05.05.2013 Views

INLIGTINGSBRIEF & TARIEFKENNISGEWING

INLIGTINGSBRIEF & TARIEFKENNISGEWING

INLIGTINGSBRIEF & TARIEFKENNISGEWING

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KLERKSDORP

INLIGTINGSBRIEF & TARIEFKENNISGEWING

INLIGTINGSBRIEF AAN KLANTE EN BEDRYFSPUNTPERSONEEL

2010/2011 BERGING- EN HANTERINGSTARIEWE VIR SOMERGRAAN

UITGESLUIT SONNEBLOM

1. Opbergingsopsies en tarief.

1.1 Algemene opberging.

1.2 Periode-opberging.

1.3 Volume-opberging.

1.4 Jaaropberging.

1.5 Safex-silosertifikate.

1.6 Senwes silosertifikate

2. Oordragvoorraad

3. Uitgestelde opberging

4. Ontvangstes

5. Graankosterekening (Rekening 400 )

6. Somergraan droog- en skoonmaaktariewe

7. Diverse tariewe

8. Versporing / uitlaai van graan

9. Verwydering van skadelike sade en sifsels

10. Werkswyse by die aansoek van ‘n verhandelbare / oordraagbare opbergingsbewys

11. Voedselveiligheid: Voedselhigiëne

12. Vermenging van graan

13. Graanleweringsopdrag

KENNISGEWING

Senwes gee hiermee kennis van die opbergingsopsies en tariewe soos wat dit vir die 2010/2011

seisoen toegepas sal word.

Hierdie inligtingsbrief en kennisgewing gelees met Senwes se standaard opbergingsvoorwaardes

(wat by die silo’s beskikbaar is) vorm die geheel ooreenkoms waarkragtens u van die

opbergingsfasiliteit gebruik maak. Indien enige terme en voorwaardes wat hierin vervat is, die

standaard terme van toepassing op die opberging van produkte weerspreek, sal die bepalings van

hierdie kennisgewing deurslaggewend wees.

1. OPBERGINGSOPSIES EN -TARIEWE

1.1. Algemene opberging:

Hierdie is die standaard opbergingstariewe wat toegepas gaan word indien u nie een

van die ander bergingsopsies kies nie.

1.1.1. Hanteringstarief per ton vir ontvangste en uithantering (BTW uitgesluit) is as

volg:

Produk Datum Rand / Ton / jaar

Mielies 1 Mei 2010 33.00

Sorghum 1 Mei 2010 33.00

Sojabone 1 Mei 2010 33.00

1.1.2 Dagopbergingstarief: tarief per ton per dag (BTW uitgesluit) is as volg:

a. Mielies en Sorghum

Periode Sent / Ton / dag

1 Mei tot 31 Julie 0.42

1 Augustus tot 31 Oktober 0.44

1 November tot 30 April 0.46

b. Sojabone

1.2. Periode-opberging

Periode Sent / Ton / dag

1 Feb tot 30 April 0.42

1 Mei tot 31 Julie 0.44

1 Augustus tot 31 Januarie 0.46

Die volgende voorwaardes sal van toepassing wees op die periode-opberging:

1.2.1 Die kliënt wat graan wil lewer of aangekoop het moet sy keuse tydens

eerste lewering of by aankoop uitoefen om sy graan in terme van hierdie

opbergingsopsie op te berg.

Page 2

1.2.2 Die kliënt wat graan by Senwes lewer en hierdie opsie gekies het, betaal ‘n

eenmalige bedrag van R47 per ton wat hantering- en opbergingskostes vir

90 dae, vanaf datum van lewering tot datum van fisiese uitlaai, dek.

1.2.3 Die kliënt wat graan aankoop, wat reeds in Senwes se silo’s gelewer is

(m.a.w. graan waarop reeds hanteringskostes betaal is), betaal ‘n bedrag

van R25 per ton wat opbergingskoste vir 90 dae dek.

1.2.4 Die koste vir hierdie tarief-opsie word gefaktureer by lewering of oorplasing

van die graan na hierdie opsie en is binne 30 dae na maandstaat betaalbaar

waarna rente teen Absa Bank se prima uitleenkoers gehef word vanaf die

datum waarop die bedrag betaalbaar was tot datum van betaling.

