05.05.2013 Views

Danie Mouton 2007/10/22 INLIG-AKTUEEL 32/2007 VIR DIE ...

Danie Mouton 2007/10/22 INLIG-AKTUEEL 32/2007 VIR DIE ...

Danie Mouton 2007/10/22 INLIG-AKTUEEL 32/2007 VIR DIE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Danie Mouton

From: Ngkinlig [ngkinlig@mweb.co.za]

Sent: 21 Oktober 2007 15:16

To: ABID eNUUS

Subject: INLIG-AKTUEEL 32/2007

Importance: High

INLIG-AKTUEEL 32/2007

VIR DIE TYDPERK 11 tot 19 Oktober 2007

Volledige berigte is beskikbaar by ngkinlig@mweb.co za

Met al die NG Kerk - Nuus, veral die Sinode - Nuus

het ek gedink ek plaas alle berigte in datum volgorde:

NG Kerk se EI ‘fokus nie op dwaalleer’; Beeld, Oct 10 2007

Dr. Johan van Schalkwyk, voorsitter van die Evangeliese Inisiatief (EI) in die NG Kerk, sê hy is nie

’n snuffelhond wat ketterye by ander mense probeer uitruik nie. Vermeende dwaalleer in die NG

Kerk is daarom nié die fokus van die EI of van die massabyeenkoms wat hulle Saterdag in Pretoria

hou nie. Die EI het enkele maande gelede tot stand gekom te midde van spanning oor die teologie

van sommige dosente aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie. In sommige kringe is

daar kommer dat die EI net nog ’n bolwerk is waaruit aanvalle op die dosente en die fakulteit

geloods sal word. Volgens Van Schalkwyk het die EI egter eintlik niks met die dosente of die

fakulteit te doen nie. Hy is besorg oor gewone lidmate wat bekommerd is oor die NG Kerk. Daar is

“baie sulke gewone ooms en tannies” wat wonder of die kerk nog sy basiese roeping nakom. Vir

hulle, sê Van Schalkwyk, wil die EI sê die NG Kerk verkondig nog dieselfde dinge van die evangelie

as in die verlede. Hy weet die kerk het dit al baie gesê. Die algemene sinode het dit vroeër vanjaar

ook weer gesê. Om die een of ander rede hoor mense dit egter nie. Daarom wil die EI dit nou op ’n

massabyeenkoms sê. Hy weet ook dat dit elke Sondag in gemeentes gesê word. Sommige mense,

nie almal nie, hou egter van massasaamtrekke. Vir hulle word Saterdag se byeenkoms gehou. Van

Schalkwyk sê die EI wil daarom nie swaarde kruis met die fakulteit teologie of met enigiemand

anders nie.

Hy beklemtoon dat die EI hom nie teenoor die kerk of teenoor enige groep in die kerk opstel nie.

Saterdag se saamtrek is ’n feesprogram met boodskappe oor die gesag van die Bybel, wonderwerke

en die maagdelike geboorte van Jesus, die kruis, die opstanding en sending. Neels Jackson

Wes-Transvaalse NGK weier beslis om Belhar te onderskryf; Beeld, Oct 11 2007

Randfontein. – Die NG Kerk in Wes-Transvaal het gister onomwonde geweier dat daar op enige

manier of in enige stadium van sy lidmate verwag kan word om die belydenis van Belhar te

onderskryf. Die sinode het op voorstel van die Losberg-ring besluit dat kerkhereniging alleenlik kan

voortgaan as Belhar op geen wyse as verpligtend beskou kan word nie. Dié besluit is geneem nadat

die hele gedagte van hereniging veral van afgevaardigdes van plattelandse gemeentes sterk

teenkanting gekry het. Een afgevaardigde het gesê op die platteland stel byna alle lidmate glad nie

belang in kerkeenheid nie. Op plekke is mense só negatief daaroor dat hulle nie eens meer daaroor

wil praat nie. Vir party afgevaardigdes was dit genoeg om “een in geloof” te wees met Christene in

Rusland, Alaska of China. Hulle meen glad nie dat strukturele eenheid ’n evangeliese eis is nie. Die

sinode het ’n voorstel aanvaar dat kerkeenheid begin met ’n Suider-Afrikaanse sinode vir

gereformeerdes. Dr. Henk Gous, uittredende moderator, het gesê dat dit ook Engelse kerke soos die

Kongregasionaliste of die Presbiteriane kan insluit. Ds. Nico van Rensburg het gesê dié voorstel

behels ’n keuse vir eenheid wat nie ’n keuse vir organiese eenheid is nie. Hy het gesê mense hou nie

van die term “oorkoepelende sinode” nie, maar dat dit is wat dit is.

Die sinode het ook besluit om lidmate se gevoel te toets oor dié voorstel. Prof. Piet Strauss,

moderator van die algemene sinode, het gesê hy het die afgelope maande talle gemeentes besoek om

2007/10/22

oor kerkeenheid te praat. Ten spyte van sterk weerstand, het hy die indruk gekry dat gemeentes ’n

voorstel oor kerkeenheid sal aanvaar as dit redelik is, so eenvoudig is dat dit op ’n bladsy opgesom

kan word en as dit op die evangelie kan berus. njackson@beeld. com

Nuwe era vir moderatuur wat jong vroulike dominee verkies; Beeld, Oct 12 2007

Randfontein. – ’n Jong vroulike dominee het gister ’n nuwe dimensie aan die leierskap van die NG

Kerk in Wes-Transvaal gegee toe sy tot die moderatuur verkies is. Ds. Norma Rossouw (29) van die

gemeente Vaalrivier in Vanderbijlpark is as addisionele lid verkies nadat die sinode gehoor het die

vier manlike dominees wat toe reeds in die moderatuur aangewys is, is almal in hul vyftigs. Sy is die

eerste vroulike moderatuurslid in dié sinode, maar Rossouw sê sy sien haarself nie as ’n

verteenwoordiger van vroue op die moderatuur nie. Sy is ’n verteenwoordiger van die Here. Dat sy

’n vrou is en jonk is, is ’n bonus, sê sy.

