05.05.2013 Views

Ecosoil Folder.cdr

Ecosoil Folder.cdr

Ecosoil Folder.cdr

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Snoei kostes en

verhoog produksie

met Ecosoil

se Kompostee

SORG VIR JOU GROND EN JOU GROND SORG VIR JOU

KOMPOSTEE

Ecosoil se missie is om produkte en dienste aan boere

te lewer wat hulle in staat sal stel om winste op `n

volhoubare en omgewings-vriendelike manier te

verhoog, deur hulle afhanklikheid aan bemestingstowwe

en plaagdoders te verminder, asook om

produksievolume en -kwaliteit te verhoog.

Hierdie uitkomste word bewerkstellig deur grondvrugbaarheid

en grondgesondheid te verhoog met die

inokulasie van gunstige mikro-organismes, die

toevoeging van organiese materiaal en die chemiese

balansering van gronde. Kompostee is die goedkoopste

en vinnigste manier om grondvrugbaarheid te verbeter.

In die meeste gevalle is die koste van die produk minder

as die besparings aan bemestingstowwe alleen.

Kompostee is `n water-ekstraksie van kompos waar

die mikro-organismes wat in die kompos voorkom

vermeerder word deur selektiewe voedingsubstrate by

te voeg. Soos die mikrobe-getalle in die ekstraksie

toeneem, daal die opgeloste suurstofvlakke en dus

word lug voortdurend deur die stelsel geborrel om die

ekstraksie aerobies te hou. Na 48 uur is hierdie

brouproses voltooi en die kompostee bestaan dan uit

voedingstowwe (organiese verbindings, mikro- en

makro elemente) en `n wye verskeidenheid voordelige

bakterieë, swamme, protosoë en nematodes.

Kompostee se doeltreffendheid hang af van die kwaliteit

van die kompos, die stelsel se ekstraksie-effektiwiteit en

die vermoë van die toevoegkos om die organismes te

vermeerder sonder om mikrobe-diversiteit prys te gee.

Komposteestelsel

Ecosoil se komposteestelsel is uiters effektief en

betroubaar. Slegs die beste stelselonderdele word

uitgesoek vir aanhoudende werkverrigting en kwaliteit.

Duursame borrelpype word ingevoer aangesien toetse

bewys het dat dit beter is met die aftrek en aanteel van

organismes as ander stelsels wat geperforeerde PVC

pype gebruik. Die vlekvrye staal- komposhouer

vergemaklik skoonmaak en is toegerus met sy eie

borrelpyp wat die kompos binne die houer aanhoudend

roer en sodoende die ekstraksie-effektiwiteit verhoog.

Swamme en protosoë is uiters sensitief vir die

meganiese aksie van pompe en daarom gebruik Ecosoil

blasers om die kompostee te deurlug in plaas van

byvoorbeeld pompe met venturis. Komposteetenke

van1200, 2500 en 5000 liter is beskikbaar.

Kompos en toevoegkos

Die komposmengsel is 'n versnit van 6 verskillende

komposse en bevat 'n baie hoë diversiteit van voordelige

mikrobes. Verskeie inokulante en minerale soos

paramagnetiese rots, vulkaniese as, ens. word

bygevoeg om dit `n unieke produk te maak. Na vele

toetse en navorsing is daar op 8 bestanddele besluit as

mikrobevoedsel, wat saam met die kompos as 'n pakket

verkoop word. Hierdie pakket is organies gesertifiseer

deur Ecocert.

Kenmerke van gesonde grond

Gesonde gronde het die regte chemiese, biologiese en

fisiese balans. Grond is chemies gebalanseerd as die

minerale in die regte verhoudings en optimumvlakke

voorkom. Grond is fisies gebalanseerd as daar ongeveer

5% organiese materiaal, 45% minerale en 50% poreë

voorkom. Die poreë moet rofweg op `n gelyke basis met

water en lug gevul wees. Hierdie poreë word geskep

deur bakterië wat slym afskei en gronddeeltjies bind in

aggregate. Swamme bind op hulle beurt dit in groter

aggregate. Ander organismes soos erdwurms skep

tonnels wat verder gronde deurlug. Die meeste

konvensionele landbougrond is gekompakteer met baie

min gronstruktuur. Dit is te wyte aan die gebruik van

anorganiese bemestigstowwe en plaagdoders wat

gunstige mikro-organismes in die grond vernietig.

