Kersfees en Verhoudings - Nuwelied Bediening

Kersfees en Verhoudings - Nuwelied Bediening Kersfees en Verhoudings - Nuwelied Bediening

nuwelied.info
from nuwelied.info More from this publisher
05.05.2013 Views

Nota: Omrede hierdie artikel meesal aan mense gestuur word wat nog vasgevang is in die kersfeestradisie, gebruik ek die “Name” (titels) van God waarmee die meerderheid Christene bekend is, naamlik: God, die Here en Jesus Christus. Ek wil die leser egter daarop wys dat hierdie nie die ware Name van God is nie. Die Naam van God die Almagtige word in Hebreeus geskryf as en getranslitereer as YHVH (Yahuah). Die Messias se ware naam is Yeshua Hierdie skrywe se doel is nie om mense te oordeel nie, maar „n poging om die waarheid bekend te maak. Ek respekteer die siening van elkeen wat besluit om steeds Kersfees te vier. Hierdie is „n saak waaroor elkeen self moet besluit. KERSFEES EN VERHOUDINGS Vir baie gelowiges, en die getalle is steeds besig om te groei, is hierdie ‘n tyd van die jaar waar jy nie werklik weet hoe om te reageer teenoor jou geliefdes en vriende wat steeds Kersfees vier nie. Dit is sekerlik ewe waar dat hulle ook nie weet wat om vir jou te sê, of hoe om teenoor jou, wat nie meer Kersfees vier nie, te reageer. Jy het waarskynlik reeds by herhaling met hulle die waarheid aangaande Kersfees gedeel, maar hulle verkies om voort te gaan soos deur al die jare hulle gebruik was. Die hartseer vir baie ouers wat nie meer Kersfees vier nie, is dat dit juis jy as ouer was wat jou kinders van Kersfees geleer het. Dit is jy wat sedert kleintyd hulle vertel het van Jesus se geboorte, die wyse manne, die gee van geskenke, die Kersboom, die briefie aan Vader Kersfees, ens, ens. Hoe kan jy aan jou volwasse kinders met ‘n Christengetuienis en ‘n suksesvolle lewe van hulle eie verduidelik dat jy as ouers verkeerd was en hulle verkeerd geleer het? Hoe verduidelik jy dat goeie bedoelings nie ‘n plaasvervanger vir gehoorsaamheid is nie? Ons kan hoe opreg wees, maar steeds opreg verkeerd wees! Ja, dit is ‘n gerieflike verskoning om aan hulle te verduidelik dat dit hulle oupas en oumas, en dié se ouers voor hulle, is wat die skuld behoort te kry. Dan is dit natuurlik ook die Kerk se skuld. Die verplasing van die skuld op iemand anders veroorsaak egter nie dat jou kinders, familie en vriende noodwendig die waarheid aangaande die misleiding van Kersfees aanvaar nie. Jy kan teenoor jou kinders bely dat jy hulle verkeerd geleer het en jy kan die waarheid oor Kersfees aan hulle in liefde voorhou. Jy kan teenoor familie en vriende getuig dat die viering van Kersfees geen Bybelse grondslag

Nota:

Omrede hierdie artikel meesal aan mense gestuur word wat nog vasgevang is in die

kersfeestradisie, gebruik ek die “Name” (titels) van God waarmee die meerderheid Christene

bekend is, naamlik: God, die Here en Jesus Christus. Ek wil die leser egter daarop wys dat hierdie

nie die ware Name van God is nie. Die Naam van God die Almagtige word in Hebreeus geskryf as

en getranslitereer as YHVH (Yahuah). Die Messias se ware naam is Yeshua

Hierdie skrywe se doel is nie om mense te oordeel nie, maar „n poging om die waarheid bekend te

maak. Ek respekteer die siening van elkeen wat besluit om steeds Kersfees te vier. Hierdie is „n

saak waaroor elkeen self moet besluit.

KERSFEES EN VERHOUDINGS

Vir baie gelowiges, en die getalle is steeds besig om te groei, is hierdie ‘n tyd

van die jaar waar jy nie werklik weet hoe om te reageer teenoor jou geliefdes

en vriende wat steeds Kersfees vier nie. Dit is sekerlik ewe waar dat hulle

ook nie weet wat om vir jou te sê, of hoe om teenoor jou, wat nie meer

Kersfees vier nie, te reageer.

Jy het waarskynlik reeds by herhaling met hulle die waarheid aangaande

Kersfees gedeel, maar hulle verkies om voort te gaan soos deur al die jare

hulle gebruik was. Die hartseer vir baie ouers wat nie meer Kersfees vier nie,

is dat dit juis jy as ouer was wat jou kinders van Kersfees geleer het. Dit is jy

wat sedert kleintyd hulle vertel het van Jesus se geboorte, die wyse manne,

die gee van geskenke, die Kersboom, die briefie aan Vader Kersfees, ens,

ens. Hoe kan jy aan jou volwasse kinders met ‘n Christengetuienis en ‘n

suksesvolle lewe van hulle eie verduidelik dat jy as ouers verkeerd was en

hulle verkeerd geleer het? Hoe verduidelik jy dat goeie bedoelings nie ‘n

plaasvervanger vir gehoorsaamheid is nie? Ons kan hoe opreg wees, maar

steeds opreg verkeerd wees!

Ja, dit is ‘n gerieflike verskoning om aan hulle te verduidelik dat dit hulle

oupas en oumas, en dié se ouers voor hulle, is wat die skuld behoort te kry.