Rossouw meen ook nie sy is baie anders as die ander afgevaardigdes na die sinode nie. Sy is wel

oortuig dat as die Here ’n doodgewone mens aanraak, kan só iemand groot dinge doen.

Moses was maar net ’n gewone ou met ’n stok, sê sy. Die streeksinode se nuwe moderator is ds.

Jasper Louw van die gemeente Suikerbos in Vereeniging. Ds. Jacie van Rensburg van die gemeente

Potchefstroom Die Bult is ondervoorsitter. Die aktuarius of kerkregkenner op die moderatuur is ds.

Henk Fourie, deeltydse predikant van Vanderbijlpark-Tuine. Hy is ook ’n praktiserende advokaat.

Ds. Nico van Rensburg, predikant in sinodale diens, is ampshalwe die skriba van die sinode. Neels

Jackson

Só red jy sterwende gemeente; Beeld, Oct 12 2007

Daar moet passie wees wat aansteeklik is. Jy mag nie boring wees nie. Dít was gister een van die

lesse aan die sinode van die NG Kerk in Wes-Transvaal oor hoe daar weer lewe in ’n sterwende

gemeente geblaas kan word. Ds. Gerhard Slabbert van die gemeente Suiderlig in Krugersdorp het

dié boodskap gehaal uit die verhaal van sy gemeente wat van byna niks af die afgelope paar jaar teen

20% tot 25% per jaar groei. Suiderlig was ’n brandarm gemeente met 250 lidmate, waarvan daar

dalk 70 op ’n Sondag in die kerk sou wees. Nou het dit gegroei tot een met 1 400 lidmate, waarvan

meer as helfte op ’n Sondag in die kerk is en wat meer as R42 000 per maand buite die gemeente

bestee aan gemeenskapsopheffing. Slabbert het aan die sinode gesê ’n belangrike deel van hul resep

is dat hulle dink in terme van groei en nie in terme van instandhouding nie. Hy het sy kollegas

aangemoedig om guts te hê, want hulle moet groot spronge maak. Suiderlig se verhaal was een van

verskeie suksesverhale waarna die sinode gister geluister het. Dr. Danie van Tonder van die

gemeente Pellisier in Bloemfontein het vertel hoe drie sukkelende gemeentes in Kroonstad hande

gevat het as deel van ’n omkeerstrategie. Hy het beklemtoon dat dit nie help om net aan strukture te

torring as ’n gemeente begin sukkel nie. Die eerste vraag wat ’n gemeente moet vra, is: “Wie is God

vir ons?” Hy het sy ontsteltenis te kenne gegee oor ’n gemeente wat 14 maande lank die pastorie se

voordeur op sy agenda gehad het. Hy dink beslis anders oor God as só ’n kerkraad, het hy gesê. Hy

het egter ook voorbeelde genoem van hoe gemeentes kan verander. In een geval is ’n gemeente wat

vroeër net op eie belang gerig was, nou sterk daarop ingestel om ’n verskil te maak, onder andere

deur ’n kleuterskool in ’n plakkerkamp te vestig. Neels Jackson

Kerk wat tuiste bied vir gay Christene; Beeld, Oct 12 2007

‘Ek, ’n ikoon?” Ds. André Muller lyk uit die veld geslaan toe ek hom oor dié status vra.

Sy effense verbouereerdheid is so anders as die selfvertroue waarmee hy as hoofleraar in die

Reformerende Kerk in Pretoria dien. Muller is geruime tyd bekend as gasdeelnemer aan radio- en

televisieprogramme oor gay-wees en Christenskap. Veral sedert 1994 is hy prominent in gay- en

kerkkringe. Vir hom gaan dit oor die groter doel wat gedien word, nie oor sy bekendheid nie.

“Niks, niks kom by die belewenis,” sê hy, “dat ek instrumenteel is daarin dat mense se laste

weggeneem of ligter gemaak word en dat hulle weer in ’n persoonlike verhouding met die Here staan

nie.” Ek pols hom oor waar alles begin het, en stadigaan ontvou twee verhale wat ineengeweef is.

Enersyds die verhaal van getrou wees aan ’n belofte aan ’n lewensmaat en andersyds die verhaal van

die ontstaan en groei van ’n unieke kerk. In standerd ses, terwyl die jong André Kuunder Muller by

die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria skoolgegaan het, het hy sy lewensmaat, net bekend as

MC, ontmoet. Dit was die begin van ’n verhouding wat 17 jaar geduur het. Die enigste onderbreking

2007/10/22

was toe Muller tydens sy NG leraarskap in Witbank geglo het dat ’n heteroseksuele huwelik hom sou

help om sy gaywees te “oorkom”. Hy het toe “uit geloof” met ’n vrou getrou. Vir daardie tydperk het

hy en MC geen kontak gehad nie. Muller het besef hy leef ’n leuen en het besluit om te skei. Sy

egskeiding het hom soos ’n mislukking laat voel. ... ’n Beduidende waterskeiding was toe die NG

Kerk sy gesprek óór die bediening van gay lidmate verskuif het na gesprek mét gay gelowiges en die

Reformerende Kerk ingesluit het. Dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk se

sinode, het gays op 21 November 2004 tydens ’n erediens in Muller se gemeente persoonlik namens

die NG Kerk om verskoning gaan vra.

