06.05.2013 Views

Gr R Inligtingstuk - Laerskool Hennopspark

Gr R Inligtingstuk - Laerskool Hennopspark

Gr R Inligtingstuk - Laerskool Hennopspark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GRAAD R TOELATINGSBELEID

GRAAD R

Graad R maak slegs voorsiening vir leerders van 5 tot 6 jaar. Leerders is skoolpligtig die jaar

waarin hulle 7 word.

TYE

Aankoms: Vanaf 06:45 – 07:55

Formele onderrig begin stiptelik om 8 : 00

Vertrektye : Maandae tot Vrydae: Vanaf 12 : 45 – 13 : 30

NASKOOL

Aanvang : 13 : 30

Sluitingstyd : 17 : 30

Leerders wat teen 13 : 30 nog nie afgehaal is nie, sal outomaties by die

naskool inskakel, teen vasgestelde fooie.

‘n Naskool word op die Graad R-terrein bedryf, slegs vir Graad R-leerders van die skool. Die

naskool sal deur die vakansie ook beskikbaar wees, teen ‘n addisionele fooi. Middagete en

verversings sal daagliks voorsien word. Tariewe en inligting sal op navraag by die sentrum

beskikbaar wees.

BUITE KURRIKULêRE AKTIWITEITE

Die skool maak voorsiening vir ‘n aantal aktiwiteite wat deur die ouers self befonds word. ‘n

Aparte inligtingstuk in verband hiermee sal jaarliks by die Graad R–sentrum beskikbaar

wees. Die skoolfonds sluit outomatiese deelname aan rekenaarklasse in.

DISSIPLINE

Dissipline het die ontwikkeling van selfstandigheid, intrinsieke motivering en ‘n positiewe

selfbeeld ten doel. Geen vernederende praktyke of gesamentlike straf word toegepas nie.

Gesonde dissipline is geleë in die konsekwente toepassing van reëls en roetine en die

individuele begeleiding van elke leerder met die ouers as vennote.

FINANSIëLE ASPEKTE

SKOOLFONDS

• Skoolfonds word jaarliks deur die Beheerraad vasgestel en aan die ouers voorgelê

tydens die jaarlikse Begrotingsvergadering.

• ‘n Jaarlikse registrasiefooi is betaalbaar met inskrywing.

• Skoolfooie is oor 10 maande betaalbaar en verskeie betaalopsies is beskikbaar.

Navraag by Finanskantoor.

• Bankbesonderhede: Bank : ABSA

Takkode: 630445

Rekeningnommer: 2890490002

Verwysingsnommer: Leerdernommer moet by

Finanskantoor gekry word.

• Navrae: Me Nonnie Koch Tel: 012 660 0270

ALLE ANDER GELDE

2

Enige ander gelde moet in ‘n koevert met die besonderhede daarop, by die kantoor inbetaal

word. GEEN kontant word in ontvangs geneem, as dit nie in ‘n koevert geplaas word nie. Vir

u gerief, sal koeverte in elke klas beskikbaar wees in geval van nood. Snoepiegeld kan

kontant by klasonderwysers inbetaal word.

IN- EN UITSTAPPIES

In- en uitstappies word gereël om die inhoude van die kurrikulum te versterk en toe te lig.

Tydens instappies besoek kundiges die skool. Tydens uitstappies, word van openbare

vervoer gebruik gemaak indien die perseel ver geleë is. Met uitstappies na nabygeleë plekke

kan daar van ouervervoer gebruik gemaak word. ‘n Vervoerbeleid wat voorsiening sal maak

vir die streng toepassing van veiligheidsmaatreëls sal gehandhaaf word. Ouertoestemming

word te alle tye verkry, alvorens leerders uitstappies mag meemaak.

KLEREDRAG

Gemaklike, ou klere wat maklik los – en vasgemaak kan word tydens toiletroetine. Vrydae sal

Hennops T-hemde gedra word. Tydens uitstappies, of spesiale geleenthede, sal die hempies

ook gedra word. Die hemde sal te koop aangebied word by die klerewinkel op die terrein.

