05.05.2013 Views

Name van God pdf - Ecclesia

Name van God pdf - Ecclesia

Name van God pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Teksverse uit 1953 Vertaling

F.W.C.Neser, M. Sc.

Die Name

Van

God

Die God van Israel !

1

Die Name van God

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

e-pos: ekklesia@telkomsa.net

Kantoorure: Maandag,Dinsdag

Donderdag,Vrydag

09:00-12:00

Drukker Jotha Drukkers,

CK95/28940/23

Tel: (012) 46-5964

(083) 453-0969

Nuwe Druk 2006

ISBN 1-919933-48-4

2

Die Name van GOD

Daar is vandag baie onenigheid en verwarring onder die kinders van God

aangaande sy Name. Om hierdie rede, na baie jare se ondersoek, het ek twee

professore in Hebreeus, en een Joodse Rabbi aangaande die ‘naam'

geraadpleeg.

Ek het die Joodse Rabbi gevra of die professore korrek is as hulle sê dat die

uitspraak van die tetragrammaton YHWH as YAHVEH (in Afrikaans klink dit so:

Jawê)’n Engelse transkripsie is, en dat die Hebreeuse uitspraak van die Heilige

Naam glad nie so klink nie, het hy sonder aarseling geantwoord dat die bewering

heeltemal korrek is. Verder het die Rabbi gesê dat elke letter van die YHWH sy

eie klank het, afhangende van in watter hoedanigheid die Naam genoem word.

Die Jode het ‘n heilige eerbied vir die Name van God gehad en was bang dat as

hulle dit uitspreek hulle die Naam ydellik sou gebruik. Daarom het hulle vermy

om die Naam JHWH (of YHWH) uit te spreek en in die plek daarvan:

Adonai - (beteken Here) of Hashem - (beteken die Naam) gesê.

Volgens die Rabbi gebruik hulle Adonai wanneer hulle die Ou Testament in die

Sinagoge lees, en Hashem wanneer hulle in gewone gesprek met mekaar

verkeer.

Met verloop van tyd het die oorspronklike uitspraak van JHWH heeltemal verlore

geraak. Geleerdes het die klinkers van JHWH probeer rekonstrueer en tot die

slotsom gekom dat dit Jahwe (uitspraak soos dit in Afrikaans klink, Jawê) moet

wees. Maar dit is glad nie 100% seker nie.

In Jesaja 52:6 lees ons:

“Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit

Ek is wat spreek: Hier is Ek!”

Die dag is duidelik die dag waarop die Here hierdie wêreldstelsel met geweld

gaan vernietig en homself onmiskenbaar aan die heiden en sy volk gaan

openbaar.

Die elemente “jahu”, of die verkorte vorm “jah” kom in eiename voor. Die

probleem is dat die elemente soos “eho” en “jo” (vergelyk Jehoshua en Jo-el) wys

op ‘n moontlike ander uitspraak van die Naam.

Om die waarheid te sê daar is ‘n ander groep, wat net so ernstig soos die Jawê

groep is, wat baie beslis beweer dat die uitspraak in Engels “YAHUEH” en nie

3

“YAHWEH” moet wees nie. Hulle gee net so baie geleerde argumente en

verwysings soos die Jawê groep.

Volgens “THEOLOGICAL WORDBOOK OF THE OLD TESTAMENT” - Vol.1, bld.

210 kry ons die volgende kommentaar:

Yehonatan, Jehonathan, “Yahweh (sy weergawe van YHWH) has given;”

abbreviated Yonatan Jonathan, a substitute name for the same person - - - - and

Yehoshapat, Jehoshaphat. “Yahweh (sy weergawe van YHWH) has judged”;

alternatively Yoshapat, “Joshaphat”, applied only to two subordinates of David - -.

Ek gee hier die aanhaling om aan te dui dat die elemente “jeho” en “jo” ook hier

voorkom. Ons kan dus nie van die feit wegkom dat “Jawê” nie die Hebreeuse

uitspraak van die Naam van God wat met YHWH in die oorspronklike geskryf

word, is nie. En dit is tog waarom dit gaan, nie waar nie?

