05.05.2013 Views

LSB OB Ouers 2009-05-22 - bredasdorpprim.co.za

LSB OB Ouers 2009-05-22 - bredasdorpprim.co.za

LSB OB Ouers 2009-05-22 - bredasdorpprim.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NUUS NUUS NUUS BRIEF BRIEF 113 113/2009 113

/2009 /2009

15 15 Mei Mei 2009

NUUSBRIEF UUSBRIEF UUSBRIEF 120/2009

120/2009

22 2 Mei 2009

BY ONS SKOOL IS U KIND ‘N WENNER!

Geagte Ouers,

LAERSKOOL BREDASDORP

120/2009

2009-05-22

1. SKOOLBEHEERLIGGAAM-VERKIESING:

Die datum vir die Skoolbeheerliggaam-verkiesing is vasgestel vir Donderdag 18 Junie 2009 om 18:30. Ouers/voogde word versoek om

asb. hierdie verkiesing by te woon aangesien dit ‘n hoogtepunt op ons skoolkalender vir die jaar is. Die ouers wat hierdie aand op die

Beheerliggaam verkies word, moet bewus wees daarvan dat daar ‘n Beheerliggaamvergadering sal plaasvind direk na die verkiesing. Die

portefeuljes vir die volgende 3 jaar sal aangewys word by hierdie vergadering.

2. VERJAARDAGWENSE:

Vir die maats hieronder, wil ons ‘n besonderse mooi dag toewens met jul verjaarsdae in die komende week.

Kobus Fourie 24 Mei Xaliah Merkeur 25 Mei

Zabeth Pratt 26 Mei Jiaan Lessing 27 Mei

Ieuan Weits 28 Mei Luther Oostendorp 28 Mei

Divenuto de Koker 29 Mei

3. KRANSLEGGING:

Twee van ons leerderleiers, André Steffens en Larissa Geldenhuys, het verlede Sondag ons skool verteenwoordig by ‘n kransleggingseremonie

te Overberg Lugmagbasis. Hulle het ‘n krans gelê ter nagedagtenis van almal wat die hoogste prys betaal het terwyl hul in

uniform was. Dit is belangrik vir die skool om op hierdie wyse ook die werksaamhede van die Lugmagbasis Overberg en TVOS te

ondersteun. Larissa en André is deur mev. Anne Barnard en mnr. Johann Burger, skoolhoof, ondersteun. Mnr. Burger en mev. Barnard

behoort albei aan die “Vriende van die Lugmag”.

4. TEGNOLOGIE KONFERENSIE BIRMINGHAME:

Laerskool Bredasdorp is bevoorreg dat een van ons opvoeders vir die tweede keer genooi is om ‘n referaat by die Internasionale

Tegnologie-Konferensie by die Universiteit van Birmingham, Engeland, te lewer. Mev. Anne Barnard hou Bredasdorp en die hele

Overberg se naam hoog. Sy sal bygestaan word deur mev. Marlene Fraser, hoof van die Skunkworks by Laerskool Bredasdorp. Die

konferensie word vanjaar deur ‘n Britse meelmaatskappy, Warbuton’s Bread, geborg. Die Overberg se hoof-uitvoerproduk is graan,

daarom kon die skool dit met vrug as tema gebruik. Van die graad 2- en 3-leerders het op kreatiewe wyse produkte gemaak. Die

betrokke leerders se name sal ook in die program verskyn. Ons wens mevv. Barnard en Fraser sterkte toe met hul voorbereidings.

5. KUNS EN KULTUUR:

Ons wil baie graag van die geleentheid gebruik maak om vir Larissa Geldenhuys geluk te sê dat sy gekies is om deel te neem in die

halfeindrondte van die ATKV Redenaarskompetisie. Sterkte vir vanaand se deelname by Hoërskool Monument Park in Brackenfell.

6. JEUG BEESSKOU:

Met trots wens ons vir Beatrix Swart en Kleinjan Marais baie geluk met hul opname in die WP-span. Beatrix het die span gehaal in die

Vleisbees-afdeling en Kleinjan vir Suiwelbeeste. Die WP-spanne gaan binnekort Magaliesberg toe om daar teen ander spanne mee te

ding. Ons wens julle alle sterkte toe!

7. KOS BESTELLINGS:

Een van ons ouers maak die vlg. disse. Indien u belangstel om van haar dienste gebruik te maak moet u asb die bestellings 3 dae voor

die tyd vir haar deurgee:

• Roti sonder vulsel R 7.50

• Roti met maalvleisvulsel R20.00

• Roti met hoendervulsel R25.00

• Roti met lamsvleisvulsel R30.00

• Chilli-happies Prys op aanvraag

• Hoender/lamskerrie/Breyani Prys op aanvraag

Vir dié met ‘n soettand sal daar ook binnekort te kies en keur wees. Plaas u bestellings by Charmaine Peregrino by 028 424 1105

of 076 910 5036.

2

8. VERLORE KLERE:

8.1 Enige verlore klere en ander items word in juffrou Nina Joubert se klas gestoor totdat dit opgeëis word. Daar is ‘n ongelooflike

hoeveelheid verlore klere wat op die skoolgronde opgetel word. Moedig asseblief u kind/ers aan om te kom kyk of hul klere wel

gevind is. Die R5 boetes wat per item gehef is, is afgestel. Daar is gevind dat die boetes nie regtig die kinders aanmoedig om

hul besittings goed op te pas nie.