Dan is dit natuurlik ook die Kerk se skuld. Die verplasing van die skuld op

iemand anders veroorsaak egter nie dat jou kinders, familie en vriende

noodwendig die waarheid aangaande die misleiding van Kersfees aanvaar

nie. Jy kan teenoor jou kinders bely dat jy hulle verkeerd geleer het en jy

kan die waarheid oor Kersfees aan hulle in liefde voorhou. Jy kan teenoor

familie en vriende getuig dat die viering van Kersfees geen Bybelse grondslag

het nie, maar wel afgodery as basis het. Ja, jy kan bid en vertrou dat die

waarheid die leuen uiteindelik sal oorwin. Ja, jy kan in liefde en sonder

oordeel bly bou aan die verhouding wat jy sedert geboorte of oor vele jare

aan gebou het.

Die feit is egter dat Kersfees nou ‘n ongemaklikheid in goeie verhoudings

veroorsaak. Dit dwing elkeen tot ‘n keuse: Jy is of pro-Kersfees of anti-

Kersfees. Dit dwing jou om ‘n aksie te neem. Elkeen moet nou vir hom self

besluit. Hierdie besluit kan verhoudings met jou geliefdes en vriende egter

negatief beïnvloed. Die risiko is dat dit selfs totale verwydering en

verwerping kan veroorsaak.

Die vraag bly egter: Hoe reageer jy as ouer of gelowige wat nie meer

Kersfees vier nie teenoor jou kinders, familie en vriende wat dit wel vier. Jy

wil allermins deur jou geloofsoortuiging verwydering of versteuring van goeie

verhoudings veroorsaak. Maar jy is ook nie bereid om enige toegewings te

maak ten opsigte van dit waarvan jy oortuig is nie. Dit kan ‘n sielestryd

word, veral waar geliefdes en goeie vriende betrokke is!!

Wat doen jy die 25 Desember van elke jaar? Dit wat ‘n vreugdevolle

samekoms van geliefdes en vriende was – een van geskenke gee en

feesmaal hou, het nou ‘n ongemaklikheid en selfs ‘n twispunt geword vir

beide die pro- en anti-Kersgesindes.

Onwillekeurig kom die Skrif in Matt. 10:34 tot 37 duidelik in jou gedagtes op:

Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie

gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om

tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar

moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote

sal sy vyande wees. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig

nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.

Dan skree jou hele wese: Abba, Vader nie dit nie, asseblief nie!!! Maar diep

in jou binneste hoor jy Jesus se vraag aan Petrus:

Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief?

Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy

My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U

liefhet. Jahushua sê vir hom: Laat my skape wei.( Joh. 21:17).

Jy weet dat jou antwoord nie anders as die van Petrus kan wees nie. Soos

met Petrus bevat dit egter ook ‘n maat van hartseer. Jy maak vrywillig

hierdie keuse, maar die moontlike hartseer wat dit inhou is ‘n werklikheid. Jy

besef ook dat jy nie Petrus is nie, want jy het Jesus nie net drie keer nie,

maar by herhaling al verloën. Dan verstaan jy Vader se genade ook beter,

want Hy was vir die grootste gedeelte van jou lewe jou genadig toe jy in

onkunde, maar met die beste bedoelings, Kersfees jaarliks gevier het. Jy

2

weet, en glo, dat Hy ook dieselfde genade aan jou geliefdes en vriende

betoon. Jy weet Hy sal met hulle ook geduldig wees soos wat Hy met jou

was.

Bowe al besef jy dat jy slegs geroep is om as getuie op te tree. Jy word slegs

gevra om te getuig in die saak sonder om uitspraak te lewer. Jy besef en

verstaan dat jy nie die regter is nie. Jou enigste reg is om te vra vir

genadebetoning aan jou geliefdes en vriende. Dieselfde genade wat aan jou

betoon is. Jy vra en vertrou dat die waarheid wel sal seevier.

Jy besef ook dat jy self in die beskuldigingsbank gestaan het toe daar ander

was wat oor die saak teen jou getuig het. Die getuienis is aan die hemelse

hof voorgelê en jy is gevra hoe jy pleit. Skuldig was jou antwoord, want jy

het besef dat onkunde nie ‘n verweer was nie en goeie bedoelings kon nie as

plaasvervanger vir gehoorsaamheid aangebied word nie.

Ja, daar was ‘n dag en oomblik toe jy ook oor hierdie saak moes kies. Dit

was nie maklik nie. Jy onthou ook die woorde van die Een wat jy oor baie

jare na die beste van jou kennis en insig en in liefde gedien het:

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie

aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader

wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die

Almagtige (2 Kor. 6:17 en 18).

Jy het besluit om jou ten opsigte van Kersfees af te sonder en dit te vermy

wat nie Vader se wil is nie. Met dankbaarheid onthou jy dat jy vrygespreek

was nadat jy jou skuld bely het. Die waarheid het jou vrygemaak!

Jy besef dat jou geliefdes en vriende ook hierdie voorreg het. Dit is egter

hulle wat moet kies. Jy kan nie vir hulle kies nie, maar jy kan voortgaan om

hulle lief te hê met dieselfde liefde wat Vader aan jou betoon. Dan

onderneem jy om elkeen wat steeds Kersfees vier, lief te hê en hulle nie te

oordeel nie. Jy doen dit met die hoop dat jou geliefdes ook jou eie siening sal

resepekteer, maar dat hulle veral self die misleiding van Kersfees sal

ondersoek en alleen op grond daarvan besluit.

NOTA: Die oorsprong van Kersfees word meer volledig bespreek in ons

skrywe wat beskikbaar is deur op die volgende skakel te kliek:

http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/KersfeesMisleiding.pdf

Ontvang YHVH (Die Here) se Woord met welwillendheid, maar

ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand.

17:11).

Shalom

3

Johan Kriel

E-pos: kontak@nuwelied.info

Webwerf: http://www.nuwelied.info

Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word

nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en

dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!