Muller word wyd genooi om te praat oor gaywees en Christenskap. Vir die kerklose gays praat hy

moed in: “Die Bybel praat nêrens van gaywees soos dit vandag verstaan word nie. In die Bybel gaan

die verwysings na homoseksualiteit nie oor gay-wees nie, maar oor verworde uitinge van seksualiteit

binne die kultuurhistoriese konteks van daardie tyd ”Johann P. Boshoff

NG Kerk maan oor landbou-uitlatings; Beeld,Oct 14 2007

Die NG Kerk in Wes-Transvaal het politieke leiers wat verantwoordelik is vir landbou en grondsake

gevra om nie “ongesubstansieerde, polities gelaaide uitlatings” te maak nie. Dié oproep kom nadat

die kerkraad van die gemeente Swartruggens die sinode gevra het om homself te distansieer van

“onlangse growwe veralgemenings en dreigemente” deur dr. Dirk du Toit, adjunkminister van

landbou. Swartruggens meen Du Toit se “ongegronde beskuldigings dat blanke boere byna voor die

voet ontslane plaaswerkers onwettig van die plase afforseer” en sy dreigemente om sulke plase te

onteien en aan plaaswerkers te gee, is lasterlik en onverantwoordelik. Die sinode het besluit om

Swartruggens se beskrywingspunt deur te gee na die dagbestuur van die algemene sinode om dit in

gesprekke met die regering te hanteer. Die sinode het gesê hy bid vir boere. Hulle werk in ’n baie

onvriendelike omgewing. Neels Jackson

‘NGK het nie sterk charismatiese leiers nodig’; Beeld, Oct 15 2007

Die NG Kerk het nié nou sterk charismatiese leiers nodig nie.

Dít was die boodskap gister van die diensgroep vir geestelike leierskap aan die kerk se Oos-

Transvaalse sinode. Ds. Freddie Schoeman van die diensgroep het aan die sinode gesê lidmate wat

onseker voel weens al die veranderinge om hulle, vra soms vir sterk charismatiese leiers wat ’n koers

aandui wat hulle dan bloot kan volg. Een probleem met sulke leierskap is egter dat dit nie mense

bemagtig nie. Dit neem verantwoordelikheid weg van lidmate en die kerk kan dit nie bekostig nie.

Sterk charismatiese leierskap kan ook teenproduktief wees. Dit kan lei tot sterk negatiewe reaksies

van mense wat voel hulle wil nie net gesê word wat om te dink nie. As die kerk mense wil wen, is

dié soort leierskap nie die pad om te volg nie. Schoeman het gesê sterk charismatiese leierskap is

ook uit ’n sendingoogpunt nie die beste ding nie. As ’n mens kyk na die kerk van die eerste paar

eeue ná Christus wat met rasse skrede gegroei het of na die kerk in China wat onder kommunistiese

bewind stil-stil ook dieselfde gedoen het, dan was dit leierskap op voetsoolvlak wat die kerk

vorentoe geneem het. Dís die soort leierskap wat die kerk nou nodig het, het Schoeman gesê.

Van die eienskappe van sulke voetsoolleierskap is dat dit nie oor een persoon gaan nie, maar oor ’n

span. Dis nie geslote nie, maar deursigtig. Dis gegrond op gawes en passie. Gesag hang nie af van ’n

amp of titel nie, maar van bewese invloed. Dit werk ook nie hiërargies nie, maar met netwerke. Die

sinode het heelwat tyd bestee daaraan dat afgevaardigdes in groepe praat oor leierskap in hul

situasies sodat hulle op dié manier van mekaar kan leer. Neels Jackson

Dissiplineer kind só, sê NG leraar; Beeld, Oct 16 2007

Dissipline is nié dieselfde as lyfstraf nie.

Die streeksinode van die NG Kerk in Oos-Transvaal het gister dié boodskap gekry tydens ’n sessie

oor die kerk se bydrae tot morele herstel. Dr. André van Niekerk, predikant van die gemeente

Skuilkrans, het aan die sinode gesê lyfstraf is nou ’n emosionele kwessie omdat die staat dit deur

wetgewing wil verbied. Die kerk moet egter weer oor dié kwessie dink. Dissipline, het Van Niekerk

gesê, is een van die maniere waarop morele vorming plaasvind.

Hy het egter beklemtoon dat wanneer dit by dissipline kom, ’n mens nie voor ’n keuse staan tussen

lyfstraf aan die een kant en ongeërgdheid of onverskilligheid aan die ander kant nie. Hy het vertel

van die spotprent van die pa wat sy seun slaan en sê: “Dit sal jou leer om aan ander mense te slaan.”

2007/10/22

“Dit sal,” het Van Niekerk hieroor gesê. As ’n mens kinders leer dat jy konflik met fisieke straf

oplos, is dit ál instrument wat jy hulle gee om konflik in hul lewe mee te hanteer. Van Niekerk het

gesê ouers kan die saak op verskillende maniere hanteer.

Die outoritêre manier is om met rigiede riglyne en fisieke straf te werk. ’n Mens kan dissipline egter

ook op die gesaghebbende manier hanteer. Dit beteken ouers stel vir kinders duidelike grense, maar

gee terselfdertyd hartlike ondersteuning. Die slegste manier is die onverskillige model waarin geen

grense gestel word nie en kinders ook geen ondersteuning van hul ouers kry nie. Dit is hoe baie

straatkinders grootword, het Van Niekerk gesê.

