2013 Veilingsnuusbrief met bul beskrywings - Bonsmara

2013 Veilingsnuusbrief met bul beskrywings - Bonsmara 2013 Veilingsnuusbrief met bul beskrywings - Bonsmara

bonsmara.com.na
from bonsmara.com.na More from this publisher
05.05.2013 Views

BOEREDAG Donderdag 30 Mei 2013, 9H00 Beste Medeboere en Vriende VEILING Vrydag 31 Mei 2013, 11H00 www.bonsmara.com.na vir die volledige veilingskatalogus & bulbeskrywings! Joggie jbried@joggie.com.na Nico +264 811241168 Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880 April 2013 Dit is altyd met ‘n lekker hart dat ons die uitnodiging na Hartebeestloop Boeredag (30 Mei) en Veiling (31 Mei) aan die boere gemeenskap en vriende voorberei. Nog meer so noudat die droogte uiteindelik gebreek is met wonderlike neerslae wat ervaar is regoor die hele land! Jare lange teling, baie voorbereiding en klomp nuwe gedagtes kom alles saam by die 2-dag byeenkoms. Uiters streng seleksie en prestasietoetsing is deurgaans toegepas sodat slegs ons beste 45 bulle Vrydag 31 Mei op die veiling kom. Ons vertrou dat julle die veilingsdiere indrukwekkend sal vind. Daar is baie moeite, beplanning en ‘n groot klomp nuwe telingsfilosofieë agter hierdie diere. Sekerlik behoort daar dalk ‘n bul of twee hulle “hande” (bene) op te steek vir jou! Hierdie bulle, soos ons logo, is elkeen ’n diamant in eie reg. Daar is heelwat bulle wat as potensiële stoetvaars geklassifiseer is. Ons bied weer 2 ouer stoetvaars aan wat alreeds hulle merk in die Hartebeestloop kudde gemaak het. Daar is ook jonger stoetbulle op die veiling wat alreeds met sukses in die kudde gebruik is. Ons is altyd trots op die standaard van die gasverkopers se diere. Dit is hulle top diere wat na die veiling kom en meer hieroor is te lese op ons webwerf www.bonsmara.com.na (Veiling 2013 / Gasverkopers). Ons het 48 van die 59 veilingsbulle bespreek in hierdie katalogus. Vir meer inligting oor die res van die veilingsdiere besoek gerus www.bonsmara.com.na (Veiling 2013) asook vir enige ander inligting rakende die veiling. Maak moeite om die Boeredag by te woon! Ons het nie gespaar aan kundigheid en kostes omdat dit blyk ‘n droër jaar te wees nie. Inteendeel, ons het in samewerking met Agra van die bekendste kundiges gekry om te kom gesels oor Suider- Afrika, vrugbare en hoogs produserende koeie onder moeilike toestande, bulle wat met minimale voer op die veld uitgegroei is en hul waarde asook die rumens van lae insetkoste diere. Dit wat nou baie belangrik is, is vir julle op die tafel by die Boeredag (sien die program direk onder die skrywe). Organisasies soos Agra, Voermeester, Standard Bank en Sanlam staan saam om hierdie dag vir almal moontlik te maak. Hoede af vir die mense wat nie terugstaan in die moeiliker jare nie! Ja, ons kan verseker nie die huidige droër toestande in die land mis kyk nie. Dit het ‘n wesenlike invloed op almal en dring deur tot in die verste uithoeke van ons land - almal is in ‘n mindere of meerdere mate afhanklik van genoeg reën en die welvaart van die boere gemeenskap. Die laat en wydverspreide reën aan die end van Maart het ‘n groot uitkoms vir meeste van ons gebring. Neerslae van tussen 30 en 130 mm is aangeteken regoor die land. Ons vertrou dat die laat reën nog nie verby is nie bid saam met julle vir nog ekstra laat en goeie reën vir die hele Namibië en Suidelike Afrika! Ek is egter positief oor die Bonsmara en nog meer so wanneer toestande moeilik raak. Die Bonsmara is spesifiek en wetenskaplik ontwikkel vir die moeilike, warm en droë ekstensiewe omgewings soos Namibië. Dit word bemark as diè ras om mee te boer onder die droër toestande wat tans heers in die westelike dele van Suid-Afrika en Namibië. Deur dekades heen selekteer Bonsmara telers alreeds vir lae insetkoste diere wat onder hierdie toestande goed doen. Hierdie eienskappe is in die Bonsmara vasgeteel. Op Hartebeestloop het ons dit nog ‘n paar stappe verder geneem. Ons selekteer streng vir lae insetkoste diere wat goed presteer in die eienskappe wat van ekonomiese waarde is. Die ideaal is om min in te sit en optimum uit jou Bonsmaras te haal. Nou is die tyd om die Hartebeestloop Bonsmaras ‘n kans te gee! Ons toestande is sekerlik moeiliker of net so moeilik soos waar julle boer. Nou in die droër tyd moet Bonsmaras hulle self bewys en presteer - die koeie moet herbeset raak en ten minste ‘n kalf kan grootmaak. Goeie raad is: speen vroeër; soos die ouer boere wat alreeds deur droogtes is, uitwys. Dit is geen teleurstelling om “katkoppe” van 160 kg en selfs ligter, vroeg te speen nie - dit is slim boer! Moenie onoordeelkundig lek gee nie. Kry kundige advies en stel lek strategies beskikbaar vir die produserende diere. Ons het herhaaldelik in die verlede gesien dat die boere wat die droër tydperke deurgesien het, rekordpryse behaal het vir diere tydens die daaropvolgende natter jare. Beplan so dat jy een van daardie boere is. Hierdie mag heel waarskynlik die jaar van die Bonsmara wees! Die afgelope 8 jaar van bogemiddelde reën het toegelaat dat diere van mindere genetiese potensiaal ook goed presteer. Selfs diere met minder goeie aanpasbaarheid 1

BOEREDAG

Donderdag 30 Mei 2013, 9H00

Beste Medeboere en Vriende

VEILING

Vrydag 31 Mei 2013, 11H00

www.bonsmara.com.na vir die volledige veilingskatalogus & bulbeskrywings!

Joggie jbried@joggie.com.na Nico +264 811241168 Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880

April 2013

Dit is altyd met ‘n lekker hart dat ons die uitnodiging na Hartebeestloop Boeredag (30 Mei) en Veiling (31 Mei) aan die

boere gemeenskap en vriende voorberei. Nog meer so noudat die droogte uiteindelik gebreek is met wonderlike neerslae

wat ervaar is regoor die hele land! Jare lange teling, baie voorbereiding en klomp nuwe gedagtes kom alles saam by

die 2-dag byeenkoms.

Uiters streng seleksie en prestasietoetsing is deurgaans toegepas sodat slegs ons beste 45 bulle Vrydag 31 Mei op

die veiling kom. Ons vertrou dat julle die veilingsdiere indrukwekkend sal vind. Daar is baie moeite, beplanning en ‘n groot

klomp nuwe telingsfilosofieë agter hierdie diere. Sekerlik behoort daar dalk ‘n bul of twee hulle “hande” (bene) op te steek

vir jou!

Hierdie bulle, soos ons logo, is elkeen ’n diamant in eie reg. Daar is heelwat bulle wat as potensiële stoetvaars

geklassifiseer is. Ons bied weer 2 ouer stoetvaars aan wat alreeds hulle merk in die Hartebeestloop kudde gemaak

het. Daar is ook jonger stoetbulle op die veiling wat alreeds met sukses in die kudde gebruik is. Ons is altyd trots op die

standaard van die gasverkopers se diere. Dit is hulle top diere wat na die veiling kom en meer hieroor is te lese op ons

webwerf www.bonsmara.com.na (Veiling 2013 / Gasverkopers).

Ons het 48 van die 59 veilingsbulle bespreek in hierdie katalogus. Vir meer inligting oor die res van die veilingsdiere

besoek gerus www.bonsmara.com.na (Veiling 2013) asook vir enige ander inligting rakende die veiling.

Maak moeite om die Boeredag by te woon! Ons het nie gespaar aan kundigheid en kostes omdat dit blyk ‘n droër jaar

te wees nie. Inteendeel, ons het in samewerking met Agra van die bekendste kundiges gekry om te kom gesels oor Suider-

Afrika, vrugbare en hoogs produserende koeie onder moeilike toestande, bulle wat met minimale voer op die veld uitgegroei

is en hul waarde asook die rumens van lae insetkoste diere. Dit wat nou baie belangrik is, is vir julle op die tafel by die

Boeredag (sien die program direk onder die skrywe). Organisasies soos Agra, Voermeester, Standard Bank en Sanlam

staan saam om hierdie dag vir almal moontlik te maak. Hoede af vir die mense wat nie terugstaan in die moeiliker jare nie!

Ja, ons kan verseker nie die huidige droër toestande in die land mis kyk nie. Dit het ‘n wesenlike invloed op almal en

dring deur tot in die verste uithoeke van ons land - almal is in ‘n mindere of meerdere mate afhanklik van genoeg reën en

die welvaart van die boere gemeenskap. Die laat en wydverspreide reën aan die end van Maart het ‘n groot uitkoms vir

meeste van ons gebring. Neerslae van tussen 30 en 130 mm is aangeteken regoor die land. Ons vertrou dat die laat reën

nog nie verby is nie bid saam met julle vir nog ekstra laat en goeie reën vir die hele Namibië en Suidelike Afrika!

Ek is egter positief oor die Bonsmara en nog meer so wanneer toestande moeilik raak.

Die Bonsmara is spesifiek en wetenskaplik ontwikkel vir die moeilike, warm en droë ekstensiewe omgewings soos

Namibië. Dit word bemark as diè ras om mee te boer onder die droër toestande wat tans heers in die westelike dele van

Suid-Afrika en Namibië. Deur dekades heen selekteer Bonsmara telers alreeds vir lae insetkoste diere wat onder hierdie

toestande goed doen. Hierdie eienskappe is in die Bonsmara vasgeteel. Op Hartebeestloop het ons dit nog ‘n paar stappe

verder geneem. Ons selekteer streng vir lae insetkoste diere wat goed presteer in die eienskappe wat van ekonomiese

waarde is. Die ideaal is om min in te sit en optimum uit jou Bonsmaras te haal. Nou is die tyd om die Hartebeestloop

Bonsmaras ‘n kans te gee! Ons toestande is sekerlik moeiliker of net so moeilik soos waar julle boer.

Nou in die droër tyd moet Bonsmaras hulle self bewys en presteer - die koeie moet herbeset raak en ten minste ‘n

kalf kan grootmaak. Goeie raad is: speen vroeër; soos die ouer boere wat alreeds deur droogtes is, uitwys. Dit is geen

teleurstelling om “katkoppe” van 160 kg en selfs ligter, vroeg te speen nie - dit is slim boer! Moenie onoordeelkundig

lek gee nie. Kry kundige advies en stel lek strategies beskikbaar vir die produserende diere. Ons het herhaaldelik in

die verlede gesien dat die boere wat die droër tydperke deurgesien het, rekordpryse behaal het vir diere tydens die

daaropvolgende natter jare. Beplan so dat jy een van daardie boere is.

Hierdie mag heel waarskynlik die jaar van die Bonsmara wees! Die afgelope 8 jaar van bogemiddelde reën het

toegelaat dat diere van mindere genetiese potensiaal ook goed presteer. Selfs diere met minder goeie aanpasbaarheid

1

het aanvaarbaar gedoen. Weiding was mos volop! Julle sal nou oplet dat diere met hoogspresterende genetiese potensiaal

beter presteer as die toestande moeiliker raak. Dis ook makliker om sulke diere nou uit te ken. Gebruik dus 2013 om

kwaliteit diere aan te skaf wat onder moeiliker toestande optimaal presteer. Genetiese potensiaal is permanent terwyl

droogtes periodiek is! Wees ook gerus - daar is geen reserwe pryse op die Hartebeestloop veiling nie.

Julle sal ‘n paar nuwe terme opmerk in die katalogus. “All Rounder All Purpose” beteken dat die bul op verse en koeie

gebruik kan word en ook vir alle produksiestelsels geskik is. Daar is spesialisbulle ook beskikbaar maar die klem is om

bulle te teel wat goeie bemarkbare diere teel ongeag die produksiestelsels wat julle gebruik.

Daar word gereeld verwys na vroeë vetneerlegging. Dit is belangrik om diere te teel wat vroeg geslagsryp is en vroeg

puberteit bereik. Net so is dit belangrik om diere te teel wat vroeg vet aansit en gou die regte kondisie bereik vir bemarking.

Dit is vroeg slagryp diere. Vroulike diere wat nie in kondisie kom nie, sal nie herbeset raak nie. Die 2 terme is in ‘n mate

eweredig aan mekaar.

Ek sluit af op nog ‘n positiewe noot – ons almal behoort erkenning te gee aan die Regering, die Namibiese Landbou

Unie en die LPO vir hulle vinnige optrede om bemarkingskanale oop te maak met die huidige droër toestande wat heers.

Die manier waarop krisisse in die landbou bestuur word, maak my elke keer meer dankbaar vir die mense aan die stuur

van sake. Weet julle dalk van enige ander lande in die Suider-Afrika konteks waar aksies so vinnig en doeltreffend gedoen

word?

Ons het in samewerking met Standard Bank ’n finansieringskema saamgestel wat enige boer in staat stel om bulle en

vroulike diere by Hartebeestloop veiling te bekom.

Meer daaroor op ons webwerf, www.bonsmara.com.na (veiling 2013/algemeen).

Onthou, ons wyk nie af van ons belofte van “Algehele Tevredenheid met jou Bul” nie. Goeie genetika weet nie dit is

droog nie!

Hoop om jou te sien en te verwelkom op ons Veiling (31 Mei) en Boeredag (30 Mei) op Hartebeestloop.

Vriendelike groete

Joggie Briedenhann en Nico Visser

VERDUIDELIKING VAN DIE KENTEKENS WAT ONS GEBRUIK DEURGAANS:

Die KLIP en SAND/GRAS teken toon aan in watter tipe wêreld die bulle groot geword het. KLIP SAND & GRAS

HARTEBEESTLOOP / AGRA BOEREDAG 30 MEI

HARTEBEESTLOOP / AGRA FARMERS DAY 30 MAY

TYD / TIME ONDERWERP / TOPIC SPREKER / LECTURER

08:30 - 09:00 Registrasie / Registration

09:00 - 09:10 Opening Ds Gerhard Liebenberg

09:10 - 10:00 Dit het alles te doen met 21 dae!

It all boils down to 21 days!

Barry Symons

10:00 - 11:00 Ons roer en boer in Afrika - man, en is dit lekker!

We charm and farm in Africa - and boy,

are we loving it!

Prof Willie Esterhuyse

11:00 - 11:30 Tee, Koffie / Tea, Coffee

11:30 - 12:30 Alles en nog meer oor Veldbulle - die geheim is nou

uit oor hoekom Veldbulle werk!

All and more about Veld Bulls - we are letting

you in on the secret of this success story!

Dr Hannes Dreyer

12:30 - 14:00 Middagete / Lunch

14:00 - 15:00 Dit is belangrik om te weet wat aangaan in die

rumen van lae insetkoste diere op natuurlike

weiding - kom leer saam.

Dr Kenneth Botha

It is important to know what is happening in the

rumen of low input cost cattle on natural grazing

- come and join the “school”.

15:00 tot laat Bulle deur die ring, bespreking en saam kuier! Japie Bestebreurtjie

15:00 to late Bulls through the ring, discussion and Kiep Lepen

socializing! Joggie Briedenhann

2

LOT 1 : HART 09 - 249

Hy is geteel uit AG 05-415 wat aan Andries Kruger van Kameeldoring Bonsmaras behoort.

Die moer is HART 07-137 met OEK 25 mnde, speenindeks van 108 en Reproduksie

Indeks van 122. Sy is as dragtige koei verkoop aan Ronnie Coleman van

Nabibis Bonsmaras in 2010. AG 05-415 is goeie onverwante genetika in Namibië - selfs

nou meer so as tevore aangesien die grens vir invoer vanuit die RSA na Namibië vir

ten minste nog een jaar gesluit gaan wees. Namibiërs moet selfvoorsienend raak met

eie genetika vir so lank as moontlik. Dit dra ook ‘n baie positiewe beeld uit van die Bonsmara na die kommersiële boer.

HART 09-249 is ‘n mediumraam bul wat net op koeie gebruik kan word. Hy wys baie goeie aanpasbaarheidseienskappe

met uitstekende vel en haar, los en beweeglike vel met genoeg keelvel, baie sterk skofontwikkeling met sterk bene en

goeie kloue. Dit is ‘n klipharde bul wat sekerlik in enige area sal aanpas en presteer. Dit wys ook in sy Veldbul indeks van

106 - hy presteer op die veld.

Hy is ‘n goeie toonbeeld van robuustheid en manlikheid. Die kop is op, sterk met goeie oogbanke, goeie breedte tussen

die oë, mooi verdonkering in die dik bulnekarea en baie goeie skrotum. Dit hang simmetries en meet 36,7 cm aan end van

groeitoets en nou voor-veiling 41 cm. Daar is ook ‘n skoon onderlyn met goeie skede/naelvel kombinasie.

HART 09-249 is goed bespierd met sterk toplyn, goed ontwikkelde agterkwart wat vol vleis is, met goeie diepte en

aanvaarbare kapasiteit. Hy is breed oor die rug en hy vat die breedte reg deur van agter na voor. Sy buite en binne dye is

vol vleis en die spieraanhegting strek laag af na onder. Hier is geen morsvleis aan die bul nie - slegs goeie rumenkapasiteit

en bespiering. Die enigste wat ek kan uitlig is dat die stertaanhegting beter kon wees.

Sy teelwaardes is reg deur baie goed. Kyk gerus na sy indekse oor hoe hy presteer het - speen (108), GDT (113) en

Kleiber (106). Jy kan mos nie vir beter vra nie. Hier is klomp groei in die bul met goeie voerdoeltreffendheid en baie goeie

reproduksievermoë.

HART 09-249 is ‘n baie sterk bul en behoort die oog van baie stoettelers en ernstige kommersiële telers te vang. As jy as

stoetteler die stertaanhegting kan huisves in jou kudde, kyk weer baie mooi na die bul. Hierdie is onverwante genetika wat

kan help met die grense wat toe is.

LOT 2 : AEJ 05 - 112

Dit is tradisie op Hartebeestloop om elke jaar ten minste 2 beproefde stoetvaars in die

mark te sit. Ons het ook ‘n geskiedenis van goeie teelmateriaal wat aangekoop is by Jan

Pienaar van NOSA Bonsmaras. AEJ 03-199 wat tans by Tollie van Tonder (Komaweer

Bonsmaras) is en AEJ 05-112 is deel van ons bulaankope by Jan. AEJ 05-112 is ‘n deel

bul wat ons saam met Badeveen Bonsmaras (Dok en Dirk Badenhorst) besit. Vir die

eerste tydperk het ons net semen gebruik terwyl hy fisies by Badeveen was. Ons het

hom primêr gebruik om verse oop te maak. Hy kom uit ‘n uitstekende moeder, AEJ 00-148 wat nog steeds aktief in die

NOSA kudde is. Haar OEK is 30 mnde, TKP is 382 dae oor 9 kalwers, speenindeks van 102, RI van 111 en 100%

stoetgoedkeu-ring van al haar kalwers aangebied.

