05.05.2013 Views

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NGK Lichtenburg-Oos

Bybelskool 2e & 3e kwartaal 2011

Tema: Die Tien Gebooie as grondslag van ons etiese lewe

Lesing 4: Die tweede gebod (deel 1)

Eks 20: 4, 5 & 6

"Jy mag nie vir jou ʼn beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die

aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie,

want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van

hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon

my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.”

Eerste en tweede gebod of een gebod?

Die onderskeid tussen die eerste en tweede gebod is nie met die eerste oogopslag duidelik

nie. Dit lyk of Eks 20:4 e.v. maar net ʼn uitbreiding is van vers 3. Om hierdie rede het die

Roomse en Lutherse kerke verse 4-6 as deel van die eerste gebod beskou en die tiende

gebod in twee gedeel om nog steeds by tien gebooie uit te kom (Eks 20:17 is as twee

gebooie beskou waar die negende gebod die begeerte van die naaste se huis verbied en die

tiende gebod die begeerte van sy vrou, donkie ens.). Binne die Gereformeerde tradisie word

Eks 20:4 e.v. egter van die eerste gebod op grond van die volgende onderskei:

Die eerste gebod handel oor afgodery, die tweede oor beeldediens.

Die eerste gebod handel oor die voorwerp (Wie as ware God aanbid moet word) van

aanbidding en die tweede oor die wyse van aanbidding.

Die eerste gebod gebied dat die enigste God aanbid moet word en die tweede gebod

verbied ons om hierdie God deur beelde te probeer aanbid.

Ons het dus hier met twee duidelik onderskeibare sake te make, wat by nadere ondersoek

van die tweede gebod verder duidelik sal word.

Eksegetiese opmerkings oor die tweede gebod

Die tweede gebod berus in hoofsaak op ʼn gebruik wat ten tye van die uittogperiode onder

die heidense volke in swang was, naamlik dat beelde (afbeeldings) van die oorspronklike

afgode gemaak en aanbid was. Hierdie vreemde gebruik het op drie (by-) gelowe berus.

Dat die godheid in die afbeelding teenwoordig was.

Dat die godheid op dié wyse naby die mens kon bly (draagbaar) en dus hanteerbaar

(manipuleerbaar) was.

Dat die mens die gode ʼn guns gedoen het om hulle te vermeerder en dat die gode op

hulle beurt nou weer die mens moes seën vir die feit dat die mens hulle vermeerder

het (do ut des – ek gee aan jou iets sodat jy weer iets aan my kan gee).

In die lig hiervan, is die volgende sleutelbegrippe vir die verstaan van die tweede gebod

belangrik.

Pèsèl – (Gesnede) beeld. Die verbod hiervan slaan direk op bogenoemde, daar mag nie van

die Ware God ‘n nabootsing gemaak word nie.

1

..Van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is

nie... – Daar mag van niks in die hele kosmos ʼn beeld gemaak word om God voor te stel

nie.

El qanna – “Jaloerse God” Hierdie uitdrukking dui aan dat God aan die verhouding met Sy

kinders dink soos aan ʼn huweliksverhouding. God is dus nie op ʼn kleinlike manier jaloers

(besorg) oor die regte manier van aanbidding nie, maar juis omdat Hy ons liefhet en ons nie

sal liefhê op ʼn manier wat ons waarde aantas nie. Hy verwag egter dieselfde van ons. Hy is

jaloers oor die wyse wat ons Hom dien.

Toerekening van sondes aan die derde en vierde geslag, liefde tot aan die duisendste

geslag – Hierdie opmerking is nie beperk tot die tweede gebod nie (gebooie). God plaas

hierdie tussenwerpsel hier as ʼn waarskuwing, maar ook ʼn belofte van seën wanneer dit kom

by die erns wat ons moet maak met Sy wil. Dit plaas ʼn groot verantwoordelikheid op elke

geslag, dat ons in die lig van hierdie waarskuwing, ook moet dink aan hulle wat na ons kom.

Dit is moontlik dat selfs ons nageslag kan ly onder ons sondes. Jerobeam (I) dien as ʼn

voorbeeld hiervan (1 Kon 14:1-20, 15:25-30). Hierdie is egter nie ʼn “fatalistiese formule” wat

in verband gebring moet word met hedendaagse bygelowe soos met die sogenaamde

“bloedlynvloeke” nie. God hanteer elke mens na sy/haar eie uniekheid en die opregtheid van

hulle harte (vgl. bv. die Nineviete). God se genade moet egter ook in hierdie tussenwerpsel

gesien word; Sy genade oortref Sy toorn by verre. Dit moet dien as ʼn positiewe

aanmoediging dat ons God moet dien soos Hy dit wil hê.

Waarom hierdie gebod?

God is nie soos ander gode nie. Dit is ʼn skande om Hom te onderwerp aan die

gebruike wat op afgode van toepassing was (1 Sam 2:2, Mig 7:18a).

God kannie in ʼn beeld vasgevat word nie (1 Tim 1:17).

God is onbegryplik (Rom. 11:33)

Niemand weet hoe God lyk nie (Deut. 4:15-19, Rom. 1:22-23).

God is Gees en kannie in menslike kategorieë verstaan of voorgestel word nie (Joh.

4:24, 2 Kor. 3:17) .

God is vry (Rom. 11:34-35).

God het gekies om Homself deur die algemene en die besondere openbaring onder

die mens bekend te stel (Rom. 1:19-20, 2 Tim 3:16).

Dit behoort duidelik te wees dat die heiligheid, andersheid en uniekheid van God voorop

staan in hierdie gebod. God se kinders mag nie afgode dien nie terwyl die enigste ware God

ook nie op enige ander wyse aanbid moet word, behalwe soos God wil nie.

By hierdie eerste oorsig kan dus gesê word dat die positiewe gebod van die tweede gebod

daarin geleë is dat ons opgeroep word om God te dien soos Hy wil hê. Die negatiewe gebod

(verbod) is dat ons verbied word om afbeeldings van enige-iets in die skepping van God te

maak om dit te aanbid.

In die volgende lesing gaan ons hierdie sake prakties ondersoek.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!