1.2.5 Die kliënt kontrakteer om die graan binne 90 dae nadat dit gelewer of

oorgeplaas is, uit te laai.

1.2.6 Die kliënt moet Senwes ten minste 10 werksdae kennis gee van sy

voorneme om graan te onttrek. Indien Senwes nie binne die normale

kennisgewingsperiode kan uitlaai nie, word die kliënt se rekening met die

dagtarief van toepassing op die algemene opberging gedebiteer vanaf dag

91 tot die dag waarop die graan finaal uitgelaai is.

1.2.7 Indien die kliënt nie binne die voorgeskrewe tyd kennis van sy voorneme om

uit te laai gegee het nie en Senwes gevolglik nie binne die ooreengekome

90 dae periode kan uitlaai nie, word dit geag as nie-nakoming van die

tariefvoorwaardes en word die algemene hanterings- en dagtarief toegepas

vanaf die datum waarop die graan by Grainlink gelewer is (of vanaf die

datum waarop eienaarskap oorgegaan het). In die geval sal betalings wat

ingevolge die periode opberging ontvang is as ‘n krediet op die kliënt se

rekening erken word.

1.2.8 Indien die kliënt nie die ooreenkoms nakom nie, en die graan na 90 dae

nog in die silo geberg word, word ‘n administrasiekoste van R8 per ton

gehef en teen die kliënt se opbergingsrekening gedebiteer. Die algemene

hanterings- en dagtarief word toegepas vanaf die datum waarop die graan

by Grainlink gelewer is (of vanaf die datum waarop eienaarskap oorgegaan

het). In die geval sal betalings wat ingevolge die periode opberging ontvang

is as ‘n krediet op die kliënt se rekening erken word.

1.2.9 Geen krediet sal verleen word indien die graan voor 90 dae uitgelaai word

nie. Die tarief vir hierdie opsie is reeds ‘n noemenswaardige korting en word

die tarief nie per dag bereken nie, maar eerder as ‘n eenmalige nie

verdeelbare totaal.

1.2.10 Die ooreenkoms is nie oordraagbaar nie. Indien eiendomsreg oorgedra

word tydens die 90 dae sal die standaard opbergings- en hanteringstarief

toepas word op die graan vir die hele periode van opberging en sal die

reeds betaalde bedrag as ‘n krediet erken word.

1.2.11 Hierdie tariefopsie sal by geselekteerde silo’s van toepassing wees. Die

relevante silo’s wat op hierdie stadium geïdentifiseer is, is as volg:

Jan Kempdorp Hennenman

Hartswater Kroonstad

Bainsvlei Koffiefontein

Page 3

1.3. Volume-opberging.

1.4. Jaaropberging.

1.2.12 Senwes behou homself die reg voor om ter enige tyd van die silo’s wat

hierin aangedui is, van die opsie te onttrek, welke besluit geneem sal word

uit besigheidsoorwegings wat Senwes in sy eie diskresie in ag kan neem.

Senwes sal volgens sy keuse en besigheidsbehoeftes sekere silo’s nomineer waar

silo-gebruikers kan kies om graan op die volgende voorwaardes op te berg:

1.3.1. Die kliënt wat graan wil lewer of aangekoop het moet sy keuse tydens

eerste lewering of by aankoop uitoefen om sy graan in terme van hierdie

opbergingsopsie op te berg.

1.3.2. Die spesiale tariewe van toepassing op hierdie volume-opbergingsopsie sal

slegs beskikbaar wees vir lewerings van ‘n minimum van 9 000 metrieke

ton. Die opsie geld vir die graanseisoen waarbinne die graan gelewer is en

indien die graan as oordragvoorraad oorgedra word na die volgende

seisoen sal die kliënt ‘n nuwe keuse moet uitoefen.

1.3.3. Die silo’s wat op hierdie stadium genomineer is as silo’s waar hierdie opsie

uitgeoefen kan word is as volg:

• Dewetsdorp

• Hoogte

• Mooigeleë

1.3.4. Die opbergingskoste wat kragtens die hierbovermelde tariewe bereken

word, is betaalbaar binne 7 (sewe) dae nadat die laaste lewering

plaasgevind het. Die tarief beloop R55.00 per ton, ongeag die periode, wat

hantering en opberging insluit.( Let op die beperking in die leweringsperiode

volgens die bepalings van Par. 1.3.6.)