Hierdie bul het goed gedoen by Badeveen Bonsmaras asook op Hartebeestloop. Hy teel mooi donker kalwers met

pragtige pigment. Opvallend van sy kalwers is die baie goeie lengte wat hy konstant teel. Hy teel besondere goeie diepte,

genoeg bespiering, goeie skrotums en sterk toplyne. As ek moet kritiseer, sou ek graag beter agterkwarte wou sien by sy

nageslag. Hy self raak ook bietjie weg op die agterkwart veral as mens kyk na sy uitsonderlike voorkwart en goeie

middelstuk. Daar is heelwat kalwers van hom wat in die ry staan en die beplanning is ook om een spesifieke seun van hom

te gebruik wat nou baie goed doen tydens die somer FASE D groeitoets.

AEJ 05-112 is weereens ‘n bul wat onverwant is aan die meeste NOSA-genetika wat in Namibië is. Dit is geskiedenis dat

Namibiërs gereeld by NOSA Bonsmaras koop en dat hulle beeste baie goed aanpas en hoog geskat word. AEJ 05-112 se

aanbieding skep ‘n goeie geleentheid vir diegene wat weens die toe grens NOSA genetika wil besit.

Kyk gerus na hom – hy sal sy merk maak in menige kudde.

3

LOT 3 : AG 04 - 427

Dit is al tradisie dat ons jaarliks 2 beproefde stoetvaars aanbied. Gewoonlik is dit bulle

waarvan daar genoeg nageslag is in die kudde - die bloedlyn is dus goed gevestig

en ons ook alreeds van AG 04-427 se seuns gebruik het of nog steeds gebruik. Ons

gebruik tans self ‘n seun van hom en een van die beste bulle op die veiling HART

09-296 (Lot 12) is ook ‘n seun van hom. Daar is uitstekende seuns van hom regoor

Namibië - EMOK, Hochfeldstreek, Nabibis, Swartrant, Guperas en Haikali Bonsmaras

is van die stoete wat bul nageslag van hom gebruik. Daar is ‘n groot klomp sterk kommersiële boere wat ook seuns van

hom gebruik.

Hierdie bul se geboortemassa oor alle kalwers is 35 kg gemiddeld. Hy teel konstant “All Rounder All Purpose” bulle wat

op koeie en verse gebruik kan word. AG 04-427 kom uit ‘n beproefde lyn van versbulle vanaf Arcadia Bonsmaras. Sy vaar

AG 99-104 was ‘n beproefde versbul. Sy halfbroer AG 04-175 is in 2012 aan Hendrik de Klerk van Gocharus Bonsmaras

verkoop en was ook omtrent uitsluitlik gebruik in die Hartebeestloop kudde om verse oop te maak.

AG 04-427 teel uitstekende aanpasbaarheid, kloue, manlikheid en baie goeie bespiering. Sy kalwers vertoon veral

goeie skofontwikkeling en uitstekende lengte. Hy is ‘n 10 uit 10 bul vir kalwingsgemak en ons het nooit enige kalfprobleme

met hom gehad nie - selfs op jong verse wat op 24 maande gekalf het. Hy is tussen die klip plaas en Hartebeestloop

geskuif en daar was nooit enige probleme met sy kloue nie - dit sê baie vir goeie kloue! Op Hartebeestloop is hy waar

moontlik gepaar met verse en koeie wat goeie kapasiteit en diepte geteel het. Sy teelballe skep effens na vore. Alhoewel

dit nie wenslik is nie, het ons minimale nageslag van hom gekry met teelbalafwykings. Stoettelers moet dit in ag neem en

‘n waardebepaling doen.

AG 04-427 is aangekoop by Arcadia Bonsmaras vir N$ 325 000.00 en praat vir homself.

Hy kan nog baie goed gaan doen vir 2- 3 jaar ten minste - waar ook al hy gaan. Hy is beproef en het sy aankoop prys

oor en oor teruggebring vir Hartebeestloop - beide in nageslag wat behou is en nageslag wat verkoop is. Stoettelers moet

baie goed na hom kyk- daar is uitstaande kenmerke en eienskappe wat jy dalk in jou kudde benodig.

LOT 4 : HART 10 - 116

Hy is geteel uit AG 03-29 en GBS 06-049. Sy is aangekoop op die Hakplaas Bonsmara

uitverkoping en het met groot sukses die Kalahari aanpasbaarheidtoets ge-slaag op

Hartebeestloop. Haar OEK is 36 mnde, TKP van 371 dae oor 4 kalwers met

Reproduksie Indeks van 104. Haar gemiddelde speenindeks is 103 oor 4 en haar

speengewig verhouding is 49,8%. Ons navorsing het herhaalde kere bewys dat dit nie

maklik is vir vreemde diere om so goed te presteer in die Kalahari duinewêreld nie. Sy

is die uitsonderingsgenetika wat oom Danie Bosman altyd na verwys.

Net ‘n paar woorde oor AG 03-29: sy kalwers kom hou vir hou deur as van die bestes op Hartebeestloop. Sy erfdwang

is uitstekend.

Elke veiling het sy paar bulle wat hulle hande op steek. Hier is so ‘n bul! HART 10-116 het my so beïndruk as jong bul

dat ek hom in die stoet gebruik het - inteendeel ek het hom baie goeie koeie gegee en kan nie wag vir die kalwers om aan

te kom nie! Hy is ‘n mediumraam bul met baie goeie bouvorm en uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. HART 10-116

is glad van vel en haar, vertoon van die beste skofontwikkeling en het baie goeie bene en kloue. Hy is pure bul en propvol

manlikheid - sterk kop en oogbanke, mooi verdonkering, tipiese bul nek/kop aansluiting en ‘n uitstekende skrotum - vorm

en posisie is perfek. Sy voor-veiling skrotumomtrek is 40 cm.

HART 10-116 vertoon uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:25. Nieteenstaande die lengte, is die toplyn baie

goed agv ‘n sterk oogspier wat se oppervlakte meer as rasgemiddeld meet. Lang bulle benodig goeie oogspieroppervlaktes

om toplyne sterk te hou. Die bul wys kapasiteit, breedte, goeie bespiering, mooi diepte deur die voorlyf, lang kruis met

perfekte helling en baie goeie agterkwart. Hy presteer uitstekend tydens prestasietoetsing - speeindeks van 118 (hy speen

285 kg), GDT indeks 104, Kleiberindeks 100, pelvisindeks 101 en Veldbul indeks 105. Jy kan mos nie vir beter vra nie.

Sy teelwaardes is baie goed - geboortedirek is laag (sy geboortegewig is 34 kg) en beide die groeivermoë en

voerdoeltreffendheid teelwaardes is baie goed.

4

Vir my is daar sekere bulle met stoetpotensiaal en ander is klaar stoetbulle. HART 10-116 is ‘n stoetbul en behoort na

‘n stoetteler te gaan. Hy is ‘n indrukwekkende bul en is een van die Hartebeestloop personeel se gunsteling bulle van die

veiling. Ons is selde verkeerd wanneer dit gaan oor die bul besigheid!

LOT 5 : HART 09 - 234

Hierdie bul is geteel uit AG 98-338 en GJN 06-006 van Gert en Gerhard Nel (Germar

Bonsmaras). Sy het soos meeste ander RSA diere aanvanklik gesukkel met

aanpassing in die Kalahari en haar TKP tussen 1ste en 2de kalf was 439 dae. Daarna

skop haar genetika en kwaliteite “big-time” in en sy kalf met TKP’s van 391, 327 en 368

dae onderskeidelik. Die wagwoord met ingekoopte diere is “Geduld”. Haar OEK is 27

mnde, TKP 381 dae oor 5 en ‘n Reproduksie Indeks van 114. Sy speen teen 46,4% van

haar liggaamsgewig en het 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers aangebied. ‘n Baie sterk bulkalf van haar is

aan Rodger Coomber verkoop.

HART 09-234 is een van die bulle wat speel in ‘n ander liga! Hy is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op

koeie en goed uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy is goed aangepas met van die beste aanpasbaarheidseienskappe

wat jy kan kry. Regdeur - van vel en haar tot sterk kloue is hy uitstekend aangepas om orals te gaan werk en presteer. Let

veral op na die goeie skofontwikkeling.

Hy is robuust, gespierd en pure bul! Sy kop is sterk met goeie oogbanke, baie mooi verdonkering en goeie skrotum wat

36,9 cm meet aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 38 cm. Die skrotum is ook goed gevorm en hang mooi. Hy

is gedurig besig om ons toe te gooi met die rooi Kalahari sand soos hy skrop en blaas.

HART 09-234 is presies wat ons wil teel vir die vleisbeesindustrie. Daar is genoeg bespiering - sy oopspieroppervlakte

meet ver bo die rasgemiddelde waarde. Jy kan die bespiering duidelik sien met die goed ontwikkelde skilpadspier en sterk

voorarms. Goeie bespiering beteken goeie rooivleisopbrengs. Sy teelwaarde vir vroeë vetneerlegging is ook baie goed

en alhoewel hy goed bespierd is, is sy kondisie altyd baie goed op die veld. Baie keer werk goeie bespiering en goeie

kondisie op die veld, teen mekaar. Hy vertoon goeie hoogte/lengte verhouding van 1:20, sterk toplyn, goeie diepte deur

voorlyf en goeie kapasiteit. Agterkwart is goed met mooi dye, kruis se helling en lengte is goed maar sy stertaanhegting

kon beter wees.

Hy speen op 270 kg, sy GDT indeks is 115, Kleiber indeks is 110, Veldbul indeks is 119 en Pelvisindeks is 104 - beter

as dit is moeilik om te kry! Hy presteer orals waar en waarvoor hy getoets word.

Die bul se teelwaardes is baie goed - hy kom uit ‘n uitstekende moeder, presteer uitstaande met prestasietoetsing en

het van die beste aanpasbaarheideienskappe, is robuust en baie manlik - is ‘n stoetbul!

Stoettelers moet baie goed na hom kyk en sy stertaanhegting in ag neem. Hy is een van die beste bulle op die veiling!

LOT 6 : HART 09 - 92

Hy is geteel uit AG 98-338 en NGO 99-104 (Woestyn Bonsmaras). Deur die jare het ons

baie sukses behaal deur sekere Suid-Afrikaanse bulle met die meer respiratoriese Namibiese

Bonsmara koeie te paar. Die effek was amper soortgelyk aan die “hybrid vigor”

wat ons sien met kruisteling. Die lyne waaruit die diere opgeteel was, het baie verskil.

Die kalwers was uitsonderlik en ons het daardie effek weer teruggeteel in die kudde.

NGO 99-104 se OEK is 30 mnde, TKP is 410 dae oor 7 kalwers, Reproduksie Indeks van

106, gemiddelde speenindeks van 102 en 100% stoetgoedkeuring van die kalwers aangebied.

HART 09-92 is ‘n uitsonderlike bul wat ons self in die stoet sterk gebruik het. Dit was sy haarkleed, kondisie, lengte en

balans wat my eerste opgeval het as jong bul. Alhoewel sy geboortegewig van 36 kg nie te swaar is nie, het ek hom nooit

op verse gebruik nie. Sy groeivermoë, bespiering en breedte is te sterk vir gebruik op verse. Hy is ‘n toonbeeld van aanpasbaarheid

met sy uitstekende vel en haar, lang stert, goeie skof en sterk bene en goeie kloue. Ons het hom tussen die duine

plaas en klip plaas geskuif en sy kloue het uitstekend gehou.

Hy is ‘n robuuste en manlike bul met ‘n kop op en wakker houding. Oogbanke is sterk, verdonkering is aanwesig en skrotum

is baie goed gevorm. Dit meet 36,4 cm met groeitoets afsluiting en nou 40 cm voor-veiling. Skrotum hang perfek. Hy

het hard gewerk op Hartebeestloop en sy besettingsyfers was uitstekend op die koeie. Libido het hy oorgenoeg.

HART 09-92 is ‘n mediumraam bul met baie goeie bouvorm en vleis eienskappe. Nieteenstaande sy lengte is die toplyn

sterk met gemete oogspieroppervlakte wat beter as rasgemiddeld is. Sy algehele bespiering, kapasiteit, diepte deur die

5

voorlyf en breedte is baie opvallend. Moenie dat die lengte van die bul jou flous en jy sy middelstuk onderskat nie. Hier moet

jy dimensies evalueer. Ons vertrou sy nageslag sal ook die perfekte kruishelling en lengte hê met die vol vleis agterkwarte.

Lang bulle is geneig om kaal te vertoon oor die lende areas - let op na HART 09-92 se lendes wat vol vleis is.

Sy teelwaardes is so goed soos jy kan kry. Sy prestasietoets data is baie goed met ‘n speenindeks van 103, GDT indeks

van 116, Kleiber indeks van 109 en Veldbul indeks van 113. Goeie bulle presteer oor die hele spektrum van toetsing!

HART 09-92 is ‘n stoetbul en klaar. Ernstige stoettelers moet baie mooi na hom kyk. Hy is een van my keuses vir die veiling!

LOT 7 : HART 09 - 235

Hy is geteel uit AG 98-338 en HART 06-0087. Sy is ‘n BHE 02-74 dogter met OEK 23

mnde, TKP van 392 dae oor 2 en Reproduksie Indeks van 122. BHE 02-74 is die bul

met die hoogste versretensie in die Hartebeestloop kudde.

HART 09-235 het my beïndruk as jong kalf en doen nog steeds so! Hy was tydens

elke evalueringsproses onder die top bulle - vanaf speen, pre-Fase D keuring, FASE D

afsluiting, stoetkeuring en evaluering van moontlike veilingsbulle. Ons almal weet mos

bulle verander soos hulle ontwikkel - HART 09-235 het konstant goed gebly!

Hy is ‘n toonbeeld van aanpasbaarheid vir moeilike, ekstensiewe toestande. Seepglad van vel, blink haar, dik,los en beweeglike

vel, goeie skofontwikkeling, opvallende sterk bene met baie goeie kloue. Sy sekondêre manlikheidseienskappe

is uitstekend. Hy is ‘n robuuste bul met mooi verdonkering, sterk kop met dik oogbanke en uitstekende skrotum in grootte,

vorm en posisie. Sy voor-veiling skrotumomtrek is 48 cm. Hy is ‘n wakker man wat gou-gou sy merk by die koeie maak.

HART 09-235 is baie goed bespierd, sterk toplyn, mooi diepte deur die voorlyf en baie goeie kapasiteit. Hy is breed reg

deur met baie goeie vleiseienskappe - sy dye heg laag af op die hakke, dye is vol en die agterkwart vertoon uitstekend.

Kyk gerus ook na die lang kruishelling.

Sy teelwaardes is goed gebalanseerd. Hy is laag op geboortedirek (geboortegewig is slegs 32 kg), vertoon genoegsame

groei met goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename, uitstekende voerdoeltreffendheid en uitstaande reproduksie

teelwaardes met skrotum teelwaarde op 31.3.

HART 09-235 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en goed uitgegroeide verse gebruik kan

word. Hy is ‘n stoetpotensiaal bul in alle opsigte. Stoettelers moet met ‘n vergrootglas na hom kyk - selfs in die 338 seun

geledere staan hy uit! Dit is hierdie tipe diere wat in aanvraag is en verkoop op die veilings!

LOT 8 : HART 09 - 332

Hy is geteel uit HJS 03-16 en VZF 04-037. Sy is op die Nasionale Veiling aangekoop en dit wys

die voordeel van onverwante genetika wat gereeld ingebring behoort te word. Sy is ‘n 2013

Stamboek Elite Silwer koei met OEK 33 mnde, TKP van 371 dae oor 7 kalwers, Reproduksie

Indeks van 110 en gemiddelde speenindeks van 109 oor 6 kalwers. Jy koop of teel hulle nie

sommer beter nie.

HART 09-332 het stoetpotensiaal van jongs af gewys. Hy is dan ook met groot sukses

in die kudde gebruik as jong bul. Hy is uitstekend aangepas vir die ekstensiewe toestande met goeie vel en haar, dik (15 mm) en

beweeglike vel, pragtige pigment, goeie skof en sterk bene en kloue. Kyk gerus by die veiling hoe gemaklik die bul beweeg. Hy is ‘n

robuuste en manlike bul met sterk oogbanke en ‘n uitstekende skrotum. Dit hang perfek, is simmetries en meet voor-veiling 41 cm.

Ons het hom top gepunt op vleiseienskappe. Hy is lank (hoogte/lengte van 1:23), wys baie goeie diepte deur die voorlyf,

uitstekende kapasiteit met goeie breedte reg deur. Sy sterk toplyn word onderskryf deur ‘n oogspieroppervlakte wat baie beter as

die rasgemiddeld is. Hy wys ook goeie teelwaarde vir vroeë vetneerlegging en die beeswagters wys altyd uit dat sy kondisie van

die beste is. Om gou kondisie aan te sit en dit te behou, is van die belangrikste teeldoelwitte op Hartebeestloop. Die agterkwart is

uitstekend, so ook die binne en buite dye asook die “vol-vleis” kruishelling.

HART 09-332 wys van die beste teelwaardes wat jy kan hoop voor. Laag op geboortedirek (sy geboortegewig is 30 kg), sy

groeivermoë, voerdoeltreffendheid, ligaamsmates en reproduksie teelwaardes is van die beste. Kyk na sy indekse - speen (108),

GDT (115), Kleiber (104), pelvis (112) en Veldbul (108)! Volwaardige stoetbulle presteer op alle vlakke - bouvorm, direkte

prestasietoets metings, teelwaardes, ekonomiese belangrike indikators soos pelvismeting, veldbul toets prestasies en die prestasies

van die moeder. Toets gerus HART 09-332 aan bogenoemde.

HART 09-332 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is ‘n stoetbul van

formaat en stoettelers moet goed na die bul kyk. Ek beveel hom sterk aan vir die ernstige stoetteler.

6

LOT 9 : HART 09 - 245

Hierdie teling kombineer AG 98-338 met ‘n HART koei. HART 06-084 se OEK is 24

mnde, TKP is 355 dae oor 5 kalwers, Reproduksie Indeks van 121 en sy speen 4

kalwers teen 46,3% van haar liggaamsmassa. HART 06-084 is geteel uit Hakplaas

Bonsmaras van Frankfort. Dit is so dat die nageslag van ingevoerde koeie na Namibië

nie dieselfde intensiteit van aanpassings-probleme ondervind as die ouers nie. Dit vat

egter tyd tot om al die aanpassingsprobleme uit te teel en dit is goed om te sien dat

HART dogters se nageslag sterk na vore begin tree.

HART 09-245 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy wys uitstekende

bouvorm gekombineerd met baie goeie aanpasbaarheidseienskappe. Ons het soveel keer al ondervind dat as

die bulle goed presteer tydens die ekstensiewe groeitoets op die veld oor 270 dae asook goeie prestasie toon tydens die

Hartebeestloop veldbultoets, dan is die aanpasbaarheideienskappe baie goed. HART 09-245 se prestasies is as volg -

speenindeks van 95, GDT indeks 108, Kleiber indeks 107 en Veldbul indeks 113. Diere wat nie aangepas is nie, behaal

nie hierdie tipe prestasies nie. Baie prestasie toetsing data kan gebruik word om te kruisverwys na aanpasbaarheid of van

die ander eienskappe.

