HOOFSTUK 3 WAT BRING JY NA DIE SPAN TOE ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 3 WAT BRING JY NA DIE SPAN TOE ... - taniab.co.za HOOFSTUK 3 WAT BRING JY NA DIE SPAN TOE ... - taniab.co.za

05.05.2013 Views

Bladsy 1 Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe? HOOFSTUK 3 WAT BRING JY NA DIE SPAN TOE? Deur ons lofsange verkondig ons die waarheid (Joh 8:32); word daar gesamentlik gebid en is dit ons begeerte dat almal met die Gees vervul sal word (Hand 4:31), sodat mense met vrymoedigheid die woord van God kan spreek. Ons begeerte is dat daar totale vrymaking en vryheid sal kom tydens ons lofsange (2 Kor 3:17). Dit is wat almal se ingesteldheid en gesindheid in die span behoort te wees! 1. SAMEWERKING Besprekingsvrae vir die Groep Watter bydrae lewer jou gesindheid, waarmee jy na optredes/dienste/oefeninge kom ten opsigte van die werking van die Heilige Gees? Hoe kan jou gesindheid en ingestelheid die span/oefeninge/optredes/dienste beïnvloed? Watter maatreëls moet daar teenoor lede gestel word wat met ‘n verkeerde gesindheid en ingesteldheid na ‘n oprede/diens/oefening kom? (2Sam 6:15 AOV) So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die HERE met gejuig en basuingeklank opgehaal. Dawid se fokus was totaal op God, en Sy heerlikheid. Saam met Dawid, het die hele huis van Israel, die ark van die HERE met gejuig en basuingeklank opgehaal. Dit is die hele span se verantwoordelikheid om die heerlikheid van die HERE met gejuig in die samekomste in te dra. Die hele musiekspan moet die geklank van die HERE ken. Praktiese advies Moenie verwag dat die leier alles alleen moet doen nie. Neem inisiatief waar jy leemtes sien, lewer bydraes en bring jou gawes na die groep. Vra waar jy kan help. Elke lid dra die verantwoordelikheid om te besef dat hy/sy ‘n bydrae lewer tot die geestelike atmosfeer van die optredes/dienste/oefeninge, wat daartoe lei dat mense vrygemaak word, gevul word met die Gees, genesings ontvang en profetiese woord gespreek word. Die atmosfeer word reeds voorberei in die week deur voorafgaande intersessie, gebed en toewyding aan God en dan tydens optredes/dienste sal hierdie voorbereiding sigbaar wees in die lofverheffinge wat uit hul keel kom. Die HERE gebied Sy seën, waar daar eenheid is. (Psalm 133) Kies om altyd reg ingestel te wees en die regte gesindheid te handhaaf (Gal 5:22). Dit is ‘n geloofstap en jou omgewing en wat jy toelaat in jou lewe en nie toelaat nie, sal ‘n groot bepalende faktor speel ten opsigte van jou ingesteldheid. Omring jouself gedurig met lofsange. Gaan slaap vroeg voor ‘n optrede dat jy uitgerus en entoesiasties bly in dit wat jy doen. Kom voorbereid op Sondae met opgewarmde stemme en ingeoefende hande. Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com) Updated: 30 August 2010 Bladsy 1

Bladsy 1

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

HOOFSTUK 3

WAT BRING JY NA DIE SPAN TOE?

Deur ons lofsange verkondig ons die waarheid (Joh 8:32); word daar gesamentlik gebid en is dit

ons begeerte dat almal met die Gees vervul sal word (Hand 4:31), sodat mense met

vrymoedigheid die woord van God kan spreek. Ons begeerte is dat daar totale vrymaking en

vryheid sal kom tydens ons lofsange (2 Kor 3:17). Dit is wat almal se ingesteldheid en

gesindheid in die span behoort te wees!

1. SAMEWERKING

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter bydrae lewer jou gesindheid, waarmee jy na optredes/dienste/oefeninge kom ten

opsigte van die werking van die Heilige Gees?

Hoe kan jou gesindheid en ingestelheid die span/oefeninge/optredes/dienste beïnvloed?

Watter maatreëls moet daar teenoor lede gestel word wat met ‘n verkeerde gesindheid en

ingesteldheid na ‘n oprede/diens/oefening kom?

(2Sam 6:15 AOV) So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die HERE met

gejuig en basuingeklank opgehaal. Dawid se fokus was totaal op God, en Sy heerlikheid.

Saam met Dawid, het die hele huis van Israel, die ark van die HERE met gejuig en

basuingeklank opgehaal. Dit is die hele span se verantwoordelikheid om die heerlikheid van die

HERE met gejuig in die samekomste in te dra. Die hele musiekspan moet die geklank van die

HERE ken.

Praktiese advies

Moenie verwag dat die leier alles alleen moet doen nie. Neem inisiatief waar jy leemtes sien,

lewer bydraes en bring jou gawes na die groep. Vra waar jy kan help.

Elke lid dra die verantwoordelikheid om te besef dat hy/sy ‘n bydrae lewer tot die geestelike

atmosfeer van die optredes/dienste/oefeninge, wat daartoe lei dat mense vrygemaak word,

gevul word met die Gees, genesings ontvang en profetiese woord gespreek word. Die

atmosfeer word reeds voorberei in die week deur voorafgaande intersessie, gebed en

toewyding aan God en dan tydens optredes/dienste sal hierdie voorbereiding sigbaar wees in

die lofverheffinge wat uit hul keel kom. Die HERE gebied Sy seën, waar daar eenheid is.

(Psalm 133)

Kies om altyd reg ingestel te wees en die regte gesindheid te handhaaf (Gal 5:22). Dit is ‘n

geloofstap en jou omgewing en wat jy toelaat in jou lewe en nie toelaat nie, sal ‘n groot

bepalende faktor speel ten opsigte van jou ingesteldheid. Omring jouself gedurig met

lofsange.

Gaan slaap vroeg voor ‘n optrede dat jy uitgerus en entoesiasties bly in dit wat jy doen.

Kom voorbereid op Sondae met opgewarmde stemme en ingeoefende hande.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 1

Bladsy 2

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

2. AS JY NIE DIE GELEENTHEID KRY OM TE BEDIEN NIE

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter gesindheid/ingesteldheid keer dat God mense gebruik?

Noem verskeie redes waarom leierskap mense soms nie die geleentheid gee om te bedien nie.

Wat is die verkeerde vrug om te openbaar wanneer jou versoek om in die span te bedien

afgekeur word?

(Rom 8:28 AOV) En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle

wat na sy voorneme geroep is. Die leier is soms die objek van ander se haat, omdat hulle nie die

geleentheid kry om te bedien nie, dalk van die span afgehaal is, of gevra is om vir ‘n tyd net die

oefeninge by te woon en optredes uit te sit.

Dalk is jy een van die mense wat jou bediening wil uitleef, maar van die span afgehaal is of nooit

toegelaat is om te bedien nie. Baie mense verlaat ‘n gemeente omdat hulle nie die geleentheid

kry om hul bediening uit te leef nie, maar baie keer ongelukkig met ‘n verkeerde gesindheid.

Daar is verskeie redes waarom leiers nie mense op die span toelaat nie. Soms voel jy dit is ‘n

persoon of die leier, wat in jou pad staan om jou roeping vir God uit te leef. Jy voel dalk die

leier sien jou nie raak nie. Num 23:19 AOV leer ons dat “God is geen man dat Hy sou lieg nie;

of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit

nie waar maak nie?” As God oor jou lewe gespreek het, sal Hy Sy planne tot stand bring, en

geen mens sal dit kan keer nie.

Maar karakter en heiligmaking is vir God belangriker as jou bediening of selfs sukses en

populariteit. Jy sal meer vergenoegd wees en vervulling in jou lewe ervaar, wanneer jy fokus

om die mens te word wat God wil hê jy moet wees, as om jou fokus te hou op jou bediening en

wat in jou pad staan om dit uit te leef. So moenie negatief en bitterheid in jou lewe koester

omdat jy nie ‘n geleentheid gekry het nie. Vra eerder: “Vader hoe wil U hê moet ek verander al

kry ek nie die geleenthede waarna ek na soek nie?”

Praktiese advies

Ondersoek jou hart en laat God jou die waarheid wys.

Maak ‘n afspraak met die leier. Soms is die leier onbewus van jou talente of selfs van enige

frustrasie en het die leier se besluite niks met jou as persoon te doen nie.

Sou die rede dat jy nie gebruik word nie wel iets met jou gesindheid of talent te doen het,

moet jy nederig bly en bereid wees om te leer. Miskien het jy nodig om te werk aan jou

menseverhoudinge, op te hou skinder of kwaad te saai. Dalk moet jy nog aan jou stem, talent

of verhouding met JESUS werk.

Moenie dat trotsheid of bitterheid in jou hart die pad vir God toemaak om vir jou ‘n

wonderwerk te doen nie. Bou jou gees in God se krag, groei in jou kennis omtrent JESUS en

ontwikkel jou talente en geestesvermoë soveel moontlik.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 2

Bladsy 3

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Moenie dat teleurstellings jou negatief maak nie. Paulus het deur geweldige moeilike

ervaringe gegaan (2 Kor 11-24-28) en hy het dit reggekry om sy gesindheid reg te hou

omdat hy nie homself verkondig het nie, maar JESUS (2 Kor 4:5-9).

Dis nie altyd belangrik om prominent te wees nie. Dis nodig om mense in die gehoor te hê

wat katalisators kan wees om die lofsange en geesteswerkinge in die gehoor aan te moedig.

Rus in die wete dat God stel aan en bevestig mense in bedieninge en roepinge en God haal

mense af, nie leiers nie.

2.1 God toets die motiewe van ons hart

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter wanpersepsies het mense omtrent wat dit vereis om deel te wees van ‘n

musiekbediening en die mense wat voor staan en bedien?

Noem verskeie redes/motiewe waarom mense in ‘n kerk se musiekspan wil wees.

Bespreek verkeerde gesindhede van die hart en hoe dit na vore kom wanneer mense nie

geleentheid kry om in die musiekspan te bedien nie.

(Efs 5:1 AOV) Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; (Efs 5:2 AOV) en

wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n

gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur. Dis juis in tye wanneer ons die graagste gebruik

wil word, maar nie ‘n geleentheid kry nie, dat die motiewe en ware gesindheid van ons harte

getoets word. Wil ons in die span wees omdat ons oorloop van JESUS en Hom wil

verkondig? Of wil ons deel wees om raakgesien te word of omdat dit lekker lyk om voor te

staan?

Jou motiewe tot betrokkenheid in hierdie span moet nie wees om jou eie behoeftes te vervul

nie. Die probleem is dat die span kan net tot in ‘n beperkte mate in jou behoeftes vervul en

dan gaan jy teleurgesteld wees in die span en gemeente. God alleen kan in al jou behoeftes

vervul en daarom moet jou identiteit eerstens in God wees en jou posisie in JESUS en nie in

jou status en posisie in die kerk nie.

Praktiese advies

Die geneesmiddel teen verkeerde motiewe in jou hart is om, al val die wêreld om jou

inmekaar, te weet dat jy deur God liefgehê en aanvaar is.