8.2 Die klere wat gevind is vanaf Januarie – Junie 2009 sal op Vrydag, 26 Junie 2009, oorhandig word aan die OOV, ongeag of ‘n

kledingstuk, kosblik of enige ander item gemerk is of nie. Dit bly die leerder se verantwoordelikheid om hierdie items te gaan

opeis. Die leerders het toegang tot hierdie items tot en met die bogenoemde datum en is welkom om te kom kyk of hul verlore

items gevind is.

9. VOETOORGANG:

9.1 Die skool se voetoorgang by die Preprimêre afdeling is daar om ons leerders te beskerm teen die gevaar van jaende motors,

asook om die leerders bewus te maak van die padreëls en regulasies. Dit is onder ons aandag gebring dat die kleiner kinders,

veral Gr R, nie stilstaan by die voetoorgang nie en dat hulle oor die pad loop soos dit hulle pas. Ons wil hiermee graag ‘n

beroep op ons ouers doen om asb. die reëls van die voetoorgang met hul kleintjies te bespreek en sterk klem te lê dat hulle eers

mag loop wanneer die skolierpatrollie sê dis veilig.

9.2 Ons wil ook ‘n beroep op ons ouers doen wat van die voetoorgang gebruik maak, om asb. op die paadjie te loop waar die wit

lyne aangebring is en nie agterom die skolierpatrollie nie. Ons moet ‘n voorbeeld vir ons kinders stel, en hulle leer deur dit wat

hulle sien en hoor. Ons vertrou dat ons u samewerking in die verband sal hê.

10. EISTEDDFOD DEELNAME:

Die jaarlikse Eisteddfod is weer op hande. Ons heg hierby vir julle die rooster aan vir bevestiging van die kategorieë en datums:

19 Junie Gr 4 – 7 Afr. Spraak & Drama Laerskool Kleinmond

24 Julie Gr 1 – 3 Afr. Spraak & Drama Laerskool Okkie Smuts

7 Augustus Blokfluit Laerskool Kleinmond

12 Augustus Kore Laerskool Hermanus

21 Augustus Klavier Laerskool Hermanus

11 September Eng Speech & Drama Laerskool Bredasdorp

18 September Sang Laerskool Hermanus

11. GEBEDSGROEP:

Die skool bied om 07:15 elke Woensdagoggend vir 15 minute ‘n gebedsgeleentheid in Juf. Marlene Fraser se klas aan. Alle ouers /

voogde is welkom om die oggende met ons te deel.

12. ARBEIDSTERAPIE:

Ons arbeidsterapeut het reeds verlede week by die skool begin en ons het reeds ‘n hele paar belangstellendes. Indien u van die dienste

wil gebruik maak, kontak die kantoor om haar besonderhede te bekom. Die terapie-fooie sal direk aan die arbeidsterapeut betaalbaar

wees.

13. VANUIT DIE SPORTKANTOOR:

13.1 RUGBY EN NETBAL:

‘n Baie geslaagde Buurskole Rugby-, Hokkie- en Netbaldag het op Saterdag 16 Mei 2009 te Swellendam plaasgevind. Al ons

spanne het baie goed gevaar. Ongelukkig het die reën die laaste sê gehad, en kon wedstryde nie voltooi word nie.

13.2 RUGBY:

Jurie Fick en Frikkie Badenshorst is gekies vir die O/13 Boland Rugbyspan wat op 29 & 30 Mei aan ‘n driehoekige toernooi

tussen WP, Boland en SWD op Worcester gaan deelneem. By dié toernooi word die drie bonde se Cravenweek-spanne gekies.

Johan Neethling, Christiaan Neethling en Arend-Brink du Toit is vir die O/12 Boland-span gekies wat in September aan die Nike

week gaan deelneem. Baie geluk ons is trots op julle!

13.3 HOKKIE:

Baie geluk aan Henko Lourens wat ook die Hokkie Streekspan gehaal het wat van 8-10 Augustus in Oudtshoorn gaan

deelneem. Ongelukkig kan Frikkie Badenhorst en Arend-Brink du Toit nie meer die Streekspan verteenwoordig nie, as gevolg

van hulle verkiesing vir die Boland Rugbyspan.

3

Ons het op Woensdag 20 Mei 2009 teen Laerskool Overberg gespeel op Caledon en die volgende uitslae is behaal:

0/8A Seuns Verloor 0-6

0/9A Seuns Verloor 2-3 0/10A Dogters Verloor 0-5

0/9B Seuns Wen 2-1 0/10B Dogters Verloor 1-2 en Wen 3-0

0/10A Seuns Verloor 3-4 0/11A Dogters Wen 3-0

0/11A Seuns Verloor 2-4 0/13A Dogters Gelykop 0-0

0/13A Seuns Gelykop 2-2 0/13B Dogters Wen 2-0

0/13B Seuns Wen 5-1

14. BALDANS::

Sigrid Burger het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Baldanskampioenskappe deel te neem op 22 & 23 Mei te Buffelspoort. Ons

wens haar baie sterkte toe!

15. BELANGRIKE DATUMS OM TE ONTHOU:

• Saterdag 23 Mei Hokkie Sportdag by Laerskool Stellenbosch (weg)

• Dinsdag 26 Mei Rugby en Netbal vs Laerskool Gansbaai (tuis)

• Saterdag 30 Mei Rugby en Netbal Tjokkerdag te Hermanus

• Saterdag 6 Junie Tuimelkampioenskappe in die Paarl

Vriendelike groete

JOHANN BURGER

Gedagte vir die week

“Die beste en die mooiste dinge in die wêreld is nie sigbaar of tasbaar nie. Hulle moet in die hart ervaar word.”

4

(Helen Keller)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!