VELDMASTER : Nuusbrief 1
VELDMASTER : Nuusbrief 1
VELDMASTER : Nuusbrief 1
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
VELDMASTER : Nuusbrief 1

STANDAARD VAN VOORTREFLIKHEID

Die beste wat ons as telers kan doen is om natuurlike seleksie te versnel.

Die Veldmaster filosofie en teelproses is eenvoudig. Elke dier word deur die natuur

gekeur en geklasifiseer sonder enige vooroordeel. Elke teler se sukses word bepaal deur

sy vermoe om natuurlike seleksie te versnel. Daar is nie plek vir egos of mensgemaakte

struikelblokke nie. Telers het die vryheid om wat ookal te doen om die doelwit te bereik.

Indien enige reel of riglyn in die pad staan moet dit verander of verwyder word.

Aaangesien die verkoop van bulle aan die kommersiele mark deel van ‘n breer doelwit is

is dit nodig om die koper se vertroue te wen. Kritici van ons beeste gaan ‘n vinger wys

na die feit dat hulle uit ‘n kruisgeteelde basis ontstaan het en dat hulle gevolglik, volgens

hulle, nie voorspelbaar sal teel nie. In antwoord hierop is dit noodsaaklik om sekere

mates te neem en sinvol te verwerk. Verdere geloofwaardigheid word verkry deur hierdie

belangrike prestasiegegewens in simbool vorm op elke dier te brand. Sodoende is elke

dier se Standaard van Voortreflikheid daar vir almal om te sien.

DIE VELDMASTER NAAM

Beide vryheid en aanspreeklikheid is noodsaaklik in beesteling. Daarom het elke teler

vryheid om binne sekere riglyne te teel en daarom moet hy ‘n kudde voorvoegsel

gebruik.

Soos almal weet het ek die Veldmaster naam geregistreer en is dit slegs vir die gebruik

van telers wat die Veldmaster Riglyne (Bloudruk) volg. Ek hoor egter dat daar ‘n wet in

SA is, genaamd die Wet op Veeverbetering, wat telers kan verbied om ‘n naam te gebruik

wat nie deur die owerhede erken is nie. Ek het sewe jaar gelede mondelikse bevestiging

by die vorige Voorsitter van Veeverbetering (Keith Ramsay) gekry dat die Veldmaster as

‘n ontwikkelende Landras geregistreer is. Dit is na skriftelike aansoek ingedien is. Op

grond hiervan het ek aansoek gedoen vir toestemming van die Veeartseny owerhede om

embrios van Zimbabwe in te voer. Ek is toe deur hulle goedgekeur, maar deur die huidige

Voorsitter van Veeverbetering (Joel Mamabolo) ‘n Invoerpermit geweier. Sy rede was

dat die ras nie deur hom erken is nie en dat daar geen bewys is hoe die diere in SA gaan

presteer nie. Hy het ook ontken dat daar enige rekord was dat aansoek gedoen is. Ek het

weer my kopie van die oorspronklike aansoek aan hom gestuur waarop hy mondeliks

geweier het om erkenning te gee. Sy rede was dat die beeste eers onder SA toestande

getoets moet word. Maar, hoe toets jy ‘n bees wat jy nie mag invoer nie ?

Ek berus my op die feit dat ons teenkanting gaan kry indien ons die pad van amptelike

erkenning wil volg. Amptelike erkenning is nie vir my op hierdie stadium belangrik nie.

Ons het wel erkenning van die kommersiele teler nodig. Indien ons goeie beeste teel en

hulle goed adverteer sal ons hierdie erkenning kry. Sal die owerhede so ver gaan as om

ons te verbied om die Veldmaster naam te gebruik ? Daar is ‘n presedent geskep deur die

Bovelder asook ander beeste deur individue geteel (Bv. Symonds, Bigaarsberg Reds,

Stormberger, ens.). Indien iemand dit sou probeer doen, glo ek, sal dit tot groot

verleentheid vir hulle lei.
BULLE EN KI

Vordering word nie gemaak deur swak koeie uit te gooi nie. Vordering word gemaak

wanneer die bulle wat gebruik word die beste koeie se nageslag nie verswak nie.

