30568 HTS John Vorster

30568 HTS John Vorster 30568 HTS John Vorster

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL

JOHN VORSTER

TEGNOLOGIESE

ONDERWYS IS

TOEKOMSVRIENDELIK

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL

JOHN VORSTER

SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE

TEGNOLOGIESE ONDERWYS IS

TOEKOMSVRIENDELIK

...omdat dit beroepsgerig is en benewens

onderrig, ook opleiding verskaf.

Die keuse van ‘n studierigting bepaal die keuse van die

regte hoërskool - nie andersom nie.

AS JY DEEL WIL WEES VAN HIERDIE

WENSPAN, KONTAK ONS BY:

Tel: 012 332 1760 Faks: 012 332 3700

E-pos: info@htsjv.co.za

Meyerstraat 1072 Rietfontein

Posbus 31714, Totiusdal, 0134

1

2

VISIE

Effektiewe, unieke,

gespesialiseerde akademiestegnologiese

onderwys

MISSIE

Uitmuntende standaarde

Deskundigheid

Verantwoordelikheid

Professionaliteit

Dissipline

SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE

GEREED VIR 2015 EN DAARNA?

JC Steinmann

Hoof

U kind skryf matriek DV in 2015. Die

vyf belangrikste jare in sy toekoms lê

voor - jare wat gaan bepaal of hy

effektief onderrig en opgelei gaan

word om te voldoen aan die eise wat

'n nuwe, veranderende Suid-Afrika

gaan stel.

Ouers, nie net gaan u kind oor vyf

jaar 'n ander mens wees nie, maar

gaan die beroepseise veel groter

wees as tans. Ongelukkig verstaan

u kind nie volkome wat die politieke,

ekonomiese en maatskaplike posisie

in die land is nie - hy dink eintlik net

aan volgende jaar. Dit is u plig om met 'n wyer visie en insig,

daadwerklik insette te maak met betrekking tot die keuse

van 'n studierigting en gevolglik die hoërskool wat u kind die

beste vanaf 2011 gaan voorberei vir die toekoms.

Verby is die dae dat 'n kind net na die naaste hoërskool

gaan, of na die skool waar u of al sy broers en susters was.

Hierdie inligtingsbrosjure het onder andere ten doel om

wanpersepsies oor die Tegnologiese Studierigting feitelik te

weerlê (byvoorbeeld die persepsie dat Tegniese Hoërskole

nie akademies van aard is nie) en te toon dat u kind aan die

einde van vyf jaar met akademiese onderrig en praktiese

opleiding in die ingenieurs-, vervaardigings- en

tegnologiestudievelde, net eenvoudig meer opsies en

keuses gaan hê as ander leerders daarsonder. MEER

OPSIES IN 2015 gaan dit vir u kind makliker maak om te

"oorleef" in 'n veranderde Suid-Afrika.

Moenie u kind se keuses beperk en dus sy/haar toekoms

belemmer nie.

Aangesien die Tegnies-tegnologiese Studierigting

gespesialiseerd is, beskik slegs 'n volwaardige Hoërskool

3

4

SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE

vir Tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste

en gesofistikeerde toerusting wat 'n waarborg is vir

ononderbroke standaardonderrig en -opleiding. Wat uitkomsgebaseerde

onderwys betref soos vereis deur die

Kurrikulum, is tegniese hoërskole die beste toegerus en

gereed om die nuwe leerareas aan te bied. Só

byvoorbeeld kan die nuwe leerarea, Tegnologie, met die

toerusting en personeel by HTS John Vorster op die hoogste

vlak aangebied word en is uitkomsgebaseerde onderwys

vir ons niks vreemd nie, omdat dit lank reeds beoefen is en

net op 'n ander manier geëvalueer is.

Belangriker nog is dat u kind in Grade 8 en 9 meer onderrig

en opleiding gaan ontvang as wat die Kurrikulum

voorskryf. Deur 'n toelaatbare periode-aanpassing

ontvang u kind 70% meer onderrigtyd in die

Natuurwetenskappe (Wiskunde en Fisiese Wetenskappe)

en Tegnologie (verryk deur die aanbieding van Inleidende

Ingenieurstudie). Die gevolg van bogenoemde is dat u kind

meer gespesialiseerde en uitgebreide onderrig en

opleiding gegee word sodat die oorgang na die

gespesialiseerde ingenieurs-, vervaardigings- en

tegnologiestudievelde wat vanaf graad 10 geneem word,

grootliks oorbrug sal word en die aanbieding vergemaklik.

