n stuk oor Ryk Jan Botes geskryf. Wa - Geni
n stuk oor Ryk Jan Botes geskryf. Wa - Geni
n stuk oor Ryk Jan Botes geskryf. Wa - Geni
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
In die laat 1950’s of vroeë 1960’s het die Volksblad se rubriekskrywer, Renier, ook ’n stuk

oor Ryk Jan Botes geskryf. Wanneer presies dit gepubliseer is, indien ooit, weet ek nie. Ek

het êrens ’n getikte weergawe daarvan bekom, en gee dit hieronder weer, met die manuskrip

wysiginge wat daarop aangebring is:

RYK JAN BOTES EN DIE EERSTE VOORTREKKERS

(’n Artikel deur Renier)

Met die eeufees van die Moedergemeente Bloemfontein, het ek ’n oorsig van die

gemeente se geskiedenis gegee en ook gesê dat die heel eerste kerk gebou is met

geld wat deur Jan Botes voorgeskiet is. Hy was destyds algemeen bekend as Ryk

Jan Botes. Ek het nou van verskeie kante meer besonderhede van die waardige ou

vader ontvang, waaruit blyk dat hy een van die eerste intrekkers van die Vrystaat

was.

Sover ek kon vasstel het hy agt jaar voor die Groot Trek saam met veertien ander

gesinne die Grootrivier deurgetrek en hulle in die omgewing van Berseba, distrik

Smithfield, gevestig.

Volgens ’n verklaring wat deur Jan Botes op 2 September 1858 afgelê is in

verband met Mosjesj se aanspraak op die Suidelike Vrystaat het hy in 1830 van

Beaufort-Wes af na die Vrystaat getrek. Die trek het uit veertien gesinne bestaan

en hulle het hulle op Zevenfontein gevestig. Die eerste aanleg op Zevenfontein is

sy handewerk.

Terwyl hulle daar woonagtig was, is hulle vir die kafferoorlog van 1834-1835

deur veldkornet Jac. Vorster opgekommandeer. Volgens Botes het hulle wilde

Boesmans op Zevenfontein aangetref maar die Boesmans is goed behandel en toe

hulle daar weg is om aan die Kafferoorlog te gaan deelneem, is die Boesmans

beveel om die gesaaides op te pas.

Na sy terugkoms op Zevenfontein sou Botes egter tot sy teleurstelling uitvind dat

sy grond deur ’n Franse sendeling, Eerw Rolland, bewoon is. Sy verklaring was

dat Mosjesj die grond aan hom gegee het. Voorheen was Rolland onder die

Matabeles werksaam, maar hy is daar uitgedryf deur Silkaats.

Nou eers net ’n kort verduideliking: Ek het so flussies van ’n verklaring gepraat

wat deur Jan Botes in 1858 afgelê is. Na die Basoetoeoorlog van 1858 is ’n

kommissie deur president Boshof (hy het sy van met een f geskryf, en daarom

word die dorp Boshof wat na hom heet, ook met een f geskryf) aangestel om

ondersoek te doen na Mosjesj se aanspraak ten opsigte van die grens tussen

Basoetoeland en die Vrystaat. Daardie verslag is op die vredesonderhandelinge

op Aliwal-Noord met Sir George Grey as bemiddelaar behandel.

In daardie verslag kom baie waardevolle getuienis voor omtrent die eerste

intrekkers in die Vrystaat:

Reeds in die winter van 1819 het ’n jaggeselskap al sover as Zastron getrek. Jan

Botes het hom in 1830 op Zevenfontein gevestig.

Volgens die getuienis van al die eerste intrekkers, het hulle wel Boesmans in die

Suidelike Vrystaat aangetref, maar geen Basoetoes nie. Botes vertel dat na hul
terugkoms van ’n kafferoorlog, hul Eerw. Rolland in besit van Zevenfontein

gevind het.

