Hoofstuk 21 Engele - Ateisme.co.za
Hoofstuk 21 Engele - Ateisme.co.za
Hoofstuk 21 Engele - Ateisme.co.za
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
ENGELE

Die woord beteken ‘n hemelse wese, boodskapper van God. Die griekse woord is

“Angelos” wat dan boodskapper beteken. Engele was dan die Goddelike boodskappers

in Joodse, Christen en Islam geloof, tussen God en die mensdom. Volgens die Christene

het hulle nege verskillende Engele. Die Bybel verwys meestal na Engele van die Here en

slegs een maal na Serafs. So is die Seraphim, Cherubim en Thrones, die wie God

verteenwoordig en Sy glorie weerspieël. Dominations, Virtues en Powers is die Engele

wie die sterre en die kosmos reguleer. Principalities, Aartsengele en Engele is die wie tot

diens van die mensdom is. In die tradisionele Katolieke geloof was die oortuiging dat

elke mens ‘n Beskermingsengel het. Die bestaan van Engele was weer in 1986 deur die

Pous bevestig. Die Rooms Katolieke kerk beskryf Engele as geestelik, intelligent en nieliggaamlike

wesens wie die knegte en boodskappers van God is. Die standpunt van die

Christen Kerk is dat hierdie wesens nooit die aarde in persoonlikheid bewoon het nie.

Ons dink aan Engele as wit geklede figure met vlerke en stralekrans bo hulle hoofde.

Hierdie denke is teologiese verbeelding wat sedert die middel eeue aan ons oorgedra

word. Die geloof in Engele is voortspruitend uit die innerlike persoonlike begeerte, vir

baie mense, as persoonlike beskerming of versekering.

Vigraha is die Goddelike verteenwoordiger in Hinduïsme. Die Mantras en ander rituele

verkry ‘n verbeelding wat die onderhandelaar vorm, deur wie die Goddelikheid vir die

aanbidder verwerklik word. Dus die medium speel ‘n soortgelyke rol as die Engele in

ander gelowe.

Behalwe die mooi dinge van Engele is ons almal bewus van God se Engel van die dood.

Die boodskapper van die dood aan mense, het volgens die Bybel geen spesifieke

voorkoms nie. In die Joodse Talmud word Satan se bose ingesteldheid, met hierdie

Engel verbind. Dit is belangrik om weereens te meld dat die Duiwel ook Satan genoem

word maar ook bekend is as die Aartsengel wie die “ligbringer” Lucifer is. So het die

predikers Lukas 10:18 en Jesaja 14:12 tot 16 verenig om die basis vir die mite te vorm,

dat die Duiwel ‘n rebelerende Engel is wat in die hel gewerp is. Daar is dus Engele wie

nie altyd so welkom of aanvaarbaar is nie. Intelligensie en optrede gewys, is die

mensdom in rangorde êrens tussen diere en Engele. Ek wonder maar net of daar diere

Engele ook is. Waarom word so baie Engele, Duiwels en ander, met diere verbeelding

beskryf?

Kom ons kyk meer spesifiek oor wat ons gelowe onderskeidelik van hulle boodskappers

tussen hemel en aarde sê. In die vroeër Joodse geloof verbeelding was die verbinding

tussen hemel en aarde ‘n werklikheid. Die poging vir die bou van die toring van Babel

bevestig dit, Genesis 11:1 tot 9. So het Jakob sy gesig gehad van die leer tussen hemel

en aarde waarop die Engele op en af beweeg, Genesis 28:12. Dit was dan eers heelwat

later, vermoedelik onder die Persiese invloed, dat die Engele ‘n meer gevorderde en

vinniger vervoer vermoë, naamlik vlerke, ontwikkel het. Baie van hierdie Engele het

name gekry en het spesifieke verpligtinge gehad. Die bekende name van die Engele

(Malakhim) soos dit in die Torah staan is: Gabriël, Michael, Metaron, Raphael, Raziel en

Uriel. Hulle take was onder andere om gebede aan God oor te dra, om Torah onderrig

aan elke embrio in die baarmoeder te doen en om die Joodse priesters die aand van die

Sabbat, met die stap na hulle wonings, te vergesel.

