WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC WSKT 212 PAC

v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za
from v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Daar is minstens vyf maniere om ‘n werklikheidsgetroue proses (of die funksie wat dit beskryf) voor te stel, naamlik • ‘n numeriese beskrywing (‘n tabel van gemete of berekende waardes) • ‘n grafiese beskrywing (‘n kromme op ‘n koördinaatvlak met ‘n assestelsel daarby) • ‘n woordelikse beskrywing en/of ‘n skematiese beskrywing soos ‘n diagram • ‘n algebraïese beskrywing (‘n formule of vergelyking) • ‘n praktiese voorbeeld wat die gedrag van die proses of probleem illustreer In hierdie leereenheid bestudeer ons werklikheidsgetroue probleme wat met behulp van een van die volgende tipes funksies gemodelleer kan word: 1. Lineêre funksies (eerstegraadse funksies) 2. Kwadratiese funksies (tweedegraadse funksies) 3. Kubiese funksies (derdegraadse funksies) Hierdie tipes funksies is voorbeelde van polinoomfunksies. .’n Polinoomfunksie is ‘n n funksie van die standaardvorm y = a x n−1 n−2 + a x + a x n−3 + a x + 0 + a x waar die simbole 0 1 2 3 ... a 0 , 1 a , a 2 , ... numeriese koëffisiënte (konstante getalwaardes) voorstel en waar x die veranderlike of onbepaalde is. Die natuurlike getal polinoomfunksie genoem. n word die graad van die By eerstegraadse funksies reduseer die standaardvorm n y = a x n−1 n−2 n−3 + a x + a x + a x + 0 1 0 + a x na y = a x + a x en dit skryf ons gewoonlik as 0 y = mx + c . 1 2 3 ... n By tweedegraadse funksies reduseer die standaardvorm n y = a x n−1 n−2 n−3 + a x + a x + a x + 0 + a x na 2 y = a x 1 0 + a x + a x en dit skryf ons 0 gewoonlik as 1 2 3 ... 2 y = ax + bx+ c. n 40 0 1 0 1 2 Net so word derdegraadse funksies in die standaardvorm as n 3 2 y = ax + bx + cx+ d geskryf. Aangesien die waarde van y in enige polinoomfunksie bereken kan word vir enige moontlike reële waarde van x , sê ons dat polinoomfunksies kontinu is vir alle reële waardes van x .

2.1 Lineêre funksies Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die volgende te doen: 1. Lineêre vergelykings in die standaardvorm y = mx + c vir ‘n lineêre (eerstegraadse) funksie te skryf; 2. Lineêre funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van geskikte rekenaarprogrammatuur); 3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar lineêre modelle betrokke is, op te los Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington Paragraaf Bladsynommers 5.1 – 5.3 138 – 149 21.1 – 21.2 560 – 567 Lineêre modelle en eweredigheid Indien ‘n werklikheidsgetroue probleem of situasie beskryf kan word deur ‘n lineêre vergelyking (of voorgestel kan word deur ‘n reguit lyn-grafiek) dan dui dit daarop dat die grootheid op die vertikale as (die afhanklike veranderlike) aan die grootheid op die horisontale as (onafhanklike veranderlike) eweredig is. In die spesiale geval waar ‘n reguit lyn-grafiek deur die oorsprong van die assestelsel gaan, sê ons dat die grootheid op die vertikale as direk eweredig is aan die grootheid op die horisontale as. 41

2.1 Lineêre funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Lineêre vergelykings in die standaardvorm y = mx + c vir ‘n lineêre (eerstegraadse)

funksie te skryf;

2. Lineêre funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van geskikte

rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar lineêre modelle betrokke is, op te los

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

5.1 – 5.3 138 – 149

21.1 – 21.2 560 – 567

Lineêre modelle en eweredigheid

Indien ‘n werklikheidsgetroue probleem of situasie beskryf kan word deur ‘n lineêre

vergelyking (of voorgestel kan word deur ‘n reguit lyn-grafiek) dan dui dit daarop dat die

grootheid op die vertikale as (die afhanklike veranderlike) aan die grootheid op die

horisontale as (onafhanklike veranderlike) eweredig is.

In die spesiale geval waar ‘n reguit lyn-grafiek deur die oorsprong van die assestelsel gaan,

sê ons dat die grootheid op die vertikale as direk eweredig is aan die grootheid op die

horisontale as.

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!