HART 09-245 is ‘n robuuste en manlike bul met sterk kop, goeie breedte tussen die oogbanke, dik nek met goeie

verdonkering en goedgevormde skrotum. Die skrotum meet 35,1 cm by groeitoets afsluiting en 40 cm voor-veiling. Die

skrotum hang mooi en wys duidelik die epididimusse.

Ons soek vleisbulle en selekteer streng vir goeie vleiseienskappe. Ons kliënte kan die “fancy points” op bulle waardeer

maar het vleis nodig vir ekonomiese vooruitgang. HART 09-245 het goeie kapasiteit en diepte, sterk toplyn met groot

gemete oogspieroppervlakte en ‘n hoë teelwaarde vir vroeë vetneerlegging. Hierdie tipe diere wat goeie bespiering het,

bogemiddeld groei en nog gou vet neerlê om in kondisie te kom, is hoog in aanvraag. Alles waarna verwys word, is in die

bul.

Sy teelwaardes is baie goed en bevestig die eienskappe wat bo genoem is. Sy hoogte/lengte verhouding van 1: 19 is

ook beter as rasgemiddeld en ekstra lengte is ekstra gewig. Goeie lengte is ‘n belangrike teeldoelwit op Hartebeestloop.

Stoettelers en kommersiële telers kan met groot gerustheid na die bul kyk. Hy bring ‘n magdom van goeie eienskappe

na die veiling. Die stertaanhegting kon beter gewees het - maar as jy dit kan akkommodeer in jou kudde, moet jy hom

sterk oorweeg.

LOT 10 : HART 09 - 73

Hy is geteel uit AG 01-152 en HART 05-027. Haar OEK is 20 mnde, TKP van 414 dae oor 6

kalwers, Reproduksie Indeks van 115, speenindeks van 100 oor 4. Sy kalf baie vroeg op 20

maande weens ‘n bul wat draad kruip. Daarna vat sy 643 dae om te kalf - dit is vrek moeilik

vir so ‘n jong vers om weer te vat onder ons moeilike toestande. Sy herstel

heeltemal daarna en kalf as volg: 364,315,394 en 356 dae. Sy kom uit ‘n uitstekende

moederlyn in ons kudde, BHE 02-127 met TKP 378 oor 8 kalwers, gemiddelde speenindeks

van 105 oor 7 en Reproduksie Indeks van 108.

HART 09-73 is as jong bul in die stoet gebruik. Hy kom uit ‘n beproefde versbul lyn en is gebruik om 14 maande oue verse oop

te maak. Die gemiddelde gewig van sy kalwers is 32 kg. Hy is ‘n halfbroer van HART 08-62 wat aan EMOK Bonsmaras verkoop

is vir die hoogste prys in 2011. HART 09-73 staan in kamp langs die grootpad tussen Mariental en Maltahöhe - boere bel my

gereeld op die pad en vra die bul se nommer!

Hy is ‘n toonbeeld van aanpasbaarheid - beginnende met veldikte van 16 mm, los vel met blink haar, goeie skof, lang stert en

sterk bene met goeie kloue. Ons het hom gemaklik tussen die sand en klip geskuif sonder enige probleem.

Hy is ‘n baie goeie voorbeeld van manlikheid - hy is gedurig met sy kop hoog, wakker oë en ‘n tipiese bul houding. Kop is sterk

met goeie oogbanke, mooi verdonkering en baie goeie skrotum wat 36,1 cm meet aan die end van groeitoets. Skrotum is goed

gevorm, simmetries en hang mooi. Sy naelvel/skede kombinasie is ook uit die boeke.

Selfs as jong bul het HART 09-73 se bouvorm en vleiseienskappe ons beïndruk. Daar is baie kapasiteit sonder enige

morsvleis, goeie diepte deur die voorlyf, uitstekende bespiering en goeie breedte reg deur. Hy het ‘n sterk toplyn en sy

teelwaarde vir oogspieroppervlakte is ‘n paar maal groter as rasgemiddeld. Let gerus op na die breedte oor die toplyn. Hy het ‘n

baie goeie stertaanhegting, kruis lengte en helling wat goed opgevul is met vleis en ‘n baie sterk agterkwart. Hy is relatief breed

oor die hakke maar nie so dat daar kalfprobleme met aanwending op verse sal wees nie.

7

Sy teelwaardes is baie goed. Sy pelvisindeks van 121 is van die heel bestes op Hartebeestloop en so ook sy Veldbul indeks

van 111. Waar en hoe ons hom ook al getoets het, het hy uitstekend presteer. Volwaardige stoetbulle presteer op elke vlak van

prestasietoetsing!

HART 09-73 is ‘n stoetbul en ernstige telers moet goed na hom kyk. Hy behoort ‘n baie groot aanwins te wees ongeag

waarheen hy gaan. Staan sterk op die bul, jy sal nie spyt wees nie!

LOT 11 : HART 10 - 45

Hy is geteel uit AG 04-427 en HMB 06-041. Sy is aangekoop by Hochfeldstreek Bonsmaras

en het baie goed aangepas op Hartebeestloop. Haar OEK is 30 mnde, TKP van

339 dae oor 5 kalwers en Reproduksie Indeks van 116. AG 04-427 word op die veiling

aangebied as beproefde stoetvaar. Ons gebruik seuns van hom in die kudde en hy het

baie goed gedoen vir ons. Sy bulkalwers en verse is orals oor Namibië.

HART 10-45 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op verse en koeie

gebruik kan word. Hy het uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met baie goeie vel en haar, mooi skof, lang stert en sterk

bene en kloue. Hy is goed gebalanseerd met gemaklike loopvermoë.

Daar is goeie manlikheid in die bul - mooi verdonkering en baie goeie skrotum. Skrotumomtrek was 38,7 cm aan end van

groeitoets en meet nou voor-veiling 40,5 cm. Dit hang simmetries en het goeie vorm.

HART 10-45 is ‘n goeie bul vir speenkalf en osproduksie stelsels. Die raamwerk is groot genoeg vir die pak van klomp

vleis. Daar is goeie lengte, genoeg kapasiteit, mooi diepte in die voorlyf en sterk toplyn. Bespiering is goed en die oogspieroppervlakte

is groter as die rasgemiddelde waarde. Voorarm bespiering en skilpadspier is goed ontwikkel. Die kruishelling,

lengte van kruis en vleis in die kruisarea is baie goed. Die agterkwart is goed ontwikkel en die binne en buite dye is goed

uitgevul met vleis. Hy is konstant een van die swaarste bulle in die groep weens die baie goeie vleisaanpakking.

Sy teelwaardes is goed gebalanseerd en hy is veral sterk op melkeienskappe. Sy verse behoort baie goeie melk te hê

en sal swaar kalwers speen.

Kommersiële boere wat osse en speenkalwers bemark moet hierdie bul oorweeg. Hy behoort goeie gewig by die speenkalwers

en veral die osse te sit. HART 10-45 sal ook baie goed doen in ‘n goed beplande kruisteelprogram.

LOT 12 : HART 09 - 296

Hy is geteel uit AG 04-427 wat ook op die veiling as beproefde bul aangebied word. Die

moeder is HART 07-134 met OEK 26 mnde, TKP 406 dae oor 3 kalwers en Reproduksie

Indeks van 114. Ons het baie goed gedoen met AG 04-427 en gebruik alreeds ‘n seun

in die kudde. Sy halfbroer AG 04-175 is in 2012 aan Hendrik de Klerk van Gocharus

Bonsmaras verkoop. Beide is uit die AG 99-104 bloedlyn van beproefde versbulle wat

baie goed op Hartebeestloop gedoen het.

HART 09-296 is sekerlik die mees uitstaande versbul wat in ‘n lang tyd op Hartebeestloop geteel is. Hy is ‘n donker rooi

bul met glansende vel en haar, uitstekende skofontwikkeling, baie sterk bene wat van die hakke ondertoe effe fyner word en

baie goeie kloue. Sy vel is dik (15 mm), los en baie beweeglik - hierdie is baie belangrike eienskappe in die Kalahari met sy

versengende hitte, tampans en steekvlieë. HART 09-296 se manlikheid is opvallend - kyk na die sterk kop, dik oogbanke,

verdonkering en kop/nek aansluiting asook goeie skrotumomtrek wat voor-veiling 40.5 cm meet.

HART 09-296 is funksioneel en struktureel baie korrek - vanaf die sterk toplyn, na die kruishelling en stertaanhegting tot

by die skoon onderlyn. Sy vleiseienskappe is baie goed met goeie agterkwart, baie mooi ontwikkelde dye, genoeg kapasiteit

en genoeg diepte deur die voorlyf - dit alles vir ‘n versbul. Hy het oorgenoeg bespiering met gemete oogspieroppervlakte

baie beter as rasgemiddeld.

Sy teelwaardes is goed gebalanseerd vir ‘n versbul met beide die groei en hoogte teelwaardes aan die laer kant. Hy is ‘n

vers se eerste kalf en alhoewel lig gespeen, het hy daarna baie goed gegroei en ook uitstekend gevaar tydens die Hartebeestloop

Veldbul toets.

HART 09-296 het stoetpotensiaal regoor hom geskryf! As jy iets spesiaals uit jou verse wil teel, gee hom ‘n kans!

Ek verwag baie van die bul en sal sy vordering en nageslag baie goed dophou. Stoettelers moet sy nommer neerskryf!

8

LOT 13 : HART 09 - 343

Hy is geteel uit MMJ 03-164 en DNT 03-093. Haar OEK is 39 mnde, TKP van 361 dae

oor 7 kalwers, Reproduksie Indeks van 107 en 100% stoet goedkeuring van 5 kalwers

aangebied sover. Sy het aangekom op Hartebeestloop vanaf die Danolt Bonsmara

stoet in Delmas en van die begin af goed gedoen. Party diere se aanpasbaarheidsvermoë

op ‘n nuwe plaas en omgewing is net baie goed en klaar.

Hy is ‘n effe groter raam bul wat verkieslik net op koeie gebruik moet word. Sy aanpasbaarheidseienskappe

is goed - pragtige vel en haar, los en dik vel - kyk na die velvoue in die nekarea, goeie skof,

lang stert en sterk bene met goeie kloue. Alhoewel die raamtipe groter is, is die bul baie goed in balans met uitstekende

loopvermoë. Kyk gerus op die veiling as hy beweeg. Hy is robuust, vertoon sterk kop, baie manlik, breë en dik oogbanke

en goeie verdonkering in die nekarea. Met daardie oogbanke vreet hy gemaklik onder die swarthaak bosse. Sy skrotum is

baie goed - hang simmetries met ‘n goeie omtrek van 36,6 cm aan die end van groeitoets. Nou voor-veiling meet dit 41 cm.

HART 09-343 se vleiseienskappe is baie goed en dit sal sy sterkpunt wees. Daar is goeie diepte deur die voorlyf, mooi

kapasiteit met baie goeie breedte reg deur. Hy vertoon goeie lengte, sterk toplyn, baie goeie kruis en agterkwart en vol

dye. Die bespiering is genoeg en hakke is net breed genoeg vir sy raamtipe. Hy is propvol vleis en as vleis jou besigheid

is - soos dit ons s’n is, kyk baie mooi na die bul. Hy sal uiters geskik wees vir speenkalf en osproduksie. Boere wat

goed bekend is met kruisteling sal dadelik sy voordele in ‘n kruisteel program sien.

Sy teelwaardes is ook goed met slegs die melksyfer wat ek graag beter sou wou sien. Daarvoor maak hy op met

relatiewe lae geboorte direk, uitstekende groeivermoë, baie goeie voerdoeltreffenheidsyfers en goeie reproduksievermoë.

Sy pelvisindeks is 103 en sy Veldbul indeks is 106. Nieteenstaande sy groter raam presteer hy bogemiddeld goed tydens

die Veldbul toets.

HART 09-343 sal in enige kommersiële kudde waar raamgrootte, groei en gewig belangrik is, uitstekend doen. Hy is

vol vleis en so sal sy kalwers ook wees.

LOT 14 : HART 10 - 136

Hy is geteel uit MMJ 03-164 en BHE 04-129. Sy is vanuit die Fortress kudde met OEK

31 mnde, TKP van 355 dae oor 6 kalwers, en Reproduksie Indeks van 115. Haar ma

BHE 00-0012 is nog steeds in die kudde met TKP van 363 dae oor 11 kalwers,

gemiddelde speenindeks van 102 oor 10 kalwers en is nou reeds weer dragtig

gesertifiseer. Dit is op hierdie vrugbare moederlyne wat die Bonsmara ras gebou is.

Hoe meer sulke moederlyne jy het, hoe meer suksesvol sal jou teling wees.

HART 10-136 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy

vertoon uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met pragtige vel en haar: dik (16 mm) en beweeglike vel (kyk die “oormaat”

vel by keelvel) vir goeie hitte regulering. Jy kan hom maar in die son oor die duine jaag - dit is nie asof hy uitasem en

doodmoeg by die kraal aan kom nie. Skofontwikkeling is goed, stert hang amper op die grond en bene is breed oor hakke,

sterk en daar is goeie kloue. Hy is ‘n tipiese robuuste en manlike Kalahari bul, met goeie oogbanke, breed tussen die oë,

goeie verdonkering in die nekarea en goeie skrotum. Dit meet 31,9 cm aan end van groeitoets en nou 43 cm voor-veiling.

HART 10-136 se vleiseienskappe is goed. Hy het ‘n stewige raamwerk met genoeg lengte (hoogte/lengte verhouding van

1:22) wat goed gepak is met vleis. Toplyn is sterk, kruishelling en lengte is goed en die stertaanhegting is mooi. Daar is ‘n

baie goeie agterkwart, vol dye, genoeg bespiering, goeie breedte met genoegsame diepte en kapasiteit. Daar is aanvaarbare

rumenkapasiteit sonder enige morsvleis op die onderlyn. Hy vertoon baie goeie balans en sy loopvermoë in die klip is

uitsonderlik. Hy is ‘n “klip bul” vanaf Dassiesfontein (klip plaas). Hy is ‘n harde bul wat orals sal aanpas en konstitusie behou.

Sy teelwaardes is goed. Hy is lig op geboorte (26 kg), sy groeivermoë, voerdoeltreffendheid, liggaammates en

reproduksievermoë teelwaardes is baie goed.

HART 10-136 sal sekerlik orals aan pas sonder enige probleme. Hy sal goed doen in ‘n speenkalf of osproduksie stelsel

waar groei en ‘n stewige raamwerk belangrik is om vleis aan te pak. As jy enigsins hierdie eienskappe kort in jou stoet, kan

jy hom gerus daarvoor oorweeg. Almal van ons het ook kleinerige koeie in die kudde wat laag is op teelwaardes - oorweeg

hom om hulle korrektief mee te paar.

9

LOT 15 : HART 10 - 133

Hy is geteel uit HART 06-58 en HART 07-88. Haar OEK is 24 mnde, TKP van 380

dae oor 2 kalwers, gemiddelde speenindeks van 109 en Reproduksie Indeks van 122.

HART 06-58 is nou by Charlottenberg Bonsmaras van Henning en Barbara du Toit. Hy

het uitstekend gedoen by ons en daar is ‘n seun wat ons gebruik in die kudde. Hy teel

konstant goed bevleesde diere met genoeg bespiering en wat kondisie op die veld

behou. Tipiese “nat” bulle waarna in boere terme verwys word - hulle slaan gou vet

neer en is reeds vroeg in die regte kondisie op die veld. HART 06-58 teel nageslag wat vroeg geslagsryp en vroeg slagryp

is. Dit is die presiese kombinasies wat ons wil teel op Hartebeestloop.

HART 10-133 is ‘n mediumraam bul wat vroeg geslagsryp en slagryp is. Hy is ‘n “All Rounder All Purpose” bul wat op

koeie en verse gebruik kan word. Daar is goeie aanpasbaarheid met uitstekende vel en haar: dik (16 mm) en los vel met

baie voue in die nekarea, goeie skofontwikkeling, lang stert en baie goeie bene en kloue. Sy loopvermoë in die klip is

uitstekend. Daar is baie manlikheid in die bul - sy kop is altyd op en sy oë is wakker. Sy skrotum hang baie goed, is simmetries

en glad. Skrotumomtrek was 32,7 cm aan end van groeitoets en nou voor-veiling is dit 40 cm.

Daar is klomp vleis aan die bul! Toplyn is sterk, wys baie goeie kruis (helling en lengte), breë hakke en vol binne en

buite dye. Daar is goeie bespiering, baie goeie kapasiteit, diepte en breedte en mooi lengte (hoogte/lengte verhouding is

1:22). Sy onderlyn is skoon met goeie naelvel en skede kombinasie. Hy is ‘n Top Presteerder met speenindeks (107), GDT

indeks (121), Kleiber indeks (137) en Veldbul indeks (111). Waar en hoe hy ook al gemeet is, het hy uitstekend gedoen.

Sy teelwaardes is goed gebalanseerd. Hy is een van die min bulle wat goeie groei kombineer met goeie bespiering (groot

oogspieroppervlakte) en bo-gemiddelde vetneerlegging. Dit is die ideale kombinasies vir ‘n uitstekende veld bees.

HART 10-133 is een van my gunstelinge vir die veiling. As teler weet ek hoe moeilik dit is om stambome, teelwaardes,

eie prestasies, vleiskwaliteite en ekonomiese belangrike eienskappe in harmonie te kry met bouvorm, aanpasbaarheid,

manlikheid, robuustheid en houding soos wat HART 10-133 vertoon. Jy kan nie verkeerd gaan met hom nie en sal reuse

treë vorentoe neem in stoetteling as hy die eienskappe oordra na sy nageslag. Kyk goed na HART 10-133!

LOT 16 : HART 09 - 209

Hy is geteel uit AG 03-29 en HART 05-008. Sy is geteel uit Jörg Sigwart (Okamaja

Bonsmaras) en Ponk O’Kennedy (Woestyn Bonsmaras) en beter kan jy moeilik kry.

Sy is identifiseer as Elite Brons koei vir 2013 met OEK 26 mnde, TKP 351 dae oor

6, Reproduksie Indeks van 120, speengewigverhouding van 51,4% oor 5 en 75%

stoetgoedkeuring persentasie. Haar speengemiddeld is 112 oor 5 kalwers - nie

sommer enige koei in die Hartebeestloop kudde nie. Sy het nog ‘n bul HART 10-109

ook op die veiling. As jy na haar data kyk, kan jy ‘n prentjie vorm van ‘n hoogs presterende, goed aangepaste koei

wat volhoubaar goed doen. Die Bonsmara ras het sy sukses te danke aan hierdie tipe koeie.

HART 09-209 is ‘n kyk-weer-en-weer bul. Dit is presies wat geteel moet word waar aanpasbaarheid belangrik is.