Om vordering te maak is dit noodsaaklik om goeie bulle / semen te gebruik. KI kan

goedkoop en effektief gedoen word indien die kalf/teelseisoen tot 42 dae beperk word en

die teler sy eie insemineerders gebruik. In so ‘n geval kan 80-90% van sogende koeie

binne 21 dae geinsemineer word sonder die gebruik van hormone. Dit beteken dat

ongeveer 60% van die kalwers van KI afkomstig sal wees en binne 3 weke sal aankom.

Dit beteken ook dat slegs een goeie opvolg bul vir elke 100-150 koeie benodig word.

‘n Paslike kalfseisoen sal min of meer in die middel van die reens val.

2 + 3 KALWING

Vrugbaarheid is baie hoog oorerflik (inteenstelling met konvensionele denke). Die

probleem kom by die maatstawwe wat gebruik word om dit te meet.

Die Veldmaster se Standaard van Voortreflikheid word hoofsaaklik deur 2 + 3 jaar

kalwing bepaal. Daarom is paring op 14/15 maande noodsaaklik. Omdat telers nog besig

is om in die rigting van ‘n 42 dae teelseisoen te beweeg, of verse uit ander kalfseisoene

aan te koop, sal verse gedek moet word (14/15 maande) in tye wat nie tot bevredigende

herkonsepsie op 2 jaar sal lei nie. In sulke gevalle is dit nodig dat paring wel op 14/15

maande plaasvind met die tweede kalf op 3 ¼ - 3 ½ jaar (afhangende van voedingstatus

met die tweede kalwing). Dit is egter noodsaaklik om sulke koeie se Vrugbaarheid Indeks

te betaal. Dit kan nie deur middel van TKP gedoen word nie, maar wel deur middel van

PPAP (dae van kalwing tot eerste hitte). Hittewaarneming sal dus gedoen moet word om

die vrugbaarste koeie te identifiseer. Hulle word dan heelwat later gepaar om die tweede

kalf (op 3 ¼-3 ½ jaar) op ‘n gunstiger tyd te produseer. Hiervolgens kan hulle ook VM/S

of VM/SS gebrand word.

BESPIERING

Bespiering is vir twee redes baie belangrik. Karkasse met ‘n hoe uitslagpersentasie

lewer meer geld (400kg lewende gewig teen 50% of 60% is ‘n verskil van 40kg =

ongeveer R1000-00). Algehele bespiering by bulle, en veral gedefinieerde bespiering, is

aanduidings van ‘n paslike hormoonbalans.

Bespiering is baie belangrik by die keuse van bulle vir kuddeverbetering asook by die

verkoop van bulle. Wat is die grootste rede vie die swak aanvraag na Nguni bulle deur

kommersiele telers ? Dit is nie soseer kleur as ‘n gebrek aan bespiering nie. Nguni bloed

is ‘n groot aanwins (ek glo noodsaaklik) vir enige kudde in SA. Die uitdaging is om al die

goeie eienskappe van die Nguni met bespiering te kombineer. Telers wat gelukkig is om

Nguni koeie as basis te gebruik moet bulle met ‘n baie goeie vleis : been verhouding

gebruik. Hulle kom voor in rasse soos die Boran, Tuli, Afrikaner en Senepol (asook

kruisings soos Boran/Tuli en Bonsmara/Tuli wat reeds beskikbaar is). ‘n Ander, en

monntlik makliker, roete is om baie goed bespierde Nguni bulle (min beskikbaar, so KI is

noodsaaklik) of kruisbulle (bv. Boran/Nguni) te gebruik op redelik goed aangepaste koeie

(bv.Bonsmara, Bovelder, Beefmaster) met ‘n goeie vleis : been verhouding.
BASTERKRAG, KOMPLEMENTARITEIT en INDIVIDUALITEIT

Veldmaster telers moet hulleself nie beperk nie. Daar is goeie beeste in alle rasse asook

alle kuddes.

Die basterkrag (heterose) van ‘n eienskap (bv. speengewig) wanneer twee rasse (bv.

Nguni en Boran) met mekaar gekruis word word gemeet as die verskil van die nageslag

teenoor die gemiddelde van die ouerrasse (bv. + 10 kg). Hoe verder rasse geneties van

mekaar verwyder is (bv. Boran en Angus teenoor Boran en Brahman) hoe groter die

basterkrag. Met meer rasse wat van mekaar verskil in ‘n kruising is daar ‘n verdere

verhoging in basterkrag. Prakties gesproke, geld dit tot ‘n maksimum van vier rasse. Dit

is goed om die mate van basterkrag in ag te neem wanner ras kombinasies gemaak word

aangesien ongeveer 75% van basterkrag behoue bly wanneer seleksie binne so ‘n geslote

kudde plaasvind.