Hierdie eerw. Rolland het in 1829 saam met vyf ander Franse sendelinge na Suid-

Afrika gekom. Sy naam was Rolland. Onder daardie groep was ook eerw. Jean

Pierre Pellissier, die stamvader van die Pellissiers. Ons waardige gewese

direkteur van Onderwys dr. S.H. Pellissier, het ’n seun met daardie stamnaam,

maar volgens Boere-manier praat almal van Jan Peer in plaas van Jean Pierre.

Eerw. Pellisier was ook die stigter van Bethulie.

Twee van hierdie sendelinge, eerww. Eugene Casalis en Thomas Arbousset, het

hulle op Morija in Basoetoeland gaan vestig.

Dit was ook nie baie lank nie, of die gerug doen die rondte dat die sendelinge die

Kaffertjies geleer het om papier te laat praat.

Die ou ringkoppe het die gerugte as bespotlik bestempel, maar toe, op ’n dag het

selfs van die ouer volk sover gevorder dat ook hulle “papier kon laat praat”, en

toe was daar eers ’n opskudding. Een van die mees ongelowiges was Mokotsane,

die vader van Mosjesj. “Alles leuens” het hy gesê, “Hoe kan ’n mens nou ’n

woord sien?” het hy geredeneer. Toe die twee sendelinge op ’n dag op Thaba

Mbosigo op besoek was, sou hul voorwaar vir Mokatsane sowel as Mosjesj

oortuig.

’n Basoetoe wat reeds kon lees is daarop weggestuur en Mokatsane het ’n paar

woorde gesê wat die sendeling op ’n stukkie papier geskrywe het. Die Basoetoe is

daarop ingeroep en die stukkie papier waarop Mokatsane se woorde geskryf was

voor hom ingeskuiwe. Hy het die stukkie papier in sy hande geneem terwyl

Mosjesj en sy vader ongelowig sit en toekyk. Sonder moeite het die jong Basoetoe

egter die woorde gelees. Mokatsane was verstom en verslae. Hy het die kop

geskud en in sy verslaentheid het hy albei hande voor sy oop mond gehou. Nou het

hy geglo dat papier kon praat.

Sevenfontein was nou in besit van eerw. Rolland en toe is maar besluit om verder

te trek en so tref ons Botes later aan as die eienaar van die plase Steurbank,

Rietfontein en Bosberg. Sy bure was JJ Loots van Leeukuil, JJ van Zyl van

Boesmanskop en Casper van Zyl van Aarddoorns (of Espagskop). Hulle was

almal Voortrekkers uit die Karoo.

Tydens die bediening van Ds Andrew Murray was Botes ouderling van die

gemeente Bloemfontein.

Tydens ’n Basoetoe-inval is Ryk Jan Botes op 17 Julie 1865 op Rietpan deur die

Basoetoes vermoor. Hy het destyds op Pietersberg gewoon, maar vir die winter

het hy na sy ander plaas, Botesberg getrek. Albei die plase lê na aan Brandfort.

Volgens oom Jan Joubert (sedertdien oorlede) vertel is die murasies van die

eerste ou opstal op Pietersberg nog duidelik sigbaar.

Om een van die hoë rante is ook nog die oorblyfsels van ’n klipmuur wat deur

hom daar gebou is. In die kamp het hy perde gehou as die perdesiekte so kwaai

word.
Dit word ook vir die waarheid vertel dat bo op ’n hoë rant op Botesberg ’n sterk

fontein was.

Ongeveer ’n myl van Rietpan is Jan en Barend Botes, seuns van Ryk Jan Botes,

sowel as sy skoonseun, Jan Hamman, en ’n ou onderwyser, Hendrik Swem

(Schwimm) vermoor. Die waens is deur die kaffers geplunder en £800 aan goud is

deur hulle saamgeneem. Twee seuns Hendrik (13) en Antonie (11), het te perd

ontvlug, maar hulle het nie sonder ’n paar assegaaiwonde weggekom nie.