1.3.5. Enige laat betalings sal onderhewig wees aan rente soos in Senwes se

algemene terme en voorwaardes met betrekking tot opbergkoste wat

agterstallig is, toegepas word.

1.3.6. Indien die volle tonnemaat van ten minste 9 000 metrieke ton nie gelewer

word binne ‘n periode van 20 (twintig) werksdae nie, sal hierdie opsie wat

uitgeoefen is deur die silogebruiker, verval en sal die normale algemene

tariewe soos in paragraaf 1.1 hierbo vermeld van toepassing wees op alle

graan wat gelewer is vanaf die dag wat die graan gelewer of oorgeplaas, is.

1.3.7. Die algemene tariewe soos in paragraaf 1.1 hierbo vermeld, sal van

toepassing wees ten opsigte van enige graan wat by die genomineerde

silo’s gelewer word en wat nie voldoen aan die tonnemaat en/of periode van

opberging wat ‘n voorvereiste is nie.

Die kliënt wat van hierdie opsie gebruik maak sal verplig wees om ‘n enkel bedrag

vooruit te betaal vir alle opbergingskoste met betrekking tot ‘n sekere tonnemaat

wat die totale koste vir hantering en berging verteenwoordig vir die periode 1 Mei

Page 4

1.5. Safex tarief

2010 tot 30 April 2011. Hierdie jaartarief opsie is onderhewig aan die volgende

bykomende voorwaardes:

1.4.1 Die kliënt moet uitdruklik sy keuse skriftelik by die silo of by Senwes se

hoofkantoor uitoefen ten einde van hierdie opsie gebruik te maak en

betaling van die enkel bedrag maak voor of op 30 dae na maandstaat.

1.4.2 Die tarief vir die 2010/2011 seisoen inbegrepe die hanteringskoste

( R 33.00) beloop ‘n bedrag van R 98,00 per ton.

1.4.3 Fakturering sal plaasvind binne 7 (sewe) dae nadat die keuse uitgeoefen

word en gemelde faktuur sal betaalbaar wees binne 30 (dertig) dae na die

datum van die maandstaat, onderhewig daaraan dat rente gehef word

volgens Senwes se algemene opbergingsvoorwaardes op enige

opbergingskoste wat nie betyds betaal word nie.

1.4.4 Indien die kliënt hierdie opsie gekies het, is hierdie opsie nie oordraagbaar

aan enigiemand anders nie.

1.4.5 Indien die kliënt enige gedeelte of die volle hoeveelheid van die graan wat

kragtens hierdie opsie opgeberg word, sou vervreem of uitlaai voordat die

periode verstryk het, sal geen krediet vir die onverstreke periode aan die

kliënt toegestaan word nie.

1.4.6 Hierdie opsie geld slegs vir graan wat op ‘n voorraadrekening gehou word.

Indien die kliënt wat graan kragtens ‘n silo-sertifikaat (Safex of Senwes)

hou, van die opsie gebruik wil maak, moet die silo-sertifikaat gekanselleer

word en die tonnemaat graan op ‘n voorraadrekening geplaas word. Die

administratiewe koste vir die oorplasing sal ‘n bedrag van R 1.75 (BTW

uitgesluit) per ton beloop, onderhewig aan ‘n minimum bedrag van R 35

(BTW uitgesluit) per transaksie, vir hoeveelhede van 20 ton of minder.

1.4.7 Die jaartarief-opsie sal nie by die volgende silo’s beskikbaar wees nie:

• Hartswater

• Jan Kempdorp

• Koffiefontein

• Bainsvlei

1.4.8 Senwes behou homself die reg voor om ter enige tyd die silo’s waar die

opsie van toepassing is, te verander, welke besluit geneem sal word uit

besigheidsoorwegings wat Senwes in sy eie diskresie in ag kan neem.

Die tarief met betrekking tot hierdie opsie sal van toepassing wees op alle graan

wat gehou word kragtens ‘n Safex silo-sertifikaat onderhewig aan die volgende

bykomende terme en voorwaardes:

1.5.1. Die Safex tarief soos gepubliseer deur Safex word outomaties deur die

stelsel gehef vanaf die datum waarop die silo-sertifikaat uitgereik word tot

op die datum waarop die sertifikaat by Senwes aangebied word.

