05.05.2013 Views

BEVRYDING WAT BEHELS DIT.pdf

BEVRYDING WAT BEHELS DIT.pdf

BEVRYDING WAT BEHELS DIT.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BEVRYDING

WAT BEHELS DIT?

ONS STRYD TEEN DIE BOSE IS 'N WERKLIKHEID.

Efe. 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die

owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu,

teen die bose geeste in die lug.

1Pe 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n

brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

1Pe 5:9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof,

Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle

wegvlug.

Efe 4:27 en gee aan die duiwel geen plek nie.

Opb 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die

bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot

woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

Opb 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te

voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis

van Jesus Christus hou.

OPMERKINGS.

Die duiwel van die gelowiges aan deur versoeking. Matt.4:1-11

Die gelowige is gewikkel in 'n geestelike worstelstryd met die Bose in die lug. Efe.6:12

Openbaring praat van 'n Oorlog. Opb 12:17

As die gelowige aan die duiwel plek gee deur sonde en besoedeling van okkulte en

Satanisme sal hy dit vat. Efe.4:27

Baie gelowiges ervaar probleme omdat hulle nognie geleer het om die duiwel se

aanvalle te weerstaan nie. Jak.4:7

Die duiwel kan selfs iemand in sy strik vang sodat hy in 'n demoniese gebondenheid

kom. 2Tim.2:26

Mensel kan selfs besete raak a.g.v. die houvas van bose geeste. Luk.8:26-39

2

Satan is 'n leuenaar. Hy is die Vader van die leuen. Hy is 'n mensemoordenaar. Joh.8:44

Hy is 'n die wat net kom om te steel, te slag en te verwoes. Joh.10:10

Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak. Joh.8:32

U Woord is die waarheid. Joh.17:17

Let op die verwoesting wat kom as 'n mens die leuen glo.(Jongman op dwelms en in

okkulte kom aanmekaar vir Bevryding. Toe hy 14 was het hy geglo dat sy ma haat

hom.)

KAN 'N CHRISTEN GEBIND WEES DEUR DEMONIESE MAGTE ?

Ja, beslis, as daar omstandighede of besoedeling in sy lewe is wat vir die duiwel 'n reg

of 'n opening gee om hom in gebondenheid te bring.

Daar was 'n vrou wat 18 jaar lank gebind was deur die duiwel met 'n gees van

krantkheid. Sy was 'n dogter van Abraham (dws sy was 'n verbondskind) Luk.13:10-17

Luk 13:11 En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad

het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. (NV)

Luk 13:12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid

verlos.

Luk 13:13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en

God verheerlik.

Luk 13:14 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die

sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop ‘n

mensbehoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag

nie.

Luk 13:15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie

op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?

Luk 13:16 Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink

daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag

verlos word nie?

Luk 13:17 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare

was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.

Die Bybel leer van gelowiges wat in die strikvan Satan gevang kan word.

1Tim.3: 7; 2Tim2:26.

1Ti 3:7 Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in

veragting en in die strik van die duiwel val nie.

2Ti 2:26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle

deur hom gevang was om sy wil te doen.

Afvallige gelowiges kan in die hande van verleidende geeste val.

1Ti 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig

sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

2Co 11:1 Ag, as julle my net ‘n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog

maar!

2Co 11:2 Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan

een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.

2Co 11:3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle

sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

2Co 11:4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het,

of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat

julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

Saul was Geesvervuld, en kom dan weer onder die mag van 'n Bose Gees.

Samuel voorspel:

1Sa 10:5 Daarna sal jy kom by Gíbea van God waar die wagposte van die Filistyne is;

en net soos jy daar die stad inkom, sal jy ‘n groep profete ontmoet wat van die

hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle

self profeteer.

1Sa 10:6 En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle

sal profeteer en in ‘n ander mens verander word.

Dit gebeur werklik.

1Sa 10:10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ‘n groep

profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle

geprofeteer het.

Saul word later weer gepla deur Bose geeste.

1Sa 16:14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die

HERE gestuur, het hom verskrik.

Saul raak weer Geesvervuld.

1Sa 19:19 En aan Saul is meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in Najot by Rama.

1Sa 19:20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die

skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God

oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.