Sy vel (15 mm dik) en haar is so glad - hy blink eintlik. Hy het uitstekende skofontwikkeling, lang stert wat amper op

grond hang, sterk bene, breë en skoon hakke en goeie kloue. Hy het alles wat jy in ‘n bul soek - sterk kop, goeie

oogbanke, breë bek en goeie skrotum in vorm, posisie en grootte. Skrotumomtrek voor-veiling is 44,5 cm.

Daar is min bulle met die vleiseienskappe wat jy hier sien! Dit is soos die Namibiese Meatco manne hom

opgesom het.

HART 09-209 vertoon ‘n sterk toplyn met oogspieroppervlakte wat baie beter as rasgemiddeld is. Hy is breed regdeur,

met goeie diepte deur voorlyf, baie goeie kapasiteit sonder enige morsvleis, goeie agterkwart en vol vleis in die

lende en kruishelling.

Sy teelwaardes is uitstaande en hy vertoon ‘n baie goeie hoogte/lengte verhouding van 1:22. Sy pelvisindeks is

100 en Hartebeestloop Veldbul indeks is 104. Sy prestasietoets waardes is uit die boeke!

Hy is ‘n mediumraam bul wat ek net op koeie sal gebruik. Sy breedte en bespiering oor die skouerknoppe maak

my versigting om hom op verse te gebruik.

HART 09-209 is ‘n bul propvol stoetpotensiaal. As ons hulle so teel, sal die ander rasse maar noustrop trek! Hy behoort

sekerlik na ‘n ernstige stoetteler te gaan waar sy genetika deur die hele ras versprei word en almal daarby baat.

10

LOT 17 : HART 10 - 18

Hy is geteel uit KHB 04-168 van Kings Heath Bonsmaras en BHE 02-010. BHE 02-010 het

uitstekende reproduksiesyfers met OEK 31 mnde, TKP 384 dae oor 8 kalwers, Reproduksie

Indeks 110, speengewigverhouding van 47,2% en gemiddelde speenindeks van 102

oor 7 kalwers. Vir enige koei om hierdie reproduksie syfers in die Kalahari te behaal, is ‘n

merkwaardige prestasie. Sy is ook deel van die Hartebeestloop “Royal Family” van koeie.

HART 10-018 is ‘n uitstekende vroeg geslagsryp mediumraam bul met uitstekende

kwaliteite. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met baie goeie vel en haar, goeie skofontwikkeling, lang stert,

sterk bene en goeie kloue. Sy beenstruktuur is uitstekend vir gebruik op verse - genoeg breedte oor die hakke vir

voldoende spieraanhegting (vleis), bene is skoon en nie te fyn nie. Hy is manlik met sterk kop en goeie oogbanke, mooi

pigment, wakker oë, sterk nek met goeie verdonkering van die voorkwart en ‘n goeie skrotum. Die voor-veiling

skrotumomtrek is 40 cm.

Hierdie bul is funksioneel en struktureel baie korrek. Kyk die sterk toplyn, goeie kruishelling en skoon onderlyn. Sy

bespiering is goed met die oogspieroppervlakte ver bo rasgemiddeld. Hierdie bul vertoon die soepel bespiering wat ons

glo al hoe meer belangrik gaan raak in die Bonsmara ras. Nie net vir kalfgemak nie maar ook die tipe bul wat meer en meer

benodig gaan word om die bespiering in die koeie aan te spreek. Vir lank nou is klem gelê om goed bespierde Bonsmara

bulle te teel - en dit is reg so. Oorweging moet nou geskenk word aan die bespiering wat ook in die koeie aanwesig is.

HART 10-018 het baie goeie bouvorm met genoeg diepte, baie mooi kapasiteit, genoegsame breedte en aanvaarbare

lengte. Hy dra oorgenoeg vleis en vertoon lang boudspiere wat laag op die hak heg.

Hier is ‘n “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy het oorgenoeg groei om op koeie

gebruik te word - speenindeks 111, GDT indeks 101 en Kleiberindeks 102. Sy pelvisindeks is 109 en Hartebeestloop

veldbul indeks 106. Daar is geen van sy prestasietoets metings wat fouteer kan word nie.

HART 10-018 is ‘n bul met stoetpotensiaal. Stoettelers en ernstige kommersiële telers moet mooi kyk na hom. As jy

kwaliteit bulle uit jou verse wil teel, stop by sy kraal!

LOT 18 : HART 10 - 12

Hy is geteel uit HJS 03-16 en BHE 02-104. Sy is ‘n Stamboek Elite Goud koei met OEK

31 mnde, TKP van 415 dae oor 7 kalwers met gemiddelde speenindeks van 101 oor

7 en Reproduksie Indeks van 105. Sy speen gemiddeld teen 45,9% van haar massa

(503 kg) en het ‘n stoetgoedkeuring persentasie van 83%.

HART 10-012 is ‘n formidabele vleisbul wat uitstekend aangepas is vir die ekstensiewe

toestande. Hy blink, is glad, het sterk skof, lang stert, goeie bene en kloue en is

gedurigdeur in ‘n goeie kondisie. Sy kondisie punt telling tydens die Hartebeestloop Veldbul toets was altyd van die beste

en daarom presteer hy uitstekend tydens die toets met indeks van 112. Vir ons is daar amper nie ‘n onderskeid tussen die

terme kondisie en aanpassing nie.

Hy is ‘n robuuste dik bul met baie goeie manlikheid. Die kop is sterk met goeie oogbanke, dik bulnek met goeie verdonkering

en uitstekende skrotum wat voor-veiling 40 cm meet. HJS 03-16 teel baie goeie skrotums. Die vleiseienskappe van

die bul is opvallend - kyk na die kapasiteit, diepte deur voorlyf, bespiering, toplyn, agterkwart, breedte van die bul asook

die lengte en volheid van die kruishelling. Namibië lewer vleis van die veld en daarvoor soek ons sulke bulle.

HART 10-012 se bouvorm en vleis kom nie oornag nie - dit is jare se selektiewe teling en ondervinding om presies te weet

wat soek die mark.

HART 10-012 se teelwaardes is uitstekend. Geboortedirek is laag (hy weeg 33kg by geboorte) en vandaar toon hy

baie sterk groeivermoë en voerdoeltreffendheid teelwaardes. Hy speen relatief lig op 217 kg en vandaar is sy na-speense

groei uitstekend met GDT indeks van 110 en Kleiber indeks van 113. Hy is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul

wat op koeie en verse gebruik kan word.

Hy het ‘n wit strepie net voor sy skrotum en stoettelers mag daarteen diskrimineer. Kommersiële telers kan hier ‘n stoetpotensiaal

bul kry sonder om teen stoettelers mee te ding. Merk hierdie bul - jy sal nie sommer weer die kans kry vir sulke

kwaliteit nie. Hy is een van my gunsteling bulle vir die veiling.

11

LOT 19 : HART 10 - 100

Hy is geteel uit AG 04-175 en HART 07-059. Sy kom uit ‘n top moederlyn en haar eie

prestasies is baie goed. Haar OEK is 24 mnde, TKP van 347 dae oor 4 kalwers, gemiddelde

speenindeks van 109 oor 3 en Reproduksie Indeks van 123. Haar speengewigverhouding

is 52,1% oor 3 kalwers - nou dit wil gedoen wees. Keer op keer moet ek

terugkom na die belang van hoogs presterende koeie in elke kudde - stoet of kommersieël

en dit is goed om te sien dat selfgeteelde HART koeie deel uitmaak daarvan.

HART 10-100 is ‘n effe groter raamtipe as wat ons standaard teel op Hartebeestloop. Daar moet egter ook variasie in

tipe wees en die mark vra daarvoor. Namibiese boere is sterk teenwoordig in die osproduksie mark en daarvoor is raam

en groei nodig. Nieteenstaande sy effens groter raamtipe is HART 10-100 ‘n goed gebalanseerde bul wat struktureel en

funksioneel korrek is. Hy wys baie goeie aanpasbaarheidseienskappe - donkerrooi met blinkende vel en haar, goeie skof,

dik, los en beweeglike vel (let op die dik velvoue by die nek) en sterk bene met goeie kloue.

Daar is goeie manlikheidseienskappe in die bul met manlike kop, goeie oogbanke, genoeg breedte tussen die oë en

uitstekende skrotum. Sy skrotumteelwaarde is 25,2, meet 34,3 cm aan die end van die groeitoets en nou voor-veiling 43

cm. Dit is perfek gevorm, hang mooi en is 100% simmetries.

HART 10-100 vertoon goeie vleiskwaliteite. Sy toplyn is sterk met goeie oogspierontwikkeling - die voorarm en skilpadspier

wys die goeie bespiering in die bul. Daar is diepte, kapasiteit en goeie breedte met goeie agterkwarte en ‘n kruis wat goed met

vleis gevul is. Hy wys ook baie goeie rumenkapasiteit met ‘n wye ribbekas as van agter kyk. Dit is belangrik vir die

hoeveelheid ruvoer inname en die deeglike vertering daarvan - baie belangrike eienskap in die droë dele van Suidelike-Afrika.

Sy teelwaardes is uitstekend. Laag op geboortedirek (geboortegewig 34 kg) en daarna uitstekende waardes al die pad.

Sy indekse is uit die boeke - speen (108), GDT (105), Kleiber (102), pelvis (110) en Veldbul toets (102). Dit is mos hoe ‘n

bul moet ontwikkel en presteer.

HART 10-100 kan op koeie en goed uitgegroeide verse gebruik word. Sy skouerhoogte is effe hoog maar die res van sy

mates en bouvorm behoort nie ‘n probleem te gee nie. Daar is ‘n groot klomp goeie eienskappe vasgevang in die bul en telers

moet dit nie miskyk nie. Ons almal het goeie koeie wat swak op teelwaardes en veral groeivermoë is - oorweeg hierdie

bul om dit reg te maak. Vir enige kommersiële teler wat voel hy speen te laag of slag te lig uit - stop by hom. Dis jou bul!

LOT 20 : HART 09 - 298

Hy is geteel uit die staatmaker AG 98-338. Hy word nou 15 jaar en het nog steeds sy 18

koeie by hom op Hartebeestloop. Die moer is AEJ 06-252. Haar OEK is 21 mnde, TKP

van 372 dae oor 5 kalwers met Reproduksie Indeks van 122. Sy kombineer goed met AG

98-338 en haar laaste interkalfperiode met hom is 330 dae. Daar is niks verkeerd met sy

libido en dekvermoë nie. Ons probeer hard om hierdie tipe van lanklewenheid in die kudde

vas te lê.

HART 09-298 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Sy aanpasbaarheidseienskappe

is van die beste op die mark - dit wat tel het hy in oorvloed. Sy vel en haar, skofontwikkeling, stertlengte,

skoon onderlyn, sterk bene, sterk kloue, balans en goeie loopvermoë maak van hom ‘n bul wat uitstekend presteer in

ekstensiewe toestande. As jy praat van konstitusie behou, praat jy van hom.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is ook baie goed - sterk en manlike kop met ‘n mooi uitdrukking en houding, goeie

oogbanke, dik bulnek met goeie verdonkering en goedgevormde skrotum. Sy skrotumomtrek was 37 cm aan die end van die

groeitoets en is nou voor-veiling 41 cm. Die posisie, simmetrie en vorm is ook baie netjies.

HART 09-298 het goeie hoogte/lengte verhouding van 1:21, is sterk bespierd met uitstekende toplyn en groot

oogspieroppervlaktes. Soos sy pa, kon die stertaanhegting beter gewees het. Daar is goeie diepte deur die voorlyf,

genoegsame kapasiteit en goeie breedte in die bul. Hy is goed gevul met vleis en vertoon goeie agterkwart met mooi binne en

buite dye. Hierdie is ‘n harde “no frills” bul wat gemaklik na enige area gevat kan word. Ons sien hulle keer op keer oor die hele

Namibië. Sy Veldbul indeks van 104 wys dat hy presteer op die veld met dit wat natuurlike weiding bied.

Sy teelwaardes is uitstekend - Laag op geboortedirek (geboortegewig is 30 kg), baie goeie voorspeense en naspeense

groeivermoë met uitstaande voerdoeltreffendheid, liggaamsmates en reproduksievermoë. Sy pelvisindeks van 108 wys dat hy

ook “groot-genoeg” pelvisse behoort te teel. Dit is moeilik om HART 09-298 te kritiseer op sy prestasies.

HART 09-298 is ‘n sterk 338 seun wat beïndruk. As jy in die harde werêld boer met net veldweiding en min lek, groot afstande oor

moeilike terrein na die waterkrip en geen veldwagter toesig - dan is dit jou bul! Gehardheid en aanpassing is sekerlik sy sterk punte.

12

LOT 21 : HART 10 - 143

Hy is geteel uit HJS 03-16 en HART 06-007. Haar OEK is 29 mnde, TKP van 360 dae

oor 4 kalwers, Reproduksie Indeks van 114, gemiddelde speenindeks van 102 oor 4

en 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers aangebied. Die Namibiese Bonsmara

Beestelers Genootskap is so suksesvol om die ras as moederlyn te bemark dat selfs

die kopers van bulle op die plaas, aandring op insae in die bulmoeder se prestasies. Dit

is verpligtend in Namibië om selfs die plaasbulle se vaderskappe met DNA te bepaal.

Die koper weet presies wat hy kry - of dit nou op die veiling of plaas is.

HJS 03-16 teel konstant mediumraam diere met goeie lengte, vleis, bouvorm en teelwaardes. HART 10-143 is ‘n mediumraam

“All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy het op Dassiesfontein in die klip groot

geword en wys baie goeie aanpasbaarheid. Sy vel en haar is uitstekend, vel is 18 mm dik en baie los, genoeg keelvel,

goeie skof, lang stert en sterk bene met goeie kloue. Hy wys ook mooi pigment in die gesig.

Sy manlikheid kom sterk deur. Kop is manlik, goeie oogbanke, goeie breedte tussen die oë, mooi verdonkering in die

voorkwart met ‘n baie goeie skrotum. Die skrotumomtrek was 32,4 cm aan die end van die groeitoets maar is nou

voor-veiling 38cm. Die vorm, posisie en simmetrie is baie goed.

HART 10-143 wys goeie vleiseienskappe. Sy teelwaarde om vroeg vet neer te lê is hoog en dit het te doen met sy

goeie kondisie op die veld. Hartebeestloop het streng deur baie jare geselekteer vir afronding op veld en goeie kondisie

op veld. Daardie eienskap is nou goed vasgeteel in ons genetika. Hy wys goeie kapasiteit, genoeg diepte en bespiering,

goeie breedte en ‘n uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:28. Goeie lengte van diere is ‘n teeldoelwit prioriteit op

Hartebeestloop en let gerus op na die goeie verhoudings van die bulle oor die algemeen. Dit is vasgeteel in ons kudde.

Die teelwaardes is baie goed. Sy geboortegewig is 33 kg, hy speen met indeks van 102 op 273 kg, groei 859 gram/dag

gedurende die 270 dae ekstensiewe groeitoets, met ‘n pelvisindeks van 108 en ‘n Veldbul indeks van 102 - wat wil ons

nog beter hê? Hy is ‘n top presteerder!

HART 10-143 wys ‘n klein stukkie wit direk voor die skede. Dit sal stoettelers hinder maar is van nul en gener

ekonomiese waarde vir die kommersiële boer. Hy is ‘n sterk, geharde en goed aangepaste bul wat baie goed sal doen

in ‘n kommersiële kudde.

LOT 22 : HART 10 - 55

Hy is geteel uit AG 04-175 wat in 2012 aan Hendrik de Klerk van Gocharus Bonsmaras verkoop

is. AG 04-175 het uitstekend geteel op Hartebeestloop - hy is op jong verse gebruik totdat

hy te swaar geword het. HART 10-055 is dan ook uit ‘n vers geteel. HART 07-177 se OEK

is 26 mnde, TKP van 345 dae oor 3 kalwers met ReproduksieIndeks van 121 en gemiddelde

speenindeks van 99 oor 3 kalwers. Haar speengewigverhouding is 46,5%. Hierdie is uitstaande

syfers vir ‘n jong vers onder ekstensiewe omstandighede in ‘n marginale beesboer area.

HART 10-055 is ‘n tipiese Hartebeestloop mediumraam “All Rounder All Purpose” bul. Hy vertoon uitstaande

aanpasbaarheidseienskappe - net soos sy pa - met gladde en blink vel. Sy skofontwikkeling is baie goed, sy stert is lank,

bene is sterk en kloue is baie goed. Jy het nie meer as dit nodig om goed te presteer in die Kalahari nie. Kyk na sy

prestasietoets data - speenindeks 99, GDT indeks 109, Kleiberindeks 108 en Veldbul toets indeks 107. Sy pelvisindeks van

111 is van die grootste op die veiling en sy versnageslag behoort groot pelvisse te hê vir maklike kalwing. Hoe en waarvoor

hy ook al getoets is, het hy goed presteer.

Ek het sy pa spesifiek aangekoop om skrotums verder te verbeter in die Hartebeestloop kudde. HART 10-055 het ‘n uitstekende

skrotum wat voor-veiling 42 cm in omtrek is. Dit is simmetries, glad en hang perfek. Dit is egter die bouvorm wat

opvallend is. Hier is lengte (lengte/hoogte verhouding 1:23), goeie bespiering, diepte, breedte en kapasiteit. Hy dra vleis

en is soos die ou mense sê “goed uitgevul”. Sy teelwaardes is uitstekend met goeie groeivermoë, uitstekende voerdoeltreffendheid

en baie goeie reproduksie teelwaardes. Hy behou sy kondisie uitstekend en behoort in enige area goed te doen.

HART 10-055 is een van die top bulle op die veiling! Hy is stoet gehalte en sal pragtige bouvorms, skrotums en aanpasbaarheid

in jou kudde bring. Moenie hierdie bul mis kyk nie. Ander bulle mag meer “flair” hê maar nie sommer beter

ekonomiese belangrike eienskappe nie! Hy behoort na ‘n Elite stoetteler te gaan.

13

LOT 23 : HART 09 - 319

Hy is geteel uit AEJ 05-112 en HOT 03-203. Haar het ek gekoop op die 50-jarige

bestaan veiling van Badeveen Bonsmaras. Sy is ‘n 2013 Stamboek Elite Brons koei

met OEK 32 mnde, TKP van 412 dae oor 7 kalwers, Reproduksie Indeks van 104 en

gemiddelde speenindeks van 101 oor 5. AEJ 05-112 is ook op die veiling as beproefde

bul. Ek het hom in vennootskap met Badeveen Bonsmaras gekoop.

HART 09-319 is ‘n effens groter raam bul wat slegs op koeie gebruik moet word. Hy

is swaarder as rasgemiddeld op geboorte (geboortegewig is 39 kg), vertoon sterk bespiering en geweldige groeivermoë

– dit is almal redes waarom hy nie op verse gebruik kan word nie. Hy wys uitstaande aanpasbaarheid – blink vel en haar,

goeie skof, lang stert, sterk bene en kloue en goeie onderlyn. Onderlyne is belangrik in die Kalahari – duinsteekriet op die

duine doen wat hulle naam sê – hulle steek en irriteer lang naelvelle en skedes.