NG Kerk in Wes-Kaap wys nuwe moderator aan; Burger, 16.10.2007

GOUDINI. Dr. Braam Hanekom, gemeentepredikant van die NG Kerk Stellenberg, is die nuwe

Wes-Kaapse moderator van die NG Kerk. Die streeksinode se 756 afgevaardigdes het Hanekom

gister op die eerste dag van sy vyf dae lange sitting verkies. Hanekom is reeds geruime tyd

verantwoordelik vir die sinode se kantoor vir strategiese gemeente-ontwikkeling en demografiese

navorsing en werk in dié hoedanigheid nou saam met verskeie VGK-gemeentes. Ná sy verkiesing

het Hanekom gesê versoening binne die kerk asook in die breë gemeenskap is vir hom baie

belangrik. Hy meen die kerk in Suid-Afrika se grootste uitdaging is tans armoede. “Armoede is nie

net ’n wit of ’n swart ding nie, maar iets wat ’n mens in elke gemeente kry. ”Hanekom vervang dr.

Hannes Koornhof, die vorige streekmoderator, wat nie herkiesbaar was nie. Johannes de Villiers

NG sinode hoor lidkerke se sienings van eenheid; Beeld, Oct 16 2007

Wyd-uiteenlopende sieninge oor kerkeenheid het na vore gekom op die sinode van die NG Kerk in

Oos-Transvaal. Die sinode het die moderators van die vier lidkerke van die NG kerkfamilie genooi

en kon by elkeen van hulle hoor hoe hul kerk oor eenheid dink. Ds. Bennet Shunmugam, moderator

van die Reformed Church in Africa wat veral in die Indiërgemeenskap werk, het gesê hulle verkies

’n federale model van eenheid waar hulle hul eie identiteit behou. Die gedagte van ’n

assosiaatlidmaatskap is ook vir hulle aanvaarbaar, maar hulle het ’n organiese eenheid waar al die

kerke een nuwe sinodale verband vorm, verwerp. Shunmugam het verduidelik dat hulle ’n

evangeliese kerk is met ’n baie spesifieke bediening onder Moslems en Hindoes. Hulle is bang dit sal

dié werk kelder as hulle in een groot eenheid saamsmelt. Ds. Johannes Ramolahlehi van die NG

Kerk in Afrika het ook gepleit vir ’n soepel eenheidstruktuur waarin die NG Kerk in Afrika sy eie

aard, bedieningswyse en vergaderings kan behou. Hierteenoor het prof. Thias Kgatla, moderator van

die Verenigende Gereformeerde Kerk, gesê hule staan ’n model voor waar die die kerke verenig op

die vlakke van die algemene sinode, streeksinodes en ringe, maar dat gemeentes self besluit of hulle

met ander gemeentes wil verenig. Kgatla het gesê waar gemeentes wel besluit om te verenig, sal

hulle sê “halleluja”, maar waar gemeentes besluit om dit nie te doen nie, is dit ook in orde. ’n

Federale model sal volgens Kgatla nie geloofwaardig wees nie, maar sal gesien word as ’n

bestendiging van afsonderlikheid. Oor taal het Kgatla gesê ’n mens kan God nie op ’n beter manier

loof as in jou eie taal nie. Daarom moet tale beskerm word. Wat die belydenis van Belhar betref, het

hy gesê hulle hoor dat daar vir NG lidmate allerlei simboliese, politieke en historiese konnotasies

daaraan gekoppel is. Hy het egter gesê dat Belhar besorg is oor mense wat gemarginaliseer en

verdruk voel. Hul kerk moet nooit ’n oordeel fel oor mense wat Belhar nie wil aanvaar nie, maar

hulle help om te sien hoe die belydenis hulle kan help. Prof. Piet Strauss, moderator van die NG

Kerk, het sy standpunt herhaal dat hy Belhar nie as belydenisskrif wil aanvaar nie, maar ook gesê dat

dit nie beteken dat hy teen kerkeenheid is nie. Hy meen die Bybel is duidelik dat die kerke eenheid

behoort na te streef. Die menings van afgevaardigdes het gewissel tussen dié wat vurige pleidooie

vir eenheid gelewer het en diegene wat nie wou praat oor hoe eenheid moet lyk nie, maar óf dit moet

gebeur.

NGK se mense vas in apartheid; Beeld-forum; Beeld, Oct 16 2007

Apartheid is diep vasgelê in die harte en denke van ’n beduidende groep Afrikaanse kerkmense. Dís

my indruk nadat ek die laaste paar weke na debatte oor kerkeenheid en die verhouding tussen wit en

swart kerke geluister het op die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk en op die NG

Kerk se streeksinodes van onderskeidelik Wes- en Oos-Transvaal. Laat ek dit duidelik sê: Dis nie ’n

kru, Vlakplaasagtige soort apartheid wat ek tydens die debatte uit afgevaardigdes se monde gehoor

2007/10/22

het nie. Nee, dis baie subtieler. Dis die soort argumente wat sê ons sal graag saamwerk met

Christene in swart kerke – en inderdaad gebeur dit ook – maar ons wil nie in die selfde kerkverband

as hulle wees nie. Nou kan ek dit op ’n manier verstaan dat baie mense – en ek het dit veral van

afgevaardigdes van die platteland gehoor – nog so dink. Lidmate het immers jare lank, onder meer

van die kansels af, gehoor dat apartheid God se wil is. Dat Hy mense verskillend geskape het en dat

dit sy wil is dat hulle van mekaar geskei moet bly. Intussen het ten minste die NG Kerk kerk al

amptelik afstand gedoen van daardie soort denke. Dit het egter op sinodale vergaderings gebeur, ná

rasionele debatte, deur amptelike besluitneming en met die meerderheid van stemme van die

afgevaardigdes. My indruk is egter dat dit bitter selde van kansels af as die Here se wil aan lidmate

verduidelik is. Daarvoor het die hele debat te veel van ’n “politieke” kleur gehad en daarom het

dominees daarvan weggeskram. Die kernpunt wat ek wil maak, is dat baie lidmate dit nog nooit op

