Hoërskool McLachlan

Hoërskool McLachlan Hoërskool McLachlan

hsmclachlan.co.za
from hsmclachlan.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

NUUSBRIEF 4/2012 1 Februarie 2012 Geagte Ouers/Voogde Hoërskool McLachlan Posbus 3 Joubertina 6410 042-273-1335 042-273-1210 info@hsmclachlan.co.za www.hsmclachlan.co.za Die Nuusbrief is hierdie week so ‘n bietjie vroeër ten einde inligting i.v.m. die SOK-byeenkoms betyds deur te gee. Graag vestig ons u aandag op die volgende: 1. BEDANKINGS: ‘n Groot en opregte dank aan Hannes Coetzee van Tuinroete Agri vir die skenk van verf vir die hekke by ons sportveld. Dankie aan Wynne Strydom vir die beskikbaarstelling van personeel, besproeiingsstelsels, pompe, trekkers asook ure se werk om die sportveld gereed te kry vir die SOK-byeenkoms. Dankie aan Anton van der Mescht vir die snoei van die palmbome, bekamping van die molplaag op die veld en koördinering van voorbereidingsaksies vir Saterdag. Dankie aan Ana Oelofsen vir die inisiatief geneem met die verkryging van borge en die ontwerp van die SOK en Eeufeesbaniere. Ook ‘n woord van dank vir die ontwerp en voorbereiding van spesiale McLachlanetikette vir die gebottelde water wat Saterdag beskikbaar sal wees vir almal wat kom deel in die opwinding van die SOK. Dankie aan die personeel van Hoërskool McLachlan wat die afgelope weke baie lang ure se voorbereiding en afronding ingesit het ter voorbereiding van die SOK-aanbieding. DIt is ‘n voorreg om met so ‘n span saam te werk waar elk sy/haar deel doen, ja, dikwels meer as wat gevra word, alles ter wille van ons kinders en die kwaliteit van hierdie prestige aanbieding. ‘n Groot dankie aan Lizbé Strydom en aan die De Vos-Trust vir die skenking van vars groente vir Huis Bester. Ons waardeer dit opreg. 2. LANGKLOOF “TOUCH RUGBY”: Ek wil graag onder u aandag bring dat die “Langkloof Touch Rugbytoernooi” elke Dinsdagaand vanaf 31 Januarie 2012 tot 27 Maart 2012 op die skool se sportgronde vanaf 19:00 sal plaasvind. Twee spanne van die skool is ook hierby betrokke en dit is ‘n gulde geleentheid vir ons rugbyspelers om sodoende ook voor te berei vir die nuwe seisoen.

NUUSBRIEF 4/2012 1 Februarie 2012

Geagte Ouers/Voogde

Hoërskool McLachlan

Posbus 3

Joubertina

6410

042-273-1335

042-273-1210

info@hsmclachlan.co.za

www.hsmclachlan.co.za

Die Nuusbrief is hierdie week so ‘n bietjie vroeër ten einde inligting i.v.m. die SOK-byeenkoms

betyds deur te gee. Graag vestig ons u aandag op die volgende:

1. BEDANKINGS:

‘n Groot en opregte dank aan Hannes Coetzee van Tuinroete Agri vir die skenk van verf

vir die hekke by ons sportveld.

Dankie aan Wynne Strydom vir die beskikbaarstelling van personeel,

besproeiingsstelsels, pompe, trekkers asook ure se werk om die sportveld gereed te kry

vir die SOK-byeenkoms.

Dankie aan Anton van der Mescht vir die snoei van die palmbome, bekamping van die

molplaag op die veld en koördinering van voorbereidingsaksies vir Saterdag.

Dankie aan Ana Oelofsen vir die inisiatief geneem met die verkryging van borge en die

ontwerp van die SOK en Eeufeesbaniere. Ook ‘n woord van dank vir die ontwerp en

voorbereiding van spesiale McLachlanetikette vir die gebottelde water wat Saterdag

beskikbaar sal wees vir almal wat kom deel in die opwinding van die SOK.

