05.05.2013 Views

Ps 90 (Begrafnis - J Boersema). - Gkkandelaar.co.za

Ps 90 (Begrafnis - J Boersema). - Gkkandelaar.co.za

Ps 90 (Begrafnis - J Boersema). - Gkkandelaar.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

'n Toevlug vir ons om 'n wyse hart te bekom.

Lees: Psalm 90

Lofsang Ps 84: 1, 3, 6

Wetsang: Ps 85: 3, 4

Gebedslied: Ps 86: 1, 6

Slotlied: Ps 87: 1 - 5

Die HERE laat ons Moses as 'n ou man sien, reeds ver oor die

tagtig jaar, met die kerkvolk saam met hom daar in die woestyn..

miskien al reeds selfs oor die honderd jaar oud. 'n Man wat deur 'n

geskiedenisryke lewe gekom het by daardie rype ouderdom waar

hy nou is.. een wat pas na sy geboorte op wonderbare wyse gered

is omdat hy eintlik volgens die politieke dekreet van Farao

doodgemaak moes word, maar wonder bo wonder het die HERE

hom bewaar. Deur die geloofskrag van 'n moeder wat die

heilsweg van God helder gesien het, en deur gebruik te maak van

die godsdiensritueel van die Egiptiese koningshuis.. is Moses uit

die water gehaal… 'n geskenk (so het Farao se dogter geglo).. 'n

geskenk van die Nyl-gode. In en deur Moses het die HERE 'n

instrument voorberei waardeur Hy eendag sy majestieuse

verlossingsdaad aan die mensheid sou afskadu. Moses sou die

heilsweg uit die ellende van God se toorn na die bevryding

volgens God se belofte in en deur sy eie lewe saam met die volk

Israel sigbaar uitgespeel sien.

Op sy rype ouderdom kan hierdie verrykte Godsman en vriend van

God terugkyk en die goue drade styf span.. Hy kan ook die

toekoms met profetiese helderheid sien en bid om die vervulling

van God se beloftes. So is Psalm 90 ook saamgestel.

1 Die eerste twee verse bely God se lofwaardige

Goddelikheid… In elk geval God se ewige Goddelikheid en

stel dit daarna teen die kontras van die mens se tragiese

kortstondigheid.

2 Vanaf verse 3 - 11 bely Moses waarom dit so is dat die mens

se bestaan so kort is en waarom dit so gou verby gaan.

3 Maar dan in die laaste verse (12 - 17) sien ons biddende

geloofsarms uitreik en vasgryp aan sy ewige God van

toevlug en beskerming, want alleen biddend vasgegrepe aan

Hom is daar 'n ewige toekoms vir die verganklike mens.

Moses het proefondervindelik die HERE leer ken. Sy moeder

Joggebed wat hom tot op speenouderdom gesoog en versorg het,

het sekerlik haar geloofsverwagtinge met hom soos 'n moeder aan

haar kind meegedeel. Maar Moses het binne die hoogbloei van die

wêreldse kultuur van destyds grootgeword soos 'n jong prins, met

die verwagting dat hy eendag op die troon van Egipte sal sit. Tog

het dit anders uitgewerk.

Heb 11:24 Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het,

geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word,

Heb 11:25 omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word

saam met die volk van God as om 'n tyd lank die genot van die

sonde te hê,

Heb 11:26 en die smaad van Christus groter rykdom geag het as

die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.

Heb 11:27 Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die

toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een

wat die Onsienlike sien.

En ja.. hier lees ons in Psalm 90 hoedat Moses die Onsienlike (met

'n hoofletter) gesien het. Hy beskrywe Hom en sê: Here, U was

vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag… en van ewigheid tot

ewigheid is U God. Die Onsienlike heilige God.. Hy het die

wêreld voortgebring. Hy het aan die berge geboorte gegee. Hy is

dus in ewigheid verhewe bo-oor die ganse skepping, maar

terselfdertyd een wat persoonlike bemoeienis met ons maak, wat

ons verlossing bewerk, 'n toevlug vir ons. Dit is hieroor dat

Moses nie uitgedink, klaargedink kan raak nie.

Hy gaan haal dit by 'n vreeslike hartseer stukkie geskiedenis, toe

die mens se bestaan tot 'n nagwaak kortgeknip is. Die dag as jy

van daardie boom eet waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie,

daardie dag sal jy die dood sterwe. En dit is presies wat gebeur

het. Moses haal as’t ware die vonnisoplegging hier aan: U laat die

mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders! Dit is

hoe dit gekom het, dat die mens wat bedoel was om saam met

God vir altyd te lewe, se lewe meteens in 'n dagflits verbygegaan

het.

