter aansienlike tekorte binne dié benadering:

• Die tydperk vir die berekening van die prestasietarief kan verskil van die tydperk waarbinne die belegger werklik ’n belegging in die fonds gehad het.

• Die norm vir die tarief wat gebaseer is op prestasie kan onvanpas wees wanneer dit bereken word.

Ons Beskermer van tarief vir billike prestasie help om te verseker dat tariewe vir prestasie van fondse wat in aanmerking kom, maar

nie direk verband hou met die tydperk van u belegging nie, na afloop van elke vyf jaar terugbetaal word in u Aanpasbare beleggingsplan:

Klassieke plan. Die bedrag wat u toekom, hang af van die werklike prestasie en totale uitgaweverhouding van die onderliggende fonds

gedurende die vorige jaar. Hoogstens 50% van die totale belegging kom in aanmerking vir die voordeel. Discovery kan van tyd tot tyd die

hoogste bedrag aanpas.

Waarborg dat u begunstigdes die hoogste waarde wat die Escalator- of Geared Escalator-fondse ooit behaal, ontvang

Die Escalator-fondse bied vir beleggers ’n waarborg van 80% van die hoogste waarde wat die fonds ooit behaal. Die Escalatorsterftewaarborg

van 100% laat die waarborg toeneem tot 100% om te verseker dat alle groei beskerm word terwyl u beleggings in die

fondse het. Die voordeel word nie betaal as u afsterwe direk of indirek veroorsaak word deur ’n toestand, siektetoestand, ongeskiktheid of

verswakte gesondheid wat bestaan het voor die aanvang van u belegging in die Escalator-of Geared Escalator-fonds nie. Die voordeel word

ook nie betaal in geval van selfmoord nie.

Versekerde beleggingsgroei, selfs as u medies ongeskik verklaar word

Die Beskermer in geval van vroeë aftrede weens ongeskiktheid vergoed u vir toekomstige groei wat verloor word weens

ongeskiktheid. Dit behels ’n verbetering van tot 20% van die waarde van u fonds. Om in aanmerking te kom moet u ongeskiktheid voldoen

aan die kriteria van Kategorie A of B van Discovery Life se Kapitaalongeskiktheidsvoordeel. Die grootte van die verbeterde prestasie hang af

van die ongeskiktheidskategorie en hoeveel jaar oorbly voordat u 65 jaar oud word. Dit word in die tabel hieronder uiteengesit.

Jaar voor 65-jarige ouderdom Verbetering vir ongeskiktheidseis volgens Kategorie A Verbetering vir ongeskiktheidseis volgens Kategorie B

15 of meer (>=180 maande) 20% 10%

10 tot 15 (120 – 179 maande) 15% 7.5%

5 tot 10 (60 – 119 maande) 10% 5%

0 tot 5 (

Belangrike inligting waarvan u bewus moet wees

Hoeveel u moet belê

’n Eenmalige enkelbydrae word toegelaat (Aanpasbare beleggingsplan: Klassiek of Kern) of u kan herhalende maandelikse bydraes kies (Net

Aanpasbare beleggingsplan: Kernplan). As u besluit om ’n enkelbedrag te belê, moet u R40 000 of meer belê wanneer die belegging begin,

anders moet u R850 of meer per maand betaal.

Die tariewe wat u moet betaal

Enkelbydrae (Aanpasbare beleggingsplan: Klassieke en Kernplan) Herhalende bydraes (net Aanpasbare beleggingsplan: Kernplan)

Polisgeld: Geen Polisgeld: Geen

Aanvanklike tarief:

Aanvanklike tarief:

Standaardtoewysing

Die tarief hang af van grootte van bydrae:

Die bedrag is gebaseer op grootte van bydrae:

(2.32 – 0.008%* maandelikse premie) / 100 + BTW (minstens 0%)

Grootte van bydrae Aanvanklike tarief

Die finansiële adviseur se tarief word bo en behalwe die bedrag gevorder.