Bo, en behalwe, basterkrag is komplementariteit (aanvulling van eienskappe) en

individualiteit (spesifieke bulle binne ‘n ras) baie belangrik. ‘n Brahman/Chianina kruis

sal waarskynlik meer basterkrag wek as ‘n Boran/Tuli kruis, maar laasgenoemde sal baie

meer produktief wees op veld as gevolg van baie beter aanvulling van eienskappe soos

algehele aanpassing, melk, temperament en relatiewe inname. Sover dit die Boran/Tuli

kruis aangaan sal die resultate ook baie beter wees indien beide Boran en Tuli genetika

uitgesoek word met meer positiewe en minder negatiewe eienskappe. Byvoorbeeld, die

poenskop van die Tuli is gekorreleer met prolaps van die skede by bulle (dieselfde geld

vir Senepol en ander poenskop Bos Taurus rasse). Hierdie fout kan vererger word in

kombinasie met die verkeerde (groot, slap skede) Boran. Maar, daar is Tuli bulle wat nie

prolaps nie en sodoende is daar goeie Boran/Tuli bulle wat beter as beide ouerrsse is en

wat basterkrag kan oordra na ‘n ander kruising met goeie komplementariteit

(Nguni/Senepol). So kan ‘n goeie Boran/Tuli bul gekruis met ‘n goeie Nguni/Senepol

koei (of andersom) nageslag tot gevolg he met baie hoe basterkrag en baie goeie

komplementariteit (poenskop, aangepas en produktief). Daar moet egter nie gepoog word

om basterkrag te prober verhoog deur meer rasse te gebruik as dit tot swakker

komplementariteit sal lei nie. So ‘n kombinasie van hoe basterkrag en goeie

komplementariteit kan verder verbeter word deur seleksie vir vrugbaarheid (kondisie en

hormoonbalans) en doeltreffendheid van grasomset(hoe relatiewe inname). Dit is die

wese van Veldmaster teling.

GOEIE KOEIE/VERSE IN ALLE RASSE/KUDDES

Geen mensgemaakte reels moet in die pad van beesteling staan nie.

Iets wat vir my baie opvallend is is die goeie koeie (lae persentasie) wat in alle kuddes en

rasse voorkom. Dit is nie so sigbaar nie, maar kom definitief ook by verse voor. Ons

moet hierdie genotipes by Veldmaster teling betrek. Dit kan op twee maniere gedoen

word. Die een is om uitstekende koeie te identifiseer en embriospoeling met geskikte

bulle te doen. Die ander manier is om speenverse wat algemeen beskikbaar is (bv.

Bonsmara-tipes) te koop en op 14/15 maande met ‘n geskikte bul/semen te teel. Die wat

dragtig raak word behou en die res word verkoop. Sodoende kan baie waardevolle diere

geteel word, veral as die persentasie van die oorspronklike groep wat slaag (2+3 jaar
kalwing) laag is. Hierdie proses kan oor ‘n lang tydperk herhaal word en deel van ‘n

“backgrounding” program uitmaak.

VOORKOMS – WAT IS BELANGRIK EN WAT IS ONBELANGRIK ?

Die uitdaging is om te onderskei tussen wat noodsaaklik is en wat totaal onbelangrik is.

Hiervoor is individuele vryheid asook aanspreeklikheid noodsaaklik. Elke teler moet

deur ‘ n doelwit van maksimum volhoubare wins/ ha gelei word.

Elke teler is vry om, binne die riglyne, te selekteer soos hy goed dink. Dit geld veral vir

kleur en bouvorm. Die mark vir swart bulle is beperk (Daar word hier van egte swart soos

wat by die Drakensberger voorkom gepraat en nie swart/bruin nie). Indien daar ‘n keuse

tussen twee goeie bulle sou wees, een swart en een rooi, sal die rooi bul die beter keuse

vir Veldmaster teling wees. Indien baie goeie swart koeie (bv. Drakensberger) gebruik

word kan die kleur in die korttermyn deur ‘n geel Tuli bul verander word (vaal dagha

kleur) of in die langer termyn deur rooi bulle.