Dankie aan die personeel van Hoërskool McLachlan wat die afgelope weke baie lang

ure se voorbereiding en afronding ingesit het ter voorbereiding van die SOK-aanbieding.

DIt is ‘n voorreg om met so ‘n span saam te werk waar elk sy/haar deel doen, ja, dikwels

meer as wat gevra word, alles ter wille van ons kinders en die kwaliteit van hierdie

prestige aanbieding.

‘n Groot dankie aan Lizbé Strydom en aan die De Vos-Trust vir die skenking van vars

groente vir Huis Bester. Ons waardeer dit opreg.

2. LANGKLOOF “TOUCH RUGBY”:

Ek wil graag onder u aandag bring dat die “Langkloof Touch Rugbytoernooi” elke

Dinsdagaand vanaf 31 Januarie 2012 tot 27 Maart 2012 op die skool se sportgronde

vanaf 19:00 sal plaasvind. Twee spanne van die skool is ook hierby betrokke en dit is ‘n

gulde geleentheid vir ons rugbyspelers om sodoende ook voor te berei vir die nuwe

seisoen.

3. BUSGELD:

Die finale betaaldatum vir die busgeld is Maandag 6 Februarie 2012. Nie-betalers sal

daarna nie verder van die busdiens gebruik kan maak nie.

4. MUSIEKROOSTER:

Leerders wat aangedui het dat hulle musiekonderrig wil ontvang kan nog tot Vrydag 3

Februarie hul tyd op die rooster by die skoolsekretaresse kom bevestig. Daarna sal die

rooster gefinaliseer word en vanaf Maandag 6 Februarie funksioneer. Leerders word

versoek om stiptelik by die roostertye te hou en betyds by die musiekamers aan te meld.

Neem asb. kennis dat indien mnr. Gresse spesiale departementele verpligtinge moet

nakom (bywoon van vergaderings, besoeke aan distrikskantoor, ens), leerders betyds in

kennis gestel sal word dat klasse vir daardie dag verval.

5. VINNIGER, HOëR, STERKER!

Op Dinsdag, 24 Januarie is die Koukammasone-byeenkoms te Paul Sauer, Kareedouw,

gehou. Daar was 16 deelnemende skole.

Hoërskool McLachlan het 26 eerste plekke, 16 tweede plekke en 17 derde plekke

behaal. Die volgende atlete moet uitgesonder word nadat hulle as beste atleet in hul

onderskeie ouderdom aangewys is.

Beste baanatleet:

D 0/10 Laura-Lee Booysen 75m H

S 0/12 Xandre Stone 75m H

Beste veldatleet:

D 0/12 Meike Strydom Gewigstoot

D 0/13 Lisa Kotze Hoogspring

S 0/10 Aiden Strydom Gewigstoot

[Aiden is eintlik 0/9 en spog al klaar met dié prestasie]

S 0/11 Caleb Smith Diskus

S 0/12 Darren Tobie Gewigstoot

Ons atlete het ook die Victor Ludorum, Darren Tobie [gewigstoot] en Victrix

Ludorum, Meike Strydom [gewigstoot] verower. Meike het ook ‘n pragtige diskus D

0/12 rekord opgestel.

Baie geluk aan die 30 atlete van McLachlan wat in die Koukammaspan opgeneem is.

Die volgende laerskoolbyeenkoms is die Kougabyeenkoms te Nico Malan,

Humansdorp, 11 Februarie 2012.

6. EERSTE KRIEKETSPAN:

Ons wil ons 1ste span gelukwens met die puik oorwinning op Saterdag 28 Januarie teen

St. Thomas in Port Elizabeth. Ook ons afrigter, Rodger Smith, wat saamgegaan het en

die seuns deurgaans geïnspireer het, wens ons geluk en bedank hom vir al sy spesiale

insette.