Kompostee herstel weer die biologiese balans en

verbeter gronstruktuur en hef kompaksie op.

Soos enige boer weet, word goeie oeste met relatief

min insette op maagdelike grond verkry, waarna

produksies in daaropvolgende jare daal en peste en plae

progressief begin toeneem. Om hierdie negatiewe

tendense te oorkom, word grond by eenjarige gewasse

braak gelê en/of wisselbou toegepas. By meerjarige

gewasse het ons ongelukkig nie hierdie tegnieke tot ons

beskikking nie en is dit heel logies dat sulke gronde met

tyd uitgeput raak en dat peste en plae toeneem soos

hulle natuurlike predatore afneem.

Ecosoil se gebruikersvriendelike komposteestelsel. Organiese materiaal is uiters noodsaaklik om grondvrugbaarheid te

verbeter

Hoekom moet jy kompostee toedien?

Natuurlike sisteme soos fynbos is gesond en benodig

geen eksterne insette vir hul voedings- en

plaagbeheerbehoeftes nie. Dertig persent van die

suikers wat die plant deur middel van fotosintese

vervaardig, word deur die wortels uitgeskei om die

mikro-organismes rondom sy wortels te voed. Die

uitskeidings verskil tussen plantspesies en selekteer vir

verskillende kombinasies van mikrobes. Hoogs diverse

sisteme soos fynbos het derhalwe ook `n hoogs diverse

mikrobe gemeenskap. Hierdie mikrobes beskerm die

plant teen peste en plae deur die bedekking van

moontlike infeksieplekke, deur meer kompeterend te

wees vir voedsel en deur die inhibisie van patogeengroei.

Sekere mikrobes eet ander mikrobes wat help om

patogene se populasies onder beheer te hou. Daar word

geraam dat 75% van alle insekte deel van hul

lewensiklus in die grond deurbring. `n Gesonde grond

met `n diverse mikrobe-populasie en hoë organiese

materiaalinhoud help om pespopulasies onder die

ekonomiese drempelwaarde te hou.

Bakterieë en swamme is hoog in stikstofryke

proteiene. Voedingstowwe word vasgelê wanneer

hierdie organismes aanteel en die vry stikstof opneem

en omskakel na proteien in hul liggame. So word loging

van voedingstowwe gekeer. In die lente moet hierdie

REGS: Katoen met

drippers besproei

(Thabazimbi) - Links

van die wit lyn is

onbehandel en

regs is behandel

(let op die kleur en

hoogte van plante)

vasgelegte stikstof weer vir die plant beskikbaar gemaak

word. Dit word gedoen wanneer bakterieë en swamme

deur protosoë, nematodes en geleedpotiges geëet

word.

As die konvensionele boerdery benadering gevolg

word, raak gronde marginaal en arm aan organiese

materiaal, noodsaaklike voedingselemente en mikroorganismes.

Plante wat andersins goed groei in die

natuur, het konstante aandag en duur insette nodig

wanneer dit in `n monokultuur aangeplant word. Worteluitskeidings

van die gewas kan slegs `n beperkte

verskeidenheid mikrobes voed en hierdie paar gunstige

organismes word verder verminder deur die gebruik van

gifstowwe en hoë konsentrasies bemestingstowwe.

Natuurlike predatore se getalle daal tot vlakke waar hulle

nie meer patogeengetalle kan beheer nie en peste en

plae kry die oorhand.

Verdere chemiese ingrypings is nodig, wat die boer

duur te staan kom en wat die stelsel verder verswak. Die

feit dat boere 4 tot 6 keer meer stikstof toedien as wat

die gewas benodig, is `n sprekende bewys hiervan.

Ecosoil se kompostee het die nodige diversiteit om, as

deel van `n holistiese bestuursplan, jou grondvrugbaarheid

en -gesondheid so te verhoog dat jy

aansienlike besparings in bemesting- en spuitstofaankope

kan maak.