Ons dink by onsself - ja, maar die mens het dan nie dadelik

gesterwe nie. Hulle is nog eers uit die tuin uitgedrywe. Hulle het

kinders verwek, en het, volgens die geslagsregister, diep in die

negehonderd-jaar oud eers gesterwe. Maar ons moet ons nie

daardeur laat verlei nie. Moses, dié wetenskaplike van die antieke

Egiptiese kultuurwêreld, het hieroor diep nagedink. God het dit

aan Hom oorgedra en vertel hoe Hy die wêreld, en die hele

kosmos in aansyn gebring het. Hy het toe al verstaan dat tyd maar

relatief is, “want duisend jaar,” sê hy, “is in u oë soos die dag van

gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.”

Dan beskryf hy die mens se leeftyd soos die verloop van 'n

grasspruit se lewe in een dag… Sewentig jaar, of as ons baie

sterk is - tagtig jaar van moeite en verdriet - dit is gou verby…

ons vlieg na die einde. En dit is vir die HERE uit sy

ewigheidsperspektief relatief - so kort soos 'n nagwaak. In die

terme gemeet het die mens dus binne die bestek van 'n nagwaak tot

stof teruggekeer. Byna dadelik. En dit alles - die resultaat van die

sondeval. Die toorn en die grimmigheid van die HERE.

Daars dan 'n baie baie diepsinnige retoriese vraag: Wie ken die

sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees

wat aan U verskuldig is? U sien… daar sit 'n stuk onbekende

waarvan die berekenings so moeilik is om te maak. Het u ook al

daaroor gewonder? Ons moet ja, want ons word elke dag met die

sterwensgedagte gekonfronteer. Want wat gebeur nou eintlik

wanneer die HERE sy lewensasem terugneem en die mens weer

terugkeer tot die stof waaruit hy geneem is? Maar nog erger…

wie weet werklik wat is die afmetings van God se ewige toorn en

grimmigheid wat Hy op sy opstandelinge uitstort ook wanneer

hulle liggame reeds tot stof vergaan het? Wie het dit oorleef om

ons dit mee te deel? Die profete wat Na Moses gekom het, het

onder inspirasie uitdrukkings vorendag gebring soos: die buitenste

duisternis, of die poel van vuur wat brand tot in ewigheid, die

wurm wat nooit sterf nie en dat die smarte 'n geween en gekners

van die tande is… ja, maar wie ken dit? Wie weet hoe dit

smaak? In die dae van Moses was daar nog nie so iemand nie?

Daarom staan hierdie vraag ook in die Psalm onbeantwoord.

En ons weet dat as dit moes afhang van die gewone mense wat op

aarde gebore sou word… hierdie vraag in ewigheid

ontbeantwoord gebly het. Maar die HERE het self die Antwoord

op daardie vraag gegee. Hy het sy eniggebore Seun gegee.

Hierdie vraag van Moses is dus 'n profetiese roepkreet na die koms

van God se beloofde Messias.. die Een wat in alle letterlike en

geestelike betekenis leer ken het wat die eintlike sterkte van God

se toorn en grimmigheid is. Een wat presies geweet het hoe dit

voel in die agste van die hel en die bange godverlatenheid. Ja dit

is met hierdie toevlugskreet dat Moses se gebed dan afsluit met 'n

gelowige pleitrede.

Want as ons voor die Geestesoog die Immanuel kan sien, die

Woord van God wat vlees geword het, die Eniggeborene wat van

die Vader kom, vol van genade en Waarheid, die Wysheid van

God, die afdruksel van die Wese van die Vader, DIE LEWENDE,

ja dan maak hierdie slotbedes vir ons uitnemende sin. Want dan

sien ons die HERE terugkeer… God met ons - om Hom te

ontferm oor sy knegte. Dan sien ons in Christus hoedat Hy ons

versadig in die môre met sy goedertierenheid om ons bly te maak.