’n teologiese of godsdienstige vlak verwerk het dat apartheid verkeerd is nie. ... Die blokke in veral

die NG Kerk wat teen kerkeenheid gekant is, is eenvoudig te groot dat dié kerk kan beweeg. En

solank kerkeenheid uitbly, sal die NG Kerk en die Hervormde Kerk in ’n sekere sin apartheidskerke

bly. Dis ’n haglike situasie. Neels Jackson

NG Kerk se getalle stabiliseer; Beeld, Oct 17 2007

Goudini. – NG lidmate word ouer, bring relatief baie tyd op hul knieë deur en neem die Bybel meer

letterlik op as hul dominees. Dit blyk uit Kerkspieël 2006, die jongste lidmaatstatistieke van die NG

Kerk, wat gister op die Wes- en Suid-Kaapse sinode bekend gemaak is. Volgens dié syfers het die

kerk se lidmaatgetalle van meer as 1,4 miljoen in die vroeë 1980’s tot sowat 1,2 miljoen verlede jaar

afgeneem. Sedert 2004 het dié dalende kurwe duidelik afgeplat, ’n aanduiding dat die kerk se getalle

nou stabiliseer. Volgens dr. Kobus Schoeman, medeopsteller van Kerkspieël 2006, kan die afname,

wat steeds plaasvind, waarskynlik in ’n groot mate aan demografiese faktore soos emigrasie

toegeskryf word. Die lidmaatskap van die NG Kerk word ook ouer, toon die statistieke. In 1981 was

meer as 33% van die kerk se lidmate dooplidmate (jonger as 17). Teen verlede jaar was minder as ’n

kwart (slegs 23%) van die lidmate dooplidmate. Daarteenoor was 22% van die lidmate verlede jaar

ouer as 60.

Die aantal lidmate wat oggenddienste bywoon, het sedert 2004 effens afgeneem van 34% na 33%,

maar dié wat vir die aanddienste opdaag, het van 4% tot 6% gestyg. Wat individuele gemeentes

betref, het 48% van respondente aangedui dat hul gemeentes groei, terwyl 49% gesê het hul

gemeentes word bloot in stand gehou en 3% het gesê hul gemeentes is sterwend.

’n Opname van lidmate se persoonlike spiritualiteit is ook gedoen. Altesame 78% van NG lidmate

het aangedui hulle hou daagliks stiltetyd, wat bid en Bybel lees insluit. Studies toon die vergelykbare

syfer in die breë bevolking van die VSA is 45%. Die statistieke toon ook dat lidmate veel meer as

predikante geneig is om te glo dat die Bybel “letterlik woord vir woord” verstaan moet word (38%

van lidmate teenoor 5% van predikante). Predikante meen daarenteen meestal die Bybel is die

“woord van God wat in die lig van sy historiese en kulturele konteks verstaan moet word” (80% van

predikante teenoor net 29% van lidmate). Dié laasgenoemde syfers toon dat daar ’n “kloof is tussen

hoe predikante die Bybel verstaan en hoe gemeentes dit verstaan”, het Schoeman gesê. Johannes de

Villiers

Minder as die helfte sien kans vir Belhar; Beeld, Oct 17 2007

Goudini. – Selfs minder NG predikante is nou bereid om die Belydenis van Belhar te aanvaar as drie

jaar gelede. Die jongste statistieke van die NG Kerk toon hoewel ’n groot meerderheid (68%) groter

eenheid in die NG Kerk-familie wil sien, is minder as die helfte (48%) bereid om die Belydenis van

Belhar ter wille van kerkeenheid te aanvaar. In 2004 nog was 52% bereid om Belhar te aanvaar.

Diakens en ouderlinge is selfs meer negatief oor die Belhar-belydenis as predikante. Slegs ’n kwart

(25%) van dié kerkraadslede is bereid om dit te aanvaar. Dié statistieke is deel van die jongste

Kerkspieël-opname van die NG Kerk se lidmaatgetalle en -tendense wat gister op die Wes- en Suid-

Kaapse sinode bekendgemaak is.

Kerkleiers wat hieroor uitgevra is, het gesê dié syfers wys hoewel die meerderheid predikante en

lidmate steeds ten gunste van eenheid met susterskerke soos die Verenigde Gereformeerde Kerk

(VGK) is, en hoewel al meer gemeentes op grondvlak groter rassediversiteit toon, bly die Belydenis

van Belhar ’n enorme struikelblok vir strukturele kerkeenheid. Die VGK het in die verlede die NG

2007/10/22

Kerk se aanvaarding van Belhar as ’n voorwaarde vir kerkeenheid gestel.

