05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1

1.1 Inleiding

Leesprestasie van leerders in die Republiek van Suid Afrika is onvoldoende. Slegs 39% van leerders is

leesvaardig. Na aanleiding van die Internasionale Lees en Geletterdheidstudie deur PIRLS (2008) is

bevind dat Suid- Afrika uit veertig lande die laagste vlak van geletterdheid beklee (Howie, Venter, van

Staden, Zimmerman, Long, Scherman & Archer, 2008: 33).

Daar is al baie gedebatteer oor moontlike faktore vir leerders se swak taalprestasie (Hugo, Le Roux,

Muller en Nel 2005: 210-25; Koen 2003). Leerders uit ʼn taalarm omgewing, het by skooltoetrede ʼn

taalagterstand, want hul word nie voldoende tuis gestimuleer nie. Die ouers beskik nie oor die kennis

en finansiële vermoë om’n opvoedkundige omgewing vir die kind te skep nie. Die leerders beskik nie

oor die nodige vaardighede om hul goed in hul moedertaal uit te druk nie. Die kind word aan die lot

van grootouers, kindersorg en bewaarskole oorgelaat en in die meeste gevalle word hierdie kinders na

skool alleen gelaat om na hulself om te sien. Die kinders het ook nie vrye toegang tot graad R-

onderrig nie, aangesien daar nie voorsiening gemaak word vir kinders om op ʼn veilige wyse die naaste

skool te bereik nie.

Die vraag wat in hierdie ondersoek gevra word, is watter vaardighede benodig word in die proses om

die konsep van gesproke woord na geskrewe woord oor te dra. Die invloed van ouditiewe persepsie en

fonemiese bewustheid op letterbegrip word ondersoek. Een van die meganismes wat in plek gestel kan

word, is die ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees by leerders met ʼn

taalagterstand.

Hierdie studie fokus op die effektiewe gebruik van ’n fonologiese en fonemiese aangepaste

bewustheidsprogram om die beginnerleser in aanvangslees te ondersteun om die nodige leessukses in

latere formele leesonderrig te bemeester. Daar word klem gelê op die belangrikheid van die

blootstelling van die kind in graad 1 aan onderrig in graad R en die invloed wat die stimulering en

voorbereiding op hierdie kind het. Die toelating van die kind in graad 1 wat nog te jonk is, maar steeds

binne die raamwerk van die toelatingsbeleid vir skooltoetrede val, wek groot kommer by die

opvoeders in skole van die landelike omgewing. Weens die groot agterstande van die kind uit die

taalarm omgewing is dit noodsaaklik dat hierdie kind op die ouderdom van 5 jaar in graad R ingeskryf

behoort te word sodat die jaar waarin die leerder sewe word, hy tot graad 1 toegelaat word.

1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!