Kompostee verhoog

weerstand teen

siektes

LINKS ONDER:

Chenin Blanc blok

wat nie grondbehandel

is met

kompostee nie.

Hierdie blok het 6

swamspuite gekry.

REGS ONDER:

Chenin Blanc blok

waarvan die grond 2

jaar behandel is met

kompostee. Hierdie

blok het 4 swamspuite

gekry en is

100m weg van blok

op die linker foto.

Voordele van ecosoil se kompostee:

1. Opheffing van grondkompaksie. Dramatiese

resultate in minder as 2 jaar.

2. Laer bemestingspeile. Minder loging van bemesting.

Beter wortelsisteme wat bemesting beter onderskep

en gebruik.

3. Minder onkruide. Die hoeveelheid en tipe onkruide

verander met tyd.

4. Groter wortelvolume en meer voedingswortels.

Kompostee maak kompos in sito deur dooie organiese

materiaal af te breek. Die wortels gebruik die

voedings-stowwe wat deur mikrobes vrygestel word

en vorm 'n voedingswortelweb tot by die

grondoppervlak.

5. Gesonder plante. Plante wat in gesonde grond

groei, verkeer onder minder stres en het `n groter

natuurlike weerstand teen siektes.

6. Minder water verbruik weens `n hoër organiese

materiaalinhoud en beter infiltrasie tempo weens `n

beter grondtekstuur.

7. Verhoogte produksie en beter kwaliteit.

Bogenoemde dra alles by tot 'n stresvrye plant wat

volle produksiepotensiaal kan bereik. Kosmetiese

voorkoms en rakleeftyd verbeter.

Toedieningskriteria:

besproeide gewasse

Meerjarige gewasse:

Nie-draend: 200 – 300L per maand totdat in drag kom.

Draend: 200L die eerste seisoen per maand en

daarna 100L per maand.

Eenjarige gewasse: 800L oor

groeiseisoen

Toedieningskriteria:

droëland-gewasse

Met Plant:

60 – 100L kompostee en 6 – 10L

Apex op die saad gespuit.

Stoppel-behandeling:

100 – 200L kompostee en 10L

Apex.

Resultate in veld behaal: besproeide

gewasse

LINKS ONDER: Appels, Villiersdorp, net na ons begin het met

kompostee toedienings, Nov 2008. REGS ONDER: Appels,

Villiersdorp, na 4 toedienings, Feb 2009

eksperimentele basis

vrygestel word.

Apex:`nBaiekragtigemikrobeen 2500 en 5000 liter

plantvoedingstof. Veral toepaslik by komposteetenke:

droëland-gewasse waar min kompostee Ideaal vir die oplos

toegedien kan word. Kan ook toegedien van bemestingstowwe.

word voor of tydens na-oes

Humiensure:

Keer loging van kunsmis

bemestingsperiode om mikrobegetalle te en is goeie mikrobe voedsel.

vermeerder in die grond en sodoende die Diafragma doseringspompe: Uiters

loging van kunsmis te keer.

geskik om kompostee of vloeibare

Slakdoder:Intoetsfase.Salop

bemesting by spilpunte toe te dien.

LINKS ONDER: Suikerbone (Settlers). Hierdie helfte van die spilpunt is

nie behandel met kompostee nie. REGS ONDER: Suikerbone (Settlers).

Hierdie helfte van die spilpunt is behandel met kompostee.

Resultate in veld behaal: droë gewasse

ONDER: Mielies (Heidelberg, Gauteng). Onder die witlyn is met 100L

kompostee en 10L Apex met plant behandel.

LINKS: Droëland koring. Linker Foto:

Sonder kompostee. Regter Foto: met

60L kompostee en 6L Apex met plant

behandel. Behandelde gedeelte het

14% produksieverhoging en 0.5%

proteienverhoging behaal.

ECOSOIL: DEWHURSTPLAAS, VILJOENSHOOPWEG, ELGIN.

POSBUS 460 GRABOUW 7160. TEL: +27 (0)21 848 9434 EPOS: jako@ecosoil.co.za

Addisionele produkte:

55cm

70cm

KOMPOSTEE

Vir verdere inligting

besoek gerus ons

webtuiste by

www.ecosoil.co.za.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!