In die Wes-Kaap is kerkleiers meer positief oor Belhar, blyk uit die Kerkspieël-syfers. 66% van

predikante daar en 35% van die ander kerkraadslede is bereid om dit te aanvaar ter wille van

kerkeenheid. Die opname is in Augustus en September 2006 gedoen. Johannes de Villiers

Nóg ’n streeksinode verander sy naam; Beeld, Oct 17 2007

Die NG Kerk se streeksinode van Oos-Transvaal sal voortaan bekend staan as die kerk se Oostelike

sinode. Die sinode se besluit om weg te doen met die “Transvaal” in sy naam, maak dit die derde

van die “Transvaalse” streeksinodes wat dié stap doen. Die Suid-Transvaalse sinode het vroeër die

Hoëveld-sinode geword en die sinode van Noord-Transvaal (waarby die sinode van Midde-Afrika

wat tot in Zambië strek, opgeneem is) is nou die Noordelike sinode. Die Oostelike sinode het reeds

in 2005 besluit sy naam moet verander. Wat die soektog bemoeilik het, is dat die sinodegrense glad

nie ooreenstem met die huidige provinsiale grense nie. Dele van Gauteng, Mpumalanga én Limpopo

val binne die Oostelike sinode. In die finale stemming is die naam Oostelike sinode verkies bo

Oosterlig-sinode en Môrestersinode. – Neels Jackson

Gemeentes kry groen lig vir doopvierings; Beeld, Oct 17 2007

Die NG Kerk se Oostelike sinode het gemeentes aangemoedig om doopvierings verder te ontwikkel.

’n Werksessie gaan ook gehou word om rituele te ontwikkel om dit te doen.

Dié besluite kom nadat die kwessie van doopvierings heelwat spanning in die NG Kerk veroorsaak

het omdat mense vrees dat dit ’n gekamoefleerde herdopery sou wees. Die tipiese soort geval waar

dit ’n dilemma word, is waar iemand wat as baba gedoop is en lank weg van die Here geleef het,

skielik radikaal tot bekering kom. Sulke lidmate wil soms gedoop word as teken van hul bekering.

Die kerk beskou die doop egter as ’n eenmalige sakrament wat nié herhaal kan word nie. Gemeentes

wat sulke lidmate wil help, wil nou doopvierings bedien. Die sinode het gemaan die doopvierings is

nié ’n herdoop nie. Gemeentes kry net die reg om rituele vir ’n doopviering te ontwikkel. Neels

Jackson

Moenie hierdie lidmate geringskat, sê Johann Ernst; Beeld, Oct 17 2007

Moenie die plattelandse lidmate van die NG Kerk se liefde vir die Here of hul vermoë om te

verander, vlak kyk nie. Só het dr. Johann Ernst, uittredende moderator van die NG Kerk se

Oostelike sinode, gister gereageer op ’n rubriek in Beeld. Dié rubriek deur Neels Jackson, Beeld se

kerksake-verslaggewer, het die punt gemaak dat ’n beduidende groep lidmate apartheid nog nie

teologies verwerk het nie en dat hulle daarom teen kerkeenheid gekant is. Ernst het gisteroggend aan

die sinode gesê hy het van een van die afgevaardigdes die navraag gekry of die punt wat die rubriek

maak, ’n billike weerspieëling is van die debat oor kerkeenheid op die sinode. Hy het gesê die kerk

ontken nie die reste van apartheid by sommige lidmate nie. Hy meen egter die diepgewortelde

weerstand teen kerkeenheid het ook te doen met die post-apartheid trauma wat baie lidmate beleef.

Daar is by hierdie lidmate ’n groot gevoel van ontnugtering en verwerping. Ernst het gesê ’n mens

moet versigtig wees om nie simplistiese antwoorde te gee vir ingewikkelde probleme nie.

‘Herbevestig die Bybel as menslike boek én Godswoord’; Beeld, Oct 17 2007

Die NG Kerk moet weer duidelik sê dat die Bybel die Woord van God is, maar dit tegelykertyd ’n

Goddelike én menslike boek is. Só het ds. Gerrie Doyer van Witrivier gister gevra tydens ’n

bespreking van teologiese fundamentalisme en liberalisme op die NG Kerk se Oostelike sinode.

Doyer het gesê die Bybel se staanplek in die kerk kan op twee maniere bedreig word. Aan die een

kant verloor die Bybel sy staanplek as mense dit as ’n magiese boek beskou, as mense dit net as ’n

Goddelike boek beskou en meen alle wetenskaplike en historiese gegewens daarin staan vas. Mense

wat dit doen, neem eintlik gesag van die Bybel af weg. Aan die ander kant verloor die Bybel sy

staanplek as mense dit hanteer asof dit net nóg ’n historiese geskrif is. Doyer het ’n drieledige

oplossing voorgestel: *Dat die kerk sy siening van die Bybel as die Woord van God met ’n

Goddelike én menslike kant herbevestig; *Dat die kerk aanvaar dat mense met mekaar gaan verskil,

maar mekaar steeds ten spyte van die verskille kan aanvaar; en *Dat mense met meningsverskille oor

die Bybel aanhou om met mekaar daaroor te praat omdat dit hul begrip vir mekaar se standpunte kan

verbeter.

2007/10/22

Tydens die bespreking het afgevaardigdes dit beklemtoon dat dit wesenlik belangrik is dat die Bybel

nog as die Woord van God gesien moet word. Die sinode gaan streekkonferensies hou en ’n bundel

met studiestukke uitgee waarin die kwessie bespreek word. Neels Jackson

NG lidmate word ál ouer; Burger, 17/10/2007

GOUDINI. – NG lidmate word ouer, bring relatief baie tyd op hul knieë deur en neem die Bybel

meer letterlik op as hul dominees. Dít blyk uit Kerkspieël 2006, jongste lidmaatstatistieke van die

NG Kerk, wat gister op die Wes- en Suid-Kaapse sinode bekend gemaak is. Volgens dié syfers het

die kerk se lidmaatgetalle van meer as 1,4 miljoen in die vroeë 1980’s tot nagenoeg 1,2 miljoen

verlede jaar afgeneem. Sedert 2004 het dié dalende kurwe duidelik afgeplat, ’n aanduiding dat die

kerk se getalle nou stabiliseer. Volgens dr. Kobus Schoeman, medeopsteller van Kerkspieël 2006,

kan die afname wat steeds plaasvind waarskynlik in ’n groot mate aan demografiese faktore soos

emigrasie toegeskryf word. Die lidmaatskap van die NG Kerk word ook ouer, toon die statistiek. In

1981 was meer as 33% van die kerk se lidmate dooplidmate (jonger as 17). Teen verlede jaar was

minder as ’n kwart (slegs 23%) van die lidmate dooplidmate. Daarteenoor was 22% van die lidmate

verlede jaar ouer as 60. Die aantal lidmate wat oggenddienste bywoon, het sedert 2004 effens

afgeneem van 34% na 33%, maar dié wat vir die aanddienste opdaag, het van 4% tot 6% gestyg.

