05.05.2013 Views

Hoofstuk 21 Engele - Ateisme.co.za

Hoofstuk 21 Engele - Ateisme.co.za

Hoofstuk 21 Engele - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(Michael) en sy Engele in die hemel oorlog teen die Draak (Duiwel, Slang, Satan) en sy

Engele gevoer en hulle verslaan het. Satan en sy verslane Engele is toe afgewerp aarde

toe, daar waar God se skepping, die mense bly. Die hemel is dus skoongemaak van

bose Engele. Volgens Judas 6 en 2 Petrus 2:4 is die sondige Engele in die hel en met

onbreekbare kettings vasgemaak. Engele en Satan, in gevangenis, vasgeboei, moet dus

onskadelik wees. Daar sal nou op die oordeelsdag met hulle afgereken word. Botsend

hiermee is die leerstelling dat die Engele wie ongehoorsaam tot God se heerskappy en

liefde was, en geweier het om terug te gaan hemel toe, wel aktief is met beperkte

ondermynende aktiwiteite. Hulle word dan algemeen Demone, Duiwels, Satan of Bose

Geeste genoem.

Islam op sigself, staan nie terug oor die beginsel van Engele nie. So het Allah dan vir

Jibril (Gabriël) die Engel van Openbaring opdrag gegee om sy boodskap vir almal, af te

bring. Saam met hom word Mikail (Michael) genoem. Die Engel van die dood word nie

genoem nie, maar tradisioneel word hy Izra’il genoem. Die Engel wie die oordeelsdag sal

aankondig is Izra’fil. Na die dood, is daar die twee Engele, Munkar en Nakir, wie die

eerste nag in die graf die ondervraging doen. Indien die antwoord positief is dat

Mohammad wel Rasul, Allah, die boodskapper van God is, word hy met rus gelaat tot

Yaum Al-Qiyama, die oordeelsdag. Andersins is dit die straf in die graf wat volg. Die

Islam Engele, bekend as Mala’ika, gevleuelde boodskappers, was voor die mensdom

geskape. Hulle het tot Allah geobjekteer oor sy skepping van die mense. Alhoewel die

Engele toegegee het om voor Adam te buig het hulle geweier om voor Iblis (die Duiwel)

te buig.

Ons kan dus algemeen gesproke sê dat Engele hemelse wesens is wat deur God

geskape is. Dan moes God ook die verdoemde hemelse Engele geskep het, wat dan

afgewerp is en tans op die aarde woon, alhoewel vasgeboei. Indien wel, is dit eerder

waar dat Engele in die hemel geskape is, maar nie uitsluitlik daar is nie. Engele bly tog

Engele, goed of sleg!

Kom ons kyk na die algemene take wat in die Christen Bybel aan Engele toegedig word.

Engele dien dikwels as boodskappers van God. Matteus 2:13 tot 15, asook nog 5 plekke.

Engele lewer diens in die hemel, Openbaring 8,9. Engele lewer diens op die aarde,

Lukas 2: 8 tot 14. Engele hou toesig en beskerm, Matteus 18:10 en Psalm 91 : 11 tot 12.

Engele jubel wanneer iemand ‘n Christen word. Lukas 15:10. Engele sal help om

oordeel te vel en uit te voer, Matteus 13:41-43, 49-50. Engele verskyn soms in menslike

gedaantes, Genesis 18:2 tot 10. Engele verskyn soms in menigte soos aan die

skaapwagters, Lukas 2:13 en 14. Engele moet nie aanbid word nie. Kolossense 2:18.

Engele is nie mense wat gesterf en hemel toe gegaan het nie. Engele was voor mense

gemaak, Hebreërs 2:7.

Dit is so opvallend dat in die meeste gevalle in die Bybel, ‘n Engel of twee verskyn, en

dan is dit die Here of God wat praat, wanneer iets gesê word. Blykbaar kon die Engele

self nie praat nie. So wonder ons of Engele dan ook manlik en vroulik is en of daar baba

en kinder Engeltjies is. Daar is werklik menigte Engele volgens die Christen Bybel wat

dan die Christene bedien en hulle name kry. Is daar dalk ander Engele vir die Islam en

Judaïstiese gelowe en waarom? Is die taal of kultuur ‘n probleem?

Indien daar wel ‘n Beskermingsengel vir elke mens is, doen baie van hulle nie hulle pligte

nie. Siende al die ongerymdhede wat op die aarde plaasvind. Besluit maar vir uself of u

‘n persoonlike Engel het aldan nie!

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!