Sterf vir jou begeertes en begin lewe vir God. Laat Hy jou eerste begeerte wees.

God gebruik omstandighede om ons karakter te toets. Op die ou einde gaan alles oor dat

ek en jy meer soos JESUS sal word. (Rom 8:29) Karaktervorming is ‘n proses van sterf

aan jouself.

Kweek ‘n gesindheid van: “Ek is niks sonder JESUS”. Streef daarna om eerstens in jou

kennis omtrent JESUS te groei, voor jy wil begin bedien in die span.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 3

Bladsy 4

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

2.2 ‘n Hart van dankbaarheid

Besprekingsvrae vir die Groep

Bepaal jou omstandighede of jy ‘n lewe van danksegging leef of nie?

Wat steel dankbaarheid uit ons harte?

Hoe openbaar ons ondankbaarheid in alledaagse situasies, by die kerk, tydens oefening en

in ons bediening?

Watter verband hou ondankbaarheid met die eie-ek (Gal 2:20) wat nog nie gesterf het

nie?

Sal jy sê dat ondankbaarheid ‘n teken van geeslike onvolwassenheid is? Hoekom sê jy

so?

(Psa 100:1 KJVR) A Psalm of praise. Make a joyful noise unto the LORD, all ye lands.

(Psa 100:2 KJVR) Serve the LORD with gladness: come before his presence with singing.

(Psa 100:3 KJVR) Know ye that the LORD he is God: it is he that hath made us, and not

we ourselves; we are his people, and the sheep of his pasture. (Psa 100:4 KJVR) Enter

into his gates with thanksgiving, and into his courts with praise: be thankful unto him, and

bless his name. (Psa 100:5 KJVR) For the LORD is good; his mercy is everlasting; and

his truth endureth to all generations. Danksegging is nie ‘n formule om na lofprysing en

dan in aanbidding oor te gaan nie. Danksegging is ‘n gesindheid van die hart wat ons moet

handhaaf, nie net terwyl ons psalms, lofsange en geestelike liedere sing nie, maar in elke

situasie in ons lewe, want dit is slegs deur ‘n dankbare gesindheid wat ons in die

teenwoordigheid van God kan wandel.

In die Bybelse tyd was die poorte van ‘n tuiste net oopgemaak vir vriende en familie wat

welbekend was aan die inwoners van daardie woning. Wanneer hulle deur die poorte

ingelaat was, het hulle die gasvryheid en beskerming van daardie eienaar geniet. Daardie

persoon was gegroet en behandel asof hy een van die familie is. Dit maak sin dat ons

dankbaarheid moet toon vir sulke behandeling. Ons is dankbaar teenoor die HERE dat ons

Sy poorte kan ingaan en sy gasvryheid en beskerming kan geniet in Sy woonplek.

Mense wat waarlik lewe met ‘n dankbare gesindheid, toon ‘n groter intensiteit in die

uitdrukking van hul lofsange teenoor God en het ‘n groter waardering vir die familie van

JESUS waarin Hy hulle geplaas het om te dien. (Psa 107:21 KJVR) Oh that men would

praise the LORD for his goodness, and for his wonderful works to the children of men!

(Psa 107:22 KJVR) And let them sacrifice the sacrifices of thanksgiving, and declare his

works with rejoicing.

Jy sal altyd jou ware gesindheid op een of ander wyse openbaar: (Fil 4:6 AOV) Wees oor

niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging

bekend word by God. (Fil 4:7 AOV) En die vrede van God, wat alle verstand te bowe

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 4

Bladsy 5

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Gesindheid is iets wat mens

nie kan wegsteek nie. Mense opreg dankbaar vir God se genade in hul lewens sal mense

wees wat ook Sy liggaam (kerk) eer en respekteer en opgewonde is oor God en nie oor wat

hulle doen en hoe mense hul behandel nie. Mense met opregte dankbaarheid sal nie fout

vind in alles nie, maar intree en voorbidding doen waar hulle leemtes gewaar. Hulle fokus is

op God en Sy agenda en nie op die mens en hul tekortkominge nie. Hul fokus is verder om

op te bou en te stig. Dankbare harte takel nie af nie. Inteendeel hulle sal nie toelaat dat

mense hulle negatief beïnvloed nie. Mense met negatiwiteit weerspieël hulle eie ondankbare

harte.

Praktiese advies

Plaas jou fokus op God wat voorsien, eerder as op wat die duiwel van jou gesteel het.

(Kol 3:17) Dankbaarheid sal jou hart gerus stel en vrede bring al kry jy nie die

geleenthede waarna jy verlang nie. (Kol 3:15)

Eer God met dank en gee ag op jou weg. God belowe ons in Sy Woord dat Hy ons Sy

verlossing sal laat geniet as ons dit doen. (Psalm 50:23)

Verstaan en besef dat God in alles in beheer is.

Voor jy begin kla en fout vind in ander, neem die verantwoordelikheid op jouself om die

verskil te maak wat jy graag wil sien.

3. JOU MOTIEF IN DIE SPAN MOET WEES OM LIEFDE TE BEVORDER

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat laat liefde in ‘n mens se hart sterf?

Hoe beïnvloed perfeksionisme, hoogmoed en afgunstigheid die liefde en reaksie teenoor

mekaar in ‘n span?

Hoe hanteer jy dit wanneer ‘n spanlid ‘n fout gemaak het?

Wat laat liefde in ‘n mens se hart blom?

Bevorder jy liefde in die span? Of bevorder jy kritiek, ontevredenheid, oproer,

beterwetigheid en ondankbaarheid?

(1Tim 1:5 AOT) Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete

en ‘n ongeveinsde geloof. Op die ou einde moet alles wat ons doen, liefde bevorder. (Rom

13:10) Die fokus van die evangelie is God se liefde vir die mens en JESUS se

versoeningswerk in ons lewens, sodat ons een met Hom kan wees en ook met mekaar.

Wanneer ons toelaat dat enigiets ons liefde vir mekaar verswak, vernietig dit die doel van die

gebod wat ons noodsaak om ons vyande lief te hê en goed te doen aan die wat ons haat (Matt

5:44). Al die gawes kan deur ons werk, maar wanneer ons nie liefde het nie, is ons soos ‘n

klinkende simbaal (1 Kor 13:1) en is die bedieninge wat ons uitleef tevergeefs.

(Joh 13:34-25)

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 5

Bladsy 6

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

3.1 Liefde is nie selfsugtig nie

Besprekingsvrae vir die groep

Wanneer is liefde selfsugtig?

Is dit selfsugtig van ‘n spanlid om opgewerk en kwaad te word vir ‘n ander spanlid?

Motiveer jou antwoord.

Is dit selfsugtig wanneer die musiekspan ‘n wonderlike tyd op die platform het, maar die

gemeente verloor in die aanbidding? Motiveer jou antwoord.

(Fil 2:3) Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een

die ander hoër ag as homself. (Fil 2:4) Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie,

maar elkeen ook na die ander s’n. Lofprysing gaan oor JESUS se eer en heerlikheid. God

vertrou ons toe met Sy evangelie en deur sang en musiek verklaar ons Sy vrymakende krag

en verlossingsdade aan almal wat dit aanhoor. Elke persoon betrokke in hierdie span se

passie moet wees om die lof van God en die versoeningswerk van JESUS te verkondig,

eerder as wat dit is om hul eie talente vir Hom uit te leef. Hul moet gedryf word deur liefde

en die wete van die ewige implikasies wat hierdie bediening in ander se harte en lewens kan

maak. Hul sien hulself as rentmeesters van God se talente wat Hy aan hulle toevertrou het,

en dat hul daar is om Hom te eer, ander te dien en nie om gedien of raakgesien te word nie.

3.2 Die liefde is nie ‘n heerser nie, maar ‘n voorbeeld

(1Pet 5:3 AOV) ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

(1Pet 5:5 AOV) Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees

almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die

hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Jy is nie ‘n heerser omdat jy ‘n

talent het en God jou gebruik en ander jou moet volg nie. In elke fasset wat God jou gebruik

bly nederigheid en wend jou talente aan as ‘n voorbeeld vir die kudde van JESUS se genade,

liefde en versoeningswerk in jou lewe. Dien hulle in liefde, sodat Hy daardie selfde werk

ook in hulle lewe, deur jou talente, in die naam van JESUS kan uitstort.

3.3 Die liefde soek nie sensasie nie

(Joh 3:30 AOT) Hy moet meer word, maar ek minder. Soms raak ons so gefokus op “my

bediening” en al die dinge wat “ek” wil bereik vir God dat dit die vreugde uit bedien haal.

Ons selfgefokusdheid kan ons bediening beïnvloed dat ons selfgesentreërd raak in plaas van

God-gesentreërd. Wanneer dit vir jou begin gaan oor die mense wat nie jou gunsteling lied

wou sing nie, of jou nie kom dankie sê het vir jou bydrae gelewer of jy wat nie enigiets

gevoel gebeur het op die platform vandag nie, of die lofsange was effe leweloos, dan

besoedel jy iets wat veronderstel is om oor God te gaan met hoe jy voel en jou emosies.

Dit is wanneer ons op onsself en ons talente begin staat maak, meer as op God, dat ons in

woestyntye ingaan en nie sy krag en teenwoordigheid in ons lewens ervaar nie. Ons kan

so besig wees om iets vir God te probeer doen dat ons God heeltemal in die proses mis.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 6

Bladsy 7

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Wanneer ons ‘n lofprysingslewe teenoor God leef, sal ons ook ‘n lofprysingsgesindheid

teenoor ons medemens uitleef.

Wanneer ons diens aan mekaar geforseer is en ons daar is om onsself en ander tevrede te

stel, eerder as God, begin ons vanuit ‘n “performance” mentaliteit bedien eerder as ‘n

lofprysingdaad tot God. God wil met ons gemeenskap hê en wanneer ons gedryf word

deur ons “performance” en eie vervulling en ervaringe om verdienste van God te

ontvang, mis ons gemeenskap met God en met mekaar.

Die beste wyse om te toets of ons daar is vir ons eie sensasie of vir JESUS, is wanneer

nuwe en begaafde lede in die span kom. As jou hart vol jaloesie is en jy hou nie van wat

en hoe hulle dinge doen nie, terwyl hulle gesindhede reg is, dan is dit tyd om God te vra

om dit uit jou hart te haal. Wanneer ons ‘n verhouding met JESUS het, dan leef ons ons

bediening uit met ‘n nuwe hart en gees en op ‘n nuwe wyse. Dan is hierdie bediening nie

‘n las, vrees of bekommernis nie, maar dit vloei vanuit die oorvloed van ons harte wat

met God interaksie het.

Praktiese advies

Ons sekuriteit moet in ons verhouding met JESUS wees en nie in ons posisie of status nie.

Omdat hierdie bediening baie sigbaar is kan trots en hoogmoed op verskeie maniere in ons

harte inkom. Dit kan inkom wanneer ons lei met ons stem of instrument, wanneer ons

iemand anders moet ondersteun wat lei of wanneer ons glad nie op die platform is nie.