Die poenskop faktor by beeste het ‘n ekonomiese waarde indien dit nie aan skede prolaps

gekoppel is nie. Daar is ‘n korrelasie tussen poenskop en prolaps by meeste, indien nie al,

die rasse wat in SA voorkom (bv. Tuli, Angus, Senepol, Brangus). Hierdie korrelasie is

hoog , maar nie 100% nie. Dit is noodsaaklik dat die regte poenskop bulle gebruik word.

PROMOSIE / BULVERKOPE

Dit is belaglik om te verwag dat beeste geteel moet word om met varke en hoenders te

kompeteer om graan in vleis om te sit (Bonsmara 2008, bl.33). Net so belaglik as om te

verwag varke en hoenders moet geteel word om met beeste te kompeteer om gras in

vleis om te sit.

Meeste telers is nog in die beginstadium van teling met min bulle om te verkoop. Tog

moet ons aan promosie (boeredae en advertensie ) en bulveilings begin dink. Ek wil

graag die volgende aanmerkings en voorstelle maak :

1 Die hoof mark vir Veldmaster bulle is die kommersiele produsent wat vleis

hoofsaaklik vanaf die veld wil produseer. Dit sluit veral die teel van

veldaangepaste koeie in waarvan die nageslag self deur die boer van die veld

(of veld plus byvoeding) afgerond word of as speenkalwers aan voerkrale

verkoop word. Alhoewel ons vir veldproduktiwiteit teel sal kalwers nog steeds

goed presteer in terme van “backgrounding” en voerkraal afronding, maar

minder voer sal egter benodig word (Moet my nie verkeerd verstaan nie ; ons

teel nie vir die voerkraal nie, maar ons kalwers sal tog geskik wees vir

“backgrounding”/ vinnige afronding). Van die bulle sal deur ander Veldmaster

telers gekoop word , maar die hoof mark is die kommersiele produsent wie se

besigheid die omsit van gras in vleis is. Daar moet dus na realistiese pryse

gemik word (3 – 4 maal die prys van ‘n slagos ?). Dit beteken die onkoste

verbonde aan die produksie van ‘n bul moet nie veel hoer as die van ‘n os wees

nie.

2 Die voorkeur van die kommersiele produsent by die aankoop van bulle moet in

ag geneem word. Bulle moet siektevry, bekwaam en in goeie werkende

kondisie (vanaf die veld of veld plus goeie rumenstimulerende lek – geen
graan) wees. Sulke bulle (2 jaar en ouer) behoort enigiets van 50 en meer koeie

in ‘n beperkte teelseisoen (2 – 3 maande) in kalf te kry (Daar is die geval van ‘n

Boran / Nguni bul by Manie Wessels wat 90 kalwers op die grond gehad het

binne 30 dae). Dit is moeilik om so iets vir die koper te waarborg, maar ‘n

goeie Veldmaster bul sal dit kan doen. Sodoende kan ‘n goeie reputasie

opgebou word. Die punt is, ons moet bulle teel (geneties) en bestuur

(omgewing) wat ‘n baie hoer dekvermoe het as die algemene stoetbul.

3 Ek dink die regte ouderom om bulle vanaf die veld te verkoop is wanneer hulle

as osse markklaar sou wees- ongeveer 2 jaar. Van hulle sou al op 14/15 maande

gedek het. Dit sal ‘n uitdaging wees om bulle van hierdie ouderdom uit die

koeie te hou, maar ‘n boer sal ‘n plan moet maak.

4 ‘n Groot deel van die sukses van Veldmasters is afhangend van promosie.

Advertensies is noodsaaklik, maar dit moet effektief wees. Ek stel voor dit

word op ‘n heel ander wyse gedoen. Omdat ons beeste anders is en anders

geteel word is dit belangrik dat die potensiele koper die filosofie agter die teling

verstaan. As hy die filosofie verstaan sal hy verstaan dat hy die produk nodig

het om sy wins te verhoog. Vir so ‘n advertensie veldtog om effektief te wees

moet advertensies op ‘n gereelde basis in ‘n populere tydskrif (bv. Landbou

weekblad) verskyn. Ek het ondervinding met sulke advertensies (16 jaar die

hoogste gemiddelde prys vir bulle verkry met ongeregistreerde bulle) en sal

baie graag help (aangeheg is ‘n voorbeeld).