Dan sien ons in hierdie Seun van God hoedat Hy ons ewiglik bly

maak na die dae waarin ons onheil gesien het. Ja, as ons die Here

Jesus sien, dan sien ons hoedat God se werke van die begin af aan,

sy genadige heilsplan, vir sy knegte sigbaar word. Die woord het

vlees geword en onder ons kom woon… 'n Sigbare wete wat

beskore is vir die kinders en die kindskinders. En elke keer

wanneer ons sien hoedat die vadere met hierdie heldere visie

geleef het.. dan sien ons ook die heilswerke van HERE in hulle

sigbaar word.. en as die kinders hierdie selfde getuienis verder

aangryp en daarmee lewe… dan word sy heerlike heilswerke ook

sigbaar oor die kinders. Dan rus die lieflikheid van die HERE

onse God oor ons. Want dit was die seënende belofte van die

HERE Jesus: Kyk.. Ek is met julle al die dae tot aan die

voleinding van die wêreld. DAE----

Ja ons lewe gaan in dae verby. En wanneer ons tel… dan tel ons

gewoonlik maar ons jare.. Maar ons lewens as alreeds so oorvol

van gebeurtenisse dat baie mense vandag al 'n jaar se gebeure in 'n

week beleef. Daar ver terug in die geskiedenis, in die woestyn,

waar daar maar min gebeur het van dag tot dag as die volk maar

voortgetrek het~~~~> was dit ook maar al wat oorgebly het, die

woestynstraf dat die volk daarin sal bly voorttrek, rond en om, en

heen en weer vir 40 jaar lank. Dae wat elkeen gepak is met moeite

en verdriet~~~> Jy moet die volk Israel as’t ware voor die

geestesoog sien beweeg - dag en nag, Wolkkolom, vuurkolom…

besittinkies gebondel, jonk en oud, vroue wat geboorte gee, Oues

van dae wat met moeë ledemate steunend voortstap .. dag vir dag.

Elke dag die gewone rotine oor en oor… vroegoggend uitkyk en

die genadereën van die HERE aanskou… manna en geval…

dankend die maatemmertjies neem en gaan manna optel, fynmaal,

brood bak, gou maak, klaar maak, want die Wolkkolom gaan

vertrek - En die priesters moet solank die môreoffer by die

tabernakel berei… versoeningsdiens voor die HERE… en dan

moet hulle weer verder stap… So gaan die dae verby… Is ons

dae nie ook maar baie so nie… elkeen bietjie anders… elkeen

met persoonlike uniekhede ingeklee… maar tog met 'n vaste

rotine. Watter nut het dit? Ons moet tel. Ons moet die dae oor en

oor tel.. so dat as ons die dinge weeg wat daarin gebeur, ons 'n

wyse hart mag bekom….

En dan hou die grassie-mens hom in sy kortstondige lewe op

hierdie aarde besig met allerlei take…

ouwerk…

Ja met bouwerk - sê die apostel vir die lidmate van Korinthe.

Maar dan moet ons mooi nadink oor watter bouwerk dit is…

1Co 3:9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God,

die gebou van God is julle.

Dit is dus bouwerk aan die kerk van God, die gemeente van God

waaroor dit vir hom gaan. En hy waarsku:

“maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

1Co 3:11 Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar

gelê is nie, dit is Jesus Christus.

1Co 3:12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer,

kosbare stene, hout, hooi, stoppels--

1Co 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit

aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die

vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

1Co 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het,

sal hy loon ontvang;

So kan ons dus hierdie slotbede van Moses ook verstaan wanneer

hy bid “bevestig die werk van ons hande oor ons”

Dit verander ook tot 'n troosryke toesegging wat Paulus aan

dieselfde Korinthiërs maak waar hy sê:

1Co 15:58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig,

onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat

julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Nog veel heerliker hoor ons dieselfde troosbelofte uit die pen van

Johannes in Openb 14:

Rev 14:13 … salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe.

Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en (luister

mooi) - hulle werke volg met hulle.

Gelowiges wat roepingbewus hulle taak verrig binne die nagwaak

van tagtig jaar as hulle baie sterk is, hulle mag ook met

verwagting uitsien na die werk van die HERE.. hulle mag verlang

na 'n bouwerk, 'n stad (Heb 11:10) “….. wat fondamente het,

waarvan God die boumeester en oprigter is.” En vir altyd daarin

hulle hulde bring aan onse God wat vir ons 'n toevlug was van

geslag tot geslag, wat van ewigheid tot ewigheid God is, wat ons

die werke van sy hande laat sien het, EN wat ook ONS

geloofswerke bevestig tot in ewigheid..

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!