Die span het ‘n groottotaal van 123 in hul boulbeurt behaal, terwyl hulle St. Thomas vir

102 uitgeboul het. Dit was dus ‘n beduidende 21-lopie wen. Verder wil ons die

volgende lede gelukwens:

Rohan v.d. Mescht, Kaptein: 46 lopies en 3 paaltjies vir 18 lopies.

Luciano Saulse: 3 paaltjies vir 24 lopies

Frikkie Grundlingh: 2 paaltjies vir 19 lopies

Ons sien uit na verdere prestasies in ons ligawedstryde!

7. SOK ATLETIEK - McLACHLAN SPORTGRONDE, SATERDAG 4 FEBRUARIE 2012

OM 07:30

Ontvang hiermee die volgende inligting rakende bogenoemde byeenkoms.

7.1 MASSA-VERTONING DEUR McLACHLAN LEERDERS:

7.1.1 Alle leerders (gr. 1 – 12: nie-atlete en atlete) neem deel aan dié vertoning

ter viering van ons skool se 100 jarige bestaan.

7.1.2 Nie-atlete kom op die pawiljoen bymekaar stiptelik om 07:10, geklee in swart broek

en wit McLachlan hemp.

7.1.3 Die atlete sluit na die optog by die nie-atlete aan.

7.1.4 Die massa-vertoning begin net na die optog deur die skole.

7.1.5 Nie-atlete word nie verplig om die hele dag teenwoordig te wees nie, maar

hul ondersteuning word hoog aangeskyf.

7.2 DRAG: ATLETE

7.2.1 Alle atlete moet geklee wees in McLachlan se amptelike atletiekdrag:

Swartbroek en maroen frokkie vir die optog en dan wit McLachlan hempie bo-oor die

frokkie vir die massavertoning.

7.2.2 Geen ander sweetpakke word toegelaat as 'n McLachlan sweetpak nie.

7.2.3 Geen juweliersware mag gedra word nie.

7.2.4 Geen grimering is aanvaarbaar nie

7.3 TOEGANG EN PARKERING:

7.3.1 Toegangsgeld sal soos volg wees:

Voertuie: R10-00 per motor

Volwassenes: R5-00 per persoon

Kinders : R5-00 per persoon.

Atlete betaal geen toegangsgeld nie.

7.4 VOOR DIE BYEENKOMS:

7.4.1 Busse vertrek: 06:15 Misgund

06:25 Louterwater

06:30 Krakeelrivier

06:50 Ravinia

7.4.2 Alle beamptes kom om 06:30 in die George McLachlansaal byeen vir ontbyt en

inligtingsessie.

7.4.3 Die openingsoptog van alle deelnemende atlete begin stiptelik om 07:20.

7.5 BYEENKOMS-REЁLINGS:

Neem asb. eie verbindingspleisters (‘strapping”) saam. Noodhulp sal “strapping”

doen.

Atlete mag, onderhewig aan die reëls, met hulle eie apparaat deelneem.

Moedig u kind aan om sy/haar naam op alle persoonlike items aan te bring.

Daar sal streng volgens die tye van die program gewerk word.

Moedig u kind aan om die spanbestuurder vroegtydig in te lig indien oorvleueling

van tyd by baan en veldnommers voorkom.

Bly asseblief op die pawiljoen en moet nie op die veld ronddwaal nie. Meld slegs

op die veld aan wanneer jy deelneem.

Moenie rommel strooi nie – tel eerder op en hou ons gronde skoon en netjies.

Moedig asseblief ons atlete vanaf die pawiljoen aan. Moenie saam

hardloop of oor heinings en versperrings leun nie!

Ons sien daarna uit om u Saterdag te sien. Voorspoed met die nuwe week.

Botes Gresse

Skoolhoof: Hoërskool McLachlan

skoolhoof@hsmclachlan.co.za

Posbus 3, Joubertina, 6410

Oos-Kaap, Suid Afrika

Tel: +27 (0) 42 273 1335

Cell: +27 (0) 83 578 3930

Fax: +27 (0) 42 273 1210

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!