Elke teler is welkom om deel van hierdie advertensie veldtog te wees, maar ek

voel ook elke teler moet self besluit. Indien daar persone is wat op hulle eie

voete wil staan dan moet hulle nie onregverdige voordeel uit hierdie

advertensies trek nie. Daar is enkele telers van ander inheemse rasse wat ook

die Veldmaster filosofie wil volg met hulle spesifieke ras. ’n Opsie wat ons kan

volg is om gesamentlik, as ‘n eendersdenkende groep, onder ‘n ander naam

(Veldbees Groep ?) te adverteer wat nie uitsluitlik aan Veldmasters verbonde is

nie. Elke teler se naam en beesras (tesame met ‘n voorvoegsel) wat hy teel

verskyn op elke advertensie. Veldmaster telers wat hulle eie advertensies wil

doen (onthou elke teler het binne sekere riglyne vryheid asook

verantwoordelikheid) moet dit dan op eie stoom doen, maar hulle is nie

verbind aan die Veldbees Groep nie en moet ‘n voorvoegsel gebruik (bv. Bar Z

Veldmasters). Ek voel baie sterk oor individuele vryheid binne sekere riglyne

(soos almal as Veldmaster telers aanvaar het). Dit is ook goed dat daar leemte is

vir verskille sonder om die bree filosofie te ondermyn. Ons wil tog nie in ‘n

genootskap ontaard met sy politiek en persoonlike agendas.

KREATIWITEIT

Dit is beter om nie te weet wat jy nie kan doen nie as om te weet wat jy kan doen.

Kom ons gebruik ons gawes om kreatief te wees en nie die voortgaande skepping tee te

werk nie. Laat geen ego of mensgemaakte reel in ons pad staan nie. Moet ook nie deur

ingestelde onkunde (“institutional ignorance”) beinvloed of geintimideer word nie. Laat

ons eerder alles wat ons doen bevraagteken relatief tot ons doelwit. Indien ‘n verandering

positiewe resultate sal bring moet dit gedoen word.
Ons moet nie die tweeledige rol van beeste vergeet nie. Beeste moet geteel word om veld

doeltreffend in vleis om te sit en hulle moet bestuur word om veld doeltreffend te benut

en te verbeter.

Johann Zietsman
VELDMASTER : Nuusbrief 2 Deel 1 (08/12/10)

Die belangrikheid van betekenisvolle mates

Saam met die vryheid van die Veldmaster Riglyne kom daar verantwoordelikheid. Wie

gaan ons ernstig opneem indien ons maar net “kruisbulle” gaan verkoop? Daarom die

noodsaaklikheid van eenvouvige, maar betekenisvolle syfers (wat verwerk word):

• Kalf/geboorte datum (binne ‘n week van geboorte is nie ‘n probleem nie)

• Ouderdom van koei (korreksies moet gemaak word vir 6/12 maande

gewig/heuphoogte)

• 6 maande gewig/heuphoogte/skrotumomvang van alle kalwers

• 12 maande gewig/heuphoogte/skrotumomvang van oorblywende bulkalwers

Die belangrikheid van ‘n kort kalfseisoen

Kalwers kan nie betekenisvol met mekaar vergelyk word as hulle meer as 2 maande in

ouderdom verskil.

Die belangrikheid van geskikte samestellings

Alle rasse het goeie/swak eienskappe en beskik oor goeie/swak genotipes (bulle/koeie).

Hierdie feite kom na vore in die kruisings wat gemaak is en moet notusie van geneem

word. Byvoorbeeld :

• Die Nguni, as gevolg van gehardheid en vrugbaarheid (veral vroee geslagsrypheid) moet

die basis van ‘n veldaangepaste genotipe wees. Van hulle swakker eienskappe

(vleis:been ) moet deur ander rasse reggestel word. ‘n Effektiewe manier om slegs goeie

eienskappe van die Nguni te verkry is om saad van ‘n goed bespierde bul op ander ras

koeie te gebruik. Dit was my ondervinding met die Mashona (ook kort aan vleis:been)

waar ek baie beter resultate met goeie (vleis:been) Mashona op Beefmaster-koeie gekry

het as andersom. Wat baie goed sal werk is goed bespierde Nguni op geselekteerde

(14/15 maande geslagsryp) Rooibees-verse/koeie (Bonsmara, Beefmaster, Bovelder

tipes).