Trots en hoogmoed bring ons op die plek waar ons hoop die mense hoor nou hoe goed het

ek daai gedeelte gesing of gespeel, terwyl dit moet gaan oor mense te bedien met daardie

solos en die magte van die duisternis weg te drywe. Dit is baie belangrik om jou

perspektief reg te hou omtrent wat jy besig is om te doen. As musiekspan van die

gemeente is ons nie daar om die liefde van die gemeente na ons toe te draai nie, maar

na JESUS alleenlik. Of trots en hoogmoed stop die vloei van lofsange oor ons lippe of

die vloei van lofsange sal hoogmoed vernietig. Ons kan die gedaante van lofprysingslewe

deur ons lippe “fake”, maar onegte harte vol trots en hoogmoed beperk ons vermoë om

God waarlik te prys en êrens sal ons onsself weggee as dit nie uit opregte harte is nie.

3.4 Die liefde is nie hebsugtig nie

Besprekingsvrae vir die Groep

Kan iemand wat God beroof in die gee van tiendes, in die span dien? Motiveer jou

antwoord.

Wat het die gee van jou tiende met aanbidding te doen?

Wat sê dit vir jou omtrent ‘n persoon se verhouding met God as hy nie tiende betaal nie?

Hoe dra die gee van jou tiende by tot die uitbreiding van God se koninkryk?

(Spr 3:9 AOT) Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

(Spr 3:10 AOT) dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 7

Bladsy 8

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

mos. Die gemiddelde gelowige gee slegs 2,5% van sy inkomste aan die HERE se werk. In

die kerk het ons ‘n kroniese siekte waar mense dink hulle besit hulle talente, tyd, geld en

besittings. Die hele doel van gee is nie dat God jou geld nodig het nie, maar dis om jou vry

te maak van die monster van hebsug en te kyk of jy Hom werklik vertrou.

a) God besit alles. As jy nie diep in jou hart erken en bely dat God alles besit nie, het jy

gefaal om die eerste beginsel omtrent die gee van tiende en offergawes te verstaan. Wat

het jy wat jy nie ontvang het nie, vra Paulus? Niks. God het tyd, talent, skatte, geld en

geleenthede aan ons toevertrou om vir Hom te bestuur tot uitbreiding van Sy koninkryk,

tot die redding van kosbare siele. Dit wat jy het, behoort nie aan jou nie. God gee dit vir

jou vir ‘n seisoen en verwag ‘n positiewe opbrengs op Sy belegging. Hy gaan evalueer

wat jy doen met dit wat Hy vir jou gegee het. God sê: “Ek besit dit, jy moet dit bestuur”.

Ons lees in Mattheus 25 van die gelykenis van die talente. God sê: “Ek gee jou die

talente. Ek gaan weg en wanneer Ek terugkom gaan ek jou beloon volgens hoe jy dit

gebruik het”. En soos jy dit doen wil God hê moet jy Sy aanraking en vreugde ervaar en

Sy plan vervul. Dit is die lewe van rentmeesterskap.

b) Waar jou skat is, daar sal jou hart wees: (Mat 6:19 AOV) Moenie vir julle skatte

bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel

nie; (Mat 6:20 AOV) maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen

mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; (Mat 6:21 AOV) want

waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. Om vir God se werk te gee is om

boumateriaal op te stuur hemel toe vir jou woning. Geld is nie iets wat ons het nie, dit is

iets wat verteenwoordig hoe ons ons lewe spandeer hier op aarde en in die ewigheid.

c) Erken God as die Bron en Sy Koninkryk as fokus: (Luk 6:38 AOV) Gee, en aan

julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle

in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet

word. Deur te gee erken ons dat God die Bron van alle dinge is, insluitend ons

geleentheid om te werk en te produseer, ons “harvest” en “reward” en ons “well-being”.

Ons prys God vir alles wat Hy vir ons gegee het. Ons wil die koninkryk van God en Sy

werk op aarde uitbrei, sodat ander Hom ook kan prys. Nie net eer die gee van ons tiendes

en offergawes vir God nie, maar dit oriënteer ons harte na Sy werk op aarde.

d) Geen rower sal die koninkryk van God ingaan nie: (Mal 3:8 AOV) Mag ‘n mens

God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes

en die offergawe. (Mal 3:9 AOV) Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My,

julle, die hele nasie! (Mal 3:10 AOV) Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar

spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of

Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën

sal uitstort nie. (Mal 3:11 AOV) Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 8

Bladsy 9

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle

nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare. (Mal 3:12 AOV) En al die

nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE

van die leërskare. (1Kor 6:10 AOV) Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of

afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of

dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. Baie

keer beroof mense God van Sy tiendes omdat hulle agter wellustige dinge van die wêreld

aanhardloop eerder as om die koninkryk van God eerste te soek. Ander betaal nie hul

tiendes nie, omdat hulle bang is die kerk werk nie reg met die geld nie. Elkeen sal self

verantwoording aan God doen. Jy oor die gee van jou tiendes en jou getrouheid, en die

kerk ten opsigte van hoe hulle die geld aangewend het. Wanneer ons getrou is in die gee

van ons tiende, plaas dit ons in ‘n posisie waar ons die seën van die HERE kan wegdra.

Dieselfde met ons lofsange. Dit plaas ons in die regte posisie om seëninge van God te

ontvang. Ons doen dit nie om God te manipuleer om iets terug te kry nie. Ons doen dit

omdat ons lief is vir God en erken dat Hy die Bron is, Hy die Voorsiener is en so plaas

ons ons geloof in JESUS om in elke behoefte van ons te voorsien, want ons

DEMONSTREER ons geloof en vertroue in Hom.

e) Om te gee brei jou bediening en die impak daarvan uit: (Gen 8:22 AOV) Van nou

af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en

nag nie ophou nie. God sien jou saad as iets wat jy gee vanuit jou hele lewe. Dis iets

van jouself wat jy gee. God neem die saad wat jy saai en multipliseer dit terug in die oes

van jou lewe in. Hoe meer jy saai, hoe groter die vermenigvuldiging terug aan jou.

(2Kor 9:6 AOV) Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik

maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. (2Kor 9:9 AOV) Soos geskrywe is: Hy het

uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid. God se

begeerte is dat ons in oorvloed sal wees in alle dinge. Wanneer ons nie saad saai nie, is

dit onmoontlik vir saad om in ons lewens te multipliseer. (Lukas 6:38) (2Kor 9:10 AOV)

En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad

vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem, (2Kor 9:11 AOV) sodat

julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons

bewerk. Tensy jy nie gee nie, plant jy nie ‘n saad wat God kan multipliseer nie. Jy bely

God se eienaarskap wanneer jy gee. Heilige lofsange en toegewyde offergawes en tiendes

saam plaas ons in ‘n posisie om God se oorvloed te ervaar.

f) Om te gee is ‘n getuienis van God se voorsienigheid aan ander: (2Kor 9:12 AOV)

Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van

die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God, (2Kor 9:13

AOV) omdat hulle deur die bewys van hierdie diens God verheerlik oor die

onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 9

Bladsy 10

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal, (2Kor 9:14 AOV) terwyl hulle

ook in die gebed vir julle na julle verlang vanweë die uitnemende genade van God aan

julle. Ons lofsange en gee van tiendes en offergawes is ‘n getuienis aan ander omtrent

die werk van God in ons lewens. Ons gee van tiendes, offergawes en lofsange roep alle

aandag tot die werk van JESUS in die lewe van gelowiges. Die mees evangelistiese

dinge wat ons kan doen is om te gee en God gesamentlik te prys en om dit met

voorbidding en getuienis te vergesel. Daar is geen beperking vir wat God kan doen vir

die wat hulle harte oopstel om te gee en hulle lippe oopmaak om Hom te loof nie.

Praktiese advies

Hou aan om God te prys deur te gee, selfs al gaan jy deur ‘n finansieël moeilike tyd. God

is getrou aan sy Woord.

Bid altyd oor die saad wat jy saai. Dat God jou sal wys om dit reg aan te wend en dat

daar vrug op die saad sal wees, waar jy dit saai en in jou eie lewe.

4 ONTWIKKEL JOU KREATIWITEIT EN GROEI IN JOU TALENTE

4.1 Moenie jou talente “devalue” nie

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat doen jy as musiekant/sanger om jou talente te ontwikkel?

Watter effek sal stagnasie van talente op die geestelike groei van die groep hê?

Op watter wyses “devalue” ons ons talente?

Is valse beskeidenheid, vrees, perfeksionisme en om jouself met ander te vergelyk

maniere hoe ons ons talente “devalue”?

(1Pet 4:10 AOV) Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee

dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. Wees dankbaar vir dit

waarmee God jou geseën het en weet dat jy en jou talente uniek is. As God wou gehad het

dat jy ‘n ander se talente moes hê, sou Hy dit vir jou gegee het. God het jou doelbewus

geskape met die talente wat jy het. Die geheim is om dit wat jy het te neem en ten volle te

ontwikkel en aan God toe te wy.

God se begeerte is dat jy Hom eerstens sal aanbid met die talente wat Hy jou gegee het en dat

jy dan jou naaste sal dien met dit wat Hy jou gegee het. Wanneer ons dit doen dan sal Hy

ons talente vermenigvuldig. Wanneer ons ondankbaar is teenoor die talente wat God vir ons

gegee het sal ons harte in bitterheid sterf. Dankbare harte neem die verantwoordelikheid om

hul talente te ontwikkel na die beste van hul vermoeë en omdat hul gesindheid reg is, leef hul

hul talente uit om ‘n impak in God se koninkryk te maak, en nie om ‘n kompetisie van “wie

is die beste” te wen nie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 10

Bladsy 11

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Praktiese advies

Word weer kinderlik (Mark 10:14-16). Onskuld, vertroue, reinheid van hart,

betoweringe, verwondering, geloof, vreugde, geluk, om dag-vir-dag te lewe. Kinders kyk

nie na hulself en hul eie pogings nie, ook nie na ander nie (hulle geniet die oomblik),

hulle soek nie probleem en fout in alles nie en vertrou blindelings, vergewe en vergeet en

doen nie te veel introspeksie wat na selfbejammering lei nie. (2 Kor 5:17)

Moenie in jou talente twyfel wanneer jy nie bedieningsgeleentheid kry nie. Geniet jou

talente terdeë in jou stiltetyd en verheerlik God daarmee vanuit ‘n opregte hart. Dit sal

jou help om te weet wie jy in JESUS is. Die Heilige Gees sal jou baie gou vermaan dat

God daardie talente vir jou gegee het en dit is goed genoeg!

God het elke mens met kreatiwiteit geskape en wanneer ons skep leef ons ‘n groot deel

uit van wat dit beteken om mens te wees. Kreatiwiteit is die vermoë in elkeen van ons

om iets nuuts te doen, ‘n vars perspektief te kry, radikale idees en konsepte te vorm.