Daar is goeie manlikheid in die bul met manlike kop, goeie oogbanke, mooi verdonkering en ‘n uitstekende skrotum. Dit

meet 39,9 cm aan die end van die groeitoets en nou voor-veiling meet dit 44 cm. Dit is simmetries, glad en hang perfek.

Hierdie bul ken sy storie by die koeie.

Daar is ‘n groot hoeveelheid vleis aan die bul. Hy is lank (hoogte/lengte verhouding 1;21), sterk toplyn, goeie

bespiering, genoegsame kapasiteit en goeie diepte deur die voorlyf. Binne en buite dye, agterkwart, kruis en lende wys

orals goeie vleis. Hy doen uitstekend in die groeitoets en behaal GDT indeks van 127 en Kleiber indeks van 112. Sy

Veldbul indeks is ‘n uitstekende 115 wat wys dat hy aangepas is, groei op die veld en kondisie behou.

HART 09-319 se teelwaardes is uitstekend. Daar is uitstekende groeivermoë met uitstaande voerdoeltreffendheid en

reproduksievermoë teelwaardes.

Kyk baie goed na HART 09-319 as jy groei in die kudde wil bevorder. Vir die boere wie se koeikudde bietjie aan die klein

kant is en baie lig speen of vir die boere wat dalk baie Sanga-tipes in die koeikudde het en swaarder wil speen – is hy ‘n

bul om sterk te oorweeg. Hy sal natuurlik ‘n nuwe dimensie in enige kruisteelprogram teweeg bring.

LOT 24 : HART 10 - 91

Weereens ‘n baie goeie seun van WAT 04-339. Die moer is uit die NOSA Bonsmara stoet

van Jan Pienaar AEJ 04-192. Haar OEK is 31 mnde, TKP van 354 dae oor 7 kalwers, Reproduksie

Indeks van 115 en 100 % stoetgoedkeuring van kalwers aangebied. Ek het in

2012 ‘n baie goeie bul van haar aan Suiderland Stoetery verkoop. Sy produseer jaarliks ‘n

verkoopbare kalf en is deel van die Elite groep koeie op die plaas. Eintlik kan geen stoetteler

sonder hierdie tipe koeie klaar kom nie.

HART 10-091 is baie tipies soos WAT 04-339 teel - mediumraam, vroeg ryp en goed bevleesde bul. Hy vertoon baie goeie

aanpasbaarheideienskappe en dit kan maklik gesien word in sy prestasies op die veld - hy speen op 91 indeks teen 248 kg en

daarna groei hy 846 gram per dag tydens die ekstensiewe groeitoets (270 dae lank) om te eindig met GDT indeks van 101 en

Kleiberindeks van 102. Sy Hartebeestloop Veldbul indeks is 113 en hy is een van die heel beste presteerders tydens die

veldtoets. Sy kondisie op die veld is uitstekend en hy is een van die bulle wat baie min geld kos om af te rond vir die veiling. Hy

versorg hom self met dit wat natuurlike veld bied.

Hy gee ‘n goeie beeld van manlikheid, tipiese kop-op bul met goeie skrotumomtrek van 39,5 cm voor-veiling. HART 10-091 is

funksioneel en struktureel baie korrek en is ‘n veilige bul om te gebruik. Daar is werklik niks wat jy negatief in jou kudde sal bring

met die bul nie.

Ek hou van die kapasiteit en breedte van die bul tesame met sy uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:23. Sy

oogspieroppervlakte is ver beter as rasgemiddeld en so ook sy vroeë vetneerlegging teelwaarde. Onthou - sy vroulike nageslag

behoort dieselfde eienskappe te wys om gou in kondisie te kom onder normale omstandighede om bul te vat. HART 10-091 is

goed gebalanseerd en behoort die oog van menige voornemende koper te vang.

Hierdie bul se teelwaardes is goed gebalanseerd met goeie groeivermoë, gunstige voerdoeltreffendheid en sterk reproduksie

teelwaardes. Hy is ‘n “All Rounder All Purpose” bul wat met geruste hart op koeie en verse gebruik kan word. Daar is baie vleis in

die bul en goeie groei en hy kan ook suksesvol op koeie gebruik word.

HART 10-091 kan met groot sukses in enige stoet of kommersiële kudde gebruik word. Stoettelers kan hom ernstig oorweeg

om verse oop te maak en bouvorm met goeie teelwaardes neer te lê.

14

LOT 25 : HART 10 - 10

Weereens ‘n baie goeie bul geteel uit HJS 03-16. Die moer is EFC 03-276 uit Ecki en

Heiko Freyer se Hoanob Bonsmara stoet. Haar OEK is 34 mnde, TKP van 362 dae

oor 8 kalwers, Reproduksie Indeks van 112 en 100% stoetgoedkeuring van kalwers

aangebied. Die Namibiese boer plaas ‘n groot premie op aangepaste koeie wat goed

presteer onder ekstensiewe toestande met slegs strategiese lekaanvulling. Die

bulmoeder se prestasies speel ‘n rol in hulle besluitneming oor aankope.

HART 10-010 is ‘n mediumraam bul met uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. Die kwaliteit van die vel en haar is

baie goed - hy blink in die son. Daar is goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene en kloue en ‘n skoon onderlyn. Hy

vertoon goeie oogbanke en sal in die beboste dele ook goed presteer om gras onder die bos uit te vreet. Dit word ‘n meer

belangrike eienskap soos verbossing toeneem in Namibië. Hy is ‘n tipiese Hartebeestloop robuuste en manlike bul met

houding, sterk kop, pragtige verdonkering en baie goeie skrotum. Die skrotumomtrek voor-veiling is 39 cm.

Sy vleiseienskappe het ons en die konsultante beïndruk. Onthou Hartbeestloop bring altyd ‘n “vleiseienskap

spesialis” as deel van keuring. Ons moet selekteer vir goeie vleis direk vanaf die veld. Hy het baie goeie kapasiteit, goeie

diepte deur voorlyf, sterk bespiering, baie mooi breedte reg deur en goeie agterkwart. Kyk na die kruis se helling, lengte en

vleis - dit is so na aan die ideaal as wat kan kom. Hy wys ook die “sjambok” houe op die agterkwart wat aanduidend is van

goeie vleiseienskappe. So ook wys hy ‘n baie goeie hoogte/lengte verhouding van 1:21. Orals op hierdie bul is baie vleis.

HART 10-010 se teelwaardes is van die beste. Hy het baie goeie groei, sit gras effektief om in vleis en teelwaardes vir

reproduksie is goed. Sy prestasietoets data is uit die boeke - GDT (115), Kleiber (109), pelvis (103) en Veldbul toets (112).

Hy presteer reg deur as van die beste.

HART 10-010 kan net op koeie gebruik word. Sy breedte, veral oor die skouerknoppe, borsvloer en buite dye, maak

dat hy nie op verse gebruik kan word nie. Hy is ‘n stoetpotensiaal bul wat baie goeie eienskappe in enige stoet sal bring.

Teelballe, goeie groei, bouvorm, groot pelvisse en prestasie en kondisie op die veld - dit is sy sterk punte. As jy daarvan

benodig - hou HART 10-010 in gedagte!

LOT 26 : HART 09 - 251

Ek het al by verskeie geleenthede genoem dat WAT 04-339 baie goeie vleiseienskappe

in die Hartebeestloop kudde gebring het. HART 09-251 is geteel uit WAT 04-339 en

BHE 01-101. Sy is ‘n 2012 Elite Koei met OEK 31 mnde, TKP van 373 dae oor 9

kal-wers en Reproduksie Indeks van 112. Haar speenverhouding is 45,9% en gemiddelde

speenindeks is 100 oor 7 kalwers. Van die 9 kalwers is 7 bulle en slegs 1 kalf het

nie die stoetgoedkeuring geslaag nie. As jy ‘n bulteler is, is dit syfers om van te droom.

Dit is ‘n feit soos ‘n koei dat goeie bulle uit goeie moeders kom! Maar jy moet klomp sulke goeie moeders hê om genoeg

goeie bulle te teel. Ons het ‘n uitstaande bul van haar HART 06-74 verkoop aan EMOK Bonsmara van Edward Hansen.

Hy doen uitstekend en van sy seuns is op die Hartebeestloop veiling onder EMOK Bonsmaras.

HART 09-251 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is ‘n tipiese

goed aangepaste Hartebeestloop bul wat sal gedy onder ekstensiewe toestande. Ons sal moeilik verbeter op sy aanpasbaarheidseienskappe

- hy wys goeie kondisie reg deur die jaar en is altyd van die eerste om beter kondisie te wys as dit

begin reën. Daar is genetika wat vroeg geslagsryp en ook vroeg slagryp is - so is HART 09-251. In die duine is sterk bene

onontbeerlik - kyk na die skoon en breë hakke en effe fyner bene na onder. Dit is presies soos dit moet wees vir ons area.

Hy is manlik met goeie breedte tussen die oogbanke, sterk bek, mooi verdonkering en ‘n uitstekende skrotum - in vorm,

simmetrie, posisie en grootte. Skrotumomtrek voor-veiling is 38 cm.

HART 09-251 is sekerlik een van die beste bulle in hoogte/lengte verhouding in die ras - 1:35. Boere weet dat ekstra

lengte, is ekstra vleis, is ekstra gewig is ekstra geld. Hy wys groot oogspiere wat regdeur strek tot in die skof, sterk toplyn

nieteenstaande die geweldige lengte, uitstekende kapasiteit, baie diepte, goeie breedte reg deur en vol vleis agterkwarte.

Hy is goed bespierd maar nie so uitermatig dat hy nie op verse gebruik kan word nie. Sy geboortegewig is 36 kg, hy speen

op 278 kg met speenindeks van 102 en behaal ‘n GDT indeks van 104 tydens die na-speense groeitoets. Sy Veldbul

indeks van 104 wys ook sy goeie prestasie op die veld. Sy teelwaardes wys die baie goeie groeivermoë beide voor- en

na-speen, goeie voerdoeltreffendheid en baie goeie reproduksievermoë.

HART 09-251 is hoog in stoetpotensiaal en stoettelers kan maar baie goed na hom kyk. Hy is een van die bulle wat baie

goed presteer het in elke afdeling van prestasietoetsing waaraan hy onderwerp was. Dit is mos die tipe van prestasie

en genetika wat ons almal wil vaslê in ons kuddes! Ek beveel hom aan as potensiële stoetbul.

15

LOT 27 : HART 10 - 167

Hy is geteel uit AG 03-29 en BHE 05-66. Haar OEK is 26 mnde, TKP van 399 dae oor

6 kalwers met Reproduksie Indeks van 111 en gemiddelde speenindeks van 103 oor

5 kalwers. Haar speengewigverhouding is 49,1% en sy het 75% stoetgoedkeuring van

haar kalwers. Weereens ‘n koei wat uitstekend aangepas het vanaf die koue

Oos-Vrystaat na die vuurwarm Kalahari!

HART 10-167 is ‘n mediumraam bul met baie goeie aanpasbaarheid. Let op alles

wat met aanpasbaarheid te doen het en die kwaliteit op hom - vel, haar, skof, stert, los en dik (16 mm) vel, bene, kloue en

algemene strukturele korrektheid. Sy skede hoek en vlesigheid is die enigste kritiek op die bul. Hy sal in enige omgewing

gaan aanpas. Raamtipe is en word al hoe belangriker in Namibië. Na jare se goeie reënval het almal na groter raamtipes

geneig. Met die voorspelde laer reënval in 2013 sien ons ‘n ander prentjie. Die groter raam, later ryp diere sukkel om

kondisie te kry op die swak veld en goeie besetting gaan hierdie jaar ‘n wesenlike probleem in Namibië wees.

Hy wys goeie manlikheid met sterk kop en goeie oogbanke. Hy is ‘n lewendige bul en is die heel tyd besig om die ander

bulle in die hoeke vas te druk en daar te roei en stoei. Sy skrotum is goed gevorm en meet 33,3 cm by groeitoets afsluiting.

Voor-veiling skrotumomtrek mate is 38 cm.

HART 10-167 vertoon genoegsame kapasiteit, genoeg diepte, is ‘n dik bul met goeie lengte (hoogte/lengte

verhouding van 1:23) en goeie bespiering. Let gerus op na die breë oogspier, goed ontwikkelde skilpadspier en die

voorarm bespiering. Die kruis se helling, lengte en vleiseienskappe is voortreflik. So ook die hoeveelheid vleis op die buite

en binne dye. Hierdie dik, mediumraam bulle met genoeg bespiering is baie gewild by beide die speenkalf en os produsente.

Baie keer word die tipe bulle aangewend om die groter raam kruiskoeie af te teel en vleis by die nageslag te sit.

HART 10-167 se skedehoek en vlesigheid sal hom diskwalifiseer by die stoettelers. Kommersiële boere wat slegs op

ekonomiese belangrike eienskappe fokus, sal goed doen deur ernstig na hom te kyk. Hy bring ‘n klomp ander goeie

eienskappe na die tafel!

LOT 28 : HART 09 - 231

Hy is geteel uit AG 03-29 en BHE 05-101. Ek dink almal wat op die Fortress uitverkoping

aangekoop het, is dit eens dat die BHE-koeie uitsonderlik is. BHE 05-101 se OEK

is 30 mnde met TKP van 363 dae oor 6 kalwers en Reproduksie Indeks van 114. Sy het

‘n 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers aangebied. ‘n Sterk bul van haar HART

07-166, is verkoop aan Bernard en Kathrin Vente van Vente Farming Enterprises en

nog een aan ons buurman Holger Wittsack. Sy teel konstant goed en haar kalwers kom

sterk deur op die veilings.

Kyk gerus ook na die ander AG 03-29 seuns op die veiling. Die algemene standaard van sy kalwers is baie hoog.

HART 09-231 is ‘n indrukwekkende bul wat dadelik jou oog sal vang! Hy vertoon uitstekende diepte, kapasiteit, breedte

en goeie lengte. Hy is uitstekend aanmekaar gesit en is een blok propvol vleis. Sy bespiering is goed met

oog-spieroppervlakte beter as die rasgemideld. Beide die binne en buite dye is vol vleis en heg aan laag af in die “twist”

area. Ek hou van sy sterk bene wat relatief breed is oor die hakke. Beeste moet sulke bene hê om dag in en dag uit die

sandduine aan te durf. HART 09-231 vertoon ‘n baie sterk toplyn met goeie skofontwikkeling. Hy is baie manlik met sterk

kop, goeie oogbanke, breë bek en mooi pigment op die neusspieël. Alhoewel sy skrotumteelwaarde negatief is, meet hy

35,1 cm aan die end van die groeitoets en nou voor-veiling is die skrotumomtrek 40 cm. Een van daardie onverklaarbare

goed in stoetteling!

Hy is ‘n vroegryp mediumraam bul wat sy konstitusie orals gaan behou. Hy bly in goeie kondisie jaar in en jaar uit. Hy

is op presies dieselfde rantsoen as alle ander bulle in die groep maar sy kondisie was heel eerste reg en dit bly reg. Is

dit nie een van die heel belangrikste eienskappe wat ons in vleisbeeste wil sien nie?

Hierdie bul lyk glad nie soos sy teelwaardes nie. Sy teelwaardes is laag en wys nie dit wat ek in die bul sien nie.

HART 09-231 se stertaanhegting asook naelvel/skede kombinasie kon beter gewees het. Alhoewel sy teelwaardes

aandui dat hy op verse gebruik kan word, sal ek dit nie aanbeveel nie. Sy breedte in die borsvloer, goeie bespiering, wydte

oor die skouerknoppe en breedte reg deur maak dat hy nie op verse gebruik moet word nie.

Hy is hoog gepunt deur almal nieteenstaande die growwe stertaanhegting en vlesige naelvel/skede kombinasie. As vleis

jou besigheid is, is hy sekerlik die bul waarvoor jy gekom het!

16

LOT 29 : HART 10 - 123

Hy is geteel uit WAT 04-339 en BHE 04-104. Dit is welbekend dat Namibiese kopers

baie klem lê op goeie vleiseienskappe. Baie boere is in opsproduksiestelsels en weet

presies wat om voor te selekteer vir die beste karkasopbrengste. WAT 04-339 teel

konstant goeie vleisbulle en HART 10-123 is geen uitsondering. Sy moer BHE 04-140

is een van die top koeie in die kudde. Haar OEK is 30 mnde, TKP van 355 dae oor

6, Reproduksie Indeks van 115 en 75% stoetgoedkeurings persentasie. Sy het ‘n

uitstekende dogter HART 07-0057 in die kudde met OEK 20 mnde, TKP van 361 dae oor 5, Reproduksie Indeks van

125 en 100% stoetgoedkeuring van die 3 kalwers aangebied.

HART 10-123 is ‘n uitstaande voorbeeld van aanpasbaarheid - uitstekende kwaliteit vel en haar, los vel (14 mm dik)

met genoeg keelvel, goeie skofontwikkeling, sterk bene en goeie kloue. Hy is ‘n manlike bul met goeie verdonkering,

sterk kop, genoeg oogbankontwikkeling en goed gevormde skrotum. Die voor- veiling skrotumomtrek is 39 cm. Die skrotum

hang mooi met geen hare. Die funksionele doeltreffenheidseienskappe van HART 10-123 is voortreflik - vanaf

die skoon onderlyn tot sterk toplyn. Hy dra vleis - kyk na die goeie bespiering, pragtige diepte deur voorlyf, breedte en

kapasiteit. Lende areas, kruishelling, binne en buite dye - orals is genoeg vleis. Sy oogspieroppervlakte en vroeë

vetneerleggingsteelwaardes is uitstaande - ons lê klem op die waardes want dit is akkuraat vir Hartebeestloop. Ons

doen ultrasoniese skandering van alle bulle alreeds vir langer as 10 jaar.

HART 10-123 is ‘n tipiese “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Sy

teelwaardes is uitstaande met baie goeie groei, genoeg melk en uitstaande hoogte/lengte verhouding van 1:25. Kyk

gerus reg deur die katalogus na die uitstekende lengtes van die Hartebeestloop bulle. Hy presteer uitstekend met

prestasietoetsing - indekse van 103 op speen, 114 GDT en 107 Kleiber. Pelvisindeks van 107 en Hartebeestloop

Veldbul indeks van 118 - hoe wil jy beter?

HART 10-123 is ‘n potensiële stoetbul. Hy is een van my WAT 04-339 seun keuses van die veiling. Kyk baie mooi na

hom as jy ‘n bul soek om jou effe swaarbespierde koeie mee te paar.

LOT 30 : HART 09 - 304

Weereens ‘n baie sterk AG 03-29 seun met ‘n uitstekende HART moeder. HART 06-

080. Sy is ‘n BHE 02-74 dogter en ek het al by verskeie geleenthede genoem dat die

vroulike nageslag van BHE 02-74 uitmuntend presteer op Hartebeestloop. Hulle is

baie vrugbaar met hoë reproduksie potensiaal. Sy vroulike nageslag retensie is baie

hoog in die kudde. HART 06-080 se OEK is 26 mnde, TKP van 380 dae oor 5 kalwers,

Reproduksie Indeks van 116, gemiddelde speenindeks van 101 oor 4 kalwers en 100%

stoetgoedkeuring van kalwers aangebied. Sy is deel van die “Royal Family” van koeie op Hartebeestloop.