• Die Boran het baie goeie eienskappe (vleis:been, vetheid, melk), maar daar is ook baie

swak eienskappe (skede, temperament, later geslagsrypheid) in die ras. Prolaps van die

skede kom algemeen in die eerste kruising (50% Boran) voor. Daarom stel ek voor nie

meer as 25% Boran in die finale produk. Die beste manier om Boran bloed in te bring is

d.m.v streng geselekteerde Boran X bulle.Onder die kruisings wat nou op die grond is is

daar enkele bulle wat gebruik kan word.

• Die Senepol is ‘n ras waaronder baie goeie beeste asook baie swak beeste voorkom. Die

goeie einskappe, in die algemeen, is ‘n gladde vel (die 1e kruis met, selfs harige

Europese rasse is glad), goeie temperament, rooi kleur, vleis:been (tog baie variasie) en

poenskop (daar is enkele bulle wat nie prolaps nie). Die swak eienskappe is prolaps by

meeste bulle asook baie variasie in bouvorm (5/7 tipes asook 9/10 tipes). Weereens

dink ek die beste manier om van die goeie eienskappe van die Senepol in te bring is

d.m.v kruisbulle – veral Bonsmara X (sekere telers maak verse oop) en Europese X

(poenskop, glad, baie goeie bespiering). (Sluit fotos in van Senepol x Europees wat ek in

Paraguay gesien het). Sulke bulle sal baie goed kombineer (gehard, vrugbaar, baie goeie

vleis:been) met Nguni koeie.

• Die Afrikaner is ‘n ras wat deur die mens vernietig (hoofsaaklik hormoon wanbalans) is,

maar wat nogtans individuele diere het met baie goeie eienskappe (kleur, goeie

vleis:been, melk, maklike afronding, goeie temperament en min funksionele foute). Die
enigste manier om hierdie goeie eienskappe in te bring is d.m.v KI / embrios van

uitgesoekte diere. (In kruisteel proewe by Matopos, Zimbabwe is baie beter resultate

verkry deur die Afrikaner koei te gebruik. Byvoorbeeld, die vroulike nageslag van

Mashona en Brahman bulle op Afrikaner koeie was baie meer vrugbaar as die

omgekeerde kombinasie).

• Die Tuli is nie so gehard soos die Nguni nie, maar het die voordeel van poenskop en ‘n

goeie vleis:been verhouding. In vergelykings in Australie was die Tuli ook baie vroeer

geslagsryp as die Boran. Alhoewel beide dieTuli en die Boran geneig is tot prolaps is daar

Tuli/Boran bulle wat geen prolaps toon nie en baie goed bespierd is. Sulke bulle sal goed

kombineer met baie rasse – veral Nguni.

• Onder die Bonsmara, Beefmaster, Brangus, Simbra en Bovelder is daar potensieel baie

goeie diere. Al wat hulle kort is geskikte Afrika bloed. Sulke rasse kan gebruik word om

vleis:been verhouding en melk te verbeter. Terselfdertyd kan ‘n rooi kleur (onbelangrik

vir produksie, maar belangrik vir bulverkope) verkry word. Die rede waarom die Riglyne

50% ander bloed toelaat, tesame met 50% Afrika bloed (genoegsame siekte/parasiet

weerstand in meeste dele van SA), is juis vir ekstra bespiering en melk. Soos voorheen

genoem, is die gebruik van goed bespierde Afrika bulle op Rooi koeie ‘n goeie opsie.

Die belangrikheid van KI

Sonder KI is dit baie moeilik (selfs onmoontlik) om ‘n uitstaande kudde op te bou. ‘n Kombinasie

van KI en Embriospoeling kan uitsonderlike bulle tot gevolg he wat weer op hulle beurt d.m.v KI

gebruik kan word. Waar KI dalk moeilik uitvoerbaar is kan ‘n kernkudde koeie geinsemineer

word om bulle te teel vir gebruik in die groter kudde.

Teling is beide wetenskap en kuns

Om die natuur toe te laat om te selekteer is wetenskaplik. Die kuns is om die natuur reg te

“lees” (geskikte maatstawwe; voorkoms) en die regte kombinasies te maak (rasse en individuele

diere binne rasse/genotipes).

Wat vir my baie sterk na vore kom gedurende my reise is dat daar enkele uitstekende diere in

alle rasse en in meeste kuddes voorkom. Sulke diere kan maklik met die oog uitgeken word

(kuns). Hier is ‘n geleentheid om kombinasies van die beste genotipes te maak (kuns). Met

vandag se tegnologie (KI en Embrios) is dit eenvoudig. Daar is twee roetes wat gevolg kan word:

• Die een is om speenverse te koop en op 14/15 maande met geskikte saad te insemineer.