Eerste R100 000 1.75% + BTW

Volgende R250 000 1.20% + BTW

Volgende R250 000 0.60% + BTW

Indien die bydrae meer is as R600 000, word geen aanvanklike tarief gehef

nie. Die finansiële adviseur se tarief word bo en behalwe dié bedrag gevorder.

Toewysing van 100%

Die kliënt kan ’n toewysing van 100% kies, maar betaal dan maandeliks meer

vir die eerste vyf jaar van die polis. Die bedrag is gelyk aan 1.262 x die totale

bedrag van die aanvanklike tarief in rand, plus die finansiële adviseur se tarief.

Die bedrag word oor vyf jaar gevorder in gelyke maandelikse paaiemente. .

Administrasiegeld: Die bedrag is gebaseer op die grootte van die fonds:

Grootte van bydrae Aanvanklike tarief

Eerste R250 000 0.75% + BTW

Volgende R250 000 0.65% + BTW

Volgende R250 000 0.60% + BTW

Volgende R250 000 0.45% + BTW

Meer as R1 miljoen 0.30% + BTW

‘n Addisionele beskermerpremie van 1.2% per jaar is betaalbaar vir die

Aanpasbare beleggingsplan: Klassieke plan.

Let wel: dit is jaarlikse tariewe wat deur 12 gedeel en maandeliks gevorder word.

Die finansiële adviseur kan ook jaarlikse tariewe bo en behalwe dié bedrag hef.

Administrasiegeld: Die bedrag is gebaseer op die grootte van die fonds:

Grootte van bydrae Aanvanklike tarief

Eerste R250 000 0.75% + BTW

Volgende R250 000 0.65% + BTW

Volgende R250 000 0.60% + BTW

Volgende R250 000 0.45% + BTW

Meer as R1 miljoen 0.30% + BTW

Let wel: dit is jaarlikse tariewe wat deur 12 gedeel en maandeliks gevorder

word. Die finansiële adviseur kan ook jaarlikse tariewe bo en behalwe dié

bedrag hef.

Omskakelingsgeld:

Die eerste vier omskakelings per jaar is gratis. Daarna word 0.25% + BTW van die bedrag wat omgeskakel word gehef, tot hoogstens R500..

Bedrag vir vroeë kansellasie:

Standaardtoewysing

Geen bedrag word gehef vir vroeë kansellasie nie.

Toewysing van 100%

Indien die kliënt se belegging gekanselleer word voor na afloop van vyf jaar,

is enige uitstaande bedrag wat ontstaan weens die toewysing van 100%

betaalbaar.

Bedrag vir vroeë kansellasie:

Geen bedrag word gehef vir vroeë kansellasie nie.

Batebestuursgeld:

Tariewe wat betaalbaar is aan beleggingsbestuurders vir die doel van batebestuur verskil tussen die onderskeie beleggingsbestuurders en tussen individuele fondse.

Afhangend van die individuele bestuurder, word ’n aanvanklike tarief van 0% tot 0.57% en batebestuursgeld (binne die eenheidsprys) gehef.

Die belasting wat u moet betaal

Bydraes vir die Aanpasbare beleggingsplan kan nie van belasting afgetrek word nie. Ons reik jaarliks ’n belastingsertifikaat uit en u is

verantwoordelik daarvoor om die toepaslike belasting te betaal.

Wanneer u bedrae uit die belegging kan onttrek

Met die belegging het u onmiddellik en onbeperkte toegang tot die fondse.

Wat gebeur in geval van afsterwe

Met ’n versekerde: Ons betaal die waarde van die beleggingsfonds op die datum van afsterwe aan die eienaar se benoemde begunstigdes.

Sonder ’n versekerde: die belegging gaan voort en ons betaal dit in die eienaar se boedel of aan die begunstigdes na afloop van

die beleggingstermyn.

Wil u meer weet?

Daar is verskillende opsies beskikbaar met die planne. Ons

voel dus dat dit noodsaaklik is om finansiële advies in te

win voordat u die plan kies en terwyl die plan van krag is.

