Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Les 9 Datum: 30 April 2009 Letter - klankkorrespondering van die letters [ɛ] en [e:]. Leerders sit op mat. Stap 1: Leerders luister na rympie: Ek eet elke ertjie Ek eet elke ertjie een vir een, Een vir een is die ertjies heen Elsie die eendjie eet ertjies soos ek, Ek eet ook eendjies in ertjies se plek. Eend eet pere Eend eet pere, Eend eet vere, Vere is warm, Pere smaak darem! Leerders identifiseer die klanke wat hulle die meeste hoor. Ja, dit is die [ɛ] en die [e:]. Opvoeder wys aan leerders die [ɛ] en wys hoe dit geskryf word. Die hoofletter [Ɛ] word ook aan die leerder bekendgestel. Leerder voel aan die letters wat van rubber gemaak is. Leerder kry geleentheid om die letter met pypskoonmakers te vorm. Leerders moet ook aandui wie se naam met die klankie begin. Opvoeder stel ook [e:] bekend soos in die woorde een en twee (getalkaart). Opvoeder verduidelik dat dit soos ʼn tweeling is, want hulle staan altyd langs mekaar en dan sê ons dit lank bv. [e:]. Woorde wat met [e: ]geskryf word soos een, eet of see, nee, gee (wat die leerders die maklikste begryp). Opvoeder skryf die woorde neer en leerders lees dit. Stap 2: Opvoeder vra aan leerders watter klank hulle eerste hoor – een, eet, eers, eerste, eenders. Maak die volgende woord klaar deur elke keer ʼn [e: ] by te voeg. Opvoeder sê [s], die leerders sê [e:] om die woord, see, te vorm. Herhaal dit en wys wat julle by die see doen (mimiek om te wys hulle wee twat die woord se betekenis is). Doen so met vee, tee, nee, gee. Teken die [ɛ], asook die [e: ] in die lug. Opdrag: Leerders omkring alle [ɛ]-letters op, werkvel 9 (Bylaag E). 80

Waarneming/Refleksie Les 9 Leerders toon ʼn goeie begrip ten opsigte van onderskeiding tussen [ɛ] en [e:]. Dit kan toegeskryf word aan die ontwikkeling van fonologiese bewustheid wat die leerder in staat stel om assossiasies te maak teenoor dit wat hy hoor en die letter-klankkorrespondering wat van toepassing is. Leerders voltooi ʼn werkvel waar die letterklank weggelaat is en die leerder die letterklank invul om die woord waar te maak. Dit dien ook as hersiening om vas te stel of leerders die letterklanke wat aangeleer is, kan onthou en die assossiasie kan toepas, werkvel 10 (Bylaag E). 4.3.3 Natoets Na afloop van die aanleer van die letterklanke, word die natoets (sien Bylaag C) van die Yopp-Singer- toets vir fonemiese segmentasie deur leerders afgeneem om vas te stel of daar ontwikkeling plaasgevind het en of die programme wat saamgestel en gebruik is, effektief was. Die natoets is individueel in ʼn aparte lokaal afgelê onder die leiding van die navorser (sien 3.5.3). 4.4 Samevatting Die voortoets, intervensieprogram en natoets van fonologiese en fonemiese bewustheid het aan die navorser ʼn aanduiding verskaf van die ontwikkeling van die proefpersone. Daar is klem gelê op die voortoets en natoets van fase een en fase twee wat dieselfde inhoud bevat. Die intervensieprogram in fase een en fase twee toon ʼn waarneembare verandering in die ontwikkeling by die proefpersone. Die waarneming tydens die intervensieprogram word ondersteun deur veldnotas. In hoofstuk 5 word daar klem gelê op die resultate van die voortoets, natoets en die intervensie in fase een en twee van die navorsing. 81

Waarneming/Refleksie Les 9

Leerders toon ʼn goeie begrip ten opsigte van onderskeiding tussen [ɛ] en [e:]. Dit kan toegeskryf word

aan die ontwikkeling van fonologiese bewustheid wat die leerder in staat stel om assossiasies te maak

teenoor dit wat hy hoor en die letter-klankkorrespondering wat van toepassing is.

Leerders voltooi ʼn werkvel waar die letterklank weggelaat is en die leerder die letterklank invul om

die woord waar te maak. Dit dien ook as hersiening om vas te stel of leerders die letterklanke wat

aangeleer is, kan onthou en die assossiasie kan toepas, werkvel 10 (Bylaag E).

4.3.3 Natoets

Na afloop van die aanleer van die letterklanke, word die natoets (sien Bylaag C) van die Yopp-Singer-

toets vir fonemiese segmentasie deur leerders afgeneem om vas te stel of daar ontwikkeling

plaasgevind het en of die programme wat saamgestel en gebruik is, effektief was.

Die natoets is individueel in ʼn aparte lokaal afgelê onder die leiding van die navorser (sien 3.5.3).

4.4 Samevatting

Die voortoets, intervensieprogram en natoets van fonologiese en fonemiese bewustheid het aan die

navorser ʼn aanduiding verskaf van die ontwikkeling van die proefpersone. Daar is klem gelê op die

voortoets en natoets van fase een en fase twee wat dieselfde inhoud bevat. Die intervensieprogram in

fase een en fase twee toon ʼn waarneembare verandering in die ontwikkeling by die proefpersone. Die

waarneming tydens die intervensieprogram word ondersteun deur veldnotas. In hoofstuk 5 word daar

klem gelê op die resultate van die voortoets, natoets en die intervensie in fase een en twee van die

navorsing.

81

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!