Die Naam van Jesus: soos hierbo, het ek ook vir al die jare wat ek met die Naam

Jashua gekonfronteer is, in alle eerlikheid en opregtheid ondersoek ingestel of dit

reg is. In al die gewone boeke en konkordansies wat ek geraadpleeg het, kon ek

dit nêrens vind nie. Die Name Yehoshua, Josua en Yesua het ek wel gevind.

Die twee professore het ook my bevindinge bevestig. Hulle sê die uitspraak

“YAHSHUAH” is verkeerd. In die Ou Testament is dit duidelik “Jehoshu’ah”.

Jesus is dan die Griekse vorm.

“YAH” beteken nie: Ek is, nie, en “SHUAH” beteken nie: Die Gesalfde nie.

Dieselfde Groep waarna ek hierbo verwys het, wat sê die Naam van God is nie

Jawê (Afrikaanse uitspraak) nie, maar Jahueh, sê ook dat die Naam van ons

Saligmaker is nie “Jahshuah” nie, maar “Jahushua”. Hulle kom ook met ‘n klomp

verwysings en “bewyse”. Die elemente “jahu”, “'jeho” en “jo” kom hier ter sprake.

Die argument word ook gebruik dat die engel wat met Josef in Matt.1:21 gepraat

het, met hom in Hebreeus moes gepraat het, en dus die naam “Jahshuah” moes

gebruik het. Ons het reeds aangetoon dat die woord “Jehoshua of Jesua” kon

gewees het, maar nie “Jahsuah” nie. Bowendien is dit ook meer waarskynlik dat

die engel in Aramees met hom gepraat het; dit is ‘n verwante taal, maar nie

Hebreeus nie. Dit is vir my baie duidelik dat die gebruikers van die woord

“Jahshuah” geen 100% sekerheid het dat dit korrek is nie. En tog, ten spyte

daarvan dat hulle ook nie 100% sekerheid het dat die uitspraak “Jawê” korrek is

nie, gaan hulle en verander die Naam van die Vader en die Seun tot “Jawê en

Jashuah” regdeur die Nuwe Testament. Ek beskou dit as uiters aanmatigend.

Die Name: God, Here en Jesus in Grieks waarin die oorspronklike manuskripte

verskyn, pas in by die matematiese patroon wat regdeur die Ou en Nuwe

4

Testament loop. Gaan vervang ek dit met “Jawê, Jahshuah en Elohim”

ensovoorts, gooi ek daardie hele matematiese patroon omver.

Daardeur wil die gebruikers van “Jawê, Jahshuah ens.” vir ons sê dat die Grieks

van die Nuwe Testament ongeïnspireerd is; sodoende plaas hulle die grondteks

van die hele Nuwe Testament onder verdenking, en ondermyn hulle die geloof

van ‘n kind van God. As die Nuwe Testament dan so verkeerd is wat die Name

betref, is dit logies om te vra of die grondteks van die Nuwe Testament nie ook op

ander plekke verkeerd kan wees nie. Waar staan ons dan?

Dan kom hulle nog boonop om vir ons te sê dat die Naam Jesus van die Griekse

afgod “Zeus” afgelei is, en praat hulle van Jesus as “Je-Zeuz”. Vir my grens dit

aan Godslastering. Hulle het geen grond daarvoor nie, en dit is in elk geval

onsinnig.

Vine in sy “EXPOSITORY DICTIONARY OF NEW TESTAMENT WORDS” sê

onder die opskrif “JESUS” die volgende:

“IESOUS is a transliteration of the Heb. 'Joshua', meaning 'Jehova is salvation',

i.e. 'Is the Saviour', a common name among the Jews, eg. Ex.17:9; Luke 3:29

(R.V.); Col. 4:11.