1Sa 19:21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander boodskappers gestuur, maar

hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer weer boodskappers gestuur, maar

hulle het ook geprofeteer.

1Sa 19:22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu

is, en gevra en gesê: Waar is Samuel en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by

Rama.

1Sa 19:23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en die Gees van God het ook

oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het totdat hy in Najot by Rama

aangekom het.

1Sa 19:24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en

ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook

onder die profete?

Mense kom in demoniese gebondenheid, omdat hulle die direkte opdragte van die Here

t.o.v. die duiwel verontagsaam.

Eph 4:27 en gee aan die duiwel geen plek nie.

Mense komin demoniese gebondenheid deur die sondes (veral op okkultiese gebied)

van hulleself of van die voorgeslagte. As hulle tot bekering kom, dan is hierdie

gebondenheid uit die voorgeslagte nie noodwendig gebreek nie.

Exo 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

Exo 20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

Exo 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Exo 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die

hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is

nie.

Exo 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE

jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan

die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

Getuienisse van oor die hele wêreld uit verskillende kerke en denominasies en van tye

deur die eeue heen, vertel van mense wat deur 'n diens van bevryding verlossing

ontvang het van die teistering van domoniese magte. “Jesus Christus is dieselfde,

gister vandag en tot in ewigheid.”(Heb.13:8)

NOTA

Mense kry swaar om te glo dat gelowiges demonies gebonde kan wees.

'n Aspek van die christen se lewe kan onder die mag of invloed van demoniese magte

wees.

Die christen wat in gebondenheid is, gaan nie verlore nie, en sal verseker hemel toe

gaan.

'n Persoon wat demonies gebonde is ervaar probleme in sekere areas van hulle lewe

wat hulle nie kan oorwin in eie krag nie.

Demoniese gebondenheid belemmer 'n gelowige se gesonde gemeenskap met die Here

en met ander mense.

Dikwels is sy sonde al vergewe, maar die demone is nie hanteer nie. Die Woord leer dat

die Bose gees weerstaan moet word en verdryf moet word.

Die stryd teen die Bose is 'n GEESTELIKE STRYD.

HOE VERKRY DIE DUIWEL EN BOSE GEESTE 'N HOUVAS?

Afgodery bring 'n gemeenskap met demone en bose geeste en mense kom so onder

die invloed of mag van bose geeste.

1Kor 10:19 Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is?

1Kor 10:20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God

nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.

Deu 32:16 Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.

Deu 32:17 Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie

bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer

het nie.

OPMERKINGS:

“Duiwels” is eintlik demone volgens die beste vertaling.

Daar is net een duiwel, maar baie demone.

Daar is net twee soorte bo-natuurlike. Dit wat van die Here is en dit wat nie van die

Here is nie.

Afgodery is om te doen te hê met die bo-natuurlike wat nie van die Here is nie.

Vandag het ons in ons samelewing te doen met 'n obsessie met die bo-natuurlike wat

nie van die Here is nie.

Ons moet weet watter “gees” werk in hierdie saak. Die Here of die Bose.

Ons moet weet hoe sterk is hierdie gees wat hier werk.

Verder van onder afgodery:

Alle vorme van waarsêery.

Alle vorme van towery en magie.

Alle vorme van Spiritisme of die oproep van geeste.

Ook: Bygeloof, vloeke, besweringe, kontak en bemoeienis met die okkulte Satanisme.

Deu 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die

vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of

towery omgaan nie,

Deu 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n

gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

Deu 18:12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om

hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.

Deu 18:13 Opreg moet jy wees met die HERE jou God.

Deu 18:14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars

en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat

nie.

Dit geld ook vir items wat vervloek is, of okkulties besoedel is.

Deu 7:25 Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer

en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur

verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel.

Deu 7:26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die

banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel

beskou; want dit is onder die banvloek.

Towery werk altyd deur 'n medium.

'n Medium kan wees: 'n Mens, 'n dier(soos 'n kat of hond), 'n item, 'n rolprent,

rekenaarspeletjies, 'n simbool soos byv. Die Pentagram.

Rolprente soos Harry Potter.

Vergelyk in die NT wat gebeur in Hand.19:18-20

Hand. 19:18 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle

dade bekend gemaak;

Hand. 19:19 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke

bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en

gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was.