Breek uit die negatiewe gedagte dat jy nie kreatief is nie en neem verantwoordelikheid

om jou kreatiwiteit te stimuleer en jou talente te verryk deur boeke te lees, na musiek te

luister, konserte en kunsuitstallings by te woon waar jy aan goeie tendense blootgestel

word. Kuns stimuleer die gedagtes en beweeg die siel. Breek uit slegte gewoontes en

leer om meer bedagsaam te wees, te kyk en te luister en fokus daarop om dinge raak te

sien wat jy nooit aan sou dink nie. Reis meer, gaan besoek plekke en lees op oor

onderwerp wat jou aandag prikkel.

Moenie in jou talente twyfel wanneer nuwe mense in die groep kom wie se talente goed

ontwikkel is nie. Laat staan jou trots, erken hulle vaardigheid, en gryp die geleentheid

aan om by hulle te leer.

Doen moeite om jou talente te verbeter en te vermeerder. Gaan vir ekstra klasse indien

nodig.

Iemand het een keer gesê: “All things works out at the end, if it doesn’t, then it is not the

end yet!” Sterf vir jouself, sodat jy kan uitvind daar is lewe na die dood!

4.2 Maak tyd om alleendinge alleen te doen

(Mat 6:6 AOV) Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou

Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die

openbaar vergelde. Enige span is net so sterk soos sy swakste skakel. Daar is sekere dinge

wat elkeen van ons op ons eie moet doen. Ons moet alleentyd met JESUS spandeer. Ons

moet oefen op ons eie, skryf in privaatheid, inspirasie om te skep op ons eie vind en ons moet

soms versoekinge op ons eie weerstaan. Dit is ons verantwoordelikheid om die alleendinge

op ons eie te doen. Wanneer ons ons individuele outonomie verloor, begin ons vir die span

se aanvaarding te leef, eerder as vir die HERE se aanvaarding. Daarom het ons tyd nodig om

soms alleen dinge te doen en ons individualiteit en skeppingsvermoë en kreatiwiteit te behou,

om dit dan na die span te bring tot opbouing van al die lede. Anders is dit konstant een

persoon wat dit moet doen en teer die res op daardie persoon en dreineer daardie persoon se

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 11

Bladsy 12

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

kreatiwiteit. Daardie een persoon het juis nodig om ook inspraak van elke ander lid van die

groep te ontvang om balans te behou en uitbranding te voorkom. Dit is gevaarlik om vir die

aanvaarding van ander te leef en op te hou luister na God.

4.2 Moenie agter spanlede se vaardighede skuil nie

Moenie agter spanlede se vaardigheid skuil nie, ontwikkel jou eie vaardigheid. Jy moet self

verantwoordelikheid neem vir die ontwikkeling van jou talente en die voeding van jou gees

en siel en nie verwag dat die groepsleier dit vir jou gaan doen nie. Baie groepslede skuil agter

die geestelike reputasie en kreatiwiteit van die leier of ander sterk sleutelpersone in die groep

en neem nie self verantwoordelikheid om te groei in hul verhouding met JESUS nie, neem

nie verantwoordbaarheid vir sonde in hul lewe nie en doen ook nie moeite om hulle gawes,

gees siel en liggaam te ontwikkeling nie. Soms is die heimlike gesindheid van die persoon

dat niemand dit sal agter kom as hulle nie moeite doen nie en ry hulle op die golf van ander

se “input” en salwing. Die waarheid is dat die ander lede se ontwikkeling en groei sal

uitstyg bo die van hierdie persoon en sal hierdie persoon eintlik ‘n frustrasie en remblok

word in die groep wat die groep se algehele groei en deurbraak sal rem.

4.3 Moenie te hard wees op jouself nie

a) Elke keer wanneer jy jou talente gebruik, maak die beste daarvan, terwyl jou verwagting

op God is om ‘n werk te doen in en deur jou. Moenie op jouself gefokus wees en op hoe

goed jy doen nie, maar fokus op God en die werk wat Hy in mense se lewens wil doen

wie jy bedien.

b) Bedien biddend, onder inspirasie van die Heilige Gees en met die oortuiging dat God

besig is om deur die uitleef van jou talente, mense se harte en lewens aan te raak. Die

vraag moet altyd wees: “Vader wat is vandag U boodskap aan die mense wie ek bedien,

sodat ek dit sal oordra”. Bedien met daardie oortuiging en verwagting. God se begeerte

is om mense tot redding te bring, te vermaan en bemoedig en so moet dit ook ons

ingesteldheid wees vanwaar ons bedien. God kyk na ons harte, motiewe en intensies.

Ons kan nie beheer hoe goed ons optree of hoe ander mense gaan reageer nie, maar wel

ons motiewe en hoe ons voorberei om te bedien met ons talente. Ons moet eenvoudig net

ons beste doen en God vertrou vir die res.

c) Soms het mense nodig om te hoor dat dit “okay” is om ‘n fout te maak. Daar is ‘n

verskil tussen perfeksionisme en uitnemendheid. Niemand gaan alles altyd perfek doen

nie. Foute is onvermydelik en gaan insluip. Soms tydens ‘n optrede, ‘n oefening of selfs

in verhoudinge en mense se gesindhede.

Praktiese advies

Erken en bely jou fout, maak reg en gaan aan.

Moenie oor jou foute top en in spyt of verwyt leef nie. Net omdat jy ‘n fout begaan het,

maak nie van jou ‘n mislukking nie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 12

Bladsy 13

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Leer om aan te beweeg en verby jou foute te groei.

Moenie te trots wees om jou foute te erken nie, dit vertroebel verhoudinge en wat God in

en deur jou wil doen. God het ons nie minder lief wanneer ons foute maak nie. Dit sal

juis van jou ‘n beter bedienaar maak wanneer jy foute sien as geleenthede om vanuit te

leer. Soms leer ‘n fout ons dat ons meer tyd aan voorbereiding moet spandeer of net

eenvoudig dat ons mens is. Niemand is gevrywaar van foute nie. Doen die beste met wat

jy het.

5. JAAG UITNEMENDHEID NA EN NIE PERFEKTHEID NIE

(Dan 6:3 AOV) (6:4) Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt,

omdat ‘n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele

koninkryk aan te stel. Uitnemendheid is om die beste te doen met wat jy het, al maak jy foute.

Dis om daardie foute reg te maak en voort te gaan en te weet jy het die beste gegee en daarom

kan jy rus in God se vrede. Perfektheid laat ons nie toe om foute te maak nie en dit inhibeer die

uitleef van ons talente en ons kreatiwiteit. Mense met ‘n voortreflike gees munt eenvoudig uit en

word deur God bevorder, soos Daniël. Ons eer God deur die beste te doen met dit wat ons het,

ongeag van waar ons in ons ontwikkeling is van ons talente.

Praktiese advies

Moenie begeer om soos ander te wees nie, spandeer eerder daardie tyd om jou talente self te

ontwikkel. Waar ander vandag is, is ‘n proses van harde werk wat hulle moes derugaan.

God het spesifieke omstandighede vir jou geskep om deur te werk om te kom waar Hy wil hê

jy moet wees. Ons kyk soms na ander en wil hê wat hulle het, maar dit kom nie sonder ‘n

prys nie.

Wees gefokus op God se agenda.

Leef God se liefde en aanvaarding uit aan jou medemens en moenie onrealistiese

verwagtinge skep aan jou spanlede nie.

Moet ook nie ‘n veroordelende of kritiserende gesindheid koester, omdat hulle nie dinge

doen soos jy dit gedoen wil hê nie.

Onthou jy is nie in beheer nie, God is. Jy is ‘n rentmeester en jou verantwoordbaarheid is

aan God omtrent wat jy doen om jou medemens in hierdie bediening te bemoedig en op te

bou.

Moenie swakhede wegsteek en perfek probeer wees nie, maar bely dit en ervaar die

krag van JESUS wat in jou woon. Besef dat jou medemens ook swakhede het en

wanneer hul jou voorbeeld sien sal dit vrymakend vir hul wees en so gebruik JESUS

ons om mekaar te vorm.

5.1 Groei in jou uitnemendheid

(1Ti 4:14 AOV) Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur

die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. (1Ti 4:15 AOV) Wees vlytig in

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 13

Bladsy 14

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. (1Ti 4:16

AOV) Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red

sowel as die wat jou hoor.

Praktiese Advies

Groei in jou uitnemendheid deur passievol te wees oor jou kreatiwiteit. Lees goeie

literatuur en woon konserte en teaters by. Gaan vir uitstappies na kunsmuseums toe en

luister na die beste opnames van verskillende musiek “genres”.

Waar moontlik, neem tyd en klasse om jou talente te ontwikkel. Hierdie is ‘n

lewenslange verbintenis om beter te word in dit wat jy na die liggaam van JESUS toe

bring. Maak nie saak hoe goed ons is nie, ons kan altyd verbeter.

Belê in vrugbare oefentye.

Doen Bybelstudie oor sommige van die liedjies wat gesing word. Lees sin vir sin van

elke lied en laat God die impak van dit wat jy deur sang kommunikeer besef. Kuns en

musiek stimuleer mense se gedagtes en beweeg die siel. Maar dit begin by die

kunstenaar. Laat die musiek jou hart verander voor jy verwag dat dit die gehoor moet

aanraak.

Dit wat jy oordra deur sang en musiek moet in jou lewe. Jy moet die boodskap verstaan

en die impak van die boodskap op jou gehoor besef, en die waarheid kommunikeer met

oogkontak en betekenisvolle maar natuurlike liggaamstaal.

5.2 Wees “real” met die uitleef van jou talente

Nuwe mense besoek gereeld die dienste en sien die musiekspan op die platform wat absoluut

‘n weerspieëling is van die gemeente se waardes en waarvoor ons staan. Ons wil graag hê

dat wanneer mense ons besoek hulle sal sien ons is “real” en daar is ware liefde en omgee

onder mekaar. Besoekers sal gou agter kom of die mense op die platform eg is en of hulle

net “perform”. Wat ons doen tydens dienste, moet nie aangeplak wees nie. Wie ons waarlik

is sal uitkom in wat ons doen. Daarom moet dit “real” wees en kom vanuit wie ons is deur

die week naamlik toegewyde kinders van God. Om opregte Chrsitene te sien wat in kontak

kom met God, sal diegene wie soek na God, nader trek om daardie “connectedness” vir

hulself te ervaar.

Straal entoesiasme en selfvertroue uit wanneer jy ander bedien met die uitleef van jou talente,

maak nie saak deur watter diep persoonlike krisis jy mag gaan nie. “The show must go on!”

Jy moet alles agter jou sit wanneer jy op die platform stap om te bedien en jou aandag en

fokus op JESUS hou en wat Hy gekom het om te doen. Aan die ander kant, die bediening is

nie “entertainment” nie en daarom moet jy nie “self generated” vertroue opwek nie, maar

nederig bly deur jou fokus op JESUS te hou.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 14

Bladsy 15

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Die bediening vereis dat ons die Heilige Gees op die platform toelaat om te werk. Om

kwetsbaar te wees is die kans wat almal waag wat in die openbaar bedien. Nie almal gaan

van jou lied of kleredrag hou nie. Daarom is dit belangrik om gegrond te wees in jou

verhouding met JESUS en Sy boodskap wat jy uitdra, sodat jy nie aantsoot neem oor enige

kritiek nie en staande sal bly om steeds deur God gebruik te word ongeag die krisis waardeur

jy werk.

