WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC WSKT 212 PAC

v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za
from v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Waarvoor word Tegniese Wiskunde gebruik? Die tegniese vakgebied maak op 'n baie groot skaal van wiskundige idees en bewerkings gebruik. U sal in die loop van hierdie module sien hoe Wiskunde 'n kragtige gereedskapstuk is waarmee 'n groot aantal probleme uit die tegniese en natuurwetenskaplike vakgebiede opgelos kan word. Alle Wiskunde in hierdie module sal met werklikheidsgetroue voorbeelde toegelig word, sodat u die Wiskunde binne werklikheidsgetroue kontekste sal kan beleef. Ons sal u help om, net soos wat u u basiese Wiskunde-kennis deur ervaring met die alledaagse lewe gebou het, ook u gevorderde Wiskunde-kennis deur ervaring met tegniese en natuurwetenskaplike kontekste te bou. In hierdie Tegniese Wiskunde-module sal u dus leer om: • Wiskundig te lees • Wiskundig te skryf • Wiskundig te dink. U moet hierdie Wiskunde-module slaag om u graad suksesvol te voltooi. 0.4 Voorvereistes Studente wat vir hierdie module inskryf, moet ingeskryf en gekeur wees as ‘n voornemende onderwyser in die een of ander tegniese rigting. Dit beteken dus dat die student Wiskunde tot op graad 12-vlak moes geneem het. Vir verdere voorvereistes wat mag geld, word u na die Programleier vir die B. Ed. (VOO Tegnologie)-kursus verwys. 0.5 Studiemateriaal • Voorgeskrewe handboek WASHINGTON, Allyn J. 2005. 8ste uitgawe. Basic technical mathematics with calculus: SI version. 8 th edition. Pearson Addison Wesley: Toronto 6

• Addisionele studiemateriaal Enige ander Wiskundehandboek, en natuurlik die Internet, kan gebruik word om verdere voorbeelde, toepassings en oefeninge te bekom. Dit sal miskien handig wees indien u toegang het tot 'n Graad 11- en Graad 12- Wiskundehandboek, alhoewel die inhoude in die voorgeskrewe boek van Washington vanaf 'n redelik basiese vlak aangebied word. Die Ken En Verstaan-reeks waarmee baie van u bekend sal wees, mag ook nuttig te pas kom. • ‘n Wetenskaplike sakrekenaar Vir elkeen van die drie Tegniese Wiskunde-modules benodig u 'n goeie wetenskaplike sakrekenaar wat met trigonometriese funksies, eksponensiële funksies en logaritmiese funksies kan werk. Die sakrekenaar wat u vir Matriekwiskunde gebruik het, behoort heeltemal voldoende te wees. Indien u 'n sakrekenaar het wat oor grafiese vermoëns beskik (dit is die soort wat grafieke kan teken en gewoonlik ook programmeerbaar is) dan is u welkom om dit in kontaksessies en by huiswerkoefeninge te gebruik om u antwoorde na te gaan – let net asseblief daarop dat u in toetse en eksamens nie toegelaat sal word om 'n programmeerbare sakrekenaar te gebruik nie, aangesien ons spesifieke rekenvaardighede by u wil toets. • Toegang tot The Geometer’s Sketchpad 4 en Microsoft Office Excel The Geometer’s Sketchpad 4 is ‘n grafiese rekenaarprogram wat op alle rekenaarlaboratoriums van die NWU-PUK beskikbaar is. Die program kan ook vir ongeveer R350 deur die vakgroep Wiskunde-onderwys aangekoop word. Microsoft Office Excel is deel van die Office-pakket wat op die meeste Windows-gebaseerde rekenaars beskikbaar is; ook hierdie program is op alle rekenaarlaboratoriums van die NWU-PUK beskikbaar. • Toegang tot Groupwise-e-pos en eFundi Die dosent kommunikeer feitlik daagliks met u deur middel van e-pos en eFundi; dit is u verantwoordelikheid om te sorg dat u vanaf die eerste dag van die semester toegang tot hierdie fasiliteite het. 7

• Addisionele studiemateriaal

Enige ander Wiskundehandboek, en natuurlik die Internet, kan gebruik word om verdere

voorbeelde, toepassings en oefeninge te bekom.

Dit sal miskien handig wees indien u toegang het tot 'n Graad 11- en Graad 12- Wiskundehandboek,

alhoewel die inhoude in die voorgeskrewe boek van Washington vanaf 'n redelik

basiese vlak aangebied word.

Die Ken En Verstaan-reeks waarmee baie van u bekend sal wees, mag ook nuttig te pas

kom.

• ‘n Wetenskaplike sakrekenaar

Vir elkeen van die drie Tegniese Wiskunde-modules benodig u 'n goeie wetenskaplike

sakrekenaar wat met trigonometriese funksies, eksponensiële funksies en logaritmiese

funksies kan werk. Die sakrekenaar wat u vir Matriekwiskunde gebruik het, behoort

heeltemal voldoende te wees.

Indien u 'n sakrekenaar het wat oor grafiese vermoëns beskik (dit is die soort wat grafieke

kan teken en gewoonlik ook programmeerbaar is) dan is u welkom om dit in kontaksessies

en by huiswerkoefeninge te gebruik om u antwoorde na te gaan – let net asseblief daarop

dat u in toetse en eksamens nie toegelaat sal word om 'n programmeerbare

sakrekenaar te gebruik nie, aangesien ons spesifieke rekenvaardighede by u wil toets.

• Toegang tot The Geometer’s Sketchpad 4 en Microsoft Office Excel

The Geometer’s Sketchpad 4 is ‘n grafiese rekenaarprogram wat op alle

rekenaarlaboratoriums van die NWU-PUK beskikbaar is. Die program kan ook vir ongeveer

R350 deur die vakgroep Wiskunde-onderwys aangekoop word. Microsoft Office Excel is

deel van die Office-pakket wat op die meeste Windows-gebaseerde rekenaars beskikbaar is;

ook hierdie program is op alle rekenaarlaboratoriums van die NWU-PUK beskikbaar.

• Toegang tot Groupwise-e-pos en eFundi

Die dosent kommunikeer feitlik daagliks met u deur middel van e-pos en eFundi; dit is u

verantwoordelikheid om te sorg dat u vanaf die eerste dag van die semester toegang tot

hierdie fasiliteite het.

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!