WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC WSKT 212 PAC

v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za
from v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

4 Trigonometriese funksies Leeruitkomste vir hierdie leereenheid Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die volgende te doen: 1. ‘n Rotasiebeweging (draaibeweging van ‘n katrol of elektriese motor of generator of dergelike masjien) as ‘n trigonometriese funksie te beskryf; 2. ‘n Periodiese beweging (reëlmatig-herhaalde beweging (dit is ‘n reëlmatige heenen-weer- of op-en-af-beweging)) as ‘n trigonometriese funksie te beskryf; 3. ‘n Golf as ‘n trigonometriese funksie te beskryf; 4. kan verduidelik wat die betekenis is van elkeen van die begrippe amplitude, hoekfrekwensie, periode, frekwensie en vertikale translasie (verplasing) soos wat dit voorkom by rotasiebeweging, periodiese beweging en golwe; 5. die waardes van die amplitude A , die hoekfrekwensie ω , die periode T , die frekwensie f en die vertikale translasie (verplasing) d uit ‘n gegewe grafiese voorstelling van ‘n rotasiebeweging, periodiese beweging of golf te bepaal; 6. die periode, die frekwensie en die hoekfrekwensie in die korrekte meeteenhede kan uitdruk; 7. die algemene vergelyking van die funksies y = Asin( ω t) + d en cos( ) deur middel van ‘n tabel of andersins grafies voor te stel; 8. algemene vergelyking van die funksies y = Asin( ω t) + d en cos( ) pas op werklike probleme in die tegniese vakgebied 138 y = A ω t + d y = A ω t + d toe te Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington Paragraaf Bladsynommers 10.5 306 - 309 10.6 309

Bestudeer die PowerPoint-skyfiereeks “Betekenisvolle Trigonometriese Grafieke” wat vooraf per e-pos na u toe aangestuur is of op eFundi gevind kan word. Werk ook deur die volgende voorbeelde: Trigonometriese model vir die menslike hartklop Gestel die menslike hart word beskou as ‘n bolvormige (sferiese) struktuur met ‘n radius r wat tussen die waardes r = 4cmand r = 6cmwissel soos wat die hartspier saamtrek en ontspan. Indien die menslike hart teen 58 slae per minuut klop, stel ‘n wiskundige model saam waarmee die radius van die hart as funksie van tyd voorgestel kan word. Neem die aanvangstoestand van die hart (as t = 0 minute ) as ‘n die gemiddelde van die maksimum- en minumumradius (dus, ‘n neutrale stand). Teken ook die model as ‘n kromme van radius r teenoor tyd t . Oplossing: Uit ons alledaagse ervaring weet ons dat die hartklop ‘n reëlmatig-herhaalde periodiese proses is – daar is volgens die gegewe inligting 58 saamtrekkings per minuut. Aangesien daar vir elke sametrekking (wat die “slag” van die pols verteenwoordig) ook een ontspanning is, kan ons sê dat daar eintlik 58 saamtrek-en-ontspan-siklusse per minuut plaasvind. Hierdie proses kan dus geredelik d.m.v. ‘n sinus- of cosinus-funksie gemodelleer word, want hulle is reëlmatig-herhaalde periodiese funksies van ‘n veranderlike (in hierdie geval, t). Laat ons nou ‘n hulpskets maak om ons te help om intelligente keuses te maak aangaande die tipe funksie wat ons gaan gebruik, die amplitude, vertikale verplasing, faseverskuiwing en hoeksnelheid: 139

Bestudeer die PowerPoint-skyfiereeks “Betekenisvolle

Trigonometriese Grafieke” wat vooraf per e-pos na u toe

aangestuur is of op eFundi gevind kan word.

Werk ook deur die volgende voorbeelde:

Trigonometriese model vir die menslike hartklop

Gestel die menslike hart word beskou as ‘n bolvormige (sferiese) struktuur met ‘n radius r

wat tussen die waardes r = 4cmand

r = 6cmwissel

soos wat die hartspier saamtrek en

ontspan. Indien die menslike hart teen 58 slae per minuut klop, stel ‘n wiskundige model

saam waarmee die radius van die hart as funksie van tyd voorgestel kan word. Neem die

aanvangstoestand van die hart (as t = 0 minute ) as ‘n die gemiddelde van die maksimum-

en minumumradius (dus, ‘n neutrale stand). Teken ook die model as ‘n kromme van radius

r teenoor tyd t .

Oplossing:

Uit ons alledaagse ervaring weet ons dat die hartklop ‘n reëlmatig-herhaalde periodiese

proses is – daar is volgens die gegewe inligting 58 saamtrekkings per minuut. Aangesien

daar vir elke sametrekking (wat die “slag” van die pols verteenwoordig) ook een ontspanning

is, kan ons sê dat daar eintlik 58 saamtrek-en-ontspan-siklusse per minuut plaasvind.

Hierdie proses kan dus geredelik d.m.v. ‘n sinus- of cosinus-funksie gemodelleer word, want

hulle is reëlmatig-herhaalde periodiese funksies van ‘n veranderlike (in hierdie geval, t).

Laat ons nou ‘n hulpskets maak om ons te help om intelligente keuses te maak aangaande

die tipe funksie wat ons gaan gebruik, die amplitude, vertikale verplasing, faseverskuiwing en

hoeksnelheid:

139

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!