It was given to the Son of God in Incarnation as His personal name, in obedience

to the command of an angel to Joseph, the husband of His mother Mary, shortly

before He was born, Matt. 1:21. By it He is spoken of throughout the Gospel

narratives generally, but not without exception, as in Mark 16:19,20; Luke 7:13,

and a dozen other places in that Gospel, and a few in John”.

In sy boek “Voices from the Silent Centuries”, skryf die internasionaal erkende

geleerde in Grieks en Hebreeus, Dr. Harry Rimmer D.D., D.Sc., dat 80% van die

Nuwe Testament in Grieks oorgeskryf kan word vanaf inskripsies wat die eerste

Christene op potskerwe gedurende die eerste 300jaar geskryf het toe papier nog

nie bestaan het nie, en papirus skaars en duur was. Hierdie potskerwe is deur

argeoloë opgegrawe.

Waar die Naam van die Seun van God op hulle voorkom, word dit as “IESOUS en

CHRISTOS” geskryf, net soos die Grieke dit vandag nog skryf.

Ons skryf dit: JESUS CHRISTUS in Afrikaans.

Dit is in die Naam van Jesus Christus dat menigtes deur die eeue heen gered is,

baie wonders en tekens plaasgevind het, en waarin baie gedoop is in die Heilige

Gees. Dit is in die Naam van Jesus dat my eie siel ook gered is, ek baie

antwoorde op my gebede ontvang het, en waarin ek al vir baie siekes gebid het

en hulle wonderbaarlik gesond geword het. Sal die Heilige Gees die naam van ‘n

afgod eer? O, mag ons liewe Heer diegene wat die wonderlike naam van ons

Here Jesus met die van ‘n afgod vergelyk, genadig wees en hulle so ‘n groot

sonde vergewe.

5

Opsomming:

Wanneer ek God Here noem, weet ek in my taal wat ek bedoel.

Hy is my Heer.

Ek aanbid Hom as die Allerhoogste.

Sy Gees het nog altyd met my gees getuig dat ek ‘n kind van God is.

Ek glo dat die Naam wat Jesus aan ons kom openbaar het, die Naam “Vader” is,

vergelyk:

Johannes 17:6,11-12,26;

6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee

het. Hulle het aan U behoort en U het hulle aan My gegee, en hulle het u

woord bewaar.

11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom

na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het

sodat hulle een kan wees net soos Ons.

12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar.

Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het

verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif

vervul sou word.

26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak,

sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in

hulle.

Matthéüs 6:9;

Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam

geheilig word;

Laat die Naam van die Allerhoogste argumentshalwe “Jawê” wees.

Elkeen, heiden, Israeliet, sondaar, wie ook al, kan Hom so noem, maar net

diegene wat vir Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het, en Hom erken

as Heer, kan die Allerhoogste “Vader” noem.

Hy is vir Israel ‘n Vader, - - -

Exodus 4:22;

Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is

Israel.

Jeremia 31:9, 20;

9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle

bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie;

want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene.

20 Is Efraim vir My ‘n dierbare seun of troetelkind? Want so dikwels as Ek

teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande

oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die

HERE.

- - - -maar nie vir die heiden nie.

6

As jy kinders het, kan net hulle vir jou vader noem, maar almal kan jou op jou

naam noem. My vader was Johannes. Ek het hom nooit Johannes genoem nie,

uit respek, maar ek het hom vader genoem, uit liefde.

Hosea 2:15; - - - -

En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie

meer noem: My Baäl nie.

- - - - word dikwels na ons geslinger.

Ek sê, kyk mooi van watter tyd dit praat.

“Die dag” het nog nie gekom nie. Wanneer dit kom sal alles aan ons geopenbaar

word wat nou verborge is. Moenie dat ons die Here vooruit loop nie.

In elk geval, “My man” is “Ishi”.

Indien ons Jawê broers konsekwent wil wees, moet hulle ophou om die

Allerhoogste “Jawê” te noem en begin om Hom “Ishi” te noem.

Amen!

Vir verdere inligting oor die onderwerp kan die boekie:

“Wat is regtig sy Naam” deur J.A. Dreyer,

En die kasset met Pastoor Neser in gesprek met Ds Dreyer oor die Name van

God, by ons verkry word.