Hoe moeiliker die omstandighede en hoe minder op hitte kom hoe strenger die seleksie.

Die voordeel van hierdie roete is dat dit goedkoop (net die beste verse word teruggehou

en die res teen ‘n wins verkoop) en onfeilbaar (natuurlike seleksie) is.

• Embrios van uitgesoekte (beproefde) koeie en bulle. Hierdie sal spesifiek gemik wees

om uitsonderlike bulle te teel vir gebruik in die kudde.

Maksimum volhoubare wins/ha

‘n Doelwit van maksimum volhoubare wins/ha verg veldproduktiewe beeste asook geskikte

veldbestuur. ‘n Veldproduktiewe bees moet die volgende eienskappe besit:
• Hoe Relatiewe Inname (raamgrootte, klimatologiese aanpassing, parasiet/siekte

weerstand en vreetlus. In die algemeen is die Afrika-rasse positief vir hierdie eienskap.

Daarom die noodsaaklikheid van ten minste 50% Afrika-bloed wat blyk om genoeg

parasiet/siekte weerstand te bied onder meeste toestande in suidelike Afrika. Dus is

daar ruimte om nie-Afrika rasse te gebruik om die tekorte van die Afrika-rasse aan te

vul.

• Hoe Vleis:Been Verhouding Afgesien van ‘n hoer karkaswaarde (relatief tot lewende

gewig) by slagdiere is bespiering by bulle noodsaaklik vir die bedinging van ‘n goeie

verkoopprys. Bespiering is baie belangriker as kleur vir meeste kommersiele telers.

Alhoewel daar enkele goed bespierde bulle voorkom is vleis:been verhouding gebrekkig

by baie Afrika-ras koeie – veral die Nguni. Dit is hier waar ander rasse ‘n aanvullende rol

kan speel.

• Optimum Melk Sommige Afrika-ras koeie het genoeg (50% kalf:koei) melk, ander nie.

Indien daar nie genoeg melk is nie kan rasse gebruik word wat beide bespiering en melk

voorsien.

• Geskikte Hormoonbalans Beide die Nguni en die Tuli is vroeg geslagsryp. Die Boran is

geneig om laat geslagsryp te wees. Met enkele uitsonderings is die Afrikaner laat

geslagsryp. Met die regte kombinasie van Afrika-rasse, asook diere binne rasse, kan ‘n

100%Afrika kombinasie ‘n geskikte hormoonbalans he. Nogtans is daar ruimte vir die

gebruik van ander rasse.

• Gemak van Bestuur

Temperament Van die Afrika-rasse wat in SA voorkom het die Nguni en Afrikaner

waarskynlik die beste temperament. Daar is meer temperament probleme onder die

Boran en Tuli.

Poenskop Die Mashona is al poenskop ras (behalwe die Angoni) waar prolaps van

die skede nie voorkom nie. Dit mag ook die geval wees by die Nguni, maar min

poenskoppe kom voor. Daar is egter individuele diere onder die ander poenskop rasse

wat nie prolaps nie, maar hulle moet uitgeken word.

Kalwingsgemak Daar is baie min probleme, indien enige, onder die Afrika-rasse.

Nog ‘n genotipe waar daar nie probleme voorkom nie is die egte (twee jaar kalwing

sedert 1947) Beefmaster (bv. Lasater en Casey).

Moederinstink Meeste Afrika-rasse, veral die wat ‘n geskiedenis van vroee

kalwing het, is goeie moeders. Dit is baie belangrik waar verse vroeg kalf. Bogenoemde

Beefmaster beskik ook oor goeie moederinstink.

Kudde-instink Die Boran (en Angoni) het ‘n baie sterk kudde-instink wat bestuur

(drukbeweiding) behoort te vergemaklik. Waarteen gewaak moet word is sekere diere

wat gereeld deur drade gaan – dit is waarskynlik oorerflik.

Vryheid en verantwoordelikheid

Dit is binne die bereik van elke teler om uitsonderlike Veldmasters te teel. Geen teler

het ‘n voordeel bo ‘n ander nie. Sukses is hoofsaaklik afhangend van kreatiwiteit.