6. BOU VERHOUDINGE IN DIE GROEP

6.1 Verhoudinge kom nie vanself nie, maar is harde werk en verg inisiatief

(Fil 2:3 AOT) Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet

die een die ander hoër ag as homself. (Fil 2:4 AOT) Julle moet nie elkeen na sy eie

belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. (Fil 2:5 AOT) Want hierdie

gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. (Fil 2:6 AOT) Hy, wat in die

gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, (Fil 2:7 AOT)

maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die

mense gelyk geword; (Fil 2:8 AOT) en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself

verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Wanneer

opregte geesvervulde “fellowship” in die musiekspan plaasvind, sal dit kwessies van jaloesie

en afguns aanspreek. Wanneer mense mekaar werklik leer ken sonder vooropgestelde idees,

sal hulle leer hoe pragtig en vol liefde die ander is. Meeste mense is onseker van hulself en

waag nie om verhoudinge te bou nie. Stap uit in die geloof en begin verhoudinge bou, selfs

al voel jy bietjie bedreig deur mense. Jy gaan gou agterkom hulle is opreg en gun jou om

ook suksesvol te wees. Maar jy moet opstap en jou ding doen en nie vir ander wag om jou

talente te ontwikkel of jou raak te sien nie. Neem jy inisiatief.

‘n Span wat verhoudinge bou is ‘n span wat daar is om mekaar te stig, bemoedig, vermaan,

ondersteun, help en mekaar te leer om meer soos JESUS te wees. Baie mense is bang om

verhoudinge te bou weens ervaringe vanuit die verlede, maar dit is juis belangrik om daardie

verhoudinge te bou en gevorm te word in die gestalte van JESUS. Ons het almal deel aan die

lyde van JESUS. Wanneer die span week na week waardevolle tyd belê om te oefen sonder

dat iemand ooit belangstel in mekaar se behoeftes of wat in mekaar se lewens aangaan, sal

spanlede leeg, gebruik en ongewaardeerd voel. Deur verhoudinge te bou is die beste wyse

om ‘n stabiele bediening daar te stel en verhoed dat die “turn-over rate” van musikante en

sangers hoog is.

Praktiese advies

Moenie die bediening sien as net die uitleef van jou talente nie. Sien dit as ‘n geleentheid

om verhoudinge te bou en so die wet van JESUS, naamlik liefde vir mekaar, te vervul.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 15

Bladsy 16

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

As jy nie met iemand oor die weg kom nie of ongemaklik voel in daardie persoon se

teenwoordigheid, gaan doen jy moeite om vir daardie persoon te gaan kuier en jy sal

agterkom, sou daar enige mure wees, sal dit val, as jy jou vooropgestelde idees laat val en

uitreik.

6.2 Groei in die karakter van JESUS en gee om vir jou spanlede

(1Kor 12:26 AOV) En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die

lede saam bly. (1Thess 5:11 AOV) Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander

op, soos julle ook doen. (Spr 3:27 AOV) Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit

toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. Jy gaan so hoog styg in die lewe, soos jy die

ander mense in jou lewe oplig. Die teenoorgestelde is ook waar. Jy gaan net so laag daal

soos wat jy ander na onder aftrek. Kultiveer ‘n omgewing waarin jy ander ondersteun en bou

‘n ondersteuningsnetwerk vir jouself en ander. Geen mens is gemaak om ‘n eiland te wees

nie. Ons het mekaar nodig. Bou verhoudinge met mense, selfs al is hul beter in hul talente

as jy.

Dit is belangrik dat elke individu in die groep sal voel daar is ‘n groep mense wat werklik

weet wat in hul lewe aangaan en wat sal ondersteun waar nodig. Almal van ons wil hê

iemand moet weet wanneer dit moeilik gaan by die werk of wanneer dit goed gaan, wanneer

jou kinders deur ‘n moeilike tyd gaan, of wanneer hulle presteer. Dit is belangrik dat elke

persoon voel daar is vir hulle ‘n geleentheid om gehoor te word, dat hulle veilig is en

verstaan word. Wanneer mense deur storms in hulle lewens gaan moet hulle weet dat hulle

nie alleen loop nie. Moet hulle die vrymoedigheid kan neem om die spanlede te laat weet om

vir hulle te bid, te help en te ondersteun of selfs te kom kuier dat daar oplossings deur

gesamentlike “fellowship” en gebed gevind kan word.

Praktiese Advies

Begin ‘n selbyeenkoms (Hand 2:42) op ‘n ander aand, waar die groep met hul gesinne

bymekaar kom om saam te “fellowship”, die Woord te breek, vir mekaar te bid en

mekaar op ‘n gesellige atmosfeer kan leer ken. Dit is deur lewensdeel en gemeenskap

met gelowiges waar ware verandering en groei in ons lewens kom. Dit is in hierdie

omgewing waar ons gekonfronteer word met die ware toestand van ons lewens en

uitgedaag word om veranderinge te maak.

Stuur sms’e en leer mekaar dat die mense welkom is om ‘n begrafnis van ‘n geliefde van

jou by te woon om jou te ondersteun, dat hulle jou in die hospital mag kom besoek of by

die huis wanneer jy siek is of ‘n nuwe baba gebore is. Laat weet die mense om jou dat

hulle enige tyd welkom is om op te daag. Ons lewe in ‘n tyd waar mense nie net meer

ongenooid by mekaar inval nie, daarom moet elke lid die verantwoordelikheid neem om

die res van die groep te leer hoe om hulle te ondersteun deur behoorlike kommunikasie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 16

Bladsy 17

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

6.3 Bring jou gawe na die span

Besprekingsvrae vir die Groep

Lees en bestudeer die volgende teksgedeeltes: Rom 12:4-8; 1Kor 12:7-12; Efs 4:11-13

Met watter gawe kan jy jou span dien?

Hoe kan jy jou span met hierdie gawe dien?

Watter verskil sal dit maak in die effektiewe funksionering van jou span as jy jou gawe

na die span toe bring?

(1Pe 4:9 AOV) Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer. (1Pe 4:10 AOV)

Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie

bedienaars van die veelvuldige genade van God. (1Pe 4:11 AOV) As iemand spreek, laat

dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God

verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die

heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen. Alle gawes wat God vir ons gee is

net gawes en dit is aan ons gegee deur die genade van God om God se mense en God se kerk

te dien, te bou en te stig. Die doel van ons gawes is tot die opbouing van die liggaam van

JESUS en om verlore siele te bereik.

Almal in die musiekspan is konstant besig om geestelik te groei en is nie noodwendig op

dieselfde geestelike vlak nie. Daarom sal daar altyd ‘n verskeidenheid van mense in die

groep wees en soms voel leiers bedreig deur wat hulle ken as die moeilike

kunstenaarstemperamente. Maar weet dat elkeen van ons is besig om te groei in die HERE

en het mekaar nodig om te groei in die genade en liefde van God. Daar gaan altyd mense in

die groep kom wat onseker van hulself is of met valse vresies en frustrasies sukkel en gaan

probeer manipuleer of kritiese kommentaar lewer wat die groep kan seer maak. Ander praat

dalk nie veel nie, maar verkeerde gesindhede word duidelik in hul liggaamstaal gelees. Dit is

belangrik dat hierdie mense op ‘n liefdevolle wyse hanteer, aanvaar en bedien word met die

gawes wat elke lid na die span toe bring, eerder as om hul summier van die musiekspan af te

haal.

6.4 Vier God se getrouheid in jou spanlede se lewens

Kyk terug na die wonderwerke wat God gedoen het in die lewens van jou groepslede en

gesamentlik vir die groep en vier God se getrouheid saam met jou spanlede. Deur God se

getrouheid in jou spanlede se lewens te sien en dit met hulle te kommunikeer sal tot opbouing

en stigting van die hele span lei.

6.5 Wees groot genoeg om jou spanlede te komplimenteer

(Jak 3:16 AOV) want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene

dade. (Jak 3:17 AOV) Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend,

vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. (Spr

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 17

Bladsy 18

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

16:18 AOV) Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val. Beskryf

die bogenoemde gesindhede vir jou? Trots, afguns, selfsug, hoogmoed, wederstrewigheid en

eiesignnigheid is werke van die vlees en nie van die gees nie. Mense met bogenoemde

gesindhede doen skade aan die boodskap van JESUS wat uitgedra moet word. Karakter moet

altyd die talent oorskry. Jou fokus moet nooit wees oor hoekom is ander bekend en gesog en

prominent in die bediening nie, maar op jou eie getrouheid aan dit wat God vir jou gegee het.

Praktiese Advies

Wanneer jy sien dat God van jou mede-bedienaars kragtig gebruik het, in plaas daarvan

om jaloers te wees, gaan na daardie persoon en gee terugvoer oor hoe God jou hart

aangeraak het deur te sien hoe Hy jou mede-bedienaar magtiglik gebruik het.

Hoe sterker jou verhouding met God is hoe beter jou verhouding met jou medemens en

hoe minder is jy bedreig deur ander.

Leef jy net uit dit wat God jou mee geseën het en jy sal leer hoe God jou ook gebruik op

‘n ander wyse as die ander mense, volgens dit wat God aan jou toebedeel het. Jy sal dan

opreg dankbaar wees vir dit wat jy het en vir ander kan krediet gee wat dit verdien, omdat

hulle sukses nie dit wat God vir jou gegee het bedreig nie.

Spits jouself toe op jou verhouding met God en die ontwikkeling van jou talente. Doen

dit wat God van jou verwag en God Self sal jou op die regte tyd verhoog en jy gaan merk

dat God jou verhoog in tye wanneer jy daarop uit is om Sy evangelie te verkondig en nie

om jouself te verhef nie. Wanneer jy uitgaan om die evangelie van JESUS te verkondig,

sal Hy deure oopmaak om jou te verhoog ter wille van Sy evangelie boodskap.

Negatiwiteit en ‘n kompeterende gees sal veroorsaak dat die span nie doeltreffend kan

funksioneer nie.

7. HANTEER KRITIEK POSITIEF

(Spr 11:14 AOV) As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van

raadgewers is redding. Dit is elke individue se verantwoordelikheid om die regte gesindheid te

handhaaf. Jou gesindheid hang nie af van hoe ander jou behandel nie, maar van hoe sterk jou

verhouding met en kennis omtrent JESUS is. Laat mense jou eerder die waarheid vertel as wat

jy jou lewe lank in ‘n leuen leef en goed voel oor jouself. Om aanstoot te neem het al in verskeie

groepe ‘n groot verlies gebring in die koninkryk van God. As mense leer om terugvoer en kritiek

reg te hanteer, kan hul voortgaan om ‘n groot impak in die koninkryk van God te maak.