7

DIE BOODSKAP VAN F.W.C. NESER—

“ISRAEL MOET HOOR!”

lets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen vanaf sy

kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf Génesis tot

Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes. siektes

en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en aan

hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van hierdie rampe

sou wees nie; en ook dat Israel as God se demonstrasievolk op aarde is. Dit was

egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die Jood of die Kerk is of kan wees nie.

Mettertyd het hy tot sy groot blydskap ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en

Germaanse nasies inderdaad die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n ware

wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus die Christus

as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra moet

word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het F.W.C. Neser die

onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar van Ekklesia.

No Titel

1 Afrikaner -- ‘n Unieke Volk Die

2 Apartheid -- Wat sê die Skrif?

3 Bedienings Gawes van Jesus Christus Die

4 Berou en Bekering

5 Bybel is Waar Die

6 Christendom en Kommunisme

7 Daniël Die Boek van

8 Daniël se 70ste Week

9 Derde dag Opstanding van Christus Die

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

8

No Titel

13 Doop Die

14 Doop, in watter Naam (pamflet) Die

15 Doping in die Heilige Gees Die

16 Duiwel Die

17 Engele

18 Fondament van die Christelike Lewe Die

19 Gawes van die Heilige Gees Die

20 God se Groot Week

21 Goddelike Genesing

22 Hoséa Die Profeet

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Israelwaarheid - TV Onderhoud Die

25 Jesaja Die Boek van

26 Jesus van Nasaret

27 Joël Die Boek van

28 Kerk van Rome en die Mens van Sonde Die

29 Kruis Die

30 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

31 Moses en sy Kusitiese Vrou

32 Na die Dood – Wat Dan?

33 Name van God Die

34 Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde Die

35 Openbaring Die Boek van

36 Openbaringe van die Apostel Paulus Die

37 Opraping Die

38 Romeine Die Brief aan die

39 Rusland in Profesie

40 Sabbat Die

41 Slang van Génesis 3 Die

42 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

43 Terwille van die Engele

44 Twee Sade op Aarde. Die

45 Tyd van die Heiden Die

46 Verdrukking Die Groot

47 Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1 Die

48 Verlore Tien Stamme van Israel Die

49 Vrug van die Heilige Gees Die

50 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

9

No Titel

51 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

52 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

53 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

54 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

55 Wederkoms van Christus Die

56 Wet van die Here Die

57 Wie is my Naaste?

58 Wie was Hulle?

59 Wêreldgebeure

No Titel

1 After Death What Then?

2 Apartheid – What saith the Scripture?

3 Bible Predicts "Atomic War" The

4 Book of Joel The

5 Book of Revelation The

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 Great Tribulation The

9 Israel Truth T.V. Interview The

10 Lost Ten Tribes Of Israel Part 1 The

11 Lost Ten Tribes of Israel The

12 New Heavens and the New Earth The

13 Origin, History and Destiny of the White Race The

14 Past the Present and the Future in the Light of Scripture The

15 Rapture The

16 Russia in Prophecy

17 Serpent of Genesis 3 The

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

10

Ander boeke beskikbaar (ander Skrywers).

Die Vrou in Onderdanigheid / Pta. Ekklesia Susters

Wat is Regtig sy naam / J.A.Dreyer

The Bible Distinction between the House of Israel / House of Juda / F.F.Bosworth

F.W.C. Neser, 'n Lewensbeskrywing / R. Searle

Pilate's Report to Caesar of the Arrest, Trail and Crucifixion of Jesus

The Master Plan / Revd. Albion S. Gaunt

Pastor F.W.C.Neser, A Biography (abridged) / R. Searle

Wêreldgebeure

Sedert 1986 publiseer F.WC. Neser ‘n kwartaallikse oorsig in Afrikaans onder die

titel “Wêreldgebeure” en in Engels onder die titel “World Affairs”.

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en ‘n videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!