Wat die toestand van individuele gemeentes betref, het 48% van respondente aangedui dat hul

gemeentes groei, terwyl 49% gesê het hul gemeentes word bloot in stand gehou en 3% het gesê hul

gemeentes is sterwend. As deel van die statistiek is ook ’n opname van lidmate se persoonlike

spiritualiteit gedoen. Altesame 78% van NG lidmate het aangedui hulle hou elke dag stiltetyd, wat

bid en Bybellees insluit. Studies toon die vergelykbare syfer in die breë bevolking van die VSA is

45%, het Schoeman gesê. Die statistiek toon ook dat lidmate veel meer as predikante geneig is om te

glo dat die Bybel “letterlik woord vir woord” verstaan moet word (38% van lidmate teenoor 5% van

predikante). Predikante meen daarenteen meestal die Bybel is “die woord van God wat in die lig van

sy historiese en kulturele konteks verstaan moet word” (80% van predikante teenoor net 29% van

lidmate). Dié laasgenoemde syfers toon dat daar ’n “kloof is tussen hoe predikante die Bybel

verstaan en hoe gemeentes dit verstaan”, het Schoeman gesê.

Net 48% van leraars wil Belhar aanvaar; Burger, 17/10/2007

GOUDINI. – Selfs minder NG predikante is nou bereid om die Belydenis van Belhar te aanvaar as

drie jaar gelede. Die jongste statistieke van die NG Kerk toon hoewel ’n groot meerderheid (68%)

groter eenheid in die NG Kerkfamilie wil hê, is minder as die helfte (48%) bereid om die Belydenis

van Belhar ter wille van kerkeenheid te aanvaar. In 2004 was 52% bereid om dit te aanvaar. Diakens

en ouderlinge in die NG Kerk is selfs meer negatief oor die Belhar-belydenis as predikante. Net ’n

kwart (25%) van dié NG kerkraadslede is bereid om Belhar te aanvaar. Dié statistieke is deel van die

jongste Kerkspieël-opname van die NG Kerk se lidmaatgetalle en -tendense wat gister op die Wes-

en Suid-Kaapse sinode bekendgemaak is. Kerkleiers wat hieroor uitgevra is, het gesê dié syfers wys

hoewel die meerderheid predikante en lidmate steeds ten gunste van eenheid met susterskerke soos

die VGK is, en hoewel al meer gemeentes op grondvlak groter rassediversiteit toon, bly die

Belydenis van Belhar ’n enorme struikelblok vir strukturele kerkeenheid. Die VGK het in die verlede

die NG Kerk se aanvaarding van Belhar as ’n voorwaarde vir kerkeenheid gestel.

In die Wes-Kaap is kerkleiers meer positief oor Belhar, blyk uit die Kerkspieël-syfers. Altesame

66% van predikante en 35% van die ander kerkraadslede van die provinsie is bereid om Belhar te

aanvaar ter wille van kerkeenheid. Die opname is in Augustus en September 2006 gedoen. Johannes

de Villiers

NG Kerk herroep berugte besluit oor aparte aanbidding; Burger, 18/10/2007

GOUDINI. – ’n Kraak wat uiteindelik tot die skeuring in die NG-familie gelei het, is ná 150 jaar

geheel toe die NG Kerk gister sy berugte “swakheid van sommige”-besluit herroep het.

Dié besluit van 1857, waarin aparte aanbiddingsdienste vir wit en swart Christene deur die Kaapse

2007/10/22

kerk gemagtig is, is voor gister nooit amptelik deur die NG Kerk afgeskaf nie. Hoewel dit reeds by

implikasie deur vorige besluite van die kerk herroep is, het dr. Hannes Koornhof, vorige moderator

van die Wes- en Suid-Kaapse sinode, op dié sinodesitting gesê die moderatuur het in sy

samewerking met die VGK besef dat dié besluit nog vir talle VGK-lidmate pynlik is. Daarom is die

besluit as “simboliese versoeningsgebaar” geneem. Dit het nie veel van ’n debat geverg nie. Twee

teenstemme is in die gesprek gelig deur een afgevaardigde wat gemeen het dit stel die destydse kerk

in ’n onnodig slegte lig en een wat gevra het of dit ’n “publisiteitsfoefie is om kerkeenheid te

stoomroller”, maar toe dit by die stemmery kom, is slegs een of twee hande in die saal van sowat 760

afgevaardigdes as nee-stemme opgesteek. Dr. Allan Boesak, Kaapse moderator van die VGK, het

ook die gesprek bygewoon en was ná afloop van die besluit sigbaar aangedaan. Hy sal môre weer die

sinode bywoon om amptelik op die besluit te reageer. Talle NG afgevaardigdes het ook ná die tyd

vertel dat dit vir hulle ’n baie emosionele geleentheid was. Die oorspronklike besluit van 1857 het