HART 09-304 is ‘n mediumraam bul met uitstaande aanpasbaarheidseienskappe. Jy kan sommer dadelik sien hy is

gelukkig en tevrede in sy omgewing. Sy kondisie is deurgaans goed en hy behou konstitusie deur die seisoene. Die vel en

haar is so goed as kan kom, vel is los en beweeglik en bene en kloue is baie goed. Bonsmara bulle moet goeie skowwe

hê en dit is wat jy hier sien.

Hy is ‘n robuuste, manlike bul met op en wakker houding, sterk kop met goeie oogbanke. Sy skrotumomtrek was 32.7

cm aan die end van die groeitoets en meet nou voor-veiling 36 cm. Sy skrotumteelwaarde is negatief.

Ons is almal primêr in die vleisbedryf - ons teel bulle wie se nageslag genoeg vleis lewer vir die vleisprodusent om

ekonomies suksesvol te boer. HART 09-304 is ‘n baie goeie voorbeeld van bogenoemde stelling. Hy is lank

(hoogte/lengte 1:22), met goeie diepte deur voorlyf, sterk bespiering en baie goeie kapasiteit. Sy oogspieroppervlakte is

baie beter as rasgemiddeld en so ook sy vroeë vetneerlegging. Dit word weerspieël in sy goeie kondisie wat hy behou.

Daar is baie goeie vleisneerlegging in die lendes, kruishelling, agterkwart, binne en buite dye en geen morsvleis onder die

knie/elmboog lyn.

Sy teelwaardes is uitstekend. Hy is lig op geboorte (35 kg) en vertoon uitstekende groeivermoë met baie goeie voerdoeltreffendheid.

Hy speen 289 kg met speenindeks van 107, groei met GDT indeks van 112 en wys Kleiberindeks

van 109 - hy is ‘n top presteerder regdeur.

HART 09-304 is ‘n top veilingsbul en kan op goed uitgegroeide verse en koeie gebruik word. Stoettelers wat skrotumomtrekke

wil verbeter, sal hom nie oorweeg nie. Vir enige ander boer wat bouvorm, groei, vleisproduksie en

aanpasbaarheid wil verbeter, is hy die ideale bul.

17

LOT 31 : ERH 10 - 86

Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras

Hy is geteel uit HART 06-74 en ERH 08-17. Haar OEK is 29 mnde, TKP van 383 dae

oor 3 kalwers, Reproduksie Indeks van 111 en speengewig verhouding van 52,4%.

Sy kom uit ‘n baie goeie moederlyn en haar moer ERH 05-92 is nog steeds in die

kudde. HART 06-74 is aangekoop by Hartebeestloop Bonsmaras en die bul doen

uitstekend in ons kudde. Hy is ‘n “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan

word. ERH 10-86 is die 1ste kalf van ‘n vers. Kyk gerus wat hy teel uit verse!

ERH 10-86 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Sy aanpasbaar

heidseienskappe is baie goed - reg deur van vel en haar, goeie skofontwikkeling, lengte van stert en sterk bene met

goeie kloue. Hy is seepglad en blink in die son. Dit is aanpasbaarheid op sy beste. Hy is sterk op manlikheid - kop is

goed, oogbanke is mooi ontwikkel, goeie verdonkering in die nek met ‘n uitstekende skrotum. Dit hang goed en meet

36,8 cm aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 41 cm. Niks fout met die bul se hoeveelheid semen met so ‘n

groot sak nie.

Hier is ‘n baie goeie vleisbul! Daar is genoegsame lengte (hoogte/lengte verhouding is 1:22), diepte deur die

voorlyf, mooi breedte en genoegsame kapasiteit. Toplyn is sterk, kruishelling is baie goed en so ook die stertaanhegting,

agterkwart en dye is baie goed en die lendes is vol vleis. Jy kan werklik nie enige iets negatief sien met betrekking

tot die raamwerk en die hoeveelheid vleis wat daaraan gepak is nie. Dit wat boere soek in vleiseienskappe, het hy in

oormaat.

Sy teelwaardes is goed. Hy is laag op geboortedirekte teelwaarde, goed op groeivermoë en voerdoeltreffendheid,

uitstekend op liggaamsmates en baie goed op reproduksievermoë. Hy speen 230 kg en groei met GDT indeks van 101 en

Kleiber indeks van 100 tydens die ekstensiewe groeitoets. Hy is in alle opsigte die ideale middel van die pad bul wat baie

veilig is om te gebruik.

ERH 10-86 vertoon baie goeie stoetpotensiaal. Hy is hoog gepunt deur al die konsultante en sal heel moontlik by ‘n

stoetteler eindig. Dit is seker die beste bul wat nog by EMOK Bonsmaras geteel is en ons bied hom met trots aan.

LOT 32 : HMB 10 - 05

Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

Hierdie bul se oupa, AG00-100, is bekend vir sy goeie nageslag wat hy in RSA sowel

as in die Hartebeestloop stoet geteel het. HART 06-99 is een van hierdie bulle. Tans

is hy die beste presteerder van al die kuddevaars in die Hochfeldstreek Bonsmara

stoet. Hy word tans baie doelgerig met sekere koeie gepaar, en ons verwag nog baie

van sy nageslag. Aan moederskant is HMB10-05 geteel uit CSW 03-59, ‘n bul van

Charles Williams uit die Noord-Kaap. Die kombinasie van HART 06-99 met CSW-nageslag het vir ons herhaaldelik puik

nageslag gelewer, soos by hierdie bul gesien kan word. HMB se moeder het met 35 maande die eerste keer gekalf,

haar TKP is 385 dae, en met 2 kalwers het sy ‘n reproduksie indeks van 98. Sy is een van die ideale mediumraam koeie

met goeie aanpasbaarheid vir ons sanderige Hochfeld omgewing.

HMB10-05 se goeie bespiering, diepte in die voorkwart, breedte en sprong van rib is van die eienskappe wat ‘n mens se

oog dadelik vang. Hy is een van daardie skaars bulle wat ‘n besondere mooi “houding” het – ‘n eienskap wat hom

daardie spesiale “iets” gee vir die klas van ‘n stoetbul. Hy vertoon baie goeie balans en ‘n besonder mooi profiel. Die

foutlose beenstruktuur en sterk kote is opvallend, en is belangrik vir enige omgewing waar die bul moet aanpas en produseer

en ook natuurlik om volhoubaar in ‘n kudde gebruik te word. Sy top bene, kloue en gladde vel is ‘n paar eienskappe wat

HART 06-99 konstant is ons kudde teel. HMB10-05 is propvol vleis - vanaf die vol kruishelling, lende areas, agterkwart tot die

vol bespierde blad. Die bul vertoon uitstekende manlikheid: sterk manlike kop met goed ontwikkelde oogbanke, breë bek en

goeie verdonkering op die nek. Die plasing van sy skrotum is perfek en is goed gevorm met ‘n mate van 37,5 cm en teelwaarde

van 16. Die bul se eienskappe wat aanpasbaarheid toon is prominent en goed ontwikkel: van ‘n gladde vel met kort

hare, (veldikte beloop 13mm), goeie skofontwikkeling, sterk bene en kloue en los beweeglike vel asook ‘n lekker lang stert.

Sy teelwaardes is baie goed: sy geboortegewig is laer as rasgemiddeld (33kg), met goeie voor- sowel as na-speense

groei, en hy is ook positief op melk, wat hom ‘n baie sterk bul maak. HMB10-05 is ‘n mediumraam “all-rounder” met baie

goeie stoetpotensiaal.

18

LOT 33 : HART 09 - 334

Bul vanaf gasverkoper: Swartrand Bonsmaras

Die bul is lank, hy is dik, hy is mooi en hy eet alleen. Hy is in Swartrand stoet op ons

heel beste koeie gebruik. Die bul sal in enige kudde sy man kan staan en sodoende

kan ek hom aanbeveel na enige deel van Namibië!

HART 09-334 is nog een van die Hartebeestloop koeie se kalwers wat ons op die

2009 Hartebeestloop Veiling gekoop het. Die beskikbaarstelling van sulke teling aan

ander telers deur Hartebeesloop is van hoogstaande gehalte .

Sy pa is AG 03-029 wat ‘n perfekte 9 gekry het by visuele keuring. Sy ma kom uit die Gerhard Smit kudde (Hakplaas)

in Suid Afrika. Sy kalf op 31 maande. Haar TKP van 376 dae is baie goed met ‘n uitstekende reproduksie indeks van

111. Sy speen ook haar eerste 5 kalwers met gemiddelde speen indeks van 100. Sy is een van ons top koeie in die

Swartrand kudde.

Die besondere lengte van HART 09-334 val ‘n mens onmiddelik op en ten spyte van sy lengte is sy toplyn baie goed.

Dit is ‘n besondere sterk bul met uitstekende verdonkering en manlikheid. Die sterk kop met mooi oogbanke en breë bek

bevestig sy uitstaande kwaliteite. Hy het ook sterk bene wat eindig in goed gevormde kloue. HART 09-334 is breed en

dik met baie goeie bespiering - as mens bespiering in jou kudde kort, is hy die antwoord. Diepte en kapasiteit is

oorgenoeg. Sy skrotum hang perfek en sy onderlyn word gekomplimenteer met baie goeie naelvel en skede kombinasie.

Sy voor-veilings skrotumomtrek is 40,5 cm.

HART 09-334 se BLUP teelwaardes vir groei is baie goed en almal is bo die rasgemiddeld. Hy sit voorwaar gras om in

vleis en sy uitstekende speengewig getuig van goeie groei.

Kyk maar baie mooi na die bul. Daar is ‘n groot klomp baie goeie genetika agter hom. Almal weet my diere word

hard groot - kyk na die bul se kwaliteite met in ag genome waar ek boer (klipperige area by Mariental)!

LOT 34 : WAGB 10 - 60

Bul vanaf gasverkoper: Wagner Bonsmaras

Hier is ‘n bul met aanvaarbare bespiering en goeie lengte. Hy het ‘n sterk kop en

goeie skofontwikkeling, ‘n mooi toplyn met ‘n sterk en breë rug. Hy dra ‘n klomp vleis.

Sy agterkwart is vol vleis en die bespiering is sigbaar by die skilpadspier en voorarm.

Die bul is geteel uit ‘n Dr Piet Basson moederlyn. Die koei het ‘n reproduksie indeks

van 103 op 14 jaar ouderdom. WAGB 10-0060 behoort van die langslewendheid

gene van die moeder te hê. WAGB 10-0060 se pa is uitsonderlik in bouvorm en sy nageslag het baie vleis aan die

haak. Sy nageslag het telkens baie goed in slagoskompetisies gedoen.

As jy ‘n dik bul soek met baie goeie konstitusie, is WAGB 10-0060 die bul vir jou. Hy is ‘n mediumraam bul wat goeie

eienskappe in jou kudde sal bring.

Kyk mooi, hy is puik genetika vir die harde areas van ons land!

LOT 35 : ERH 10 - 18

Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras

Hy is geteel uit AG 03-359 en ERH 07-073. Haar OEK is 30 mnde, TKP van 372

dae oor 3 kalwers, Reproduksie Indeks van 111 en speengewigverhouding van

47%. Sy bring haar kant. Haar ma ERH 05-15 is net so ‘n uitstekende koei met TKP

van 372 dae oor 6, Reproduksie Indeks van 113 en speengewigverhouding van

48%. Hierdie is ‘n uitstekende moederlyn. AG 03-359 is ‘n bekende stoetbul wat

Hartebeestloop Bonsmaras sterk gebruik het. Hy is op ‘n uitruilskema beskikbaar gestel aan EMOK Bonsmaras en ons

het hom met groot sukses in die stoet gebruik.

ERH 10-18 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Ons probeer,

waar moontlik om bulle te teel wat bestuur op die plaas vergemaklik. Meeste van die EMOK bulle kan op koeie en verse

gebruik word wat jou bestuur op die plaas baie vergemaklik. Daar is oorgenoeg groei in die bulle vir gebruik op koeie en

die bouvorm is van so ‘n aard dat dit geen kalwingsprobleme by verse sal veroorsaak nie.

19

Hy het baie goeie aanpasbaarheid - EMOK bulle is versprei regoor Namibië en pas orals aan. ERH 10-18 is geen

uitsondering nie. Aanpasbaarheid is nou ‘n kenmerk van die EMOK stoet. Hy is baie manlik met sterk kop, goeie

oogbankontwikkeling, mooi verdonkering in die nekgedeelte en ‘n baie goed gevormde skrotum. Skrotumomtrek is

uitstekend met 42,5 cm aan die end van die groeitoets. Die onderlyn is ook mooi skoon met baie goeie skede/naelvel

kombinasie.

Daar is sommer baie vleis aan die raamwerk gepak. Daar is goeie lengte, sterk toplyn, mooi kruishelling met goeie

agterkwart. Die binne en buite dye is baie goed ontwikkel, bespiering is baie goed en daar is genoeg diepte en

kapasiteit aan die bul. Sprong van rib is baie goed en daar is geen morsvleis aan die bul nie. Hy doen ook baie goed

tydens die groeitoets met GDT indeks van 114 en Kleiber indeks van 112. Hy groei uitstekend en maak in die top gedeelte

van sy groep klaar. Hier is vleis, goeie bespiering en uitstekende groei in een bul!

Sy teelwaardes is van die beste en jy kan nie vir beter vra nie.

ERH 10-18 is ‘n top bul maar vertoon klein bietjie wit op die onderlyn. Stoettelers mag daarteen diskrimineer en dan

kan ernstige kommersiële telers ‘n kans hier kry om ‘n uitstekende bul te bekom. Wit op die onderlyn is van geen

ekonomiese waarde maar die Bonsmara beleid is om diere so rooi as moontlik te teel. Dit is wat ons probeer doen.

LOT 36 : HART 10 - 182

Hy is geteel uit MMJ 03-164 en BHE 00-114. Sy is ‘n uitstaande koei met OEK van

29 mnde, TKP van 391 dae oor 10 kalwers en Reproduksie Indeks van 110. Sy is nou

dragtig gesertifiseer met haar 11de kalf. Van die koeie word net beter hoe ouer hulle

word. Solank haar tande hou, sal sy produseer.

HART 10-182 is ‘n mediumraam (tipe 3,5) bul wat weereens baie goeie

aanpasbaarheidseienskappe wys. Vel en haar is blink en glad, vel is beweeglik en

goeie dikte van 16 mm. Jy kan sommer dadelik sien dat hy aangepas en tevrede in sy omstandighede is. Die stert is

lank met goeie aanhegting, skofontwikkeling is goed en die bene is sterk met goeie kloue. Hy is op die klip plaas en sy

loopvermoë op en tussen die klippe is uitstekend.

Hy is manlik met sterk kop, goeie oogbanke, mooi verdonkering en goed gevormde skrotum. Hy gee dadelik die indruk

van ‘n robuuste en manlike bul wat presies weet wat om hom aangaan. Skrotumomtrek was 33,4 cm aan end van

die groeitoets en is nou voor-veiling 41 cm. Sy skede/naelvel kombinasie kom beter wees.

HART 10-182 se bouvorm, lengte (hoogte/lengte verhouding van 1:26), toplyn en bespiering is alles baie goed. Hy

vertoon baie goeie kruishelling en kruislengte, sterk agterkwart met goeie dye, breë hakke en mooi breedte reg deur.

Kapasiteit en diepte is genoegsaam en die skilpadspier en voorarms wys goeie bespiering. Jy kan sommer dadelik

sien dat daar baie vleis aan die bul is en dat sy raamwerk reg is. Hy is baie goed in balans met agterkwart, middelstuk

en voorkwart mooi in verhouding. Hy is ‘n Top Presteerder met speenindeks van 106 (hy weeg 301 kg op speen), GDT

indeks van 111, Kleiber indeks van 102, pelvisindeks van 107 en Veldbul toets indeks van 114.

Sy teelwaardes is baie goed met slegs die speen maternale waarde onder rasgemiddeld. Sy groeivermoë, voerdoeltreffendheid

en reproduksievermoë teelwaardes is van die beste. Hy presteer dan ook soos sy teelwaardes aandui.

HART 10-182 is ‘n baie goeie bul met uitstekende kwaliteite en eienskappe. Kyk mooi of jy vir hom kan plek maak

in jou kudde. Jy sal nie spyt wees nie en hy sal die eienskappe waarop hy sterk is, deeglik aanspreek in jou kudde.

Besoek gerus ons webwerf

www.bonsmara.com.na

vir baie meer inligting oor die veiling!

Sien ons belofte oor gratis vervoer in Namibië.

Dit is maklik om diere vanaf Namibië na

Suid-Afrika te vervoer - ons doen dit vir jou, gratis!

20

LOT 37 : HART 10 - 162

Hy is geteel uit KHB 04-168 en VBB 07-220. Sy is verkoop aan Chris Visser van

Skatkis Bonsmaras. KHB 04-168 is verkoop as deel van die beskikbaarstelling van

beproefde stoetvaars aan Tollie van Tonder van Komaweer Bonsmaras.

HART 10-162 het ons self in die stoet gebruik. Hy het ons as jong bul beindruk,

veral ten opsigte van bouvorm, agterkwart, goeie kondisie op die veld en manlikheid.

Al 3 vleiseienskappe soos gemeet met ultrasoniese skandering het ons beïndruk -

vroeë vetneerlegging, grootte van oogspieroppervlakte en marmering. Hy bly in goeie kondisie op die veld, selfs nou wat

die weiding skraps raak, is hy nog steeds van die bestes met betrekking tot kondisie.

Hy is uitstekend aangepas vir die ekstensiewe toestande - vel en haar is baie goed, skofontwikkeling is goed en bene

is sterk met baie goeie kloue. Hy wys baie goeie manlikheid met sterk kop, goeie oogbankontwikkeling, mooi

verdonke-ring in die nekarea en ‘n baie goeie skrotum. Skrotumomtrek was 33,5 cm by end van groeitoets en meet nou

voor-veiling 40 cm. Dit is simmetries, glad en hang mooi.

Hy is ‘n mediumraam bul wat verkieslik net op koeie gebruik moet word. Sy sterk bespiering, uitstekende breedte reg

deur, swaarder geboortegewig (40 kg) en baie goeie groeivermoë maak dat hy nie geskik is om op verse te gebruik nie.

Daar is goeie lengte (hoogte/lengte verhouding 1:23), genoegsame kapasiteit en diepte en ‘n sterk toplyn met goeie

kruis. Hy is ‘n Top Presteerder met speenindeks (101), GDT indeks (116), Kleiber indeks (116) en Veldbul toets indeks

(118). Hy doen orals goed en dit is veral op die veld waar hy tot sy reg kom. Hy is nog steeds tussen die koeie - en ek sal

hom eers 15 April uithaal. Kyk gerus na sy kondisie op die foto vir ‘n bul wat nog werk by koeie, wat nog moet vat.

Sy teelwaardes is deurgaans baie goed. Hy is swaarder as rasgemiddeld op geboortedirek maar van daar af is al die

teelwaardes vir groeivermoë, voerdoeltreffendheid, liggaam mates en reproduksievermoë van die beste.