Vanaf graad 10, sal u kind voortgaan met Verdere Onderrig

en Opleiding of ook genoem VOO (in Engels bekend as

FET - Further Education and Training).

Twaalf leerareas is deur wetgewing geïdentifiseer.

Behalwe Tale, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe,

Rekenaaronderrig en Ingenieursgrafika en Ontwerp, is

Tegnologie die belangrikste leerband vir ons studieveld en

behels dit Ingenieurstudie (Meganies, Siviel, Elektries,

Elektronies) en Vervaardiging (Pas- en Draaiwerk,

Boukonstruksie, Sweis en Metaalbewerking,

Elektrisiënswerk, Motorwerktuigkunde, Loodgieterswerk,

asook Steenmessel- en pleisterwerk).

Bogenoemde leerbande en vakke sal aangebied word in

INLEIDING

drie ingenieurs-/vervaardigingsleerareas, naamlik

Tegnologie Elektries, Tegnologie Meganies en Tegnologie

Siviel. Al bogenoemde vakke en rigtings word reeds met

sukses by HTS John Vorster aangebied en sal daar ook

teruggeval kan word op enige tradisionele vakke wat

aangebied moet word, indien vereis.

HTS John Vorster is ook geakkrediteer om die nuwe Verdere

Onderrig en Opleidingsertifikaat, bekend as die Nasionale

Senior Sertifikaat, aan te bied en u kind toegang te gee tot

tersiêre studie of die beroepswêreld. Wees verseker dat die

skoolbestuur en hoof intens betrokke is by die nuwe

verwikkeling sodat ons gereed is vir enige gebeurlikhede.

OUERS, u is dit aan u kind en uself verskuldig om 'n halfuur te

neem en hierdie brosjure deeglik te bestudeer. Maak

daarna seker dat u ons OPEDAG en INLIGTINGSVER-

GADERING op Woensdag, 5 Mei 2010 om 19:00 bywoon en

nader ons vir enige verdere inligting indien u nog onseker is.

U kan ook enige tyd vóór of ná die Opedag, die skool per

afspraak besoek. Ek glo u sal na dese besef dat

tegnologiese onderwys TOEKOMSVRIENDELIK is omdat die

potensiaal van alle leerders ontwikkel word om te voldoen

aan die eise van 'n veranderende wêreld.

Bepaal daarom eers die studierigting wat u kind gaan volg

en kies dán die hoërskool - nie andersom nie. As hoërskool

het HTS John Vorster homself bewys as een van die bestes op

alle terreine - 'n ware gebalanseerde gemeenskapskool

waarop nie net die omgewing nie, maar ook die stad trots is.

Die skool het só gegroei dat daar volgende jaar weer slegs 'n

beperkte inname van Graad 8's toegelaat sal kan word.

Doen daarom betyds aansoek.

Aansoekvorms is vanaf April 2010 by u kind se laerskool en

by HTS John Vorster se ontvangs beskikbaar.

5

AKADEMIE

- leerareas & vakprogramme

GRADE 8 en 9

1. Taalgeletterdheid en Kommunikasie :

AFRIKAANS EN ENGELS

2. Wiskundige geletterdheid en wiskundige

wetenskappe :

WISKUNDE

3. Natuurwetenskappe :

FISIESE WETENSKAPPE, BIOLOGIE EN GEOLOGIE

4. Tegnologie :

INLEIDENDE INGENIEURSTUDIE

(Leerders word opgelei en onderrig in die TEORIE en

PRAKTYK van die volgende dissiplines) :

• Tegnologie soos voorgeskryf deur die Kurrikulum

• Elektries

• Elektronies

• Digitale beginsels

• Meganies

• Siviel

• Metaalbewerking

• Sweiswerk

• Soldering

• Houtbewerking

• Plastiektegnologie

• Meterologie-presisiemeet

• Boukonstruksie

• Loodgieterswerk

• Steenmesselwerk

• Pas- en Draaiwerk

• Motorwerktuigkunde

• Toegepaste Wiskunde en Wetenskap

• Beroepsveiligheid en prosedures

INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP

• Ortografiese projeksie

• Isometriese tekene

• Reproduksiemasjientekene

7

8

• Tekentegnieke

• Rekenaartekenprogramme

(CAD)

REKENAARGELETTERDHEID

• Bemeestering van :

- basiese vaardighede

- woordverwerking

5. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe :

BESIGHEIDSTUDIES EN REKENINGKUNDE

6. Menslike en Sosiale wetenskappe :

GESKIEDENIS EN AARDRYKSKUNDE

7. Lewensoriëntering :

GODSDIENSONDERRIG, BEROEPSLEIDING,

PERSOONSONTWIKKELING EN MENSLIKE

BEWEGINGSKUNDE (Liggaamlike Opvoeding)

8. Kuns en Kultuur :

KUNS, ONTWERP, DRAMA EN MUSIEK.

