WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC WSKT 212 PAC

v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za
from v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

In hierdie module beteken groepwerk dus nie iets wat u saam met ‘n ander persoon inhandig om dan ‘n gesamentlike punt te kry nie – Nee, in hierdie module beteken groepwerk dat u op minstens een ander persoon se medewerking aangewese is ten einde die uitkomste self te bereik. Die dosent sal selde indien ooit ‘n gesamentlike punt vir groepwerk toeken – die uitkomste vir hierdie module word individueel geassesseer. Niemand gaan vir ‘n ander persoon se werk punte kry nie. Eksamentoelating Die Algemene Reëls van die Universiteit bepaal in hierdie verband die volgende: Geen student word toegelaat om eksamen af te lê nie, tensy die student op grond van 'n deelnamebewys tot die bevrediging van die dosent, vakgroep en skooldirekteur kan aantoon dat hy aan die minimum vereistes voldoen aangaande die bemeestering van sekere kennis, vaardighede en gesindhede soos deur die module-uitkomste bepaal. As deelnamebewys vir hierdie module word vereis: ‘n Deelnamepunt van ten minste 40% Die volgende aktiwiteite tel vir u deelnamepunt: 1. ‘n Aantal oefeninge wat as opgawes vir nasiendoeleindes ingeneem mag word. 2. ‘n Aantal vorderingstoetse wat tydens kontaksessies geskryf sal word. U deelnamepunt sal ongeveer volgens die volgende gewigte bereken word: 1. Werkkaarte en Oefeninge (Opgawes): 30% 2. Vorderingstoetse en Prakties: 70% Eksamen Een twee-uur eksamenvraestel word aan die einde van die Semester geskryf. Hierdie Eksamenvraestel handel oor die hele Semester se werk. ‘n Subminimum van 40% moet in die eksamen behaal word om hierdie module te slaag, ongeag hoe hoog u deelnamepunt is. 12

Modulepunt van ten minste 50% U finale punt vir die module word bereken deur die deelnamepunt tot die eksamenpunt in ‘n verhouding van 60:40 te bereken. U benodig ‘n modulepunt van 50% om hierdie Module te slaag, mits u natuurlik 40% of meer in die eksamenvraestel behaal het. Berekening van modulepunt: Modulepunt= ( 0,6×Deelnamepunt ) + ( 0,4×Eksamenpunt ) Indien u dus 'n deelnamepunt van 40% het, sal u in die eksamen minstens 65% moet behaal om die module te slaag. Onreëlmatighede tydens assessering Amptelike regulasies plaas die verantwoordelikheid op die student om opgawes betyds op die afgespreekte tye in te handig. Opgawes wat laat ingegee word kan nie aanvaar word nie, aangesien die memorandums van opgawes net na die inhandigingstyd beskikbaar gestel word. Laatkommers sou dus tot die opgawes se uitgewerkte oplossings toegang hê. Dit is van allergrootste belang dat elke student te alle tye sy/haar eie werk doen, en hom/haarself daarvan weerhou om 'n ander student se werk af te skryf en as sy/haar eie in te handig vir assessering. (sien die volgende gedeelte oor Plagiaat vir meer inligting hieroor). Dit is wel moontlik dat studente in groepe van twee of meer kan saamwerk om die uitkomste te bemeester, en ons beveel dit ook aan. U mag net nooit presies dieselfde eindproduk as 'n ander student ingee nie; sorg dus dat u nooit na 'n ander student se finale eindproduk kyk nie. U eie werk moet u eie persoonlike skryf- en redeneerstyl weerspieël. Toetse word vooraf aangekondig by wyse van aankondigings tydens die lesings asook epos/ eFundi. Indien ‘n student nie ‘n toets skryf nie, het hy gewoon ‘n nulpunt vir daardie toets. “Geldige verskonings” dien dus nie as plaasvervanging vir punte nie. Toetse is natuurlik individuele aktiwiteite. 13

Modulepunt van ten minste 50%

U finale punt vir die module word bereken deur die deelnamepunt tot die eksamenpunt in ‘n

verhouding van 60:40 te bereken. U benodig ‘n modulepunt van 50% om hierdie Module te

slaag, mits u natuurlik 40% of meer in die eksamenvraestel behaal het.

Berekening van modulepunt:

Modulepunt= ( 0,6×Deelnamepunt ) + ( 0,4×Eksamenpunt )

Indien u dus 'n deelnamepunt van 40% het, sal u in die eksamen minstens 65% moet behaal

om die module te slaag.

Onreëlmatighede tydens assessering

Amptelike regulasies plaas die verantwoordelikheid op die student om opgawes betyds op

die afgespreekte tye in te handig.

Opgawes wat laat ingegee word kan nie aanvaar word nie, aangesien die memorandums

van opgawes net na die inhandigingstyd beskikbaar gestel word. Laatkommers sou dus tot

die opgawes se uitgewerkte oplossings toegang hê.

Dit is van allergrootste belang dat elke student te alle tye sy/haar eie werk doen, en

hom/haarself daarvan weerhou om 'n ander student se werk af te skryf en as sy/haar eie in

te handig vir assessering. (sien die volgende gedeelte oor Plagiaat vir meer inligting

hieroor).

Dit is wel moontlik dat studente in groepe van twee of meer kan saamwerk om die uitkomste

te bemeester, en ons beveel dit ook aan. U mag net nooit presies dieselfde eindproduk as 'n

ander student ingee nie; sorg dus dat u nooit na 'n ander student se finale eindproduk kyk

nie. U eie werk moet u eie persoonlike skryf- en redeneerstyl weerspieël.

Toetse word vooraf aangekondig by wyse van aankondigings tydens die lesings asook epos/

eFundi. Indien ‘n student nie ‘n toets skryf nie, het hy gewoon ‘n nulpunt vir daardie

toets. “Geldige verskonings” dien dus nie as plaasvervanging vir punte nie. Toetse is

natuurlik individuele aktiwiteite.

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!