Soos julle deur die bulbeskrywings lees word ‘n prentjie gevorm oor wat vir ons baie belangrik is op Hartebeestloop.

Goeie groei op die veld, vinning regte kondisie bereik, goeie bespiering met uitstekende bouvorm, gebalanseerde

teelwaardes en uitstaande eie prestasies - dit alles kry jy in HART 10-162. Stoettelers moet mooi na die bul kyk.

LOT 38 : HART 10 - 88

Hy is geteel uit MMJ 03-164 en BHE 03-005. MMJ 03-164 kom vanaf Dr Wynand

Basson en sy bynaam was “Dikgat”. Dit het natuurlik verwys na sy uitstekende

agterkwart. Die bul is ongelukkig dood. BHE 03-005 se OEK is 29 mnde, TKP van

447 oor 7, Reproduksie Indeks van 101, haar speengewigverhouding is 47,4% en sy

het 100% stoetgoedkeuring van kalwers aangebied. Dit is so dat die Fortress koeie

oor die algemeen uitstaande gedoen het by ons.

HART 10-088 is ‘n mediumraam (raamtipe 3,5) bul wat slegs op koeie gebruik kan word. Hy is swaarder as

rasgemiddeld op geboortedirek, uitstekende groeivermoë, swaar Volwasse Gewig, sterk beenstruktuur, harde

bespiering en hoë Skouerhoogte afmetings. Dit alles is kontra-indikasies vir sy gebruik op verse. Hy het baie goeie

aanpasbaarheidseienskappe - gladde, blink vel en haar, mooi skof, baie sterk bene met goeie kloue en baie goeie

loopvermoë. Hy het baie goeie balans en is goed “aanmekaar gesit”.

Daar is goeie manlikheid - sterk, manlike kop, goeie oogbanke, mooi verdonkering met goeie skrotum. Die skrotumomtrek

was 31,6 cm aan die end van die groeitoets en meet nou voor-veiling 42 cm. Dit hang simmetries en die vorm is

mooi. Sy skedehoek en lengte pla bietjie maar dit is nog steeds ver binne die rasstandaard.

HART 10-088 se sterkte is in sy vleiseienskappe. Daar is lengte (hoogte/lengte verhouding 1:21), goeie

bespiering, diepte deur die voorlyf, kapasiteit en sterk toplyn. Die agterkwart, kruis se lengte en helling asook buite

dye is alles mooi gevorm en met baie vleis gepak. Hy is ‘n lang bul en gewoonlik neig die lang bulle om effens kaal op

die lende te wees. Sy lende is vol vleis. Die hakke is breed en die spiere strek laag af op die hakke. HART 10-088 se

profiel is die van ‘n vleisbees bul!

Sy teelwaardes is tipies wat verwag kan word van so ‘n bul. Swaar op geboorte, laer as rasgemiddeld op melk,

uitstaande groeivermoë, goeie voerdoeltreffendheid en groot liggaammates. Sy gemiddelde daaglikse gewigstoename

indeks is 101 en sy Veldbul indeks is 102. Nieteenstaande sy groter raamwerk, is hy goed aangepas en presteer goed

tydens die Veldbul toets.

As jy ‘n speenkalwers en/of osse produseer, hier is die bul vir jou. Dit speel nie ‘n rol of jy suiwer Bonsmara of ‘n

kruisteelstelsel be-oefen nie. Hy sal aanpasbaarheid en baie goeie groei inbring. Hy sal ook goed doen in enige stelsel

waar jy raamgrootte, gewig en groei wil verhoog - natuurlik binne perke vir ons ekstensiewe toestande.

21

LOT 39 : HART 10 - 111

Hy is geteel uit HJS 03-016 en NGO 00-095. Ons het deur die jare baie sukses gehad

deur spesifieke RSA bulle met die meer respiratoriese Namibiese vroulike diere te

paar. AG 98-338 en HJS 03-016 is beide bulle wat baie goed gedoen het met hierdie

tipe van “korrektiewe” paring. NGO 00-095 kom van Woestyn Bonsmaras - OEK is 25

mnde., TKP is 436 dae oor 9 kalwers, gemiddelde speenindeks is 110 oor 7, Reproduksie

Indeks is 105 en sy behaal 80% stoetgoedkeuring van kalwers aangebied.

HART 10-111 is ‘n mediumraam, “All Rounder All Purpose” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Dit is seker

een van die bulle met die beste aanpasbaarheidseienskappe op die veiling. Hy is glad en blink van vel en haar, dik

en beweeglike vel (sien wye velvoue in nek en keelvel), goeie skof, lang stert, skoon onderlyn en sterk bene en kloue.

Daar is goeie manlikheid - kop is sterk, oogbanke is dik en mooi, goeie verdonkering en mooi skrotum. Skrotum meet

30,8 cm aan end van groeitoets en nou voor-veiling 38 cm.

Hy kom uit ‘n goeie ma met genoeg melk en speen 292 kg met ‘n speenindeks van 115. Hy doen goed tydens die

ekstensiewe groeitoets met gemiddelde daaglikse gewigstoename indeks van 105. HART 10-111 se aanpasbaarheid

en gehardheid kom duidelik deur met sy Veldbul toets indeks van 104. Hy is deur en deur ‘n bul vir geharde en ekstensiewe

omgewings.

Hy vertoon goeie bouvorm met sterk toplyn, goeie kruis in lengte en helling met mooi stertaanhegting. Daar is goeie

diepte, kapasiteit en breedte met oorgenoeg bespiering. Die dye is vol en die agterkwart vertoon goed. Hy vertoon

goeie lengte met hoogte/lengte verhouding van 1: 20. Sy bene is fyner soos wat van ‘n versbul verwag word maar,

daar is oorgenoeg been vir goeie spieraanhegting en uitstekende loopvermoë. Sy teelwaarde vir vroeë vetneerlegging

is van die beste en dit kan duidelik gesien word in sy kondisie en verklaar ook waarom hy so goed presteer in die veld

met minimale insette. Party diere is net vinniger veiling- of mark gereed as ander. Dit is ‘n baie belangrike ekonomiese

voordelige eienskap.

Sy teelwaardes is uitstekend en hy wys tipiese kurweknakker waardes - baie lig op geboorte en daarna groei hy

dat dit klap. Hy is hoog op melk teelwaarde en sy nageslag behoort ook baie goeie melkeienskappe te hê.

HART 10-111 is bul wat op elke faset van be-oordeling baie goed gedoen het. Sy stamboom, eie prestasies,

teelwaardes en ander ekonomiese belangrike eienskappe is almal deur die bank baie goed. Dit is ook hoe hy by die

koper sal presteer en sy nageslag behoort ook goed te doen. Hy het effe wit onder die onderlyn en stoettelers sal

daarteen diskrimineer. Vir die kommersiële boer is hierdie geleentheid om ‘n uitstekende bul aan te skaf.

LOT 40 : HART 10 - 71

Die bul is geteel uit HJS 03-16 en AG 04-441. Haar OEK is 38 mnde met ‘n TKP van

362 dae oor 5 kalwers. Sy is verkoop aan Laurentius Julius in 2011. HJS 03-16 is ‘n

RCO 98-37 seun wat ons baie sterk in die kudde gebruik. Hy teel goeie bouvorm met

uitstekende kapasiteit, mooi skrotums en ook goeie melkeienskappe. Sy teelwaardes

bly ook konstant baie goed en daar is nie verassings nie.

HART 10-71 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en

verse gebruik kan word. HJS 03-16 teel baie goeie aanpasbaarheidseienskappe en

dit kan duidelik gesien word by HART 10-71. Sy vel en haar is baie goed, nekvel is genoegsaam met goeie velvoue

in die nekarea, skofontwikkeling is goed en die stert is lank. Hy vertoon sterk bene met goeie kloue - daar is genoeg

breedte oor die hakke vir spieraanhegtings.

HART 10-71 is manlik met goeie sekondêre manlikheidseienskappe - goeie oogbanke, mooi verdonkering in die

nekarea en ‘n goeie skrotum. Hy kon sterker wees in die kop. Skrotumomtrek was 36,1 cm aan die end van die

groeitoets en meet nou voor-veiling 40 cm. Skrotum hang ook baie mooi.

Hierdie bul dra baie vleis op ‘n mediumraam skelet. Toplyn is sterk met baie goeie kruis en stertaanhegting. Lendes

en kruis is goed gevul met vleis, agterkwart is sterk met goeie binne en buite dye. Onderlyn is goed met mooi skede/

naelvel kombinasie. Daar is goeie lengte (hoogte/lengte verhouding 1:22), goeie diepte en kapasiteit, genoeg breedte

en mooi bespiering. Hy is ‘n “natter” tipe bul sonder die gedefinieërde bespiering. Sy teelwaardes vir vroeg vetneerlegging,

grootte van oogspieroppervlakte en marmering is almal bo die rasgemiddeld. Hierdie kombinasie van goeie

vleiseienskappe prestasie tesame met goeie groei op die veld, is die ideaal vir vleisbeeste. HART 10-71 het dit alles.

Sy teelwaardes is reg deur uitstekend. Hy is ‘n Top Presteerder en speen op indeks 100, groei op GDT indeks

van 105, veldvoeromset soos weergegee deur Kleiber indeks van 106, pelvisindeks van 103 en Veldbul toets indeks

van 109. Jy kan mos nie vir beter prestasie as dit vra nie. Vergelyk sy teelwaardes met eie prestasies en dan kan jy die

werklike waarde van die bul sien.

HART 10-71 is ‘n bul wat sy werk orals oor goed gaan doen. Hy is in elke faset van prestasietoetsing, funksionele evaluering

en strukturele korrektheid ‘n uitstaande bul. Ek is oortuig van sy vermoëns en gee hom gerus ‘n kans in jou kudde!

22

LOT 41 : HART 09 - 302

Hy is geteel uit MMJ 03-164 en AG 03-175. Sy is ‘n vers wat op die RSA Bonsmara

Nasionale Veiling aangekoop is en het aanvanklik swaar gekry op Hartebeestloop.

Haar TKP tussen 1ste en 2de kalf was 533 dae maar sy het in tussen baie goed

aangepas en haar laaste 2 TKP’s op Hartebeestloop is 373 en 396 dae onderskeidelik.

Dit is nie maklik vanaf die koue Oos-Vrystaat met baie reën na die warm en droë

Kalahari nie. Diere met hoë en goeie genetiese potensiaal kom wel tot hul reg sodra

die aanpassingstydperk verby is. Haar OEK is 23 mnde, sy speen teen 47,4% van haar liggaamsmassa, Reproduksie

Indeks van 104 en 100% stoet goedkeuring van al 4 haar kalwers aangebied. MMJ 03-164 kom vanf Dr Wynand Basson

van Standerton en kyk gerus na sy ander seuns ook op die veiling.

HART 09-302 is ‘n uitstekende mediumraam bul met pragtige aanpasbaarheidseienskappe. Donker bul met baie

goeie vel en haar, vel meet 16 mm in dikte en kyk gerus na die wye velvoue in nekarea. Daar is goeie skofontwikkeling,

lang stert en baie sterk bene en kloue. Hy is een van die bulle wat altyd uitstaan op eerste indrukke en opvallend is

weens die blink vel en haar.

Hy wys uitstaande manlikheid - baie sterk kop, van die beste oogbanke op die veiling, hy is robuust en tipiese bul!

Daar is goeie verdonkering en ‘n baie goeie skrotum - in vorm, simmetrie en posisie. Die skrotum meet 37 cm aan end

van groeitoets en nou voor-veiling 41 cm. Sy manlikheid is indrukwekkend.

HART 09-302 vertoon goeie bouvorm, genoeg diepte en kapasiteit, goeie bespiering en mooi hoogte/lengte

verhouding van 1: 20. Die toplyn is sterk, hy vertoon goeie kruis - lank, met regte helling en vol vleis. Stertaanhegting is

goed. Hy dra baie vleis en dit kan gesien word in sy goeie bespiering, goeie agterkwart, binne dy areas agter wat goed

gevul is met vleis en lendes wat vol vertoon. HART 09-302 het baie goeie groeivermoë en sy GDT indeks en Kleiber

indeks is 106 en 105 onderskeidelik. Beide sy pelvisindeks en Veldbul indekse is goed.

Sy teelwaarde is goed gebalanseerd met slegs die melkwaarde wat ek graag beter sou wou sien. Hy vertoon uitstekende

groeivermoë, voerdoeltreffendheid, ligaammates en reproduksievermoë teelwaardes. Dit gekoppel aan sy eie

goeie prestasies maak van hom ‘n bul om van notisie te neem.

HART 09-302 is ‘n bul waarna stoettelers gerus kan kyk. Daar is uitstaande kwaliteite en eienskappe wat hy bied.

Hy is gewis ‘n bul wat jou nie sal teleurstel nie!

LOT 42 : HART 09 - 253

Hy is geteel uit AG 98-338 en AEJ 06-090. Jy sal op let dat ons gereeld die AG

en AEJ gene kombineer het. Dit werk goed vir ons - vanaf AG kant die goeie bul

bespiering en vanaf AEJ die groter koei volume. AEJ 06-090 se OEK is 29 mnde,

TKP van 386 dae oor 5, speenindeks van 100 oor 5, Reproduksie Indeks van 111 en

75% stoetgoedkeuring van kalwers aangebied. Sy is ‘n goeie ma met baie melk en

speen HART 09-253 teen 288 kg.

HART 09-253 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en goed uitgegroeide verse gebruik kan

word. Mooi donkerrooi bul met baie goeie aanpasbaarheid. Dit kry hy grotendeels van sy pa. Vel en haar is uitstaande,

hy blink soos ‘n spieël, daar is goeie skofontwikkeling, lang stert vir die lastige steekvlieë in die Kalahari en sterk bene

en kloue vir ver loop.

Daar is mooi manlikheid in die bul met sterk kop en goeie oogbankontwikkeling, mooi verdonkering en ‘n baie goeie

skrotum. Dit hang perfek en is simmetries. Skrotumomtrek aan die end van groeitoets was 36,6 cm. Dit is nou voorveiling

40 cm. Hy is die “Jack Russel” onder die veilingsbulle - nie die grootste in postuur nie maar staan nie terug nie!

HART 09-253 wys baie goeie bespiering, is ‘n lang bul (hoogte/lengte verhouding is 1:20) met genoeg kapasiteit en

diepte. Die toplyn is sterk en eindig in ‘n goeie kruis - regte helling, lank en vol vleis. Die oogspieroppervlakte meet ook

groter as die rasgemiddeld. Hy is dik en breed oor die rug. Binne en buite dye is goed gevul en die vleis sak laag af in

die “twist” area. Hy is ‘n klipharde bul wat enige plek goed sal aanpas en presteer.

Sy teelwaardes is baie goed. Swaarder op geboortedirek as die BLUP rasgemiddelde waarde (Onthou - hy weeg

slegs 29 kg by geboorte maar hy is een van ‘n tweeling). Sy groeivermoë, voerdoeltreffendheid, liggaammates en

reproduksievermoë is uitstekend. Hy het ook ‘n baie goeie pelvisindeks van 108 - pelvismates is geneties matig tot

hoog erfbaar. “Groot genoeg” pelvismates is vasgeteel in die Hartebeestloop kudde - ons selekteer al jare daarvoor.

HART 09-253 is ‘n staatmaker bul en sal sy deel goed en genoeg kere doen ongeag waarheen hy gaan.

Kommersiële telers kan gerus na hom kyk as veilige bul wat baie goeie eienskappe vertoon.

23

LOT 43 : HART 09 - 255

Hy is geteel uit AG 98-338 en AEJ 06-213. Sy is een van die top koeie op Hartebeestloop

met OEK 23 mnde, TKP 360 dae oor 5 kalwers, Reproduksie Indeks van

121 en speen haar kalwers teen 47,8% van haar liggaamsmassa. Sy het werklik

goed aangepas by ons en “nick” baie goed met AG 98-338. Stoetteling gaan maar

baie daaroor om die regte kombinasies te kry.

HART 09-255 is ‘n mediumraam bul wat uitstekend sal doen in enige speenkalf of

os produksiestelsel. Die bul is baie goed in balans met goeie aanpasbaarheidseienskappe. Let gerus op die sterk bene

van die bul en die breë hakke vir spieraanhegting. Sy kondisie op die veld wys dat daar goeie aanpasbaarheid is, - hy

tel maklik kondisie op en behou konstitusie deur die seisoene. Hierdie bul kan na enige area gaan en hy sal aanpas en

goed presteer.

Hy is ‘n robuuste en manlike bul. Sy kop is sterk met goeie oogbankontwikkeling, mooi verdonkering, dik nek wat

vol vleis is en goed gevormde skrotum. Hy is die hele tyd aan die “praat” wanneer hy aangejaag word na die kraal en

gedurig besig om die besembossies op die duin uit en om te dolwe. Hy is ‘n besige bul!

HART 09-255 wys goeie lengte, goeie kapasiteit en diepte, genoeg bespiering en goeie breedte. Sy oogspieroppervlakte

het groter as die rasgemiddeld gemeet en jy kan die algehele goeie bespiering daarvan aflei. Hy dra ‘n klomp

vleis - let op die vol lende en kruis asook die dye. Die breedste deel van die bul van agter gesien, is sy buite dye en dit

is mos wat ons wil hê in ‘n vleisbees.

HART 09-255 se teelwaardes is goed behalwe vir sy skrotumteelwaarde wat negatief is. Sy skrotumomtrek was 32,5

cm aan die end van die groeitoets en nou voor-veiling 39,5 cm. Sy pelvisindeks van 104 dui ook aan dat sy vroulike

nageslag nie maklik kalfprobleme sal hê nie.

HART 09-255 sal ‘n baie goeie koop wees vir die speenkalf of osprodusent. Daar is goeie groei met baie goeie

vleiseienskappe in die bul. Sy kalwers gaan gewig dra en goeie geld verdien. Kommersiële boere kan gerus ‘n

regmerkie langs sy nommer maak.

LOT 44 : HART 10 - 19

Hy is geteel uit KHB 04-168 (Johan Myburgh Kings Heath Bonsmaras) en BHE

04-187. Haar OEK is 27 mnde, TKP van 364 dae oor 6 kalwers, gemiddelde

speenindeks van 100 oor 6 en Reproduksie Indeks van 116. Al haar kalwers is bulle

en sy het ‘n 80% stoet goedkeuring van haar bulkalwers. Baie goeie bulle uit haar is

verkoop aan Edward Hansen (EMOK Bonsmaras), Andrè du Plessis en Arnold Klein.

Sy doen uitstekend by ons en is deel van die top groep Elite koeie.