Al bogenoemde leerareas en vakprogramme fokus daarop

dat die leerders die volgende kritiese uitkomste bemeester

binne die raamwerk van die tegnologieveld : kommunikasie,

probleemoplossing, samewerking, beplanning, organisasie,

kreatiewe denke, selfvertroue, navorsing, tegnologiese

vaardighede, naastediens en geestelike weerbaarheid.

Verder en uiters noodsaaklik, is die feit dat daar in drie

leerareas, te wete Wiskundige wetenskappe,

Natuurwetenskappe en Tegnologie, meer gespesialiseerde

en uitgebreide onderrig en opleiding gegee word.

Die rede daarvoor is om die oorbrugging na die

gespesialiseerde Tegnologiese Studierigting in Grade 10,11

en 12, glad te laat verloop soos vereis deur die nuwe VOOband.

AKADEMIE

Die grondslag vir die Tegnologierigtings word in Grade 8 en 9 gelê

met verkennende blootstelling aan al drie die rigtings in die

vakprogram, INLEIDENDE INGENIEURSTUDIE. Behalwe

teoretiese onderrig met toegepaste Wiskunde en Natuurwetenskap

as basis, word ook praktiese opleiding gegee met die klem op die

bemeestering van tegniese vaardighede.

Slegs HTS John Vorster bied hierdie noodsaaklike gespesialiseerde

blootstelling in grade 8 en 9.

GRADE 10, 11 en 12 - Verdere Onderrig en Opleiding (VOO)

Nota:

U kind sal slegs in 'n tegnologiese hoërskool die volle ingenieurs-,

vervaardigings- of tegniese/tegnologiese pakket kan neem.

VERPLIGTE VAKKE IN HTS JOHN VORSTER

1. Afrikaans - Huistaal

2. Engels - Eerste addisionele taal

3. Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

4. Lewensoriëntering

5. Fisiese Wetenskappe (Natuur- en Skeikunde) of

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT/CAT)

6. Ingenieursgrafika en Ontwerp (verwant aan die vorige vak,

Tegniese Tekene)

KEUSEVAK IN HTS JOHN VORSTER

Ingenieurswese, Vervaardiging en Tegnologie

- uit hierdie leerveld móét een van die onderstaande

tegnologievakke gekies word:

9

10

Tegnologie Elektries/Elektronies

* Elektriese/Elektroniese Ingenieurstudie

* Elektronika

* Elektrisiënswerk

* Digitale stelsels

* Elektriese Tekene

Tegnologie Meganies

* Meganiese Ingenieurstudie

* Pas- en Draaiwerk

* Motorwerktuigkunde

* Sweis en Metaalbewerking

* Meganiese Tekene

Tegnologie Siviel

* Siviele Ingenieurstudie

* Boukonstruksie

* Boukosteberekening

* Houtbewerking

* Loodgieterswerk

* Steenmessel- en pleisterwerk

* Siviele Tekene

ADDISIONELE VAKKE BY HTS JOHN VORSTER

- Inligtingstegnologie (Rekenaarstudie) kan as agste vak

na-ure gekies word.

- Addisionele Wiskunde word na-ure gereël.

Afsluitende notas m.b.t. dié VOO-vakpakket:

• Elke leerder moet dus sewe vakke neem, waarvan ses by HTS

John Vorster verpligtend sal wees. Leerders sal daarom

gekeur word vir toelating tot Graad 8 omdat Wiskunde,

Fisiese Wetenskappe en Ingenieursgrafika en Ontwerp

verpligte vakke is.

• Rakende Tegnologie, sal een van die tegnologievakke

verpligtend wees by HTS John Vorster.

• Inligtingstegnologie (ou Rekenaarstudie) sal as agste vak

gekies kan word.

