WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC WSKT 212 PAC

v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za
from v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Bestudeer ook die volgende bespreking wat illustreer hoe ons te werk gaan om ‘n lineêre wiskundige model vir ‘n werklikheidsgetroue situasie te ontwikkel Om die druk onder die oppervlakte van ‘n reservoir (diep watertenk) as funksie van diepte onder die oppervlak te bepaal Beskou ‘n diep tenk, 20 meter diep en ‘n drukmeter wat onder die oppervlak van die water laat sak word sodat elke 4 meter ‘n druklesing geneem word: Let daarop dat die druklesing afhang van hoe diep onder die oppervlak van die water die lesing geneem word. Die druk verander namate die diepte verander. Uit hierdie waarneming kan ons sê dat die druk op elke diepte ‘n sekere waarde het en dat die druk dus afhang van die diepte waarop dit gemeet word. Daar is dus twee veranderlikes betrokke, naamlik druk en diepte. Die druk P word die afhanklike veranderlike genoem en die diepte d word die onafhanklike veranderlike genoem. Ons kan nou probeer om die verband (dit is die manier waarop P van d afhanklik is) tussen die twee veranderlikes wiskundig uit te druk. 42

Daarvoor gebruik ons ‘n formule of vergelyking. Om hierdie vergelyking of formule in die hande te kry, verg gewoonlik ‘n bietjie wetenskaplike of wiskundige insig – maar met ons bestaande kennis van grafieke (reguit lyne, parabole, hiperbole, derdegraadse krommes, ensovoorts) kan ons tog deur middel van ‘n heuristiek (‘n logiese, buigbare metode of strategie) by die formule wat ‘n wiskundige verband beskryf, uitkom. ‘n Goeie manier om die verband tussen die afhanklike en die onafhanklike veranderlike te ondersoek, is om ‘n tabel van metings op te stel: Diepte d (meter) Druk P (kPa) 0 4 8 12 16 20 101,3 140,5 179,7 218,9 258,1 297,3 Die inligting vorm ses stelle waardes, waar elke stel waardes uit ‘n diepte en ‘n bybehorende druk bestaan. Die volgende stap is om die inligting grafies te gaan voorstel. Om dit te doen, moet ons besluit waar ons die definisieversameling (Engels: “domain”) en waardeversameling (Engels: “range”) gaan plaas (hoe ons die asse gaan kies). • Ons spreek af om die definisieversameling (dit is die waardes wat die onafhanklike veranderlike aanneem) altyd op die horisontale as te plaas. Dus sal ons in hierdie geval die diepte d op die horisontale as voorstel. • Net so spreek ons af om die waardeversameling (dit is die waardes wat die afhanklike veranderlike aanneem) altyd op die vertikale as voor te stel. Dus sal ons in hierdie geval die druk P op die vertikale as voorstel. Indien ons die grafiek met die hand op papier gaan teken, moet ons vervolgens aan die skaal van die asse aandag gee. 43

Bestudeer ook die volgende bespreking wat illustreer hoe ons te

werk gaan om ‘n lineêre wiskundige model vir ‘n

werklikheidsgetroue situasie te ontwikkel

Om die druk onder die oppervlakte van ‘n reservoir (diep watertenk) as funksie van

diepte onder die oppervlak te bepaal

Beskou ‘n diep tenk, 20 meter diep en ‘n drukmeter wat onder die oppervlak van die water

laat sak word sodat elke 4 meter ‘n druklesing geneem word:

Let daarop dat die druklesing afhang van hoe diep onder die oppervlak van die water die

lesing geneem word. Die druk verander namate die diepte verander. Uit hierdie

waarneming kan ons sê dat die druk op elke diepte ‘n sekere waarde het en dat die druk dus

afhang van die diepte waarop dit gemeet word. Daar is dus twee veranderlikes betrokke,

naamlik druk en diepte. Die druk P word die afhanklike veranderlike genoem en die diepte

d word die onafhanklike veranderlike genoem.

Ons kan nou probeer om die verband (dit is die manier waarop P van d afhanklik is)

tussen die twee veranderlikes wiskundig uit te druk.

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!