05.05.2013 Views

Soetrissieproesel Gemarineerde olywe - Leserskring

Soetrissieproesel Gemarineerde olywe - Leserskring

Soetrissieproesel Gemarineerde olywe - Leserskring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Soetrissieproesel

In die laatsomer, as die soetrissies goedkoop raak,

maak ek dié peperonata en dink aan Italië.

4 soetrissies (rooi, geel, oranje en/of groen),

ontpit en in repies gesny

6 kleinerige heel knoffelhuisies, slegs afgeskil

k goeie olyfolie

100 g (1 pakkie) elk swart en groen olywe,

ontpit en middeldeur gesny

2 e kappers

6 ansjovisfilette, fyngekap (opsioneel, maar

baie lekker)

3 e wit balsemasyn

Gemarineerde

olywe

Jy gaan ver soek om ’n lekkerder manier te

kry om olywe te bedien.

2 k verskillende soorte olywe

2 e regtig goeie olyfolie

’n knip rissiepoeier

skil en sap van ½ suurlemoen

1 e vars roosmaryn, baie fyn gekap

1 e vars tiemie, baie fyn gekap

2 knoffelhuisies, in wîe gesny

Kos as dit knyp

4-6 porsies

15-30 minute

bekostigbaar

energiefaktor 3

Soteer die rissies en knoffel vir sowat

10 minute in die warm olie. Voeg die

olywe en kappers by en roerbraai tot

die rissies sag is. Voeg die ansjovis by

(indien gebruik) en roer tot dit oplos.

Roer die asyn by, geur met sout en

laat staan vir ’n paar minute voor

opdiening. Peperonata kan vir ’n paar

dae in die yskas bewaar word. Heerlik

saam met vars brood.

8-12 porsies

15-30 minute

bekostigbaar

energiefaktor 2

Dreineer die olywe en sit in ’n mengbak.

Voeg die res van die bestanddele

en sout en varsgemaalde peper

na smaak by en roer om te meng.

Verkoel, maar bring tot kamertempe-

ratuur voor opdiening. Dit smaak die

beste ná een dag in die marinade.

Haastige happies

119

Plaaslike polenta

Italiaanse stywepap. Dit smaak bobaas saam met

enige vleisgereg.

1 bossie spinasie, afgespoel, ribbe

uitgesny en blare grofgekap

2 e botter, of margarien as jy regtig nie

anders kan nie

3 k groenteaftreksel

150 g (1 k) geel mieliemeel (polenta)

¼ k suurmelk (maas) of laevetsuurroom

gerasperde pecorino (opsioneel)

Geroosterde

pitabroodskywe

Hierdie bros broodwiggies is net die ding saam

met ’n doopsous, ’n slaai, of selfs sop.

4 pitabrode

k olyfolie

1 t paprika, of rooipeper vir ’n skop

1 knoffelhuisie, fyngemaak

Kos as dit knyp

4 porsies

45-60 minute

goedkoop

energiefaktor 3

Braai die spinasie vinnig in die botter tot

verlep. Voeg die kokende aftreksel by. Gooi

die mieliemeel bietjies-bietjies by terwyl

vinnig geroer word. Roer tot die pap verdik

en begin prut. Laat prut vir 20-30 minute oor

lae hitte, tot die mieliemeel gaar is – roer

dikwels. Geur met sout en varsgemaalde

peper. Roer die maas of suurroom deur en

besprinkel net voor opdiening met die kaas

(indien gebruik).

48-64 wiggies

30-45 minute

bekostigbaar

energiefaktor 3

Stel die oond op 180 ºC. Sny die pitabrood

al om die rand oop sodat daar twee sirkels

is as jy klaar is. Meng die olyfolie, paprika en

knoffel en verf liggies oor die growwe kant

van elke sirkel. Strooi ’n bietjie sout oor. Sny

die sirkels elk in 6 of 8 wîe soos ’n pizza. Sit

die wîe op ’n bakplaat en bak tot bros en

effens verkleur. Laat heeltemal afkoel op ’n

draadrakkie. Bewaar in ’n lugdigte houer.

Goeie graangoed

97

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!