30568 HTS John Vorster

30568 HTS John Vorster 30568 HTS John Vorster

05.05.2013 Views

GEREED VIR 2015 EN DAARNA? JC Steinmann Hoof U kind skryf matriek DV in 2015. Die vyf belangrikste jare in sy toekoms lê voor - jare wat gaan bepaal of hy effektief onderrig en opgelei gaan word om te voldoen aan die eise wat 'n nuwe, veranderende Suid-Afrika gaan stel. Ouers, nie net gaan u kind oor vyf jaar 'n ander mens wees nie, maar gaan die beroepseise veel groter wees as tans. Ongelukkig verstaan u kind nie volkome wat die politieke, ekonomiese en maatskaplike posisie in die land is nie - hy dink eintlik net aan volgende jaar. Dit is u plig om met 'n wyer visie en insig, daadwerklik insette te maak met betrekking tot die keuse van 'n studierigting en gevolglik die hoërskool wat u kind die beste vanaf 2011 gaan voorberei vir die toekoms. Verby is die dae dat 'n kind net na die naaste hoërskool gaan, of na die skool waar u of al sy broers en susters was. Hierdie inligtingsbrosjure het onder andere ten doel om wanpersepsies oor die Tegnologiese Studierigting feitelik te weerlê (byvoorbeeld die persepsie dat Tegniese Hoërskole nie akademies van aard is nie) en te toon dat u kind aan die einde van vyf jaar met akademiese onderrig en praktiese opleiding in die ingenieurs-, vervaardigings- en tegnologiestudievelde, net eenvoudig meer opsies en keuses gaan hê as ander leerders daarsonder. MEER OPSIES IN 2015 gaan dit vir u kind makliker maak om te "oorleef" in 'n veranderde Suid-Afrika. Moenie u kind se keuses beperk en dus sy/haar toekoms belemmer nie. Aangesien die Tegnies-tegnologiese Studierigting gespesialiseerd is, beskik slegs 'n volwaardige Hoërskool 3

4 SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE vir Tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste en gesofistikeerde toerusting wat 'n waarborg is vir ononderbroke standaardonderrig en -opleiding. Wat uitkomsgebaseerde onderwys betref soos vereis deur die Kurrikulum, is tegniese hoërskole die beste toegerus en gereed om die nuwe leerareas aan te bied. Só byvoorbeeld kan die nuwe leerarea, Tegnologie, met die toerusting en personeel by HTS John Vorster op die hoogste vlak aangebied word en is uitkomsgebaseerde onderwys vir ons niks vreemd nie, omdat dit lank reeds beoefen is en net op 'n ander manier geëvalueer is. Belangriker nog is dat u kind in Grade 8 en 9 meer onderrig en opleiding gaan ontvang as wat die Kurrikulum voorskryf. Deur 'n toelaatbare periode-aanpassing ontvang u kind 70% meer onderrigtyd in die Natuurwetenskappe (Wiskunde en Fisiese Wetenskappe) en Tegnologie (verryk deur die aanbieding van Inleidende Ingenieurstudie). Die gevolg van bogenoemde is dat u kind meer gespesialiseerde en uitgebreide onderrig en opleiding gegee word sodat die oorgang na die gespesialiseerde ingenieurs-, vervaardigings- en tegnologiestudievelde wat vanaf graad 10 geneem word, grootliks oorbrug sal word en die aanbieding vergemaklik. Vanaf graad 10, sal u kind voortgaan met Verdere Onderrig en Opleiding of ook genoem VOO (in Engels bekend as FET - Further Education and Training). Twaalf leerareas is deur wetgewing geïdentifiseer. Behalwe Tale, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Rekenaaronderrig en Ingenieursgrafika en Ontwerp, is Tegnologie die belangrikste leerband vir ons studieveld en behels dit Ingenieurstudie (Meganies, Siviel, Elektries, Elektronies) en Vervaardiging (Pas- en Draaiwerk, Boukonstruksie, Sweis en Metaalbewerking, Elektrisiënswerk, Motorwerktuigkunde, Loodgieterswerk, asook Steenmessel- en pleisterwerk). Bogenoemde leerbande en vakke sal aangebied word in INLEIDING

4

SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE

vir Tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste

en gesofistikeerde toerusting wat 'n waarborg is vir

ononderbroke standaardonderrig en -opleiding. Wat uitkomsgebaseerde

onderwys betref soos vereis deur die

Kurrikulum, is tegniese hoërskole die beste toegerus en

gereed om die nuwe leerareas aan te bied. Só

byvoorbeeld kan die nuwe leerarea, Tegnologie, met die

toerusting en personeel by HTS John Vorster op die hoogste

vlak aangebied word en is uitkomsgebaseerde onderwys

vir ons niks vreemd nie, omdat dit lank reeds beoefen is en

net op 'n ander manier geëvalueer is.

Belangriker nog is dat u kind in Grade 8 en 9 meer onderrig

en opleiding gaan ontvang as wat die Kurrikulum

voorskryf. Deur 'n toelaatbare periode-aanpassing

ontvang u kind 70% meer onderrigtyd in die

Natuurwetenskappe (Wiskunde en Fisiese Wetenskappe)

en Tegnologie (verryk deur die aanbieding van Inleidende

Ingenieurstudie). Die gevolg van bogenoemde is dat u kind

meer gespesialiseerde en uitgebreide onderrig en

opleiding gegee word sodat die oorgang na die

gespesialiseerde ingenieurs-, vervaardigings- en

tegnologiestudievelde wat vanaf graad 10 geneem word,

grootliks oorbrug sal word en die aanbieding vergemaklik.

Vanaf graad 10, sal u kind voortgaan met Verdere Onderrig

en Opleiding of ook genoem VOO (in Engels bekend as

FET - Further Education and Training).

Twaalf leerareas is deur wetgewing geïdentifiseer.

Behalwe Tale, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe,

Rekenaaronderrig en Ingenieursgrafika en Ontwerp, is

Tegnologie die belangrikste leerband vir ons studieveld en

behels dit Ingenieurstudie (Meganies, Siviel, Elektries,

Elektronies) en Vervaardiging (Pas- en Draaiwerk,

Boukonstruksie, Sweis en Metaalbewerking,

Elektrisiënswerk, Motorwerktuigkunde, Loodgieterswerk,

asook Steenmessel- en pleisterwerk).

Bogenoemde leerbande en vakke sal aangebied word in

INLEIDING

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!