Die Joodse Engelogie was deur die vroeë Christene oorgeneem. Die Christene het die

begrip van gevalle Engele verder ontwikkel. So leer ons in Openbaring 12 hoe Migael

1
(Michael) en sy Engele in die hemel oorlog teen die Draak (Duiwel, Slang, Satan) en sy

Engele gevoer en hulle verslaan het. Satan en sy verslane Engele is toe afgewerp aarde

toe, daar waar God se skepping, die mense bly. Die hemel is dus skoongemaak van

bose Engele. Volgens Judas 6 en 2 Petrus 2:4 is die sondige Engele in die hel en met

onbreekbare kettings vasgemaak. Engele en Satan, in gevangenis, vasgeboei, moet dus

onskadelik wees. Daar sal nou op die oordeelsdag met hulle afgereken word. Botsend

hiermee is die leerstelling dat die Engele wie ongehoorsaam tot God se heerskappy en

liefde was, en geweier het om terug te gaan hemel toe, wel aktief is met beperkte

ondermynende aktiwiteite. Hulle word dan algemeen Demone, Duiwels, Satan of Bose

Geeste genoem.

Islam op sigself, staan nie terug oor die beginsel van Engele nie. So het Allah dan vir

Jibril (Gabriël) die Engel van Openbaring opdrag gegee om sy boodskap vir almal, af te

bring. Saam met hom word Mikail (Michael) genoem. Die Engel van die dood word nie

genoem nie, maar tradisioneel word hy Izra’il genoem. Die Engel wie die oordeelsdag sal

aankondig is Izra’fil. Na die dood, is daar die twee Engele, Munkar en Nakir, wie die

eerste nag in die graf die ondervraging doen. Indien die antwoord positief is dat

Mohammad wel Rasul, Allah, die boodskapper van God is, word hy met rus gelaat tot

Yaum Al-Qiyama, die oordeelsdag. Andersins is dit die straf in die graf wat volg. Die

Islam Engele, bekend as Mala’ika, gevleuelde boodskappers, was voor die mensdom

geskape. Hulle het tot Allah geobjekteer oor sy skepping van die mense. Alhoewel die

Engele toegegee het om voor Adam te buig het hulle geweier om voor Iblis (die Duiwel)

te buig.

Ons kan dus algemeen gesproke sê dat Engele hemelse wesens is wat deur God

geskape is. Dan moes God ook die verdoemde hemelse Engele geskep het, wat dan

afgewerp is en tans op die aarde woon, alhoewel vasgeboei. Indien wel, is dit eerder

waar dat Engele in die hemel geskape is, maar nie uitsluitlik daar is nie. Engele bly tog

Engele, goed of sleg!

Kom ons kyk na die algemene take wat in die Christen Bybel aan Engele toegedig word.

Engele dien dikwels as boodskappers van God. Matteus 2:13 tot 15, asook nog 5 plekke.

Engele lewer diens in die hemel, Openbaring 8,9. Engele lewer diens op die aarde,

Lukas 2: 8 tot 14. Engele hou toesig en beskerm, Matteus 18:10 en Psalm 91 : 11 tot 12.

Engele jubel wanneer iemand ‘n Christen word. Lukas 15:10. Engele sal help om

oordeel te vel en uit te voer, Matteus 13:41-43, 49-50. Engele verskyn soms in menslike

gedaantes, Genesis 18:2 tot 10. Engele verskyn soms in menigte soos aan die

skaapwagters, Lukas 2:13 en 14. Engele moet nie aanbid word nie. Kolossense 2:18.

Engele is nie mense wat gesterf en hemel toe gegaan het nie. Engele was voor mense

gemaak, Hebreërs 2:7.

Dit is so opvallend dat in die meeste gevalle in die Bybel, ‘n Engel of twee verskyn, en

dan is dit die Here of God wat praat, wanneer iets gesê word. Blykbaar kon die Engele

self nie praat nie. So wonder ons of Engele dan ook manlik en vroulik is en of daar baba

en kinder Engeltjies is. Daar is werklik menigte Engele volgens die Christen Bybel wat

dan die Christene bedien en hulle name kry. Is daar dalk ander Engele vir die Islam en

Judaïstiese gelowe en waarom? Is die taal of kultuur ‘n probleem?

Indien daar wel ‘n Beskermingsengel vir elke mens is, doen baie van hulle nie hulle pligte

nie. Siende al die ongerymdhede wat op die aarde plaasvind. Besluit maar vir uself of u

‘n persoonlike Engel het aldan nie!

2