ALLE KLERE MOET GEMERK WORD. Onopgeëiste, verlore klere sal na ‘n maand aan ‘n

kindersorg-instansie geskenk word.

KLEUTERBENODIGDHEDE

‘n Lys word jaarliks voorsien, gewoonlik met die opsie van vooraf bestelling en aflewering.

Tasse met leerders se name daarop sal jaarliks bestel kan word. T-hemde wat tydens

spesifieke geleenthede gedra gaan word, sal by die klerewinkel te koop wees.

KURRIKULUM

Gebaseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring met die Christelike leer as basis. Die

emosionele-, kognitiewe-, motoriese- en konatiewe aspekte van die leerders word op

geïntegreerde wyse ontwikkel. Progressiewe leer vind plaas. Daar word veral gefokus op

Ontluikende Lees en Skryf, asook die aanleer van Basiese Wiskundige Vaardighede en die

Ontwikkeling van Kreatiwiteit. Reeds vanaf hierdie ouderdom word leerders georiënteer om

leiers te wees, wat eerder sal beïnvloed, as om beïnvloed te word.

OPVOEDINGSFILOSOFIE

• Die eerste sewe tot nege jaar is die belangrikste in die kind se lewe en vorm die basis

van alle verdere leer.

• Emosionele geborgenheid dien as basis vir leerervaring op skool.

• Leerders ontwikkel progressief van een fase van ontwikkeling na ‘n ander. ( Gebaseer

op die werk van Erikson en Piaget.)

• Leerders moet geleenthede gegun word wat as uitdaging dien vir ontwikkeling tot ‘n

hoër fase. (Gebaseer op die Vygotsky – beginsel).

• Die eendersheid van leerders word erken.

• Die uniekheid van alle leerders ten opsigte van persoonlikheidsamestellings,

leerstylvoorkeure, omgewingsvoorkeure, leermodaliteitsvoorkeure, breinvoorkeure, en

veelvuldige intelligensie word erken.

• Die kind in sy totaliteit word by die leerproses betrek.

3.

• Leerders van hierdie ouderdom leer senso – motories, dit wil sê deur ervaring met

liggaam en sintuie (perseptueel).

• Leerders is stimulusgebonde, voortdurende stimulasie is nodig vir optimale leer.

• Elke leerder ontwikkel volgens sy eie pas.

OUERBETROKKENHEID

Daar word van ouers as vennote in die opvoedingsproses verwag om voortdurend betrokke

te wees by alle aspekte van die kind se ontwikkeling. Oueraande maak voorsiening vir

gereelde kommunikasie, so ook persoonlike onderhoude.

Daar is egter ook verskeie geleenthede soos Inligtingsaande, Ouerleiding en

Fondsinsamelingsfunksies waarby ouers kan betrokke raak.

‘n Ouerkomitee sal jaarliks verkies word wat sal help met die bestuur van

fondsinsamelingsfunksies.

TERAPEUTIESE DIENSTE

Die skool funksioneer in samewerking met verskeie terapeute. Indien nodig, voorsien ons u

graag met die inligting.

VAKANSIETYD

Graad R volg dieselfde kwartaalrooster as ander Openbare Skole. Die oggendskool sal dus

gesluit wees gedurende die vakansie. Die naskool sal egter ‘n vakansieprogram volg

gedurende hierdie tyd. Leerders kan hierby inskakel teen ‘n addisionele fooi. Ingeskrewe

naskoolleerders betaal ‘n addisionele oggendfooi.

Die naskool sluit vanaf ongeveer die middel van Desember.

Die oggendskool en naskool is gesluit op Openbare Vakansiedae en Skoolvakansiedae soos

deur die GDO bepaal word.