Page 5

1.5.2. Graan word nie uitgelaai voordat alle uitstaande opgelope koste betaal is

nie.

1.5.3. Wanneer ‘n Safex silo-sertifikaat uitgereik word, moet die opgelope silokoste

ooreenkomstig die silokoste-opsie wat gegeld het tot op die datum,

onmiddellik betaal word, voordat die sertifikaat uitgereik sal word.

1.5.4 Die kliënt is geregtig om ter enige tyd in oorleg met die graansilo-eienaar die

Safex silo-sertifikaat wat aangebied word om te skakel na kliënte-opberging

en sy keuse uit te oefen met betrekking tot ander tarief opsies wat wel van

toepassing is. Die administratiewe koste vir die omskakeling sal ‘n bedrag

van R 1.75 (BTW uitgesluit) per ton beloop, onderhewig aan ‘n minimum

bedrag van R 35 (BTW uitgesluit) per transaksie, vir hoeveelhede van 20

ton of minder.

1.6 Senwes silo-sertifikate

1.6.1 Die Senwes algemene opbergingstariewe soos omskryf in paragraaf 1.1

word outomaties deur die stelsel gehef vanaf die datum waarop die silosertifikaat

uitgereik word tot op die datum waarop die sertifikaat by Senwes

aangebied word.

1.6.2 Wanneer ‘n Senwes silo-sertifikaat uitgereik word, moet die opgelope

silokoste, ooreenkomstig die silo-koste-opsie wat gegeld het tot op die

datum, onmiddellik betaal word, voordat die sertifikaat uitgereik sal word.

1.6.3 Die kliënt is geregtig om ter enige tyd in oorleg met die graansilo-eienaar die

sertifikaat wat aangebied word om te skakel na kliënte-opberging en sy

keuse uit te oefen met betrekking tot ander tarief opsies wat wel van

toepassing is. Die administratiewe koste vir die omskakeling sal ‘n bedrag

van R 1.75 (BTW uitgesluit) per ton beloop, onderhewig aan ‘n minimum

bedrag van R 35 (BTW uitgesluit) per transaksie, vir hoeveelhede van 20

ton of minder.

1.6.4 Graan word nie uitgelaai voordat alle uitstaande opgelope koste betaal is

nie.

2. OORDRAGVOORRAAD

2.1 Die tarief van toepassing vir opberging op alle graanvoorraad, wat oorgedra

word vanaf die seisoen waarin dit gelewer is en op die ondergenoemde datum van

oordrag in opberging in Senwes se silo’s geberg word, is die dagopbergingstarief

soos omskryf in paragraaf 1.1 hierbo, tensy die kliënt ‘n ander opsie voor of op 25

Mei 2010 gekies het.

Produk Datum van oordrag

Mielies 1 Mei 2010

Sorghum 1 Mei 2010

Sojabone 1 Mei 2010

Page 6

2.2 Indien die kliënt die jaaropbergingsopsie sou kies beloop die tarief R50.00

per ton en is die bepalings ten opsigte van die opsie van toepassing.

3. UITGESTELDE OPBERGING.

3.1. Kliënte het tot die 15de Augustus tyd om ‘n opbergingsopsie te kies. Gedurende die

periode tot 15 Augustus word die debitering van hantering en berging uitgestel

tensy die bepalings van ‘n spesifieke opsie anders bepaal.

3.2. Verkope voor of op 15 Augustus 2010:

Indien graan wat op die uitgestelde opberging gelewer is, verkoop word voor of op

15 Augustus 2010, word die hantering en opgeloopte opberging soos op datum van

die transaksie deur Senwes verreken en is dit betaalbaar voordat die graan

uitgelaai word of ’n silo-sertifikaat soos deur die kliënt versoek, uitgereik en gelewer

word.

3.3. Verkope na 15 Augustus 2010:

3.3.1. Indien die graan wat op die uitgestelde opberging gelewer is, verkoop word

na 15 Augustus 2010 en nadat die fakturering plaasgevind het, moet die

kostes wat gedebiteer is, soos op datum van die transaksie deur die kliënt

betaal word, voordat die graan uitgelaai of ’n silo-sertifikaat op versoek van

die kliënt uitgereik en gelewer word.