bepaal dat dit “wenslik en skrifmatig is dat ledemate uit die heidendom in bestaande gemeentes

opgeneem en ingelyf moet word”, maar dat die kerk “ten gunste van die swakheid van sommige (wat

nie saam met nie-wittes wil aanbid nie)” vir aparte gemeentes voorsiening sou maak. Dit het die

basis vir latere segregasie in die kerk gelê. Luidens gister se besluit is die kerk se doel nie nou om

die destydse besluitnemers te veroordeel nie. “Ons is seker as hulle besef het watter skadelike

uitwerking dié besluit sou gehad het, sou hulle dit nie geneem het nie. ” Die doel van die besluit is

eerder “om dit wat ons ander broers en susters (in die VGK) steeds seermaak, uit die weg te probeer

ruim. ” Johannes de Villiers

BRIEWE, 19 Oktober: Dis moeilikheid soek; , Hennie van Deventer; Burger, 18/10/2007

IN die debat oor kerkhereniging word gewag gemaak van die Belydenis van Belhar en die

aanvaarbaarheid daarvan vir lidmate van die NG Kerk. Op die Wes- en Suid-Kaapse sinode op

Goudini is pas nuwe statistieke gerapporteer wat, om dit sag te stel, op ’n aansienlike louheid oor

Belhar dui. Ook predikante en selfs Kaaplandse predikante byt maar traag aan die Belhar-toffie.

Vreemd genoeg kry die kwessies wat Piet Badenhorst op die Brieweblad van 18?Oktober aanroer,

minder prominensie. ’n Nuwe kerkverband met ’n nuwe naam word klaarblyklik by kerkleiers feitlik

as ’n vanselfsprekendheid aanvaar, waarby lidmate maar, kom wat wil, sal moet inval. ’n Nuwe

naam? Goeie aarde, die land is in gedurige spanning, en versoening tussen wit en swart kom gereeld

onder druk deur onbesonne naamsveranderings wat nie die sensitiwiteite van veral wit,

Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners in aanmerking neem nie. Selfs oor die naamsverandering van

sekondêre ou straatjies word strydbyle opgeneem. Naamsverandering ten opsigte van die NG Kerk is

’n pad vol diep, diep slaggate. As ’n nuwe naam vir ’n nuwe kerk gesoek word, soos vraag 5 in die

NG Kerk se toetsdokument oor hereniging dit pertinent aan die orde stel, is dit moeilikheid soek. Die

NG Kerk kan op voetsoolvlak net seerkry. Dit verg nie veel verbeelding om die uittog wat gaan volg,

te voorspel nie. Miskien sal dit raadsaam wees om oor die aanvaarbaarheid van ’n nuwe naam en ’n

nuwe kerkverband soortgelyke peilings te doen as oor Belhar. My raaiskoot is dat sulke syfers ’n nog

groter traagheid oor eersgenoemde sal openbaar. Daarom skaar ek my volledig by Piet Badenhorst se

skrywe.

1987 en 2007: NG sinode 20 jaar later; Burger,

DIE sinodesitting vandeesweek van die NG Kerk van die Wes- en die Suid-Kaap gebeur 20 jaar

nadat dieselfde sinode in Oktober 1987 die historiese besluit geneem het om “apartheid as ’n

politieke en maatskaplike sisteem wat mense veronreg en een groep onregmatig bo ’n ander

bevoordeel”, te verwerp. Daarmee was dié sinode die eerste meerdere vergadering van die NG Kerk

wat apartheid as sodanig afgewys het – drie jaar voor pres. FW de Klerk se toespraak van 2

Februarie 1990 en sewe jaar voor die demokratiese verkiesing in 1994. Dié historiese gegewe pas

nie heeltemal in die eenvoudige beeld van die wit Afrikaanse gemeenskap in die 1980s wat

voortdurend in ons kollektiewe geheue vasgelê word nie. .. [Francois Wessels is die voorsitter van

die NG Kerk se Wes- en Suid-Kaapse sinode se kommissie vir leer en aktuele sake, maar het hierdie

artikel in sy persoonlike hoedanigheid geskryf.]

[’n Lewe ná Christus; Burger, 12/10/2007

IN die gees van die tyd begin hierdie artikel met ’n rugbymetafoor. Sommige mense glo dat tussen

2007/10/22

die wetenskap en die godsdiens ’n reëling moet bestaan soortgelyk aan dié wanneer al jou stutte van

die veld af is: statiese skrums. Dit is naamlik waar die manne steeds deur die bewegings gaan, maar

waar niemand mág veld wen nie en wedersydse begrip móét hoogty vier. Ander glo weer die

skeidslyn tussen aanbiddingsplek en laboratorium is wesenlik vaag – ’n loopgraaf selfs, waar aanslae

van kwaadwilliges en dwalings van dwase konstant die hoof gebied moet word. In Julie vanjaar het

Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery – Perspektiewe op Ontdekkings en Irrasionaliteite uit dr.

George Claassen se pen verskyn. ’n Geestige groep kollegas, ondersteuners, pleitbesorgers,

uitgewekenes en agterdogtiges het op Stellenbosch byeengekom vir die boekbekendstelling. Die

daaropvolgende maand was dié 310-blad- slapband boaan die betrokke uitgewer, Protea Boekhuis, se

verkooplys, en dit verkoop volgens Claassen steeds goed. Met dié bundel bring Claassen sy bydraes

tot uit Die Burger se rubriek Wetenskap Vandag byeen en wei hy daaroor uit...]

Dienkie Froneman

ABID

ngkinlig@mweb.co.za

t 021 882 9923 ; f 086 510 5933

2007/10/22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!