VEILIGHEIDSBELEID

TERREIN

Die Graad R-terrein is omhein en heeltemal van die res van die skool afgesluit. Die hek wat

toegang verleen tot die Graad R-sentrum is van ‘n kamerastelsel en elektriese slot voorsien.

AFHAAL VAN LEERDERS

Streng maatreëls sal hier toegepas word:

• Geen persoon mag ‘n leerder kom afhaal sonder ‘n geldige sekuriteitskaart nie. Selfs

in die geval van ouers geld die reël, aangesien alle personeel nie noodwendig al die

ouers ken nie.

• Die kaart gee aan bepaalde persone toestemming om leerders te kom afhaal en sal

met ingang en/of uitgang gekontroleer word. Ouers van leerders besluit aan wie hulle

die kaarte wil toeken.

• Slegs die skool kan die kaarte uitreik en ‘n spesiale vorm hiervoor is by die Graad

R-sentrum beskikbaar. Die vorm maak voorsiening vir paspoortfoto’s van leerders.

Kopieë van paspoortfoto’s kan gebruik word.

Indien ‘n persoon wat ‘n leerder moet kom afhaal nie ‘n kaart in sy besit het nie, moet die

bepaalde persoon die ouer op sy/haar selfoon skakel in die teenwoordigheid van ‘n

personeellid, sodat die ouer telefonies kan toestemming gee aan die personeellid.

4.

GEEN leerder sal aan ENIGE persoon oorhandig word, sonder toestemming van ouers nie.

Waar ‘n persoon ‘n groep leerders vir ‘n partytjie kom afhaal, moet ‘n toestemmingsbrief van

elke betrokke ouer ingehandig word.

VERVERSINGS

• Leerders mag ontbyt skool toe bring en by ‘n tafel kom nuttig.

• ‘n Gemerkte kosblik met verversings word saamgebring vir ongeveer 10:00/10:30. Dit

mag slegs bestaan uit voedsame, gesonde kos en vrugtesap wat goed verseël is.

• Slegs gesonde kos word toegelaat.

• Kosblikke word daagliks met aankoms ingehandig.

• Nou en dan, wanneer vooraf gereël, mag leerders kospakkies met kos én lekkernye

saambring.

• Die naskool bedien ‘n volledige maaltyd en laatmiddag weer verversings.

• Op Vrydae kan leerders geld saambring vir snoepie. Die skool se snoepie sal sekere

verversings saambring en daar aan die leerders verkoop. ‘n Pryslys sal jaarliks aan

ouers voorsien word, sodat min of meer die regte bedrae saamgestuur kan word. Die

aankoop van verversings maak díe dae nie net spesiaal vir die leerders nie, maar leer

hulle ook sommer ‘n paar finansiële beginsels.

WEGWYSINGSRIGLYNE

Leerders mag in die volgende gevalle weggewys word:

• Die kleuter se siekte verhoed hom/haar om aan normale aktiwiteite deel te neem.

• Meer personeel word benodig om na leerder om te sien.

• Indien die leerder se toestand ‘n gesondheidsrisiko vir ander leerders inhou.

Wanneer leerder se toestand aan die volgende kriteria voldoen kan wegwysing ook

plaasvind:

• ‘n Buitengewone koors bo 38° C.

• Veluitslag.

• Diarree en naarheid: Meer as twee episodes tydens die verloop van ‘n uur.

• Erge gehoes en asemnood.

• Oë of vel wat geel vertoon.

• ‘n Stywe nek in kombinasie met ander simptome.

• Simptome van kindersiektes voorkom.

Laerskool Hennopspark wil graag alle voornemende Graad R-leerders uitnooi om deel te

word van die bruisende Blou Golf se uitnemende Graad R-onderrig. Hier word alle nuwe

Hennoppies gereedgemaak vir hulle laerskooljare. Ons sorg vir Optimale Stimulasie met

Maksimum Sorg en Liefde, sodat hulle klein spoortjies met verloop van tyd diep spore in die

geskiedenis van die laerskool kan word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!