3.4 Indien die kliënt versuim om ’n opbergingsopsie van sy keuse voor 15 Augustus

2010 te kies, sal die tariewe vir algemene opberging soos omskryf in paragraaf 1.1

outomaties gehef word vanaf datum van lewering.

4. ONTVANGSTES

4.1. Fisiese verliese

Die graanmassa wat kliënte lewer, is onderhewig aan fisiese verliese en

breekskade tydens opberging en word by ontvangs met die volgende persentasies

verminder:

Mielies 1,0 %

Sojabone Slegs die werklike % vreemde materiaal word afgetrek.

Sorghum 2,28 %

Page 7

4.2. Oortollige vog

Die gelewerde graanmassa word by lewering, met die gebruik van die vogformule,

verminder na onderstaande vogpersentasies.

Produk Voginhoud

droog

Mielies 12.5

Sorghum 12.5

Sojabone 12.0

5. GRAANKOSTEREKENINGS (REKENING 400)

5.1 Alle hanterings- en opbergingskoste asook silosertifikaatkoste sal op Rekening 400

gedebiteer word. Rekening 400 word outomaties geskep wanneer die kliënt

aansoek doen om van Senwes se graanbergingsfasiliteite gebruik te maak en die

aansoek deur Senwes goedgekeur is. Die kostes is betaalbaar 30 dae na

maandstaatdatum of indien anders ooreengekom op 30 dae na faktuurdatum.

Indien die kliënt versuim om die betaling betyds te maak, word rente, daagliks

bereken en maandeliks saamgestel, op die uitstaande bedrae gehef, teen ‘n koers

gelykstaande aan die geldende prima-uitleenkoers van Absa Bank.

5.2 Onttrekking en oorplasing van graan vanuit kliënte-opberging sal slegs toegelaat

word en silo- en Safex-sertifikate sal slegs uitgereik word, indien Rekening 400 ten

volle betaal is. Senwes mag egter in sy eie diskresie sodanige onttrekking of

uitreiking toelaat, indien daar op daardie stadium voldoende graanwaarde, in

retensie op voorraad oorbly om as sekuriteit vir Senwes se uitstaande rekening

400, te dien.

5.3 Diverse kostes soos heffings, droogoond- en skoonmaakkoste en dies meer sal ook

teen Rekening 400 gedebiteer word.

6. SOMERGRAAN DROOG- EN SKOONMAAKTARIEWE

6.1 Vogpersentasies van graan word met behulp van ‘n bedryfsaanvaarbare standaard

vogmeter bepaal wat volgens die vervaardiger se voorskrifte en prosedures

gekalibreer is.

6.2 Graan wat nie kunsmatig gedroog gaan word nie, word ingeneem indien dit nie

meer as die volgende persentasies vog bevat nie:

PRODUK MAKSIMUM

GEAG AS

ONTVANG DROË GRAAN

Mielies 14,0% 12,5%

Sorghum 14,0% 12,5%

Sojabone 13.0% 12,0%

6.3. Senwes is van tyd tot tyd, volgens sy diskresie, bereid om by silo’s waar

drogingsfasiliteite beskikbaar is, graan van ‘n hoër voggehalte te aanvaar. Die

graan kan dan op die koste van die kliënt gedroog word, onderhewig aan die

Page 8

toepaslike massa-aanpassing vir surplus vog. Volledige inligting met betrekking tot

die beskikbaarheid en vereistes ten opsigte van die drogingsfasiliteit is by die silo

beskikbaar.

6.4. Die droogtariewe van toepassing is as volg:

7. DIVERSE TARIEWE

Mielies en sorghum (Ingang 1 Mei 2010):

TARIEF / RAND PER TON

PERSENTASIE VOG SONDER BTW MET BTW

14,1 - 14.5 23.21 26.46

14,6 - 15,0 26.42 30.12

15,1 - 16,0 32.32 36.84

16,1 - 17,0 46.02 52.46

17,1 - 18,0 65.88 75.10

Diverse dienste word geag as ondersteunend tot Senwes se graandienste en word

aangebied waar die toerusting beskikbaar is en nie beset is nie. Die tariewe wat geld vir

die gebruik van diverse Grainlink fasiliteite is vanaf 1 Mei 2010 soos volg:

7.1. Massametings (BTW uitgesluit)

7.1.1. Alle kliënte wat die massa van ‘n vrag wat nie afgelaai word nie, wil bepaal,

betaal R2.00 per ton op die totale massa van die vrag, vir die gebruik van

die massameter met ‘n minimum koste van R50.00 per vrag.