Oorsensitiwiteit het baie mense daarvan weerhou om die waarheid omtrent hulself in die gesig te

staar en daaraan te werk en die Gees toe te laat om dit te verander. Die vyand gebruik

oorsensitiwiteit dat ons ander begin oordeel, kritiseer en aftakel. God wil dit gebruik om ons

trots, vrese, onsekerhede en selfsugtigheid uit te sny en liefde in te plant, sodat ons siele vanuit ‘n

ewige hel gered kan word. Terugvoer, kritiek en voorstelle is alles maniere om ons te help om te

verbeter. Ons kan baie leer deur oop te wees vir kritiek.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 18

Bladsy 19

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Praktiese Advies

Luister na terugvoer sonder om bedreig te voel.

Ondersoek jou hart.

Soms is ons te besig om onsself te verdedig om te hoor wat werklik gesê word. Gaan bid

daaroor voor jy reageer. God laat alle kritiek in ons lewe toe dat ons selfondersoek sal doen

en by die HERE uitvind wat dit is wat Hy in ons wil verander.

7.1 Waak teen oorsensitiwiteit

(1Kor 13:4 AOV) Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die

liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, (1Kor 13:5 AOV) handel nie onwelvoeglik

nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, As jou

lied nie gesing word nie, of as die leier jou vra om vir eers uit te sit met die lei van

aanbidding of iemand anders laat lei, of wanneer daar gevra word dat sekere dele van ‘n lied

op ‘n ander wyse gesing word, moet dit nie persoonlik opneem nie. Soms twyfel mense in

hulself en as hul skielik gevra word om nie meer aanbidding te lei nie, dink hulle hul het iets

verkeerds gedoen. Dit is nie noodwendig die geval nie. Soms gebeur dit dat die sangdiens

verkort móét word en ‘n lied uitgehaal móét word. As jy gaan toelaat dat dit jou agterdogtig

maak en dat jy ophou om jou leiers te vertrou, gaan jy ophou groei in jou verhouding met

God en jou medemens en God se bediening in en deur jou.

Praktiese Advies

Praat as jy ongelukkig is oor iets en sorteer die saak uit.

Moenie mense se terugvoer uit proporsie blaas en jou eie gevoel van onwaardigheid

byvoeg nie. Moenie mense aftakel net omdat jy dink hulle gun jou niks nie. Gaan doen

ondersoek en vra vrae en as die antwoorde jou ontstel bid daaroor en gaan praat later

weer met die leier as jy nie vrede in jou hart het nie.

Nie alle terugvoer is opbouend of positiewe kritiek nie. Soms kom mense met terugvoer

om jou te ondermyn en te verneder. Weer eens as jy in JESUS gegrond is sal jy

onderskei en dit met liefde hanteer en nie aanstoot neem nie. Ons almal het areas waarin

ons kan en moet groei en ek wil jou aanmoedig om konstruktiewe kritiek te gebruik om te

groei en nie toe te laat dat die duiwel dit omdraai om selfveroordeling te bring en jou te

vernietig nie.

7.3 Jaloesie kan jou bediening en selfs jou span vernietig

Besprekingsvrae vir die groep

Ontkenning van foute, onvergewensgesindheid, eie-ek, kritieke gees en alle krediet vir

self eien is alles eienskappe van ‘n negatiewe gesindheid wat ‘n span kan vernietig.

Identifiseer nog eienskappe van ‘n negatiewe gesindheid wat vernietiging inbring.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 19

Bladsy 20

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

(Spr 27:4 AOV) Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid

standhou? Die Woord leer ons duidelik dat jaloesie die werke van die vlees is (Gal 5:19-

21). Mense word soms jaloers op ander omdat hulle meer geleenthede kry. Jou gesindheid

bepaal jou uitkyk op die lewe, menseverhoudinge, sukses of mislukkings en die belangrikste

van als is dat gesindheid is jou keuse. Wanneer gesindhede van jaloesie en bitterheid ‘n sterk

vesting in mense se lewens verkry, begin hulle ander se bedieninge saboteer en mense agter

hulle rûe “bad mouth” en besef hulle nie dat die rede waarom hulle nie geleentheid kry om te

bedien nie, juis die toestand van hul eie hart is, wat maak dat God hulle nie kan vertrou

met die harte van ander nie.

Jaloesie en afguns het al in menigte groepe kwaadspreek en verdeeldheid veroorsaak. Wat

mense nie besef nie, is dat hulle hulself op gevaarlike grond teen God stel en die dienskneg

wat Hy opgerig het om daar te bedien.

Praktiese Advies

(Psa 75:8 AOV) maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

Indien jy gevoelens van jaloesie en bitterheid koester, bely dit eerstens voor God wat

reeds weet wat binne jou hart is.

Indien nodig maak ‘n afspraak en gesels met die een teenoor wie jy so voel en bely, maar

met die gesindheid van: “weet jy ek wil nie so teenoor jou voel nie”. Jy sal vind dat dit

soms verhoudinge nader aan mekaar bring wanneer jy dit in liefde doen.

7.4 Waak daarteen om deur jou emosies beheer te word

As ‘n kreatiewe department is ons gevoelsgedrewe en kan dit die beste of die swakste in ons

uitbring. Dit is die een ding wat jou briljant maak, maar ook die een ding wat jou sal dood

maak as jy jou gevoelens nie onder beheer van die Heilige Gees plaas nie.

Geditermineerdheid om vir God ‘n verskil te maak, maak werklik saak en moet bo jou

emosies geplaas word. Ons moet waak dat omstandighede ons heen en weer meesleur en ons

beweeg. Dat dit veroorsaak dat ons terugtrek en onttrek as gevolg van vrees, onsekerheid,

tekort aan selfvertrou en “inadequacy” in ons eie oë.

Praktiese Advies

Jy moet geditermineerd wees om God aan te gryp en vir jou wonderwerk te vra, want Hy

is meer as desperaat daarvoor as wat jy is. Ons het daardie geditermineerdheid nodig om

God se roeping in ons lewens te voltooi en uit te leef. Ons gaan nooit na ‘n optrede toe

nie, maar is op ‘n hemelse sending. Geditermineerdheid van jou kant af om God se doel

en wil uit te leef, bo jou emosies, vereis ‘n reaksie van Hom af.

“Don’t just get by” in jou verhouding met God nie. Dit is wanneer jou gevoelens jou

gaan begin deurmekaar maak. Wees toegewyd, werk daaraan, spandeer tyd saam met

Hom. Hy is nie die God van “ net genoeg” nie, maar van “meer as genoeg”.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 20

Bladsy 21

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

8. WEES OOP VIR VERANDERINGE

Besprekingsvrae vir die Groep

Is dit vir die ander lede van jou groep pret om saam met jou te werk?

Hoe reageer jy op veranderinge in die manier wat dinge gedoen word?

Dit is nooit pret om saam met mense te werk wat altyd negatief is en fout vind in alles nie. Baie

mense vrees die onbekende.

Praktiese Advies

Bely jou vrese en onsekerhede aan die groep, eerder as om ‘n steeksdonkie te wees en vra

hulle om jou te help in areas wat vir jou moeilik is om te leer of te verander. Die belydenis

van jou vrees sal onmiddelik die werke van die duiwel verbreek en verligting vir jou en die

om jou bring. Leer om te lag oor jou foute en almal sal dit saam met jou geniet.

As jy voel jy word te oud vir die bediening en kan dalk nie byhou by die sing van liede nie,

kan jy steeds betrokke bly deur jou gawe na die groep te bring in die vorm van intersessie,

selleier, die nuwe generasie te leer ens.

9. INSPIREËR JOU SPANLEDE OM TE GROEI

Besprekingsvrae vir die Groep

Watter bydrae lewer jy om jou spanlede te inspireër om te groei of laat jy dit in die hande van

jou leier alleen?

Watter bydrae het jou spanlede in jou lewe gemaak wat groei teweeggebring het?

(1Pet 4:11 AOT) As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat

dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus

Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen. God het jou nie

geskape om ‘n gemiddelde mens te wees nie, maar God is progressef, dinamies en onuitputlik en

ons is kinders van hierdie Allerhoogste God. Ons is kosbaar as gevolg van die prys waarmee

God vir ons betaal het om ons vry te koop van sonde en die dood, naamlik die bloed van JESUS.

Elkeen van ons in die musiekspan het talente en gawes om te offer wat niemand anders het nie.

Elkeen van ons is uniek en “handpicked”. God is in beheer en laat alle dinge ten goede

meewerk, en daar is iets wat God wil hê ons moet bereik deur ons gawes en talente. Ons talente

en gawes is nie beperk tot net sing en musiekinstrumente bespeel nie. Maar daar is meer wat ons

kan doen om mekaar in liefde op te bou en te inspireer om te groei in ons talente en in ons

verhoudinge met JESUS, eerder as om mekaar af te trek met vleeslike gesindhede.

Dit gaan opoffering kos as jy die ingesteldheid van om net te ontvang eenkant skuif en ‘n nuwe

ingesteldheid begin ontwikkel van: “hoe kan ek ‘n bydrae lewer om my spanlede te inspireër om

te groei in die HERE en hulle talente”. Dit gaan opoffering van elke lid kos om die drome en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 21

Bladsy 22

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

begeerte wat God jou gee met betrekking tot die ontwikkeling van jou talente en gawes en die

inspirering van jou mede-bedienaars, geboorte te laat skenk.

(Joh 3:15 AOT) sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe

kan hê. God het dit eers deur JESUS gedoen en nou gebruik Hy sy kerk om hierdie boodskap

verder te verkondig. Ons is hier vir een doel alleenlik en dit is om die werk van JESUS voort te

sit. Om die wat verlore gaan te soek en hulle tot redding te bring. Dit is die passie van JESUS.

So kom dat ons mekaar inspireër, sodat ons JESUS se passie met vrymoedigheid kan uitleef,

omdat ons aanhou om mekaar te versterk in die HERE.

10. BRING ENTOESIASME EN OPGEWONDENHEID NA DIE SPAN TOE

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat demp ‘n persoon se entoesiasme en opgewondenheid?

Wat kan jy doen om te verseker dat jou entoesiasme nie verflou nie?

(Spr 22:29 AOV) Sien jy ‘n man wat vaardig is in sy werk—hy kan voor konings staan, hy

hoef nie voor geringes te staan nie. Wanneer ons talente en gawes met uitnemendheid en

entoesiasme ontwikkel en uitleef steek ons die wêreld om ons aan die brand en wys ons mense

na God wie ons geskape het, en Wie die gawes vir ons gegee het en ons lief het. Entoesiasme

maak ‘n impak van onskatbare waarde op mense. Ons verhouding met JESUS, talente en gawes

ontwikkel slegs deur disspline en oefening. Entoesiasme maak dat ons die beste doen met die

talente wat ons het. Ons eer God nie as ons net “mediocre” is nie, maar wanneer ons opgewonde

is oor dit wat Hy vir ons gegee het en dit met opgewondenheid uitleef en almal om ons aan die

brand steek.

Praktiese Advies

Stel konstant uitdagings aan jouself in die ontwikkeling van jou verhouding met JESUS en

die ontwikkeling en uitleef van jou gawes en talente.

Wees ook entoesiasties oor jou medemens wat saam met jou in die bediening staan, en oor

die gehoor wie jy bedien.

Ondersteun en waardeer jou spanlede.