Discovery Invest kan net inligting oor die produk voorsien

en dienste lewer wat verband hou daarmee. Ons kan nie

beleggingsadvies verskaf volgens individuele omstandighede

en finansiële doelwitte nie. Die finansiële adviseur kan

beleggingsadvies voorsien.

Die brosjure is net ’n opsomming van die produk.

Volledige besonderhede is beskikbaar in die feitegids oor

die Aanpasbare beleggingsplanne. Beskrywings van elke

beleggingsfonds, insluitend toepaslike koste, is beskikbaar

in die feiteblad oor die fonds en die lys van fondse wat ons

beskikbaar stel. Alle bemarkingsmateriaal is beskikbaar op

Discovery Invest se webblad (www.discovery.co.za).

Wat gebeur volgende?

Sodra u die belegging of aftreeplan gekies het, moet u die

onderliggende fondse vir u belegging kies.Die finansiële

adviseur wat u kies sal die proses om ’n risiko-profiel saam

te stel en batetoewysing verduidelik. Die adviseur sal ook

enige onsekerheid oor die keuse van fondse verduidelik. Ons

wil die proses makliker maak vir u en het ’n Gids van fondse

saamgestel. Dit verduidelik op ’n eenvoudige manier wat u

moet weet om fondse te oorweeg en wat u met u finansiële

adviseur moet bespreek wanneer u fondse kies. Vra u

finansiële adviseur vir ’n afskrif van die gids, of kyk na die gids

wat beskikbaar is op ons webblad (www.discovery.co.za).

Nadat u die fondse gekies het met die hulp van u finansiële

adviseur, sal die adviseur u help om die nodige aansoekvorm

in te vul en by ons in te dien.

Ons stuur dan vir u en u finansiële adviseur ’n polisskedule nadat

u beleggingsbedrag belê is in die fondse wat u gekies het.

Hoe om met ons te praat

Onder gewone omstandighede is u finansiële adviseur die

eerste persoon met wie u moet praat. Verder kan u ons skakel

by 0860 67 5777. Ons kantore is oop van Maandag tot Vrydag,

van 08:00 tot 17:00

GM_10130DI_07/03/2011

Straatadres:

Weststraat 155

Sandton

Posadres:

Posbus 653574

Benmore

2010

Inbelsentrum:

0860 67 5777

Faksnommer:

011 539 5777

www.discovery.co.za

Die inhoud van die brosjure is uitsluitlik bedoel om beleggers te voorsien van inligting oor Discovery Invest en Discovery Life Limited, asook

die dienste en produkte wat aangebied word. Dit moet net gebruik word vir persoonlike en/of inligtingsdoeleindes. Die brosjure word in

goedertrou beskikbaar gestel en die inhoud is nie onderhewig aan enige uitdruklike of geïmpliseerde waarborge van enige aard nie.

Discovery gee hiermee toestemming dat die inhoud van die brosjure gebruik kan word vir bemarkingsdoeleindes indien die inhoud net

gebruik word om inligting te voorsien.

Enige ongemagtigde gebruik, wysiging, verspreiding, of reproduksie van die inhoud van die brosjure of enige deel daarvan, of verwysing

na die inhoud van die brosjure of enige deel daarvan buite konteks, word streng verbied.

Geen voorlegging, waarborg of voorstelle dat enige persoon kan baat by ’n polis of waarskynlik ’n wins, inkomste, verdienste of opbrengs

soortgelyk aan dit wat aangedui word as voorbeelde, word gemaak of kan afgelei word van die inhoud van die brosjure nie.

Elke belegger moet sy eie finansiële adviseur raadpleeg en die finansiële adviseur moet ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste

wees om die belegger te adviseer oor die geskiktheid van die produkte en fondse vir die belegger se persoonlike beleggingsbehoeftes.

Discovery Life is ’n geregistreerde langtermynversekeraar en gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Discovery Invest is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële produkte.

Kopiereg – Discovery Invest – Alle regte voorbehou.

IFIBA 02/11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!