7.1.2. Kliënte en privaatinstansies wat nie oor kliëntenommers beskik nie, moet

kontant vir die diens betaal wanneer dit gelewer word.

7.1.3 Senwes aanvaar geen regsaanspreeklikheid vir die korrektheid van die

massa van sodanige goedere wat geweeg word nie.

7.1.4. Senwes gradeer nie ‘n vrag met graan wat geweeg en nie afgelaai word nie.

7.1.5. Die tarief vir enige ander massabepalings wat nie graanverwant is nie, word

op ‘n ad hoc basis bepaal

7.2 Versakkingskoste

Koste vir versakking van graan beloop R60-00 (BTW uitgesluit) per ton en kliënte

verskaf hul eie sakke.

7.3. Vervoerbandkoste

Die koste vir lewering van graan deur middel van ‘n Senwes vervoerband beloop

R16.00 per ton (BTW uitgesluit).

Page 9

8. VERSPORING/UITLAAI VAN GRAAN

8.1 Graan Uitlaai

Enige kliënt wat graan wil uitlaai moet Senwes ten minste 10 werksdae kennis

gee van sy voorneme om graan te onttrek. Geen graan mag uitgelaai word sonder

hoofkantoor se toestemming nie.

8.2 Graan Oorplasing

Graanoorplasing mag tussen kliënte gedoen word. Die nodige reëlings kan met die

graanverkyger, silo-bestuurder of hoofkantoor graanopbergingsafdeling getref word.

Die tarief (BTW uitgesluit) vir die oorplasing van graan van een kliënt na ‘n ander

kliënt beloop R2.50 per ton, onderhewig aan ‘n minimum van R50 per transaksie

vir hoeveelhede minder as 20 ton en kan slegs na vereffening van die silokosterekening

plaasvind.

9. VERWYDERING VAN SKADELIKE SADE

9.1 Ten einde die klant behulpsaam te wees om vragte skoon te maak, lewer Senwes

‘n diens teen ‘n tarief, waar sodanige fasiliteit beskikbaar is. Indien ‘n besending

meer as die toegelate skadelike sade bevat ten opsigte van die verskillende grane

en oliesade, moet die produk baie stadig gesif word om al die skadelike sade te

verwyder. Volledige besonderhede van die diens is by die silo-bestuurders

beskikbaar.

9.2 Die graanmassa van die vrag word met die persentasie van die massa van die

materiaal onder die toepaslike graderingsif (sifsels), aangepas.

9.3. Die sifkostetarief is soos volg:

Produk

Mielies/Sorghum

Sojabone

Aantal Sade

per 1 Kg

2-10

11-20

21-40

41-60

61-100

101-150

151-200

201-250

251-300

2-10

11-20

21-40

41-60

61-100

101-150

151-200

201-250

251-300

Tarief (Rand per Ton)

Sonder BTW Met BTW

6.63 7.56

10.19 11.62

28.62 32.63

64.43 73.45

108.98 124.24

157.22 179.23

210.83 240.35

273.35 311.62

362.69 413.47

6.63 7.56

10.19 11.62

28.62 32.63

64.43 73.45

94.77 108.04

136.71 155.85

183.33 209.00

237.69 270.97

315.38 259.53

Page 10

9.4 VERWYDERING VAN SIFSELS

Die kliënt kan by bedryfspunte waar dit uitvoerbaar is, die volgende keuses uitoefen:

9.4.1 Kliënt neem nie sifsels terug nie

Geen skoonmaak/sifkoste word gehef nie en ‘n massa-aanpassing word gemaak.

Alle materiaal onder die 6,35 rondegatsif word gebruik vir die berekening van die

persentasie vir massa-aanpassing.

9.4.2 Kliënt neem sifsels terug

Die keuse om sifsels terug te neem is onderhewig daaraan dat bedryfsaksies by die

silo dit toelaat en u bereid is om te wag vir die sifaksie. Geen massa-aanpassing

word gemaak nie en skoonmaakkoste word as volg gehef.