11

SPORT

SPORT

'n Goeie balans word gehandhaaf ten opsigte van

sportdeelname en die JV's is kompeterend in die volgende

sportsoorte:

! Rugby

! Atletiek

! Krieket

! Gholf

! Tennis

! Tafeltennis

! Jukskei

! Landloop

! Skaak

! Swem

! Netbal (dogters)

* HTS John Vorster beskik oor sy eie gymnasium. Sportdeelname

word sterk aangemoedig ook ter wille van die

opvoedkundige voordele.

13

14

KULTUUR

Kultuurontwikkeling is een van die baie

belangrike pilare waarop H T S John

Vorster se dak rus.

Dit is veral vir 'n seun baie belangrik

om by geestelike- en kultuuraktiwiteite

betrokke te raak sodat hy tot 'n

gebalanseerde volwassene kan

ontwikkel. 'n Wye verskeidenheid aktiwiteite word aangebied

sodat elke leerder geleentheid kry om in te skakel.

Aktiwiteite wat deurlopend aangebied word, is: ACSV, Drama,

Toneel en verskeidenheidskonserte, Redenaars, Kultuurweek en

Kultuuraande, Kultuuruitstappies, Kunswedstryde, Kunsuitstallings,

Revue, Vasvra, toer na Engeland.

VAKVERWANTE BUITEMUURSE

AKTIWITEITE

Daar word op gereelde basis aan die volgende aktiwiteite

deelgeneem:

Olimpiades, Taal- en Wetenskapekspo’s, Tweetaligheidstoetse,

Vasvrakompetisies, Brugbou, Sci-Tech, Ingenieurskompetisies,

Minquiz (Wetenskapvasvra), en Radio-amateurklub.

SPORT

KULTUUR VAKVERWANT

HET U GEWEET DAT...

FEITE EN GEGEWENS oor die Tegnologiese Studierigting en H T S John

Vorster waarvan die mense nie altyd bewus is nie. Moontlik beantwoord

onderstaande enkele van u vrae om 'n keuse te maak oor u kind se

studierigting en hoërskool vir volgende jaar.

HET U GEWEET DAT...

1. H T S John Vorster 'n volwaardige akademiese hoërskool is met 'n

gespesialiseerde tegniese/ingenieurstudierigting?.

2. 'n leerder wat aan 'n Tegnologiese Hoërskool matrikuleer met

universiteitstoelating ENIGE studierigting aan 'n universiteit

kan volg?

3. 'n leerder wat aan 'n Tegnologiese Hoërskool matrikuleer, ENIGE

tegniese of nietegniese rigting kan volg? Hy/sy het dus meer

opsies.

4. H T S John Vorster die enigste Afrikaanse Hoërskool in die stad is

met 'n volwaardige tegnologiese studierigting wat beteken dat

daar weinig beperkings is op die keuses van 'n tegnologiese

rigting wat na graad 9 gemaak moet word? In Grade 8 en 9

word gespesialiseerde, verkennende blootstelling aan elke

rigting gegee sodat 'n sinvolle keuse aan die einde van Graad 9

gemaak kan word.

HIERDIE NOODSAAKLIKE ONDERRIG EN OPLEIDING IN GRADE 8 EN 9

GESKIED ALLEENLIK BY 'N VOLWAARDIGE HOëRSKOOL VIR

TEGNOLOGIE .

5. vakke in die Tegnologiese studierigting interafhanklik van mekaar is

en dat die onderrig en opleiding oor vyf jaar strek - twee jaar

gespesialiseerde blootstelling in Grade 8 en 9, asook drie jaar

gespesialiseerde onderrig en opleiding in Grade 10, 11 en 12. Waak

teen wanvoorstellings wat losstaande tegniese vakke (soos Tegniese

Tekene en Tegnologie), as 'n tegnologiese studierigting bemark. Dit is

totaal misleidend en 'n verkeerde besluit kan u kind duur te staan

kom. Vergewis u eers van die ware feite. Die leerarea, Tegnologie, in

grade 8 en 9 het GEEN verband met die gespesialiseerde ingenieur-

en tegnologiese studierigting nie.

15

16

SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE

SLEGS VOLWAARDIGE TEGNOLOGIESE HOËRSKOLE IS IN STAAT

OM DIE TEGNOLOGIESE STUDIERIGTING GESPESIALISEERD AAN

TE BIED MET TOEPASLIK OPGELEIDE PERSONEEL EN DIE REGTE,

GESOFISTIKEERDE TOERUSTING EN FASILITEITE.