Hamman is lewendig oopgesny.

Die onderwyser en Jan Botes is by die wa waarmee hulle gevlug het, oorval en

vermoor. Op 30 Julie 1866 het kommandant H Venter van Soutpan berig dat hy

op die lyke afgekom het. Hulle was almal op gruwelike wyse vermoor. Die

slagoffers is deur Kommandant Venter en sy manskappe begrawe. J Kasselman,

Maas, en J Storm het gelukkig daarin geslaag om hulle los te veg. Verder het

kommandant Venter berig: Die vrou en kinders van Jan Botes is by my in die laer,

maar die vroue van klein Jan Botes en Jan Hamman is nog nie hier op

Jakkalsfontein nie; ek het vandag gestuur om na hulle te laat soek.

Tant Helena Botes, eggenote van Ryk Jan Botes, het agtien kinders gehad van wie

twee klein dood is. Sestien het sy groot gemaak. Sonder naaimasjien het sy self al

hulle klere gemaak met naald en garing. ’n Kappie wat deur die ou moeder

eiehandig gemaak is, het ek nou die dag self besigtig en al wat ek kan sê, is dat dit

’n stuk kunswerk is. Soos ek van die nageslag verneem, het sy nooit ’n enkele

bediende gehad nie.

In die boek: Die Geskiedenis van Smithfield en die Caledon-distrik (1819 -1952)

deur A. Prinsloo, ’n lywige werk van 800 bladsye, waaraan hy 35 jaar gewerk het,

word ook baie prominensie gewy aan die persoon van Jan Botes. Mnr. Prinsloo

sê dat hy een van die vroegste intrekkers in daardie gebied was en bekend was as

"Ryk Jan Botes”. Hy was ’n man met ’n baie romantiese verlede. In 1830 het hy

sy eerste verskyning gemaak op Zevenfontein, ’n geskiedkundige plaas, wat

vandag algemeen bekend is as Barseba. Omdat daar sewe fonteine op die plaas is,

het hul die plaas na die fonteine genoem. Hulle is vandag nog daar, en daar is

ook ’n warm bron.

Botes was volgens Prinsloo, afkomstig uit die Nuweveld in die distrik Beaufort-

Wes. Veertien of vyftien gesinne het saam noordwaarts getrek. Tot 1834 het die

trek op en om Zevenfontein gestaan toe Jacobus Vorster daar opdaag en die mans

kommandeer vir die Sesde Kafferoorlog. Hulle het toe nog onder die Colesbergveldkornetskap

geval.

In hul afwesigheid het Mosjesj die plaas aan die Franse sendeling toegesê en so

het dit gekom dat Botes hom later in die distrik Brandfort gaan vestig het waar sy

nasate vandag nog woon. Tydens die Basoetoe-inval van 1865 is hy op sy plaas

vermoor.

Volgens Prinsloo was Jan Botes ’n baie eienaardige persoon oor wie seker ’n

boek geskryf kan word. Dit word van hom vertel dat as hy op ’n reis gaan, hy ’n
leeu – of ottervel om sy skouers gehang het. Sy hoed was van perdesterthare

gevleg, asook diè van sy kinders. Hy het altyd voorkeur aan die hare van ’n wit

perd gegee en die band is dan van swart hare gevleg, want as daar dood in die

familie kom, dan was hy mos sommer ook in die rou. Daar is ook mense wat die

bekende ou liedjie ”My vader was ’n Dopper”, aan hom toeskryf.

Dit is ook bekend dat, toe die eerste kerk in Bloemfontein gebou is, die kerkraad

£600 by hom geleen het.

Hy het ook saam met Andries Pretorius, die held van Bloedrivier, aan die slag van

Boomplaas deelgeneem waarvoor hy met £75 beboet is. Toe die Engelse die

boetegeld kom haal, het hy ’n leersak met die geld aan hul oorhandig om die regte

bedrag af te tel en toe het hy al om die tafel geloop en gesing “My vader is ’n

Dopper, en ’n Dopper is hy”.