MIELIES EN SOJABONE

Tarief (Rand per Ton)

Persentasie Sifsels Sonder BTW Met BTW

0,1 - 1,0 6.50 7.41

1,1 - 2,0 8.97 10.23

2,1 - 3,0 12.15 13.85

3,1 - 4,0 19.17 21.85

10. WERKSWYSE BY DIE AANSOEK VIR ‘N VERHANDELBARE/OORDRAAGBARE

OPBERGINGSBEWYS

10.1 Senwes reik slegs elektroniese Safex / silosertifikate uit vir mielies, sonneblom,

sojabone en koring. Senwes silo-sertifikate word vir graansorghum uitgereik.

10.2 Die aansoek vir ‘n Silo- of Safex opbergingsbewys (Senwes A36/03) moet

volledig voltooi word en deur die klant en die silo-bestuurder onderteken word.

10.3 Indien die aansoek telefonies gedoen word, moet die telefoniese instruksie binne

7 (sewe) ure skriftelik, per faks bevestig word. Senwes vereis dat ‘n aanvaarbare

bewys van identiteit saam met die bevestiging gefaks moet word.

10.4 Kostes van R1.87 per ton (BTW uitgesluit), met ‘n minimum van R40.00 per

sertifikaat vir hoeveelhede kleiner as 22 ton, is betaalbaar vir die uitreiking van ‘n

silosertifikaat.

10.5 ‘n Eenmalige heffing word namens ESC (hierinlater verwys as “Electronic Silo

Certificates”) gehef vir die uitreiking van elektroniese silosertifikate teen ‘n koste

wat van tyd tot tyd deur ESC bepaal word.

10.6 Kliënte kan registreer by ESC . Die registrasie is gratis en werk op dieselfde

basis as internet bankdienste waar elke gebruiker ‘n unieke gebruikersnaam,

wagwoord en persoonlike identifikasie nommer kry. Vir kliënte wat nie internet

toegang het nie, is daar ‘n Teletrade diens.

Page 11

10.7 Teletrade Diens: Die proses geskied d.m.v. ‘n telefoniese oproep vanaf kliënte na

die ESC dienssentrum waartydens instruksies rakende die verhandeling van

elektroniese sertifikate aan die ESC konsultant gegee word.

(Teletrade 011-797 5597 / 91)

10.8 Senwes reik silosertifikate slegs uit aan kliënte wie die eienaar van die graan is en

daarvoor aansoek gedoen het. Geen oordragte van sertifikate word namens

kliënte aan derde partye gedoen nie.

10.9 Die koper of sy opvolger in titel ten opsigte van ‘n silo-sertifikaat wat by Senwes

aangebied is, is vanaf datum van aanbieding van die silosertifikaat verplig om die

algemene oppbergingstarief ten opsigte van die graan te betaal tot datum van

lewering of uitlaai van die graan.

11. VOEDSELVEILIGHEID: VOEDSELHIGIËNE

11.1. Vragmotors, trekkers en waens sal tydens lewerings geïnspekteer word om te

verseker dat glas, olie, diesel, verkoelerwater, stukke metaal, ensovoorts nie in

die graan kom nie. Seile wat gebruik word moet ook skoon en insekvry wees.

11.2 Die kliënt moet ook verseker en waarborg dat:

• graan geskik is vir menslike en dierlike gebruik;

• alle chemiese toedienings voldoen aan die Wet op Misstowwe, Veevoedsel,

Landboumiddels en Veemiddels, Wet 36 van 1947, en die Wet op

Landbouprodukstandaarde, Wet 119 van 1990 of enige toepaslike wetgewing,

dat volledige rekord gehou is van alle chemiese toedienings op die produk wat

gelewer word;

• die produk nie besmet is met enige skadelike toksines of enige gifstowwe wat

skadelik of gevaarlik is vir menslike en dierlike gebruik.

11.3. Kliënt se chemiese verklaring (Bylaag 1). Kliënte moet hulself vergewis van die

wetlike vereistes ten opsigte van chemiese middels en voldoen aan die

standaarde soos daarin neergelê. Kliënte sal verplig wees om voor lewerings ‘n

verklaring van nakoming by Senwes in te dien, waarin hul verklaar dat hul:

• die voorskrifte nagekom het

• nie onwettige middels en/of

• geen foutiewe dosisse of

• op verkeerde tye van die wettige middels toegedien het nie.