Sarkastiese, snedige en negatiewe aanmerkings hoort nie by ‘n wedergebore, geesvervulde

kind van God nie. Besluit vandag om ‘n invloed in jou omgewing te maak deur entoesiasme

uit te straal in die uitleef en ontwikkeling van dit wat God jou mee toevertrou het.

“Fellowship” met die regte mense wat daardie entoesiasme sal aanvuur.

11. HANTEER KONFLIK MET LIEFDE

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat veroorsaak konflik in die groep?

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 22

Bladsy 23

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

(Rom 12:16 AOV) wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg

julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; (Rom 12:17 AOV) vergeld niemand kwaad vir

kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; (Rom 12:18 AOV) as dit moontlik is, sover as

dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. (Rom 12:19 AOV) Moenie julle wreek nie,

geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek

sal vergeld, spreek die Here. Konflik in enige bediening en verhouding is onvermydelik. Baie

konflikte ontstaan weens misverstande, wanpersepsies, oningeligde keuses en selfsug. Dit is

jammer wanneer mense ‘n span verlaat as gevolg van onopgeloste konflik.

a) Die rede hoekom so baie mense in krankhede en bindinge leef is omdat hulle nie openlik

teenoor mekaar bely nie. (Jak 5:16 AOV) Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar,

sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

b) Die rede hoekom mense skinder is omdat hulle nie vrymoedigheid neem om die saak met die

persoon waarmee hul ‘n probleem het, uit te sorteer nie. Wanneer jy direk met die persoon

praat en dit uitsorteer is dit afgehandel en het jy geen begeerte om met ander daaroor te praat

nie, want die lig is gesuiwer.

Dit is onmoontlik om ander te bedien terwyl jy self aan woede, bitterheid, afguns, seer, jaloesie

en onvergewensgesindheid vashou. Hierdie gesindhede beroof ons van ware blydskap en vrede

en geen masker wat ons opsit sal dit kan wegsteek nie. Wanneer jy opsien om kerk toe te gaan

weens versuurde verhoudinge is daar fout. Indien jy iemand is wat altyd fout, konflik en

argumente soek sal jou gesindheid onrustigheid in die hele musiekspan bring. Jy is die een wat

daardie skeidsmure van sonde moet afbreek alvorens jy ander kan bedien, hetsy jy dit gebou het

in jou huisgesin, vriendekring, by jou werksplek of die plek van aanbididng. Dit was JESUS se

gebed dat ons een sal wees met mekaar.

Praktiese Advies

Dit is verkeerd van ons om na enige ander persoon te gaan behalwe die persoon met wie ons

in konflik is. Wanneer jy dit wat jy soms net vermoed, nie eers waarheid is nie met ander

deel, rig jy geweldige skade aan en verbreek jy die eenheid in die groep. Enige negatiewe

praatjies van persone skep vooropgestelde idees en verander gesindhede, hetsy bewustelik of

onbewustelik. (Jak 4:11 AOV) Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat

kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel

die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. Dit bou

bitterheid en verwyt binne ons. Ons dink dit is reg om met ander mense te praat oor die

probleem wat ons met hierdie en daardie persone het in plaas van om direk na die persone te

gaan en dit met daardie persone uit te sorteer. Ons is skuldig aan skinder en kwaadspreek.

Al is dit waar is dit steeds skinder en as dit vals is, is dit kwaadspreek.

Leer vaardighede aan om konflik effektief te hanteer. Definieer eerstens die probleem. Wat

is dit wat jou werklik pla? Moenie die persoon aanspreek nie, spreek die situasie en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 23

Bladsy 24

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

frustrasie aan. Meeste van die tyd word konflik in ons eie harte opgelos wanneer ons na God

daarmee gaan in gebed.

Indien nodig inisieër ‘n tyd om te praat met die persoon en fokus op die probleem en nie die

persoon nie. Voel ook die ander persoon se pyn, luister goed sonder om terug te praat en

kom by die kern uit. Konflik moet volgens Mattheus 18:15-17 se voorskrif hanteer word.

Moenie by die simptoom bly nie, maar spreek die kern aan. Stel dinge reg en indien nodig

stel ‘n “gameplan” op om die “issues” te addresseer. Konflik word baie keer veroorsaak as

gevolg van verskille in perspektief, styl of as gevolg van selfsugtige begeertes.

Leer dat dit “okay” is om jou gevoelens en gedagtes uit te druk selfs al is dit negatief. Dit is

deur dit uit te spreek wat vrymaking kom en die leuens openbaar word. Leer om te

kommunikeer in ‘n wyse van: “as dit gebeur laat dit my so voel”.

Indien hierdie gesprek nie vrede bring nie, neem ‘n derde party om die twee partye te help.

Die grootste rede waarom baie mense nie direk met die persoon gaan praat nie is of hulle is

bang vir verwerping en aanstoot of hulle eie harte is gevul met vooroordeel, bitterheid,

afguns en kritiek.

12. PLAAS JOUSELF IN ‘N SEëNBARE POSISIE

(Psa 1:1 AOV) Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie

staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; (Psa 1:2 AOV)

maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. (Psa 1:3 AOV)

En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en

waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. God wil ons

seën in die hoogste mate, maar dan moet ons seënbaar wees. Ons moet onderskeiding in ons

gees hê wat daartoe sal lei om dit wat na sonde lei te vermy (wandel). Onderskeiding sal

verhoed dat ons sonde bedink (staan), of gemaklik met sonde raak (sit). Die regverdige het

behae in die Woord. Die woord behae beteken om genoeeë te hê wat ook beteken bevrediging,

voldoening, tevredenheid, genot, plesier, vermaak.

Wanneer ons God gehoorsaam net omdat ons nie ons posisie in die musiekspan wil verloor nie,

dan draai alles om ons en nie om God nie. Daar is ‘n direkte verband tussen hoe baie ons God

lief het, met hoe bereid ons is om gehoorsaam te wees. (Joh 14:15 AOV) As julle My liefhet,

bewaar my gebooie. Ons moet God meer liefhê as wat ons ons talente en optredes lief het. Dit

sal veroorsaak dat ons steeds ons talente vir God uitleef, omdat ons die boodskap verstaan, al

word ons nie altyd aangewend soos ons graag sou wou nie. Dan sal ons doen wat die beste vir

die span is en nie vir ons is nie. Goeie dinge sal ons padlangs kom wanneer ons hard werk en

God se boodskap verstaan en uitleef en nie onsself op situasies probeer forseer nie.

12.1 Oorwin sonde in jou lewe

(Rom 12:2 AOV) En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word

verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 24

Bladsy 25

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

welgevallige en volmaakte wil van God is. Omdat ons as kunstenaars meer bewus is van

die wêreld om ons, maak dit dat ons meer ontvanklik vir sonde is en moet ons veral waak

omdat ons gou selfgesentreërd raak wat uitloop op selfsugtige motiewe. Dit is in ons

aard om meer sensitief te wees en dit veroorsaak dat ons makliker seergemaak voel as

ander. Ons moet waak dat ons nie vasgevang word deur trots, arrogansie, selfsugtige

motiewe, woede, bitterheid, verwyte, negatiewe en kritieke geeste, onrein gedagtes en

verslawende gewoontes nie.

(Spr 28:13 AOV) Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy

wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. Om voor te staan en te bedien oor

God se verlossingswerk moet ons dit in ons eie lewe toepas en ervaar. Ons moet sonde

ernstig opneem. Dit is as gevolg van sonde wat JESUS aan die kruis gesterf het. Jy kan

nie in hierdie bediening op jou talente alleen staatmaak nie. Sonde vind mens altyd uit

(Num 23:23). Dit is elke persoon se persoonlike verantwoordelikheid om die

heiligmaking in vrees van God te volbring (2 Kor 7:1). Sonde sal nooit vir jou sterf nie.

Jy moet vir sonde sterf. Jy kan slegs in die presiese proporsie tot God leef as wat jy tot

sonde sterf (Jes 59:2).

Praktiese Advies

Hoe intenser jy groei in jou verhouding met JESUS, hoe minder gaan jou begeerte

wees om te sondig. Ware liefde verdryf alle vrees en God se liefde wat in jou is deur

die Heilige Gees, sal veroorsaak dat jy Hom wil gehoorsaam en alles sal doen wat jy

kan om klaar te maak met sonde. Sonder tyd af met God om sonde effektief in jou

lewe uit te sny.

Begin deur die Skrif te memoriseer. Vul jou gedagtes en hart met die waarheid van

die Woord (1 Pet 1:13) dat jy aanvaar, geliefd, verlos en gekoop is met ‘n prys. Ons

is deel van God se familie en verseël met die Heilige Gees. Satan probeer hierdie

grondgebied wat ek sopas genoem het te steel en ons moet die wapenrusting van God

(Efs 6) aantrek om ons grondgebied van verlossing en oorwinning te behou.

Moenie jou aanvaarding, sukses, erkenning, sekuriteit en aanvaarding in die

musiekgroep soek nie. Satan sal altyd probeer dat ons ons behoeftes apart van God

vervul kry. Dit word dan later verslawings, dinge wat ons dink ons nie sonder kan

leef nie.

Satan probeer ook dat ons ons talente vir ons eie gewin en verheerliking gebruik en

dat ons selfgesentreërd word. As ons werklik in die gees wil wandel moet ons ons

gedagtes voortdurend met die Woord van God voed (2 Kor 10:3-6). Daar is geen nut

om teen sondes in ons lewens te bid as ons nie ons gedagtes konstant met God se

Woord vul nie.

Sonde sal jou bediening en verhouding met jou medemens in gedrang bring. Sonde is

nooit tevrede met wat dit het nie. Sonde wil altyd meer hê. Satan sal ons ook wil laat

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 25

Bladsy 26

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

glo dat ons sonde nie ‘n “big deal” is nie en dat dit niemand gaan seermaak nie.

Maar hoe meer jy jou met die waarheid voed, hoe meer sal jy die leuen onderskei en

sal sonde sy houvas op jou lewe verloor (Joh 8:44).

Moenie weghardloop wanneer jy sonde in jou lewe het nie. Staar dit in die gesig,

bely dit en vra vergifnis. Dit is ‘n proses en soms ‘n stryd om die eie-ek te kruisig.

Maar sonde is dit nie die moeite werd om die skatte wat God in jou opgesluit het weg

te gooi nie. Moenie dat Satan sonde gebruik om te verhinder dat jy alles word wat

God jou gemaak het om te wees nie. (1Joh 1:9 AOV) As ons ons sondes bely, Hy is

getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te

reinig.

13. ONDERWERP JOU AAN DIE LEIERSKAP

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat is die funksie van leierskap?

Hoekom wil mense hul nie onderwerp aan leierskap nie?

Wat stappe moet geneem word wanneer mense weier om te onderwerp aan mekaar?

(Heb 13:17 AOV) Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak

vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie

al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. Jy mag miskien dink dat jou leier nie instaat

is om te lei nie of verkeerd lei, maar moenie tot die probleem bylas deur self onvolwasse op te

tree nie.