Tot sover die boek van A. Prinsloo. Die nasate van die helde-figuur wat almal in

die omstreke van Brandfort woon, het in hierdie jaar ’n pragtige gebaar gemaak

deur die stoflike oorskot van die ou vader en moeder op te grawe waar hul onder

betreklike verwaarloosde toestand in twee eensame grafte gelê het, en aan hul die

nodige eer en hulde te betuig deur hul te herbegrawe onder die beskerming van ’n

indrukwekkende grafsuil.

Die voorbereidende werk het maande in beslag geneem onder die geesdriftige

leiding van ’n paar agterkleinkinders, Hennie Botes, Jannie Botes en Kobus

Victor, om maar ’n paar name te noem. Dis eintlik onbillik teenoor die

nakomelinge om sekere persone uit te sonder as die eintlike stukragte, want hul

het soos ’n byeswerm met hierdie hulde-werk net een doel en een mikpunt gehad!

Die eer aan hul stamouers. Diegene wat nie aan die spits moes trek met die

organisasie nie, het kragdadig hulp verleen met die grawe van die grafte en ander

werk soos byvoorbeeld met die onthaal van die groot aantal belangstellendes met

die herbegrafnis.

Die volgende verslag in Die Volksblad van 3 Junie 1958 gee ’n saaklike oorsig

van die grootse daad van die nakomelinge van ’n helde-ouerpaar.

BRANDFORT, 13 Junie. ’n Unieke gebeurtenis het Saterdag plaasgevind op die

plaas rooiwater, van mnr. Jannie Botes toe ’n skare van meer as driehonderd die

herbegrafnisplegtigheid van ’n Voortrekkeregpaar wat in die vorige eeu al

oorlede is, bygewoon het.

Die twee persone, wyle Mnr. Jan Botes en sy eggenote, Helena, wat na bewering

die eerste blankes was wat in die gebied noord van die Oranje ingedring het. Hy

is in 1865 deur die Basoetoes vermoor en sy is in 1890 oorlede.

Die nakomelinge van die egpaar wat hier in die omgewing woon, het besluit om

hulle te huldig deur hulle stoflike oorskot in een graf bymekaar te bring en daar ’n

waardige steen op te plaas.

Die verrigtinge was dus die uitvloeisel van hierdie besluit en het onder die leiding

van mnr. A. Reyneke, hoof van die volkskool op Brandfort gestaan.

Ds. E.P.J. Kleynhans het ’n kort huldigingsrede gehou na aanleiding van Jos.

24:32, terwyl prof. H. Strauss van die Vrystaatse Universiteit as feesredenaar
opgetree het en as tema gehad het dat die vyande van vroëer nie in staat was om

Christene van God afvallig te maak nie en hul dus net ’n tydelike dood kon laat

sterf omdat God daardie mense in hul hart gegryp het.

Die program is verder aangevul deur ’n sangduo deur mnr. en mev. Koos

Griessel.

Die twee kissies met die stoflike oorskot is na die graf gedra deur agteragterkleinkinders

van die oorledenes. Een van hulle - Hybrecht Botes - het ’n

kappie gedra wat nog deur die ou moeder eiehandig gemaak is.

Uit die graf van die ou vader is met die opgrawing verskeie voorwerpe gehaal,

waaronder ’n verroeste assegaaipunt, vermoedelik waarmee hy doodgesteek is, ’n

tonteldoos, mes en lepel.

Die mooi steen is onthul deur die twee kleinseuns van die Voortrekkerouerpaar,

mnre. Hennie Botes en Wiets Botes. ’n Dogterkoor het ’n lied gesing terwyl die

steen onthul is.

Kommandant Rassie Vermaak het die verrigtinge afgesluit met ’n gebed en mnr.

Willem van Wyk, ’n agterkleinseun, het die bedankings gedoen.