Hierdie verklaring word ook vervat in leweringstrokies met die bewoording:

“Hierdie besending graan/oliesade is geproduseer en hanteer volgens die

vereistes van Wet 36 van 1947, soos gewysig. Die graan/oliesade is dus slegs

met wettige chemiese middels, volgens die voorskrifte behandel en is dus geskik

vir menslike en dierlike gebruik.”

11.4. Senwes sal ter enige tyd volgens sy diskresie geregtig wees, om ondersoek in te

stel na die nakoming van hierdie vereistes en om monsters te neem vir ontleding.

Senwes behou die reg om vragte weg te wys indien daar enige vermoede

bestaan dat regulasies en/of wetgewing nie nagekom is nie.

Page 12

12. VERMENGING VAN GRAAN

Senwes stoor graan van dieselfde tipe en kwaliteit in losmaat, op sodanige wyse dat

vermenging van dieselfde tipe en kwaliteit plaasvind. Kliënt wat graan by Senwes stoor kan

slegs aandring op dieselfde tipe en kwaliteit graan soos omskryf in die toepaslike

graderingsregulasie en kan slegs graan van soortgelyke kwaliteit onttrek of bemark.

Senwes behou die reg voor om by teruglewering van die graan ‘n soortgelyke of beter

kwaliteit te lewer.

Kliënte wat graan gelewer het se vorderingsreg vir die teruglewering van graan is vir die

soort en gegradeerde graad van die graan soos omskryf in die toepaslike

graderingsregulasie, te wete gewone mielies soos byvoorbeeld die grade WM1, WM2,

YM1 en YM2.

13. GRAANLEWERINGSOPDRAG

13.1. Geen graanlewering sal ontvang word indien ‘n graanleweringsopdrag nie deur die

kliënt voltooi en geteken is nie.

13.2. Silopersoneel mag nie ‘n leweringsopdrag namens die kliënt onderteken nie.

13.3. Kliënte kan nie ‘n aanbod om graan te verkoop of versoeke in die verband op die

graanleweringsopdrag aandui nie en sal Senwes nie daarvan kennis neem nie.

Indien kliënte hul graan aan Senwes wil verkoop kan met Senwes se

graanverkrygers kontak gemaak word.

Indien u enige verdere inligting verlang, kan u met die Bestuurder: Graanhantering skakel te

(018) 464-7185.

ASSISTENT HOOFBESTUURDER:

GRAINLINK BEDRYF

Page 13

CHEMIESE VERKLARING Bylaag 1

Ek, die ondergetekende,

Voorletters en Van:

Naam van plaas:

Posadres:

Lidnommer:

Wat van voorneme is om graan te lewer by die volgende silo’s van Senwes.

Neem hiermee kennis van die gebruik van chemiese middels en beperkings daarop op graan soos

vervat in die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947)

en enige ander tersaaklike wetgewing.

Ek is bewus van die feit:

1. dat wetlike vereistes neergelê is met betrekking tot die gebruik van sekere onkruiddoders,

insekdoders en verskeie ander landboukundige chemikalieë en die residu-vlakke van die

relevante produkte wat in die produk teenwoordig mag wees en wat toegedien mag word.

2. dat ek my moet vergewis van die wetlike vereistes en dat ek moet voldoen aan die

standaarde soos daarin neergelê.

3. dat ek verplig sal wees om voor lewering hierdie verklaring van nakoming by Senwes in te

dien en ek verklaar dat ek die voorskrifte nagekom het en nie onwettige middels en/of teen

foutiewe dosisse of op verkeerde tye, van die wettige middels toegedien het nie.

4. dat Senwes ter enige tyd volgens sy diskresie geregtig sal wees om ondersoek te doen

met betrekking tot die nakoming van hierdie vereistes en om monsters te neem vir

ontleding.

5. dat graan wat nie aan die vereistes voldoen nie, nie vir lewering aanvaar word nie en force

majeure nie daarop van toepassing sal wees nie.

GETEKEN: : _________________________________

PLEK : _________________________________

DATUM : _________________________________

Page 14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!