Praktiese Advies

As jy verskil oor iets wat jou leier doen gaan praat met hom en as julle steeds verskil bid en

vra dat God of jou hart of die leier se hart verander. Mense wat nie aan leierskap onderwerp

nie ontbloot net hulle eie vleeslikheid en ware gesindheid. (1Th 5:12 AOV) Maar ons vra

julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle

vermaan; (1Th 5:13 AOV) en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle

werk. Hou vrede onder mekaar.

13.1 Sien eenheid soos God dit sien

(Efs 4:3 AOV) en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band

van die vrede. (Efs 4:4 AOV) Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is

in een hoop van julle roeping; (Efs 4:5 AOV) een Here, een geloof een doop, (Efs 4:6

AOV) een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

Eenheid is baie belangrik en ernstig vir God. Hy neem dit nie ligtelik op nie en die

teenwoordigheid van God is kragtig in omgewings waar daar eenheid is: (2Kron 5:13

AOV) en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 26

Bladsy 27

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die

simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want

sy goedertierenheid is tot in ewigheid! —is die huis, die huis van die HERE, vervul met

‘n wolk. (2Kron 5:14 AOV) En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens

te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul. God

vereis eenheid wanneer ons iets saam in die naam van JESUS doen. God reageer op

eenheid. Eenheid is ‘n kragtige getuienis vir die verlorenes.

13.2 Onderwerp jou aan God se tugtiging

(Heb 12:4-15) Juis omdat Vader besig is om ons karakter te bou gaan dit soms gepaard

met pyn, omdat Hy ons moet tugtig om sonde of ongehoorsaamheid uit ons te kry. Selfs

JESUS het gehoorsaamheid geleer deur te ly. So in ons lewens ook, as ons God se

tugtiging verdra wat vir ‘n kort tydjie ongemaklik en seer is en droefheid veroorsaak, as

ons net deurdruk sal ons die vrug van geregtigheid.

Karaktervorming gaan gebeur deur ‘n voortdurende verhouding met JESUS en ons

medemens waar ons mekaar slyp en vorm. Soms verstaan ons nie onmiddelik nie, maar

wanneer jy die stap van gehoorsaamheid neem, al is dit hoe moeilik, sal jy na ‘n tyd

terugstaan en besef hoe die Gees jou verander het omdat jy gehoorsaam en bereid was om

aan daardie dele wat seer was te werk en verkeerde gesindhede neer te lê. Hy wys ons

karakterfoute uit en help ons om deur die Woord te groei in JESUS.

14. GEE GOD JOU BESTE

14.1 Wees bereid om die prys te betaal

Besprekingsvrae vir die Groep

Wat veroorsaak dat ons afskeep aan ons toewyding aan God?

(2Sam 24:24 AOV) Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit

verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God

brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig

sikkels silwer. Dawid wou vir die HERE ‘n offer gee, maar ‘n offer wat moeite sou verg.

Hy wou nie iets halfhartig vir God gee nie, maar met alles wat Hy het. Ons kan nie vir

God dit gee wat ons nie moeite gaan verg en niks kos nie. Ons moet vir Hom ons beste

gee, want Hy is waardig, en dit gaan ons kos. Vir sommige gaan dit tyd kos, vir ander

die neerlê van hul lewe en ander die neerlê van sonde. Vir sommiges beteken dit om

beklee te raak met JESUS, tyd in die Woord en gebed, tyd in die ontwikkeling van talente

en gawes en in die opbouing van ons kennis omtrent JESUS.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 27

Bladsy 28

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Praktiese Advies

Om met uitnemendheid te kan bedien verg integriteit en harde werk. Daar is nie plek

vir lui mense in die koninkryk van God nie. Harde werk en integriteit sal veroorsaak

dat jy progressiewe groei sal kan sien in jou verhouding met JESUS, jou medemens,

jou gawes en talente. Ek dink dit grief God wanneer Hy talente aan ons gee en ons

verspil dit (Matt 25:14-30). Dit is soos ‘n pa wat vir sy kinders geld gee en hy sien

hulle mors en verkwis dit. So ‘n pa gaan daardie kind nie met meer kan vertrou nie.

Waneer daar areas is wat werk nodig het, werk hard daaraan. Dinge gaan nie vanself

gebeur nie. Jou leiers en medemens gaan dit ook nie vir jou kan doen nie. Jy is die

rentmeester van jou talente en gawes.

14.2 Onthou jy is God se mondstuk

(Jer 1:9 AOV) Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die

HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond. Sodra jy in hierdie

bediening bedien, sien ander mense jou as God se mondstuk en is dit belangrik dat jy die

liefde van JESUS orals deur jou lewe sal kommunikeer. Ongeag of jy in ‘n leidende

posisie is of nie. Maak nie saak hoe ‘n klein deeltjie jy in die span het nie, jy is God se

mondstuk en jy moet sy gedagtes ken.

(2Tim 2:15 AOV) Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat

hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. Baie mense sal na

jou kyk vir mentorskap omtrent hoe om God te aanbid en ‘n Christelike lewensstyl te

leef. Jy is in die publieke oog en het ‘n verantwoordelikheid om JESUS uit te leef, want

baie gaan jou volg. Mense kyk op na jou wanneer jy op ‘n platform staan en neem aan

dat jy volwasse in JESUS is en geestelike leiding kan gee. Jy moet die vermoeë besit om

iemand na die Here te lei en te leer aangaande die weg.

(Mat 28:19 AOV) Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in

die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te

onderhou wat Ek julle beveel het. Jou bediening op die platform kan nie gebou word op

jou emosies, jou gewildheid, talente, of op wat die leier doen nie, maar slegs op jou

verhouding en kennis omtrent JESUS. Wees gefokus in dit wat jy doen op wie JESUS is,

eerder as op wie jy is.

14.3 Drink uit jou pierinkie omdat jou beker oorloop

(2Kor 8:5 AOV) en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself

eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God, Dit is elkeen se

persoonlike verantwoordelikheid in die groep om te verseker dat jou koppie oorloop met

die “overflow” van die kennis en liefde van God. Dit gebeur wanneer ons vanuit ‘n

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 28

Bladsy 29

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

verhouding met JESUS wandel en nie godsdienstige oefeninge nie. Die wet maak dood,

dit is die Gees wat lewend maak.

Praktiese Advies

Handhaaf balans in jou lewe. Kry genoeg rus, oefening en die regte dieet. (Pred 4:6

AOV) Een handvol rus is beter as altwee vuiste vol moeite en gejaag na wind.

Raak ontslae van onnodige bagasie en woedeprobleme, sodat jy eenvoudig net die

Gees van God op ‘n Sondag sal vrystel en nie allerande ongesonde emosies,

frustrasies en gejaagdheid nie.

Rus is belangrik. Moenie jouself boek die aand voor ‘n groot optrede nie. Gaan

vroeg bed toe, rus. Maak aanpassings waar nodig.

Moenie skroom om uit te sit as jy moeilike situasies het om uit te stryk nie. Wanneer

jy daar is vir bedien en nie vir die “show” nie, sal dit nie vir jou ‘n “issue” wees om

‘n diens of twee uit te sit wanneer jy moeg is omdat jy dalk verhuis het of ‘n

verhouding het wat jy eers wil uitsorteer nie. Sorteer jou dinge uit voor jy bedien.

Koop die tyd uit en stel jouself bloot aan die luister van geesvervulde lofsange. Daar

is baie cd’s vandag beskikbaar. Maak tyd om jouself net eenvoudig te deurweek met

die teenwoordigheid en heerlikheid van die HERE.

Boek dae af waar jy kan vas en bid en net met God besig wees, eerder as met die

dinge van God. Doen moeite om tyd met Hom te spandeer. (Luk 21:19 AOV) Deur

julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. Sodat wanneer jy bedien, jy vanuit

die oorvloed van die heerlikheid van God bedien en nie die oorvloed van jou

tekortkominge, gejaagdheid en frustrasies nie.

14.4 Moet nooit jou impak tot die koninkryk van God gering ag nie

(Luk 19:33 AOV) En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom

maak julle die vul los? (Luk 19:34 AOV) En hulle antwoord: Die Here het hom

nodig. Elke goeie span het lede wat weet wat hulle rol in die span is en wat hulle rol

goed uitleef. Hulle is vergenoegd om hierdie rolle uit te leef in die span, want hulle weet

as hulle nie die rol uitleef nie, hoe gering dit ookal mag wees, gaan die hele span

daaronder ly. Party rolle is meer agter die skerms as ander. Maar die geestelik volwasse

spanlede weet dat die span nie behoorlik kan funksioneer sonder elke spanlid wat sy deel

van die gewig dra nie. Om betroubaar te wees, om te weet dat daar op jou staatgemaak

kan word is ‘n teken van karakter en volwassenheid. In die span is daar geen rol wat

minder belangrik of onbelangrik is nie. Dit beteken egter nie dat ons so vaskyk in ons rol

dat ons nie bereid is om te help op ander gebiede indien dit nodig is nie.

14.5 Ontspan, geniet dit en gee alle eer aan die HERE

(Efs 5:15 AOT) Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as

wyse; (Efs 5:16 AOT) en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. (Efs 5:17 AOT)

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 29

Bladsy 30

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 3: Wat bring jy na die span toe?

Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here

is. Ons moet wandel in dit wat aan ons openbaar is omtrent JESUS. In daardie

heiligheid, majesteit en “radiance”! Ons gee God ere wanneer ons as volgelinge sy

heerlikheid reflekteer deur ons aksies en taal elke dag van ons lewens. Dit is so maklik

om onsself te begin vergelyk met ander en te wens ons het hulle talente of

persoonlikhede. Maar God het ons elkeen uniek gemaak om Hom deur ons eie gawes,

talente, fisiese voorkom, karaktereienskappe, vermoë en persoonlikhede te reflekteer.

(Psa 139:14 AOT) Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u

werke! En my siel weet dit alte goed. Wanneer ons onsself met ander vergelyk kan dit

lei na ‘n swak selfbeeld wanneer jy begin dink jy is nie so goed soos die ander nie, of na

trots en hoogmoed wanneer jy die Here dank dat jy darem beter as ander is. Wanneer ons

ander se gawes begeer of onsself vergelyk om te kyk of ons darem beter is as hulle, dan

haal dit ons fokus van JESUS af en plaas dit op onsself. Ons is nie in die groep om te

wys hoe goed ons is nie, maar om aan God ons offers op grond van dit wat Hy ons

alreeds gegee het te bring. Wanneer ons ons fokus van JESUS afhaal en nie meer sy

reflektors is nie, kom gesindhede van kompetisie, afguns en jaloesie, bitterheid en

minderwaardigheid in ons na vore.

Ons neem soms “ons” bediening, dit wat God eintlik besit, wat Hy vir ons gegee het en

ons net moet bestuur, te ernstig op asook die erkenning wat ons kry vir wat ons doen. Dit

maak dat ons onsself soms beroof van genot en die gevoel dat God deur ons vloei en ons

gebruik om ander te dien. God verlang daarna dat elkeen in die musiekspan homself sal

onthef van sy self-belangrikheid en alle fokus op JESUS sal plaas, as ons Leidsman en

die Voleindiger van ons geloof.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!