HART 10-19 is ‘n mediumraam bul met baie goeie aanpasbaarheidseienskappe. Reg deur van vel en haar,

skofontwikkeling, stert, bene en kloue is hy gebou vir die ekstensiewe omgewings. Ons maak al hoe meer gebruik

van kondisie punt op die veld gedurende die Veldbultoets om aanpasbaarheidseienskappe te korreleer met kondisie op

die veld. Dit is omtrent altyd so dat goeie kondisie punt hoogs gekorreleer is met aanpasbaarheid soos die Bonsmara

dit evalueer. HART 10-19 is weereens een van die bulle met uitstekende teelwaardes vir vleiseienskappe (vroeg

vetneerlegging en baie groot oogspieroppervlakte). Hy kombineer dit met baie goeie groei tydens groeitoets - GDT

indeks van 105 en Kleiber indeks van 104. Hy presteer uitstekend tydens Veldbul toets met indeks van 110. Goeie groei

op die veld en vinnig in regte kondisie kom - dit is presies wat jy kry met HART 10-19.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is goed ontwikkel - kop is manlik en sterk, goeie oogbanke, breë bek, goeie

breedte tussen die oë en mooi verdonkering in die nekgedeelte. Sy skrotumomtrek was 38 cm aan end van groeitoets

en is nou voor-veiling 42 cm. Ongelukkig is die skrotum gedraai soos op die foto gesien kan word. Die kyk-weer

keurders sal ‘n waardebepaling maak die dag voor die veiling en ons berus by hulle besluit.

HART 10-19 het goeie bouvorm, baie goeie diepte en kapasiteit, uitstekende breedte en sterk toplyn. Agterkwart,

kruis, dye en lendes is goed vol vleis. Sy onderlyn is goed met mooi skede/naelvel kombinasie. Daar is goeie lengte

met hoogte/lengte verhouding van 1:23.

Sy teelwaardes is deurgaans baie goed. Hy is swaar op geboortedirek (geboortegewig is 45 kg) maar op Volwasse

Gewig, Skouerhoogte en voorkoms wys hy duidelik dat hy ‘n mediumraam dier is.

HART 10-19 is baie gewild by die personeel op plaas. Hulle meet, weeg, tel bosluise, gee kondisie punte en

be-oordeel beeste daagliks vir funksionele doeltreffendheid en strukturele korrektheid - hulle opinie is baie werd.

24

LOT 45 : HART 10 - 188

Hy is geteel uit WAT 04-339 en WCS 07 - 54. Sy is verkoop aan Chris Visser van

Skatkis Bonsmaras in 2011. WAT 04-339 is ons “vleisbul stoetvaar” op Hartebeestloop.

Hy teel konstant baie goeie vleiseienskappe en sy nageslag is oor die

algemeen top presteerders waar vleiseienskappe gemeet word. Hulle doen konstant

goed met ultrasoniese skandering en ons kan duidelik sien dat die eienskap van

vroeg vetneerlegging en vroeg in kondisie kom op die veld, hoogs oorerfbaar is by

hom! Sy verse is altyd van die heel eerstes wat se kondisie reg is om bul te vat.

HART 10-188 is ‘n mediumraam All Rounder All Purpose bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Ons het die

WAT 04-339 bloedlyn met groot sukses op jong verse gebruik. Hy vertoon uitstekende aanpasbaarheidseienskappe

met pragtige vel en haar, dik vel wat 19 mm meet, wye velvoue, sterk skof, lang stert en sterk bene met goeie kloue.

Aanpasbaarheid word ook gemeet tydens die Veldbultoets en sy Veldbul indeks van 122 wys dat hy absoluut uitstekend

gedoen het. Hy is altyd in goeie kondisie op die veld.

Hier is ‘n manlike bul met sterk kop, aanvaarbare oogbanke, goeie verdonkering en baie goeie skrotum. Sy skrotumomtrek

was 37,6 cm aan end van ekstensiewe groeitoets en nou voor-veiling is dit 44 cm. Die skrotum hang perfek

simmetries en is glad.

HART 10-188 is ‘n baie goed gebalanseerde bul met uitstekende vleiseienskappe. Sy bouvorm is baie goed met

goeie lengte, breedte, diepte en kapasiteit. Toplyn is baie sterk met goeie kruishelling en kruislengte, agterkwart is goed

ontwikkel en die dye is vol vleis. Sy bespiering is ook baie goed. Hy speen 273 kg met ‘n speenindeks van 100, GDT

indeks van 115, Kleiber indeks van 112, pelvisindeks van 103, Veldbul indeks van 122 en teelwaardes vir oogspieroppervlakte,

vroeë vetneerlegging en marmering almal bo die rasgemiddeld. Hierdie is uitstaande prestasies!

Sy teelwaardes is ook uitstekend en presies waar almal van ons dit verkies.

HART 10-188 kom laat in die veilingsring. Ons moet egter ook goeie diere hou vir laaste anders neig die veiling om

dood trek na die end se kant! Kyk baie mooi na die voorkoms van die bul, sy stamboom, sy eie gemete prestasies, sy

teelwaardes en alle ander ekonomiese belangrike eienskappe wat gemeet is en maak dan ‘n goed ingeligte besluit!

LOT 46 : HART 09 - 246

Hy is geteel uit die staatmaker AG 98-338 en AEJ 06-049. Die kombinasie tussen

Arcadia Bonsmaras en NOSA Bonsmaras het by verskeie geleenthede goed gewerk

vir ons. AEJ 06-049 se OEK is 27 mnde, TKP van 371 dae oor 5 kalwers, Reproduksie

Indeks van 115 en 100% stoetgoedkeuring van kalwers aangebied.

HART 09-246 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en

uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy het van die beste aanpasbaarheidseienskappe

op die veiling. Sy vel en haar is uitstaande, dit is glad en blink, los en goed beweeglik en sy hitte regulering is

sekerlik van die beste. Sy stert is lank, daar is mooi skofontwikkeling en baie sterk bene en kloue. Sy loopvermoë oor

die duine en in die los sand is van die beste. Dit is ‘n robuuste bul met goeie manlikheid, goeie oogbanke, mooi verdonkering

in die nekarea en goed gevormde skrotum. Dit hang simmetries en is van goeie grootte. Skrotumomtrek was

34,6 cm aan end van groeitoets en is nou voor-veiling 39 cm.

HART 09-246 se bouvorm, lengte en bespiering is van hoogstaande gehalte. Die toplyn is sterk, kruis en agterkwart

is baie goed en so ook die binne en buite dye. Daar is goeie breedte, genoegsame kapasiteit en mooi diepte deur die

voorlyf met die lendes en kruis wat goed gevul is met vleis. Die hakke is breed en die spieraanhegtings strek tot laag af

op die hakke. Die skilpadspier is goed ontwikkel en die voorarms is goed bespierd en breed. Die stertaanhegting kon

beter gewees het en so ook die naelvel/skede kombinasie. Dit doen egter nie afbreek aan die ander uitstaande eienskappe

wat die bul vertoon nie.

Sy teelwaardes is aanvaarbaar - laag op geboortedirek (geboortegewig 31 kg) met matige groeisyfers.

HART 09-246 is ‘n sterk bul vir die kommersiële mark. Stoettelers mag teen die growwe stertaanhegting en

skede/naelvel kombinasie diskrimineer en die bul laat verby gaan. Dit skep baie goeie geleentheid vir die kommersiële

boer om ‘n bul van hoogstaande genetiese potensiaal te bekom. Hy sal uitstekend doen in enige kudde - hetsy suiwer

Bonsmara of in ‘n kruisteelstelsel.

25

LOT 47 : HART 09 - 306

Hy is geteel uit AG 03-29 en en HART 07-57. Sy kom uit van die heel beste presterende

moederlyne op Hartebeestloop. Beide sy en haar moer BHE 04-104 is deel

van die “Royal Family” van koeie op Hartebeestloop. Haar OEK is 20 mnde, TKP van

361 dae oor 5 kalwers, gemiddelde speenindeks van 102 oor 4 kalwers, Reproduksie

Indeks van 116 en 100% stoetgoedkeuring van kalwers aangebied. Hierdie

moederlyne is uitsonderlik, moeilik om te teel en vorm die basis waarop ons kudde

gebou is. Die kombinasie met AG 03-29 het hier goed gewerk.

HART 09-306 is ‘n mediumraam bul wat verkieslik net op koeie gebruik moet word. Hy is breed met baie harde

bespiering en dit mag kalfprobleme gee met verse. Hy vertoon baie goeie aanpasbaarheidseienskappe met pragtige vel

en haar, goeie skofontwikkelling, sterk bene en kloue met lang stert, Hy weeg swaar en dra ‘n klomp vleis maar beweeg

sò gemaklik oor die duine dat dit opvallend is. Hy sak amper tot onder sy kote in die los sand maar dis geen probleem

vir hom om lang afstande af te lê nie. Dit is hierdie tipe bulle wat die Bonsmara vestig as ras van keuse in die Kalahari.

Daar is oorgenoeg manlikheid in die bul met sterk kop, goeie verdonkering en goed gevormde skrotum. Dit meet 32,2

cm aan die end van die groeitoets en nou voor-veiling 38 cm. Dit is glad en hang simmetries. Die skrotum teelwaarde is

egter negatief. Die onderlyn is goed en die skede/naelvel kombinasie is ook baie goed.

HART 09-306 dra baie vleis. Daar is goeie lengte (hoogte/lengte verhouding van 1;22), sterk toplyn, goeie kapasiteit,

baie goeie diepte deur die voorlyf en goeie bespiering. Die dye is goed ontwikkel, agterkwart is mooi en die kruis se

helling en lengte is goed. Die lende en kruis areas is goed opgevul met vleis. Die hakareas is skoon en breed met goeie

oppervlakte vir spieraanhegting (vleisaanhegting).

Sy teelwaardes is goed met uitstekende groeivermoë, baie goeie voerdoeltreffendheid en die regte liggaammates. Hy

groei dat dit klap tydens die ekstensiewe groeitoets en eindig met GDT en Kleiber indekse van 107.

Stoettelers sal die bul penaliseer weens die skrotumomtrek teelwaarde wat negatief is. Dit maak die deur oop vir

kommersiële boere om ‘n top bul te bekom teen ‘n redelike prys. HART 09-306 sal ‘n groot bydrae maak in enige kudde

en boere kan maar mooi kyk na hom. Sy waarde in ‘n opteel program of in kruisteling sal baie groot wees.

LOT 48 : HART 09 - 294

Hy is geteel uit BHE 04-35 wat ‘n RCO 98-37 seun is. Die moer is GBS 06-120 uit die

Hakplaas Bonsmara stoet. Haar OEK is 25 mnde, TKP van 349 dae oor 3 kalwers,

Reproduksie Indeks van 121 en ‘n speengewigverhouding van 57,1%. Sy is in Mei

2011 verkoop met ‘n sterk bulkalf aan Volker en Zonika Kreft van Omuronga Bonsmaras.

Die RSA Bonsmara gene loop wyd in Namibië.

HART 09-294 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en

verse gebruik kan word. Hy kom uit ‘n beproefde bloedlyn van versbulle. Hy wys baie goeie aanpasbaarheid met goeie

vel en haar, mooi skof en lang stert. Die bene is effens fyner soos verwag word van ‘n bul wat op jong verse gebruik

kan word. Die onderlyn is skoon met goeie skede/naelvel kombinasie. Funksioneel en struktureel is hy baie korrek en ‘n

veilige bul om mee te werk.

HART 09-294 wys goeie manlikheid met sterk kop en goeie verdonkering. Die skrotum is goed gevorm en hang

mooi. Dit meet 34,5 cm aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 36 cm. Hy is ‘n besige bul en heel tyd aan die

roei en stoei met die ander bulle in sy groep. Daar sal nie fout wees met sy libido nie.

Daar is goeie vleiseienskappe aan die bul. Hy het goeie lengte (hoogte/lengte verhouding van 1:21), genoeg

bespiering, sterk toplyn en aanvaarbare diepte deur die voorlyf. Die kruis se helling en lengte is goed en dit vorm deel

van ‘n goeie agterkwart met mooi binne en buite dye.

Die teelwaardes is goed gebalanseerd en presies soos verwag sal word van ‘n versbul. Die geboortedirek is laag en

daar is nie buitensporige groei, volwasse gewig en skouerhoogte data wat hinder nie. Hy wys ook ‘n baie groot pelvisindeks

van 116 wat groot voordeel behoort in te hou vir kalwingsgemak met sy nageslag.

HART 09-294 is ‘n sterk kommersiële bul wat goed sal doen in ‘n opteling of kruisteling program. As jy ‘n veilige bul

soek met goeie vleiseienskappe en aanpasbaarheid, moet jy weer na hom kyk.

26

ALGEMENE INLIGTING

1. Siektevrye status

Alle diere se gesondheidstatus is op dieselfde vlak - of dit kommersiële of stoetdiere is, maak geen verskil nie. Diere

se inentings is alles op datum. Hulle is geënt teen 3-dae-stywesiek, slenkdalkoors en knopvelsiekte en almal is

Multiminerale en Multivitamiene gespuit. Alle vroulike diere word as dragtig gesertifiseer of verkoop met kalf aan voet.

Oop verse word so gesertifiseer en kom met veearts aanbeveling dat hulle geslagsorgane klinies ondersoek is en dat

daar geen sigbare of kliniese abnormaliteite gevind is nie. Waar moontlik, haal ons die risiko uit die aankoop van diere.

Lees meer hieroor op ons webwerf.

2. Onvoorwaardelike Hartebeestloop waarborg van tevredenheid

Die veilingsbulle kom almal deur ‘n uitgebreide proses van prestasietoetsing en noukeurige meting van ekonomiese

belangrike eienskappe. Ons vertrou in die produk wat ons aanbied. Daarom gee ons ook die waarborg wat vir jou absolute

gemoedsrus moet gee – Onvoorwaardelike Hartebeestloop Waarborg van Tevredenheid!

3. Vroulike diere op die veiling

Kom vergewis jouself van die gehalte van die vroulike diere op die veiling. Hierdie vroulike diere behoort ‘n betekenisvolle

bydrae te lewer tot die gehalte van jou kudde. Die koeie en verse kom uit die harde Kalahari, Swartrante en

Hochfeld en behoort op enige ander plek net so goed, indien nie beter, te doen. Daar is altyd ‘n gesonde aanvraag na

goeie Bonsmara vroulike diere. Dit is ook reg so - ons is mos die moederlyn ras van keuse! Daar is meer as 150 vroulike

diere vir jou om uit te kies – dit sluit die vroulike diere van die gasverkopers in. Dit maak dit mos die moeite werd

om die veiling by te woon! Kyk gerus na die kalwers wat almal van baie goed tot hoogstaande gehalte is. Die dragtigheidstatus

van die vroulike diere sal op die dag van die veiling beskikbaar wees. Dragtigheidsertifikate sal deur die

veearts uitgereik word.

Vir die fynproewer stoetteler het ons die 6 beste dragtige verse uitgekies by elkeen van die gasverkopers. Dit is diere

van uitstaande gehalte en behoort ‘n groot bydrae te maak in enige kudde. Jy kry hier die beste wat die verskillende

telers in daardie jaar geteel het!

4. Gratis vervoer

Ons lewer gratis af - as die pad begaanbaar is word die diere op die plaas afgelewer. Ons lewer ook diere gratis af by

die groter sentra in die RSA aangesien ons vragmotors vir saad en kunsmis moet gaan vir die nuwe plantseisoen.

Voornemende RSA kopers kan ons hieroor kontak. Vir die persone wat self die vervoer en versekering van hulle diere

wil reël, sal dit beskikbaar wees tydens die veiling. As die diere ‘n paar dae moet oorstaan, is

dit in orde en Hartebeestloop personeel sal die diere versorg met goeie weiding. Die verblyf van die diere te Hartebeestloop

is op die koper se risiko.

5. Akkommodasie

Daar is ‘n verskeidenheid van gastehuise, B&B’s, gasteplase en hotelle, in of naby Stampriet. Ons het ‘n lys van beskikbare

akkommodasie in die area op ons webwerf (www.bonsmara.com.na) met kontaknommers daarby.

Stampriet (dorp) is ongeveer 35 km vanaf die plaas geleë. Mariental is weer omtrent 55 km vanaf Stampriet.

Ons ondervinding is dat meeste mense kom vir beide die Boeredag (30 Mei), sowel as die veiling (31 Mei). Maak dus

seker dat jy vroegtydig behuising bespreek!

Vir enige verdere inligting of hulp, kontak gerus:

Nico Visser :+ 264 (0)81 124 1168 ; nvisser@joggie.com.na

Octavia : orthodontics@joggie.com.na

27

6. Kaart en GPS koördinate

Kry meer inligting op ons webwerf :www.bonsmara.com.na (Veiling 2013/Algemene inligting)

7. Vervoer vanaf Windhoek op Vrydag 31 Mei

Vervoer is beskikbaar vir diegene wat graag net die veiling wil bywoon op 31 Mei 2013. Die bussie vertrek vroeg

oggend om 06H00 vanaf Windhoek en sal terugkeer direk na die veiling. Met die vertrektyd van 06h00 is daar genoeg

tyd vir gaste om nog steeds die veilingsdiere te besigtig asook ontbyt te geniet voordat die veiling begin om 11H00.

Indien jy belangstel, kontak Jaco van Vuuren 081 246 3245 (logistics@iway.na) vir ‘n sitplek op die bussie.

8. Standard Bank kan help met finansiering!

Dit is nou baie maklik om ‘n Hartebeestloop Bul of Hartebeestloop Vroulike Diere te bekom met behulp van

Standard Bank se Finansiering Skema.

Onderstaande gee die minimum vereistes wat Standard Bank stel.

DiE MiniMuM VEREiSTES OM ViR DiE HARTEBEESTLOOP STAnDARD BAnK

BuL FinAnSiERinG SKEMA TE KWALiFiSEER:

“Ken Jou Kliënte” vereistes wat benodig is:

• VIR INDIVIDUE:

• VIR CC OF MAATSKAPPYE:

- namibiese identiteitsdokument

- Geregistreerde naam van CC of maatskappy asook

- Skoon iTC krediet rekord

registrasie nommer

- Bewys van woonadres (bv nutsrekening/kiesers

- inkomste belasting opgawe en/of Belasting op

registrasie bewys/kleinhandel rekening ouer as 3 mnde) toegevoegte waarde (VAT) registrasie nommers

- Kontakbesonderhede

- Skoon iTC krediet rekord

- Bewys van inkomste

-‘n Bankkode sal aangevra word van kliënt se

-‘n Bankkode sal aangevra word van kliënt se

bankiers

bankiers

-‘n Bankverslag sal aangevra word van kliënte wat

-‘n Bankverslag sal aangevra word van kliënte wat

nie aan Standard Bank behoort nie

nie aan Standard Bank behoort nie

Vir verdere inligting kan die volgende persone by Standard Bank gekontak word:

Andre Botes (Sentraal) (061) 294 2476 Abie Blaauw (Okahandja) (062) 503 047

Eugene Hartung (Sentraal) (061) 294 2851 Johan van Wyk (Gobabis) (062) 562 423

Gerhard Mukuahima (Sentraal) (061) 294 2684 Adri Horn (Mariental) (063) 242 371

Herman Coetzee (Sentraal) (061) 294 2451 Petro Berry (Keetmanshoop) (063) 223 274

Andre Human (Rundu) (066) 256 728 Jan Hayward (Tsumeb) (067) 220 956

Johan Marais (Outjo/Omaruru) (067) 313 016 Johan Swart (Otjiwarongo) (067) 302 051

Lees gerus ook die volledige dokument aangaande Standard bank se voorwaardes vir finansiering op ons

webwerf : www.bonsmara.com.na (Veiling 2013 / Algemene inligting)

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!