Hand. 19:20 So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.

Deu 13:17 And nothing of the accursed things shall cling to your hand, so that the

Lord may turn from the fierceness of His anger, and show you mercy and have

compassion on you and multiply you, as He swore to your fathers,

NOTAS:

Dit gaan oor items wat behoort aan nie-christelike godsdienste. (afgodery)

Dit gaan oor items wat jy weet dat dit vervloek is.

Dit sluit in Satanistiese simbole, en items wat gebruik is in towery, heksery, rituele en

kultusse.

Plakate wat demonies en Satanies is.

BLOEDLYNE EN VOORGESLAGTE:

Eks. 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE

jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan

die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

Satan is die aap van God. As God Sy kinders en hul nageslag seën, dan probeer satan

dit ook doen.

Hy probeer om mense wat hom gedien het deur okkulties – demoniese dinge se

nageslag te bind.

Hy slaag nie altyd nie, want hy is nie almagtig nie.

In die praktyk vind ons dit dikwels dat as die voorgeslagte deurmekaar was met

demoniese dinge, die gees oorgaan op die nageslag.

WAT VAN JER.31:29 ?

Jer 31:29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die

tande van die kinders het stomp geword.

Jer 31:30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen

druiwe eet, sy tande sal stomp word.

'n Persoon wie se voorgeslagte betrokke was by demoniese dinge, sal wel verseker tot

bekering kan kom, vergifnis ontvang, maar soms (want die satan is nie almagtig nie)

sal die satan probeer en slaag om die nageslag te besoedel.

In Spiritisme sien ons dit ook.

As die ouers betrokke was in die okkultiese dinge en sekere “gawes” ontvang het,

soos waarsêery, sal die kinders dikwels sulke gawes “erf”.

PERSOONLIKE SONDES.

Wanneer mense volhard in sonde oor 'n lang tydperk, selfs al hoor hulle die vermaning

van die Here, kan dit gebeur dat hulle daardeur gebind raak en dat dit 'n demoniese

vesting word. Byv. Verslawing.

Eintlik is alle sonde afgodery en rebellie teen God. Afgodery is om te luister na 'n ander

gesag ('n ander gesag hoër te ag as die van God.) in plaas daarvan dat God my

hoogste gesag is. Dit kan ander gode wees, maar dit kan ook ander mense se woord

wees of selfs my eie raad wees wat ek volg.

Rebellie gee plek aan die duiwel. Vergelyk 1Sam.15:23

1Sa 15:23 Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is

afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as

koning verwerp.

1Sa 15:23 For rebellion is as the sin of witchcraft, and stubbornness is as idolatry and

teraphim (household good luck images). Because you have rejected the word of the

Lord, He also has rejected you from being king.

ONVERGEWENSGESINDHEID

Mat 6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle

oortredinge ook nie vergewe nie.

Vgl. Ook Matt.18:15-35 – Skuldeiser en die pynigers.

GODDELOSE SIELSBANDE.

Sielsbande word gevorm tussen persone wat voor of buite die huwelik 'n seksuele

verhouding het. Seksuele kontakte soos molestering en verkragting geld ook hier.

Sielsbande kan gevorm word as ma of pa 'n ongesonde verhouding met die kind of

kinders het. (Byv. Ma is baie dominerend. Pa is baie koud en afsydig teenoor die kind.)

Sielsbande kan ook gevorm word as een mens 'n soort ongesonde houvas op ander

het. ('n dominerende ouer of lewensmaat.)

Sielsbande word egter normaalweg gevorm deur seksuele kontak.

SEER, VERWERPING EN MOLESTERING.

Baie mense dra in hulle al vir jare die pyn en seer as gevolg van verwerping,

mishandeling, skokervaringe, molestering en allerlei wonde wat hulle opgedoen het in

veral die kleintyd.

Probleme uit die kinderjare. Baie ongelukkig as kind.

Wanverhoudinge met een of beide ouers. (Kind beleef nie dat ouers hom liefhet nie.)

Onvergewensgesindheid, bitterheid, woede, haat, jaloesie en ander.

Selfmoordpogings of moordgedagtes.

Depressie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!