6. ±400 graad sewe leerders jaarliks aansoek doen? Die aantal

seuns wat jaarliks inskryf, is die meeste van alle skole in die

stad. Dit laat jou dink: die swaai na beroepsgerigte onderrig en

opleiding is 'n realiteit! Doen betyds aansoek om teleurstelling te

voorkom.

7. dogters welkom is? Daar is tans 45 dogters in die skool. Slegs

gekeurde dogters word aanvaar.

8. HTS John Vorster nie net een van die grootste skole vir tegnologie in

Gauteng is nie, maar ook in die RSA?

9. ‘n leerder moeilik van 'n gewone hoërskool kan oorskakel na 'n

Tegnologiese Hoërskool, maar maklik vanaf laasgenoemde na 'n

gewone hoërskool? As u dalk twyfel, skryf hom in by 'n Tegnologiese

Hoërskool en besluit dan finaal aan die einde van graad 9.

10. handvaardigheid 'n aanbeveling is, maar dat goeie vordering in

Wiskunde en Natuurwetenskap belangriker is? Die tegnologiese

studierigting is natuurwetenskaplik van aard. 'n Kombinasie van die

intellek en handvaardigheid is dus belangrik. Die fyn ooghandkoördinasie

wat 'n leerder bemeester by 'n tegniese skool, is

belangrik vir hoogsgespesialiseerde beroepe, soos bv. chirurgie.

11. Inligtingstegnologie as agtste vak na-uurs vir gekeurde leerders

gereël word?

12. 'n leerder in 'n skool vir tegnologie slegs 10% van sy tyd in die

werkswinkels deurbring en die res akademies en in vakteorie

onderrig word?

13. Basiese beginsels en vaardighede word aangeleer sodat leerders

beter toegerus is om ná skool opgelei te word by universiteite, VOOkolleges,

die openbare sektor, staatsdiens en die nywerhede.

HET U GEWEET DAT...

14. gratis ekstra klasse aangebied word in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe

(Natuur- en Skeikunde), Afrikaans en Engels en daar is selfs ‘n leessentrum

vir remediëring beskikbaar ?

15. slegs ongeveer 8% matrikulante tans werk kry in die formele sektor? Al

HTS John Vorster se matrikulante gaan elke jaar studeer, óf word in die

nywerheid en staatsdiens opgelei óf kry dadelik werk óf

begin hul eie ondernemings deur entrepreneurskap as gevolg van

beroepsgerigte opleiding.

16. die nywerheidsektor jaarliks groot kontantaansporings en beurse

toeken aan die toppresteerders by HTS John Vorster? Leerders van HTS

John Vorster is gesog in die privaatsektor.

17. daar busvervoer vanaf feitlik elke voorstad en die distrikte van Pretoria

is?

18. HTS John Vorster tans 50 personeellede het waarvan 26 mans en 24

dames is? Die personeel is spesialiste op hul vakgebiede.

Ingenieursgrafika en Ontwerp en die ander Tegnologievakke kan slegs

effektief deur behoorlik opgeleide personeel en gekwalifiseerde tegnici

aangebied word.

HTS John Vorster is die enigste skool in die omgewing wat beskik oor sulke

personeel.

19. 'n Jeugleidingsinstituut het wat voltyds beman word om leerders by te

staan sonder addisionele koste?

20. leierspotensiaal deur leierontwikkeling intensief ontgin word?

21. die verpligte jaarlikse skoolgeld 'n volledige pakket is wat insluit:

handboeke, skrifte, aantekeninge, handleidings, alle tegniese

onderrigmateriaal, sportvervoer, sporttoere, deelname aan alle

buitemuurse aktiwiteite (baie skole vra deesdae addisionele fooie vir

deelname aan aktiwiteite), ens.

22. Skoolgeld beloop tans R6 600 per jaar waarby 'n R300 registrasiefooi

ingesluit is.

23. HTS John Vorster beskik oor uitstekende dissipline.

24. Christelike norme en waardes gehandhaaf word by HTS John Vorster.

17

18

• OPEDAG •

5 Mei 2010

Begeleide toere

vanaf 9:00

Inligtingsvergadering

om 19:00

VISIE

Effektiewe,

unieke,

gespesialiseerde

akademies-tegnologiese

onderwys

Tel: 012 332 1760

Faks: 012 332 3700

E-pos: info@htsjv.co.za

Meyerstraat 1072 Rietfontein

Posbus 31714 Totiusdal 0134

www.htsjv.co.za

MISSIE

Uitmuntende standaarde

Deskundigheid

Professionaliteit

Verantwoordelikheid

Dissipline

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!